05.05.2013 Views

PUK-Bondsnuusbrief Page 1

PUK-Bondsnuusbrief Page 1

PUK-Bondsnuusbrief Page 1

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Indien die grafika nie reg

vertoon nie, klik View > HTML.

Oud-Pukke

Bondsnuus

Mei 2006

PUK-Bondsnuusbrief

9 http://www.puk.ac.za/oud_pukke/enuusmei06.html

Adresverandering

Oud-Puk Gholfklub:

Beste Oud-Puk

Konvokasie van die NWU-Puk

Oud-Pukke is onlangs aangemoedig om as lede van die Noordwes-Universiteit se nuwe

konvokasierol te registreer en so betrokke te word by die raadsverkiesing wat teen

Augustus afgehandel moet wees. Die konvokasierol sluit binnekort vir die komende

verkiesing, maar oudstudente word aangemoedig om hul steeds te registreer op die

konvokasierol vir toekomstige verkiesings.

Die oud-Pukke word op die universiteitsraad verteenwoordig deur middel van die

Konvokasie en die oudstudente wat as lede aansluit, het die reg om kandidate te stel en

vir hulle te stem om op hierdie wyse inspraak te hê oor universiteits- en

kampusaangeleenthede. Oudstudente met grade of diplomas, asook huidige en

voormalige personeellede kan lid word. Aansluiting by die Konvokasie beloop ’n

eenmalige bedrag van R50 en met ontvangs van die geld en jou skriftelike aansoek, word

jy as Konvokasielid geregistreer . Vir navrae in die verband kontak gerus vir Vivian

Claassen by (018) 299 2768 of bkkvc@puk.ac.za. Aansoek en nominasie kan ook op die

webwerf by www.nwu.ac.za/konvokasie/2006_Konvokasieaansoekvorm_1.pdf en

http://www.nwu.ac.za/konvokasie/ gedoen word deur die relevante vorm volledig te

voltooi.

Anna Davel - SAMA Toekenning!

Die NWU-Puk is trots om aan te kondig dat een van sy

Page 1

Oud-Puk Gholfklub:

27 Mei

vs UPE en Natal

(Goldfields Wes)

2 September

vs Rhodes

(Goldfields Wes)

21 Oktober

vs Maties

(Goldfields Wes)

27 Oktober

Nasionale Davis Cup

4 November

vs Kovsies

(Goldfields Wes)

Oud-Puk-Wyngilde:

Wynproeë

14 Junie

Portproe

(Prof Gert van den Berg)

16 Augustus

KWV brandewyn- en wynproe

(Martin Snyman)

13 September

Bonnievale Blindeproe

(Sandra Roode)

11 Oktober

Bierproe

PUK-Bondsnuusbrief

Die NWU-Puk is trots om aan te kondig dat een van sy

oudstudente, Anna Davel, se 3de album, ‘Godinne op die

Grondpad’, sopas bekroon is met ‘n SAMA-toekenning as

2006 se Algehele Wenner in die kategorie: Beste Volwasse

kontemporêre album: Afrikaans.

Die nominasies is deur ’n onafhanklike komitee aangewys

uit die room van Afrikaanse musiek en buiten Davel is slegs

4 kunstenaars benoem:

Karen Zoid met haar langverwagte 3de album ‘Media’’

Lize Beekman met ‘Draadkar oor die see’ - haar 4de

nominasie’

Chris Cameleon met sy Ingrid Jonker toonsettings album

‘Ek herhaal jou’ ; en

Theuns Jordaan met sy reuse platinum trefferalbum

‘Seisoene’

Die 5 mededingers vir hierdie kategorie het Saterdag 6 Mei tydens die glansryke jaarlikse

SAMA-toekenningsfunksie by die Sun City Superbowl gewag om te hoor wie die wenners

sou wees. Kunstenaars wat opgetree het was Arno Carstens, Bongo Muffin, Ntando,

Judith Sephuma en Malaika. Die funksie word jaarliks deur SA se voorste musikante,

promotors, platemaatskappye en veterane bygewoon. Die diversiteit en sukses van die

Suid Afrikaanse musiek bedryf gevier word en erkenning word gegee aan kunstenaars

wat kwaliteit werk lewer, asook 2 kategorieë vir populariteit: Beste liedjie en mees

Populêre kunstenaar.

Na 12 jaar se harde werk en altesaam 2 SAMA- en 8 GMT nominasies, is hierdie

toekenning vir Davel ‘n groot eer en ‘n reuse verrassing. “Die feit dat ek hierdie en alle

vorige albums sonder enige hulp of finansiële ondersteuning van ‘n platemaatskappy of

agent/promotor vervaardig en bemark het, maak dit nog ‘n groter aanmoediging vir my

om voort te gaan. As ‘n individu moet mens net soveel harder werk om jou musiek by die

publiek en radiostasies uit te kry, en hierdie toekenning spoor my net verder aan.”

Godinne op die grondpad is suiwer Davel in murg en been, met witwarm, 100%

oorspronklike musiek. 13 liedjies geskryf deur Davel die afgelope 13 jaar.

Van Suid Afrika se beste musikante het saamgewerk tydens die opname van ‘Godinne’

o.a.Mauritz Lotz, Neill Etteridge, Brendan Ross, Fuzz, Vincent van Rooyen e.a. Musiek

Page 2

15 November

Wynproe

Reunies

10 Junie

SR – Reunie 1995 tot 1999

Kontak Vivian Claassen

Tel (018) 299-2768

Epos: bkkvc@puk.ac.za

8-9 Junie

Verpleegkunde 40 jarige

feesvieringe

Kontak

Mev Charmaine van der

Westhuizen

Tel (018) 299-1829

Epos:vpkcsvdw@puk.ac.za

21 & 22 Julie

Veritas

reunie

Kontak Leona Cain

Tel (018) 299-2764

Epos:bkklbc@puk.ac.za

22 Julie

Wapad vier hul 60ste

bestaansjaar

Kontak Vivian Claassen

Tel (018) 299-2768

Epos:bkkvc @puk.ac.za

20 Oktober

Eerstejaars van 1956 reunie

PUK-Bondsnuusbrief

regie is behartig deur die briljante Matthys Maree, ook verantwoordelik vir die musikale

produksie op Davel se eerste 2 albums ‘Te Diep’ en ‘Gypsy’, beide benoem vir SAMA’s

in 2001 en 2003. Haar 4de cd Linger word in Junie 2006 vrygestel, en is ‘n jazz

standard album met musiek van Nat King Cole, Frank Sinatra, Louis Armstrong en Dean

Martin.

Bekende Afrikaanse kunstenaars op "Ein Prosit"

Bekende kunstenaars soos onder meer Johannes Kerkorrel, Sally du Randt, Karin

Hougaard, Kobie van Rensburg, Anna Davel, Werner Nel, Rina Hugo, Pieter de Villiers,

Janita Claassen, die Alabama Studentegeselskap, Christa Steyn, Suzette Eloff, Danie

Niehaus, Johan van Rensburg en vele ander het saamgespan aan 'n CD-projek om geld

in te samel vir studielenings aan behoeftige oud-Pukke se kinders wat graag aan die

Potchefstroomkampus wil kom studeer. Hulle is almal deel van 'n groep van meer as

tagtig NWU-Pukkunstenaars aan wie erkenning gegee word op 'n stel van vier CD's

(genoem Ein Prosit) vir hul prestasies in die uitvoerende en skeppende kunste op

musiekgebied. [Lees meer]

Wynfees ware okkasie

Oud-Pukke en vriende van die PUK het onlangs saamgekuier by die 8ste Oud-Puk

Wynfees in Potchefstroom. Wynkelders en verteenwoordigers het ingesluit Distell, De

Wetshof Estate, Van Loveren Wyne, Wijnland Wyne, Klawer Wynkelder, Allesverloren en

Theuniskraal, Overhex Wynkelders, KWV en Bonnievale Wynkelders.

Professor ontvang gesogte toekenning

Page 3

Die Oud-Puk Wyngilde se

bestuur vir 2006 is van

links na regs: Gerrie

Benade, Johan Fourie,

Carina Coetzee, Gawie

Barnard, Alida Nienaber

(voorsitter). Afwesig:

Marthie Coetzee

28 Oktober

SR-reunie 2000 tot 2004

Saamtrekke

30 Mei

Lichtenburg

(by NWK)

Kontak Vivian Claassen by

Tel (018) 299-2768

Epos:bkkvc@puk.ac.za

2 Junie

Windhoek

(Arrebbusch Lodge)

Kontak Ds Callie Opperman

Tel 061 242004

Faks 061 231908

Sel 081 127 8238

Epos:

callie.opperman@iway.na

3 Junie

Swakopmund

(Swakopmund Primary

School)

Kontak Marie Booysen

Tel 064 405772 (h)

Tel 064 461071 (w)

PUK-Bondsnuusbrief

Prof. Gideon Greyvenstein van die fakulteit ingenieurswese aan

die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit het ’n toekenning

as een van die land se voorste navorsers van die nasionale

wetenskap- en tegnologieforum (NSTF) ontvang. Greyvenstein is

in die kategorie vir individue as die beste navorser aangewys wat

die afgelope vyf jaar met sy navorsing en -uitsette ’n uitstaande

bydrae tot wetenskap, ingenieurswese en tegnologie in Suid-Afrika

gelewer het. Greyvenstein is tans die waarnemende direkteur van

die nagraadse skool vir kernwetenskap en ingenieurswese aan die

Pukkampus. Hy was verantwoordelik vir die netwerk

berekeningsvloeidinamika-kode bekend as Flownex, wat tot 'n

groot mate in die korrelbed modulêre reaktor (PBMR) as die

primêre termo-hidrouliese ontwerpkode gebruik word. [Lees meer]

Twee fokusareas van die NWU-Puk kry eenheidstatus

Die vreugdevure brand hoog in die fakulteit gesondheidswetenskappe nadat die

Noordwes-Universiteit pas twee fokusareas in die fakulteit tot eenheidstatus verhoog het.

Die fokusareas is geneesmiddelnavorsing- en ontwikkeling met prof. Jeanetta du Plessis

as direkteur en voorkomende en terapeutiese intervensies onder direkteurskap van prof.

Esté Vorster is pas oor die toekenning van hul nuwe status ingelig.

Die vereistes waaraan ‘n navorsingseenheid moet voldoen behels onder meer dat dit ‘n

goed gedefinieerde missie, baie duidelike en gevestigde navorsingsprogramme en

gevestigde lede moet hê. Ook moet noue samewerking en spanwerk tussen die

subprogramme bestaan. Hierdie vereistes word baie streng toegepas tydens die

keuringsproses. [Lees meer]

Hulle is selfs beter as die Springbokke!

Page 4

Tel 064 461071 (w)

Sel 081 261 9834

Epos: dimarimi@iway.na

24 Junie

Rustenburg

4 Augustus

Bloemfontein

16 Augustus

Ingenieurswese

(Johannesburg)

17 Augustus

George

6 Oktober

London

7 Oktober

Hombré

14 Oktober

Witrivier

Vir meer inligting oor

saamtrekke of reünies, kontak

gerus Vivian Claassen by

(018) 299-2768 of epos:

bkkvc@puk.ac.za

Gereelde PUKnuus?

besoek

www.puk.ac.za

PUK-Bondsnuusbrief

Die eer wat vier Pukke te beurt geval het, is

selfs beter as om vir ’n Springbokspan

gekies te word! Die vier studente, Jana du

Plooy, Ferdi Liebenberg, Mandie Schutte en

Tina Tshupane, wat almal musiek studeer,

is vier van slegs vyf sangers in Suid-Afrika

wat vir die wêreldjeugkoor gekies is.

Van links is Ferdi Liebenberg, Jana du

Plooy, Mandie Schutte en Tina Tshupane.

Volgens Peet Ryke van die departement kultuur op die Puk-kampus, is dit ’n groot eer om

vir dié koor gekies te word. Oudisies van honderde kandidate word van oral in die wêreld

ontvang en word deur drie van die wêreld se beste koordirigente gekeur. Ryke sê die

standaard van Suid-Afrikaanse kore is van die beste in die wêreld. Ryke sê die Puk is

sedert 2005 die werwingsentrum vir die wêreldjeugkoor. Die universiteit is ook van vanjaar

die sentrum om lede vir ‘n wêreldjeugsimfonieorkes te werf. [Lees meer]

NWU eerste met 'n leerstoel in kerningenieurswese

Die Noordwes-Universiteit is die eerste universiteit in Suid-Afrika aan wie 'n leerstoel in

kerningenieurswese toegeken is. Die toekenning van R11 miljoen oor vyf jaar deur die

departement van wetenskap en tegnologie in samewerking met die PBMR-maatskappy sal

aangewend word vir 'n professoraat in kerningenieurswese en die hele infrastruktuur

rakende onderwys en navorsing.

Die universiteit is al geruime tyd op die voorpunt van navorsing en ontwikkeling van

simulasieprogrammatuur vir die ontwerp van Suid-Afrika se eerste korrelbedkernreaktor

(PBMR) kragstasie, s ê prof. Gideon Greyvenstein, programleier. Hierdie programmatuur

speel 'n sleutelrol in die ontwerp van die nuwe korrelbed modulêre reaktor (PBMR)

kernkragaanleg wat tans in Suid-Afrika ontwikkel word.

Vir nagraadse- en navorsingsnavrae kontak die Nagraadse Skool vir Kernwetenskap en

Ingenieurswese by (018) 299-4363. [Lees meer]

Maatskaplike werkers nou beter toegerus vir hof

Die geweldige toename in kindermolestering en -mishandelingsake in Suid-Afrika stel al

Page 5

PUK-Bondsnuusbrief

Die geweldige toename in kindermolestering en -mishandelingsake in Suid-Afrika stel al

hoër eise aan maatskaplike werkers om deskundige getuienis in howe te lewer. Die

Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is die enigste universiteit in die land

wat van vanjaar ’n meestersgraad (maatskaplike werk) in forensiese praktyk aanbied. Die

graadkursus sal die leerder toerus om op ’n gevorderde vlak in die hof as deskundige op

te tree. Die programleier, dr. Cornelia Wessels, wat self al by etlike sake sulke getuienis

moes lewer, sê meer en meer maatskaplike werkers word as gevolg van hoë statutêre

ladings aan die eise van howe blootgestel. Die hoë eise het tot gevolg dat maatskaplike

werkers aan die hof moet bewys kan lewer dat hulle deskundiges is en oor die nodige

kennis, vaardighede en ervaring beskik.

As gevolg van die geweldige toename word daar ’n verdere verwagting deur die howe

geskep, naamlik dat maatskaplike werkers die howe van hulp sal wees in die assessering

van hierdie kinders en die skuldigbevinding van die molesteerder. Die behoefte na so ’n

kursus spruit nie net uit die praktyk nie, maar ook vanuit die Beroepsraad, SA Raad vir

Maatskaplike Diensberoepe. In Suid-Afrika bestaan daar tans nog geen nagraadse

kwalifikasie op ’n M-vlak in forensiese maatskaplike werk nie. Die opleiding van

maatskaplike werkers in dié spesialiteitsveld bied ook nuwe geleentheid vir navorsing.

Baie min navorsing is tot nog toe op die gebied binne die Suid-Afrikaanse konteks

gedoen. Die onderrig en opleiding behels teoretiese en praktiese werk, asook ’n

navorsingsprojek van beperkte omvang.

Vir meer inligting oor die meestersgraad skakel dr. Cornelia Wessels by (018) 299-1683 of

rig skriftelike navrae aan mwkccw@puk.ac.za [Lees meer]

NWU-Puk bied Afrikaans in België aan

“Dit is vir ons ’n oorwinning vir Afrikaans en sluit die venster vir Afrikaans na Europa

verder oop. Dit is beslis ’n veer in die hoed vir die Puk en vir Afrikaans.” Só sê prof.

Wannie Carstens, direkteur van die skool vir tale, n á ’n ooreenkoms onlangs met die

Universiteit van Antwerpen (UA) in België gesluit is om Afrikaans later vanjaar as

akademiese keusevak in die opleiding van taal- en letterkundestudente daar te begin

aanbied.

Ná jare se gesprekke en onderhandelinge het die planne vanjaar vrugte afgewerp.

Carstens sê die proses het reeds in 1994 begin en aanvanklik is ooreenkomste slegs vir

die uitruil van studente gesluit. Die kursus sal vir ’n proeftydperk van twee jaar aangebied

word en behels ’n kursus in letterkunde vir een semester en ’n tweede semester met

Page 6

PUK-Bondsnuusbrief

taalkunde. Die kursus sal dan vir lewensvatbaarheid en effektiwiteit evalueer word.

Hy sê dié stap bewys dat die NWU se Potchefstroomkampus inisiatiewe in belang van

Afrikaans neem. Dit is ook ’n voortsetting van die toewyding van dosente van Afrikaans

en Nederlands by hul vak en die uitbou daarvan. “Dit is vir ons belangrik dat Afrikaans in

sy moederland oorleef en ook daar verder uitgebou word.” [Lees meer]

Medewerkers: Karien Brits, Vivian Claassen en Lieze du Preez

Page 7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!