02.05.2013 Views

In hierdie uitgawe

In hierdie uitgawe

In hierdie uitgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

20

Brunhild Strauss (Radio NFM98.1)

ontvang deernis-aksies prys,

ORDE VAN DIE KRUIK- toekenning

Cordis Trust is `n pivaat-befondsde NPO in Pretoria met

grondslag deernis-projekte, die bevordering van die Afrikaanse

taal op verskeie terreine en koninkryk-uitbreiding. Jaarliks is

daar op deernis gebied `n aantal ORDE VAN DIE KRUIKtoekennings

aan `n instansie of individu vir buitengewone

bydrae tot deernis-aksies aan die gemeenskap, ter waarde van

R5000.

Die bedrag kan deur `n individu aan tot twee deernis-instansies

toegewys word (Suid-Afrikaans en verkieslik plaaslik).

20

Jopie Koen van Pierneefteater en `n jarelange medewerker met

Cordis Trust het Brunhild Strauss aanbeveel vir die 2012toekenning.

Baie geluk.

Rolstoelskenking aan gestremde

Mnr. Robert Coleman

(regs) 'n gestremde persoon

van Okiep in die Namakwa

Distrik van die Noord

Kaap is duidelik baie

opgewonde oor sy nuwe

wiele wat hy ontvang het.

Links- Mnr. Brunhild Strauss

Mnr. Coleman 'n skrywer en

deeltydse joernalis het navraag

gedoen vir 'n nuwe rolstoel, aangesien sy huidige stoel se lewensduur al 'n

geruime tyd verstreke is weens slytasie en al vervang moes gewees het.

A.g.v. die onbegaanbare, rowwe terrein en die grondpaaie van Okiep hou

geen rolstoel lank nie. Mnr Coleman se rolstoel kon hy ook nie meer self

aanstoot nie omdat sommige parte nie meer aan die wiele was nie en

gevolglik beteken het dat hy altyd hulp nodig gehad het om hom van punt A

tot by B te kry.

Hy sê dat hy met die hulp van sy rolstoel weer ekonomies waarde kan

toevoeg met sy belangstelling en stokperdjies waarmee hy homself as 'n

gestremde persoon aktief besig hou.Hierdie skenking was moontlik gemaak

deur die verteenwoordiger van die Nasionale Raad vir Persone met Fisiese

Gestremdhede Suid Afrika se Besigheids Enterprise Ontwikkelings Afdeling,

Mnr. Brs Strauss van die NoorKaap in samewerking met QuadPara

Vereniging van Suid-Afrika (QASA) Ons bedank graag Quadpara Suid

Afrika vir hulle bydrae en skenking.

Wat is gestremdheid?

‟n Paar definisies:

*Persone met gestremdheid sluit diegene in wat langtermyn fisieke,

verstandelike, intellektuele of sintuiglike gestremdheid het . Talle

hindernisse kan hul volledige en doeltreffende deelname aan die

samelewing, op gelyke vlak met persone sonder gestremdheid, verhinder .

*VN Konvensie 2006- Gestremdheid is die benadeling en inperking van

aktiwiteit, veroorsaak deur ‘n gemeenskap wat min of geen begrip het vir die

behoeftes van persone met gestremdheid nie . Gevolglik word hulle van

hoofstroom-aktiwiteite uitgesluit

Het jy geweet ? Ongeveer 8% van Suid-Afrikaners is persone met

gestremdheid .

Die wyse waarop ‘n gestremde persoon sy of haar wêreld ervaar, kan vir

nie-gestremdes moeilik wees om te begryp .

Soms kry ons ‘n kykie in hulle wêreld as ons dalk krukke, of ‘n rolstoel moet

gebruik, ‘n oog- of oorbesering het of só oud is dat ons nie meer gemaklik

kan beweeg nie . Waarskynlik sal ons nie blootgestel word aan die

vooroordele wat gestremdes ervaar nie, maar ons sal tog ‘n mate van insig

verkry in sommige van hul alledaagse probleme.

Alledaagse aktiwiteite, soos inkopies doen of reis, is dikwels vir gestremde

persone moeilik.

Wat dikwels moeiliker is om te hanteer as die liggaamlike hindernisse, is die

samelewing se gebrek aan begrip . Dit is baie moeilik om gevestigde

persepsies en houdings te verander. Dit neem moontlik ‘n paar dae om ‘n

fisieke omgewing te verander om meer toeganklik te wees, maar in

sommige gevalle kan dit dekades neem om ‘n persoon se houding en

persepsies te verander .Die meeste mense het min dag tot dag ervaring met

persone met gestremdheid .

Ongelukkig en verkeerdelik, word persone met gestremdheid dikwels

beskou as:

• slagoffers wat bejammer moet word

• aaklig, of grotendeels

• ‘n las, óf op die samelewing óf op hulle gesinne en

versorgers

• persone wat niks kan doen nie

• persone met veelvuldige gestremdhede (bv . die

aanname dat iemand in ‘n rolstoel ook intellektueel

gestremd is)

• ―spesiaal‖ of ―anders‖

• agterlik

Die samelewing aanvaar dat rolstoelgebruikers altyd siek is en in hospitale

hoort . Die gestremdheidsektor is gretig om te oortuig en te demonstreer dat

gestremdheid nie net ‘n mediese kwessie is nie, maar veral ook ‘n sosiale

en omgewingskwessie.

20

19

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!