03.05.2013 Views

JAARBOEK 2010

JAARBOEK 2010

JAARBOEK 2010

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

E.3 KURRIKULUMS VIR DIE GRAAD BACCALAUREUS

COMMERCII (BCOM)

E.3.1 UITKOMSTE VAN ʼn BCOM-GRAAD

Die algemene uitkomste van die BCom-kwalifikasie is die volgende:

a) Om studente te bemagtig met graadvlak-kennis van konsepte,

strukture, modelle, teorieë, beginsels, vaardighede,

b)

navorsingsmetodologieë en toegepaste bevoegdheid sodat hulle

lonende loopbane kan volg in die veranderende ekonomiese en

besigheidsomgewing van die nuwe millennium.

Om Suid-Afrika van gegradueerdes te voorsien wat bevoeg is in een

of meer van die volgende spesialisasievelde: Ekonomie,

Internasionale Hande, Risikobestuur, Ondernemingsbestuur,

Entrepreneurskap, Toerisme, Rekeningkunde, Rekenaarwetenskap

en Informatika, Menslikehulpbron-ontwikkeling,

c)

Arbeidsverhoudinge, Regte, Kommunikasiebestuur, Sportbestuur en

Bedryfsetiek.

Om die student by te staan en in staat te stel om sy/haar intellektuele

en morele kapasiteit te ontwikkel om die ekonomiese en

besigheidsomgewing te verstaan, om krities en innoverend te dink

en om ʼn grondslag te lê vir verdere spesialisasie

Benewens die algemene uitkomste van die kwalifikasie, is die inhoud só

gestruktureer dat bepaalde uittreevlakuitkomste (waarby kritieke

uitkomste ingesluit is) bereik kan word. ʼn BCom-gegradueerde sal in

staat wees om:

a) ʼn Diepgaande kennis van en insig in die ekonomiese en

besigheidsomgewings te openbaar en probleme wat daaruit

b)

voortvloei in samehang met ander dissiplines op te los.

Op grond van sy/haar kennis van multidissiplinêre konsepte,

strukture, modelle, teorieë, beginsels en navorsingsmetodes

konvergente en divergente ekonomiese en besigheidsverwante

probleme op ʼn kreatiewe en kritiese wyse te identifiseer en op te los.

c) Geleenthede te identifiseer en te skep en die entrepreneuriese

proses te begryp.

d) Om effektief as ʼn individu en in span- en organisasieverband op te

tree ten einde die geleentheid te skep om as ʼn leier in ʼn

multidissiplinêre omgewing te ontwikkel.

e) Met selfdissipline, integriteit en toewyding sy/haar aktiwiteite op ʼn

verantwoordelike en doeltreffende wyse te organiseer en te bestuur

ten einde die verlangde doelwitte te bereik.

f) Ekonomiese en ondernemingsbestuurskennis in te samel, te

ontleed, te organiseer, krities te evalueer en toe te pas.

g) Ekonomiese en besigheidsinligting doeltreffend te ontgin en te

kommunikeer deur van gepaste inligtingstegnologie gebruik te

maak.

22

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!