02.05.2013 Views

VRY VA N VR E E S - Stanger Christian Centre

VRY VA N VR E E S - Stanger Christian Centre

VRY VA N VR E E S - Stanger Christian Centre

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

HOOFSTUK 1

WAT IS VREES

VRY VAN VREES

As ons vandag na die wêreld om ons kyk, en ons sou die vraag stel: Wat is die emosie

wat ons die meeste in mense lewens in ons tyd teëkom, sou ons almal saamstem dat dit

vrees is. Want ons vind dit nie net by die kinders en minderbevoorregtes van hierdie

wêreld nie, maar by die rykes en invloedrykes, diegene wat gesag en mag het, by

wêreldregerings en hoëlui. Vrees is ‘n kanker wat diep in ‘n mens se gemoed vreet,

gewoonlik in die eensaamheid en jou voortdrywe tot raserny en onbesonnenheid

waaroor jy later bitter spyt is, om net weer plek te maak vir nuwe vrese – ‘n onkeerbare

kringloop aangevuur deur Satan self! Ek het gehoor dat iemand gesê het: Vrees is die

duiwel se tweede naam! Ek glo dit!

Vrees kan in so baie verskillende vorms voorkom: Oorversigtigheid, oordeelkundigheid,

preutsheid, maar ons sal nog weer daar by kom. Laat ons begin deur te lees wat God

van vrees sê, want vrees (bekommernis en depressie) is die teenoorgestelde van geloof,

en sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag! Heb. 11:6.

2 Tim. 1:7: Want God het ons nie `n gees van vreesagtigheid gegee nie,

maar van krag en liefde en selfbeheersing. Spr. 29:25: Die vrees vir die mens

span ‘n strik. 1 Joh. 4:18: … want vrees sluit straf in (Engels: fear hath

torment). Ps. 118:6: Die Here is vir my; ek sal nie vrees nie; wat kan ‘n mens

aan my doen? Heb. 13:6: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie;

wat sal ‘n mens aan my doen?

Vrees is ‘n duiwelse gees of demoon. Vrees is ‘n gebrek aan vertroue in Christus en

die Bybel, en bring ‘n gesindheid van bedeesdheid, onwilligheid en huiwering voort. Dit

veroorsaak ‘n gebrek aan moed wat duisende mense – baie van hulle wedergebore

kinders van God – swak, verslane lewens vol verskonings laat lei – vêr, vêr benede die

oorvloedige voorregte wat daar in Christus weggelê is.

‘n Aangrypende verhaal in die Bybel oor vrees wat beslis nie God behaag het nie, is die

gebeurtenis in die Ou Testament van die twaalf verspieders wat deur Moses uitgestuur

was om die Land Kanäan te ondersoek en inligting daaroor terug te bring (Numeri 13 en

14). Hierdie twaalf manne het saam uitgetrek, dieselfde land en omstandighede

ondersoek. Tien van hulle het egter koue voete gekry en met vrees en lafhartigheid na

Moses teruggekom en chaos gesaai in Israel. Hulle het God se Belofte en opdrag oor die

land wat hulle inbesit moet neem, geïgnoreer en gesê dis onmoontlik om die land in te

neem. Tien van hierdie verspieders se gedagtes was vol vrees, terneergedruktheid en

ongeloof!

Daar was darem Josua en Kaleb wat die mense aangemoedig het met woorde soos:

“Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees en verskrik nie … die Here onse God is met

ons”. Ongelukkig is dit vandag netsò dat 75 persent van Christene vasgevang is deur

vrees en kan hulle daarom nie ‘n oorwinnende lewe lei nie!

Ons het nou reeds gelees dat God se Woord sê dat Hy ons nie ‘n gees van

vreesagtigheid gegee het nie. Ons lees ook in Jak. 1:17 dat God die Gewer is van goeie

gawes (geskenke) en dit is vrees beslis nie! Elke goeie gif en elke volmaakte gawe

daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering

of skaduwee van omkering is nie.

Wat egter van uiterste belang is, is om te besef dat vrees SONDE is! Ons weet vrees is

die teenoorgestelde van geloof en die Bybel sê in Rom. 14:23: En alles wat nie uit

die geloof is nie, is sonde. Dis wanneer hierdie besef in jou gemoed brand en jy

besef dat jy deur te vrees teen God se Wil gaan, net soos wanneer jy enige ander sonde

doen, dat jy gemotiveer sal word om ten alle koste van die vrees ontslae te raak.

Maar miskien moet ek hier kwalifiseer: As Jesus Christus jou Here en Verlosser is en jy

Hom geheel en al wil behaag, sal jy ten alle koste van die vrees wat jou teister, wil

ontslae raak! Met ander woorde, as jy nie ernstig genoeg in jou stryd teen vrees is nie,

is my outomatiese vraag: “Hoe ernstig is jou begeerte om God te behaag?”

Jy sien, DAAR IS GEEN ANDER WYSE WAARDEUR JY ‘N VREESLOSE LEWE KAN LEI

NIE, BEHALWE AS JESUS CHRISTUS JOU HERE IS, en jy vrees op die Bybelse wyse

weerstaan nie. Aan die kruis op Golgota het Jesus Christus, die Seun van God, Satan en

sy magte en sette blootgelê en oorwin en verbreek (1 Joh. 3:8 en Kol. 2:15) sodat ons,

wat Sy Kinders is, vry en vreesloos en suksesvol kan lewe. Jesus het in Getsamanie

bloed druppels gesweet om vir ons vrese te betaal.

Volgens mediese navorsing word ‘n baba met slegs twee vrese gebore, nl. die vrees

om te val en die vrees vir harde geraas, wat eintlik ‘n natuurlike ingebore beskermings

meganisme is. Alle ander vrees leer ons aan soos ons opgroei. Die Bybel sê: “God het

ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en

selfbeheersing” (2 Tim. 1:7). Vrees is ‘n lewende gees en kom van Satan af. Ons weet

sy plan is om ons te vernietig (Joh. 10:10), laat ons daarom op ons hoede wees vir sy

sette. Die Bybel sê ook dat ons aan die duiwel geen plek moet gee nie (Ef. 4:27) en dan

lees ons ook die ontstellende teks in Openb. 21, nl. vers 8: Maar wat die

VREESAGTIGES aangaan… hulle deel is in die poel wat brand, met vuur en

swawel; dit is die tweede dood.

VREES IS SONDE, net soos ongeloof, moord, hoerery, toorkunste, leuens en

afgodediens – lees weer Openb. 21:8 en besef weereens dat vrees nie net jou liggaam

en lewe op aarde sal vernietig nie, maar dit het gevolge tot in die ewigheid. Die oomblik

wat jy, as ‘n kind van God, vrees, sê jy eintlik: “God is nie in staat om my deur hierdie

situasie te dra nie,” en dis tot die oneer van Hom wat duur vir jou betaal het aan die

kruis.

As jy nie ‘n kind van God is nie, of nie sekerheid het van jou kindskap nie, dan stel ek

voor dat jy ons boek “Waarom moet ek wedergebore word” lees en jou saak met God

regmaak. God se Woord sê: “Dit het Ek geskrywe dat jy sal weet dat jy die ewige lewe

het”

HOOFSTUK 2

TWEE WETTE IN WERKING

Laat ons dan verder kyk hoe vrees ontstaan en menselewens oorheers.

As jy in Gen. 3 gaan lees van die sondeval van die mens, sal jy merk dat Adam en Eva

met hul vrye wil gekies het om te sondig en aan Satan gehoorsaam te wees. Satan, soos

alle engelagtig wesens, kan niks skep nie, hy kan slegs vernietig en slegs die dinge

kontamineer wat reeds geskape is. Daar is geen waarheid in hom nie (Joh. 8:44) – hy is

‘n leuenaar en ‘n bedrieër.

In die tuin van Eden het Adam hoogverraad gepleeg teenoor God en onder Satan se

heerskappy beland. Omdat Satan nie self kan skep nie, bederf hy dinge wat reeds

bestaan. So is sonde nie ‘n nuwe skepping nie, maar BEDORWE GEREGTIGHEID. Die

dood is BEDORWE LEWE. Haat is BEDORWE LIEFDE. Vrees is BEDORWE GELOOF. Die

geloof wat God aan Adam gegee het, was veronderstel om lewensbehoudend te wees.

Maar toe Satan die oorhand kry, is hierdie mag van geloof BEDERF, en vrees het

ontstaan wat, as ‘n geestelike mag, vermoor, steel en vernietig.

Nadat Adam gesondig het in die Tuin, het vrees die oorheersende mag in sy lewe

geword. Die eerste woorde wat hy aan God gesê het, was: Ek het .. gevrees (Gen.

3:10). Die geloof wat in sy hart was, is verander in vrees. Geloof en vrees is byna

identies, hulle werk op dieselfde wyse, maar BRING TEENOORGESTELDE RESULTATE.

Die mag wat ons vandag ken as vrees, was oorspronklik Adam se geloof. Toe hy sy

knie voor Satan gebuig het, het hy die wet van sonde en dood in werking gestel. Tot op

daardie tydstip het Adam nie eers geweet hoe om te sterf nie. Hy het net geweet om te

lewe van God se gesproke Woord. Toe hy teen hierdie Woord gaan, het hy die geestelik

dood in sy gees ontvang.

Hy het die wet van die sonde en die dood ontvang en is geskei van God. As jy jouself

afskei van God en Sy Woord, skei jy jouself af van LEWE. Adam het dit gedoen, en hy

het toe eers geestelik gesterwe en ook fisies begin sterf. Rom. 8:2: Want die wet van

die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die

sonde en die dood.

Toe Adam volgens iets anders as die Woord van God gehandel het, het hy die

toevoerlyn tussen die hemel en die aarde vernietig. Die wet van die lewe op hierdie

aarde was bederf en het verander in die wet van sonde en dood. In God se hande was

dit die WET VAN DIE LEWE. In Satan se hande het dit die WET VAN DIE DOOD geword.

Dieselfde ding het Adam en Jesus oorgekom. Hulle het albei geval van lewe na dood –

Adam in verraad, Jesus as `n daad van gehoorsaamheid (Filip. 2:8).

Ons het in Rom. 8:2 gelees dat daar twee geestelike wette in werking is; die een van

die lewe, die ander van die dood. In Satan se domein waar die wet van die dood (die

vloeke) heers, kry ons vrees, sonde en dood, siekte en kwale, armoede, bekommernis

en angs, haat en demone. In Jesus se domein waar die wet van die Gees van die Lewe

(die seëninge) heers, kry ons geloof, lewe en geregtigheid, genesing en Goddelike

gesondheid, vrede, liefde en engele magte.

Die prys wat Jesus betaal het was tweevoudig: Hy het nie net gekom om die werk van

Satan te vernietig nie, maar ook om ons vry te maak van vrees, die dood en die

bindinge wat dit bring. Lees Heb. 2:14 en 15: Aangesien die kinders dan vlees en

bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat

Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het – dit is die

duiwel – en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood

aan slawerny onderworpe was.

Hier word die frase vrees vir die dood gebruik – die gevolg van die wet van sonde en

dood. In die oorspronklike taal is die uitdrukking tot niet maak, eintlik: verlam. Jesus het

na die aarde gekom om twee redes: Om Satan wat die mag van die dood het, heeltemal

te verlam, en om ons wat onderworpe was aan Satan se slawerny, te bevry.

Om die mag van die dood te verbreek, moes Jesus die hele vloek van die wet op Hom

neem, in die geestelike gebied, sowel as die fisiese. Loof God, ons lees in Heb. 2:14­15

en Kol. 2:14­15 dat Jesus deur Sy dood Satan se mag vernietig het!

Toe die prys betaal is het God die asem van die lewe in Jesus ingeblaas en die wet van

die Gees van die lewe is in werking gestel tot die mens se voordeel. Hy het dit alles vir

jou en vir my gedoen, sodat ons VRY kan wees. Ons kan met ‘n vaste sekerheid in ons

siel WEET, dat die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus ons vrygemaak het

van die wet van sonde en dood!

Maar laat ons enkele lewensomstandighede noem wat vrees kan veroorsaak. Hou

voortdurend in gedagte dat vrees van Satan af kom, want God sê Hy het ons nie ‘n

gees van vreesagtigheid gegee nie… (2 Tim. 1:7).

Daar is die mishandeling van kinders deur ouers wat neerdrukkende emosionele en

verstandelike gevolge kan hê wat ‘n kind as vrees kan oordra tot in sy grootmens jare.

Daar is die mishandeling van kinders deur onderwysers, veral as die persoon (ouer of

onderwyser) baie kwaai straf uitdeel in ‘n gees van woede. Kinders reageer op

verskillende wyses – party mag terugtrek in ‘n dop van onsekerheid en vrees, ander

gaan oor in rebellie teen alle gesag. Enkeles keer hulle na geweldpleging. Let wel, ek wil

vir geen oomblik beweer dat kinders nie gestraf moet word en selfs per geleentheid slae

kry nie, maar KINDERMISHANDELING is ‘n growwe sonde en is dikwels die oorsaak van

ongebalanseerde vrese in daardie kind se latere lewe.

Ouers wat voortdurend haks is voor hulle kinders, of die ouer wat ‘n alkoholis is, skep

ook emosionele steurings in hulle kinders wat ontwikkel in gebrek aan sekuriteit, vrees

en ander onstabiele neigings.

Die huwelik is ‘n wye veld waar vrees gekweek kan word tussen twee mense. Bakleiery

veroorsaak vreesagtigheid. ‘n Sterk dominerende man wat min konsiderasie vir sy vrou

het, kan veroorsaak dat sy vrou reageer deur terug te trek in ‘n droom wêreld, of

oorgaan in geweld, of selfbejammering wat kan ontwikkel in selfmoord. Ontrouheid in

die huwelik bring vrees en onsekerheid. Egskeiding bring onsettende emosionele

probleme.

Die geleerde mense noem ongebalenseerde vrees vir ‘n sekere iets ‘n fobie en toe ek

begin rondkrap in die geleerde boeke vind ek lang lyste van hierdie fobieë. En my gees

wou sommer rebelleer, want die ware naam vir al hierdie verskillende fobieë is eintlik

demone en omdat ons weet hulle oorsprong by Satan is, moet ons hulle weerstaan en

beveg met die Woord van God en nie toelaat dat hulle ons manipuleer en ons laat

sondig nie. Want ons het vroeër gesien dat VREES, SONDE is.

Maar onthou al die bogenoemde vrese en fobieë kan oorkom word in Jesus, want Sy

Woord waarborg jou oorwinning.

HOOFSTUK 3

DIE GEVOLGE VAN VREES

2 Tim. 1:7: Want God het ons nie `n GEES van vrees gegee nie, maar van

krag en liefde en selfbeheersing.

Spr. 15:13: ‘n Vrolike hart maak die aangesig bly, maar by verdriet van die

hart is die gees neerslagtig.

Spr. 17:22: ‘n Vrolike hart bevorder die genesing, maar ‘n verslae gees laat

die gebeente uitdroog.

Daar is lankal vasgestel dat baie fisiese kwale o.a. hartaanvalle en maagsere

aangemoedig word deur vrees en bekommernis. Aan die ander kant sê die Woord vir

ons dat ‘n vrolike hart genesing bevorder, maar ‘n verslae gees laat die bene uitdroog.

Die bloed word in die murg van die been vervaardig. ‘n Gebroke, vreesagtige gees is

seker verantwoordelik vir meer terminale siektes as enige ander oorsaak.

Spr. 29:25: Die vrees vir die mens span ‘n strik; maar hy wat op die Here

vertrou, sal beskut word. Job. 3:25: As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my,

en die ding waaroor ek bang is, kom na my toe.

Vrees vir die mens, of dit nou jou werkgewer is, jou man of jou vrou, mededinging in

die skool of werk, sal altyd ‘n strik bring. Kyk maar na Job: dit wat hy gevrees het, het

gemanifesteer. Jy sien, vrees is ‘n onreine gees, en wanneer jy hom toelaat in jou

gemoed, dan neem hy geleidelik jou hele denkpatroon oor. Later sien, hoor en praat jy

net vrees want jy is sò vol daarvan, en wat die hart van vol is loop die mond van oor.

Dis op dieselfde patroon as wat weersin of verwerping werk – die persoon wat die

demoon van verwerping in sy gedagtes toelaat is later in sò ‘n toestand dat hy GLO

niemand het hom lief nie, alle omstandighede werk net om hom af te takel, dat hy ‘n

mislukking is en die uiteinde hiervan is gewoonlik selfmoord! Daarom is dit sò belangrik

dat ook in die geval van VREES die persoon sal besef dat hy te doen het met ‘n demoon,

‘n onreine gees en hy moet aggressief raak teenoor hom!

Dink sò aan die situasie: as ‘n dief daar by jou voordeur inkom en hy sê hy kom jou

meubels vat, sal jy hom maar gelate toelaat? Sekerlik nie! Jy sal vir hom baie duidelik

laat verstaan dat dit jou wettige besitting is, dat hy nie eers die reg het om in jou huis te

wees nie, en dat hy onmiddellik moet padgee. En jy gaan dit beslis nie fluister – fluister

doen nie, maar op ‘n kwaai, besliste wyse!

Nou ja, Jesus het gesê: Vrede laat Ek julle na, my vrede gee Ek aan julle … Laat

julle hart nie ontsteld word en bang wees nie (Joh. 14:27). In Jesus is vrede en

vreesloosheid ons besitting – kosbare besitting! As die dief, Satan volgens Joh. 10:10

dan nou kom om hierdie besitting van ons te steel sodat dit vervang word met vrees,

MOET ONS AGGRESSIEF RAAK! Ons moet daardie bose gees van vrees glad nie toelaat

nie!

Daar is die baie beskrywende vergelyking van die rondloper hond wat by jou agterhek

sal insluip en by jou honde se kosbakke sal kom vreet, en alles opvreet as jy hom nie

verjaag nie. Dit sal ook nie help om vir hom te fluister nie, maar jy moet voertsek

skreeu! Doen dieselfde met Satan wat sal moet vlug as jy hom weerstaan, volgens

Jakobus 4:7.

In 1 Pet. 5:8 sê God dat die duiwel rondloop soos ‘n brullende leeu om te soek wie hy

kan verslind – hy verslind nie almal nie, want hy kan nie, maar hy soek die een wat hom

sal toelaat, hom sal plek gee! Gee aan die duiwel geen plek nie Ef. 4:25. Rigters

7:3: Die wat bang is en bewe, kan teruggaan en wegdraai van die gebergte

van Gilead af.

Hier is die verhaal van hoe driehonderd Israeliete onder leiding van Gideon die

Mideaniete verdryf het. Daar was oorspronklik twee­en­dertig duisend Israeliete, maar

God het Gideon wysheid gegee om te weet dat vrees ontsettende negatiewe krag het.

Hy sou dus baie meer kon uitrig met ‘n handvol vreesloses, as met duisende vol vrees.

VREES BRING MISLUKKING!

Kom ons kyk na nog ‘n paar tekse waar die Bybel van vrees praat.

Jes. 37:6 en 7: So spreek die Here: Vrees nie vir die woorde wat jy gehoor

het, waarmee die dienaars van die koning van Asirië My gelaster het nie. Kyk,

Ek sal ‘n gees in hom gee… en Ek sal hom in sy land deur die swaard laat val.

Jer. 1:8: Wees vir hulle nie bevrees nie, want Ek is met jou om jou uit te

red, spreek die Here.

Ex. 14:13: Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van die

Here…

Ps. 91:5: Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags

vlieg nie.

Deut. 20:1 en 3: As jy na die oorlog uittrek teen jou vyand moet jy vir hulle

nie vrees nie, want die Here jou God is met jou.

2 Kron. 20:15: Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte

nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God.

Uit hierdie Skrifdele is dit baie duidelik dat God Sy Volk baie duidelik laat verstaan dat

hulle NIE REDE TOT VREES HET NIE, want hulle God is met hulle, en in die Nuwe

Testament sê: Rom. 8:31: As God vir my is, wie kan teen my wees?

Vrees bring altyd dit wat jy vrees voort. As jy vrees vir kanker omdat jou vader en jou

grootvader kanker gehad het, gaan daardie vrees kanker voortbring! (Job. 3:25). Vrees

mislukking en jy sal dit kry! Vrees veroorsaak dat jy altyd die slegte verwag – terugslae

verwag. Vrees maak van jou ‘n finansiële wrak en jy hou liewer vas aan jou geld sonder

om in die eerste plek aan God Sy regmatige deel te gee, uit VREES dat jy dalk eendag

sal te kort skiet. Vrees bring senuwee­ineenstortings, slaaploosheid, gebondenheid in

jou gebedslewe en in jou getuienis. Verslaenheid, terneergedruktheid, vernietiging en

selfs die dood is die gevolge van vrees. Wat ‘n aaklige gogga om in jou om te dra!

HOOFSTUK 4

OORWINNING OOR VREES

Halleluja – daar is oorwinning en bevryding uit die vangnet van vrees! Soos ek vroeër

verduidelik het: JESUS CHRISTUS HET AAN DIE KRUIS OP GOLGOTA DIE VOLLE PRYS

BETAAL SODAT JY, VANDAG, VRY KAN WEES VAN ENIGE BINDINGE WAT SATAN OP

JOU WIL PLAAS, EN DIT SLUIT VREES IN! Matt. 14:27: Maar Jesus het dadelik

met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie.

Sommige mense dink ‘n bietjie vrees is gesond – dis ‘n leuen! Daar is nie so iets soos

gesonde vrees nie! God se Weg en Satan se weg kan nooit gekombineer word nie. Daar

is net EEN WEG, een wyse van optree, een stel wette: God se Weg en God se Woord!

Ons het ookal verduidelik dat geloof en vrees baie eenders is. Geloof is ‘n vaste

vertroue op die dinge wat ons hoop, en ‘n bewys van die dinge wat ons nog

nie gesien het met ons fisiese oë nie (Heb. 11:1). Geloof is eenvoudig om te glo

dat God sal doen wat Hy belowe in Sy Woord, en as ons Hom volkome vertrou dat Hy

Sy Woord sal volbring, dan sal dit gebeur. Hoe werk geloof? Geloof is uit die gehoor,

en die gehoor is deur die Woord van God (Rom. 10:17). Geloof word dus

ontwikkel deur God se Woord te bestudeer en daarvolgens op te tree. Hierdie Woord

produseer geloof, liefde, genesing, voorspoed, wysheid – `n gesonde gees, siel en

liggaam. Die Woord bring lewe.

Geloof volg op die hoor van die Woord van God. Vrees volg op die hoor van die woord

van die wêreld – Satan se leuens. Geloof word ontwikkel deur God se Woord te oordink.

Vrees word ontwikkel deur Satan se leuens te oordink en dan daarop te reageer. Die

ergste ding wat jy kan doen is om op vrees te reageer. In Matt. 14:22 ­ 32 sien ons ‘n

pragtige voorbeeld van geloof teenoor vrees . Die dissipels was in ‘n boot en Jesus het

na hulle toe aangeloop gekom op die water. Petrus sê toe: Here, as dit U is, beveel

my om op die water na U te kom.

Jesus sê toe: Kom! Petrus het uit die boot geklim en na Jesus toe begin loop. Vers

30: Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword, en toe hy begin

sink, roep hy uit en sê: Here, red my!

Wat het veroorsaak dat Petrus gesink het? Hy het die sterk wind gesien, en gevrees!

Petrus het op ‘n bonatuurlike wyse op die water geloop. Hy het op die Woord van Jesus

geloop! Die krag wat Petrus op die water gehou het was sy geloof in Jesus se Woord:

Kom! Maar toe die vrees kom, het dit oorgeneem en hom oorheers en laat misluk. As

hy dit bestraf het, sou dit verdwyn het maar hy het vleeslik gereageer.

Geloof word vrygestel deur van die dinge wat onsienlik is te praat asof hulle reeds

bestaan (Rom. 4:17). Vrees word op dieselfde manier vrygestel. Gebruik daarom die

Woord van die geloof en gebruik dit as jou swaard en weerstaan Satan om elke draai.

Hou jou skild van die geloof hoog en blus Satan se vurige pyle uit wat hy op jou afskiet

(Ef. 6:16).

Meet die geloof in jou hart aan die woorde van jou mond. Jou gees is of gevul met

geloof, of met vrees – gevul met liefde of haat. Watter taal praat jy?

“Ek is bevrees ek sal dit nie kan doen nie.”

“Ek is bevrees dis waar.”

“Ek is doodbang.”

“Moenie sonder jou trui loop nie – ek is bang jy word dalk siek.”

Ja dit is nou maar spreektaal en ons dink nie eers wat ons sê nie! Ons praat maar so

om ons kinders te waarsku. Nee wat, gee jou kind inligting oor ‘n gevaarlike saak, en hy

sal dit eerder reg hanteer as wat jy vrees by hom inboesem. Leer hom hoe

temperatuurs veranderinge sy liggaam affekteer – nie vrees vir ‘n verkoue nie! Leer hom

hoe ‘n rewolwer werk, dan sal hy dit respekteer! Leer hom aangaande motors, dan sal

hy self versigtig wees in die straat – nie omdat hy bang is nie, maar omdat hy kennis

dra.

Jes. 54:14: Deur geregtigheid sal jy bevestig word, wees ver van

verdrukking, want jy hoef nie bevrees te wees nie, en ver van verskrikking,

want dit sal nie by jou kom nie.

Ons het gesê geloof is die teenmiddel vir vrees en geloof word opgebou deur die

Woord van God (Rom. 10:17), daarom moet ons terug na die Woord. DEUR TYD MET

GOD SE WOORD DEUR TE BRING, SAL JY JOU DENKPATROON HERPROGRAMMEER VAN

VREES NA GELOOF, VAN DOOD NA LEWE.

Ps. 118:6: Die Here is vir my: ek sal nie vrees nie. EK SAL is `n baie sterk

uitdrukking. Nou besef jy die Here is aan jou kant en jy sal nie vrees nie. Vrees het nie

`n kans in jou lewe nie!

Jes. 43:1 en 2: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos, Ek het jou by

jou naam geroep, jy is myne! As jy deur die water gaan, is Ek by jou.

Die woorde VREES NIE, verskyn meer as sestig keer in die Bybel. As God iets beveel,

dan gee Hy ook altyd die krag en die vermoë om dit te kan uitvoer.

Nou lê die keuse by jou: Jy hoef nie vrees te kies nie, maar jy kan. Jy hoef nie geloof

te kies nie, maar jy kan!

Kyk nou weer wat God jou al in net hierdie drie tekse belowe het: (Jes. 54:14, Ps.

118:6 en Jes. 43:1 en 2) Hy het jou bevestig in geregtigheid, want jy hoef nie te vrees

nie! Verskrikking sal nie naby jou kom nie! Die Here is met jou! Hy het jou verlos! GOD

SE WOORD BELOWE DIT! As ‘n kind van die Here, kan jy ‘n lewe vry van vrees lei,

alhoewel jy gedurig moet waak teen Satan se strik van vrees. Dit moet ‘n lewenswyse

word.

Onthou, ons het reeds gesien dat Satan nie kan skep nie, maar dit wat bestaan, kan

bederf. Vrees vir siekte is ‘n bedorwe weergawe van Pet. 2:24: Deur wie (Jesus) se

wonde julle genees is. Vrees vir armoede is `n bedorwe weergawe van Filip. 4:19:

God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur

Christus Jesus. Jy kan dus met sekerheid weet dat enige vrees wat Satan in jou

gemoed plaas, `n bedorwe weergawe is van `n belofte wat God aan Sy kinders gee in

Sy Woord, al weet jy nie eers presies waar dit staan nie. Maar nou is dit belangrik dat jy

die Woord sal gaan lees en bestudeer en die tekse leer ken, want deur Sy Woord word

jy `n deelgenoot van Sy Goddelike Natuur en kan jy bokant die korrupsie (siekte, sonde,

demone, armoede, vrees) van hierdie wêreld leef.

Laat ons ‘n praktiese situasie neem. Jou dogter is saam met ‘n groep maats see toe

(jou seun is laat uit met die motor, jou man is oorsee, jou ou moeder woon alleen in ‘n

woonstel in ‘n gevaarlike buurt). Satan val jou aan en maak jou wys dat jou dogter gaan

verdrink, (Jou seun gaan verongeluk, jou man se vliegtuig gaan val, jou ou moeder gaan

aangerand word) MOET NOU NIE OOR HIERDIE SAAK TOB NIE! Weier botweg om te

vrees, en sê dit hardop vir Satan. Sê hardop met jou mond dat God gesê het Hy sal jou

nooit begewe of verlaat nie – glo jy dit? Wie kan meer en beter vir jou of jou geliefde

iets doen as die Heilige Gees? Vertrou jy Hom volkome? Sluit jou oë en sien met jou

geestesoog jou dogter by die strand (jou seun in die motor, jou man oorsee, jou moeder

met haar hekelwerkies). Bid hardop met jou mond: Hemelse Vader, baie dankie dat U

my nie `n gees van vreesagtigheid gegee het nie, maar van krag en liefde en

selfbeheersing. Op hierdie oomblik wil ek net vir U sê dat ek U VOLKOME vertrou vir die

versorging van Sarie, en ek LOS haar nou by U; en maak haar vry van die vreesbande

waarmee ek haar gebind het. In Jesus se Naam.

Sien nou met jou geestesoog hoe jy ‘n skêr neem en haar los knip van jou af en hou

dop hoe Jesus Sy arms om haar sit en haar beskerm en bewaar. Kan jy haar enigsins

beter bewaar – nooit! Sy is nou in die HEEL BESTE HANDE. Los haar nou daar, en weier

net enige verdere gedagtes van bekommernis oor haar. Onderwerp jouself dan aan God

(en Sy Woord); weerstaan Satan en sy vrees en hy SAL van jou af vlug! (Jak. 4:7)

HOOFSTUK 5

JOU WAPENS

Ons gaan verder in die boek nog praktiese situasies deurwerk in ons blootstelling van

vrees, maar nou wil ek hê ons moet eers kyk na die wapentuig wat God vir ons daar

gestel het in ons stryd teen Satan. In hierdie stryd teen vrees, soos in enige geestelike

stryd, kan ons net oorwin as ons al ons wapens gebruik. Onthou, Ef. 6:11 en 12

verduidelik vir ons die stryd soos volg: Trek die volle wapenrusting van God aan

sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons

worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die

magte, teen die wêreld heersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die

bose geeste in die lug.

1. Die gordel van waarheid (vers 14) is die eerste deel van ons wapenrusting en is

veral bestand teen die leuens en beskuldigings wat Satan teen ons inbring. In Joh. 8:44

noem Jesus hom die vader van die leuens en ons lees hoe hy sy heel eerste aanval op

die mens gemaak het d.m.v. leuens toe hy vir Eva gesê het: “julle sal gewis nie

sterwe nie” (Gen. 3:4) nadat God vir hulle duidelik verbied het om die vrug van die

boom van goed en kwaad te eet. En nou lieg hy al te graag vir ons. Jy weet hoe dikwels

hy vir jou influister: "God is tog nie `n god van liefde nie", "God is nie in beheer van die

heelal nie." "Ek is te vol sonde om `n kind van God te wees." "Ek het nog nooit

gesterwe aan my ou self nie." "God kan my tog nie uit hierdie gemors help nie." "Ek kan

hierdie Christen wees net nie regkry nie." Ens. So verdraai Satan altyd God se Woord.

(Sien ook hoofstuk 2).

En dan is Satan ook só lief om ons valslik te berskuldig. God noem hom tereg in Open.

12:10 “die aanklaer van ons broeders,” want hy is gedurig besig om God van ons sonde

en swakhede te vertel. Maar, halleluja! God sal nooit sover kom om al hierdie leuens

i.v.m. ons te glo nie, want as ons Sy kinders is en lewe tot Sy Eer, bedek Jesus ons, en

ons ongeregtighede en sondes wat teen ons wil in ons oorgebly het (Rom. 7:20), met Sy

kosbare Bloed. Maar ai, hoevele van God se kinders luister nie na hierdie leuens oor

hulle eie lewens nie! Ons wanhoop aan onsself, omdat ons dikwels eerder glo wat Satan

van ons sê. Daar staan baie duidelik: "Daar is dan nou geen veroordeling vir die

wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na

die Gees." As jy dus seker is jy word deur God se Gees gelei, verjaag Satan met wat

God van jou sê, met die waarheid.

Nog ‘n waarheid wat Satan verdraai is dat God siekte en ellende en armoede op Sy

kinders sit, terwyl dit juis die begeerte van God se hart is dat dit met ons op elke gebied

moet goed gaan, en dat ons gesond moet wees (3 Joh. 2). Jesus Christus het aan die

kruis vir ons siektes betaal en deur Sy Wonde het daar vir ons genesing gekom

(Jes. 53:4 & 5, Matt. 8:16 &17 en 1 Pet. 2:24). Ook teenoor hierdie leuens van

Satan moet ons stand inneem met die waarheid.

2. Die borsharnas van geregtigheid (vers 14) is veral die wapenrusting van die

gelowige teen bose en onedele gedagtes waarmee Satan ons wil bombardeer. En hier is

die geregtigheid van God wat ons besitting is deur Christus Jesus (2 Kor. 5:21) ons

oorwinning. Baie mense het al probeer om met hulle eie bietjie goedheid staande te bly,

maar tevergeefs. Slegte gedagtes is nie sonde, totdat ons dit vertroetel en oorweeg nie.

‘n Goeie beeld is om hulle te vergelyk met ongenooide gaste: ons kan hulle aanvaar en

by ons hou, of hulle ferm weg wys. Doen dit met Satan en sy bose gedagtes en

verleidings: wys hulle ferm weg. Satan kan nie die borsharnas van God se geregtigheid

binnedring nie!

3. Die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan ons

voete (vers 15) is deel van die Christen se wapenrusting wat nie altyd so lekker pas

nie, want om bereid te wees om die Evangelie van Vrede te verkondig, beteken ‘n

voortdurende paraatheid en bereidwilligheid tot die mate dat ons eie geriewe en

voorregte partykeer opgeoffer moet word. Of ons sal moet waak dat ons nie só gerieflik

en tevrede raak in ons eie “patroon­godsdiens,” dat ons vergeet dat God eintlik ons siele

gered het om vir Hom ‘n LEWENDE getuie te wees – voortdurend, en met ywer en

entoesiasme. ‘n Christen met hierdie vuur in sy hart het maar baie min tyd om vas te val

in sondes en nuttelose praktyke.

4. Die skild van die geloof (vers 16) is natuurlik om ongeloof wat die Satan soos

vurige pyle op ons afskiet mee te stuit. Paulus skryf by hierdie skild eintlik nr. 1 in

belangrikheid van die wapenrusting – dit kom veral uit in die Engelse vertaling waar hy

sê above all, taking the shield of faith. Ons geloof moet stewig geanker wees in die

beloftes van God, want ons weet almal dat twyfel en moedeloosheid die bron is van die

meeste verwarring en ongeluk in menselewens – dit is voorwaar "vurige pyle"! Satan se

pyle sluit altyd twyfel vrae in soos " Het God my werklik gehoor?" "Het God my

vergeet?" "Het dit gewerk?" "Sal dit voortduur?"

Die teenmiddel is die geloof in God se beloftes. En wat ons veral uiters doeltreffend en

geloofopbouend vind, is die hardop spreek van God se Woord. Want hier het ons ook

God se belofte in Jer 1:12: "God is wakker oor Sy Woord om dit te volbring," en soos

ons God se Woord oor ons omstandighede spreek kom ons omstandighede in lyn met

God se Woord. Maar hierdie toepassings vra groot erns met God en Sy Woord. En soos

die pragtige ou Christendame, Corrie ten Boom, tereg ook uitgewys het is die skild wat

Paulus hier beskryf die een wat die Romeinse soldaat in die geveg gebruik het. Dit het

hom beskerm van kop tot toon, maar slegs van voor – sy rug was kwesbaar, want daar

is nie voorsiening gemaak vir vlugtelinge nie. Dieselfde geld vir ons stryd as `n Kind

van God.

5. Die helm van verlossing (vers 17) beteken eintlik algemene welvaart want dis

wat die woord verlossing (salvation soteria) in die Nuwe Testament beteken. Fisiese

sowel as geestelike welvaart. Nou val Satan ons aan met ongeluk en siekte en teëspoed

en ons aanvaar dit maar gelate, dikwels verkeerdelik onder die indruk dat God hierdie

ellende oor ons pad stuur! Nee Vriende, laat ons besef dat Satan ‘n moordenaar en ‘n

dief en ‘n leuenaar is, en hom weerstaan en ywerig besig wees met die uitbreiding van

God se Koninkryk.

Laat ons lewens wees asof ons elke keer ‘n motorreis aanpak: staan op God se

beloftes en beskerming en bewaring, bestuur jou lewe verstandig en onselfsugtig en

wees verseker om die “valhelm” van verlossing te dra.

6. Die Naam van Jesus: Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom

‘n naam gegee wat bo elke naam is, sodat IN DIE NAAM VAN JESUS sou buig

elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder

die aarde is (Filip 2:9 en 10). In die Naam van Jesus, MOET elke mag en demoon

padgee – gebruik dus hierdie Naam om die demoon van vrees te weerstaan, te bestraf,

te verdryf en te bind.

Die hele Nuwe Testament is vol van hierdie mees voortreflike Naam en die gebruik

daarvan. Ek haal graag ‘n paar tekste aan:

Verlossing: Hand. 4:12 “…want daar is ook geen ander naam onder die hemel

wat onder die mense gegee is, waardeur on gered moet word nie.”

Regverdigmaking: 1 Kor. 6:11 ".maar julle is geregverdig in die Naam van die

Here Jesus en deur die Gees van onse God"

Genesing: Hand. 3:6: “In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op

en loop!”

Woordeverkondiging: Hand. 8:12: “Filippus het die evangelie aangaande die

koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig”.

Duiweluitdrywing: Mark. 16:17: "In my Naam sal hulle duiwels uitdryf.”

Dissipline: 1 Kor. 5:3­4: "Ek het alreeds besluit in die Naam van onse Here

Jesus Christus om so iemand aan die Satan oor te lewer."

Aanbidding: Ef. 5:20: “….terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die

Naam van onse Here Jesus Christus.”

Gebed: Joh. 14:13­14: “En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek

doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in my

Naam vra, sal Ek dit doen.”

Gawe van die Heilige Gees: Joh. 14:26: “…maar die Trooster, die Heilige Gees,

wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer.”

Vervolging: Hand. 5:41: “Hulle het toe van die Raad af weggegaan, bly dat

hulle waardig geag was om vir sy Naam oneer te ly.”

Ander belangrike tekste is Filip. 2:9­10; Kol. 2:10; Ef. 1:21 en Kol. 1:13.

Paulus som bogenoemde op in Kol. 3:17: "En wat julle ookal doen in woord of in

daad, doen alles in die Naam van Jesus."

Maar hierdie kosbare Naam van Jesus moet nie as ‘n soort toorwoord gebruik word

nie, want daar is geen mag of krag in die woorde nie! Maar die Naam van Jesus beteken

die beskermde mag van Sy teenwoordigheid en alles wat Hy vandag is as gevolg van Sy

soenverdienste op Golgota. Spr. 18:10: “Die Naam van die Here is ‘n sterk toring:

die regverdige hardloop daarin en word beskut” Die Naam van Jesus moet dus

deur ons met uiterste respek gebruik word, maar deur daardie Naam kan ons Satan bind

en verdryf uit al ons daaglikse omstandighede (Matt. 12:29).

Nog belangrike feite i.v.m. hierdie mees Voortreflike Naam (Heb. 1.4) is dat God Sy

Gesag daardeur aan ons gedelegeer het (Mark. 16: 17; Luk. 9:1 en 10:19). En die

gehalte van hierdie gesag of outoriteit word bepaal deur die gehalte van ons persoonlike

oorwinning, en geoefende vermoë van onderskeiding wanneer ons die Stem van die

Heilige Gees moet hoor.

7. Die Bloed van die Lam: En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam

…. (Openb. 12:11). Bedek jouself met hierdie bloed, sê dit vir Satan, en hy kan nie

aan jou raak nie, nie aan jou liggaam nie en ook nie aan jou gemoed nie. Jesus se Bloed

spreek ook van die Nuwe Verbond wat die mag van sonde verbreek (Kol. 1:14). Dit

bedek ons van die aanklaer en bring ons in die regte verhouding met God.

8. Die swaard van die Gees – Die Woord van God: En neem aan die helm van

verlossing en die swaard van die Gees – dit is die Woord van God … (Ef.

6:17). Ek het aan julle geskrywe .. Omdat julle sterk is en die Woord van God in julle

bly en julle die Bose oorwin het (1 Joh. 2:14).

Oor hierdie wapen kan ons sommer boeke vol skryf! Nie dat die ander minderwaardig

is nie, maar die kennis en gebruik van die Woord van God as ‘n wapen het soveel jare

agterweë gebly – dis bitter min ontgin in die verlede – dat dit is asof die Heilige Gees dit

opnuut uitlig in ons tyd. En dit is so ‘n praktiese, aanmoedigende wapen – dit werk

onfeilbaar elke dag in my persoonlike lewe!

1 Tim. 6:12: ". jy het die goeie belydenis voor baie getuies afgelê." JESUS het

Satan met welslae verdryf deur te sê: dit is geskryf en die Woord van God te kwoteer,

en die Woord het niks van sy krag verloor nie. Ons weet teen hierdie tyd ook dat die

woord van ons mond (ons belydenis) geweldig baie krag het om te skep of af te breek

(Mark. 11:23). Jy sal kry wat jy sê. Daarom moet ons oplet of ons `n goeie belydenis

het soos Timotheus en of ons `n slegte belydenis het. Die BESTE BELYDENIS wat ons

moontlik kan hê, is die Woord van God, m.a.w. om te sê wat God van ons sê. Dan

hanteer ons die Swaard van die Gees en kom ons in lyn met die waarmaking van God se

Belofte in ons lewens. Jer. 1:12: Ek is wakker oor my Woord om dit te volbring.

Laat ons let op ‘n paar goeie belydenisse en ‘n paar slegte belydenisse, dan sal jy besef

hoe onverantwoordelik ons praat en mislukking skep deur ons woorde.

Vrees belydenis: Wel, ek het vandag hierdie ding reggekry, maar ek voel so

hopeloos, ek weet nie of ek dit ooit weer sal regkry nie.

Geloofsbelydenis: Ek vereer die Here met my hele hart en Hy sê dat Hy my verlos

(Dan. 6:17). In alles wat ek doen is ek meer as ‘n oorwinnaar deur Christus wat my

liefhet (Rom. 8:37). Daarom sal ek elke dag enige saak met sukses kan uitvoer. Ek is tot

alles in staat deur Christus wat my krag gee (Filip. 4:13).

Vrees Belydenis: Ek sal heel waarskynlik nie kan gaan nie, want ek is seker ek sal nie

betyds genoeg geld kan kry nie.

Geloofsbelydenis: Ek glo in die Woord van God en Hy sê Hy sal in al my behoeftes

voorsien volgens Sy rykdom in heerlikheid in Christus Jesus (Filip. 4:19). Daarom glo ek

dat ek betyds genoeg geld sal hê om te kan gaan.

Vrees belydenis: Hoekom gebeur dit altyd met my!

Geloofsbelydenis: Ek verwag glad nie dat iets slegs met my sal gebeur nie, want

God belowe vir my dat geen onheil my sal tref of plaag naby my tent kom nie (Ps.

91:10) en, as ek my weg aan Hom oorlaat en op Hom vertrou sal Hy dit uitvoer.

HOE STERKER EN ASTRANTER JOU BELYDENIS VAN GELOOF IS, HOE

GROTER SAL JOU OORWINNING WEES!

Hou op om te sê: “Ek wens ek was geseënd!” Sê liewer: “Ek is geseën met alle

geestelike seëninge in Christus Jesus.” Halleluja!

Kom ek gee vir jou sommer ‘n klomp goeie belydenisse – sê hulle dikwels hardop met

jou mond en jy sal ondervind hoe jou geloof opgebou word en vrees die loop neem!

1.Ek BELY dat Jesus my Here is (Rom. 10:9 en 10). Ek is gered

2. Ek BELY dat deur Sy Wonde ek genees is (Jes. 53:5). Ek is genees.

3. Ek BELY dat die Seun my vrygemaak het (Joh. 8:36). Ek is heeltemal vry.

4. Ek BELY dat die liefde van God in my hart uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan

my gegee is (Rom. 5:5). Ek het almal lief.

5. Ek BELY dat die regverdige dapper is soos ‘n leeu (Spr. 28:1). Ek is dapper, veral in

die stryd teen Satan.

6. Ek BELY dat Hy my nooit sal begewe of verlaat nie (Heb. 13:5). Ek is gedurig in God

se teenwoordigheid.

7. Ek BELY dat ek ‘n loot is van die Ware Wynstok (Joh. 15.5). Ek is vol van die Ware

lewe.

8. Ek BELY dat ek ‘n tempel is van die Lewende God (2 Kor. 6:16). Ek het God binnein

my.

9. Ek BELY dat God in al my behoeftes sal voorsien (Filip. 4:19). Ek het genoeg vir

elkeen van my behoeftes.

10. Ek BELY dat God my nie ’n gees van vreesagtigheid gegee het nie, maar van krag

en liefde en selfbeheersing (2 Tim. 1:7). Ek het die moed en krag om te lewe, vry van

enige vrees!

11. Joël 3:10: Laat die swakke së: Ek is sterk (King James vertaling) EK IS

STERK!

Afgesien van wat ek van myself dink, ek is sterk!

Afgesien van wat ander van my dink, ek is sterk!

Wanneer ek die swakste voel, is ek sterk!

Ten spyte van ondervindinge in die verlede, is ek sterk!

Nie net wanneer ek sterk is nie moet ek sê, ek is sterk!

Maar wanneer ek swak is, moet ek sê, ek is sterk!

God beveel my om te sê, ek is sterk!

Waar ek ookal is, ek is sterk!

Wie ek ookal is, ek is sterk!

Wat ek ookal is ek is sterk!

Filip. 4:19: My God sal in al my behoeftes voorsien volgens Sy rykdom in heerlikheid in

Christus Jesus.

Afgesien van hoeveel onbetaalde rekeninge ek het, my God sal in al my behoeftes

voorsien. Afgesien van hoe die landsekonomie daar uitsien, my Gods sal in al my

behoeftes voorsien.

Afgesien van my swak bankrekening, my God sal in al my behoeftes voorsien.

Waar ek ook is, my God sal in al my behoeftes voorsien

Wanneer alles sò verkeerd lyk, my God sal in al my behoeftes voorsien.

Probeer hierdie belydenisse dikwels sê – doen dit sommer hardop. Probeer om soveel

moontlik van buite te leer, maar ‘n goeie belydenis om elke dag te sê voordat jy die

Woord memoriseer is: Ek KAN God se Wonderlike Woord memoriseer!

God sê ek kan, daarom KAN ek!

Wat ek ookal van myself dink, ek KAN!

Afgesien van my ouderdom, ek KAN God se Woord memoriseer!

Wanneer ek vergeetagtig word, WEET ek God is besig om my te help.

Ek sal U woord nie vergeet nie (Ps. 119:16).

9. Lofprysinge: Laat die gunsgenote juig in heerlikheid, laat hulle jubel op hul

bedde. Lofverheffinge van God is in hulle keel, en ‘n tweesnydende swaard in

hulle hand … om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met

ysterboeie (Ps. 149:5,6 en 8). God is die Heilige wat woon onder die lofsange

van Sy volk (Ps. 22:4).

Kom ons kyk na ‘n insident in die Bybel waar LOFPRYSINGE prakties toegepas was, en

die gevolge was wonderlik!

Maar laat ons besin oor hierdie genesende en herstellende, LOFMEDISYNE – dit is baie

effektief! Dit het baie jare gelede reeds gewerk vir die volk van Israel in die Ou

Testament. In 2 Kronieke 20 tref ons koning Josafat aan besig om te bid, want dit het

gelyk of Jerusalem vernietig gaan word. Die vyand van die Ooste het Judea se grense

oorgesteek en hulle was in opmars na die Heilig Stad toe.

Josafat het ‘n tydperk van vas en gebed uitgeroep, en die Gees van God het begin

spreek. Die volgende oggend het die koning vir sy volk gesê: “Ons gaan vandag uit om

die vyand te ontmoet,” en almal het hulle voorberei. Die soldate het hulle wapenrusting

begin aantrek en hulle pyle en boë en skilde en spiese bymekaar gemaak. Die

strydwaens is in gereedheid gebring. Maar toe almal bymekaar was en reg om op te

trek, sê koning Josafat: “Die Here het vir my instruksies gegee. Waar is die

koor?” Kan jy jou hulle reaksie voorstel. `n Koning gaan uittrek na die geveg – hy kry

almal op `n gereedheidsvlak, keer hom na een van die generaals en vra: “Waar is die

koor?” Die soldate het seker na mekaar gekyk en gedink: Wat op aarde gaan nou met

ons koning aan? Maar Josafat sê “Die Here het my beveel om al die sangers voor

te plaas. Hy het gesê die sangers moet vooruit gaan en ‘n lofsang aanhef wat

lui: Loof die Here want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!”

Wel, hulle het die sangers voorop gestel en al singende begin voort beweeg: Loof die

Here want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! Miskien het hulle soos volg gesing:

Loof die Here want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

Loof die God van die gode, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Loof

die Here der here, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Hy wat alleen

groot wonders doen, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wat die

hemele met verstand gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in

ewigheid. Wat die aarde op die water uitgespan het, want sy

goedertierenheid is tot in ewigheid. Die maan en sterre om te heers oor die

nag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Ps. 136:1­9.

Jy sien, die kinders van Israel het gesing van hulle magtige God YAHWEH, want sy

goedertierenheid is tot in ewigheid. Hulle het gepraat van die God van alle gode – die

God wat die aarde, die son, die maan en die sterre gemaak het. Toe begin hulle vertel

hoe Hy hulle uit Egipte gered het:

Wat die Egiptenaars getref het in hulle eersgeborenes, want sy

goedertierenheid is tot in ewigheid. En Israel onder hulle uitgelei het want sy

goedertierenheid is tot in ewigheid. Met ‘n sterk hand en met ‘n uitgestrekte

arm, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wat die Skelfsee in stukke

gesny het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. En Israel daar

dwarsdeur laat gaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. En

Farao saam met sy leër in die Skelfsee gestort het, want sy goedertierenheid

is tot in ewigheid. Wat sy volk deur die woestyn gelei het, want sy

goedertierenheid is tot in ewigheid Ps. 136:10­16. Hierdie sangers het gesing uit

die diepte van hulle harte oor iets wat vir hulle `n werklikheid was en vir hulle baie

beteken het. Teen die tyd was hulle reeds naby die vyand se kamp. Hulle was nou

halfpad deur hulle loflied en het steeds nader na die vyand getrek. Die leier het gesing:

Loof die Here wat groot konings verslaan het! Die hele koor het gejuig; want sy

goedertierenheid is tot in ewigheid!

En geweldige konings gedood het, want sy goedertierenheid is tot in

ewigheid. Sihon, die Koning van die Amoriete, want sy goedertierenheid is tot

in ewigheid. En Og, die koning van Basan, want sy goedertierenheid is tot in

ewigheid. En hulle land as erfdeel gegee het, want sy goedertierenheid is tot

in ewigheid. As erfdeel aan Israel, sy krag, want sy goedertierenheid is tot in

ewigheid. Wat in ons vernedering aan ons gedink het, want sy

goedertierenheid is tot in ewigheid. En ons van ons teëstanders losgeruk het,

want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wat voedsel gee aan alle vlees,

want sy goedertierenheid is tot in ewigheid Ps. 136:18­26. In die vyand se kamp

het daar nou verwarring ontstaan en hulle het ondermekaar begin stry en baklei, want

hulle het gehoor hoe die kinders van Israel nader kom, al singende die lof van hulle

God. Hierdie soldate en koor van Israel was dalk nie eers so baie in getalle nie, maar

God het hulle laat klink soos duisende! En die vyand het ondermekaar geveg en mekaar

vernietig!

Die kinders van Israel het die vyand se kamp binnegestap terwyl hulle lofliedere sing

tot hulle Here en dit het hulle drie dae geneem om al die buit te vergader wat God aan

hulle gegee het. Nie eers een Israeliet het ‘n spies gegooi of ‘n pyl geskiet nie!

Hulle het GELOOF IN HULLE GOD GEHAD EN HOM GEPRYS!

Enige tyd, onder enige omstandighede, wanneer jy God loof en prys bind jy Satan en

sy demone. Begin sommer hardop koortjies te sing en jy sal agterkom hoe vrees wyk,

en God sal jou lied eer met Sy Teenwoordigheid.

10. Bid in die Gees (bid in tale): Doen dit alles biddend en smeek God by elke

geleentheid deur die Gees Ef. 6:18 (1979 Vertaling). Hierdie wapen word baie

duidelik genoem in die lys van geestelike wapens wat deel uitmaak van ons wapentuig

soos dit in Ef. 6 opgeteken staan. Daarom kan ons dit NIE NET IGNOREER NIE, want

dan is ons wapentuig onvolledig, en kan ons nie verwag om die sukses teen Satan te hê

as `n kind van God nie! Ek voel dus sterk gelei om breedvoerig met jou oor hierdie saak

te praat, want dis dikwels deur nalatig hieroor te wees wat ons die onderspit delf teen

Satan. Lees die volgende hoofstuk met groot erns.

HOOFSTUK 6

BID IN DIE GEES

Laat ek dan nou heel aan die begin vir jou sê dat etlike maande ná my bekering, God

my gedoop het in die Heilige Gees en Hy het ook vir my ‘n ander taal, ‘n vreemde taal,

‘n hemelse taal gegee wat ek gebruik om Hom mee te loof en prys (want Afrikaans, of

enige ander taal skiet vêr te kort om Sy lof te besing!) en ook meer effektief mee te bid.

En vir my is al hierdie voorafgemelde dinge streng Skriftuurlik.

Ek weet egter dat die spreek in ander tale een van die geestelike dinge is waaroor daar

seker van die meeste polemiek en selfs twis oor bestaan. Ek wil selfs sê dat as dit nie vir

hierdie eienaardige manifestasie was, wat die doop in die Heilige Gees vergesel nie, die

hele saak van die doop in die Heilige Gees baie makliker in baie Christen kringe aanvaar

sou word.

Die feit is egter dat dit juis hierdie manifestasie is wat Satan die meeste haat en

daarom gebruik hy dit om soveel tweespalt en onenigheid juis daaroor onder Christene

te weeg te bring.

Satan haat die spreek in ander tale, want hy weet dit is die Skriftuurlike teken aan die

gelowige dat hy nou gedoop is in die Heilige Gees ( Hand. 2:10 en 19, Mark. 16:17).

Satan haat die spreek in ander tale, want dit is God se aangewese wyse waarop die

gelowige geestelik gestig word in sy siel. (1 Kor. 14:4). Satan haat die spreek in ander

tale, want hy weet dat deur tale, `n boodskap en uitleg, die Liggaam van Jesus gestig

en opgebou word (1 Kor. 14:4 en 5). Satan haat die spreek in ander tale, want hy weet

daardeur kan die mens goddelike geheime tot God spreek en geen ander mens of Satan

, kan dit verstaan nie (1 Kor. 14:22). Satan haat die spreek in ander tale, want dit is

beslis `n teken van goddelike werkinge vir die ongelowige (1 Kor. 14:22). Satan haat die

spreek in ander tale, want hy weet dat die Heilige Gees deur die gelowige kan spreek

met onuitspreeklike versugtinge wat altyd ooreenkomstig die wil van God is (Rom. 8:26

en 27).

As jy dus die voorafgaande lees en besef hoeveel Satan hierdie wonderlike

manifestasie van God se Gees haat, is jy nog verbaas dat Satan juis hierdie saak sò

uitbuit en as ‘n verdelingsfaktor onder Christene gebruik? Iemand het gesê dat die twee

woorde wat Satan die meeste haat “tale” en “duiwels of demone” is. Want om in ander

tale te spreek is die eerste bewys van ‘n ondervinding wat daarop gemik is om Christene

toe te rus met bonatuurlike krag om ‘n effektiewe stryd te voer teen Satan, en

“demone” die helpers van Satan wat hy gebruik om God se kinders mee te martel en

God se werk te ondermyn.

Besef jy dat die kritisering van die spreek in ander tale binne minute na die eerste

manifestasie daarvan op Pinksterdag, begin het? En dit was beslis nie toevallig nie! Want

die ander mense (nie die 120 gelowiges nie) wat daar rondgestaan het en nie verstaan

het wat dit alles beteken nie, het gespot en gesê: Hulle is vol soetwyn (Hand.

2:13). Satan het beslis nie tyd gemors om die ondervinding van die spreek in tale in

diskrediet te bring nie. EN HY PROBEER NOG NET SO HARD DEUR AL DIE JARE. Vrees

en onkunde gepaard met valse leerstelling, het bewys dat dit die mees effektiewe

wapen in Satan se hande is in hierdie stryd. Hoe min weet die gemiddelde kerkganger

van hierdie uiters belangrike saak! God het presies geweet wat Hy doen op Pinksterdag,

en Hy het nog nooit verander nie! God het daardie eerste Christene gevul met krag

d.m.v. Sy Heilige Gees in `n aangrypende ondervinding ná hulle bekering, en hulle

vreemde tale laat spreek en ek glo dit is God se plan vir elke toegewyde Christen mens

ook van ons tyd.

Nou ontstaan die vraag of ‘n mens noodwendig in ‘n ander taal moet spreek om die

doop in die Heilige Gees te ontvang.(Die duiwel waarsku ook maar altyd agteraf dat jy

moet waak om nie `n fanatikus te word oor hierdie dinge, of te emosioneel nie). Die

spreek in ander tale is `n voorreg, `n kosbare geskenk, `n gawe van God. Dit is `n

nuwe intieme wyse van bid met direkte, bonatuurlike hulp. En die gawes van die Heilige

Gees moet nie op neergesien of gekritiseer word nie.

Weereens die vraag: Kan jy met die Heilige Gees vervul wees sonder om in tale te

spreek? Ek het gelees van die bekende Godsman Derek Prince wat hierdie vraag

antwoord met `n teenvraag: kan `n olifant `n olifant wees sonder `n slurp? Die

antwoord is: Ja, maar `n olifant sonder `n slurp is maar `n snaakse ding! Want die

slurp is `n baie belangrike orgaan vir die olifant: hy voed homself daarmee, hy bad

homself daarmee – daarsonder is hy eintlik nie `n normale volkome olifant nie!

En dit geld vir die geesvervulde gelowige: sonder dat hy in tale spreek ontbreek daar

nog iets.

Ander sê weer dat die Bybel leer dat nie almal veronderstel is om in tale te spreek nie,

en hulle haal 1 Kor. 12:30 aan waar Paulus sê: Spreek almal in tale? 1 Kor. 14:27:

En as iemand in ‘n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogtens drie…

Paulus leer hier oor die gawes van die Heilige Gees wat God in die Liggaam van

Christus, die Kerk gestel het vir die stigting en opbouing daarvan, en verduidelik dat nie

alle geesvervulde Christene dieselfde bediening in die Liggaam het nie en dat die gawe

van tale in `n openbare diens behoorlik gedoen en uitgelê moet word.

Daar is TWEE VERSKILLENDE soorte “tale” waarvan gepraat word in die Bybel, en dis

UITERS BELANGRIK dat jy duidelikheid oor die verskille sal hê. Eerstens is daar die taal

vir persoonlike stigting wat die gelowige gebruik vir sy privaat lof en aanbidding tot die

Here in die Heilige Gees en ook om voorbidding mee te doen. Dit is dan ook die "ander

tale" wat `n gelowige ontvang as hy gedoop word in die Heilige Gees. Kom ons kyk na

`n paar Skriftekse wat hieroor handel. 1 Kor. 14:2, 4, 14, 15, 18, 39: Want hy wat

in `n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand

verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede. Hy wat in `n

taal spreek stig homself; Want as ek in `n taal bid, dan bid my gees, maar my

verstand is onvrugbaar. Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid,

maar ek sal ook met die verstand bid. Ek dank my God dat ek meer in tale

spreek as julle almal; ... Moenie verhinder dat daar in tale gespreek word

nie. Ef. 6:18: Terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid

in die Gees en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die

heiliges. Rom. 8:26: En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want

ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees Self tree vir ons in met

onuitspreeklike sugtinge. Judas 20: Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou

in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid.

Tweedens is daar die “gawe van ander tale,” wat deur die Heilige Gees gegee word en

wat ons voorheen genoem het. Hierdie vorm van tale benodig ook uitlegging. Nie elke

geesvervulde gelowige sal die gawe van tale beoefen nie. Laat ons Skriftekste hieroor

nagaan. 1 Kor. 12:1,10,11,30: En wat die geestelike gawes betref, broeders,

wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie .. aan `n ander werkinge van

kragte, aan `n ander profesie, aan `n ander onderskeiding van die geeste,

aan `n ander allerhande tale, aan `n ander uitleg van tale. Maar al hierdie

dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy

wil. Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan

almal dit uitlê? 1 kor. 14:5,13,26 tot 28: Ek wens dat julle almal in tale

spreek .. Daarom moet hy wat in `n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê. Hoe

staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van

julle `n psalm of `n lering of `n taal of `n openbaring of `n uitlegging – laat

alles tot stigting geskied.(Hierdie vers gee ons ook riglyn van hoe dit by die

byeenkoms van die gelowiges – kerkdienste – moet wees). En as iemand in ‘n taal

spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte en laat een dit

uitlê. Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat

hy met homself en met God spreek.

Dit is egter wel so in die praktyk dat alhoewel ons verwag dat elke wedergebore Kind

van God wel gevul sal word met die Heilige Gees en in ander tale sal spreek, die laaste

deel nie altyd manifesteer nie. En dis nie omdat dit nie God se wil is nie, maar deur

vrees en ongeloof bedroef hulle die Gees. God sal nie een van Sy kinders dwing om iets

te doen wat hulle nie begeer nie. Daarom is daar mense wat die doop in die Heilige

Gees ontvang (hulle veranderde lewens bevestig dit) maar tog ontvang hulle nie dadelik

hulle hemelse taal nie.

Baie mense sal vir jou sê dat hulle bang is hulle emosies ruk hand uit as hulle in ‘n

ander taal sou spreek, of God sal dalk dat hulle iets doen waarvoor hulle later skaam sal

voel. Let op wat ons in die vorige paragraaf gesê het. Die Heilige Gees sal jou nooit

dwing om iets te doen of te sê nie, want Hy het jou lief en wil nie vir jou in die

verleentheid bring nie. Enige gees wat jou dwing om iets te sê of te doen wat jy nie wil

nie, is nie die Heilige Gees van God nie.

Die persoon, nie die Heilige Gees nie, besluit of hy hardop in ander tale gaan spreek of

net saggies. As jy weer Hand. 2:4 gaan lees sal jy sien dat HULLE begin spreek het in

ander tale soos DIE GEES aan hulle gegee het om uit te spreek: HULLE HET BEGIN

SPREEK SOOS DIE GEES GEGEE het. Paulus gee streng instruksies i.v.m hoe en

wanneer daar in ander tale gespreek moet word by `n openbare vergadering (1 Kor.

14:27). Dit wys vir ons dat die een wat praat in beheer is, want anders sou Paulus se

instruksies nutteloos wees as diegene wat hy leer nie sy instruksies kon uitvoer nie.

Voor ek hierdie hoofstuk afsluit wil ek jou daarop wys dat daar blykbaar in die Nuwe

Testamentiese kerk ook gesing was in ander tale – in die Gees. 1 Kor. 14:15: Hoe

staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand

bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand

psalmsing (vergelyk ook Ps. 147:1 en Ef. 5:19).

Hierdie vorm van lof en aanbidding tot eer van die Here het ookal vir baie jare in die

Pinkster kerke ‘n plek gehad, en ook Charismatiese groepe beoefen dit. Ook ons

interkerklike groep op Stanger wat een of twee maal ‘n week vergader aanbid die Here

op hierdie wyse, en dis heerlik, opheffend en beslis Bybels.

Ten slotte wil ek graag aan jou 12 argumente noem wat die mens na aanleiding van

Kerklike en tradisionele leerstellings altyd voorhou as hulle gekonfronteer word oor die

spreek in ander tale, en dan wil ek net ná elkeen vir jou wys wat die Bybel self daaroor

sê. Die mens: Ek belet julle om in ander tale te spreek. Die Bybel: Moenie

verhinder dat daar in tale gespreek word nie (1 Kor. 14:39).

Die mens: Spreek in tale is ‘n teken van oordrewe emosionalisme.

Die Bybel: Dis ‘n teken van die gelowige: En vir die wat geglo het, sal hierdie

tekens volg … met nuwe tale sal hulle spreek (Mark. 16:17).

Die mens: Om in ander tale te spreek is die vermoë om baie ander buitelandse tale

aan te leer.

Die Bybel: Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot

God want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy

verborgenhede (1 kor. 14:2).

Die mens: Ek is te skaam en selfbewus om in ander tale te praat.

Die Bybel: Want elkeen wat hom skaam vir My en My woord, vir hom sal die

Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid (Luk. 9:25).

Die mens: Om in ander tale te spreek is eintlik van die duiwel af.

Die Bybel: En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek

in ander tale, soos DIE GEES aan hulle gegee het om uit te spreek (Hand.

2:4).

Die mens: Spreek in ander tale is ‘n soort van selfverheerliking.

Die Bybel: Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en GOD groot maak

(Hand. 10:46).

Die mens: Ander tale was net vir Pinksterdag.

Die Bybel: Tien jaar later spreek hulle nog in ander tale volgens Hand. 10:46.

Twintig jaar later spreek hulle steeds in ander tale volgens Hand. 19:1 tot 6.

Die mens: Die spreek in ander tale was net vir die apostels.

Die Bybel: Dit sal voortbestaan totdat die volmaakte (Jesus) gekom het

volgens 1 Kor. 13:8 tot 12.

Die mens: Ek kan nie sien dat die spreek in ander tale enige werklike waarde het nie.

Die Bybel: Want hy wat in ‘n taal spreek stig (om op te bou) homself …

verheerlik God … stig die ander gelowiges die spreek in tale is ‘n teken vir die

ongelowiges (1 Kor. 14).

Die mens: Dis seker maar nie vir ons kerk bedoel nie.

Die Bybel: Ek wens dat julle almal in tale spreek (1 Kor. 14:5).

Die mens: Hulle sal my uit die kerk uitgooi as ek in ander tale sou praat!

Die Bybel : Ek wens dat julle almal in tale spreek (1 Kor. 14:5).

Die mens: Hulle sal my uit die kerk uitgooi as ek in ander tale sou praat!

Die Bybel: Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van

God (Joh. 12:43).

Die mens: Ons kerk se leerstellings is teen die spreek in ander tale.

Die Bybel: Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie

van mense is (Matt. 15:6).

Ek glo dat as jy nou verder lees daar by jou ‘n oortuiging is en ‘n verlange in jou siel

om ook hierdie wonderlike ondervinding van die doop in die Heilige Gees deelagtig te

word, en gaan ons nou oor na die praktiese deel. Laat ek jou net weer kortliks herinner

aan die drie essensiële vereistes vir hierdie gratis seëninge van God: 1. Jesus Christus

moet die Verlosser en Here van jou lewe wees. 2. Jy moet alle sonde waarvan jy in jou

lewe bewus is mee breek (let veral op onvergewinsgesindheid en deelname aan

okkultiese praktyke: fortuinvertellery, voorbodes, spiritisme, sterre­wiggelary, hipnose

en ander Oosterse bedrywe soos joga en karate) 3. Jy moet werklik dors hê, innig

verlang na die ondervinding met God se Gees (Joh. 7:37 tot 39 en Openb. 21:6).

Omdat Jesus Christus die Doper in die Heilige Gees (Luk. 3:16) is kan jy dit ontvang op

enige plek en enige tyd. Alhoewel die handoplegging deur ‘n ander persoon heel

Skriftuurlik is, is dit nie noodsaaklik vir die ontvangs van die Heilige Gees nie. Ek het al

verneem van mense wat in hulle bad hierdie ondervinding deelagtig geword het, of

alleen oppad in hulle motor terwyl hulle God prys, of maar net daar in jou binnekamer

waar jy alleen is met God.

Jy kan op jou knieë bly of regop staan – ontspan net en weet dat God jou liefhet en

graag hierdie goeie gawe aan jou wil gee (Jak. 1:17). Jy gaan nou deur dieselfde geloof

waarmee jy Jesus Christus ontvang het as jou Verlosser ook die Heilige Gees ontvang

(eintlik in ‘n sin meer van Jesus ontvang – in ‘n nuwe dimensie) en ook God verheerlik in

`n ander taal.

Dis belangrik om in gedagte te hou dat jy die Heilige Gees ontvang deur geloof en nie

deur gevoel nie. Miskien sal jy ‘n diep emosionele gevoel kry, of miskien net ‘n innige

besef van God se teenwoordigheid en liefde, of miskien ‘n vreugde, òf trane – wees bly

hieroor, maar nie een is noodsaaklik nie! Die belangrikste saak is nie wat jy voel nie,

maar wat jy glo. Glo God se Gees gaan jou vul. Geloof is `n saak van NOU: die

teenwoordige tyd. Lees ook teksies soos Jak. 4:2; Joh. 16:24 en Heb. 11:1.

Bid nou hardop: Dierbare Here Jesus, ek dank U vir die belofte van U Heilige Gees wat

oor al die eeue en ook nog op hierdie oomblik waar is. Baie dankie dat U U Heilige Gees

uitstort en die spreek in ander tale vir ons die teken daarvan is. Here, doop my nou asb.

in U Heilige Gees en laat ek God loof in ‘n ander taal wat nie beperk is deur my verstand

nie. Baie dankie Here – ek glo dat U besig is om dit nou te doen. Ek bid in die Naam van

Jesus.

Amen.

Maak nou jou mond oop en bewys dat jy glo dat God jou gedoop het in Sy Gees deur

te begin praat. (Hand. 2:4: En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het

BEGIN spreek in ander tale soos die Gees aan hulle gegee het om uit te

spreek).

Toe jy Jesus aangeneem het as jou Verlosser en Here, het jy geglo met jou hart en

bely met jou mond (Rom. 10:10). Nou moet jy weer bely dat God vir jou `n ander taal

gegee het, maar nie in Afrikaans of Engels nie, maar in die woorde wat God nou in jou

gedagte lê. God gaan nie jou stembande en tong vir jou beweeg nie, jy moet dit self

doen, maar die Heilige Gees gaan vir jou die woorde gee.

‘n Pragtige illustrasie van ‘n dergelike situasie vind ons in Matt. 14 waar Petrus op die

water stap na Jesus toe. Hier was ook twee dele. Petrus se deel en God se deel, net

soos by die spreek in ander tale. Petrus moes niks bonatuurliks doen nie, hy moes net

sy bene oor die kant van die boot plaas en loop, net soos hy enige ander plek sou doen

as hy wou loop. Niks bo­natuurliks nie, maar dit was Petrus se deel van die wonderwerk.

Dis ook ons deel as dit kom by die spreek of bid in ander tale, ons moet niks

bonatuurliks doen nie, maar net ons longe, stembande en tong in werking stel soos

enige ander tyd wanneer ons wil praat.

GOD SE DEEL IS DIE BONATUURLIKE! Net soos Hy Petrus op die water moes hou,

moet Hy vir ons goddelike woorde gee. Die wonderwerk in Petrus se geval was nie dat

hy geloop het nie, maar dat hy nie gesink het nie! En so is die wonderwerk van spreek

in ander tale nie dat jy spreek nie, maar wat jy spreek – daardie woorde en frases wat

God die Heilige Gees aan jou sal gee.

Petrus kon slegs vasstel dat hy op die water kan loop deur uit te tree en te loop: JY

SAL SLEGS KAN VASSTEL DAT JY IN ANDER TALE KAN PRAAT AS JY MET JOU

TONG BEGIN WOORDE VORM. Die belangrikste is om hier te onthou dat die Heilige

Gees nie deur jou gaan praat nie, maar dat jy self gaan uitspreek die woorde wat Hy vir

jou gee. God spreek nie in ander tale nie, mense spreek in ander tale!

En nou dat hierdie heerlike woorde by jou mond uitgekom het, hef jou hande op en

loof God – nie in jou moedertaal nie, maar in jou “nuwe” taal, jou “ander” taal. Miskien

het daar net een of twee stammelende woorde by jou mond uitgekom – dis wonderlik!

Hou daarmee aan: bring hulle as ‘n “lofoffer” en vertel daarmee vir Jesus dat jy hom

liefhet. En soos jy hiermee volhou, sal jou nuwe “woordeskat” toeneem. Partykeer neem

dit weke of maande, maar weereens hang dit van jou af: gaan jy verder en meer uittree

in die geloof? En al het jy nou net een woord geuiter, moenie nou verder sê dat jy nog

nie in `n ander taal gespreek het nie, maar bely gelowig: "Ek het begin om in `n ander

taal te spreek."

Miskien het ‘n heerlike string woorde by jou mond uitgeborrel en het jy gehuppel en

gespring van pure vreugde – loof die Here! Probeer om sommer oor te gaan in ‘n loflied

en sing tot eer van God. Hy sal jou ook die melodie gee! Hoor wat sê God in Ps.

81:11: Maak jou mond wyd oop, dat Ek dit kan vul. (Vers 2 en 3 van daardie

psalm is vir my sò vol opgewondenheid oor God se Goedheid. Die King James Engelse

Bybel sê in vers 1: “Make a joyful noise unto the Lord”.)

Geliefde, nou het jy eintlik ‘n nuwe dimensie betree: dis soos ‘n soldaat wat nou

ammunisie vir sy geweer het! Maar jy moet leer om vas te staan in hierdie nuwe gebied

en ek wil jou ‘n paar wenke gee.

Wanneer jy vir die volgende tien dae jou daaglikse binnekamer tyd hou met God,

bestee presies soveel tyd daaraan om in tale te bid as om in Afrikaans te bid. As jy

gewoond is om twintig minute te bid, begin van môre af om 10 minute in Afrikaans te

bid, dan 10 minute in tale. Dalk kan jy jou bid tyd verleng, wat eintlik die ideaal is.

Paulus sê in 1 Kor. 14:15: Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand

bid . Om met die Gees te bid is om in tale te bid, om met die verstand te bid is om

normaalweg te bid, in Afrikaans. Paulus beklemtoon dat ons albei maniere moet gebruik.

Om in tale te bid, kan nie die plek van jou gebede in Afrikaans inneem nie maar dit het

‘n baie belnagrike aandeel. Sodra jy daaraan gewoond is om in tale te bid is dit nie eers

nodig om daarop te konsentreer nie, want jy kan maar net begin en dit vloei – wanneer

jy by jou lessenaar skryf, of jou motor bestuur, of inkopies doen, of selfs in geselskap.

Want nou bid jy nie meer hardop nie, maar in jou gees, saggies. En nou sal jy verstaan

hoe Paulus se opdrag in 1 Thess. 5:17 prakties uitvoerbaar is: Bid sonder ophou. Dis

selfs moontlik om in jou slaap te bid op hierdie wyse, want jou verstand is nie hierby

betrokke nie.

As ‘n mens besef hoe God werklik vir alles plek ingeruim het en hoe Sy Woord vir jou

oopgaan as Sy Heilige Gees jou gevul het, wil jou hart oorloop van dankbaarheid en lof.

Want op hierdie wyse van bid in die Gees of bid in tale, kan jy permanent met God in

aanraking wees en geen “omstandighede” behoort ‘n kragonderbreking te veroorsaak

nie. Maak egter aan die begin ‘n definitiewe tyd om in tale te bid, en beoefen dit so

dikwels as wat jy daaraan dink. Bou jouself daarmee op:

Maar julle geliefdes, moet julleself opbou in julle allerheidligste geloof en in

die Heilige Gees bid …. (Judas 20).

Die een persoon wat ontsettend gesteurd is deur hierdie nuwe ondervinding in jou

lewe, is jou vyand, Satan. Jy het nou toegelaat dat God se krag d.m.v. Sy Heilige Gees

oorvloei uit jou gees in jou siel en liggaam in, en ook in die wêreld in waarmee jy in

kontak kom. Satan word nou eers werklik van jou bewus, want nou eers is jy ‘n

bedreiging vir sy koninkryk. En hy gaan sy volle aandag daaraan gee om jou so gou as

moontlik af te sny en stil te maak!

Net soos hy pas na Pinkster probeer het om met die dissipels te maak, gaan hy met

jou maak, en hy gaan mense gebruik om jou aan te val, partykeer jou eie gesin en

geliefdes. Pinksterdag reeds was daar mense wat ongelowig en spottenderwys van die

dissipels gesê het: Hulle is vol soetwyn (Hand. 2:13).

As jy aan ‘n tradisionele kerk behoort gaan jy dit iewat moeilik vind om hierdie nuwe

Christelike ondervinding te verduidelik aan ou Christen vriende. Van jou beste vriende,

en miskien familielede gaan net nie verstaan nie en sal jou dalk vermy òf verwerp. Selfs

jou leraar mag òf belangeloos voorkom (ook om jou te ontmoedig) òf openlik aanvallend

en vyandig, as jy jou getuienis met hom deel.

Aanvaar maar net dat sommige mense net nie sal verstaan nie en my raad aan jou is,

moenie jou getuienis soveel verkondig deur woorde nie, maar wel deur jou lewe, jou

dade en optrede. Hierdie raad moet jy toepas in jou kerk verband, jou vriendekring, jou

gesin en jou huwelik. Ek stem saam met die Amerikaanse prediker, Don Basham wat sê

dat wanneer daar probleme in ‘n huwelik voorkom omdat die vrou nou vervul is met die

Heilige Gees, en die ander een dit bevraagteken en nie belangstel om te ondervind nie,

lê die fout by die maat wat wel gevul is met die Heilige Gees.

Die doop in die Heilige Gees behoort vir jou meer soos Jesus te maak ten opsigte van

ander se tekortkominge, m.a.w. liefde, lankmoedigheid en vriendelikheid behoort jou

gesindheid teenoor andere te kenmerk (Gal. 5:22). Die wonderlike ondervinding met

God behoort van jou `n beter man of vrou of moeder of vader te maak. Jy sal nooit jou

man of vrou nader aan Jesus bring of aan enige ander geestelike ondervinding deur aan

hom/haar te torring nie! Jy is eerder besig om hulle opstandig te maak en weg te dryf.

Om supergeestelik te word sal ook net aftakel.

Satan gaan al hierdie situasies probeer, of verskerp, maar jy het nou die Heilige Gees

van God om jou ook geestelik te verskerp, daarom moet jy waak en sorg dat jy met jou

voete op die aarde bly en jou verpligting teenoor jou gesin, jou kerk en jou werk nie net

meer nougeset na te kom nie, maar ook met meer liefde en lankmoedigheid. LEEF JOU

NUWE ONDERVINDING UIT en put krag daaruit om sonder ophou te bid in tale. Elke

keer wat VREES jou aanval, bid in jou hemelse taal.

Satan sal natuurlik ook probeer om twyfel in jou gemoed te saai oor hierdie

ondervinding met God. Hy wil ons besteel, verwoes en vernietig (Joh. 10:10) en baie

mense word geestelik gestrem en soms selfs vernietig deur hulle ore uit te leen vir

Satan. Rom. 10:17 sê vir ons dat geloof kom deur die Woord van God – bou jou geloof

op deur die Woord elke keer as daar effens twyfel kom en weerstaan Satan (Jak. 4:7).

Satan probeer ook soms op ‘n subtiele wyse indrukke by ‘n geesvervulde kind van God

lê – ons moet altyd leiding van die Gees toets aan die Bybel. Nie dat ons God se Gees

wil betwyfel nie, maar op hierdie wyse sal ons nooit mislei word deur Satan nie, want

die Gees van God en die Woord van God stem altyd ooreen.

Enige indruk of leiding wat die Bybel weerspreek, hoe opwindend dit ookal mag klink,

moet verwerp word. 1 Joh. 4:1: Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die

geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die

wêreld uitgegaan.

Graag verhaal ek ter afsluiting van hierdie hoofstuk ‘n voorval uit my vrou, Meg se

ondervindings. Sy was vir baie jare die slagoffer van ‘n ontsettende vrees vir alleen

wees. Dit was natuurlik veral erg voor ons die Here geken het as ons Verlosser en

Leidsman, en onder my werksomstandighede as ‘n mediese dokter wat dikwels uithuisig

moes wees, het sy baie gely. Maar toe God ‘n Werklikheid in ons lewens word, het ons

gegroei in die kennis van Hom, en sy het gegaan vir gebed en vrymaking van hierdie

knellende vrees. Sy het egter ook besef dat God vir haar ‘n uitstekende stel wapens

gegee het, en dat sy hulle met drif moet gebruik teen Satan.

Een middag het ons in Durban se middestad geparkeer en ek moes na besigheid gaan

omsien. Terwyl sy alleen in die motor wag, het Satan haar begin aanval met vrees en sy

moes wal gooi. Sy het Jesus se Naam gebruik ­– die vrees het gegaan, maar weer

teruggekom. Toe het Sy Jesus se Bloed oor haarself en my gepleit – die vrees het

gegaan, maar weer gekom. Sy het die Woord gespreek: Satan, God het my nie ‘n

gees van vreesagtigheid gegee nie, daarom is ek vry van vrees! (2 Tim. 1:7).

Vir `n ruk was sy rustig, toe val vrees weer aan. Sy het begin om `n koortjie te sing,

God te loof – effense rustigheid. Toe begin sy om in tale te bid, sterk en vurig, en dis

toe dat haar regterhand die armband aan haar linkerarm vasgryp en dit trek! Sy ruk

feitlik die armband af en toe kom die vrede, die vryheid, die oorwinning.

Sy het die armband vir die eerste keer vandat sy dit het deeglik van naderby beskou,

en gemerk dat dit prentjies op het van Oosterse godinne – ek het hierdie armband vir

haar jare gelede in Hong Kong gekoop. Ons het mettertyd geleer, nadat ons weergebore

was, dat die meeste ornamente en jewelliersware vanaf die Ooste verband hou met

hulle afgode en daarom okkulties is, en ons het stadig van hierdie goed begin ontslae

raak. Maar hierdie armband het altyd maar ons aandag ontglip, totdat God daardie

middag in die hartjie van Durban in die motor vir Meg gewys het dat dit nog ‘n oop deur

in haar lewe was waardeur Satan kon toegang kry om uiterste vrees op haar te lê. En sy

het hierdie kennis eers ondervind toe sy God se Heilige Gees toegelaat het om deur haar

te bid deurdat sy hierdie deel van haar wapentuig gebruik het! Die Woord sê dat as ons

nie weet waarvoor ons moet bid nie die Heilige Gees deur ons sal bid in ‘n Goddelike

taal wat volmaak is.

Die twee lesse wat uit hierdie ondervinding spreek is, eerstens dat God se kinders baie

lig moet loop vir Oosterse ornamente en praktyke, o.a. yoga en karate want God sê in

Jes. 2:6: Want U het u volk verwerp … omdat hulle vol is van wat die Ooste

aanbied. Tweedens het God bedoel ons moet ons VOLLE WAPENRUSTING aantrek soos

dit in Ef. 6 uiteengesit is, en nie net die deel ignoreer wat nie ooreenstem met ons kerk

se leerstellings nie! Op hierdie wyse sal ons nooit ten volle oorwinning kry nie!

Ek noem ook graag met dankbaarheid teenoor God dat Meg vandag in absolute

oorwinning oor vrees lewe, maar dit was slegs moontlik vanaf die moment toe sy met

haar vrye wil ( wat jy ook het) GEKIES het om nie langer na Satan se influistering te

luister nie, en met alle mag stryd te voer teen Satan met die WAPENS wat God vir Sy

Kinders gegee het. Dis partykeer ‘n lang stryd, maar jy is altyd die OORWINNAAR as jy

in Jesus Christus is!

HOOFSTUK 7

OORWINNING OOR DIE SPRINKAANKOMPLEKS

Een van die tekens van die eindtye is dat mense liefhebbers van hulleself sal wees (2

Tim. 3). Hierdie gees van selfliefhebbery is baie opsigtelik vandag, ook maar nog ‘n

bewys dat ons in die laaste dae leef. ‘n Manifestasie van hierdie gees van selfliefde is die

vrees vir swak gesondheid, die vrees vir siekte. Die meeste siek mense is

selfgesentreerd. Dit is hoekom persone wat hypochondries is moeilik genees word –

hulle hele bestaan is om hulself gesentreerd. En selfsugtigheid is nie ‘n gunstige klimaat

vir geloof om in werking te wees nie. Geloof werk deur die liefde (Gal. 5:6).

Hierdie mense soek altyd aan hulself simptome van een of ander siekte. Dis byna asof

hulle hierdie verbeeldingssiekte geniet en praat smaaklik daaroor. Hierdie soort mense

praat oor hulle operasies, hulle ongelukke, pille, diëte en rate. As jy vol vrees is vir

siekte en kwale, konsentreer jy onwillekeurig daarop, en die bose kringloop is in

werking, want vrees bring siekte voort! Job was ‘n prooi van hierdie situasie. As ek iets

vreesliks vrees, kom dit oor my, en die ding waarvoor ek bang is, kom na my

toe (Job. 3:25). (Jy kan gerus ons boekie Oorwinnaars verhaal van Job, vanaf die

Sentrum bestel en lees, dat dit nie God is wat ellende oor Job toegelaat het nie, soos

tradisie valslik verkondig!)

Ek het al dikwels vir mense gebid wat kanker het, wat met hulle eie mond vertel dat

hulle gevrees het vir kanker, en toe het hulle dit. Die duiwel het hulle gebreinspoel om

te glo dat omdat ander lede van hulle familie kanker gehad het, hulle dit ook sal kry!

Dieselfde gees van vrees manifesteer in slagoffers van hartaanvalle, en baie ander

siektes! Ek erken wel die mag van oorerwing, maar ek erken beslis ook die GROTER

wet, nl. die wet van die lewe in Christus Jesus. Nuwe lewe in Jesus – oorvloedige lewe!

(Joh. 10:10)

(So is daar vrese vir vlieg, motor ry, verdrinking en die lys kan aangaan en aangaan –

al hierdie vrese maak wettige deure in jou lewe oop vir Satan se werkinge wat wil

aftakel, vernietig, verwoes, want vrees is sonde!)

Senuweeineenstortings is dikwels die gevolge van hierdie verbeeldingssiekte. Raak

ontslae van hierdie siektebeeld en sien jouself in die lig van God se Woord as ‘n sterk,

gesonde mens. Behou hierdie beeld deur God se Woord voortdurend te bely, wat sê:

Deur Sy wonde is ek genees (Jes. 53). Vrees dryf `n mens net om simpatie en

medelye by ander te soek, maar glo my, simpatie en medelye sal nie help om genesing

en gesondheid vir jou liggaam te bewerkstellig nie! In Jesus se bediening het Hy nie met

indiwidue gesimpatiseer nie. Hy het hulle almal genees, elke siekte en elke kwaal onder

die volk.

Vra jouself die volgende paar vragies en as jy eerlik antwoord, sal jy gou kan vasstel

of jy vasgevang is deur hierdie gees van selfliefde, wat net kan lei tot selfbejammering

en vrees. Meng ek met mense wat vol vrees is? (Jy sal dan besef dat vreesagtige

vriende wat negatief en foutvinderig is, eintlik jou vyande is!)

Die spreekwoord lui: soort soek soort – is dit die rede waarom ek aangetrokke voel tot

vreesagtige mense? Help ek andere om hulle bekommernisse te bowe te kom deur met

vrymoedigheid aan hulle Bybel tekse as antwoorde te gee, of laat ek andere se

bekommernisse my terneerdruk? Beoefen ek daagliks my reg as `n Christen om te lewe

vry van vrees en twyfel?

Probeer ek andere ophef, of laat ek toe dat hulle my geestelike standaard verlaag? Ken

andere my as ‘n oorwinnende Christen wat my regte in Christus ken en gebruik? Kan ek

negatiewe persone, vol pessimisme, vrees en foutvindery hanteer? Het ek definitiewe

doelstellings in my lewe? Is ek meestal besluiteloos?

Beskou ek myself as ‘n sogenaamde swak Christen? Is ek dikwels in die wolke van

geestelike ekstase, en dan weer dikwels depressief? Wat laat my die meeste groei in die

Here en die dinge van die Gees? Is ek effens jaloers op diegene wat bo my uitstaan in

die samelewing? Soek ek dikwels selfbejammering en simpatie? Vind ek dikwels fout met

ander mense? Is ek dikwels sarkasties in my woorde en dade?

‘n Baie subtiele vrees wat veral Christene gevange hou, is mensevrees. Jy is miskien al

‘n wedergebore Kind van God in ‘n huis wat nie die Here bely, as hulle Here en Verlosser

nie. Dit kan ‘n moeilike posisie wees en beslis een waar Satan mensevrees sterk in jou

gemoed kan laat groei: Die vrees vir die mens span ‘n strik; maar hy wat op die

Here vertrou, sal beskut word (Spr. 29:25). Satan verlang om ons in hierdie strik

te hou! Omdat jy ander vrees, sal hy sorg dat ook jou lippe gesluit bly wanneer jy van

Jesus wil getuig. Jy vrees dalk om deur God gebruik te word, om hande op die siekes te

lê vir genesing of duiwels uit te dryf uit vrees vir andere se opinies.

Hoe sterk is jou kerk se menslike leerstellings as kettings van vrees in jou lewe? Is jy

ongehoorsaam aan die Woord van God oor uiters belangrike sake, soos die doop van die

gelowige, die doop in die Heilige Gees, die werking van die Gawes van die Heilige Gees

– alles weens vrees vir jou leraar en kerkraad, of andere se opinies? Geliefde, wat gaan

jy vir God sê oor jou ongehoorsaamheid?

God sê: Ek het jou nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie…. (2 Tim. 1:7).

God sê: Gehoorsaamheid is beter as offerhande (1 Sam. 15:22). Vrees martel!

Vrees sluit straf in (1 Joh. 4:18). Ek gaan nou vir jou `n hele aantal Skriftekse

opnoem wat vir jou sal laat besef dat jy geen rede tot mensevrees het nie! Bestudeer

elkeen ernstig. Hierdie is God se Woord aan Sy Volk. Dit is God se Woorde aan jou, nou!

Verwag ‘n magtige vrymaking in jou innerlike soos jy oor hierdie waarhede mediteer.

God praat met jou. Terwyl jy hierdie opdragte, beloftes en heilige uitdagings lees, wees

gereed om jou vrymaking uit te roep in Jesus se Naam, en vry te wees van mensevrees!

Moenie vir mense bang wees nie … (Deut. 1:17: Lewende Bybel).

Jy moet vir hulle nie vrees nie, want die Here jou God is met jou (Deut.

20:1).

Wees vir hulle nie bevrees nie (Jos. 11:6).

Toe sê die Engel van die Here ……:Gaan saam met hom …. wees nie bevrees vir

hom nie (2 Kon. 1:15).

So spreek die Here: Vrees nie...... (2 Kon. 19:6). So sê die Here aan julle: Wees

nie bevrees of verskrik van weë hierdie groot menigte nie, want die stryd is

nie julle saak nie, maar die saak van God (2 Kron. 20:15). Wees sterk en vol

moed, wees nie bevrees of verskrik nie; dink aan die grote en gedugte Here….

(Neh. 4:14). Ek sal nie vrees vir tienduisende van mense wat rondom teen

my gereed staan nie(Ps. 3:7). Ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan ‘n

mens my doen? (Ps. 56:12). Wees vir hulle nie bevrees nie, want Ek is met

jou om jou uit te red, spreek die Here (Jer. 1:8). Moenie vrees vir die wat die

liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie (Matt. 10:28). Die

Here is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die Here is die toevlug van my

lewe: vir wie sou ek vervaard wees? (Ps. 27:1). As God vir ons is, wie kan

teen ons wees? (Rom. 8:31). My oog is gevestig op Jesus, die Leidsman en

Voleinder van my geloof….. (Heb. 12:2).

Lees ook gereeld hardop die volgende tekse en eïen hulle vir jouself toe: Heb. 13:6,

Jes. 41:10, Ps. 27:3, Rom. 8:5, Matt. 10:31, Mark. 5:36 en Joh. 14:27.

As jy oplet na die opskrif van hierdie hoofstuk wat jy nou besig is om te lees, sal jy

sien dat dit praat van ‘n Sprinkaan­kompleks. Hierdie beskrywende benaming vir dit

waaronder duisende van God se Kinders gebuk gaan en insiggewende gedagtes daarom

heen, het ek raakgeloop by ‘n ou vriendin van ons Bediening op Stanger, nl. die

Amerikaanse Bybel onderwyseres Marolyn Hickey. Graag deel ek ook nou hierdie dinge

met jou, sodat jy sal besef dat dit nie jou huweliksmaat, of jou kerk, of jou beroep, of

jou gebrek aan geleerdheid is wat jou weerhou van wat God vir jou het nie. Dis vrees!

Een van die gevaarlikste dinge wat ons as Christene kan doen is om onsself in die

natuurlike realm te sien – om ons neerlae, ons mislukkings te sien, in plaas van om

Jesus in ons te sien. Dis dit wat ek ‘n Sprinkaankompleks noem.

Sprinkane was van Israel se grootse vyande. Hordes van hulle het die Israeliete se

oeste afgevreet. Volgens Lev. 11:22 moes sprinkane dien as voedsel vir die Israeliete.

Hulle het die sprinkane effens gebraai en dan gedroog in die son. Hulle het dan na

garnale gesmaak.

Aan die begin van hierdie boek het ek vlugtig genoem van die twaalf spioene wat in

die Beloofde Land ingestuur is om dit te bespied. Laat ons weer na hulle kyk. Tien van

hulle het teruggekom met diè woorde: Ons en ons kinders (let op hoe spreek hulle ook

die negatiewe dinge oor hulle kinders) sal as vleis dien vir daardie reuse. Hulle sal ons

eet want mense eet sprinkane, en dis hoe ons in hulle oë is (Sien Num. 13).

Sien jy jouself as ‘n sprinkaan in die oë van die reuse van jou lewe? Dink jy dalk: Ek is

soos ‘n sprinkaan. ‘n Reuse probleem kan kom en reg oor my heen loop.

‘n Sprinkaan is vol vrees want alles is groter as wat hy is. Die Israeliete het hulle blind

gestaar teen hulle omstandighede wat soos reuse gelyk het. Vir die vreesagtige lyk alles

reusagtig.

Maar dan die wonderlike nuus: God wat saam met ons en binne­ in ons werk kan enige

iets to bowe kom! Maar vrees laat ons onsself sien as sprinkane en ons het ‘n

misvormde selfbeeld. Dis voorwaar ‘n ellendige ding om te hê: ‘n misvormde selfbeeld!

Maar as ons erns maak met Jesus in ons lewens gee Hy vir ons ‘n splinternuwe

selfbeeld! Hy sê: Groter is Hy (Jesus) wat in jou is, as hy wat in die wêreld is (1

Joh. 4:4).

In Ex. 10 lees ons dat die agste plaag wat oor die Egiptenare gekom het, sprinkane

was wat al hulle landery afgeëet het. Toe het God ‘n sterk wind gestuur wat hulle almal

weggewaai het. God weet presies hoe om al die sprinkaan­ vrese en komplekse in ons

lewens weg te vee. Ons het dus geen rede om enige reuse te vrees nie!

Ons kan iets baie interessants leer in verband met die duiwel deur na die vroulike

sprinkaan te kyk. Sy maak ‘n klein gaatjie in die grond en laat haar eiertjies daar,

gewoonlik in die lente. Na ongeveer ses weke kom ‘n klein sprinkaantjie te voorskyn. Op

hierdie stadium is hy nog maar swak, sy vlerke is nog vas sodat hy nie kan vlieg nie en

sy agterbene is nie genoeg ontwikkel om hom te laat spring nie. Maar alhoewel hy nog

nie eintlik veel kan rondbeweeg nie, het hy ‘n geweldige aptyt. Dis wanneer hy die

meeste eet – hy eet alles wat voorkom!

Dis net hoe die duiwel met ons maak. Hy plant ‘n klein eiertjie van vrees in ons.

Miskien toe ons ‘n kind was. ‘n Ouer mag dalk vir ons gesê het: “Jy doen nooit iets reg

nie! Jy is altyd lomp en hulpeloos. Jy is die lompste kind wat ek nog ooit gesien het!”

Net daar word die klein eiertjie in die gees van die kind geplant.

Soos hy opgroei dink die kind: Ek sal lomp wees. Die klein eiertjie het begin uitbroei in

sy gedagtes. Hy hoor voortdurend negatiewe stellings en miskien bevestig sy vriende by

die skool dit. "Jou lomp os!” Wanneer hy `n potlood laat val, snou sy onderwyser hom

toe. "Simpele ding! Wat is verkeerd met jou? Jy laat altyd alles val.”

Kyk wat gebeur nou. Teen die tyd dat hy ‘n jongman van sewentien is, het hy ‘n

duidelike selfbeeld van homself as lomp en minderwaardig. Vrees kom sterk na vore en

begin aan hom te kou. Sprinkane het klein tandjies en hulle eet op daardie wyse: hulle

kou en knaag voortdurend.

Presies sò word vrees in die onderbewussyn geplant. Net soos ‘n eier lê dit daar en

uitbroei. Dit kou aan die persoonlikheid totdat die persoon homself sien as ‘n sprinkaan.

Maar God blaas sprinkane weg met ‘n wind.

God sê in Joël 2:25: Ek sal julle vergoed die jare wat die sprinkaan verslind

het. As ons by ons Hemelse Vader kom en sien wie ons waarlik is, verval daardie jare

van vrees. Skielik besef ons dat ons die geregtigheid van God in Christus Jesus is (2 Kor.

5:21). Ons begin dink: Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

(Filip. 4:13).

Ons selfbeeld begin verander. Nou sê ons: Ek is meer as ‘n oorwinnaar deur Hom

wat my liefgehad het (Rom. 8:37). Ek triomfeer oor elke vurige pyl wat die vyand

teen my stuur, want ek het geloof in die Seun (Ef. 6:16).

Ons begin besef wie ons in Christus is. En wat gebeur met al daardie jare wat die

sprinkaan vernietig het, toe die duiwel ons oortuig het dat ons nooit iets werd sou wees

nie? Hulle word skielik weggewaai deur die lig van God se Woord. Daarom moet

Christene vasstel wie hulle in Christus is.

Die Israeliete was nie toegelaat om in die Beloofde Land in te gaan nie en moes vir

veertig jaar rondswerf. Dit was nodig want al diegene wat die vrees verslag oor die

inwoners van die Beloofde Land geglo het, en almal wat hulle self as sprinkane gesien

het, moes eers in die woestyn sterf soos sprinkane. Hulle het by die sprinkaanselfbeeld

gebly, i.p.v. die woord selfbeeld – God se oogpunt, van hulle self te kry.

Dit was nie die reuse wat hulle uit die Beloofde Land gehou het nie, dit was hulle

sprinkaankompleks! Soms kyk ons rond en sê: Ag, as ek maar net dit of dat kon doen,

maar ek het nie die talent of die vermoë nie. Of: As ek net nie met hierdie persoon

getroud was nie, kon ek waarlik geestelik gegroei het. Of: As ek nou nie verplig was om

na hierdie kerk toe te gaan nie kan ek heel waarskynlik `n geseënde evangelis word. Of:

As ek net `n beter werk of meer geleerdheid gehad het kon ek werklik iets vir die Here

doen.

Luister na my, nie een van hierdie dinge hou jou terug nie – dis vrees! Dit was die

sprinkane wat Israel uit die Beloofde Land gehou het, nie die reuse nie!

Jy sal daardie sprinkaankompleks slegs te bowe kom wanneer jy God se Woord met

erns begin bestudeer en met God se beeld van jou begin saam stem. Stem jy saam met

wat ander mense van jou sê, of met wat God van jou sê? Stem jy saam met elke

negatiewe gedagte wat die duiwel in jou gemoed plaas oor jouself, of maak jy elke

gedagte onderworpe aan Christus? (2 Kor. 10:5)

Dis jou keuse. Jou beeld word bepaal deur die spieël waarin jy kyk. Kyk jy in die spieël

van die wêreld, of kyk jy voortdurend in die spieël van God se Woord? Jy sal begin om

die beeld van Jesus Christus te reflekteer hoe meer jy na Sy Beeld en Heerlikheid kyk.

Wanneer die duiwel dan kom met vrees en aan jou hart se deur klop, sal geloof dit

beantwoord, en vrees sal vlug!

Kom ons bid saam, ek en jy: Hemelse Vader, ek kom na U toe in die Naam van

Jesus. Ek vervloek die wortels en oorspronge van enige vrees wat my tot nou

toe aangeval het en ek beveel elke vrees om my lewe te verlaat en nooit weer

terug te keer nie. Jesus in my is groter as enige vrees wat die duiwel kan

bring. Ek het oorwinnaars geloof en is van nou af vry van vrees, in die Naam

van Jesus! Amen.

HOOFSTUK 8

BESKERMING DEUR DIE ENGELE

DIE BOSE HET GEEN VAT OP HOM NIE!

Toe Israel nougeset in die verbond met God gewandel het en Sy gebooie gehou het,

het hulle niks gevrees nie.

Die Woord van God sê: As jy dan goed luister na die stem van die Here jou God

om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel …. Sal die Here

maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een

pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug (Deut. 28:1

en 7).

Heb. 1:13 en 14: En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan

my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete? Is

hulle (engele) nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter

wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?

Daar is ‘n onsienlike mag van die teenwoordigheid van God wat om jou gehul is. Jy is

omring deur die onsienlike leër van engele – God se dienende geeste – wat saam met

jou beweeg ten alle tye. Wanneer jy in God se liefde wandel, kan hierdie mag die mees

effektiefste tot jou voordeel werk om jou te beskerm, en toe te sien dat jy die volle

wapenrusting van God tot jou beskikking het en jou gebedslewe ongehinderd is. As jy in

eenstemmigheid met jou medemens lewe, sal Jesus Self daardie ooreenstemming

bekragtig. God se mag is dan in werking vir jou.

Ons wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig in God om vestings neer te

werp volgens 2 Kor. 10:4 en 5. Die engele magte is deel van hierdie wapentuig. Hulle is

dienende geeste wat uitgestuur word op die aarde om die erfgename van die saligheid

te bedien. Die woorde saligheid in die Nuwe Testament het meer as een betekenis. Ons

gebruik dit die meeste in die konteks van wedergeboorte. Die woord red beteken om in

‘n veilige plek te plaas. Dis presies wat gebeur as jy weergebore word. Dit beteken ook

genesing en materiële en tydelike bevryding van gevaar. Ons is erfgename van God se

bevryding, die bevryding wat teweeggebring is toe God Jesus uit die dood opgewek het.

Ons is bevry van die magte van duisternis, van die hand van Satan. Loof die Here!

In 2 Konings hoofstuk 6 lees ons dat vyandelike leërmagte die stad omsingel het

waarin Elisa was. Sy dienskneg sê toe: Ag, my heer, hoe sal ons maak? Elisa se

antwoord was: Vrees nie, want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is.

Toe bid Elisa: Here open tog sy oë, dat hy kan sien. En die Here het die oë van

sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en

waens van vuur rondom Elisa.

Elisa was nie bevrees nie. Hy het geweet die leermagte van God was daar, want sy

verbond met God het belowe dat dit so sou wees. Hy het in die geloof gewandel. Heb.

1:7 sê: En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde

maak en van sy dienaars vuurvlamme.

Daardie engele het nie skielik ontstaan toe Elisa se dienskneg hulle gesien het nie.

Hulle was al die tyd daar. Elisa het reeds gesê: Daar is meer van ons as wat daar van

die vyand is.

Lewe en wandel in liefde en eenstemmigheid. 1 Joh. 2:10 noem een van die voordele

hiervan: Wie sy broeder liefhet, bly in die lig en in hom is geen oorsaak van

struikeling nie. Nou het jy God in jou en om jou. Al die engele is om jou om jou te

keer van afdwaling. Wanneer jy in God se liefde lewe, lewe jy in die krag van liefde en

in ‘n beskermde plek. God sal daarvoor sorg.

Want Hy sal Sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou

weë. Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp

nie (Ps. 91:11 en 12).

Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee

van die Almagtige. Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting, my

God op wie ek vertrou. Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die

voëlvanger, van die verderflike pes. Hy sal jou dek met Sy vlerke, en onder Sy

vleuels sal jy skuil; Sy trou is ‘n skild en pantser (Ps. 91:1­4).

Vrees is ‘n geestelike mag. Wanneer jy vrees praat, is daar ‘n geestelike mag wat tot

jou nadeel werk i.p.v. tot jou voordeel. Raak altyd onmiddellik ontslae van vrees. As jy ‘n

gevoel van vrees om jou gewaar, bestraf dit openlik en kragtig net daar en dan. Moenie

dit enigsins verdra nie. Moenie daarmee speel nie. Vrees hou marteling in en Satan is

die toepasser van hierdie marteling. Die Bybel sê dat ons nie `n gees van vreesagtig

ontvang het nie (2 Tim. 1:7). As jy dus vrees het jy met `n gees te doen. Weier

summier om met enige soort van gees iets te doen te hê behalwe die Heilige Gees.

Weier om jou liggaam, jou gedagtes, jou gees of jou woorde tot die beskikking van `n

bose mag te stel.

Elke keer as vrees opduik behoort ons sò afgerig te wees in die hantering van die

Woord van God dat ons vrees kan bestraf, verdryf en weerstaan op elke Bybel se wyse

aan ons bekend. Vrees is een van Satan se keur wapens. Keer vrees. Bestraf dit.

Verwerp dit. Teenoor elke gedagte van vrees wat in jou gedagte kom, sê hardop: Ek is

verlos van vrees. Jesus het my vrygekoop van vrees (Gal. 3:13 en 14, Heb.

2:15).

Die Bybel sê: Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles

wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is –

watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit. Neem hierdie goeie

gedagtes en sê hulle hardop.

Vrees word deur jou intellek in jou gees ingevoer. Onthou dat vrees nie natuurlik is vir

die gelowige nie. Dit kom van buite af in. En jy laat dit in deur dit met jou mond te

spreek. Jesus sê in Matt. 12:34: Want uit die oorvloed van die hart, praat die

mond.

Jy voer dit vanaf jou gedagtes na jou gees deur die gedagte te neem en dit uit te

spreek. Ontwikkel die gewoonte om liewer te sê wat die Woord van God sê. Moenie dat

vrees woorde deel uitmaak van jou daaglikse gesprekke nie. Dis nie van God nie en

daarom onnodig. Volg liewer die Bybelse raad i.p.v. jou gedagtes: … terwyl ons

planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God,

en ELKE GEDAGTE gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus …. (2

Kor.10:5).

Dis ook baie belangrik om in God se liefde te wandel, want dan kan ons aanspraak

maak op God se absolute beskerming, veral teen vrees. God is liefde, en om in hierdie

liefde te wandel ongeag of ander hierin wandel is om in die nouste verhouding met God

te lewe.

Oordink die volgende twee tekste ernstig.

1 Joh. 4:18: Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde

dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees het nie

volmaak geword in die liefde nie.

1 Joh. 5:18: Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, bewaar homself, en

die Bose het geen vat op hom nie.

As jy werklik GLO in die Lewende God en in Sy Lewende Woord, dan het jy werklik

geen enkele rede tot vrees van enige aard nie, want God, Sy Woord en Sy engele is

daarop ingestel om jou te beskerm en te bewaar en geheel en al te vrywaar van enige

aanvalle van die Bose.

HOOFSTUK 9

DIE UITERSTE VREES

In die voorafgaande 8 hoofstukke het ons vrees van alle kante af beskou en bespreek,

en ek glo die Heilige Gees het ook in jou gemoed en gees vryheid en oorwinning oor

vrees bewerkstellig, as jy die raad gevolg het wat jy tot dusver gelees het. Hou net in

gedagte, dat Satan ‘n harde koejawel is en dat hy nie sommer moed opgee nie, maar

weer en weer sal aanval. Maar jy is mos nou reg vir hom! Gebruik jou wapens:

weerstaan die duiwel, bestraf hom en verjaag hom en moet nie eers een van sy

gedagtes vertroetel nie. Dis belangrik dat jy elke keer wanneer jy vrees, dit onmiddellik

voor die Here sal bely, want vrees is sonde soos enige ander sonde. Ons loof God vir Sy

wonderlike belofte in 1 Joh.1:9: As ons ons sondes bely, Hy is getrou en

regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te

reinig. Maak dus ook korte mette met die sonde van vrees en vreesgedagtes deur dit te

bely en Satan van jou af weg te stuur.

Soos ek nou al etlike kere gesê het: vrees, is die teenoorgestelde van geloof. Vrees is

eintlik ongeloof, want GELOOF GLO WAT DIE BYBEL (God) sê, al sê omstandighede die

teenoorgestelde! Jy sien, VREES IS OM NIE TE GLO WAT GOD Sê NIE, want as jy Hom

geglo het, sou jy nie gevrees het nie! VREES BEWEEG DIE HAND VAN SATAN, want dit

gee hom ‘n wettige rede om in ‘n sekere situasie te werk weens jou gebrek aan geloof in

God (wat `n sonde is) in daardie omstandighede! GELOOF BEWEEG DIE HAND VAN

GOD, want Hy kan namens jou in `n sekere situasie werk, omdat jy Hom vertrou en Sy

Woord GLO, afgesien van hoe die omstandighede lyk.

Ek sal graag die gebeurtenis aangaande die oprigting van die dogtertjie van Jairus soos

in Markus 5 beskryf word, so ‘n bietjie saam met jou wil fynkam, sodat jy kan sien hoe

Jesus Self hierdie kwessie van vrees en ongeloof hanteer het. Lees Markus 5:21 tot 43

aandagtig deur. Hier sien ons vir Jairus, ‘n vername man, ‘n vader wie se dogtertjie

sterwend is. Dis ‘n desperate situasie. Stel jouself vir ‘n paar oomblikke in sy plek: Jou

kind is besig om te sterf – wat kan erger wees! Hy het sterk geloof, daarom kom hy

na Jesus en smeek Hom dringend om vir sy kind die hande te kom oplê (vers 23).

Jesus vertrek onmiddellik saam met hom, maar toe val iets voor: ‘n vrou wat al 12 jaar

lank siek is trek Sy aandag af (verse 25 tot 34). Jesus genees haar en admireer haar

vasberadenheid. Hy sê vir haar: JOU GELOOF HET JOU GERED (vers 34). Maar dink wat

het intussen in Jairus se gemoed omgegaan! Dit het seker vir hom soos ‘n leeftyd gevoel

terwyl Jesus met die vrou gepraat het en miskien wou hy uitroep: Vrou, jy ly nou al sò

lank aan die siekte, jy kon seker tog nog net wag tot môre en die Meester dan kontak.

Nou vertraag jy Hom en Hy is oppad na my kind wat sterwend is!

Toe kom die UITERSTE gerug: U dogter is dood. So is dit partykeer in ‘n mens se lewe.

Dis nie noodwendig jou kind wat dood is nie, maar dis die mediese verslag, die X­straal

foto, die dokter se woorde: Jy het kanker. Jy sal nooit weer kan loop nie. Ons kan niks

verder vir jou doen nie.

Let op wat sê Jesus toe hierdie UITERSTE, SLEGTE, FINALE nuus Hom bereik: Moenie

VREES nie, GLO net (vers 36). Kyk net hoe aangrypend word dit uitgedruk in sommige

Engelse vertalings. (Amplified en New International Version) Overhearing but

IGNORING what they said, Jesus said to the ruler of the synagogue: Do not

be seized with alarm and HAVE NO FEAR, only KEEP ON BELIEVING.

Jesus het SATAN GEIGNOREER! Want hierdie nuus dat die dogtertjie dood is, was

VREESLIKE woorde, sataniese woorde, soos: Jy het kanker. Jy sal nooit weer kan loop

nie.

Die duiwel probeer hierdeur jou geloof afbreek, want alhoewel jy siek was, het jy

GELGO jy sal genees word, totdat jy die dag die uitslag van die X­straal foto’s gehoor

het.

U dogter is dood. Dit was Satan se woorde, en Jesus het dit geignoreer en vir Jairus

gesê: MOENIE TOEGEE AAN VREES NIE en HOU AAN GLO! Selfs woorde van

simpatie en meegevoel van ander mense is partykeer ook Satan se manier om ons

geloof af te breek en ons te laat vrees. (Let dus maar gerus ook op wat JY vir iemand Sê

wat in nood verkeer – sorg dat JOU woorde GELOOFS OPBOUENDE WOORDE IS!)

Vers 37 van Mark. 5 sê vir ons dat Jesus net Petrus, Jakobus en Johannes toegelaat

het om saam met Hom na Jairus se huis te gaan – hoekom? Omdat hierdie drie manne

VOL GELOOF was. Jesus het beslis nie ‘n klomp ongelowiges nodig gehad nie – Hy het

hulle nie eers toegelaat nie! Sorg jy ook maar dat jy omring word met mense vol geloof,

nie die wat maar gelate al Satan se leuens en aftakeling aanvaar nie! Hulle slappe

aanvaarding sal jou net van die wal in die sloot in help! Gaan SOEK gelowiges op wat

GOD SE WOORD GLO, al moet jy selfs van kerk verander!

In vers 39 maak Jesus weereens die duiwel stil. Woorde van ongeloof en twyfel is nie

nodig nie, daarom moet die geeste van ongeloof en twyfel UITGEDRYF word (vers 40).

Stel jou voor hoe hierdie geween en jammerklagte Jairus se geloof moes aangeval het

toe hy daar by sy huis kom, maar Jesus het dit nie verdra nie! JY MOET OOK NIE!

Toe lag Satan Hom uit! (vers 40) Jy weet hoe mense skepties is en agteraf lag as jy

bely dat jy vir jou laat bid het en glo dat God jou genees het, want dis volgens die

Bybel. Jy LYK dan sò sleg, en die dokter het gesê jy het ‘n ONGENEESLIKE KWAAL – jy

is seker van lotjie getik om te dink God het jou genees!

Kan jy in hierdie verhaal jou eie omstandighede sien? Satan pas nog maar altyd

dieselfde ou taktiek toe, en as jy begin twyfel en VREES, het hy ‘n wettige rede om

verdere aftakeling in jou situasie te bewerk. Dis hoekom Jesus keer op keer in die Bybel,

en ook hier vir Jairus sê: Moenie VREES nie!

Toe gaan Jesus na die dogtertjie toe en weer neem Hy net hulle saam wat VOL

GELOOF is. Toe kom die OORWINNING en die kind staan op!

Ek het lank oor vers 43 gedink en toe het ek besef dat Jesus seker nie wou gehad het

dat iemand hiervan moes weet nie, omdat hy nie die geloofafbrekers ‘n kans wou gee

nie. JY ken hulle mos ook wat sê: O, hierdie skielike beterskap waarvan jy praat noudat

jy vir jou laat bid het, vertrou ek niks. Dis net ‘n laaste opflikkering voor die einde. Jy

gaan buitendien teen God se Wil in – aanvaar jou siekte!

Hulle was in Jesus se dae ook seker volop en sou sê: Ek glo nie Jairus se storie dat sy

kind opgestaan het uit die dood nie – en as dit wel die geval is, is dit ‘n bose kwessie.

Net ‘n paar dae en hulle sal haar moet begrawe.

My raad aan jou Geliefde is ook: bly weg van die geloofafbrekers, gee hulle nie ‘n kans

nie! God sê ons geloof word opgebou deur Sy Woord (Rom. 10:17). Lees dus soveel as

moontlik die Woord van God, GLO wat daarin staan, en maak kontak met hulle wat

PRAAT volgens die Woord van God, teen omstandighede in, volgens God se Woord, en

NIE IN VREES VERVAL nie.

As jy ernstig oor die verhaal van Jairus nadink, sal jy besef dat die vrees wat hom kon

oorval het, die VREES VIR DIE DOOD van sy kind was. En die onderliggende VREES by

alle ander soorte van VREES, is maar altyd die VREES VIR DIE DOOD. Dink maar aan die

vrees om in ‘n vliegtuig te reis – basies vrees jy die ongeluk wat lei tot die dood! Die

vrees om in die see te swem – dis die vrees om te verdink en te sterf! Die vrees om jou

seun toe te laat om op ‘n motorfiets te ry – jy vrees hy sal verongeluk en sterf! Die

vrees vir siekte – die vrees om te sterf, die vrees vir die dood! Die vrees vir die donker –

die vrees vir die onbekende wat jy nie kan hanteer nie wat jou dood kan veroorsaak!

(Hier dink ek dan onwillekeurig weer aan Job wat gesê het dat dit wat hy GEVREES het,

het oor hom gekom­ Job 3:25).

Die kind van die Here WEET egter dat Jesus Christus die dood oorwin het, daarom het

hy nie nodig om die dood te vrees nie. En as hy nie die dood hoef te vrees nie, hoef hy

NIKS ANDERS te vrees nie, want die dood is die UITERSTE vrees.

Open. 1:17 en 18: Hy (Christus) het gesê: Moenie vrees nie, Ek is die eerste

en die laaste en die lewende, en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle

ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.

As Jesus Christus hier sê: MOENIE VREES nie – vir wat moet ons nie vrees nie? Vir die

DOOD, want Hy het die dood oorwin, daarom het ons wat Sy Kinders is, NIKS OM TE

VREES NIE!

Kom ons lees Heb. 2:14 en 15: Aangesien die kinders dan vlees en bloed

deelagtig is, het Hy (Jesus) dit ook op dieselfde manier deelagtig geword,

sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het – dit

is die duiwel – en almal kon BEVRY wat hulle hele lewe lank uit VREES VIR

DIE DOOD aan slawerny onderworpe was.

VREES VIR DIE DOOD is ‘n slawerny, maar God het deur Jesus Christus Sy Kinders uit

hierdie slawerny verlos want in Christus GAAN HULLE NIE STERF NIE, MAAR VIR EWIG

LEWE! Dit is wat God se Woord sê! Nou is die vraag: GLO jy God se Woord? As jy nie

God se Woord glo nie, het jy rede tot vrees! Want as jy NIE GOD SE WOORD GLO NIE (

en onthou ‘n mens bewys dat jy iets glo deur daaraan gehoorsaam te wees – te doen

wat dit sê, anders is dit lippediens!) dan het jy rede om te vrees om in ‘n vliegtuig te reis

en te verongeluk, òf om in die see te swem en te verdrink, òf om jou seun te laat

motorfietsry en te verongeluk, òf om siek te word tot die dood toe, òf om in die donker

aangeval te word.

Satan WEET die dag as ons nie meer die dood vrees nie, want dan kan hy niks verder

aan ons doen nie, aangesien ons die UITERSTE VREES oorwin het omdat ons GOD SE

WOORD GLO wat vir Sy Kinders vrymaking van die dood, en die Ewige Lewe belowe!

Joh.8:32 sê dat ons sal die WAARHEID ken, en die WAARHEID sal ons VRYMAAK! God

se Woord is WAARHEID, daarom maak dit vry, ook van die VREES VIR DIE DOOD, want

die Waarheid van die Woord sê Sy Kinders sal vir ewig lewe!

Joh. 3:16: Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy Eniggebore Seun

gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die

EWIGE LEWE kan hê.

Daar staan die WAARHEID baie duidelik. As jy dus miskien onbewustelik `n vrees vir

die dood gehad het, stel ek voor jy bely dit nou voor die Here, en begin Sy Woord GLO

met jou hele hart (oordink die tekse wat vir jou die Ewige Lewe belowe, leer hulle van

buite, sê hulle dikwels hardop). Daar sal vir jou sommer `n nuwe dimensie van geloof

oopgaan en as jy die UITERSTE VREES, die vrees vir die dood, oorwin het, sal jy geheel­

en­al VRY WEES VAN VREES, want wat bly daar dan oor om te vrees?

Die onderstaande kan jy baie dikwels herhaal en GLO wat jy sê:

Ek is VRY van enige vrees, want ek ken die Waarheid en dit het my vrygemaak. Die

Waarheid is dat Jesus Christus die Seun van God aan die Kruis gesterf het, sodat elkeen

wat Hom aanneem nie verlore mag gaan nie, maar die Ewige Lewe sal hê en nie sterf

nie. Daarom VREES EK NIKS nie. Ek is gevul met God se Heilige Gees wat nie vreesagtig

is nie, maar vol krag en liefde en selfbeheersing, en dis hoe ek is! Halleluja! (Joh. 8:32;

Joh. 3:16; 2 Tim. 1:7)

GELOOF IN DIE WOORD

Posbus 232, Ballito, 4420

(032) 551 1836 / 551 2419

ISBN­0­947033157

Dr Jacobus Johannes van Zyl is op 24 Desember 1929 op Tarkastad gebore. Hy het op Cradock

skoolgegaan en in 1958 aan die Universiteit van Pretoria gekwalifiseer as mediese dokter. Hy

trou in 1959 met Meg Goslett, ‘n gekwalifiseerde apteker en lidmaat van die Presbiteriaanse Kerk.

Hulle het vier kinders, en dr James soos hy alom bekend is, stel baie belang in sport. Vanaf 1949

tot 1954 was hy die Suid­Afrikaanse Universiteit se ligswaargewig boks kampioen, hengel graag

in die diep see en het hom ook toegelê op die kweek van anthiriums en orgideë en later, die

kweek van palm bome. Vir 20 jaar praktiseer hy op Stanger in Natal as mediese dokter

waartydens hy ook die poste van Distriksgeneesheer, mediese Gesondheids Beampte en

Spoorweg Mediese Beampte beklee het. In Desember 1980 verkoop hy sy praktyk om voltyds sy

aandag te bestee aan sy genesings bediening vanuit die Christelike Sentrum op Stanger. Hy was

5 jaar lank burgermeester van Stanger maar mense eer en sosiale status het vir hom en sy gesin

kleurloos geword in die Lig van God se Genade toe hulle Jesus Christus aangeneem het as hulle

Verlosser en Heer.

Dr. James was lidmaat van die NG Kerk, maar het in 1981 bedank, aangesien die bediening

vanuit die Christelike Sentrum, wat ook landwye literatuur verspreiding insluit, plaasvind op ‘n

interkerklike grondslag want dr. James besef dat die gawes van God se Heilige Gees aan die

mens toevertrou word om die hele Liggaam van Christus hier op aarde te bedien, volgens Mark

16:15 tot 18.

Boek no. 14

HOOFSTUK10

HOE OM WEDERGEBORE ­

EN ‘N KIND VAN GOD TE WORD

1. ERKEN: Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God (Rom.

3:23). O God, wees my, sondaar, genadig! (Luke.18:13) In die lig van God se Woord, moet jy erken dat

jy `n sondaar is.

2. BEKEER: Nee, sê Ek (Jesus) vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal netso

onkom (Luk. 13:3). Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word..

(Hand. 3:19). Besef hoe afskuwelik sonde is en draai weg daarvan.

3. BELY: As ons ons sonde bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en

ons van alle ongeregtigheid te reinig (1 Joh. 1:9). …. Met die mond bely ons tot redding (Rom.

10:10). Bely jou sondes voor God.

4. VERLAAT: Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes, en laat hy

hom tot die Here bekeer…want Hy vergeef menigvuldiglik (Jes. 55:7). Om net jammer te wees oor

jou sonde is nie genoeg nie. Ons moet begeer om dit vir ewig te laat staan.

5. GLO: Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat

elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê (Joh. 3:16).

As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek

het, sal jy gered word (Rom. 10:9). Glo dat Jesus Christus jou volkome verlos het aan die kruis.

6. ONTVANG: Hy het na Sy eiendom gekom, en Sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.

Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word,

aan hulle wat in sy Naam glo (Joh. 1:11 en 12).Jy moet, deur geloof, Jesus Christus nou in jou hart

ontvang sodat jy die ondervinding van die wedergeboorte kan ervaar.

7. SKRYF NEER: Vandag se datum, op die binneblad van jou Bybel of langs `n Skrif vers, wat vir jou

spesiale betekenis het. Laat dit altyd `n bevestiging vir jou wees dat jy jou hart en lewe aan die Lewende God

toegewy het en dat Hy jou in Sy liefde ontvang het. Weerstaan die duiwel deur aan hom die spesifieke Skrif en

datum uit te wys elke keer wanneer hy jou aanval met twyfel en verwarring.

8. LEES: Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van God (Rom.

10:17). Begin elke dag deur `n hoofstuk uit die Bybel te lees en dan God se bevele in jou daaglikse wandel

met Hom, toe te pas.

9. BID: God is nou jou Hemelse Vader: praat elke dag met Hom. Bely jou sondes, loof Hom omdat Hy jou

bevry het, vertel Hom van jou behoeftes en dank Hom dat Hy in al jou behoeftes sal voorsien: fisies, finansieël

en emosioneel (Fil.4:19). Die volgende is `n gebed wat jy as riglyn kan gebruik:

“Hemelse Vader, ek erken dat ek `n verlore sondaar is. Ek dank U dat Jesus vir my sondes gesterf het, dat

deur Sy gestorte bloed ek vergewe is en dat deur Sy onherkenbaar verminkte liggaam en wonde Hy vir my

genesing verkry het. Here Jesus, ek ontvang U nou as my Verlosser, my Geneser, my Here en my God. Ek vra

dat U al my sonde vergewe. Ek open nou die deur van my hart en lewe vir U. Kom asseblief binne en reinig

my. Neem die beheer van my lewe oor: Ek wil deur U Heilige Gees gelei word.

10. LAAT U DOOP: U is nou ‘n kind van God, ‘n gelowige in die Here Jesus Christus. Die

volgende stap is om gedoop te word (onderdompel). In Mark. 16:16 sê Jesus: hy wat glo en hom

laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. Onthou nou dat u ‘n

kind van God is, is U naam in die boek van die Lam geskryf, omdat u gehoorsaam was aan God

se instruksies. Almal in die Nuwe Testament was gedoop NADAT hulle geglo het. Nadat Paulus ’n

ontmoeting met Jesus gehad het op die pad na Damaskus, is hy gedoop. Daarna het hy twee

derdes van die Nuwe Testament geskryf. Die klein doop of “besprinkeling” is totaal onbybels.

Nêrens in die Bybel is babas gedoop nie, want jy moet eers glo voordat jy gedoop word.

11.WEES GEVUL MET DIE HEILIGE GEES: Volgens God se beloftes in Hand 2:38 en 39. Die gawes wat

met die doop in die Heilige Gees gepaard gaan is noodsaaklik om oorwinnaars in die Here te wees

12: GEMEENSKAP: Kry ‘n groep Wedergebore, gelowige Christene en hou samesyn op ‘n gereelde basis.

Hou altyd die prentjie in gedagte van die kooltjie wat in die vuur aan gloei is terwyl dit in kontak met die vuur

is, maar wat koud en dood gaan as dit te lank uit die vuur is.

13: SKRYF AAN ONS: Ons sal graag van hulp wil wees in jou geestelike groei en sal enige vrae oor

hierdie onderwerp beantwoord. Skryf net aan ons by Stanger Christelike Sentrum,

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!