02.05.2013 Views

AfrikaansGr 5.indd - Algemene Biblioteek

AfrikaansGr 5.indd - Algemene Biblioteek

AfrikaansGr 5.indd - Algemene Biblioteek

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Leseenheid 10

Aktiwiteit 1: Kom ons luister

Voltooi die opdragte (aanhangsels, p 147):

1. Die eerste maanreis.

a. Die __________ het daarin geslaag om die eerste onbemande ruimtetuig die lug

in te skiet.

b. Die ____________ het die eerste man die ruimte ingestuur.

c. _____________ was die eerste Amerikaner wat in ‘n wentelbaan om die aarde

geplaas is.

d. Die Apollo 11 het vanaf _____________ vertrek.

e. Daar was drie manne aan boord. Noem twee se name.

f. Die “Eagle” was die __________________.

g. _______________ en _________________ het die ruimtetuig verlaat om maan toe

te gaan.

h. _____________________was die eerste mens wat op die maan geland het.

i. Hulle het ________________ en ________________ op die maan gedoen.

j. Terug op aarde het hulle in die ___________________ geland.

2. Kom ons verdeel die klas in twee spanne. Ons hou debat.

Die geld wat aan ruimtereise bestee word, kan nuttiger aangewend word,

byvoorbeeld om armes te help.

Gebruik hierdie vorm om die debat te assesseer:

Datum van debat:

Onderwerp: Geld wat aan ruimtereise bestee word, kan nuttiger aangewend

word:

Vir of teen geld vir ruimtereise:

Name van spanlede:

Voorbereiding: Punte 1 tot 4

Die debat self: (Individuele sprekers) Name:

1. Die persoon het duidelik, vloeiend en hard gepraat 1 2 3 4

2. Gee goeie redes en voorbeelde om standpunt te staaf 1 2 3 4

3. Som die hoofpunte aan die einde op 1 2 3 4

4. Algemene indruk 1 2 3 4

115

116

Aktiwiteit 2: Kom ons lees

Die wonderlike heelal

Mnr. Walter skuif sy goueraambril reg. Hy kyk na die groepie kinders voor hom.

Hierdie graad vyfklas is ‘n oulike klomp. Hy het lank laas so ‘n klompie leergierige

kinders gehad.

“Nou ja julle, soos ons verlede keer besluit het, gaan ons vandag ‘n bietjie na die

sonnestelsel en die planete kyk. Hanlie, kan jy vir ons sê hoeveel planete daar is?”

“Ja, meneer, daar is agt.”

“Meneer, wat is die sonnestelsel nou eintlik?” wil die rooikop Sonja nuuskierig

weet.

“Moet net nie vir my sê jy weet nie” kom dit ewe snipperig van Karel. Hy is die

slimkop in die klas.

“Toe nou maar, Karel,” sê meneer Walters. “Die sonnestelsel bestaan uit die son en

al die hemelliggame wat in ‘n kringloop om hom beweeg. Ons woon op een van die

agt planete wat om die son draai en in ‘n baan beweeg.”

Meneer Walters haal ‘n plakkaat uit en vertoon dit aan die klas. Hy wys die bane

van die planete.

“Julle kan hier baie duidelik sien dat Mercurius, wat die kleinste planeet is, ook die

naaste aan die son is. Daarna volg Venus, Aarde, Mars, Jupiter, Saturnus, Uranus en

Neptunus. Die temperatuur op die oppervlak van ‘n planeet hang hoofsaaklik van sy

afstand van die son af.”

“Meneer, ek het gelees dat daar ook komete in die hemelruim is,” sê Stompie. Hy

is ‘n goeie rugbyspeler en baie gewild onder sy klasmaats.

“Haai ou Stompie, lees jy ook?” terg sy vriend Kobus.

“Aag, man…” Stompie lag verleërig.

“Jy’s heeltemal reg Stompie, komete is voorwerpe wat ook om die son wentel,

gewoonlik in elliptiese bane. Namate hulle die son nader, word hul sterte, wat

miljoene kilometers agter hulle strek, helder verlig,” sê meneer Walters.

“Meneer, maar wat is die meteoriete dan?” vra Susan skamerig.

“Kom ons kyk. Kan een van julle haar dalk help?”

“Ja, dit is kleinerige rotsklonte wat oorblyfsels van komete is, wat ook om die

son beweeg. Somtyds dring hulle die aarde se atmosfeer binne en dan verbrand die

kleineres wat dan ook ‘n helder ligstreep nalaat. Party groteres kan op die aarde val

en kraters veroorsaak.” Karel raak nou skoon opgewonde. Die res van die klas staar

oopmond na hom.

“Joe!” sê Hendrik en kyk bewonderend na Karel. Hy pomp aan Basjan langs hom:

“Die ou is darem slim, nê!”

“Dankie, Karel. Goed ouens, kom ons kyk nou hoe dit op ‘n paar van hierdie planete

lyk.” Meneer Walters haal ‘n transparant uit en plaas dit op die tru-projektor. “Mars is

‘n koue, droë planeet. Daar is ook duisende kraters op Mars. Mars het geen wolke nie

en sy atmosfeer bestaan hoofsaaklik uit koolsuurgas. Sy rooierige oppervlakte kan

duidelik raakgesien word. Jupiter is die reus van die planete en beweeg baie vinnig.

Hy draai eenmaal in tien uur heeltemal in die rondte. Omdat hy so vinnig beweeg,

word daar oranje, blou en pienk strepe in die atmosfeer gevorm. Uranus neem weer

langer as 84 jaar voordat hy sy sirkelgang om die son voltooi het. Wanneer mens deur

die teleskoop na hom kyk, lyk die planeet groenerig.”Die klok lui. Meneer Walters

skakel die tru-projektor af.

“Dankie julle, ons sal môre bietjie na die maan en die aarde kyk. Pak weg julle

boeke.”

Lees nou weer die leesstuk. Verdeel in groepe. Versamel in die biblioteek inligting oor

die volgende en rapporteer aan die klas:

• Komete

• Planete

• Meteore

• Sterre

Aktiwiteit 3: Kom ons kyk na die prentjie

Verbeel jou dat julle deel is van die prentjie. Julle gaan op ‘n klastoer. Skryf ‘n verslag

oor die toer. Vertel van die plekke wat julle besoek het en alles wat julle ervaar het. Jy

kan ook vertel van aandenkings, ensovoorts wat julle gekoop het.

Onthou, elke paragraaf mag slegs een hoofgedagte bevat. Kyk na die inligting wat

julle by aktiwiteit 2 versamel het. Gebruik hierdie inligting.

Aktiwiteit 4: Op toer

Kyk weer na aktiwiteit 3. Voltooi die onderstaande lys wat julle alles gaan saamneem

op julle toer.

Klere Toiletbenodigdhede Eetgoed Ander

117

Ons het reeds geleer dat die woorde wat ons invul, selfstandige naamwoorde is. Een

van die soorte selfstandige naamwoorde wat ons kry, is soortname. Om te toets of ‘n

woord ‘n soortnaam is, kan ek ‘die’ of ‘‘n’ vooraan sit. Die woord kan ook in meervoud

en verkleining geskryf word.

Kyk nou of jy een woord vir die volgende beskrywings kan vind:

1. Ons het vanaf (die plek waarvandaan ruimteskepe vertrek) vertrek.

2. Ek het my verwonder aan die (die ding wat die ruimtetuig in die lug opskiet).

3. Die (mense wat die ruimteskip nagaan) het my verseker dat alles in orde is.

4. Die (man wat die radio werk) het ons verseker dat ons gereeld kontak met ons

familie sal behou.

5. Ek was bly dat daar (‘n persoon wat kennis het) op die gebied van ruimteskepe,

saamgaan.

6. Ons is gemaan om na alle bevele van (die hoof van ‘n ruimteskip) te luister.

7. Al ons kos is eers in ‘n (plek waar wetenskaplike ondersoeke gedoen word)

getoets.

8. Ons sal deur ‘n (iemand wat landkaarte teken) vergesel word.

Aktiwiteit 5: Kyk of ons die volgende woorde kan spel

1. Lees die paragraaf. Skryf al die woorde met ‘i’ en ‘ie’ neer.

Ek sal graag saam met my familie ‘n ruimtereis onderneem. Ek is seker ons sal

baie satelliete sien. Dalk is daar nog ‘n Russiese spoetniek in die ruimte rond. Ek

sal graag op die maan gaan kyk of die Amerikaners se voetspore nog daar is. So ‘n

ruimtereis is dalk ‘n risiko en sal fi nansiële implikasies vir ons hê. Ons sal voor

die tyd baie vitamines moet inneem. Ek sal veral van die publisiteit wat ons gaan

geniet, hou.

2. Slaan in die woordeboek die betekenis van die swartgedrukte woorde na.

3. Kyk hoeveel woorde jy kan vind wat in die volgende kolomme pas.

118

ie i

4. Rangskik alfabeties en leer: munisipaliteit, kompetisie, aktrise, uniform, hospitaal,

televisie.

Aktiwiteit 6: Kyk of jy noukeurig kan werk

‘n Stryery

Sarie en Johan blaai deur ‘n ou tydskrif. Die verhaal van die eerste reis na die maan

word daarin vertel. Lank kyk hulle na die interessante foto’s van die vuurpyle.

Skielik sê Sarie: “Eendag as ek groot is, gaan ek op ‘n

maanreis. Ek gaan ook op die maan loop. Ek gaan …”

“Ag, jy kan nie,” val Johan haar in die rede.

“En waarom nie?” wil Sarie weet.

“Jy is dan ‘n meisiekind. Meisies kan tog nie op

maanreise gaan nie. Julle is te bang. Julle skrik sommer

vir koue pampoen. Jy skrik selfs vir ‘n spinnekop.”

Sarie voel eers verleë, maar toe word sy vies. “Is nie!”

stry sy. “Ek is nie bang vir spinnekoppe nie, ek gril net

vir hulle. En buitendien, ek is nie bang vir honde soos

jy nie.”

“Vir watter hond is ek miskien bang?” vra Johan.

“Vir daardie wolfhond van oom Piet. Jy wil nooit eerste by die hekkie ingaan as Ma

ons stuur nie. Ek moet altyd voor loop.”

“Dis omdat ek goeie maniere het. Daarom laat ek jou voor loop. Nee, ek sê vir jou,

meisies is bang. Dis net seuns en mans wat dapper is,” sê hy en stoot sy bors uit.

“Dit is nie! Meisies kan ook dapper wees. Dit is mos, nê, Ouma?” vra sy.

“Natuurlik,” antwoord Ouma. “Daar is baie meisies wat dapper dade verrig het.

Daar was meisies soos Racheltjie de Beer, Florence Nightingale en, o ja, nou val dit my

by, in Kaapstad woon ‘n dogter wat onlangs nog baie dapper was. Haar foto was in

die koerant. Ek dink ek het nog die uitknipsel in my Bybel.

”Sarie het opgespring en dadelik Ouma se Bybel gaan haal. Dit kon nie hoër of laer

nie, Ouma moes eers van die dapper dogter vertel. Gelukkig was die uitknipsel nog

daar.

Vrae

1. Waar het hulle foto’s van die eerste maanreis gesien?

2. Waarom het Johan gedink dat Sarie nie na die maan kon reis nie?

3. Waarvoor het Sarie gegril?

4. Waarvoor was Johan bang?

5. Johan het sy bors uitgestoot. Waarom?

6. Met wie van die twee kinders het Ouma saamgestem?

7. Van wie het sy ‘n uitknipsel gehad?

8. Wat beteken: Julle skrik sommer vir koue pampoen?

9. Waarom, dink julle, het Sarie en nie Johan nie, dadelik die Bybel gaan haal?

10. Waar was die uitknipsel?

119

Bestudeer die volgende tabel. Voltooi die vrae wat daarop volg:

Planete

Planeet Afstand van son Planeet se jaar Planeet se dag

(miljoene km) (aardse tyd) (aardse tyd)

Mercurius 58 88 dae 59 dae

Venus 108 225 dae 224 dae

Aarde 150 365 1/4 dae 23 uur 56 min

Mars 228 687 dae 24 uur 37 min

Jupiter 778 12 jaar 9 uur 50 min

Saturnus 1 427 29 1/2 jaar 10 uur 14 min

Uranus 2 870 84 jaar 10 uur 49 min

Neptanus 4 497 165 jaar 15 uur 48 min

120

Vrae

1. Watter planeet is die verste van die son af?

2. Watter planeet is die naaste aan die son?

3. Hoe lank neem dit die planeet Saturnus om om die son te beweeg?

4. Hoe lank is ‘n dag in aardse tyd op Jupiter?

5. Watter planeet neem die langste om om die son te beweeg?

6. Wat merk jy op wanneer jy na die planeet Venus se jaar se tyd en sy dag se tyd

kyk?

7. Watter planeet is die grootste?

8. Watter planeet is die kleinste?

9. Watter planeet is die grootste van die Aarde, Mars en Venus?

10. Op watter planeet dink jy sal dit die warmste wees?

Aktiwiteit 7: Kom ons gesels

Kyk na die prentjie. Binne die spraakborrels is die kinders se eie woorde.

Wanneer die prentjies nie by is nie, sal ons die kinders se eie woorde soos volg skryf:

Sarie sê: “Die boek was wonderlik! Ek kon nie ophou lees nie!”

Marie sê: “Dit was gruwelik grillerig, maar lekker.”

“Boeke is vervelig,” sê Klasie.

Kom ons speel jy is ‘n ou nuusdraer. Jy vertel aan jou maats wat Sarie, Marie en Klasie

gesê het. Skryf dit neer.

Skryf of jou antwoorde korrek is.

Sarie sê dat die boek wonderlik was en dat sy nie kon ophou lees nie

Marie sê dat dit gruwelik grillerig maar lekker was.

Klasie sê dat boeke vervelig is.

Watter woord het ek elke keer na sê gebruik?

Waarom het ek nie aanhalingstekens gebruik nie?

Kyk nou na die prentjie hier onder. Skryf neer wat elke persoon sê:

121

122

Vertel aan ‘n maat wat elkeen sê. Onthou om dat na sê te gebruik.

Assesseer jouself

1. Ek weet hoe om aanhalingstekens te gebruik. Ja Nee

2. Ek weet dat ons ‘n persoon se eie woorde direkte rede noem. Ja Nee

3. Ek weet dat ons ‘n oorvertelling indirekte rede noem. Ja Nee

4. Ek het aanhalingstekens net by direkte rede gebruik. Ja Nee

5. Ek het dat by indirekte rede gebruik. Ja Nee

Aktiwiteit 8: Kom ons lees gedigte

1. Psalm 8 soos berym deur Totius.

Die Here het alles geskape, ook die heelal. Waar in die Bybel lees ons dat die Here ook

hemelligame in sy diens gebruik?

Kom ons lees en dramatiseer ‘n paar gedigte oor hemelliggame.

Die man in die maan

Daar was eendag ‘n man

met ‘n keil en mantel,

wat so graag elke ster

in die hemel wou tel.

Hy probeer om te tel

maar hy kry tog te swaar,

al die sterre daarbo

maak hom so deurmekaar.

Hy besluit om te klim

op ‘n baie lang leer,

tot daarbo by die maan,

waar hy weer wou probeer.

Hy was skaars op die maan,

of daar skuiwe sy leer.

En pardoems! Val dit hard

op die wêreldvloer neer!

En daarbo sit die man

tot vandag met sy keil

al die sterre en tel

soos hy verby hulle seil.

Spokehande

Louise Wicht

Wat ritsel in die donker nag

en krap al teen my ruite,

met swarte spokevingers

wat al gryp na iets daarbuite.

Al op en neer

al heen en weer

alewig teen my ruite!

Wat as hy my na buite sleep

en bind met spokebande.

Die swart gedrog wat krap

met daardie nare hande.

Wat krap en trap

en klop en klap

met daardie nare hande!

Maar kyk wie loer so skelmpies lief

vanaf sy sterrewoning!

Die maan, die sterrekoning.

Hy lag so sag

deur wind en nag

Die liewe sterrekoning!

Elsa Lourens

Dramatiseer die laaste twee gediggies in julle groepe. Julle kan mimiek en geluide

bysit. Elke groep word geassesseer vir hulle poging.

123

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!