04.05.2013 Views

GENESING EN DIE NAGMAAL

GENESING EN DIE NAGMAAL

GENESING EN DIE NAGMAAL

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

GENESING EN DIE NAGMAAL

A. DIE GENESING VAN ONS SIEKTES WORD VERBIND MET DIE VERLOSSINGSWERK VAN DIE KRUIS

Jesaja 53 praat van vergifnis van sonde en genesing van siektes in een asem wanneer hy na

Jesus se kruisdood verwys

Jes. 53:4-5 AOV

(4) Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het

Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.

(5) Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy

verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons

genesing gekom.

Mattheus verbind vers 4 se "krankhede" en "smarte" met die fisiese genesing van siektes

Matth. 8:14-17 AOV

(14) En toe Jesus in die huis van Petrus kom, sien Hy sy skoonmoeder siek lê aan die koors. (15) En Hy

het haar hand aangeraak, en die koors het haar verlaat, en sy het opgestaan en hulle bedien. (16) En toe

dit aand geword het, het hulle baie na Hom gebring, wat van duiwels besete was; en Hy het die geeste met

‘n woord uitgedrywe; en almal wat ongesteld was, het Hy gesond gemaak,

(17) sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: Hy het ons krankhede

op Hom geneem en ons siektes gedra.

Petrus praat van vergifnis van sonde en genesing van siektes in een asem wanneer hy na

Jesus se kruisdood verwys

1Petr. 2:24 AOV

wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die

geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.

Die Here Jesus tref ‘n vergelyking tussen Homself aan die kruis en die koperslang wat aan ‘n

paal moes hang om vir die sondige Israelitese genesing te bring:

Joh. 3:14 ANV

Moses het die slang in die woestyn hoog op 'n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word,

Num. 21:5-9 ANV

(5) en teen God en Moses uitgevaar: “Waarom het U ons uit Egipte laat trek net om in die woestyn te sterwe?

Hier is nie brood en water nie, en ons is sat vir hierdie slegte kos.” (6) Die Here het toe giftige slange onder

die volk ingestuur. Die slange het die mense gepik en baie Israeliete het gesterf. (7) Toe kom die volk na

Moses toe en bely: “Ons het teen die Here en teen u gesondig met wat ons gesê het. Bid tog tot die Here dat Hy

die slange van ons af wegneem.” Moses het toe vir die volk gebid,

(8) en die Here het vir Moses gesê: “Maak 'n beeld van 'n giftige slang en sit dit op 'n paal. Elkeen wat gepik is

en daarna opkyk, sal lewe.” (9) Moses het toe 'n koperslang gemaak en dit op 'n paal gesit. As iemand wat

deur 'n slang gepik is, na die koperslang opkyk, het hy bly leef.

Dit wat die siekte en sterftes veroorsaak het, nl. die slang moes soos ’n vervloeking aan ’n

paal opgehang word. So is die Here Jesus ook aan ’n paal (kruis) opgehang en het die vloek

van ons sondes en siektes op Hom neergekom. So is die vloek van siekte verbreek.

Wanneer ons na die Here Jesus aan die kruis kyk, ontvang ons ook genesing van ons siektes.

B. DIE OOREENKOMS TUSSEN DIE PASGA EN DIE NAGMAAL

Ons weet en verstaan dat die simbole, elemente en gebeure v.d. Pasga wat ingestel is met die

verlossing v.d. Israeliete uit Egipte profeties van toepassing is en vervul is in die kruisdood van

ons Here Jesus as ons Paaslam.

Joh. 1:29 AOV

Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die

wêreld wegneem!

1Kor. 5:7 AOV

Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees—soos julle inderdaad ongesuurd is—want ook ons

paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus.

Openb. 5:12 AOV

en met ‘n groot stem het hulle gesê: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en

wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.

Openb. 5:6,8,12,13; 6:1,16; 9,10,14,17; 12:11; 13:8,11; 14:1,4,10; 15:3; 17:14; 19:7,9;

21:9,14,22,23,27; 22:1,3

Wanneer ons die gebeure rondom die eerste Pasga lees en ondersoek, dan help dit ons om die

volle impak en effek v.d. kruisdood van Christus te verstaan. Dit help ons om te verstaan wat

die krag v.d. bloed en liggaam van Christus is.

In die geskiedenis rondom die eerste Pasga sien en leer ons die volgende:

Die krag v.d. bloed v.d. lam (Lam) om Israel (ons) te verlos uit die hand v.d. Farao (satan).

Die verlossende krag v.d. bloed v.d. lam (Lam) en die genade van God in die bloed v.d. lam

(Lam) wanneer die oordeel van God Egipte (die goddelose) tref.

In die onderstaande Skrifgedeelte lees ons meer omtrent die effek en krag van daardie eerste

Pasga wat die Israeliete geëet het, die aand van hulle uittog uit Egipte:

Ps. 105:36-37 ANV

(36) Al hulle oudste seuns in die land het Hy laat sterwe, al hulle eersgeborenes. (37) Toe het Hy sy volk uitgelei,

belaai met silwer en goud. In geeneen van die stamme het iemand uitgesak nie. (GNB: Then he led the Israelites

out; they carried silver and gold, and all of them were healthy and strong.)

Die finansiële impak en gevolg van hulle verlossing, nadat hulle vir lank as slawe onder die

finansiële oppressie v.d. Farao in armoede gely het.

Die impak wat die eet van daardie eerste Pasga gehad het in terme van hulle fisiese welstand.

Verlossing het gekom deur die bloed v.d. lammetjie en die eet v.d. vleis v.d. gebraaide lammetjie:

Net die huise wat deur die bloed v.d. lammetjie gemerk was, het die oordeel vrygespring.

(Nie die huise v.d. goeie mense nie. Die vryspraak lê in die bloed en nie in goeie werke nie!)

o Die bloed van Jesus verlos ons v.d. ewige oordeel!

Die vleis v.d. gebraaide lammetjie het vir hulle bonatuurlike krag gegee vir hulle tog na die

beloofde land. (Die lammetjie moes in vuur gebraai word. Spreek van God se oordeel wat

op die lammetjie moes kom).

o Die liggaam van Christus gee ons krag en gesondheid op ons pad hemel toe!

C. DIE BROOD & BEKER VAN DIE NAGMAAL BRING ONS IN GEMEENSKAP MET DIE LIGGAAM &

BLOED VAN DIE HERE

1Kor. 10:16 AOV

die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie?

Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?

1Kor. 11:27-29 ANV

(27) Elkeen wat op 'n ongepaste wyse van die brood eet of uit die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan

sonde teen die liggaam en die bloed van die Here. (28) Maar elkeen moet eers homself ondersoek voor hy van die

brood eet en uit die beker drink, (29) want hy wat eet en drink sonder om te besef dat dit die liggaam van die Here

is, bring daardeur 'n oordeel oor homself.

Een van die maniere waarop bogenoemde Skrifte deur sommige verstaan en geïnterpreteer

word, is dat deur nie te besef dat wanneer ons die nagmaal gebruik, ons direk te make het

met die bloed en liggaam van die gekruisige Christus nie, die gevolg is dat ons siek kan bly en

voor ons tyd kan sterf deurdat ons nie die voordeel van die genesende krag van Jesus wat

deur die wonde van sy liggaam vir ons gekom het, raaksien nie.

Wanneer ons van die beker drink en van die brood eet, verkondig en proklameer ons die

oorwinning, verlossing en genesing wat vir ons deur die kruisdood v.d. Here Jesus gekom het!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!