scenarioJunie
scenarioJunie
scenarioJunie
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
2012

SENWES

scenarioJunie

BINNE

SÓ KAN JY DROOGTES

PROAKTIEF DIE HOOF BIED

DIEREVOEDING-UITGAWE

WNG BOERDERY

Alle goeie dinge

kom in in 3's

3's
inhoud

REDAKTEURSBRIEF

2 As jy die koers kwytraak

HOOFSTORIE

4 ’n Proaktiewe droogtestrategie is nét

die ding vir 2012 se winter

KOLLIG OP WNG BOERDERY

8 Sukses kom in 3’s

NUUS

16 Agri NW én Vrystaat Landbou kroon

hul Jongboer van die Jaar

17 Senwes dra by tot landelike veiligheid

18 Monsanto sê hul sê oor beskerming van

biotegnologie

20 Rooivleisprodusente staan op teen veediefstal

21 Senwes dra by tot krieketontwikkeling

22 NAMPO 2012: Sukses op sukses vir Senwes

24 Yes! Die spuit is myne!

25 NVK en Senwes span saam vir Groendag sukses

26 Bothaville Village – ’n Splinternuwe sikspens

SENWES VILLAGE

28 Fokus op dierevoeding

34 Aangeplante weiding as deel van

wisselbouproduksie

44 Meganisasie verkry dieper fokus met Equip

45 Hoopstad-Suid Boerevereniging beveilig

gemeenskap in nuwe bakkie

45 Wesselsbron Village slaan ’n nuwe blaadjie om

46 Welsyn baat ook by R1 miljoen trekking

TOEKOMSBLIK

48 Senwes en John Deere vat presisieboerdery

’n stap verder

SENWES GRAINLINK

40 Veevoerbedryf gee die pas aan

50 Nuwe wetgewing hou ernstige gevolge in

53 Graangradeerders slaggereed vir die

oesseisoen

53 Ontmoet Senwes se Streekbestuurders

56 ’n Droë winterseisoen waarskynlik op hande

Junie 2012 • www.senwes.co.za

ALGEMEEN

3 ALLES EN NOG WAT: Spotprent; Sê Wie; Uit

Ouma se medisynekas en meer

66 LEEFSTYL: Wen met Senwes Scenario en

Feather Hill Spa.

RUBRIEKE

54 AGRI-WENKE: Droë seisoen sorg vir lae

grondvogreserwes

62 VIR DIE SIEL: Hoe laat jý mense voel

68 IN MY VISIER: Onbewaakte oomblikke

DEVELOPING AGRICULTURE

60 Take care of your grazing; take care of your

livestock

KOMPETISIE

66 Slaap warm met Senwes Scenarioo

Junie 2012

PROMOSIE-ARTIKELS

15 MTN: SerVision offsite monitoring g

– anywhere, anytime

33 Biomin: Plantekstrakte bied natuurlike

alternatief vir antibiotiese middels in

dierevoeding

39 Nutri Feeds: Is lekaanvulling sommer net

lekaanvulling?

42 FeedPro – jou vennoot in die

dierevoedingsbedryf

58 Efekto: Besnoei só in die winter met Efekto

64 KRP Manufacturing: Fight fires effectively

this winter

OP O DIE VOORBLAD

Willie, W Nico en Gerhard Venter

van v WNG Boerdery in die

Petrusburg-distrik. P

Op bladsy 8

gesels g hulle oor diversifikasie in

die d boerdery. Die voorbladfoto

is i geneem deur Wayne Viljoen.

Dui Senwes Senwes Scenario-artikels o aaan

wat beskikbaar is op Senwes se

webwerf by www.senwes.co.za

5%

AFSLAG

KOEPON

OP BL. 28

1
2

••• REDAKTEURSBRIEF

As jy die koers kwytraak

Ek het ’n uitsonderlike verdwaal vernuf.

Ek sal lag-lag op ’n reguit pad deur die Karoo

ver dwaal en as ’n deurmekaar dorp soos Kimberley

my eers insluk, sal julle my oor ’n maand kry waar ek

maar ’n werkie by die Spur gaan bedel het omdat ek

nie weer die pad uit kon kry nie.

Tydens ’n besoek aan die Noord-Kaap is ek ook

nie hierdie “spesiale gawe” van my gespaar nie.

’n Nchaba, vir dié wat nie weet nie, is ’n tipe wilde

“aartappel” wat in sekere dele van die Kalahari groei

en so onder die grond wegkruip soos ’n skoolkind vir

’n tandartsafspraak. Dit proe soos ’n sampioen en

is blykbaar baie lekker, maar na ’n dag van Nchabas

soek, kon ek net nooit weer vat kry aan die lekkerny

nie.

Ek is losgelaat met ’n Checkers sakkie en my

oog is ingestel om enige krakie op die grond te

ondersoek vir ’n moontlike Nchaba wat dalk daar

kan uitloer. Toe ek weer opkyk is ek verlore! Met

ander woorde, ek het nie meer geweet waar ek is

nie en ná twee ure se sirkellopery het ek maar my

leë sakkie in ’n boom opgehang en op ’n klip gaan

sit en myself voorberei op ’n lang nag in die veld

saam met jakkalse en veediewe. Ek weet nie waar

die son moet sit of in watter rigting om te loop nie,

ek is ’n stadsmeisie, magtig!

SENWES SCENARIO

Net daar tref ’n nuwe moed my: Ek gaan reguit loop

en ek sal iewers by ’n draad uitkom wat my weer

na ’n pad sal lei en hopelik is dit nie Botswana

se grensdraad nie. Ná nog twee ure is ek toe

uiteindelik waar ek moes wees, al was dit met leë

hande.

Vanjaar se min reën sal baie van ons lesers laat

voel of hulle hierdie winter met leë hande ingaan.

Die weiding is min en menige veeprodusent is

moontlik bekommerd en weet nie in watter rigting

om te loop nie. Lees gerus die hoofstorie op bladsy

4 vir ’n proaktiewe droogtestrategie en hoe om

weiding te bestuur.

Ons fokus op dierevoeding vir hierdie uitgawe

en bladsy 28 en 29 handel oor produkte wat jou

hierdie winter handig te pas kan kom. Lees ook op

bladsy 20 oor die Sports Prestige-aand wat ten bate

van plaasveiligheid gehou is.

As jy verlore of verdwaal voel, besluit op ’n rigting

en slaan koers in, jy sal wel iewers uitkom – en as

alles ten goede meewerk, soos dit moet, mag jy op

die regte plek eindig.

Elmarie

• Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 (7) van die Wet op Outeursreg.

• Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings in advertensies, promosie-artikels of deur medewerkers nie.

Elmarie Schoeman

www.senwes.co.za • Junie 2012
Pieter & Tsepo

Boerdery is waarskynlik dié bedryf wat die meeste deur klimaat- en weer patrone beïn -

vloed word. Met ’n droë winter op hande sal produsente hul vee en wei ding doel tref fend

moet bestuur. Lees op bl. 4 oor ’n proaktiewe droogtestrategie wat weiding betref.

The 2012 Summer Olympic Games will be held in

London from 27 July to 12 August 2012, followed

by the 2012 Paralympic Games from

29 August to 9 September.

Olympics Facts

• The early Olympic Games were celebrated as a religious

festival from 776 B.C. until 393 A.D., when the games were

banned for being a pagan festival (the Olympics celebrated

the Greek god Zeus). In 1894, a French educator Baron

Pierre de Coubertin, proposed a revival of the ancient tradition

and thus the modern-day Olympic Summer Games were

born.

• No country in the Southern Hemisphere has ever hosted a

Winter Games.

• Three continents – Africa, South America and Antarctica –

have never hosted an Olympics. Rio will change this fact in

2016 when they will host the Summer Olympics. S

Junie 2012 • www.senwes.co.za

ALLES EN NOG WAT • THIS AND THAT •••

THE OLYMPIC CREED

Pierre de Coubertin got the idea for an Olympic creed from a speech given

by Bishop Ethelbert Talbot at a service for Olympic champions during the

1908 Olympic Games. The Olympic Creed reads: "The most important thing

in the Olympic Games is not to win but to take part, just as the most important

thing in life is not the triumph but the struggle. The essential thing is

not to have conquered but to have fought well." S

'n Koei lewer

ongeveer

200 000

glase melk in

haar leeftyd.

>> SAYS WHO?

Experience is one

thing you can't get

for nothing.

– OSCAR WILDE –

>> SÊ WIE?

Wie die wind bly

dophou, saai nie,

wie na die wolke bly

kyk, oes nie.

– PREDIKER 11:4 –

’n Ekonoom: die

enigste professionele

mens wat

sien iets werk in

die praktyk en dan

bekommerd wonder

of dit in teorie werk.

– RONALD REAGAN –

Seer keel: Gorrel met

salie. Voeg 2 tot 3 teelepels salie

in ’n koppie kookwater. Laat dit afkoel

vir 5 tot 7 minute en gorrel dan tot die

koppie leeg is. Doen dit gereeld deur

die dag. S

Source: http://www.london2012.com/

3

>> UIT OUMA SE MEDISYNEKAS

Bron: http://www.myhomeremedies.net/

205 nations will take

part in 300 events at

the Olympic Games in

2012. 147 nations will

take part in the

Paralympic Games. S
4

••• HOOFSTORIE

’n Proaktiewe

droogtestrategie

is nét die ding vir 2012 se winter

DIE OUDSTES ONDER ONS SAL NOG

DIE DROOGTES VAN DIE JARE SESTIGS

ONTHOU EN DIE MINDER OUERES

DIÉ VAN DIE TAGTIGS EN VROEË

NEGENTIGS. DIE JONGES HET DIT NOG

NET LEKKER GEHAD...TOT VANJAAR.

ONS BELEEF TANS SEKER EEN VAN

DIE MEES WYD VERSPREIDE EN

DROOGSTE DROOGTES IN BAIE JARE.

> TEKS: IZAK DU PLESSIS EN BOET VAN ZYL

Boerdery is waarskynlik dié

bedryf van die mens wat die meeste deur klimaat-

en weerpatrone beïnvloed word. Die voorkoms

van periodieke droogtes, noop die produsent om

voortydig voorsorg te tref. P.E. Lombard en H.M.

Greef het nie verniet reeds in 1964 opgemerk nie:

“Die verstandige boer bou reserwes op gedurende

die volop tyd. Dan sal die “sewe maer jare” hom

nie onverhoeds vang nie.” Steeds word verskeie van

ons voortdurend met die spreekwoordelike broek

op die knieë gevang wanneer ’n droë jaar skielik

opdaag, om nie eens te praat van die “sewe maer

jare” nie. Vir die oorlewing van ’n veeprodusent, is

dit kardinaal om ’n droogte oorbruggingstrategie te

hê. Alhoewel die fokus meer op die onmiddellike

korttermyndroogte sal val, sal daar tog ook na ’n

meer omvangryke droogte oorbruggingstrategie

verwys word.

WANNEER BEGIN ’N DROOGTE?

In teenstelling met meeste se opvatting, begin ’n

droogte nie eers wanneer die weiding klaar is nie.

Dit begin reeds met die eerste reën wat laat kom,

dan word dit uitgebrei deur die swak opvolgpatroon

van die reënbuie en die min reën wat uiteindelik

ontvang word. Johan van den Berg van Santam

Landbou maan dat reënvalscenario’s op ’n gereelde

basis deur die reënseisoen gedoen moet word

en nie slegs aan die begin nie. Met die korrekte

bestuurder- en moniteringsprogram in plek is dit

meestal reeds in Februarie moontlik om die eerste

tekens van ’n naderende droogte te identifiseer.

Gebeurlikheidsplanne moet dan reeds in plek gestel

word. Hoe vroeër aanpassings vir ’n droogte gemaak

word, hoe kleiner is die impak van die droogte

op die veevertakking. Hoe vroeër uitskotdiere van

die plaas af gaan, hoe meer teeldiere kan deur

die winter geneem word. Die grootste vyand van

suksesvolle droogtebestuur, is die hoop of geloof

dat dit wel volgende week sal reën. Hierdie hoop

veroorsaak dat aksieplanne uitgestel word tot op ’n

punt waar drastiese optredes nodig is om deur die

droogte te kom.

HOE TAKEL MENS ’N DROOGTE?

Om ’n droogte die hoof te bied, is geensins goed -

koop nie. Maklike kortpaaie bestaan nie. Daarom is

dit belangrik om so vroeg moontlik die waarskynlikheid

van ’n droogte te identifiseer en proaktief op te

tree. Vroegtydige, proaktiewe optrede sal die koste

om deur die droogte te kom, verminder, aangesien

drastiese maatreëls eers later gevolg hoef te word.

Proaktiewe vermindering van vee ly daartoe dat diere

voor die groot stormloop verkoop word, gevolglik kan

hoër pryse gerealiseer word.

Eerstens is tollie- en osproduksiestelsels beter

gerat om die kernteelkudde teen droogtes te beskerm.

Heelwat GVE kan van die veld af verwyder

word deur slegs osse, tollies en speenkalwers te

verkoop. Indien dit slegs een droë jaar is, sal dit en

www.senwes.co.za • Junie 2012
Foto 1: Voorbeeld van ’n koei met ’n 2

kondisietelling.

die vroeë verkoop van uitskotkoeie voldoende wees.

Die kernkudde kan dan weer vinnig opgebou word.

Met ’n speenkalfstelsel moet meer koeie verkoop

word, omdat die enigste vermindering van GVE

die verkoop van speenkalwers is wat in elk geval

verkoop sou word. Om dus vir droogtetoestande

voorsiening te maak, is dit nodig om produserende

teelkoeie te verkoop. Dit neem dus langer om ná die

droogte weer die kernteelkudde te herstel.

Die grootste probleme begin egter wanneer die

weiding min raak. Al die smaaklike weiding met

voedingswaarde is dan weg. Al wat oor is, is die

onsmaaklike grasse. Die uitdaging is dan om die

diere aan die lewe te hou. Sodra hierdie situasie

ontstaan, moet ’n oorlewingstrategie gevolg word.

Die belangrikste oorweging is dan om diere aan die

lewe te hou en nie noodwendig produserend nie.

Indien diere aan die lewe gehou kan word totdat

daar weer voldoende voer beskikbaar is, is daar

darem weer diere beskikbaar om mee te produseer.

Ruvoerbeskikbaarheid is die belangrikste faktor

– selfs baie swak kwaliteit ruvoer is beter as geen

ruvoer. Die voedingswaarde van swak ruvoer kan

aangevul word, al is dit teen ’n koste. Sonder

ruvoer is daar egter nie salf te smeer nie, want ’n

bees kan nie op mielies alleen lewe nie. Afgesien

van ruvoerbronne, soos veldhooi en oesreste,

kan mieliestronkmeel, grondbonedoppe en

sonneblomkoppe ook gebruik word.

Sover moontlik moet diere op die veld gehou

word en die normale oorwinteringstrategie met lekke

moet eers gevolg word. Wanneer die smaaklike

grasse uitgewei is, moet oorgeslaan word na ’n 50%

winterlek wat die benutting van die onsmaaklike en

minder verteerbare grasse sal bevorder.

Hou die diere se kondisie fyn dop en skakel oor

na die oorlewingstrategie sodra die diere se kondisie

na ’n kondisiepunt van 2 gedaal het (Foto 1).

Junie 2012 • www.senwes.co.za

HOOFSTORIE •••

Moenie dat diere te maer word nie en gebruik dan

dié van die onderstaande oorlewingsresep(te) wat

jou toestande die beste sal pas.

Diere wat in verskillende produksiestadia is, moet

ook verskillend behandel word tydens die droogteoorlewingsproses.

Dit word aangeneem dat slegs

reproduserende diere deur ’n droogte aangehou

word. Alle ander diere is verkoop. Koeie/ooie

met kalwers/lammers se kondisie moet veral fyn

dopgehou word. Sodra die kondisie begin afneem,

moet die kalwers/lammers gespeen word, al

beteken dit dat hulle vroeg gespeen word. Hierdeur

word die reproduserende dier gespaar vir wanneer

die nuwe reënseisoen aanbreek.

Dragtige diere moet steeds goed versorg word.

Die koeie/ooie gaan in elk geval kalf/lam, voer hulle

dus om hulle kondisie te behou. Hulle het reserwes

nodig om hulle kalwers/lammers te kan grootmaak.

Indien hulle afgeskeep word, gaan hulle in ’n swak

kondisie wees by geboorte en heelwat probleme

gaan dan ondervind word. Moeilike geboortes

gepaardgaande met moontlike verliese, weggooi

kalwers/lammers wat hans grootgemaak moet word,

swak kalwers/lammers wat sukkel om te oorleef en

so kan ons aangaan.

Ná ’n droogte is jong aanteeldiere baie gesog

en skaars. Indien jong diere en speendiere se

groei ernstig benadeel word, het dit tot gevolg dat

hulle volwasse massa en liggaamsgrootte nadelig

beïnvloed word en in die geval van skape word die

wolproduksie ook benadeel. Dit is dus lonend om

spesiale aandag aan hierdie groep diere te gee

tydens ’n droogte. Jong diere het ook die voordeel

dat hulle onderhoudsbehoeftes laer is as volwasse

diere s’n. Dit is dus goedkoper om hulle te onderhou

as volwasse diere.

Ander maatreëls ten opsigte van die vee waaraan

oorweging geskenk moet word, is:

Voorsien skoon drinkwater.

Beperk beweging en dus energieverkwisting deur

die diere in klein kampies te hou.

Klassifiseer die diere volgens kondisie en

ouderdom.

Beperk voerverliese deur doeltreffende hooirakke

en krippe te gebruik.

Gemaalde ruvoer word tot 30% beter benut as

lang hooi.

Verskaf beskutting teen koue winde. Tot ’n derde

van die wintergewigsverlies wat by diere voorkom,

is as gevolg van koue winde.

Bestry inwendige sowel as uitwendige parasiete.

vervolg op bladsy 6

5
6

••• HOOFSTORIE

’n Proaktiewe droogtestrategie

is nét die ding vir 2012 se winter

vervolg van bladsy 5

WINTERLEK

VASTE KOSTE

RENTE

BEMARKING

ANDER KOSTE

DIPSTOF

ENTING

DOSERING

SOMERLEK

1% 1%

5%

8%

5%

7% 5%

23%

Figuur 1: Samestelling van die uitgawes van ’n speen kalfstelsel (85% speenpersentasie).

Spuit Vitamiene A.

Beperk uitgawes;

• Vaste koste maak ongeveer 45% van die uit-

gawes van ’n veevertakking uit (sien Figuur 1).

• Min kan aan die loonrekening gedoen word,

maar beperk uitgawes aan bulle/ramme,

heinings en voertuie.

DROOGTEVOERRESEPTE VIR DIE

OORLEWING VAN DIERE

1. Mengsel vir swak ruvoer

25 kg ureum

25 kg melasse kannetjie of kalorie 3 000

100 liter water

Meng een deel van hierdie mengsel met 10 dele

hooi. Die mengsel kan ook op weiding gespuit word,

maar moenie ’n groter oppervlakte bespuit as wat

in twee dae benut gaan word nie. Spuit die mengsel

slegs op goeie, ruie veld.

Die koste beloop ongeveer R225/500 m 2 strook,

R0,90 tot R1,11/skaap/dag, R7,20 tot R8,50/

bees/dag.

2. Oorlewing van ooie

600 g hooi/ooi/dag

200 - 300 sjokoladegraan/ooi/dag

Die koste daarvan om ooie op bogenoemde rant soen

te laat oorleef, beloop omtrent R1,05 tot R1,20/ooi/

dag (afhangend van die koste van die hooi).

3. Oorlewing van koeie

8 kg hooi/koei/dag

1 tot 1,5 kg produksielek/koei/dag

45%

11%

14%

VASTE S KOSTE OS E

12%

8%

BULKOSTE

VOERTUIGKOSTE

LONE

OMHEINING

Die koste daarvan om koeie op bogenoemde rantsoen

te laat oorleef, beloop omtrent R7,50 tot

R8,85/koei/dag. Die koste sal afhang van die koste

van die hooi.

3. Wanneer desperaatheid intree

800 kg hooi

50 kg Lickmix 87 (Dundee lekkonsentraat)

150 kg melassemeel/graan

Hierdie rantsoen moet as volvoer gemeng en gevoer

word. Die voerkoste is ongeveer R1,37/skaap/dag

en R10,95/bees/dag. Onthou dat daar ureum in

hierdie rantsoen is en die bestuur moet baie goed

wees, veral by skape.

4. Wanneer jy erge desperaatheid bereik

300 kg hoendermis

500 kg hooi

200 kg melassemeel/graan

Onthou dis altyd raadsaam om gesteriliseerde

hoendermis te gebruik en om diere teen lamsiekte

te ent alvorens enige hoendermis gevoer word. Die

koste van hierdie rantsoen beloop ongeveer R1,27/

skaap/dag en R10,50/bees/dag. Skape is egter nie

baie lief vir die hoendermis nie en hoë vlakke van

koper kan opbou.

WAT DOEN EK WANNEER DIE

REËN WEER KOM?

Sodra die eerste druppels van die nuwe reënseisoen

val, is ons almal so opgewonde soos kinders oor

presente! Ongelukkig reën dit nie gras nie. Diere kan

dus nie onmiddelik ná die eerste bui reën weer op

die weidings losgelaat word nie, veral nie skape nie.

www.senwes.co.za • Junie 2012
Skape moet vroegtydig teen bloednier geënt word

om vrektes as gevolg van die skielike verandering in

hul dieet te voorkom. Wanneer diere op jong, groen

weidings laat wei word, veral nadat hulle vir lank

slegs droë ruvoer gevreet het, kan “grass stagger

disease” voorkom. Dit word veroorsaak deur ’n

magnesiumtekort as gevolg van hoë stikstofvlakke

in die plante. Indien vermoed word dat diere “grass

staggers” het, kontak dadelik ’n voedingskundige

vir raad in verband met jou spesifieke behoeftes en

omstandighede.

Onthou ook dat die weiding tien teen een beskadig

is in jou pogings om die diere aan die lewe te

hou. Die weiding het nou ook rus nodig om te kan

herstel. Omdat weidings slegs rus wanneer dit groei,

kan jy nie redeneer dat die weiding nou reeds vir

drie of vier maande nie vee opgehad het nie en dus

voldoende gerus het nie. Hoe langer diere van die

weiding af gehou kan word, hoe beter sal die weiding

herstel. Indien die kort, groen grassies dadelik

bewei word, gaan die herstelproses langer neem. ’n

Praktyk wat gevolg kan word, is om die kampe wat

die druk kan hanteer soos vleie te benut en te sorg

dat die ander kampe dan ten volle rus, voor hulle

benut word.

HOOFSTORIE •••

Izak du Plessis is ’n Senior Diereproduksie-spesialis by

Senwes Landboudienste. Skakel hom gerus vir enige navrae

by (056) 212-2291 of 084 504 6892. ’n E-pos kan gestuur

word na izak.duplessis@senwes.co.za. Boet van Zyl is ’n Senior

Landbou-ekonoom by Senwes Landboudienste. Skakel hom

gerus vir enige navrae by (051) 411-0101 of 072 260 2202 of

stuur ’n e-pos na boet.vanzyl@senwes.co.za.

Monsanto-produkte en -tegnologie het nog altyd bygedra tot jou sukses. Soos ons chemiese ie iese se

produkte, ons gevorderde katoen-, groente- en mieliesaad, ons biotegnologie. Ons wil deel ee eel

wees van jou besigheid en die toekoms met sy vele uitdagings saam met jou aanpak. Uitdagings dag ag agin in ings gs

soos volhoubare landbou saam met uitstekende diens, kwaliteit produkte en rotsvaste waar waardes. arde des. s.

Jy kan op Monsanto vertrou ...

vir jóú sukses.

Aangesien daar geen droë gras van die vorige

seisoen gaan oor wees om die oorskakeling van

droëvoer na groenvoer te vergemaklik nie, sal dit

raadsaam wees om diere eers slegs vir kort tye

op die weidings oop te maak. Hierdie weitye kan

stelselmatig langer gemaak word totdat die diere

weer voltyds op die weidings wei.

ALLES DIE MOEITE WERD

Dit is nie maklik of goedkoop om ’n droogte te

oorbrug nie, maar proaktiewe optrede eerder as

reaktiewe optrede verlaag die koste verbonde aan

’n droogte en verhoog die kanse om die droogte

suksesvol die hoof te bied. Deur die korrekte

droogtestrategie te volg, stel dit die produsent

in staat om vinnig ná die droogte weer op volle

kapasiteit te produseer. S

• Lees meer oor weidingbestuur op bl. 34.

Meer oor Monsanto Maatskappy

Monsanto-maatskappy is ’n toonaangewende, globale verskaffer van tegnologiegebaseerde oplossings sings ngs en e en

landbouprodukte wat die produktiwiteit op die plaas en die kwaliteit van voedsel verbeter. Monsanto anto nto is

daarop gefokus om die kleinboere sowel as die grootskaalse boere by te staan om meer uit hul grond ro rond nd te

kry terwyl hul toenemend die wêreld se natuurlike hulpbronne, soos water en energie, bewaar.

Kliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8201 of stuur ’n e-pos aan: customercare.sa@monsanto.com.

nsanto.com. m.

Om meer te wete te kom oor ons besigheid en ons verbintenisse, gaan na: www.monsanto.com. Volg ons bedrywighede op Twitter ® by

www.twitter.com/MonsantoCo, op Facebook ® ter

by www.facebook.com/MonsantoCo, of teken in op ons NewsRelease RSS Feed.

® by

7

uppe marketing A06632SS
8

••• KOLLIG OP WNG BOERDERY

DIVERSIFIKASIE – DÍT IS

WNG BOER DERY IN DIE

PETRUSBURG-DISTRIK

SE LEUSE, ’N BOERDE-

RY TEG NIEK WAT HULLE

AL DIKWELS UIT DIE

MOD D DER UIT GEHELP

HET. SOOS NICO

VENTER, EEN VAN DIE

DRIE BROERS AAN DIE

STUUR VAN DIE BOER-

DERY, SÊ: “JY MOENIE

AL JOU EIERS IN

DIESELFDE MANDJIE

HÊ NIE. AS IETS

MET DIE EEN DING

VERKEERD LOOP, IS

DAAR DAREM WEER

DIE ANDER ASPEKTE

OM OP TERUG TE

VAL.” DIE UITDAGING

IS OM AFDELINGS IN

JOU BOERDERY TE

IDENTIFISEER WAT

NIE MEER FINANSIEEL

LONEND IS NIE EN

SULKE AFDELINGS

UIT TE FASEER.

Alles het daarop gedui dat die

pekanneutvertakking ’n sukses

sal wees, en dit is. Hulle begin

nou, ná tien jaar, die vrugte

daarvan pluk.

in3’s

S ukses

kom

> TEKS: ELMARIE SCHOEMAN > FOTO’S: WAYNE VILJOEN

www.senwes.co.za • Junie 2012
PETRUSBURG

Hierdie drie broers, Willie, Nico en

Gerhard, het van kinds been af reeds ’n liefde

vir boerdery ont wikkel toe hulle in 1964 na die

plaas, Attleborough, getrek het waar hulle oupa

geboer het. Ná skool het al drie uiteindelik na die

plaas getrek en by die boerdery, wat daardie tyd

uit droë land mielies, -koring en vee bestaan het,

aangesluit.

Op Attleborough plant hulle tans aartappels,

knoffel, uie, sonneblom, pekanneute onder

besproeiing, mielies en sonneblom, wat hulle

L/3215/B1_A

KOLLIG OP WNG BOERDERY •••

“Omring jou met kundige persone,

veral chemiese raadgewers wat

giwwe en kunsmis aanbetref, asook

grondontleders. Hulle is daar,

gebruik hulle.”

onlangs in die plek van koring ingebring het, op

droëland. Volgens Gerhard het hulle besluit om die

verbouing van koring te staak as gevolg van die

swak prys, wat dit nie meer winsgewend gemaak

het nie. “Die feit dat ons nou sonneblom en mielies

saam plant maak dit ’n baie moeilik bestuurbare

boerdery, maar dit is noodsaaklik, sê hulle. Hulle het

ook ’n veevertakking van ongeveer 300 beeste.

Vier jaar gelede het hulle die plaas Gruisrant

in die Luckhoff-distrik naby die Vanderkloof Dam,

Nie alle bakkies is dieselfde nie...

Tel: +27 12 683 5700 www.pioneer.com neer.com

vervolg op bladsy 10

9
10

••• KOLLIG OP WNG BOERDERY

Sukses kom in 3's

vervolg van bladsy 9

gekoop as deel van hulle diversifikasiestrategie. Nico

bestuur dié plaas, waar hulle mielies, koring, ertjies

en sojabone, alles onder besproeiing, verbou.

BESPROEIING IN DIE DISTRIK

In 1981 het hulle een van die eerste spilpunte in

die omgewing opgesit. Hulle glo jy moet jou water

bestuur en maak van besproeiingskedulering gebruik

Nico, Gerhard en Willie Venter glo in diversifikasie

en om afdelings in jou boerdery wat nie finansieel

lonend is nie, uit te faseer.

om nie water te mors nie. Die grootte van die

spilpunt is ook belangrik: “Moenie ’n groter spilpunt

opsit as waarvoor jy water het nie, gebruik jou water

oordeelkundig,” se hulle.

Die drie is van mening dat besproeiing jou van ’n

vaste inkomste verseker. “Jy het beheer daaroor. Op

droëland is jy aan die natuur uitgelewer. Jy kan ook

groente, soos aartappels, onder besproeiing verbou

www.senwes.co.za • Junie 2012
wat jy nie op droëland kan doen nie. Besproeiing

bied ’n kommoditeit waarmee ons ’n hoë inkomste

kan genereer.”

Werkskepping is ook een van die voordele van

groenteproduksie omdat dit meer arbeidintensief is.

WNG maak tans van 35 permanente werknemers

gebruik en wanneer die aartappels, knoffel en

uie geoes word, word daar vir 160 werkers oor ’n

tydperk van twee maande werk geskep.

DIVERSIFISEER

’n Produsent in hulle distrik, Heinrich Weideman,

het ongeveer 12 jaar gelede navorsing oor pekan-

neute begin doen en die drie broers se

belangstelling geprikkel. “Alles het daarop gedui dat

dit ’n sukses sal wees en dit is. Ons het pekanneute

wanneer Amerika nie het nie en die Chinese koop

baie pekanneute as geskenke. Die bome het wel ’n

lang wagtydperk van ses jaar ná vestiging, maar ons

begin nou die vrugte daarvan pluk,” sê hulle.

Die aartappels het ook ’n groot verskil in die

boerdery gemaak. Omdat hulle op die plaas baie

water en goeie grond het, beide ’n vereiste vir

L/3216/B2_A

So ook nie alle lande nie...

Phb 32Y85 P 2653 WB

KOLLIG OP WNG BOERDERY •••

aartappelproduksie, is dit die ideale gewas vir ’n

hupstoot wat die boerdery se finansies aanbetref.

Al probleem wat hulle tans ondervind is die insetkostes

wat baie hoog raak en die feit dat ’n voedselmaatskappy

bevrore skyfies van oorsee af

invoer. Volgens hulle is daar gedurende verlede

seisoen ook baie knoffel van China af ingevoer,

wat ’n bedui dende invloed op die Suid-Afrikaanse

mark het.

WNG boerdery pas ’n wisselboustelsel op

Gruisrant toe waar hulle sojabone en ertjies met

koring en mielies afwissel. Op Attleborough word

sonneblom met mielies afgewissel. Op die droëland

werk hulle net op ’n rustende land sisteem omdat

dit ’n lae reënval area is en die kans vir ’n misoes

minimaliseer. “Ons maak eers grondvog bymekaar

en dan plant ons.”

PETRUSBURG IS ’N LAE REËNVAL-DISTRIK

Van 1983 tot 1987 het die distrik ’n knellende

droogte ervaar wat die boerdery geknou het. Hulle

het besluit om grond te verkoop om hul besproeiing

Tel: +27 12 683 5700 www.pioneer.com neer.com

vervolg op bladsy 13

11
L/3217/B3_A

Sukses kom in 3's

vervolg van bladsy 11

NICO VENTER

Nico het twee seuns en

een dogter

Twee dinge waarsonder hy

nie kan klaarkom nie:

• My vrou

• Die Here

Vir ontspanning vang hy

graag vis en jag.

te finansier. Volgens Gerhard is Petrusburg-mense,

lekker mense. “Tydens die droogte het die boere

in die distrik baie swaar gekry en na aan mekaar

gekom. Die ouens het nou nog ’n oop hand in

Petrusburg en dit is ’n heerlike gemeenskap om in

te boer,” sê hy.

Alhoewel hulle voorstanders van presisieboerdery

is, is hulle van mening dat die opbrengs in

Petrusburg te laag is om dié praktyk te regverdig.

Hulle maak veral van kundiges gebruik om hul

boerdery te ontleed en hulle te adviseer. “Omring

jou met kundige persone, veral chemiese

raadgewers wat giwwe en kunsmis aanbetref, asook

grondontleders. Hulle is daar, gebruik hulle,” sê

Gerhard. Gerhard is verantwoordelik vir die finansies

en administrasie van die besigheid. WNG maak

Ontwikkel vir die regte doel

Kies die regte saad vir die regte land

WILLIE VENTER

Willie het vier seuns.

Beste raad wat hy

al ontvang het:

Om niks half doen nie, maak

klaar wat jy begin het.

Gunsteling dis: Kerrie en rys

KOLLIG OP WNG BOERDERY •••

GERHARD VENTER

Gerhard het drie dogters.

Drie dinge waarsonder hy

nie kan klaarkom nie:

• Ons Hemelse Vader

• Selfoon

• Familie

• Gunsteling seisoen:

Winter, omdat dit jagtyd is.

• Gunsteling dis: Steak

van Senwes se silo’s gebruik, verkoop van hulle

graan aan Senwes en doen hulle bemarking en

finansiering deur Senwes. “Ons koop ook meer as

die helfte van ons produksiemiddele by Senwes. Die

feit dat Senwes winkels op die klein dorpies het, is

ook baie voordelig,” sê hulle.

Die drie broers se wens vir die toekoms van Suid-

Afrikaanse landbou, is dat daar ’n beter verhouding

tussen die regering en die produsente sal wees. “Op

dié stadium voel dit amper vir die produsente asof

hulle teen ’n muur baklei,” sê hulle. S

Elmarie Schoeman is die Redakteur van Senwes Scenario.

Skakel haar by (018) 468-2716 vir meer inligting of stuur ’n

e-pos na elmarie@infoworks.biz.

Tel: +27 12 683 5700 www.pioneer.com

13
Junie 2012 • www.senwes.co.za

PROMOTIONAL ARTICLE: MTN •••

SerVision offsite

monitoring – anywhere, anytime

SerVision’s versatile DVR portfolio

has been used for a large range of applications in

the governmental, security, commercial and transportation

sectors. Its systems have been installed in

or on public busses, security vehicles, construction

zones, public utility and commercial sites, international

borders, governmental buildings, warehouses,

financial institutions and private residences.

All SerVision security systems feature:

• Exceptionally low bandwidth usage for high-quality

video transmission.

• Video transmission over the TCP/IP network.

• Remote viewing of live and recorded video via

SerVision client applications running on PCs,

PDAs and cellular phones.

• Integration of input sensors and output activation

sensors.

Fixed and mobile remote monitoring DVRs

• Operating over GPRS, Edge, 3G, ADSL.

• 4fps@1kByte/sec.

For more information, please go to www.senwes.co.za.

By installing a SerVision CCTV system

you can monitor your cameras

both on site and remotely. You can

view live CCTV of your farmhouse,

outbuildings, livestock, vehicles

and warehouses from your phone,

tablet or computer.

• Event detection via Video Motion Detection

(VMD), input sensor or internal video-lost sensor.

• Event notifications via email, SMS, or pop-up

alarm.

• Remote Pan-Tilt-Zoom (PTZ) control, even from

PDAs and mobile phones.

• Full integration of audio and video.

• Minimal disk usage for recorded video.

• Large-capacity hard drive for local storage of

recorded video (most models).

• Downloading of video for storage on remote PCs.

CENTRAL CONTROL ROOM

By integrating your cameras with

a centralised control room, your

alarms and activity can be monitored

remotely integrating a response

service in your region. S

15
16

••• NUUS

“Die sleutel tot sukses

in die lewe is om van

jou self te hou.”

Japie Fransman (Senwes:

Korporatiewe Bemarking)

Gideon van Zyl (Agri NW

Jongboer van die Jaar) en

Johan du Toit (Senwes:

Landboudienste).

Agri NW én Vrystaat Landbou

kroon hul Jongboer van die Jaar

DIE AGRI NW JONGBOERVERENIGING,

IN SAMEWERKING MET SENWES AS

HOOFBORG, HET OP 20 APRIL ’N BAIE

SUKSESVOLLE JONGBOER KONFE REN-

SIE BY FEATHER HILL IN POTCHEF-

STROOM AANGEBIED.

> TEKS: ANSONÉ VENTER

Clayton Butler, die Jongboervereniging

Voorsitter, het jongboere, die media asook die

onderskeie borge van die Jongboerkonferensie

verwelkom by die geleentheid en het genoem dat

die jongboere se goeie bywoning verblydend is.

Die sprekers wat onder andere ervare kundiges

van Senwes Landboudienste ingesluit het, se onderwerpe

het by die konferensietema: “Volhoubaarheid

deur Diversifikasie en Presisieboerdery”, aangesluit.

Johan du Toit (Bestuurder: Landboudienste) het

meer oor Senwes Landboudienste vertel en die

jongboere uitgenooi om van Landboudienste se

kundigheid gebruik te maak.

Gerrit Oosthuizen (Senior Agronoom: Landboudienste)

het jongboere gewaarsku dat “daar nie plek

is vir kort paaie nie, dinge moet altyd op die regte

manier gedoen word.” Hy het ook klem daarop gelê

dat jy as produsent jou boerdery se beperkende

faktore moet identifiseer en aandag daaraan skenk.

“Die sleutel tot sukses in die lewe is om van jou -

self te hou,” meen dr Arnold Mol, wat die motive ring -

spreker by die konferensie was. Hy het die jongboere

gemaan om hul arbeiders op te bou eerder as om af

te breek, om sodoende die beste uit hul na vore te

bring.

Gideon van Zyl, van Salpeterpan Boerevereniging,

is tydens ’n glansdinee dieselfde aand as Agri NW

Jongboervereniging se Jongboer van die Jaar aangewys.

Gideon boer vir die afgelope ses jaar op sy

eie plaas, Buckshee, in die Vryburg-omgewing. Hy

is van mening dat landbou die grondslag van ’n land

se ekonomie vorm.

Vrystaat Landbou het op 12 April, tydens ’n

funksie gehou by Monte Bello Estate, Bloemfontein,

Hendri Jansen van Rens burg gekroon as hul

Jongboer van die Jaar. Hendri boer op die plaas

Stoffelsrust, naby Warden.

Met ’n verskeidenheid interessante sprekers,

waaronder ook Lindie Stroebel (Bestuurder: Ekonomiese

Intelligensie van die Landboubesigheidskamer)

en prof Jonathan Jansen (Visekanselier en

Rektor van die Universiteit van die Vrystaat), was

diegene wat die geleentheid bygewoon het, op die

punte van hul stoele.

’n Algehele Jongboer van die Jaar-wenner sal

later vanjaar tydens die Agri SA Kongres

aangekondig word. S

Ansoné Venter is ’n gereelde medewerker vir S enwes S ce na rio.

Vir meer inligting, kontak haar by (018) 468-2716 of stuur ’n

e-pos na ansone@infoworks.biz.

www.senwes.co.za • Junie 2012
NUUS •••

Junie 2012 • www.senwes.co.za

17

Thys Visagie van Senwes Grainlink, saam met David

Campese en die sport-memorabilia wat Senwes vir

R12 500 tydens die veiling gekoop het.

Senwes dra by tot

landelike veiligheid

> TEKS: ELMARIE SCHOEMAN

Die geveg teen plaasmoorde

het op 16 Mei vanjaar weer ’n hupstoot gekry

dank sy die Senwes OFM Prestige Sportaand gehou

by die Rio Casino in Klerksdorp, waar ’n tjek van

R100 000 aan Agri Securitas oorhandig is.

Die aand wat deur Senwes en OFM, in

samewerking met Engen ten bate van Agri

Securitas aangebied is, het rugbylegende, David

Campese, as gasspreker gehad. Tot 2006 het

David die wêreldrekord gehou vir die meeste drieë

gedruk in toetswedstryde. Hy is een van slegs vyf

spelers ter wêreld wat al meer as 100 wedstryde

vir hul land gespeel het en hy is deel van die

Rugby Hall of Fame.

Johannes Moller van die Agri Securitas Trust

Fund het klem gelê op die gebrek aan respek vir

lewe in Suid-Afrika wat ’n negatiewe impak op

gemeenskapsveiligheid en die ontwikkeling van

die landelike omgewing het. Die doel van Agri

Securitas is die verskaffing van finansiële bystand

aan die landelike gemeenskappe om hulle eie

veiligheid te verseker en bystand aan meer as

100 projekte is verleen met die aankoop van

veiligheidstoerusting. “Ek is oortuig daarvan dat

nog honderde lewens op die platteland hierdeur

gered gaan word,” het Moller gesê. S

Elmarie Schoeman is die Redakteur van S enwes S cenario.

Skakel haar by (018) 468-2716 vir meer inligting of stuur

’n e-pos na elmarie@infoworks.biz.

PROTEÏENLEK 40

PROTEÏENAANVULLING VIR BEESTE

PROTEÏENAANVULLING VIR BEESTE

MOLATEK PROTEÏENLEK 40 BEVAT:

• hoë kwaliteit proteïenaanvulling;

• voldoende hoë kwaliteit fosfaat; en

• spoorelemente om tekorte aan te vul.

Boonop stimuleer dit die inname en vertering van droëmateriaal

en beperk sodoende massaverlies in die winter.

Proteienlek 40 – uitstekend vir jou diere

en jou sak.

Skakel Molatek by Tel: +27 (0)13 791-1036 • Faks: +27 (0)13 790-0095

E-pos: molatek@tsb.co.za • www.molatek.co.za

Proteïenlek 40 Reg. Nr. V16048 (Wet 36 van 1947) (Namibië NFF 1408)

uppe marketing A06937
18

••• NUUS

Monsanto sê hul

sê oor beskerming

van biotegnologie

BIOTEGNOLOGIE GAAN PRODUSENTE

IN STAAT STEL OM VOEDSEL

VOLHOUBAAR OP ’N GEGEWE

OPPERVLAKTE TE PRODUSEER OM

AAN DIE GROEIENDE WÊRELDSE

BEVOLKING SE BEHOEFTES AAN

VOEDSEL, ENERGIE EN TEKSTIEL

TE VOLDOEN.

> TEKS: RUTH SCHULTZ

Dít was Bennie Bester (Kommersiële

Bestuurder: Monsanto SA) se boodskap aan produsente

tydens Monsanto se Centre of Excellence

boeredag naby Bothaville op 12 April vanjaar.

“Daar is sekere produsente wat baie onverantwoor

delik omgaan met die gebruik van biotegnologie,”

het Bennie gesê. Hy verwys spesifiek na die

plant van toevlugsareas.

Biotegnologie het ’n baie groot bydrae gelewer

as ’n mens kyk na waar opbrengste vandag staan.

“In 2001 was 5,9% van alle mielies wat in 2001 in

Suid-Afrika geplant is, geneties gemodifiseerde (GM)

aanplantings. Tien jaar later, in die 2011-seisoen,

is 78,7% van alle mielies in Suid-Afrika, GMaanplantings.”

Volgens Michelle Vosges (Hoof van Rent meester -

skap: Monsanto SA) is daar sekere areas waar

YieldGard I nie meer so effektief werk soos in die

verlede nie. “Dié aanplantings moet dus onder

sekere omstandighede gespuit word, sodat produsente

nie verliese ly in terme van opbrengste as

gevolg van die stronkboorder wat weerstand opbou

nie en tweedens wil Monsanto daardie populasies

wat verhoogde toleransie teen die Bt-proteïen bied,

so gou moontlik uit die omgewing kry.”

Monsanto het dus produsente se hulp nodig.

“Produsente moet weekliks vasstel of hul mielies

meer as 10% stronkboorderskade het. Indien daar

Leonard Oberholzer (Bestuurder: Tegniese Ontwik keling,

Monsanto SA) wys hier hoe opbrengste (ton/ha)

toegeneem het soos tegnologie oor die jare gevorder

het (oopbestuifde mielies, dubbelkruis, enkelkruis en

biotegnologie). Produsente het sekere punte op die

lande besoek waar Monsanto en ander rolspelers in

die bedryf oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe gesels

het.

meer as 10% skade is, moet dit op Monsanto se

sisteem gerapporteer word, sodat inspeksies gehou

kan word en besluit kan word oor moontlik bespuitings,”

het Michelle bygevoeg.

Een van die belangrike redes wat in die literatuur

aangedui is hoekom YieldGard I aanplantings

in sekere gevalle nie meer effektief is nie, is die

afwe sig heid van toevlugsareas. “In 2008 het

Monsanto ’n aktiewe moniteringsprogram in plek

gestel, waartydens ’n derde party ’n produsent

se plaas besoek om ondersoek in te stel of sy

toevlugsareas reg geplant is in terme van persentasie

en of dit reg geposisioneer is in terme van

Bt-aanplantings,” het sy gesê.

YieldGard I is egter steeds effektief op ongeveer

98% van mielie-aanplantings in Suid-Afrika, maar

gereelde monitering en vinniger rapportering kan

steeds help dat produsente ’n goeie opbrengs op

YieldGard I kry. “Verhoogde monitering gaan gedoen

word op YieldGard II aanplantings, omdat Monsanto

nie dieselfde roete wil loop as met YieldGard I nie,”

aldus Michelle. YieldGard II is die nuwe geen wat

Monsanto verlede jaar bekend gestel het.

Volgens Michelle gaan Monsanto streng moet

optree teenoor dié produsente wat nie effektiewe

toevlugsareas aanplant nie. “Om biotegnologie

te beskerm moet produsente toevlugsareas plant

en dit reg plant om weerstandsontwikkeling te

voorkom. Indien produsente dit nie doen nie,

beteken dit dat Monsanto nie sy permitvoorwaardes,

wat kommersiële aanplantings van YieldGard I en

YieldGard II in Suid-Afrika moontlik maak, nakom nie

en kan die staat die permit terugtrek en produsente

nie meer toegang tot Bt-mielies hê nie.” S

Ruth Schultz is ’n gereelde medewerker vir Senwes Scenario.

Vir meer inligting kontak haar by (011) 869-4465 of stuur ’n

e-pos na ruth@infoworks.biz.

www.senwes.co.za • Junie 2012
Dis mos die keuse!

Ons mielies i li lyk llyk k goed op papier

en nóg beter op die land.

As dit by opbrengs kom, maak dit sin om te kyk na vorige seisoene se resultate. By DEKALB ®

sal ons jou graag help om dit te doen. Ons mieliebasters kraai jaar na jaar koning. Ons bied

nie net resultate nie, ons bied ook die tipe kliëntediens en ondersteuning wat ‘n verskil maak.

Met Monsanto het jy toegang tot die beste gewastegnologie beskikbaar. Ons geelmielies

soos die DKC73-reeks, DKC66-60BR en DKC80-40BR GEN sowel as ons witmielies soos die

DKC78-reeks, DKC77-61B en DKC77-85B GEN lewer uitsonderlike opbrengste. Boonop

bied die keuse van YieldGard ® , Genuity ® YieldGard ® II of Genuity ® Roundup Ready ®

Corn 2-tegnologie in ons saad jou beter beskerming teen stronkboorder en onkruid.

DEKALB ® gee jou net soveel meer – in die laboratorium, op die land en in die bank.

Skakel Monsanto vandag en vind meer uit.

DEKALB ® – Dis mos mielies!

Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za

Kliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8201 of stuur ’n e-pos aan: customercare.sa@monsanto.com.

Net Abacus ® van BASF gee AgCelenceTM . Vir meer inligting oor Abacus ® , SMS* die woord “ABACUS12”,

jou naam en area na 33090 en ons skakel jou terug. *SMS-koste is R1.50.

BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk Sestiendestraat 852, Midrand Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461 Epos: AgCelence-za@basf.com.

Abacus ® Reg. No. L8048 Wet No. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Piraklostrobien 62,5 g/l. Epoksikonasool 62,5 g/l. Skadelik.

Vir volledige gebruiksaanwysings, verwys na die etiket. Abacus ® is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk.

Hoë opbrengspotensiaal

Stabiliteit

Goeie staanvermoë

Besproeiing

Geelmielies

Nuut

Nuut

Nuut

Nuut

Nuut

Witmielies

Nuut

DKC80-40BR GEN

DKC66-60BR

DKC73-70B GEN

DKC73-72

DKC73-74BR GEN

DKC73-76R

DKC77-61B

DKC78-15B

DKC78-45BR GEN

DKC77-85B GEN

van BASF

uppe marketing A06309/SS
20

••• NUUS

Rooivleisprodusente

staan op teen veediefstal

VANJAAR SE ROOIVLEISPRODUSENTE-

ORGANISASIE VAN NOORDWES

(NWRPO) SE KONGRES, WAT OP 21

EN 22 MEI NABY HARTBEESFONTEIN

GEHOU IS, HET TWEE UITDAGINGS

IN DIE ROOIVLEISBEDRYF, NAAMLIK

VEEDIEFSTAL EN DIERE GESONDHEID

AANGESPREEK.

> TEKS: ELMARIE SCHOEMAN

Dr Martin Ferreira (Veearts:

Pot chefstroom) het die voorkoms, ekonomiese

impak en beheer van lewerslak by beeste bespreek.

Volgens hom het ontledings in die Vryburg-, Ottosdal-

en Potchefstroom-areas, aangedui dat 75%

van die kuddes wat getoets is, positief getoets

het vir lewerslak en tot 80% van die diere in die

kuddes positief getoets het. Ferreira sê dat die

besmetting hoog is in die herfs en lente as gevolg

van temperatuurveranderinge en die oorlewingsdruk

op die parasiete.

Veediefstalforum-voorsitter, Jacques Swanepoel,

het hom uitgespreek oor veediefstal in die

Amanda Thoe e

bestudeer ’n n

paar mieliepitte.

Mornay Potgieter (Assistent Silobestuurder: Viljoenskroon

silo) verduidelik hoe ’n silo werk.

Dr Pieter

Vervoort

spreek

kongresgangers

toe

oor hoe om

veeartsenydienste

te

verbeter.

Noordwes Provinsie.

“Naas predasie, is vee dief stal een van die

grootste enkele faktore wat die Rooivleisbedryf

negatief beïnvloed,” sê hy. Volgens hom is daar

tans sewe Veediefstaleenhede in die Noordwes

Provinsie ontplooi. “Die onlangse afkondiging deur

die Minister van Polisie dat veediefstal in die Oos-

Kaap en Vrystaat as prioriteitsmisdade verklaar is,

is myns insiens ’n stap in die regte rigting. Ek sou

egter wou sien dat dit uitgebrei word na die ander

oorblywende provinsies ook. Volgens nasionale

statistieke rakende die top tien veediefstal hotspots,

verskyn ons provinsie nou vir die eerste keer in baie

jare ook op die lys,” sê hy.

Loffie Brandt (Bestuurder: Landbou-inligting,

Absa-Agribesigheidsbank) het die vooruitsigte van

rooivleispryse teen die agtergrond van die huidige

ekonomiese omstandighede bespreek en dr Pieter

Vervoort (Voorsitter: Dieregesondheidsforum) het

open bare en private vennootskappe om veearts eny -

dienste en voldoening aan dieregesond heids ver eistes

te verbeter, bespreek. S

Elmarie Schoeman is die Redakteur van S enwes S cenario.

Skakel haar by (018) 468-2716 vir meer inligting of stuur ’n

e-pos na elmarie@infoworks.biz.

S enwes wys M innesota hoe

Nege studente van Minnesota kon op 17 Mei 2012,

danksy Senwes, ’n ordentlike gevoel van Suid-Afri -

kaanse landbou kry en hoe graan in ons land verwerk

word, tydens ’n besoek aan Viljoenskroon silo.

Dié studente, almal van die University van Minnesota,

het as deel van ’n toer deur Suid-Afrika, wat

deur die Noordwes-Universiteit gereël is, meer geleer

oor mielieproduksie, graangradering en die pad wat

graan loop wanneer dit by ’n silo afge laai word.

Grainlink personeel het die studente ontvang

waar na hul op ’n toer deur die silo geneem is. Die

stu den te sê hulle was veral beïndruk met die tegnologie

en die kwaliteit van graan in Suid-Afrika. Die

groep het ook ’n draai by NAMPO gemaak en die

Senwes-stalletjie besoek. S

www.senwes.co.za • Junie 2012
Dekalb se verbintenis tot innovasie in die landbou

het in 1912 sy ontstaan gehad met die stigting

van die Dekalb ® County Soil Improvement Association.

Sedertdien is die Dekalb-handels merk

sinoniem met die geskiedenis van landbou – ’n

geskiedenis ryk aan tradisie. Monsanto se

verbintenis tot Dekalb het in 1998 begin toe

Dekalb by die Monsanto-familie aangesluit

het. In die lig van Dekalb se 100-jaar viering,

het Monsanto Suid-Afrika op 19 April vanjaar

’n spogfunksie in Pretoria gehou vir die media,

produsente en ander rolspelers in die bedryf.

Junie 2012 • www.senwes.co.za

NUUS •••

Japie Fransman (Korporatiewe

Bemarking

– Senwes) en Ismail

Minty (NWK: Algemene

Bestuurder – Landelike

krieket) met die wenspan

van Laerskool Manana.

Senwes dra by tot krieketontwikkeling

Humansvlakte en Manana se

krieketspanne het Saterdag, 5 Mei, op Senwes Park

gewedywer om as die wenner van die sesde Senwes

Spinners-toernooi, wat vanaf 30 Maart tot 3 April

vanjaar plaasgevind het, gekroon te word. Laerskool

Humansvlakte het vir die afgelope twee jaar die

toernooi gewen en sou nie maklik weer tweede in

die ry staan nie.

In ’n naelbytwedstryd het die span van Laerskool

Manana op die ou end die knoop deurgehaak en

met agt lopies as wenners uit die stryd getree. Die

titel gaan gepaard met ’n kontantprys van R5 000 en

Humansvlakte het as naaswenners R1 000 ont vang.

Senwes en Noordwes Krieket bied jaarliks die

Monsanto klink ’n glasie op

Dekalb se 100-jaar mylpaal

Senwes Spinners-program aan met die doel om

krieketontwikkeling onder die jeug in landelike

gebiede te bevorder. Tien skole word by die program

betrek, waartydens beide die kinders en die afrigters

opleiding ontvang met die oog op volhoubaarheid en

ook kriekettoerusting en-klere ontvang.

’n Gedeelte van die Rugby Wêreldbeker-fondsinsameling,

wat in 2011 deur Senwes en Noordwes

Krieket gedryf is, se winste is in dieselfde jaar aan

Agri Securitas oorhandig en ’n gedeelte daarvan

is ook geoormerk vir landelike krieketontwikkeling.

Hierdie fondse is aangewend om onder andere ’n

sintetiese krieketblad vir Laerskool Manana te skenk

en ’n boulmasjien vir Humansvlakte. S

Kobus Steenekamp (Besigheidsbestuurder: Monsanto

Suid-Afrika), Kobus Lindeque (Besturende Direkteur:

Monsanto Afrika), Bennie Bester (Kommersiële

Bestuur der: Monsanto Suid-Afrika) en Gert Heyns

(Bemar kingsbestuurder: Saad en Biotegnologie,

Monsanto) klink ’n glasie op Dekalb se 100ste

bestaans jaar – ’n belangrike mylpaal in landbou. S

21
22

••• NUUS

NAMPO 2012:

Sukses op sukses

vir Senwes

VANJAAR SE NAMPO OESDAG

HET BESLIS NIE AFGESTEEK TEEN

DIE VORIGE JARE NIE; NUWE

TEGNOLOGIE WAS AAN DIE ORDE

VAN DIE DAG EN DIE OESDAG IS

GEKENMERK DEUR ONDER ANDERE

DIE VERTONING VAN ’N TREKKER

WAT DEUR WATERSTOF AANGEDRYF

WORD, DIE BEKENDSTELLING VAN ’N

PLOEGKOMPETISIE EN ’N OESDAG-

RADIOSTASIE, NAAMLIK GRAAN SA

RADIO.

> TEKS: ELMARIE SCHOEMAN

Die bywoningsyfer van 71 723

is ’n goeie verbetering op dié van 2010, wat die

vorige beste syfer in die 46-jaar geskiedenis van die

Oesdag is, uitgesluit verlede jaar se rekordbywoning

weens ’n openbare vakansiedag.

Kompetisies wat deur Senwes geloods is, het

besoekers na dié stalletjie gelok. Die jaguitstalling

Besoekers in die Senwes-stalletjie

was veral ’n groot trekpleister. Die daaglikse bokkoors

trekking is deur Wentzel Jonker (Voorraadbeplanningsbestuurder:

Senwes Village) en sy span

gehou en menige besoekers het gedurende die vier

dae ’n wapenprys ryker by NAMPO weggestap.

Die John Deere-stalletjie was verseker ’n

hoogte punt by die Oesdag. Senwes Village se

Meganisasie-afdeling was vanjaar weer betrokke

by die John Deere klere- en speelgoedwinkel. Die

stalletjie word gedurende die duur van NAMPO

soos ’n volwaardige Senwes winkel bedryf. “Dit

was vanjaar weer ’n ongelooflike ervaring om te

sien hoe die Suid-Afrikaanse landbougemeenskap

meegesleur word deur die gewildheid van die John

Deere handelsmerk. Mense val oor mekaar om

van die John Deere klere en speelgoed te koop,”

sê Pieter Redelinghuys (Produkbestuurder: Village

Meganisasie Onderdele). Die rekordomset van

ongeveer R2,7 miljoen vir 2012 getuig hiervan. S

Elmarie Schoeman is die Redakteur van S enwes S cenario.

Skakel haar by (018) 468-2716 vir meer inligting of stuur ’n

e-pos na elmarie@infoworks.biz.

Eddie Morrison (Bothaville Village) en Frans du Plessis

(Hoofbestuurder: Senwes Village) by die wapen uit stalling.

www.senwes.co.za • Junie 2012
Merwe Liebenberg (links) het ’n Vanguard verkyker ter

waarde van R2 000 gewen. Japie Fransman (Senwes:

Korpora tiewe Bemarking) oorhandig sy prys.

Arthur Strey,

van Benoni, het

’n herlaaibare

flits ter waarde

van sowat

R800 in die

Bokkoorstrekking

gewen. Hier

oorhandig

Wentzel Jonker

(regs) sy prys

aan hom.

Junie 2012 • www.senwes.co.za

NUUS •••

Hierdie windbuks ter waarde van R2 000 is Polla

Steen kamp (regs) s’n met komplimente van Senwes

Village (Hartswater). Marius van Wyk (Bestuurder:

Botha ville Village) oorhandig sy prys.

Japie

Fransman

(Senwes:

Korporatiewe

Bemarking)

oorhandig

Valerie

Buckland se

Vanguard

shooting

stick aan

haar.

23
24

••• NUUS

Wimpie Swanepoel kon nie ophou glimlag nie. Sy gelukkige

nommer 5 het hom die wensleutel besorg.

Yes!

DIE GEBRUL VAN ’N 4630 SELF-

AAN GEDREWE JOHN DEERE SPUIT

(HIGHBOY SPUIT) EN DAARNA ’N

TOEJUIGING, KAMERA FLITSE EN

DIE GEKLINK VAN SJAMPANJE-

GLASE. WIMPIE SWANEPOEL VAN

DAS RAM BOER DERY (EDMS) BPK

(JACOBSDAL) EN JOGGIE PRINSLOO

VAN PRISMA BOERDERY (EDMS) BPK

(HARRISMITH) KON HUL ORE NIE GLO

TOE DIE SLEUTELS WAT HULLE GETREK

HET IN DIE BASF ABACUS ® HIGHBOY

KOMPETISIE DIE ENJIN VAN EEN VAN

DIE SPUITE AANSKAKEL NIE.

> TEKS: RUTH SCHULTZ

> FOTO’S: JAN BOTHA

20 finaliste het tydens ’n glansgeleentheid

in Pretoria op 2 Mei vanjaar, ’n nommer

tussen een en tien getrek (twee trekkings is gedurende

die aand se verrigtinge gedoen). Slegs een

van die tien nommers was die wensleutel s’n. Die

trekking van die finaliste is eerlik en deursigtig deur

Joggie Pretorius is uit sy vel van opgewondenheid toe

sy sleutel een van twee sleutels was wat die John

Deere 4630 spuit kon aanskakel. Jaco Voges (nasionale

verkoopsbestuurder: BASF Gewasbeskerming,

Suid-Afrika) het hom geluk gewens.

Die spuit is myne!

’n onafhanklike prokureursfirma, Botha en De Klerk

Prokureurs, hanteer.

Die kompetisie het in die 2011/2012-produksieseisoen

oor twee verskillende tydperke geloop. ’n

Produsent moes ’n minimum van 200 liter Abacus

koop om in aanmerking vir die kompetisie te kom.

ONS VIER ONS SUKSES!

Rupert Anelich (bemarkingsbestuurder: BASF Gewas -

beskerming, Suid-Afrika) het die finaliste en ander

gaste tydens die aand toegespreek.

“Boerdery bly ’n uitdaging! Skommelings in die

weer, ekonomie en die wetgewing duik voortdurend

op, maar dit is egter die voorlopers en innoveerders

wat tegnologie aangryp en voortgaan om suksesvol

te boer,” het Anelich gesê.

Hy sê dit is hierdie voorlopers en innoveerders

wat gekies het om BASF se belofte “Verwag meer

met AgCelence”, gerugsteun deur die produk

Abacus, op te neem en die voordele wat dit bied

aan te wend.

Met AgCelence sal jou gewasse floreer en hulle

volle potensiaal bereik. Abacus is spesifiek ontwikkel

vir mielies, sojabone en gars. Dit word ook vir

suikerriet aangewend en lewer reeds die afgelope

drie jaar uitstekende resultate in dié gewasse. S

Ruth Schultz is ’n gereelde medewerker vir Senwes Scenario.

Vir meer inligting, kontak haar by (011) 869-4465 of stuur

’n e-pos na ruth@infoworks.biz.

www.senwes.co.za • Junie 2012
NVK en

Senwes span

saam vir

Groendag

sukses

VANJAAR SE NVK (NOORD-VRYSTAAT

SE KOOPGROEP) GROENDAG HET ’N

TITSELTJIE MEER GROEN AS ANDER

JARE GEHAD, DANKSY SENWES EN

JOHN DEERE SE BETROKKENHEID.

SENWES HET AS HOOFBORG VIR DIE

GROENDAG OPGETREE.

> TEKS: ANSONÉ VENTER

Dié dag, gehou op Barry Coetzee se

plaas buite Vredefort, was ’n groot sukses volgens al

die partye betrokke. Op dié plaas, waar Barry, sy pa

en broer saam boer, word daar 65% mielies, 20%

sonneblom en 15% soja verbou. Die mielies, van

verskillende kultivars, is almal op 7 Desember 2011

geplant en het almal op dieselfde dag opgekom.

Dit was ook die tweede jaar wat soja op dié plaas

aangeplant is.

Tydens die Groendag het die betrokke saadmaatskappye

meer gedeel oor hul kultivars wat

in Desember verlede jaar as deel van die proewe

aangeplant is. Diegene wat die dag meegemaak

het, het ook die lande gaan besoek en kon vir

Johan Botha (Insetbemar-

ker: Senwes) asook

Dirk Steenkamp en

Revan du Preez

(Sleutel rekeningbestuurders:

Senwes) be spreek

die gebeure van

die dag. Volgens

Dirk was dié dag

goed georganiseer, die

inligting genoegsaam en

kon almal iets nuuts wys word

uit die inligting wat die sprekers deurgegee het.

Junie 2012 • www.senwes.co.za

NUUS •••

Voor: Rika, Letitia en Alida Coetzee. Agter: Bokkie,

Barry, en Gideon Coetzee.

hulself sien hoe die kultivars by mekaar kers vashou.

Theo Venter (Graananalis: Senwes Grainlink) het

ook oor die verskeie moontlike verwerkingsprosesse

waardeur gestroopte grane, soos mielies en sojabone,

gaan nadat dit gestroop is, gesels.

Hoewel die dag baie suksesvol was, het Barry

gevoel dat die tydsberekening nie heeltemal reg was

nie, aangesien van die produsente reeds besig was

om te stroop en dus nie die dag kon bywoon nie.

“Die Groendag sal volgende jaar vroeër gehou word

om sodoende buite strooptyd te val.”

Vir diegene wat nie die dag kon meemaak nie,

gaan besoek gerus Senwes se YouTube-kanaal by

www.youtube.com/senwesTV, om uittreksels van die

Groendag te sien. S

Agter: Theo Venter (Graananalis: Senwes Grainlink),

Ramondé Odendaal (Landbou-ekonoom: Senwes),

Barry Coetzee (NVK), Margie Wagner (NVK), Gerrit

Oost hui zen (Akkerboukundige: Senwes), Johan du Toit

(Be stuur der Landboudienste: Senwes), JanDirk Engelbrecht

(Digitale platform spesialis: Senwes). Middel:

Thys Grobbelaar (Graananalis: Senwes Grainlink),

Hennie du Plooy (Noordelike streeksbestuurder:

Produ sente Graanbemarking). Voor: Alta Pretorius

(Graan verkryger: Parys)

Ansoné Venter is ’n gereelde medewerker vir S enwes S ce na rio.

Vir meer inligting, kontak haar by (018) 468-2716 of stuur ’n

e-pos na ansone@infoworks.biz.

25
26

••• NUUS

VOOR

Bothaville Village voor die opgraderings.

Bothaville Village

– ’n S plinternuwe sikspens

BOTHAVILLE VILLAGE IS ONLANGS

OPGEKIKKER MET OPGRADERINGS IN

DIE WINKEL WAT ONGEVEER R2 MIL-

JOEN BELOOP HET. BOTHAVILLE IS

’N BELANGRIKE EN STRATEGIESE

WINKEL VIR VILLAGE EN SPESIFIEK

VIR MEGANISASIE.

Die grootte van implemente het

oor die laaste vyf jaar toegeneem en om Senwes in

staat te stel om dienslewering te verbeter en meer

kapasiteit te skep, was dit nodig om die werkswinkel

te vergroot. Dit het meegebring dat die onderdeleafdeling

moes verklein en die vloei van die winkel

herontwerp moes word.

Die onderdele-dienspunt het altyd as ’n aparte

deel van die bedryfspunt gefunksioneer en het ook

’n aparte ingang gehad. Die onderdele toonbank is

met die opgradering na die binnekant van die winkel

verskuif wat klante nou die geleentheid gee om ’n

eenstopdiens te ervaar. Die werkswinkelbestuur en

administrasie is ook gemaklik langs die onder deletoonbank

ingerig om klante vanuit die winkel te diens.

Vir meer foto’s, kan Senwes

se Facebook bladsy besoek word. Volg

hierdie kitsskakel na die album:

http://senwes.co/ssbothaville12.

NA

Bothaville Village soos dit nou daar uitsien.

WAT IS GEDOEN?

• Die werkswinkel is vergroot.

• Die onderdeledienspunt is verskuif.

• Gerieflike toegang tot die werkswinkeladmini

stra sie is bewerkstellig.

• Die hele winkel se IT- en telefoonbekabeling

is oorgedoen en nuwe rekenaartoerusting is

geïnstalleer.

• Nuwe toonbanke en beligting is ingesit.

• Rakke en vloere is herstel.

• Die winkel is binne en buite geverf.

• Nuwe lugverkoelingstelsel is geïnstalleer.

• Nuwe logo’s, uithangborde en

handelsmerktentoonstellings is binne en

buite aangebring.

• Nuwe goedere-ontvangs vir die winkel en

onderdele is ingerig.

• Die stoorkantoor is oorgedoen en is meer

klantevriendelik ingerig.

• Die wapenafdeling is nuut oorgedoen.

• ’n Nuwe alarmstelsel is ingesit.

• Al die kantore is opgegradeer.

• ’n Nuwe administrasiekantoor is ingerig.

• Die vloei en rakversorging van die winkel is

verander. S

www.senwes.co.za • Junie 2012
28

••• FOKUS OP DIEREVOEDING

Help jou diere

deur ’n droë winter

met V oermol en M olatek

MET ’N DROË WINTERSEISOEN OP

HANDE SAL JY AS VEEPRODUSENT

MOET AG SLAAN OP DIEREVOEDING

EN DIE PRODUKTE WAT JOU VEE DEUR

DIE WINTERMAANDE SAL TREK. MAAK

’N DRAAI BY JOU NAASTE SENWES

VILLAGE EN ONTHOU DIE KOEPON VIR

5% AFSLAG OP ENIGE VAN HIERDIE

VYF PRODUKTE.

VOERMOL PREMIX 450

Klas: Proteïenaanvulling vir beeste

• Is ’n koste-doeltreffende onderhoudslek vir

beeste.

• Is ’n klaargemengde lek wat vertering van

droë ruvoer aanhelp aangesien dit proteïen

en spoorelemente verskaf wat die mikroorganismes

in die grootpens stimuleer.

• Help om “droëgalsiekte” galsiekte te voorkom,

aangesien melasse asse matig lakserend is.

• Verskaf spoorelemente emeente

wat noodsaaklik k is vvir

vir

’n goeie eetlus.

• Is ’n gekonsentreerde reerdde

bron van proteïen en wwat

wat

aanleiding gee tot ’n ’nn

laer koste per eenhe eenheid eid

proteïen.

• Kan met mieliemeel, meeel,

hominy chop of f enig enige ge

graan gemeng word wordd

om ’n produksielek elek

te gee.

VOERMOL PROTEÏENBLOK

Klas: Proteïen- en Mineraalaanvulling vir

herkouers

Hierdie blok verskaf proteïen, minerale en

vitamiene A en is spesifiek vir beeste en skape

wat op proteïengebrekkige weidings wei of

ruvoer gevoer word.

• Is maklik hanteerbaar en gereed vir gebruik.

• Is melasse gebaseer wat smaaklikheid

verbeter en inname stimuleer.

• Stimuleer groei van rumen mikro-organismes

wat droë materiaal-inname bevorder.

• Bevat benewens ureum, ook goeie kwaliteit

natuurlike proteïen.

• Geskik vir antilope wild.

Senwes Scenario bied jou...

5% AFSLAG

KOEPON

OP ENIGE VAN DIÉ

VYF PRODUKTE!

Bring hierdie koepon na enige Senwes

Village en kry 5% af op Voermol Premix 450,

Voermol Proteïenblok, Molatek Proteïenlek,

Molatek Trophy Block, Molatek Winter Block 40.

Terme en voorwaardes geld. Geldig tot 30 Junie 2012

www.senwes.co.za • Junie 2012
Hierdie is ’n uitstekende hoëkwaliteit hoëkwalite proteïenen

energieblok wat by uitstek geskik is vir beide

herkouer en nie-herkouer wildspesies. Dit bevat

proteïene, energie, minerale en spoorminerale

wat bydra om die wild se liggaamsgewig,

konsepsie en horinggroei in stand te hou.

Hierdie Hi Hier erddie

is mak-

li lik hanteerbaar

ha haant

en word aa aan aangewend ng

tydens die periode wanneer weidingskwaliteit weidingsk skw laag

is. is is. Dit Di Dit t verseker ve vers rsek ek e er optimale opt ptim imal ale massa ma mass ssa a en kondisie kon on van

beeste tydens droë weidingstoestande sowel as

maksimuminname van oesreste en winterweiding.

NPN WAARSKUWING: Hierdie dierevoedsel bevat

ureum en ander NPN en moet daarom streng

Junie 2012 • www.senwes.co.za

MOLATEK

TROPHY BLOCK

FOKUS OP DIEREVOEDING •••

MOLATEK PROTEÏENLEK

MOLATEK MO M WINTER BLOCK 40

Hierdie is ’n aanvulling en nie ’n voer per se

nie. Hou lekbakke vol en voorkom dat honger

diere hulself oorvreet. Gereelde,

daaglikse inname kan vergiftiging

help voorkom. Genoegsame

weiding en/of ruvoer moet

beskikbaar wees. Voordat ’n NPNbevattende

lek gevoer word, moet

’n gewone sout-/fosfaatlek vir

minstens sewe dae gevoer word.

WAARSKUWING: Hierdie

dierevoedsel bevat ’n NPN-bron.

Meng en voer streng volgens voorskrifte.

volgens die gebruiksaanwysings vermeng en gevoer

word. Asyn is ’n doeltreffende middel teen NPNvergiftiging.

Meng met gelyke hoeveelhede water en

doseer ’n halwe bottel per kalf of groot skaap en

2 - 4 bottels per bees (1 bottel = 750 ml).

Beskerm hierdie veevoedsel teen reën. NPN is

oplosbaar en diere wat so ’n oplossing drink, kan

vergiftig word. Moenie die veevoedsel onoordeelkundig

saam met ander NPN-bevattende veevoedsel

gebruik nie, raadpleeg eerder ’n veekundige. S

29
30

••• FOKUS OP DIEREVOEDING

Hoe gemaak met

lekke hierdie winter?

MET ’N DROË WINTER IN DIE VOOR-

UITSIG MOET VEEPRODUSENTE

HOË AG SLAAN OP GOEIE KWALITEIT

BYVOEDING. OORGANGSLEKKE EN

PROTEÏENLEKKE KAN JOU DALK NET

HIERDIE SEISOEN UIT DIE MODDER

HELP.

OORGANGSLEKKE

Vir volgehoue diereprestasie moet beide fosfor en

proteïen in die vorm van ’n oorgangslek gedurende

die herfsmaande voorsien word. Die oorbrugging van

die groen na die droë seisoen met ’n oorgangslek,

bevorder produksie en reproduksie omdat dit

die massa- en kondisieverlies beperk weens die

voorsiening van ekstra proteïen.

’n Oorgangslek bewerkstellig ’n geleidelike

oorgang van fosforaanvulling in die somer na

ureumbevattende winterlekke. Dit bevat minder

ureum as winterlekke, wat die gevaar van

ureumvergiftiging verminder wanneer die diere na

winterlek oorgeskakel word, omdat hulle dan reeds

ten volle op ureum aangepas is.

Gee oorgangslekke sodra ’n drastiese styging in

fosfaatlekinnames plaasvind en/of sodra die gras

volwassenheid bereik deur saad te begin vorm.

PROTEÏENLEKKE

Die aanvulling van rumenstimulerende proteïenlekke,

bevorder die vertering en inname van droë

weiding wat massa- en kondisieverlies beperk

waardeur produksie en reproduksie verhoog word.

’n Onsuksesvolle oorwintering se nadele knou

wintermarges omdat dit ernstige reproduksie-

(lae kalfpersentasie) en produksieverliese (lae

speenmassa) tot gevolg het. Voorvereistes vir die

suksesvolle oorwintering van vleisbeeste, is die

beskikbaarheid van ’n voldoende hoeveelheid ruvoer

in die vorm van gespaarde grasveld en die aanvulling

van kritieke voedingstowwe (byvoorbeeld proteïen,

minerale, spoorelemente en vitamiene) deur die

verskaffing van rumenstimulerende onderhoudslek

(ook bekend as proteïen- of winterlek) om die

tekorte in die droë winterveld aan te vul.

Droë grasveld het ’n ernstige proteïentekort as dit

minder as 6% proteïen bevat en het tot gevolg dat

die mikro-organismes, wat die ensieme afskei wat

verantwoordelik is vir die vertering van die droë gras,

begin afsterf en gevolglik word daar al hoe minder

voedingstowwe vir die beeste beskikbaar gestel. Dit

het kondisie-en massaverlies tot gevolg.

Wanneer diere ’n proteïentekort ondervind is

hulle minder geneig om te wei, al is daar volop

droë weiding beskikbaar en meer geneig om by die

waterbak te lê en water te drink. Die mis van sulke

diere begin min, droog, hard en swart word; hulle

begin kondisie verloor; hulle hare begin regop staan

en hulle kan selfs droëgalsiekte kry en vrek omdat

hulle pense ophou funksioneer en dan verstop.

Die aangewese tyd om na proteïenlekke oor te

skakel, is ná die eerste swaar ryp in die winter. S

Inhoud vir die artikel is verskaf deur Voermol. Vir meer inligting,

raadpleeg jou naaste Voermol-agent of stuur ’n e-pos

aan info@voermol.co.za.

www.senwes.co.za • Junie 2012
Biomin ®

P.E.P.

Volhoubare groei verbetering!

16 Maart

2 Maart

Naturally ahead

pep.biomin.net

Voeg die krag van ‘n unieke

kombinasie van essensiële olies

en prebiotika tot jou dieet.

BIOMIN,

Klerksdorp, Suid-Afrika 2571

Tel. +27 (0)18 468 1455,
Junie 2012 • www.senwes.co.za

PROMOSIE-ARTIKEL: BIOMIN •••

Plantekstrakte bied natuurlike alternatief

vir antibiotiese middels in dierevoeding

Die soektog na voedsame antibio -

tiese alternatiewe in EU-lande en die toenemen de

bewustheid en kommer onder verbruikers, dien as

aansporing vir presiese navorsing oor die moontlikheid

van die gebruik van plant-ekstrakte in dierevoeding.

Die internasionaal erkende deskundige op die

gebied van natuurlike dierevoeding, Biomin, roem

daarop dat hy aan die plaaslike voermark toegevoeg

de waarde en groter volhoubaarheid bied deur

die volkome weglating van antibiotiese middels uit

sy reeks voeraanvullings en die vervanging daarvan

met natuurlike kruie, speserye en plant-ekstrakte.

Biomin het al meer as 25 jaar lank volhou bare

dierevoedingsprodukte verskaf, soos voeraan vul lings

en volledige voere wat ’n natuurlike groeibevorderende

konsep insluit wat die voedingsbehoeftes van

varke, pluimvee, beeste en akwakultuur aanspreek.

Die vernaamste oogmerk met die teel van diere

– om plaasdiere goed te laat presteer en goeie

diereprodukte te verkry – kan slegs bereik word deur

diere doelgerig gesond te hou. Wat dít betref, is

natuurlike bestanddele, soos kruie en speserye nie

slegs eetlus- en spysverteringstimulante nie, maar

kan hulle met hul uitwerking op ander fisiologiese

funksies, ook help om goeie gesondheid en die

welstand van diere te bevorder, wat hul prestasie

positief kan beïnvloed.

Gevorderde produkte bevat mikro-organismes

sowel as kruiebestanddele wat ’n nuwe gener asie

van uiters doeltreffende, natuurlike gesondheidsbevorderaars

verteenwoordig. Wanneer hierdie

natuurlike bestanddele volgens die aanbevole

vlakke toegedien word, help hulle om die totale

gesondheid van diere te bevorder, die groei van

gunstige bakterieë ondersteun, spanning help verlig,

die immuniteitstelsel ondersteun en die vrystelling

en vertering van voedingstowwe aanhelp.

NATUURLIKE GROEISTIMULERENDE

AANVULLINGS

Met die toenemende meningsverskille wat antibiotie

se middels betref, het prebiotiese middels of

mikro biese voedingsaanvullings in die algemeen

verbasende aandag en belangrikheid begin geniet,

danksy hul duidelik positiewe uitwerking op produktiwiteit

sowel as dieregesondheid. Prebiotiese middels

bestaan uit lewensvatbare mikro-organismes wat die

balans van die mikroflora in die verterings proses verbeter.

Die gunstige dermflora word bevoor deel en die

vermenigvuldiging van bakterieë wat siektes ver oor-

saak, word grootliks voorkom. Prebiotiese middels

of ander natuurlike gesondheidsbevor de rende voeraanvullings

kan hulle vervang sonder om prestasie te

benadeel.

Die gebruik van verskeie tipes natuurlike groeiaanvullings

kan aansienlike voordele vir die groter

omgewing en welstand van die vee inhou.

• Die omgewing: Die gebruik van voedings- en

talle soötegniese aanvullings maak dit vir die

formuleerder van dierevoedsel moontlik om baie

presies aan die voedingstofbehoeftes van ’n

dier te voldoen, wat uiteindelik lei tot diëte wat

vermorsing kan minimaliseer.

• Welstand: Baie soötegniese, voedings- en

teg no logiese aanvullings word gebruik om die

voedingstatus en gevolglik die gesondheid- en

welstandstatus van die betrokke dier te bevorder.

’n Vermindering van ammoniaproduksie uit

dieremis verbeter nie alleen die omgewing in

die geheel en, in die besonder, in die geval van

huisdiere nie, maar dit verbeter ook luggehalte

en dus die welstandstatus van diere wat daardeur

geraak word.

Gedurende die afgelope dekade is die gebruik van

aanvullings van natuurlike oorsprong in diere- en

mensevoedsel aangemoedig en hoewel kruie en

speserye duisende jare gelede al vir hul spesifieke

aroma en verskillende medisinale eienskappe

gebruik is, word hulle nou by dierevoer gevoeg as

gedroogde plante of dele van plante, ekstrakte

sowel as essensiële olies.

Natuurlike gesondheidstimuleerders is hoofsaaklik

gebaseer op plantbestanddele wat gesond -

heidstoestande gunstig beïnvloed of natuurlike

immuniteitsfunksies bevorder. Terwyl die toediening

van kruiemedikasie honderde jare beoefen is en

grondige kennis daaroor ingewin is, het moderne

voedingsnavorsing eers onlangs die fokus begin

plaas op natuurlike immuniteit en die plantbestanddele

wat ’n invloed daarop het. S

33
34

••• FOKUS OP DIEREVOEDING

DIE TERM WISSELBOU KAN GEDEFI-

NIEER WORD AS ’N STELSEL VAN

GEWAS VERBOUING WAARVOLGENS

DIE BETROKKE GEWASSE PLANMATIG

OP DIESELFDE STUK GROND AFGE-

WISSEL WORD. DIT VERSKIL DUS

VAN BLOOT TOEVALLIGE OPEEN-

VOLGING VAN GEWASSE SONDER

VOORAFBEPLANNING OF VAN

MONOKULTUUR WAAR DIESELFDE

GEWAS JAAR NA JAAR OP DIESELFDE

STUK GROND VERBOU WORD.

WISSELBOU IS EGTER NIE NET TOT

GRAANGEWASSE BEPERK NIE.

> TEKS: GERRIT OOSTHUIZEN EN

IZAK DU PLESSIS

Die keuse van ’n wisselboustelsel vir ’n

spesifieke plaas is afhanklik van die gewasse wat

aangepas is by ’n spesifieke grond, klimaat en

ekonomiese toestand. Daarbenewens kan siektes,

insekte en onkruide die gewaskeuse vir ’n spesifieke

stuk grond beïnvloed.

Monokultuurverbouing van mielies en graan sorghum

word steeds algemeen op groot skaal in

die somerreëngebiede as praktyk toegepas. In

gebiede waar koring saam met somergewasse

(mielies, sonneblom en droëbone) verbou word,

is produsente uit die aard van die saak verplig om

wisselbou toe te pas.

Die voordele van ’n wisselboustelsel, veral as ’n

peulgewas deel van die stelsel vorm, is welbekend en

hoef nie weer in detail bespreek te word nie. Mense

is egter geneig om, wanneer daar van wissel bou

gepraat word, slegs te dink aan graan gewasse, en

die rol wat ’n weidingsgewas kan speel, mis te kyk.

Voordele van weidingsgewasse in ’n wisselboustelsel

is, byvoorbeeld die verbetering in die grondfisiese

toestand, verhoging in organiese materiaalinhoud van

die grond, beter siekte- en plaagbeheer ensovoorts.

WEIDINGSGEWASSE AS DEEL

VAN WISSELBOU

Wanneer ’n saaiboer die moontlike inskakeling van

aangeplante weiding oorweeg, is die eerste stap om

berekenings te maak om te bepaal of die weiding

beter marges as, byvoorbeeld mielies, sonneblom,

koring en so meer op die kort termyn gaan realiseer.

As die antwoord negatief is, wil hy/sy dit nie

oorweeg nie. Die graan- en veeproduksie moet as

’n eenheid (boerderystelsel) beskou word en die

winsgewendheid, en heel waarskynlik die stabiliteit

www.senwes.co.za • Junie 2012
van die boerdery in geheel, moet oor ’n langer

termyn (ongeveer 10 jaar) bereken word.

Onder besproeiing is daar produsente wat

eenjarige weidingsgewasse deel van hul stelsels

maak, waar hawer, eenjarige raaigras en/of tef

ingeskakel word. Daar moet net onthou word

dat met ’n intensiewe hooiproduksiesisteem, die

bogrondse materiaal verwyder word en dat dit ’n

impak op grondvoedingstatus kan hê. Die hooi

kan self benut word of kan aan ander produsente

verkoop word. Groenvoer, wat as groepsnaam vir ’n

verskeidenheid wintergewasse gebruik word, is ’n

algemene praktyk oor ’n wye reeks veeproduserende

gebiede. Die goeie diereprestasie wat vanaf hierdie

weidings behaal word, is alombekend en die waarde

daarvan vir afronding en lammerooie maak dit ’n

gesogte praktyk by produsente.

Die inskakeling van weidingsgewasse is egter

nie net tot besproeiing beperk nie. Dit kan ook deel

vorm van ’n droëlandstelsel waar weidingsgewasse,

soos akkerbone, voersorghums en ook meerjarige

aangeplante weidings, aangeplant word. Die

meerjarige weidings word op van die lande gevestig,

terwyl ’n gedeelte dan jaarliks teruggeskakel word

na, byvoorbeeld mielies. Om die hoeveelheid

weiding konstant te hou, word ander gedeeltes dan

weer omgeskakel na meerjarige weidings. Indien

daar besluit word op ’n omskakeling, moet dit nie

te vinnig geskied en ingefaseer te word nie. Daar

kan vir ’n begin, afgeskop word met ongeveer 10%

van die bewerkbare oppervlakte. Die potensiaal

van die hulpbronne sal ook bepaal of veranderings

ekonomies geregverdig kan word. In gebiede met ’n

laer potensiaal vir graanproduksie, kan die infasering

van weidingsgewasse dalk meer geregverdig wees.

Dit is verder belangrik om die grondvogstatus in

ag te neem voordat ’n kontantgewas geplant kan

word op lande waar weidings was.

Junie 2012 • www.senwes.co.za

FOKUS OP DIEREVOEDING •••

TABEL 1: DIE PLANTDATUM EN BENUTTINGSPERIODE VAN DIE VOORGESTELDE WEIDINGSGEWASSE.

AANBEVOLE PLANTDATUM EN BENUTTINGSPERIODE

GEWAS

Jan Feb Mrt Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des

Bloubuffel P X P X X X X X

Witbuffel P X P X X X X X X

MJ sorghum X X X X P X P X X

Oulandsgras X P X P X X X X

Groenvoer P P P X X X X X X

J radyse

EJ raaigras

Akkerbone

P P X X X

EJ sorghum X X X X P X X

Tef X X X X P

P = Plantdatum, X = benuttingsperiode, MJ = meerjarig, EJ = eenjarig

Die voervloeibehoefte speel ’n kritieke rol in die

keuse van ’n weidingsgewas. Die tyd/tye van die

jaar wanneer ’n moontlike voertekort ondervind kan

word, sal die gewas, kultivar en plantdatum bepaal.

Neem ook die gewasse/weidings se groeisiklus

in ag sodat grondvoorbereiding tydig vir die

opvolggewas/-weiding gedoen kan word. Die

vermorsing van enige weiding kom neer op die

verspilling van koste, aangesien die vestiging van

die weiding ’n koste-implikasie het. Onbenutte

weidings kan natuurlik ook gesny en gebaal

word en sodoende vir onmiddelike/latere gebruik

geberg word. Hierdie praktyk sal verliese aan

weidingsmateriaal verhoed of ten minste beperk.

WEIDINGSGEWASSE GESKIK VIR

WISSELBOU

Meerjarige weidingsgewasse wat oorweeg kan

word, is bloubuffels- of witbuffelsgras en meerjarige

voersorghum. Aangesien Smutsvingergras soms

langer as een jaar neem om behoorlik gevestig te

raak, word dit nie as wisselbougewas aanbeveel nie.

Meerjarige voersorghum is ’n swak meerjarige gewas

en sal dus beter inskakel by ’n wisselboustelsel

waar die weiding ná drie of vier jaar weer deur ’n

graangewas vervang word. Die buffelsgrasse het

lang produksieleeftye en kan vir langer as tien jaar

produseer indien dit goed versorg word. Deur hierdie

weidings ná slegs drie of vier jaar uit te ploeg,

verhoog dit die koste van die droë materiaal wat

geproduseer is.

Eenjarige gewasse is baie meer geskik as wisselbougewasse.

Anders as met meerjarige gewasse,

kan daar na gelang van die voervloeibehoefte tussen

winter groenvoer (hawer/rog/korog); Japanese radyse;

en onder besproeiing, eenjarige raaigras en

eenjarige somergroeiende weidingsgewasse (akkervervolg

op bladsy 36

35
36

••• FOKUS OP DIEREVOEDING

Aangeplante weiding as deel

van wisselbouproduksie

vervolg van bladsy 35

TABEL 2: DIE OPBRENGS, KOSTE/HA EN KOSTE/TON DROË MATERIAAL VIR DIE VOORGESTELDE

WEIDINGSGEWASSE.

GEWAS OPBRENGS (TON/HA) KOSTE (R/HA) KOSTE (R/TON)

Bloubuffel 3 R2 252 R476

Witbuffel 3 R1 285 R478

Meerjarige sorghum 7 R1 926 R289

Oulandsgras 4 R1 765 R485

Groenvoer 1,2 R1 312 R1 093

Japanese radys 10 R2 041 R205

Eenjarige raaigras 3 R1 779 R732

Akkerbone 3 R1 721 R392

Eenjarige sorghum 11 R8 717 R490

Tef 3 R2 252 R751

bone en eenjarige voersorghum), gekies word.

Vir hooimaakdoeleindes kan tef en oulandsgras

as wisselbougewasse oorweeg word. Oulandsgras

het dié voordeel dat dit in die lente gewei kan word

en dat die somergroei dan later gebaal kan word.

Alhoewel dit onder gunstige klimaatstoestande

moontlik is om twee snysels van tef wat in Desember

gevestig is, te verkry, moet tef verkieslik voor

15 November gevestig word om ’n tweede snysel

moontlik te maak.

Meeste weidings word gedurende Januarie en

Februarie gevestig. Met herfsaanplantings is daar

minder kompetisie vanaf onkruide, met die gevolg

dat die weidingsgewasse makliker vestig. Die

aanbevole plantdatum en produksieperiode van

elke weidingsoort word in Tabel 1 aangetoon, terwyl

Tabel 2 die opbrengs waarop berekeninge gegrond

is, koste/ha en koste/ton, aantoon.

In die geval van groenvoer sal die benuttings tydperk

afhang van die plantdatum en ook die kultivar.

Vir die meerjarige gewasse is die eerste jaar se

produksiepatroon nie aangetoon nie, maar wel die

jaarlikse produksiepatroon indien dit reeds gevestig

is. Die koste/ton droë materiaal van meer jarige

weidings is bereken oor ’n leeftyd van drie jaar.

Die verskillende weidings kan ook gekombineer

word om tekorte in die voervloei aan te spreek.

Raaigras en Japanese radyse kombineer baie

goed. Japanese radyse verskaf voer wanneer die

raaigras dormant raak gedurende die middel-winter.

Netso kan die meerjarige gewasse as staande

hooi gebruik word as wintervoer of om tekorte in

die lente aan te spreek. Meerjarige gewasse en

tef kan as kontantgewasse gebruik word indien die

voervoorsiening voldoende is.

WISSELBOU NIE BEPERK TOT GRAAN

Wisselbou hou verskeie voordele, veral in terme van

siekte- en plaagbeheer asook grondvrugbaarheid, in.

Wisselbou is egter nie net beperk tot graangewasse

nie. Weidings kan ’n belangrike rol vervul, veral ter

aanvulling van die voervloeibehoeftes. Wanneer

weidingsgewasse as wisselbougewasse geplant

word, is die keuse nie beperk tot een weidingsgewas

nie. Kombinasies van weidingsgewasse kan leemtes

in die voerbehoeftes op verskillende tye van die jaar

aanspreek. Sodoende kan die stabiliteit van die

veevertakking en ook die boerdery verbeter word. S

Verwysings

• SA Graan, Oktober 2011: Maak dit sin om vee

deel van ’n mieliestelsel te maak?

• http://www.sabiofarm.co.za

• http://www.landbou.com/kundiges/vra-vir-faffa/

weiding/tef/tef-en-hawer-wisselbou

• http://intranet.senwes.co.za

• Senwester, 1 Februarie 2007. Die waarde van

groenvoer vir jou vee.

• Farmers weekly. 16 April 2010. Getting over the

winter slump with planted pastures.

• Weidingshandboek, 2007. Kejafa Knowledge

Works.

Gerrit Oosthuizen is ’n Senior Akkerboukundige by Senwes

Landboudienste. Skakel hom gerus vir enige navrae by (018)

293-1968 of 084 506 8791. ’n E-pos kan gestuur word na

gerrit.oosthuizen@senwes.co.za. Izak du Plessis is ’n Senior

Diereproduksie-spesialis by Senwes Landboudienste. Skakel

hom gerus vir enige navrae by (056) 212-2291 of 084 504

6892. ’n E-pos kan gestuur word na izak.duplessis@senwes.

co.za.

www.senwes.co.za • Junie 2012
Soveel hoofde, soveel sinne,

lui die gesegde. By lekaanvulling sal dit lui: Soveel

produsente, soveel resepte. Die vrae wat gevra

moet word, is: “Gee die lek die voedingstowwe aan

die dier wat in tekort is?”, “Is die lek ekonomies

en trek beide die dier en die produsent voordeel

daaruit?”

So baie produsente gee net lek omdat hulle dink

dit is die regte ding om te doen. Om maksimum

voordeel uit lekke te trek, moet dit korrek gedoen

word met die doel voor oë om sodoende te bepaal

watter produk om te gee. Meting is ’n integrale

deel van lekbestuur: Om te meet is om te weet! As

produsente lekke aanvul net om lek te gee, vul hulle

dikwels nutriënte aan wat nie eers in tekort is nie –

hulle gooi dus geld in die water.

Nutri Feeds het die afgelope jare die feit holrug

gery dat winterlekke voldoende fosfaat moet

verskaf (ten minste 6 g/bees/dag of 1 g/skaap/

dag). Produsente wat dié praktyk gevolg het, het

die resultate van beter kalf- en lampersentasies

gesmaak. ’n Winterlekaanvulling beteken egter nie

net ’n proteïenlek met genoeg fosfaat in nie; die

tipe proteïene in die lek is ook van kardinale belang.

Daar is op Koster gevind dat ’n 450 kg bees 391 g

rumen degradeerbare proteïene (RDP) per dag

benodig om maksimale hooi in te neem. Gras kan

gewoonlik in die winter sowat 170 g RDP verskaf,

wat dui op ’n tekort van 221 g RDP per dag wat

deur lekke aangevul moet word. Met die duimreël

van 150 g proteïene wat ’n bees per dag benodig,

is daar dus steeds ’n tekort van 71 g. ’n Belangrike

gevolgtrekking kan hieruit gemaak word – duur,

ware proteïene, byvoorbeeld oliekoeke, kan dus

met goedkoper NPN-bronne vervang word om die

mikrobes te voed in onderhoudslekke.

Die doel van lekaanvulling vir onderhoud is om

die mikrobes wat vesel verteer te voed. Hierdie

veselverterende mikrobes gebruik ammoniak

om op te voed. Ammoniak is die eindproduk van

ureum-afbrekings in die rumen. Dieselfde studie

het getoon dat tot 75% van die verlangde RDP, van

ureum afkomstig mag wees (meer as 75% verlaag

die verteerbaarheid van die hooi). Ons kan dus sê

Junie 2012 • www.senwes.co.za

PROMOSIE-ARTIKEL: NUTRI FEEDS •••

Is lekaanvulling

sommer net lekaanvulling?

dat ’n 450 kg bees tot 70 g

ureum per dag kan vreet en

dat net 40 g - 60 g van haar

RDP-behoefte van natuurlike

proteïene af hoef te kom.

Onthou dat 1 g ureum, 46% N bevat, wat gelyk is

aan 2,87 g “proteïen”.

Ons het nou bewys dat die korrekte tipe proteïen

baie belangrik is, maar mikrobes kan nie ureumomskakeling

doen as hulle nie genoeg energie het

nie! Die korrekte energie wat beskikbaar is, moet

in die lek wees. Soos in Figuur 1 gesien kan word,

is eenvoudige suikers se fermentasietempo die

hoogste, gevolg deur stysel. Hierdie suikers moet

dus die energie aan die mikrobes verskaf om die

RDP te kan omskakel na ammoniak om sodoende

die droë veld te kan benut.

Met korrekte lekaanvullingsprosedures, verplaas die

lekaanvulling nie die grasinname nie, maar stimuleer

dit die inname en verteerbaarheid van goedkoop

energie (gras). Dit gee dus meer ekonomiese

produksie uit laer kwaliteit weidings.

Nutri Feeds se Nutri Lick- en Nutritub-reekse

is geformuleer om in die dier en die mikrobes se

behoeftes te voorsien, perfek saamgestel. Elke lek is

’n mondvol nutriëntryke aanvulling.

So, as jou buurman weer ’n selfmeng “wenresep”

het, vra hom bietjie met die tong in die kies of dit

voldoen aan die mikrobes se behoeftes en hoeveel

RDP daarin is. S

39
40

••• FOKUS OP DIEREVOEDING

DIE PRODUKSIE VAN VEEVOER IN

SUID-AFRIKA HET MEER AS VERDUB-

BEL GEDURENDE DIE AFGELOPE

TIEN JAAR. DAAR WORD NOU REEDS

ONGEVEER 10,7 MILJOEN TON SE

VEEVOER PER JAAR VERBRUIK. DIE

GROS DAARVAN BESTAAN NOG UIT

MIELIES. MIELIES, MIELIEPRODUKTE

EN MIELIESEMELS (CHOP) MAAK

ONGEVEER 53% VAN VEEVOERE UIT.

> TEKS: THEO VENTER

Volvet sojabone en soja-oliekoek

is tweede in die ry op ongeveer 15%. Sonneblom

word meestal vir olieproduksie verbou, maar die

oorblywende oliekoek speel ook ’n beduidende rol

in veevoere. Koring en koringprodukte se aandeel

in die veevoermark is klein, maar indien pryse dit

regverdig, vloei daar wel met intervalle ’n paar ton

na die veevoermark. Vroeg vanjaar was koring aan

die kus goedkoper as mielies en is meer daarvan

Die vraag na mielies

vir menslike verbruik

kan redelik konstant bly,

terwyl die vraag na

veevoer vinnig uitbrei.

Veevoerbedryf

gee die pas aan

vir veevoer gebruik. Die onderstaande grafiek wys

die uiteensetting van bestanddele vir veevoer (per

maand oor die laaste vyf jaar):

Geelmielies Witmielies Mielieprodukte en chop

Soja-oliekoek (Ingevoer) Soja-oliekoek (Plaaslik)

Sojabone (Volvet) Sonneblomsaad en oliekoek

Koring en koringprodukte Molasse

Voerkalk Ander

Figuur 1: Rouprodukte na die veevoermark.

(Bron: AFMA, Sagis, SAPA)

Hoewel mielies se aandeel redelik konstant bly,

word daar afgewissel tussen wit- en geelmielies.

Geelmielies word verkies bo witmielies, maar as

pryse dit regverdig wen witmielies veld. Mieliesemels

speel ’n belangrike rol in veral voerkrale. Gedurende

die nat-maalproses van mielies word daar

byprodukte vervaardig, soos byvoorbeeld glutenmeel

en kiemmeel (germ meal). Hierdie byprodukte vloei

ook na die veevoermark.

Die samestelling van sojabone vir veevoer kan in

die nabye toekoms vinnig verander. Verlede jaar is

daar ongeveer 1 miljoen ton se soja-oliekoek ingevoer.

Plaaslik is daar ’n raps minder as 200 000 ton

soja-oliekoek geproduseer. Plaaslike verwerkingskapasiteit

is egter besig om vinnig uit te brei. Volgens

die Bureau for Food and Agricultural Policy (BFAP) sal

verbruik van rondom 1,2 miljoen ton na 1,7 miljoen

ton teen 2020 uitbrei. Plaaslike produksie kan egter

spoed vang en tot 893 000 ton kan teen die einde

van die dekade geproduseer word. Plaaslike sojaoliekoek

kan dus meer as 50% markaandeel wen.

Die pluimveebedryf is die grootste verbruiker van

www.senwes.co.za • Junie 2012
FOKUS OP DIEREVOEDING •••

Figuur 2: Die verbruikers van veevoer.

Theo Venter is ’n Graananalis by Senwes Grainlink. Vir

meer inligting, skakel hom by (018) 464-7723 of stuur ’n

e-pos na theo.venter@senwes.co.za.

Junie 2012 • www.senwes.co.za

41

Figuur 3: Die groei in die vleis- en eierbedryf.

(Bron: BFAP)

veevoer en 41% van alle veevoer is vir dié bedryf

bestem (30% vir braaikuikens en 11% vir lê-henne).

Die bees- en skaapbedryf verbruik rondom 30%.

Groei in die pluimveebedryf gee die pas aan,

en volgens BFAP kan die verbruik van hoenders

met ’n indrukwekkende 41% toeneem gedurende

die volgende tien jaar. Ander afdelings in die vleis-

en eierbedryf toon ook ywerige groei, maar die

hoenderindustrie kraai koning. Die vraag na sojaoliekoek

vir hoendervoer sal dus ook ’n inspuiting

kry. Die vraag na mielies vir menslike verbruik kan

redelik konstant bly, terwyl die vraag na veevoer

vinnig uitbrei.

Geelmielieproduksie kan dus witmielieproduksie

ewenaar of selfs verbysteek oor die lang termyn.

Mielieverbruik vir veevoer het reeds van 3,16

miljoen ton na 4,54 miljoen ton gestyg oor die

afgelope tien jaar. BFAP meen verbruik vir veevoer

kan soveel as 6,4 miljoen ton teen 2020 bereik.

Die woema in die veevoerbedryf sal die vraag na

rouprodukte ook saamsleep. Graanproduksie sal dus

in die sleurstroom van die veevoerbedryf meegevoer

word. S
42

••• PROMOSIE-ARTIKEL: FEEDPRO

FeedPro

– jou vennoot in die

dierevoedingsbedryf

FeedPro Animal Nutrition se

passie is die kundige vermenging van hoë kwaliteit

grondstowwe vir die vervaardiging en bemarking

van hoogs effektiewe dierevoedingsprodukte. Hul

streef met ywer, trots en waagmoed daarna om die

voorkeurverskaffer van kwaliteit-veevoere in gekose

markte in die dierevoedingsektor van Suider-Afrika

te wees.

Dié suksesvolle veevoervervaardiger, wat op

Vryburg in die Noordwes Provinsie geleë is, het

voorheen as Vryburg Veevoere en later as N-Wes

Fosfaat bekend gestaan. Profert Beherend (Edms)

Bpk het egter die potensiaal van dié ontluikende

onderneming raakgesien, ’n beherende aandeel

bekom, later ten volle ingekoop waarna verskeie

opgraderings en uitbreidings teweeggebring is,

kundige personeel bekom is en ’n totale diens,

produk en kultuur verandering geïmplementeer is.

As ’n 100% filiaal van Profert Beherend (Edms)

Bpk, vervaardig FeedPro Animal Nutrition reeds

meer as 4 000 ton dierevoer per maand. Profert

Beherend (Edms) Bpk se betrokkenheid en

finansiële bestuursvernuf, stelsels en prosedures

asook hul hulp met die befondsing van alle

operasionele en kapitaalvereistes, stel FeedPro

Animal Nutrition daartoe in staat om produktiwiteit

nog verder te verhoog en hul sigbaarheid en

markaandeel in Afrika te vergroot.

Entoesiastiese en kundige personeel verseker

deurgaans buitengewone diensleweringsvlakke, wat

klantetevredenheid daarstel, terwyl die bestuurspan

oor al die nodige vaardighede en kennis, wat van só

’n uitnemende maatskappy verwag word, beskik.

Deur gebruik te maak van kundige konsultante,

wat in ’n spesifieke studieveld spesialiseer, is

FeedPro Animal Nutrition se toegang tot tegniese

kennis en ondervinding bykans onbeperk. Die

omvattende produkreeks, wat tans uit meer as

70 verskillende dierevoedingsprodukte bestaan,

word juis só geformuleer om die veeboer

ononderhandelbare kwaliteit, veeprestasie en

effektiewe omset van koste te verseker.

Die samestelling van verskillende parameters

van voer en roumateriale word op ’n deurgaanse

basis gemeet om kwaliteit en geskiktheid

te verseker. FeedPro Animal Nutrition se

spektrofotometer is spesifiek só gekalibreer om

die Nuwe Lusernkwaliteitsindeks-analise (NLKIanalise),

wat deur die Nasionale Lusern-organisasie

(NLO) daargestel is, na te kom. FeedPro Animal

Nutrition voldoen ook aan AFMA se kriteria vir die

vervaardiging van dierevoeding en is onlangs ook

deur Afri Compliance gesertifiseer.

Een van FeedPro Animal Nutrition se nuwe

uitbreidings is die hondekosaanleg. Dié aanleg

is met ’n unieke uitpersmasjien toegerus, wat

hondekos, katkos en viskos vervaardig. Alle

grondstowwe wat in dié verband ontvang word, word

aan streng kontrolemaatreëls blootgestel om aan

kwaliteitstandaarde te voldoen.

FeedPro Animal Nutrition se omvattende produkreekse

is by verskeie landbou-afsetpunte, soos

Senwes, GWK, Suidwes, VKB, OVK, KLK, Kaap

Agri, Agra (Namibië), BKB en KLD beskikbaar,

terwyl direkte aflewering – aanleg tot klante – in

sakke of losmaat gedoen word. In areas waar die

bogenoemde verspreidingskanale nie in die vraag

na voere kan voorsien nie, word FeedPro Animal

Nutrition-depots tans geïmplementeer.

As jou dierevoedingsvennoot het FeedPro Animal

Nutrition genoeg kapasiteit om ’n uitgebreide reeks

gehalte produkte en hondekos te vervaardig, maar

hulle is terselfdertyd klein genoeg om aan die

unieke behoeftes van individuele produsente te

voldoen. Kies FeedPro Animal Nutrition-produkte vir

jou diere en kry die winsgewende voordeel. FeedPro

– Soveel beter. S

www.senwes.co.za • Junie 2012
Uit die hart van die beeswêreld

“Bekend maak bemind” bly nou maar eenmaal ‘n waar sêding. FeedPro, ‘n suksesvolle veevoervervaardiger wat op Vryburg

geleë is, is geen nuweling in die beeswêreld van Suid-Afrika nie. Inderdaad is ons jou vennoot in diere voeding úít jou omgewing,

vír die eiesoortige behoefte van jou omgewing.

Deur FeedPro te gebruik, kry die veeboer ononderhandelbare kwaliteit, veeprestasie en effektiewe omset van koste. Ons

omvattende produkreeks bestaan uit meer as 70 verskillende dierevoedingsprodukte en bied verskeie winsgewende voordele.

Kontak ons span in die veld om jou te besoek...of kom loer gerus in vir soveel meer en beter.

Industriaweg 10 Industria Road • Posbus/PO Box 927 • Vryburg • 8600

Tel: +27 (53) 927 5406 • Faks/Fax: +27 (53) 927 5509

E-pos/Email: feedpro@feedpro.co.za • www.feedpro.co.za
44

••• SENWES VILLAGE

M eganisasie verkry

dieper fokus met E quip

NÁ DEEGLIKE OORWEGING IS DAAR

BESLUIT OM EQUIP AS BEDRYF-

STELSEL TE IMPLEMENTEER VIR

SENWES VILLAGE SE MEGANISASIE-

AFDELING NADAT DAAR REEDS VIR

BAIE JARE ’N INHUIS-ONTWIKKELDE

BEDRYFSTELSEL GEBRUIK IS.

Senwes se Meganisasie-afdeling

is ’n gefokusde besigheidseenheid en Village het

besef dat dit nodig geraak het om ’n bedryfstelsel

te bekom wat pasgemaak is vir ’n meganisasie besigheid

wat bestuur kan ondersteun om diensvlakke te

verhoog.

Meganisasie is steeds ’n geïntegreerde besigheids

eenheid van die Village besigheidsmodel.

Daarom was dit nodig om baie tyd en geld aan die

integrasie van die nuwe stelsel na die bestaande

stelsel te spandeer om die nodige beheer en

kontroles te behou. SAP is egter steeds die stelsel

waaruit die finansiële verslagdoening vir Senwes

gedoen word.

Bepaalde funksionaliteite kan verkry word met die

nuwe stelsel wat vir beide die klante en Village tot

voordeel is. Daar kan ook direk met die John Deere

handelaarsnetwerk geïntegreer word.

Equip is ’n volledige bedryfstelsel, spesifiek

ontwerp vir handelaarsnetwerke, wat

wêreldwyd gebruik word in veral die motor- en

meganisasiebedryf. Dié stelsel help met die

integrasie van onderdele, werkswinkels en

heelwerktuie modules. Integrasie na SAP sal

deurlopend plaasvind om steeds korporatiewe en

finansiële beheer te verseker.

’n Derde party is gekontrakteer om Village te

help met die ontwikkeling en implementering van

Equip waarvan die ontwikkelingsfase reeds volstoom

aan die gang is. Die eerste bedryfspunt wat sal

oorskakel, is Senwes Village Bothaville.

Dit is vir Senwes Village belangrik om op ’n

deurlopende basis met sy klante te kommunikeer.

Ons sal soos vordering plaasvind, ons klante

op hoogte hou van verwikkelinge. Sekere

besigheidsprosesse sal verander, waaroor ons jou

sal inlig omdat dit jou as klant ook sal raak, maar

die onmiddellike en toekomstige voordele wat ons

verwag sal hierdie aanpassing die moeite werd

maak en klantediens sal tot op die hoogste vlak

verbeter. Vir meer inligting, skakel Fouché Steyn by

(018) 464-7234. S

www.senwes.co.za • Junie 2012
Hoopstad-Suid Boerevereniging se bestuur het die bakkie van Senwes

ontvang. Agter van links: Karin de Bruyn, Neel Rust (Bestuurder: Senwes

Algemene Handel), Hennie Roos, Abraham Barnard (Voorsitter: Hoopstad-

Suid Boerevereniging), Dirk Theron en Johan Terblanche (Bestuurder:

Senwes Village Hoopstad). Voor van links: Hentie Helm, Fanie van Vuuren,

Attie de Necker, Piet Wolfaardt en Charles van Schalkwyk.

H oopstad-Suid B oerevereniging

beveilig gemeenskap in nuwe bakkie

Senwes Village het op 5 Junie 2012, ’n splinternuwe

Toyota Hilux Raider 2.5 dubbelkajuit-bakkie aan die Hoopstad-

Suid Boerevereniging geskenk om te gebruik vir die beveiliging van die

gemeenskap. Die bakkie is oorhandig na aanleiding van ’n lojaliteitsooreenkoms

wat tussen Senwes Village en Hoopstad-Suid Boerevereniging

gesluit is. “Dit is om dankie te sê vir die lojaliteit wat die boere van

die omgewing teenoor Senwes Village geopenbaar het oor die afgelope

jare,” sê Neel Rust (Bestuurder: Algemene Handel). S

Hierdie is ’n voorlopige kunstenaarsvoorstelling van die Senwes Village

op Wesselsbron wat in 2013 voltooi sal wees.

WESSELSBRON VILLAGE SLAAN ’N NUWE BLAADJIE OM

Senwes beoog om die Village

winkel op Wesselsbron ’n

gedaante verwisseling te laat

ondergaan met die oordoen van

die winkel en die verskuiwing

van onder meer die werkswinkel,

onderdele en stoor.

Die projek is in die beplan-

Junie 2012 • www.senwes.co.za

ning stadium en volgens Wimpie

Muller (Bestuurder: Strategiese

Projekte, Senwes Village)

sal die nuwe winkel in 2013

voltooi wees. Die werkswinkel,

onderdele en vulstasie sal op

een perseel wees en die stoor

op ’n aan gren sende perseel. S

SENWES VILLAGE •••

Meer foto's beskikbaar

by http://senwes.co/SSHoopstadBakkie.

GRAINLINK SKUIWE

Martin Janse van Rensburg is

bevorder tot Silobestuur der op

Vredefort.

Pieter van Wyk (Silo bestuurder)

is verplaas vanaf Koppies

na Wesselsbron silo 234.

Pieter Theron word verplaas

vanaf Assistent Silobe stuurder

op Arlington na Aflos Assistent

Silobestuurder van Streek 2

(Viljoenskroon-area).

Thinus Mostert is ’n Aflos

Assistent Silobestuurder wat

vanaf Streek 4 (Bloemfonteinarea)

na Streek 3 (Bothavillearea)

verplaas is.

VILLAGE SKUIWE

• Riaan van Eeden is as die

Village bestuurder op Ottosdal

aan gestel.

• Ferdi du Toit is aangestel

as die Village bestuurder op

Heilbron.

• Die nuwe Villagebestuurder op

Parys is Johan Greyling.

• Reuntjie du Plessis is as

die Village bestuur der op

Petrusburg aangestel. S

45 4
46

••• SENWES CREDIT

Welsyn baat ook by

R1 miljoen trekking

VANJAAR SE SENWES R1 MILJOEN

TREKKING HET BAIE VREUGDE

GEBRING, NIE NET VIR DIE

VYF FINALISTE WAT ELK ’N GEDEELTE

VAN DIE R1 MILJOEN TEEN SY

SOMER PRODUKSIE REKENING KAN

AFSKRYF NIE, MAAR OOK VIR DIE

WELSYNSORGANISASIES WAT ELK

’N SKEN KING VAN R60 000 VAN

SENWES ONTVANG HET.

> TEKS: ANSONÉ VENTER

Van links: Gerrit van Zyl (Hoofbestuurder: Senwes

Credit) en Frans du Plessis (Hoofbestuurder: Senwes

Village) het van die pryse tydens die geleentheid

oorhandig.

Besoek Be Beso so ek e k ww www. www.youtube.com/

w. w.yo yo y ut u ub ube. e.co co com/ m/

se senw senwesTV nw nwes es esTV TV TVV vir

ir vid video-profiele id ideo eo -p -pro p ro rofi fi fiel el e e va van di die

e fi fina finaliste, na nali li list st ste, e,

so sowe sowel we wel as aas die

ie wel welsynsorganisasies.

el e sy syns ns nsor or orga ga gani ni nisa sa sasi si sies es es.

Tydens dié praggeleentheid,

gehou op 31 Mei by die Goldfields Casino in Welkom,

het elke finalis ’n nommer getrek wat die volgorde

bepaal het waarvolgens hul koeverte, met die waarde

van hul pryse in, getrek is.

Die uitslae van die trekking het as volg verloop:

In 1992 het

Charlie begin boer

nadat hy sy ambag in

Pretoria voltooi het. Sy

boerdery op Vaalharts, bestaan hoofsaaklik uit

mielies, koring en lusern wat onder besproeiing

is. Charlie het ook ’n beesplaas in die Toscadistrik

waar hy met kommersiële koeie en Bonsmara-bulle

boer.

Sy welsyns organisasie

Die R60 000 word aan die Juanita Taljaard Fonds

geskenk. Juanita is van die Vaalharts-omgewing

en benodig die geld vir ’n hartoperasie. Haar

ouers het die trekking bygewoon.

R500 00

CHARLIE PEARSON

(VAALHARTS)

Ansoné Venter is ’n gereelde medewerker vir S enwes S cena

rio. Vir meer inligting, kontak haar by (018) 468-2716 of

stuur ’n e-pos na ansone@infoworks.biz.

www.senwes.co.za • Junie 2012
R250 00

BAREND DE LANGE

(DEALESVILLE)

Barend het in

1992 voltyds begin

boer. Sy boerdery

bestaan hoofsaaklik uit ’n veevertakking en

hy verbou mielies, koring en sonneblom op

ongeveer 2 500 hektaar.

Sy welsynsorganisasie

Barend het die Dealesville NG Kerk aangewys

as die organisasie om by die Senwes skenking

van R60 000 te baat. Hulle hooffokusareas is

bestaande projekte wat onder meer kleuterskole

en die Vredeshof Ouetehuis insluit.

R125 00

GEORGE TRUTER

(BLOEMFONTEIN)

George het op ’n

vroeë ouderdom

eers saam met sy

broer op Wellington geboer. In 1979 het hy ’n

plaas in die Bloemfontein-distrik gekoop, waar

hy tans koring, mielies en sonneblom verbou.

Sy grootste inkomste is egter afkomstig vanaf sy

veevertakking.

Sy welsynsorganisasie

Met behulp van Senwes, het George en sy

vrou, Esmarie, uitgereik na die President Kruger

Kinderhuis op Reddersburg. Die fondse sal

gebruik word om kruideniers te koop en ander

bedryfstekorte te delg.

Junie 2012 • www.senwes.co.za

SENWES CREDIT •••

R75 00

UYS VAN HEERDEN

(ODENDAALSRUS)

Uys boer reeds

vanaf 1957

voltyds en het in

1996 baas van sy eie

plaas geword. Sy liefde vir die plaaslewe het hom

uit die onderwys, tot op ’n trekker laat beland.

Sy boerdery bestaan hoofsaaklik uit een derde

mielies en twee derdes vee.

Sy welsynsorganisasie

Die organisasie wat Uys aangewys het om die

skenking te ontvang, is die Mevrou President

Steyn Tehuis. Die skenking sal handig te pas

kom aangesien hulle die kamers wil opknap en

ook ander instandhoudingsprojekte by die tehuis

wil aanpak.

R50 00

BEN VOSLOO

(KOPPIES)

Ben bedryf

’n suksesvolle

gemengde boerdery

in die Koppies-distrik.

Besproeiing sorg vir goeie gesaaides en dan is

daar ook skape wat die vee-gedeelte uitmaak.

Die plaas waarop hy en sy seun boer, is reeds

vanaf 1861 in familie besit.

Sy welsynsorganisasie

Die NG Kerk Weltevreden op Koppies,

verwelkom die skenking vanaf Senwes wat

deur die organisasie vir reeds bestaande

gemeenteprojekte, soos by skole en ouetehuise,

aangewend gaan word. S

47
48

••• TOEKOMSBLIK

Senwes en

John Deere

vat presisieboerdery

’n stap verder

SEDERT DIE DRAAI VAN DIE EEU

HET JOHN DEERE VERSKEIE

NAVIGASIESTELSELS VAN

HOOGSTAANDE GEHALTE EN

OPSIES BESKIKBAAR GESTEL TER

BEVORDERING VAN EFFEKTIEWE

BEWERKINGSMETODES.

> TEKS: WILLIE DIETRECHSEN

Met produkte soos Parallel

Trac, Auto Trac SF1, Auto Trac SF2 en

Universal AutoTrac, het klante meer effektief en

produktief hul bewerkingsaksies afgehandel, wat

gelei het tot groot kostebesparings.

Nou met RTK – die nuutste beskikbare tegnologie

– bied John Deere jou:

• Ongeveer 25 mm akkuraatheid op ’n “repeatability

pass to pass” basis.

• Betroubare, gevestigde netwerkbeskikbaarheid

teen ’n baie lae koste per jaar.

• Basisstasies wat deur Senwes, jou John Deere

handelaar, opgerig, onderhou en opgegradeer

word.

Senwes Village het die besluit geneem om miljoene

rande te investeer om die klante van Meganisasie te

ondersteun ter bevordering van die effektiwiteit van

produsente se werktuie.

SENWES EN DIE RTK-NETWERK

Senwes se presisieboerdery-afdeling het reeds begin

met die implementering van die eerste toerusting,

ter vestiging van die eksklusiewe RTK-netwerk in die

Wesselsbron-, Bothaville- en Bultfontein-area.

In die komende maande, sal die aksie uitgerol

word tot ’n volledige netwerk wat vir nie net die

eienaars van John Deere produkte nie, maar ook

die eienaars van konkurrente produkte voordele kan

bied.

Indien jy meer inligting verlang, kan jy die

Senwes Heelwerktuigbemarker in jou area kontak

of die volgende nommer skakel by Senwes se

presisieboerdery-afdeling (018) 464-7671.

Saam breek ons nuwe grond. S

Willie Dietrechsen is Bestuurder: Meganisasie by Senwes

Village. Skakel hom by (018) 464–7553 of stuur 'n e-pos na

willie.dietrechsen@senwes.co.za.

www.senwes.co.za • Junie 2012
50

••• SENWES GRAINLINK

Nuwe wetgewing hou

ernstige gevolge in

VOEDSELVEILIGHEID IS ’N OPENBARE

GESONDHEIDSKWESSIE VAN

TOENEMENDE BELANGRIKHEID. DIE

NUWE VERBRUIKERS BESKERMINGS-

WETGEWING KAN LEI TOT VERHOOGDE

AANSPREEKLIKHEID VIR ALLE

ROLSPELERS IN DIE VOEDSELBEDRYF.

> TEKS: MARIANA PURNELL

Mense het die reg om te verwag

dat die kos wat hulle eet veilig is en geskik is vir

verbruik. Voedselgedraagde siektes en besering

is ten beste onaangenaam en kan ook noodlottig

wees. Daar is egter ook ander gevolge. Die uitbreek

van voedselgedraagde siektes kan groot skade

berokken aan handel en toerisme en dit lei tot die

verlies van inkomste, werkloosheid en litigasie.

Voedselbederf is verkwistend, duur en kan ’n nadelige

invloed op handels- en verbruikersvertroue hê.

Die Wet op Verbruikersbeskerming maak

voorsiening vir verskeie regte van verbruikers,

soos byvoorbeeld:

• anti-diskriminasie

• inspeksie van goedere

• tydige en korrekte lewering van goedere

• eenvoudige taalgebruik in dokumente

• handelsbeskrywings

• bepalings teen wanvoorstelling en misleiding

• kontraktuele bepalings wat billik, regverdig

en redelik is

• pryse wat billik, regverdig en redelik is

• waarborge

• die terugneem van produkte

WAT BETEKEN DIT VIR DIE GRAANBEDRYF?

Wêreldwye tendense in voedselveiligheid bied ’n

uitdaging vir al die rolspelers in die voedselketting

om aan te pas en ’n produk van hoë kwaliteit te

lewer wat voldoen aan voedselveiligheidstandaarde.

Belangrike uitdagings in die graanbedryf is

mikrobiese voedselgedraagde siektes en algemene

voedselveiligheidsaspekte.

Verbruikers is kwaliteits -

bewus en die meerderheid doen hul voedselaankope

by maatskappye wat hoë gehalte handhaaf en die

nodige versekering kan gee dat die voedselproduk te

aan die hoogste standaarde en voedselveiligheidsvereistes

voldoen.

Die gebruik van chemiese middels en beperkings

daarop op die graan wat gelewer sal word, soos

vervat in die Wet op Landbouprodukstandaarde

(1990), is veral ter sprake. Produsente moet hulle

vergewis van die wetlike vereistes en voldoen aan die

standaarde soos daarin neergelê. Wetlike voorskrifte

bepaal die gebruik van onkruiddoders, insekdoders

en verskeie ander landboukundige chemika lieë en

die residu-vlakke van sodanige produkte wat in die

kommoditeit teenwoordig kan wees.

GMO-vry kommoditeite (produkte wat nie geneties

gemanipuleerde organismes bevat nie) is ook

onder die kollig van die nuwe verbruikerswetgewing.

Daar is ’n groeiende vraag na GMO-vry produkte en

die nuwe verbruikerswetgewing stel streng riglyne

ten opsigte van toepaslike toetse en dokumentasie

om die GMO-status van produkte te bewys tydens

bemarking.

Sodanige tendense kan daartoe lei dat

die verbruiker die produsent se keuse van

variëteit, landboupraktyke en selfs die hantering

en bemarking van die kommoditeit ten

sterkste beïnvloed. ’n Identiteitpreserveringbemarkingsproses

sal dus van kardinale belang

wees om naspeurbaarheid te verseker en aan

verbruikers die gemoedsrus te gee dat sekere

prosedures tydens produksie, hantering, vervoer,

verwerking en verpakking streng volgens protokol

uitgevoer is. S

Vir verdere navrae, kontak Mariana Purnell (Bestuurder:

Spesiale Produkte, Senwes Grainlink) by (018) 464-7271 of

082 336 8534.

www.senwes.co.za • Junie 2012
Senwes Grainlink het

’n regstelling deur gegee

ten opsigte van die

arti kel Ontmoet Senwes

se Streek be stuurders

op bladsy 51 in die

April 2012-uitgawe

van Senwes Scenario.

Die korrekte Streekbestuurders

en hulle

foto’s is:

Junie 2012 • www.senwes.co.za wes.co.za

SENWES GRAINLINK •••

Ontmoet Senwes se Streekbestuurders

Fanie Kruger

(Streek 1)

Graham Lottering

(Streek 2)

Carel Scheepers

(Streek 3)

Theuns Saayman

(Streek 4) S

Graangradeerders slaggereed vir die oesseisoen

Alle graanontvangspunte van

Senwes is vanaf 10 April 2012 tot 4 Mei 2012

deur Hendrik van Aswegen van die Grain Training

Institute besoek. Van Aswegen is hiertydens

telkens deur ’n senior personeellid van Grainlink

Bedryf vergesel.

Alle opgeleide graangradeerders se teo retiese

en praktiese graderingsvaardighede is tydens

die besoeke geëvalueer. Die evaluering was op

kandidate se kennis en praktiese toepassing van

graderingsregulasies gebaseer, soos in die staatskoerant

van Mei 2009 afgekondig.

Elke monster wat gegradeer is, is volledig met die

kandidaat bespreek en probleme wat geïdentifiseer

is, is uitgewys en reggestel.

Volgens Marietjie Grobler (Personeelbestuurder:

Senwes Grainlink) was die oefening baie geslaagd

en is Senwes se graangradeerders gereed vir die

ontvangseisoen en gepaardgaande uitdagings wat

voorlê. S

53
54

••• AGRI-WENKE

Droë seisoen sorg vir

lae grondvogreserwes

AS GEVOLG VAN DIE DROË NA-JAAR,

HET DIE OESPROSES VAN MIELIES

EN SONNEBLOM IN SEKERE GEBIEDE

VROEËR BEGIN AS BEPLAN EN

BEHOORT DIE STROPERS NOU VOLUIT

TE LOOP EN IN SEKERE GEVALLE DALK

EINDE SE KANT TOE TE STAAN.

Dié dele wat bevredigende

opbrengste het, behoort tesame met die graanpryse,

positiewe marges te realiseer. Benut hierdie

inkomstes oordeelkundig, want ons weet nie wat die

komende seisoen inhou nie. In dié dele waar daar

erge droogteskade was en die opbrengste gevolglik

onbevredigend is, moet daar van kundiges gebruik

gemaak word om die komende seisoen te beplan.

Senwes Landboudienste het landbou-ekonome

en akkerboukundiges wat jou daarmee kan help –

moenie benoude spronge maak nie.

Die veld is oor die algemeen in ’n swak toestand

en noukeurige bestuur is dus uiters noodsaaklik. Dis

hier waar die benutting van mieliereste waardevol

kan wees. Lande wat geneig is tot waai, moenie

oorbewei word nie.

GRONDKUNDE

Grondvogreserwes is oor die algemeen laag. Op

die nie-watertafelgronde, wat algemeen in die

Noordwes Provinsie voorkom, asook in die Vrystaat,

is daar feitlik geen oorgedraagde grondvog nie. Dit

gaan ’n invloed hê op winterbewerkings en daar sal

gewag moet word op goeie lentereën om primêre

bewerkings te kan doen.

’n Lae grondvogstatus verhoog ook die risiko vir

koringaanplantings. Laat die grondvogstatus bepaal

(Senwes Landboudienste kan dit vir jou behartig indien

beplan word om nog koring te plant. Raad pleeg

die saadmaatskappye se kultivarinligtingsgidse

betreffende kultivarkeuse indien laat in Junie of

vroeg in Julie geplant gaan word. Dit geld ook vir

3.

5.

1. Johan du Toit

2. Castuff Sekgala

3. Jacques Odendaal

2.

4. Izak du Plessis

5. Gerrit Oosthuizen

die komen de somerseisoen se beplanning

(opbrengsmikpunte).

VAALHARTS-BESPROEIINGSKEMA

Pekanneute se oesproses is een van die dae voluit

aan die gang. Let daarop dat die grond nie te droog

raak met die naderende koue nie, veral by die

jonger aanplantings.

Stamme van die jong bome kan ook geverf word

om te help teen stambars as gevolg van drastiese

lae temperature. Na-oes kan bome gelaat word om

te rus, maar moenie die grond te droog laat word

nie. Daarna kan daar in Augustus begin word om die

bome te snoei.

Gars en koring se produkpryse lyk tans nie baie

rooskleurig nie, maar as gevolg van kontantvloei

kan die gewasse nie sommer net uit die wisselbousisteem

gelaat word nie. Dit is egter baie belangrik

om optimale opbrengste te verkry ten einde winste

te toon. Die aanbeveling is dat die beste gronde

aangeplant word en alles moontlik gedoen word om

optimale opbrengste te verseker. Die alternatief om

gronde te laat oorlê en vroeë mielies, grondbone en

katoen te verbou, maak wel groter winste, maar min

produsente se kontantvloei laat dit toe om eers in

Maart weer ’n inkomste te verkry.

BOERDERYBESTUUR

’n Suksesvolle strategie behoort die volgende vier

kritieke elemente te bevat, naamlik:

• Gerig op duidelike langtermyndoelwitte

• Gebaseer op insig en begrip van die eksterne

(makro) besigheidsomgewing

• In-diepte kennis van die onderneming se interne

vermoë en hulpbronne

• Effektiewe implementering en koördinering van

www.senwes.co.za • Junie 2012

4.

1.
die gesamentlike vermoë van alle betrokkenes

daartoe verbind

Fatale foute wat tydens die strategiese bestuursproses

ten alle koste vermy behoort te word, is die

volgende:

• ’n Strategie kan nie suksesvol geïmplementeer

word indien dit nie volledig aan werknemers

gekommunikeer en verduidelik is nie.

• ’n Strategie kan nie in isolasie opgestel word nie.

• Die opstel van ’n strategie kan nie aan ’n

besigheidskonsultant uitgekontrakteer/oorgelaat

word nie – so iemand kan wel die proses

fasiliteer.

• Die daarstel van betekenislose visie- en missiestellings.

• Die verwarring van strategieformulering met

operasionele beplanning.

• Geen krisis – Geen strategie!

• Risiko’s/implikasie(s) van voorgenome strategie

word nie tydig geïdentifiseer nie.

Die strategiese bestuursproses kan hoofsaaklik in

die volgende vyf agtereenvolgende bestuurstake

opgedeel word:

DIE VYF BASIESE STRATEGIESE BESTUURSTAKE

In die volgende uitgawes sal die onderskeie take in

meer detail bespreek word.

Junie 2012 • www.senwes.co.za

AGRI-WENKE •••

BEPAAL NOU JOU GRONDPOTENSIAAL

Indien jy dit nog nie gedoen het nie, is dit nou

die tyd om te begin met die voorbereiding van

lande, veral ten opsigte van grondmonsternemings

vir bemestingbeplanning en grondkartering vir

opbrengspotensiaalbepaling.

Grondpotensiaalbepaling en grondontledings is

baie belangrike besluitnemingshulpmiddels. Kry jou

bemestingbeplanning volgens die grondpotensiaal

in plek. Dié gronde wat vinniger geneig is tot

versuring kan nou bekalk word. Bekalk die lande

ook so spoedig moontlik om seker te maak dat die

persentasie suurversadiging teen planttyd reg is.

Nou is ’n goeie tyd om grondontledings op son -

ne blomlande te doen (en mielielande, sodra dit

klaar gestroop is), sodat die regte bemestingsprogram

bepaal kan word en bekalking vroegtydig

gedoen kan word.

Senwes se grondtegnoloë kan jou van diens wees

indien ruitpatroon-monsterneming oorweeg word.

Kontakbesonderhede van die grondtegnoloë:

Jacques Odendaal (Bultfontein) – 083 458 1296,

Pieter Snyman (Kroonstad) – 083 302 3992 en

Almero Olwagen (Klerksdorp) – 083 320 0599. S

TAAK TA TAAK AK 1 TAAK TA TAAK AK 2 TAAK TA TAAK AK 3

TAAK TA TAAK AK 4 TAAK TA TAAK AK 5

Ontwikkel van

strategiese

visie en

boerdery

missie

Hersien

soos nodig

Stel van

langtermyn-

doelwitte

Hersien

soos nodig

Ontwikkel

strategie

gemik op

behaling van

doelwitte

Verbeter/

verander

soos nodig

DIÉ PROSES IS NOOIT FINAAL NIE!

Implementeer

en uitvoer

van strategie

Verbeter/

verander

soos nodig

Evalueer

prestasie

asook nuwe

verwikkelinge,

maak

aanpassing

Verwys na

take 1; 2;

3; 4 soos

nodig

Dié artikel is saamgestel deur Johan du Toit, Gerrit Oosthuizen,

Izak du Plessis, Castuff Sekgala en Jacques Odendaal

(Senwes Landboudienste). Skakel hulle by (018) 464-7604 vir

meer inligting.

55
56

••• DRUPPELS OP DIE DAK

’n Droë winterseisoen

waarskynlik op hande

Die ryp het gewissel

van geen sigbare

skade tot plante wat

doodgeryp het.

ONVERWAGSE RYP HET VROEG

HIERDIE SEISOEN IN DIE SENWES

GEBIED VOORGEKOM. DIE VROEGSTE

INTREEDATUM VAN RYP IN DIE

BOTHAVILLE-GEBIED IS 8 APRIL.

GEDURENDE HIERDIE SEISOEN HET

DIT OOK REEDS DAARDIE TYD OOR

DIE GROOTSTE GEDEELTE VAN DIE

SENWES-GEBIED GERYP. DIE RYP HET

GEWISSEL VAN GEEN SIGBARE SKADE

TOT PLANTE WAT DOODGERYP HET.

> TEKS: THYS GROBBELAAR

Ons moet onthou dat ’n groot

gedeelte van die mielie-aanplanting laat in

Desember gedoen is en dus kon strawwe ryp nog

groot skade veroorsaak het. Dit is opmerklik dat

sekere kolle, veral in die Hoopstad- en Bultfonteingebiede

geen sigbare rypskade toon nie. Met die

skryf van die artikel het die jonger mielies nog heel

groen in die betrokke gebiede vertoon.

Die verwagting is dat die vroeë ryp slegs ’n

geringe effek op die opbrengs gaan hê. Hierdie ryp

kan die verwagte stroopdatum in sekere gebiede

egter effens vervroeg. Daar kan wel graad voorkom

by jong witmielies wat heeltemal doodgeryp het. Die

omvang van die verwagte probleem is egter klein in

die totale gebied. Die gemiddelde intreedatum van

ryp in die grootste gedeelte van die Senwes-gebied

is 4 Mei.

April het minder reën opgelewer as wat

oorspronklik voorspel is. Dit is net die noordoostelike

gedeelte van die tradisionele Senwesgebied

wat meer reën ontvang het as die

langtermyngemiddeld. Die meer suid-westelike

gedeelte van die gebied wat tradisioneel meer

koring aanplant, het heelwat minder reën ontvang

as die langtermyngemiddeld.

As ons ook in ag neem dat reënval aansienlik

laer as die langtermyngemiddeld is, lyk die

situasie die komende seisoen nie so rooskleurig vir

droëlandkoring nie. Die bogrond is in die meeste

gevalle so droog dat daar nie suksesvol koring

aangeplant kan word nie.

Die onderstaande figuur dui Januarie tot einde

www.senwes.co.za • Junie 2012
April se kumulatiewe reënval in vergelyking met die

langtermynreënval aan. Die opgegaarde vog waarop

koring moet oorleef totdat die lentereën kom, word

gewoonlik in hierdie periode opgegaar. Die sentrale

gedeelte van die Senwes-gebied het tussen 95 mm

en 175 mm minder reën vir hierdie periode ontvang

as die langtermyngemiddeld. Dit is duidelik dat

droëlandkoring waarskynlik nie aangeplant kan word

nie of ’n groot risiko loop om die grootste deel van

die seisoen onder erge stremming te verkeer. Wat

tans wel die geval is, is dat die SOI-indeks besig is

om te daal. Op hierdie stadium is die SOI-indeks

reeds -6. Die daling kan waarskynlik op ’n El Niñotipe

seisoen uitloop. ’n El Niño-tipe seisoen gaan

gewoonlik gepaard met goeie lentereën.

Daar moet egter nie aanvaar word dat daar

vroeë lentereën gaan wees nie. Die besluit of jy

koring gaan plant moet geneem word op grond

van die opgegaarde vog wat in die grond is en nie

op verwagte reën gedurende die lente nie. Baie

produsente het al hulle vingers so verbrand. Die

SOI-indeks en seetemperature wat gebruik was om

’n seisoen as ’n La Niña- of El Niño-tipe seisoen te

klassifiseer, wat die afgelope paar jaar gebruik was

om seisoenreënvalvoorspellings mee te doen, het

geblyk nie baie akkuraat te wees nie. Tans is daar

werklik nie ’n akkurate meganisme wat gebruik kan

word om ’n seisoenvoorspelling mee te doen nie.

OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING

Die seisoen sluit af met ondergemiddelde reënval vir

die verloop van die somerseisoen. Die voorjaar van

die wintergewasse se reënval is ook ondergemiddeld

wat ’n risiko vir koringproduksie kan inhou. Produsente

word aangeraai om slegs droëlandkoring

te plant indien die opgegaarde vog in die grond

voldoende is. Raadpleeg ’n landboukundige in

die verband, sou jy onseker wees. Dit het al

in die verlede, soos die vorige seisoen, baie

goed gedurende die najaar gereën. Dit kan die

vooruitsigte vir koringproduksie baie verbeter. S

DRUPPELS OP DIE DAK •••

Grafiek 1: Reënval: Werklike reënval vir April 2012

versus die langtermyngemiddeld vir April 2000 tot

April 2011.

Grafiek 2: Reënval: Werklike reënval vir Januarie

2012 tot April 2012 versus die langtermyngemiddeld

vir Januarie tot April 2000 - 2011.

Die artikel en figure is saamgestel deur Thys Grobbelaar

(Senior Graananalis: Senwes Grainlink) en Ronél Koen

(Senior Gis-tegnoloog: Senwes Landboudienste). Vir meer

inligting skakel Thys by (018) 464-7385.

57
58 ••• PROMOSIE-ARTIKEL: EFEKTO

B esnoei só in die winter met

Grondsuur wys in jou

winste...

Grasland se geregistreerde landboukalk is ‘n bewese

grondsuurneutraliseerder wat oortuigende resultate in

jou winste sal lewer. Gesonde grond verseker verbeterde

oesopbrengste van voortreflike gehalte.

Navorsing en ontwikkeling is ‘n integrale deel van ons

bekalkingsprodukte en verseker die nodige kwaliteit wat

Reg. Nr. 67/12386/07

Hier is ‘n

voorkeur-teenmiddel!

‘n deurslaggewende rol tot ‘n spog-oes kan speel.

Bewys dit self. Graslandprodukte en raadgewende dienste

is so naby soos jou naaste kunsmisverteenwoordiger. Jy

kan ook direk met ons skakel.

Grasland plaas jou op die winskoers.

Posbus 948, Lichtenburg 2740, Tel: (018) 632 6046, Tolvry Nr: 0800-113011, Faks: (018) 632 3772, E-pos: grasland1@intekom.co.za
Efekto

Winter is daardie tyd van die

jaar wat ons almal opgewonde maak oor besnoeiing.

Daar lê ’n mate van tradisie hierin omdat die

meeste van die plante in die winter gesnoei moet

word, maar ook omdat koue weer met fisiese

aktiwiteit verband hou. Besnoeiing is harde werk.

Onthou om altyd Efekto Steriseal aan die plant

te wend nadat dit besnoei is om dit teen infeksie te

beskerm.

Besnoei roosplante met omtrent ’n derde in

die middel van die winter. Verwyder enige dooie of

siek hout en maak gebruik van die geleentheid om

Efekto Lime Sulphur of Efekto Kumulus WG

regoor die plant te spuit nadat dit besnoei is, om

skildluis en swamme te verwyder.

Die meerderheid bladwisselende vrugtebome

word in die winter gesnoei. Die doel van vrugteboom

besnoeiing is om die boom oop te maak

Kliëntediens: Tel: 0861 EFEKTO (333586) info@efekto.co.za www.efekto.co.za

Agro-Serve (Pty) Ltd t/a Efekto TM Reg. Nr. 1973/000868/07

Posbus 652147, Benmore, 2010

Kumulus®WG (Reg nr: L2404, bevat Swael 800g/kg)

Steriseal (Reg nr: L4231, bevat ‘Busan 1009’ 10g/kg & 8-Hidroksikinoliensulfaat 10g/kg). Skadelik.

PROMOSIE-ARTIKEL: EFEKTO •••

sodat al die dele genoeg sonlig kry. Alle blad wisselende

vrugtebome baat by ’n Efekto Lime Sulphur

of Efekto Kumulus WG behandeling in hulle

dormante stadium.

Die ander belangrike plantegroepe wat in die

winter besnoei word, is dié wat in die somer blom,

soos hibiskus, fuchsias en impatiëns. In warmer

dele word hierdie plante later in die winter besnoei

en Wonder Vita-Boost gevoer om groei te

bevorder.

Alle produkte is geregistreer onder Wet Nr. 36

van 1947 – Steriseal L4231 «Busan 1009» 10 g/kg

en 8-Hydroxyquinoline sulphate 10 g/kg – HARMFUL,

Lime Sulphur L4230 Polysulphide Sulphur 320 g/liter

– CAUTION, Kumulus WG L2404 sulphur 800 g/kg,

Vita-Boost B3405.

Volg altyd die etiket wanneer produkte aangewend

word. Gebruik produkte verantwoordelik. S

STERISEAL

‘n Swamdoder snoeiwondmiddel vir die gebruik op

rose, wingerde, struike en vrugtebome na snoei.

KUMULUS®WG

‘n Waterdispergeerbare korrel swam-en mytdoder vir die beheer

van sekere swamsiektes asook sekere myte en blaaspootjies.

59
60

••• DEVELOPING AGRICULTURE

Take care of your grazing;

take care of your livestock

IT IS OF ECONOMIC IMPORTANCE FOR

THE LIVESTOCK PRODUCER TO KNOW

THE GRAZING CAPACITY OF THE FARM

FOR A SUSTAINABLE LIVESTOCK EN-

TERPRISE.

> TEXT: CASTUFF SEKGALA

The general saying goes: a person

needs to be a grass producer before he/she becomes

a livestock producer.

GRAZING CAPACITY DEFINED

The productivity of the grazable portion of the veld is

expressed as an area of the land required to main-

JAN FEB MAR APR MAY JUN JUL AUG SEPT OCT NOV DEC

Figure 1: Illustration of an annual roughage

availability.

tain livestock over an extended number of years

without deterioration to vegetation or soil. Thus, the

grazing capacity dictates the stocking rate.

Grazing capacity consists of numerous factors

which are interrelated and these are: roughage

availability, effective rainfall, fodder flow plan as well

as veld management practices (rotational grazing).

ROUGHAGE AVAILABILITY

The availability and quality of natural grass depends

mainly on rainfall patterns. In summer, the availability

and quality of grass is high and this tends to decline

and become relatively low in the winter months

(as illustrated in Figure 1).

On average a cow eats about one third of its

body weight per day, of which 90% should be roughage.

Natural veld is the cheapest source of roughage.

10% of the daily feed intake should ideally be

supplements, i.e. phosphate in summer, protein in

early winter and protein and energy in late winter.

ROTATIONAL GRAZING

It is advisable to maintain a high level of roughage

throughout the year and this can only be achieved

through rotational grazing. Rotational grazing is

practiced on a “take half, leave half”-principle – implying

that animals graze up to 50% of grass height

and leave the remaining 50% for regrowth and

conservation of palatable grass species for the next

season or year. Thus, without a rest, there will be a

gradual decline of quality of the natural veld. This

will force the producer to reduce livestock numbers,

resulting in financial losses.

www.senwes.co.za • Junie 2012
Lick cost/

cow

It is advisable to maintain

a high level of roughage

throughout the year and

this can only be achieved

through rotational grazing.

ECONOMIC IMPORTANCE OF GRAZING

MANAGEMENT

Consider the following example to illustrate the economic

importance of grazing management.

According to Senwes production norms (when no

additional roughage is purchased), feed costs per

cow and sheep and margin above feed cost are calculated

in the table below:

CATTLE SHEEP

Margin above

lick cost

Feed cost/

ewe

Junie 2012 • www.senwes.co.za

Margin above

feed cost

R454 R3 400 R245 R642

DEVELOPING AGRICULTURE •••

STOCKING RATE

Stocking rate is the area of the land that the e producer

has allotted to a LSU in the grazing system, stem,

expressed in length of the grazable period of f the

year (Ha/LSU). It is the management factor with a the natural veld in winter, presumably by 10%).

large influence on:

On average hay costs R1 000/ton. For cattle

• Biological yield of animal products;

this implies a hay cost of R1/cow/day for six winter

• Economic yield of the producer; and

months plus 20% wastage = R216 per cow. Feed

• Long term condition of the grazing camps. cost per cow will therefore increase to R670 per

cow. As a result, Margin above Feed cost will be

FODDER FLOW PLAN

reduced by R216 per cow (i.e. R21 600 for a 100

This is one of the most important plans the livestock cow herd).

producer should have for his/her unique farming For small stock this may imply a hay cost of

situation. A fodder flow plan considers the combina- R0,25 per small stock per day for six winter months

tion of both annual roughage availability and live- plus wastage = R54 per small stock and the feed

stock requirements as dictated by the stocking rate. cost will therefore increase to R299 per ewe. As a

result, margin above feed cost will be reduced by

R54 per small stock (i.e. R5 400 for 100 small

stock units).

Therefore the economic situation will be worse if

a natural veld is supplemented by more hay bales,

e.g. at least 20%.

Let us assume: The Margin above feed costs

(whereby hay bales are purchased to supplement

Concluding remark:

It is advisable for livestock producers to farm in harmony

with nature and supplement with necessary

licks to meet the livestock requirements. S

• Read more about grazing on page 34

Castuff Sekgala is a livestock specialist at Senwes Agricultural

Services. Contact him at (018) 464-7480 or send an email

to castuff.sekgala@senwes.co.za for more information.

61
62

Ds Willie Botha

••• VIR DIE SIEL

Lees Joh 13

Maya Angelou het gesê: “Ek

het geleer dat mense sal vergeet wat jy gesê het,

hulle sal vergeet wat jy gedoen het, maar nooit

sal vergeet hoe jy hulle laat voel het nie.” Dit is

woorde wat mens diep laat nadink, omdat ons in ’n

samelewing leef wat veral op “sê” en “doen” fokus.

Dit is interessant om te kyk hoe Jesus in hierdie

opsig gevaar het. Hy het mense anders benader

as die norm van sy tyd. Tydens die Bergrede (Matt

5 - 7) kry ons ’n goeie idee hoe Jesus mense in sy

teenwoordigheid laat voel het. Aan die einde van

>> DINK HIEROOR NA

• Maak tyd om na te dink hoe jy mense in

jou teenwoordigheid laat voel. Hoe en waar

moet jy veranderinge aanbring?

• Mense het iets in Jesus se teenwoordigheid

beleef wat vir hulle nuut en vars was.

• God is deur sy Gees by ons teenwoordig.

Hoe voel jý in die teenwoordigheid van

God?

• Gaan gerus op jou eie deur die vier

Evangelies en stel jou voor hoe verskillende

mense in uiteenlopende scenario’s in Sy

teenwoordigheid kon voel.

Hoe laat jý mense voel

hoofstuk 7 is die skare verbaas oor sy onderrig,

want Hy het hulle geleer soos ’n man met gesag,

en nie soos die Skrifgeleerdes nie. Mense het in Sy

teenwoordigheid anders gevoel omdat Hy anders en

met ’n ander agenda gewerk het. Dit gaan nie oor

persoonlike mag of aansien nie, maar die klem val

op sagmoedigheid, geregtigheid, barmhartigheid,

reinheid en vrede. Sy hoorders word geleer om

waarde tot die lewe te voeg, soos wat sout die

smaak van kos verbeter en lig die donker verdryf.

Skielik word daar nie meer op kinders neergesien

nie, maar word hulle verhef as voorbeelde van hoe

volwassenes van God afhanklik behoort te wees. Die

wat eerste is sal laaste wees en die laastes eerste.

Vergelding maak plek vir vergifnis.

Hoe het Jesus se dissipels gevoel toe Jesus

sy bo-kleed uittrek, ’n handdoek om sy middel

vasmaak en hulle voete begin was? Probeer jouself

die emosie van die blinde buite Jerigo indink toe die

Seun van God by hom kom stilstaan en vra: “Wat

wil jy hê moet Ek vir jou doen?” Of die weduwee van

Naïn toe sy haar seun uit die dood terugkry? Hoe

het Petrus gevoel toe Jesus ná sy opstanding vir

hom sê: “Laat my lammers wei.”

Eintlik moet elkeen vir homself ’n antwoord gee

oor hoe Jesus mense om Hom laat voel het. Maar

dalk is daar een ding wat uitstaan: By Jesus het die

mense veilig gevoel. Hulle kon Hom vertrou omdat

Hy die Seun van God is.

Hoe laat jy die mense in jou teenwoordigheid

voel? Jou vrou, jou man, jou gesin? Wat is die

mense wat vir jou werk of vir wie jy werk se ervaring

van jou teenwoordigheid? Dalk is daar iets wat

ons by Jesus kan leer oor hoe Hy mense in sy

teenwoordigheid laat voel het. Langenhoven het

dit ook raak gesê: “Behandel jou meerdere met

beleefdheid omdat dit jou plig is; jou gelyke omdat

dit jou plesier is; jou mindere omdat dit jou voorreg

is.” S

Ds Willie Botha is van die Nederduitsch Hervormde Ge meente

op Lydenburg. Skakel hom by 082 786 3458 of stuur ’n

e-pos aan wbot@absamail.co.za.

www.senwes.co.za • Junie 2012
64

••• PROMOTIONAL ARTICLE: KRP MANUFACTURING

Fight fires

EFFECTIVELY

this winter

KRP MANUFACTURING IS A MAJOR-

ITY OWNED SUBSIDIARY OF THE FFA

GROUP WITH THE COMMERCIAL FO-

CUS BEING MANUFACTURE, SALES

AND SERVICE.

We hold the firm belief that your

product is only as good as the after-sales service

that you provide and by having this as a key focus,

we are building long-term relationships and partnerships

with our clients and business partners.

Africa is fraught with stories of “hit and run”

transactions from ruthless suppliers. KRP Manufacturing

is an African based manufacturer that

understands the unique challenges of our continent

as well as the operational limitations and therefore

we design our products with this in mind. KRP

Manufacturing started operations some 16 years

ago by manufacturing basic fire fighting skid units

and fire fighting trailers. Today we have more than

10 000 skid units and more than 3 000 trailer units

in operation all over Southern Africa. In 1999, we

got involved in basic fire truck manufacture for the

forestry industry and the rest as they say, is history.

In 2010, the founding members of FFA approached

KRP Manufacturing and the result was

an agreement to create a new company with a new

focus and drive called, KRP Manufacturing. KRP

Manufacturing forms part of the complete value

chain offered by the FFA Group. We offer the following

products and services:

www.senwes.co.za • Junie 2012
• Portable pumps.

• Firefighting equipment, such as forestry type

hand tools, backpack sprayers, drip torches,

hoses, nozzles, all the way through to municipal

equipment, such as PPE, ladders, axes, torches

and Hazmat equipment.

• Disaster management equipment – food ration

packs, emergency shelter tents, generators.

• Skid units – from 250 litre to 5 000 litre tank

capacities.

• Trailer units from 1 000 litre to 2 500 litre capacities.

• Full range of firefighting pumps.

• Official dealer for Wildfire Environmental Inc. of

Canada.

• Supply of firefighting foam concentrates and

foam application equipment.

• Manufacture of floating pumps.

• Fire trucks – full range to meet client requirements,

engineering done by professional engineers

using CAD.

• Risk assessments and consultations.

• Leasing of vehicles and financial solutions to suit

client needs.

• Servicing of fire trucks – maintenance contracts.

• Refurbishing of fire trucks.

The vision for KRP Manufacturing is to be a commercially

viable entity of the FFA Group by ensuring

acceptable return on investments to the shareholders

and at the same time supplying customers with

customised solutions to their own specific fire risks.

We will at all times ensure that we adhere to the

following principles:

Junie 2012 • www.senwes.co.za

PROMOTIONAL ARTICLE: KRP MANUFACTURING •••

• Always realise that our clients are the reason we

are able to provide food on our tables.

• Treat our clients with their due respect and consideration.

• We will ensure that our staff is treated in the

same manner by management, because they are

the company’s most important asset.

• By adhering to these principles, we will instil

passion into our business and this will ensure our

success.

KRP Manufacturing's manufacturing facility is based

in Potchef stroom, in the North West Province of

South Africa. Our current facility occupies 900 m²,

where we are currently able to produce one fire

truck per week. We do our own cutting, bending,

welding, shot blasting and powder coating on-site.

Our service division and workshop is based in

Nelspruit, Mpumalanga, in South Africa. This division

provides technical backup to the FFA Group

fleet, as well as to our own clients. We offer full

maintenance contracts on our vehicles and also

enter into service level agreements with local authorities.

Service is provided at our workshops and

we also offer in-field servicing of vehicles. We are

in the process of employing a National Technical

Manager who will be tasked to further expand our

servicing division; the first one being at our Potchefstroom

factory. Within the next 18 to 24 months we

will be establishing further workshops throughout

South Africa.

Sales are handled from our Johannesburg offices

as this is the business hub of South Africa and

Africa. The sales division not only sells into the local

and African market, but also acts as the sales conduit

for FFA’s Working on Fire International business

units globally. Our function is to not only co-ordinate

sales efforts, we also secure agencies and dealerships;

consult with our own local clients and co-ordinate

projects with the manufacturing division. S

We look forward to engage with you on a

one-on-one basis in the near future!

65
Vodacom Satellite Connect

If you need

reach, we’ve

got coverage…

We can give you reliable, fast and

guaranteed connectivity almost

anywhere under SA’s sunny skies and

it won’t leave you “platsak”. Rent,

lease to buy, or buy Satellite Connect

equipment from us, and you’ll be able to

choose the speed that suits your needs.

Want to know more? Email: vsccentral@vodacom.co.za

or call Antonio or Warren on 082 271 1400.

vodacom.co.za/business

66

••• KOMPETISIE

Slaap warm met

Senwes Scenario

OM IN DIE WINTER IN ’N YSKOUE

BED TE KLIM IS DAREM BITTER

SLEG! ’N ELEKTRIESE KOMBERS

IS NET DIE DING VIR ’N WARM

KOOI. WEN TWEE PURE PLEASURE

ELEKTRIESE KOMBERSE. DIE

QUEEN-GROOTTE IS VAN SKAAPWOL

GEMAAK EN PAS SOOS ’N

PASLAKEN OM JOU BED. DIT HET

’N SKAKELAAR AAN BEIDE KANTE,

VIR WANNEER PA DALK WARMER

AS MA KRY. DIE PRYS SLUIT OOK ‘N

VASKNOOP ELEKTRIESE KOMBERS

VIR ’N DUBBELBED MET EEN

KONTROLE, IN. NOU HET NIEMAND

MEER ’N VERSKONING OM NIE IN

HULLE EIE BED TE SLAAP NIE!

HOE SKRYF JY IN?

SMS die woord Senwes + Scenario +

jou naam + jou e-posadres na 31022

en staan ’n kans om hierdie elektriese

kombersstel te wen. Standaard SMS-tariewe

geld. Sluitingsdatum: 16 Julie 2012 S

Werknemers van Senwes en naaste familie van ’n Senwes werknemer mag

nie inskryf nie • Die wenner sal telefonies in kennis gestel word en sy/haar

naam sal in die volgende uitgawe van Senwes Scenario verskyn • Die prys

sal na die naaste Senwes Village gestuur word en kan daar afgehaal word

• Die prys kan nie vir kontant verruil word nie • Die prystrekking word deur

Infoworks Media Publishing op Klerksdorp behartig.

WENNER APRIL 2012: Ina van Rensburg van

Klerksdorp het die warmplaat gewen. Baie geluk!

www.senwes.co.za • Junie 2012
Junie 2012 • www.senwes.co.za

LEEFSTYL: FEATHER HILL SPA •••

KKKom gggenniietttt ’n wellvvveeerddiennddee ruuskkkaans by

Feather Hill Spa ná die stroopseisoen. Dis tyd vir ’n bederf en ’n

oggend vol sielskos. Tien mans sal die geleentheid kry om die

oggend van 17 Augustus, ná ’n verwelkoming van Johan Grobler

van Senwes, ’n reeks behandelinge en ’n heerlike middagete te

geniet en na ’n gasspreker te luister.

Die bederf hou nie hier op nie, tien mans sal elk ’n geskenk van

Me-Em produkte ontvang wat spesiaal vir die man ontwikkel is.

Kontak vir Janelle Grobler by 018 285 1050 / 073 776 7756 of

info@featherhillspa.com vir meer inligting of besoek die webtuiste

by www.featherhillspa.com S

WENNERS APRIL 2012

Francis van Dyk – Bloemfontein

Elsabe Maartens – Bloemfontein

Meisie Grobbelaar – Bloemfontein

Gene van Sittert – Hartbeesfontein

Joy Strydom – Harrismith

Gerrie Julyan – Palmietfontein

Jacques Jacobsz – Hennenman

Hulle het elkeen ’n ME-EM

Moedersdag-geskenkpak gewen.

Baie geluk!

Manne,

dis julle

beurt!

>> SKRYF SÓ IN

SMS Senwes + Spa + jou

naam en van + e-posadres na

31022.

Standaard SMS-tariewe geld.

Sluitingsdatum:

16 Julie 2012

www.featherhillspa.com

(018) 285-1050

073 776 7756

Werknemers van Senwes en naaste familie van ’n Senwes werknemer mag nie inskryf nie • Die wenner sal telefonies in kennis gestel word en sy/haar naam

sal in die volgende uitgawe van Senwes Scenario verskyn • Die prys sal na die naaste Senwes Village gestuur word en kan daar afgehaal word • Die prys kan

nie vir kontant verruil word nie • Die prystrekking word deur Infoworks Media Publishing op Klerksdorp behartig.

67
68

••• IN MY VISIER

Onbewaakte oomblikke

Dit was laatmiddag. Donker

skadu’s het in die ruie onderbos begin opdam en

plek-plek reeds teen stamme en takke uitgebeur

na waar flentertjies son nog aan boomtoppe bly

hang het.

Ek was moeg, dors en ’n bietjie moedeloos

want my dag het vroeg begin, maar ten spyte van

my beste pogings het dit gelyk asof ek weer eens

leëhand by my kamp sou aankom. Stap net een

laaste draai, sommer daar onder die riffie waar die

tamboties en sekelbos dig op die gelykte bondel,

het ek myself aangemoedig. ’n Mens weet nooit…

soms wys die bos juis sy geheime wanneer jy dit die

minste verwag.

Voor my het die tamboties gewink, hul herfskleure

rooi soos bloed in die laaste spatsels son.

Ek is suutjies en bitter stadig met die tweespoorpad

langs. Elke nou en dan het ek vasgesteek, gekyk

en geluister, dan weer gekyk. My oë het skadu vir

skadu ontleed, soekend na die groot, grys lywe wat

ek weet moeilik in die vaal lig sigbaar sou wees.

Die koedoes het my die hele dag lank al ontwyk en

met die swakker wordende lig het ek geweet dat

my kans om hulle op te spoor steeds skraler word.

Soek vir hul gelerige sokkies (die onderbene) en

beweging, het ek myself gemaan.

Rondom my het die veld stil geraak. Dis mos asof

die bos vir ’n rukkie asem ophou voordat die deur

finaal oopswaai sodat die nag met al sy geluide kan

inglip daar waar die dag sy lêplek loop maak het.

Voor my, iewers reg langs die pad het die geklap van

’n tak wat breek die stilte versteur. Vir ’n oomblik

het ek glad nie kon raai wat die oorsaak daarvan

was nie en toe tref dit my…koedoes! Dit kon net ’n

bul wees wat ’n tambotie- of sekelbostak gebreek

het om ’n peuseldingetjie by te kom.

Ek het op my hurke neergesak en my oë het

vinnig gesoek. Weer het ’n tak geklap en toe sien ek

die beweging. Skaars 100 treë voor my en minder

as tien treë regs van die pad het twee vaalgrys diere

beweeg. My verkyker het gewys dis twee koeie;

presies waar die bul was kon ek nie sien nie, want

die bos was te ruig. Agter sy bloed was ek nie, maar

Koos Barnard

die koeie s’n wel, want ek het kookvleis gesoek, nie

’n trofee of biltong nie. “Kyk maar of jy ’n droë koei

kan skiet,” het vriend Willem Basson gesê toe ek

drie dae tevore my bakkie op sy werf staanmaak.

Die verkyker het gewys daar is drie koeie en ’n

sterk verskalf, een wat beslis al gespeen was. Van

die bul kon ek later net ’n stukkie lyf en horingpunte

sien. Die koedoes was onbewus van my, totaal

geabsorbeer in die taak om delikaat die blare van

bosse te stroop. Ek het op my hurke gebly en

sowat 40 treë nader beweeg. Skielik het een koei

weggebreek van die bos waaraan sy gevreet het en

skuins oor die tweespoorpad na links gestap.

Ek het vinnig plat op my boude gaan sit en die

.375H&H wat ek reeds tevore oorgehaal het aan

my skouer gebring. Die tweede koei het die eerste

se voorbeeld gevolg en ek moes haar stop voor sy

die pad verlaat. Willem het die vorige dag gespot

dat ek dalk sy honde sou nodig hê om my bok te

gaan soek indien ek dit kwes. Daarom wou ek seker

maak van ’n eenskoot-doodskoot.

Net toe die koedoe die middelman oorsteek, het

ek sag maar duidelik hoorbaar na haar geroep, “Hey

koedoe.” Sy het vierspoor vasgesteek en my amper

dadelik in die pad sien sit, maar vir haar was dit te

laat. Toe die kruishaar laag op haar bors vassteek,

het ek die sneller gedruk.

Skaars 50 treë vanwaar sy die koeël ontvang het,

het ek by haar gaan kniel en toe daaraan gedink dat

’n onbewaakte oomblik die koedoe haar lewe gekos

het. Die groepie het toegelaat dat die sinlike genot

van etery, hul waaksaamheid verslap het. En op

plekke waar gevaar immer skuil, is dít fataal.

Die wet van die bos bepaal dat diegene wat

daar wil oorleef elke oomblik moet waak. Dieselfde

geld vir ons – in ons persoonlike lewens en veral

in ons omgang met ons medemens. Jy of iemand

anders verloor dalk nie jul lewens nie, maar wat

jy in onbewaakte oomblikke sê of doen, kan dalk

modderspore trap waar dit nie hoort nie. S

Koos Barnard is ’n voltydse jagskrywer.

www.senwes.co.za • Junie 2012

Koo
TJDR52288

Watch your business grow with more value.

We understand that a large part of a small business’s success is who you nurture it with. That’s why

with MTN Business, your business can now network in all the right places with a whole lot more

value-added services such as:

• Free access to MTN BizAssist, which is a 24 hour hotline that you can use to source and book

almost anything while networking with other businesses.

• Discounted membership to the National Small Business Chamber with exclusive invites to

conferences and events.

• Free Fax2Email for everyone in your company where you get all the convenience of email

while retaining the advantages of conventional faxing.

• Free R500 Google Adwords voucher.

To sow the seeds of success, simply visit www.mtnbusiness.co.za/sme.