02.05.2013 Views

Mei 2012 - Voermol

Mei 2012 - Voermol

Mei 2012 - Voermol

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Doeltreffende Skaapbestuursprogram

Ononderhandelbaar vir Hoogs

Winsgewende Skaapboerdery

Dr. Jasper Coetzee, Voermol Voere

(083 386 8382; jasperco@iafrica.com)

Wat is die hoofdoel van ‘n Skaapbestuursprogram?

• Om nie te vergeet om 'n aktiwiteit uit

te voer nie (bv. toediening van 'n skraagdosis).

• Om die korrekte aktiwiteit op die regte

tyd reg uit te voer om die bes moontlike

diereprestasie te verseker. Dit

sluit die gebruik van ‘n doeltreffende

produk in. Die duurste produk is

altyd die een wat nie gewerk het nie.

• Verskaf 'n onmiddellike rekord van

wat in 'n kudde gedoen is wat kan help

om 'n probleem makliker op te spoor.

• Baie skaapprodusente sukkel met lae

winsmarges weens die gebruik van

verouderde bestuur-, voeding- en

seleksiepraktyke asook die gebruik

van verouderde tegnologie. Wanneer

die nuutste praktyke gelyktydig

en korrek toegepas word, het dit 'n

sinergistiese effek wat tot superieure

diereprestasie en hoë winsgenerering

aanleiding gee.

Hoe word 'n Skaapbestuursprogram

opgestel?

• Kies eers die paardatum.

• Deel die jaar op 'n weeklikse grondslag

in en ken maksimum drie aktiwiteite

per week toe.

• Vul eers die “vaste datums” soos paar-

tye, skandering, lamtye, speentye,

veilings, skoue, vakansie, ensovoorts

in om onnodige botsings te vermy wat

soms daartoe lei dat 'n aktiwiteit nie

uitgevoer word nie.

• Vul dan entings vir klostridiale siektes,

pasteurella, bloutong, slenkdalkoors,

ensoötiese aborsie, ensovoorts in.

• Res van die aktiwiteite soos dosering,

skeer, dip, ensovoorts word op die

mees geskikte tye ingevul.

Waaruit bestaan 'n Skaapbestuursprogram?

• Alle aktiwiteite wat met skape gedoen

gaan word.

'n Basiese Skaapbestuursprogram, wat deur kundiges vir elke spesifieke plaas opgestel is, is

ononderhandelbaar om 'n hoogs winsgewende skaapboerdery te verseker. (Foto: AJ Burger, Sutherland).

'n Resep om maksimum wins te genereer, is om nie op enting, dosering en voer te bespaar nie (Vizard,

2002).

STADIUM DATUM AKSIES /VOERMOLPRODUKTE PRODUKTE

Prikkelvoeding 25 Maart 2012 Skuif ooie na spaarkampe & verskaf vir 'n ses weke periode 'n prikkelvoer

(Voermol Winslekkorrels of 'n Voermol Maxiwollek) teen 300 tot

400 g/ooi/dag.

Koggelramme in 5 April 2012 Koggel ooie vir 10 dae. *

Teelramme in 15 April 2012 Paar ooie vir 35 dae. *

Teelramme uit 20 Mei 2012 Haal ramme uit en ent hulle met lewendige

entstowwe teen heersemde siektes.

• 'n Enting- en doseerprogram moet met

behulp van 'n veearts opgestel word.

• 'n Voedingsprogram, spoorelementen

vitamienaanvullings moet met behulp

van 'n voedingskundige opgestel

word.

Is 'n basiese Skaapbestuursprogram

beskikbaar?

• 'n Elektroniese Skaapbestuursprogram

met 'n byvoedingsprogram is

beskikbaar wat die basiese aktiwiteite

aantoon en wat met behulp van

kundiges vir elke spesifieke plaas pasgemaak*

kan word (sien 'n uittreksel

uit die program hieronder).

Skandering 1 Julie 2012 Skandeer ooie en skot oorslaanooie uit. *

Voorbereiding van 28 Julie 2012 Nodige entings, dosering en voorsien 'n

laatdragtige ooie

Maxiwollek teen 300 tot 500 g/ooi/dag.

Lamtyd 8 September 2012 Ooie begin lam; plaas ooie wat gelam het in lamhokke; voorsien

byvoeding aan lammerooie (Voermol Maxiwollek of 'n volledige

Lammerooirantsoen) en kruipvoeding aan lammers.

* 'n Immuniserings- en doseerprogram word met behulp van die plaaslike veearts en/of die Tegniese verteenwoordiger van ‘n Dieregesondheidsmaatskappy

opgestel.

Wat die natuur kort, sal Voermol voorsien

5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!