03.05.2013 Views

Florrie Fokus 13 Okt_web - Hoërskool Florida

Florrie Fokus 13 Okt_web - Hoërskool Florida

Florrie Fokus 13 Okt_web - Hoërskool Florida

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Jaargang 12 Nuusbrief 26 13 Oktober 2011

Posbus 500, Florida Hills 1716

E-pos: florries@iafrica.com

Webwerf: www.florries.co.za

Tel: 011 672 5345 / 6

Faks: 011 672 5246

H/v Louis Botha en Havingastraat

ENJOY EVERY MOMENT

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Baie hartlik welkom na afloop van die lente-reses. Oktobermaand word nie verniet

die mooiste maand genoem nie, die lente is in volle swang en die wêreld lyk mooi.

Die fokus van hierdie kwartaal is akademiese voorbereiding. Met die rapport wat

Woensdag 19 Oktober uitgedeel word, is die gehalte van werk van die afgelope jaar

gemeet. Nou is die deurslaggewende eindeksamen op hande. In geval van gr. 10 –

12 tel hiérdie eksamen 75% van die finale punt, en vir graad 8 en graad 9 sowat 50%.

Elke Florrie moet die noodsaaklikheid van 'n deeglike studieprogram, gefokusde

voorbereiding en 'n positiewe ingesteldheid nou toepas.

SKOOLGELD 2012 EN FINALE HERREGISTRASIE VIR 2012

Die afgelope Maandagaand het die formele begrotingsvergadering vir die vasstelling

van 2012 se skoolgeld plaasgevind. 'n Kort opsomming van die inligting is:

Eerste paaiement R1 950.00

Volgende 10 paaiemente (10 x R1200) R12 000.00

Totaal: R13 950.00

Hierdie bedrag is 'n verhoging van 9.4% op die skoolgeld van 2011. Elke ouerhuis sal

eersdaags die volledige inligting ontvang. Soos dit ons gebruik is, en ook soos

voorgeskryf, moet elke bestaande leerder weer inskryf vir die daaropvolgende jaar.

Hierdie dokumente sal ook gestuur word. Indien u agterstallig is op bestaande

skoolgeld en nie reeds 'n reëling met die finansiële kantoor getref het nie, sal van u

verwag word om met die finansiële kantoor te skakel, alvorens herregistrasie kan

plaasvind.

Neem asseblief kennis dat:

· alle aansoeke vir vrystelling vir 2012 eers volgende jaar ingedien of weer

ingedien word.

· van alle ouers verwag word om ten minste die eerste paaiement betyds, en

indien moontlik, reeds vanjaar te betaal. Dit is werklik 'n verleentheid as u kind nie dadelik boeke en

skrifte ontvang nie. Beplan en spaar asseblief betyds hiervoor.

SENTE-PROJEK 2011

Die laaste insameling vir die jaar is ons sente-projek waarmee ons veral fokus op die kleingeld in die

huis. Die fokus van hierdie projek is tweërlei: fondse vir die verbetering van ons geboue en terrein en

andersinds ondersteuning van ons eie behoeftige leerders. Bêre by voorbaat u kleingeld asseblief.

HARTSEERNUUS

· Dit was met groot skok dat ons verneem het van die afsterwe van dr. André Booysen, vader

van Marinda (gr. 12) en Marielle (gr. 9). Hy was ook lid van die skool se Beheerliggaam. Die

kinders en familie word troos en genade in hierdie moeilike tyd toegebid.

· Chaun Brandon (gr. 12) en Nicolaas Brown (gr. 9) se ouma is oorlede voor die skool gesluit

het.

· Dean de Villiers (gr. 9) se oupa is oorlede voor die skool gesluit het.

. Monique Labuschagne (gr.11) se ouma is in die vakansie oorlede.

Ons troos en simpatie aan hierdie gesinne en hul naasbestaandes.

Ter afsluiting, 'n treffende aanhaling van Mahatma Gandhi:

“How dare you be angry? When you are right you have no need to be angry, when you are wrong you

have no right to be angry”.

Vriendelike groete

M.S. SCHUTTE

HOOF

FLORRIES Webwerf: www.florries.co.za

Gaan kyk na die tuisblad regs onder:

“Poslys”. Maak seker dat jy en jou ouers

hier registreer om die Florrie Fokusinligting

per e-pos te ontvang.

CSI FLORIDA

Dankie aan elkeen wat die CSI-week saam met ons beleef het … ons glo die Here het julle op 'n

baie spesiale manier aangeraak deur sy Heilige Gees. Kom sluit more die CSI-week saam met

ons af wanneer Jaco Oosthuizen pouse saam met ons in die saal is.

WISKUNDE EKSTRA KLASSE vir graad 8

Die klasse is op Woensdae vanaf 14:10 tot

15:00 in B3. Kom maak asb seker dat jy al die

werk, soos in die klas verduidelik, verstaan.

MATRIEKSERTIFIKATE 2010

Matrieks van 2010 kan hul matrieksertifikate in die

algemene kantoor kom afhaal.

2

MATRIEKREüNIES

Alle 1981-Matrieks - Ons gaan 'n 30-jaar Reünie hou!

Wanneer: Saterdag, 19 November 2011

Waar: Hoërskool Florida

Hoe laat: Vanaf 16:00 tot Middernag

Koste: R100/persoon - Julle kan julle eie drinkgoed bring.

RSVP en vir verdere inligting: Ilze Smalberger (Freislich) ilze@sabertek.co.za /

0828247333 / Maritha Koch (Wolvaardt) marithak@vodamail.co.za / 0827891487

Laat asb almal weet met wie julle nog kontak het. Hoe meer siele, hoe meer vreugde!

Die 1964-matriekgroep beplan 'n 50-jaar reünie vir 2014. Stuur asseblief kontakbesonderhede aan

Schalk van Vuuren, 044 695 2138 (T/F) / 083 628 7900 / wilmarcor@telkomsa.net.

BELANGRIKE DATUMS: 14 OKTOBER TOT 20 OKTOBER 2011

Vr 14 Okt Top 20 Atletiek

CSI week

Sa 15 Okt Top 20 Atletiek

Ma 17 Okt Rugbyprysuitdeling

Gr. 12 Eksamen begin

Krieket O/15B Noordheuwel (tuis)

Di 18 Okt Gr. 10 & 11: English HL & FAL Paper 3 –

14:15 – 16:45

Krieket O/16 Bastion (tuis)

Wo 19 Okt Gr. 10 & 11: Afrikaans Vraestel 3 –

14:15 – 16:45

Do 20 Okt Kooroefening

VERJAARSDAE

17 Oktober Me. Mari Janse van Vuuren

19 Oktober Me. Mara Sorgdrager

19 Oktober Mnr. Meshack Setlhare

Van harte geluk! Seënwense word u toegewens.

GENADE-REISIGER

“Here, ek voel regtig nie elke 5 dag ewe geloofsterk nie.

Male sonder tal wonder ek selfs of ek nog enigsins op die regte pad

is.

Dankie dat U my vandag weer wil verseker dat U getrou aan my bly…

selfs wanneer ek nie is nie; dat U my vooruitgaan…

selfs wanneer ek nie die weg sien nie;

en dat U by my is… verál wanneer ek U nie voel nie.

Dankie dat ek weet dat die eindbestemming van my geloof

nie vandag is nie.

Maar dat dit die ewigheid is”.

BE K ND

TO

YOUR SP NE

FLORANT 5

Die laaste uitgawe

van die Florant 2011

verskyn op ongeveer

28 Oktober. Enige

maatskappy wat

belangstel in 'n

volblad advertensie

@ R10 000.00 moet

asseblief met mnr.

Groenewald by 083

302 8450 skakel voor

Maandag 17 Oktober

2011. Oplaag 5000.

Verspreiding aan elke

leerling by Hoërskool

Florida plus 200 aan

Wesrandse Laerskole.

Koerant verskyn ook

op die skool se

webblad.

CUPCAKE – JUNKIES

www.cupcake-junkies.co.za

ilse@cupcake-junkies.co.za

ILSE 079 422 6399

SANDRA 072 956 1129

NG Kerk Culembeeck in

Witpoortjie, Roodepoort, se

saal is te huur vir funksies

soos troues, onthale, ens.

Persone wat belang stel

moet asseblief die

kerkkantoor skakel by

011 769-1055 of e-pos na

ngculembeeck@absamail.co.za

FLORIDA HILLS –

R4 950 000:

Lieflike GERESTOREERDE

B&B met 6 slaapkamers elk met

eie badkamer en balkon, gaste

toilet, 6 leefareas, studeer

kamer, pragtige oop plan

kombuis met granite blad. 4

Motorhuise, tuin woonstel met

slap kamer en badkamer,

bediende kamer met

slaapkamer, badkamer en buite

toilet, swembad, elektroniese

hekke, alarm stelsel.

DISCOVERY UITBR. 4

– R795 000:

Kwaliteit Noord aansig 3

slaapkamer huis met 1

badkamer, 2 leefareas,

kombuis, 1 motorhuis, 1

afdakke, bediende

kamer met buite toilet.

HAMBERG – R995 000:

Baie privaat woning met 3

slaapkamers,

2 badkamers,

sitkamer, eetkamer en tv

kamer, studeer kamer,

Kombuis, 3 motor

afdakke, een slaapkamer

woonstel, elektriese hekke,

Sekuriteits hekke,

intercom stelsel.

FLORIDA HILLS –

R2 950 000: Pragtige 4

slaapkamer dubel verdieping

woonhuis met 4 slaapkamers,

3.5 badkamers, 3 leefareas,

studeer kamer, netjiese

kombuis met opwas kamer,

bediende kamer met

badkamer, 3 motorhuise groot

genoeg vir 'n karavaan, son

verhitte swembad en jacuzzi,

elektriese hekke,

alarmstelsel.

DISCOVERY –

R900 000:

Gerestoreerde wooning

bied 3 slaapkamers, 2

badkamers, 1 ontvangs

area, kombuis met

opwas kamer, 1

motorhuis, 2

motorafdakke, bediende

kamer, elektriese hekke.

FLORIDA – R580 000:

Noord aansig huis met

2 slaapkamers,

1 badkamer, 2

leefareas, kombuis, 1

motorhuis, alarm

stelsel.

8

Estelle Schutte

(B.Sc, NHED, CEA, CRS)

OWNER / PRINCIPAL

Cell: 082 460 6864

Hotline: 084 397 5673

Email: stelle@netactive.co.za

DISCOVERY UITBR. 2

– R898 000:

Perfekte huis met 3

slaapkamers,

2 badkamers, 3

leefareas, kombuis, 4

motor afdakke,

sekuriteits hekke.

DISCOVERY –

R980 000:

Lieflike huis met 3

slaapkamers, 2

badkamers, 2 leefareas,

kombuis. 1 motorhuis,

groot erf.

FLORIDA UITBR. 3 –

R1 395 000:

Pragtige huis met 4

slaapkamers met

gelamineerde vloere,

ingeboude kaste, 3

Badkamers 2x en suite, 2

leefareas, oop plan kombuis,

4 motorhuise, bediende

kamer met badkamer en buite

toilet, 2x woonstelle op

eiendom, elektriese hekke,

alarm stelsel, intercom.

DISCOVERY UITBR. 3

– R1 080 000:

Pragtige wooning met 3

slaapkamers, 1

badkamer, 3 leefareas en

kombuis, 2 motorhuise, 3

motor afdakke, 2

slaapkamer woonstel met

badkamer, son kamer,

aparte ingang, sekuriteits

hekke, 3 fase krag.

HORISON – R595 000:

Pragtige grond vloer

woonstel naby

Westgate

Bied 2 slaapkamers,

1 badkamer, aparte

toilet, sit en eetkamer,

kombuis, 1

motorhuise. Pragtige en

netjiese kompleks.

FLORIDA – R1 050 000:

'N UITSTEKENDE

WOONING met 2

slaapkamers,

2 badkamers, 3

leefareas, studeer kamer,

oop plan kombuis, 4 motor

afdakke, groot woonstel

met slaapkamer, badkamer,

oop plan kombuis

Elektriese hekke, alarm

stelsel.

Service Excellence • Integrity • Loyalty

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!