Uitgawe 10 – FEB 2013 - agri - spmdesigns.co.za
Uitgawe 10 – FEB 2013 - agri - spmdesigns.co.za
Uitgawe 10 – FEB 2013 - agri - spmdesigns.co.za
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
@ a g r i

Jou no.1 aanlyn tydskrif Uitgawe 10 • Februarie 2013

Hoofartikel:

Hoofartikel:

loonverhogings

loonverhogings

vir plaaswerkers

word word wyd wyd gekritiseer

gekritiseer

Voorgestelde

elektrisiteitstariewe

gaan landbou lamlê

Noord-Kaap

Suid-Vrystaat

Vraag na aangepaste

ramme groei steeds

Pannar bied

Extravaganza aan
C livé

B urger

FOTOGRAFIE

FOTOGRAFIE

053 591 0761 • 083 708 3974

S P M

DES GNS

S P M

DES GNS

GRAPHIC | WEB DESIGN

Laat my toe om

jou mooiste dag

se herinneringe met

'n kamera vas te lê.

• brochures

• flyers • posters

• banners • stickers

• web page design

• e-mail stationery

• business cards

• letterheads

• logo’s

Stephan Vorster 082 655 3278 • stephan@spmdesigns.co.za • www.spmdesigns.co.za
2 Redaksie

3

4

4

@agri

@agri Dagboek

Alfa & Omega

Uit my Inbox

6 Loonverhogings

gaan verreikende

gevolge vir landbou hê

Voorbladfoto: Clivé Burger

Clivé Burger - Redakteur

083 708 3974 agriclive@mweb.co.za

8

12

18

19

20

22

23

24

26

28

30

32

35

Stephan Vorster - Grafiese ontwerper

spmads@iburst.co.za

Uitgawe 10: Februarie 2013

Kommersiële mielies se

aanplantings is meer

Agri NK sê duidelik nee vir verdere

elektrisiteitsverhogings

Plaasaanvalle kan net meer word

Boere kan nie prysnemers

op grond ook word nie

Landbou in Noord-Kaap

vir 2013 lyk belowend

VS Landbou stuur skrywes aan lede

oor loonverhogings

Internasionale Gimkana

Jeugspele word aangebied

Plaaslewe het gelei tot groot

moontlikhede en besigheid

Vaccinate horses to curb

African horse sickness

Consultative process on the

meat inspection service at

abattoirs in SA commence

Vraag na aangepaste ramme bly groot

Pannar wys beste verkoopspersoon

vir die jaar aan

Kliek, kliek...koop!

Februarie 2013 1
Die opinies wat deur persone in hierdie publikasie geopper word, is persoonlik en weerspieël nie noodwendig dié van die redaksie of medewerkers nie.

2

s daar nou een ding is wat ek nie kan

Averstaan nie, is dit die manier hoe mense

in Suid-Afrika “opstandig” (sag gestel!)

raak. Nou die dag hoor ek weer van 'n plek, soos

ook die geval nou onlangs in Sasolburg was,

waar woedende inwoners bande in strate brand,

winkels plunder, motors beskadig en so meer.

Die rede? Omdat hulle nie tevrede is met dienste

wat die munisipaliteit nie bied nie of kwaad is vir

een of ander “official” wat nie sy werk doen nie of

geld gesteel het of wat ook al. Liewe aarde, ek

stem saam, ons moet woedend raak oor swak

dienste, hemelhoë salarisse, onkundige

personeel, maar moet ons dan nou self goed

breek en brand om ons misnoeë met die situasie

te toon. En baie keer word hier nog mense

beseer ook in hierdie tipe opstande.

Wat het van ons samelewing geword? As jy nie

tevrede is met iets nie, dan breek jy dit of steek

dit aan die brand. Die onluste (wat gespruit het

oor ongelukkigheid oor lone) in die Wes-Kaap is

'n sprekende voorbeeld hiervan. “Hierdie boer

betaal ons nie genoeg nie, ons lei honger, kom

ons brand sy wingerd af.”

Genade, mens slaan nie die hand wat jou voed

nie! Plaaswerkers (en steeds glo ek dat hulle

gemanipuleer en beïnvloed is deur die manne in

die 'pound seats') in die Wes-Kaap het hul

ontevredenheid getoon deur pakkamers en

wingerde af te brand, winkels in die dorpe (wat

inderdaad niks met hul lone te doen het nie)

geplunder en beskadig. Dit is juis oor hierdie

uitgangspunt en wyse van omgang wat ons nooit

'n stap vorentoe sal kan gee nie. Want probleme

word eenvoudig net nie so opgelos nie. En dit

nogal met die aanmoediging van vakbondhoofde

en gemeenskapleiers.

En my beskeie mening? Die Regering het hierdie

verhoging in minimum lone deur gestoomroller,

maar die werklike harde houe sal hulle nou begin

voel, want pleks vir die werkers 'n beter lone te

beding (wat streekgebaseerd is), gaan daar nou

baie meer gesinne hieronder lei, want boere het

eenvoudig in vandag se boerdery-

Februarie 2013

omstandighede net nie meer geld om

buitensporige lone te betaal nie. Pleks die

Regering het eerder ingespring en aangebied om

dit te subsidieer (soos wat ander lande deur hul

regerings gehelp word), maar nou gaan daar

verseker afleggings kom.

Daar word nou links en regs beroepe op boere

gedoen om nie onnodige afleggings te doen nie,

maar eerlikwaar, as jy dit nie kan bekostig nie,

wat moet jy doen. En dit is ek 100% seker van –

dit is nie wat boere wou gehad het nie, maar

weer eens het die Regering en sy “comrades”

hiervoor gesorg. En ek glo op die lang duur gaan

ons arbeiders hieronder lei.

Die Regering se Nasionale Ontwikkelingsplan het

juis ten doel dat landbou vir meer

werksgeleenthede sal sorg. Hierdie

loonverhogings is dan mos lynreg daarmee in

kontras!

Die boerderygemeenskap was en is nog al die

jare een van die bedrywe wat die beste vir hul

werkers gesorg het. Dit is tog jammer dat die

ANC-regering altyd 'n haas uit 'n hoed wil ruk en

dan met die “vere” in die hand sit. Soos nou ook

weer die geval sal wees.

Ander interessante artikels vandeesmaand gaan

oor elektrisiteitsverhogings – en ook weer hier

word boere bitter hard geslaan. Die mense wat

die land moet voed, se skoenveters word aan

mekaar vasgebind. En wie gaan vir hiedie gelag

betaal? Sekerlik nie Eskom nie. Nee hulle gaan

eerder elke verhoging vier met 'n ontbyt saam

met hooggeplaaste vriende – wat die

belastingbetaler miljoene rande gaan kos!

Daar is egter goeie nuus ook (ons moet soms net

vir dit soek). Die vooruitskouing vir boederye in

die Noord-Kaap lyk tog goed ná 'n paar moeilike

jare wat gekenmerk was deur vloede en brande!

Tot volgende keer.

Clivé
@agri

19 – 23 February Intensive course in wildlife production of sable, roan, buffalo and colour variants.

Contact Petronel Nieuwoudt 082 825 8735 Petronel@careforwild.co.za.

19 Februarie Graan SA streeksvergadering by Rysmierbult Boeresaal, Rysmierbult om 9:00.

19 Februarie Graan SA streeksvergadering by die Boere Unie Saal, Ottosdal om 15:00.

19 Februarie Graan SA streeksvergadering by Plek vanni Visarend, Bloemhof om 11:00.

19 Februarie Graan SA streeksvergadering by die Geel Huis, Wolmaransstad om 15:00.

20 Februarie Graan SA streeksvergadering by die Soutkop Boerevereniging Saal, Ficksburg om 9:00.

20 Februarie Graan SA streeksvergadering by die Golfklub, Viljoenskroon om 14:00.

20 Februarie: Welkom - ILE DE FRANCE veiling te Vêrgesigte Boerdery (Ferdi Naudé).

Vir navrae, kontak SA Stamboek by 051 4100 900.

21 Februarie Upington - Agri Noord-Kaap in samewerking met Agri SA beplan 'n inligtingsbyeenkoms te

Upington om 12:00 by Hoërskool Duineveld. Vir enige verdere navrae, bel Agri Noord-Kaap se

kantore in Kimberley by 053 832 9595.

21 Februarie Graan SA streeksvergadering by Springboklaagte (Plaas Danie Minnaar), Kroonstad om 13:30.

21 Februarie Graan SA streeksvergadering by die Orania Gemeenskapsentrum, Orania om 11:00.

15 en 16 Maart Moderrivier - Rietrivier Landbou-ekspo by GWK Modderrivier se terrein.

Vir enige verdere navrae, kontak GWK by 053 298 8200 of Nicky du Plooy by 082 568 7760.

20 tot 24 Maart Jacobsdal - Die Jacobsdal Ruiterklub bied 'n internasionale Gimkana Jeugspele

by die Hoër Landbouskool buite die dorp aan.

Inligtingsbyeenkoms in Upington om

arbeidsloondebakel te bespreek

Agri Noord-Kaap in samewerking met Agri SA beplan 'n inligtingsbyeenkoms te

Upington, Donderdag, 21 Februarie 2013 om 12:00 by Hoërskool Duineveld.

Johannes Möller, Agri SA President en Annelize Crosby, Agri SA se regsadviseur

sal tydens die byeenkoms optree. Ons nooi u as landbouers almal uit om te kom

luister en inligting te kry oor die agtergrond, die verloop van die proses en die pad

vorentoe!

Vir enige verdere navrae, bel Agri Noord-Kaap

se kantore in Kimberley by 053 832 9595.

Sluitingsdatum vir die Maart 2013-uitgawe van @agri vir kopie, foto's en advertensiemateriaal: 28 Februarie 2013.

Dorpe in die Noord-Kaap en Suid-Vrystaat word versoek om asseblief alle belangrike

datums aan @agri deur te gee vir plasing. Stuur die inligting na agriclive@mweb.co.za.

Februarie 2013 3
Leef terwyl jy leef

Lukas 16:22 – Uiteindelik is die

bedelaar dood, en hy is deur die engele

weggedra om by Abraham te wees.

Daar word gesê dat daar net twee

dinge in hierdie lewe is waaroor ons

seker kan wees: verandering en die

dood. Dis waar vir hulle wat nie

Christus as hul Verlosser wil aanvaar

nie. Vir gelowiges is daar egter soveel

meer sekerhede:

· Ons kan seker wees dat, wat

ook al met ons gebeur, ons 'n

Vader sal hê wat ons sal

vashou, dra en lei.

· Ons kan seker wees dat die

dood nie vir ons 'n verskrikking

sal wees nie. Die manier hoe

ons te sterwe kom, is dalk

pynlik, skielik of traumaties,

maar die dood self hoef ons glad

nie te vrees nie.

· Ons kan verder rustig wees oor

die lewe ná die dood – daar sal

geen pyn en lyding wees nie.

· Ons kan by uitstek seker wees

dat ons in die lewe hierna die

volle vreugde, heerlikheid en

vrede van die hemel sal ervaar.

James Drummond Burnes het op sy

sterfbed uitgeroep: “Ek was vir baie

jare besig om te sterf. Nou kan ek

begin leef.” Miskien moet ons eerder

bid dat ons – ook terwyl ons leef –

werklik met vreugde sal lééf juis omdat

ons seker kan wees dat ons Here altyd

by ons is: nou tot in ewigheid.

Hoe wonderlik dat kinders van God met

'n rykdom van sekerheid kan leef... en

kan sterf!

(Uit: Laat Sy Liefde Jou Lei – Milanie Vosloo)

4

Februarie 2013

Life

We never get what we want,

We never want what we get,

We never have what we like,

We never like what we have.

And still we live & love.

That's life...

The best kind of friends,

Is the kind you can sit on a porch and swing with,

Never say a word,

And then walk away feeling like it was the best conversation

you've ever

had.

It's true that we don't know

What we've got until it's gone,

But it's also true that we don't know

What we've been missing until it arrives.

Giving someone all your love is never an assurance

that they'll love you back!

Don't expect love in return;

Just wait for it to grow in their heart,

But if it doesn't, be content it grew in yours.

It takes only a minute to develop a crush on someone,

An hour to like someone,

And a day to love someone,

But it takes a lifetime to forget someone..

Don't go for looks; they can deceive.

Don't go for wealth; even that fades away.

Go for someone who makes you smile,

Because it takes only a smile to

Make a dark day seems bright.

Find the one that makes your heart smile!

May you have

Enough happiness to make you sweet,

Enough trials to make you strong,

Enough sorrow to keep you human,

And enough hope to make you happy.

Always put yourself in others' shoes.

If you feel that it hurts you,

It probably hurts the other person, too.

The happiest of people

Don't necessarily have the best of everything;

They just make the most of everything that comes along their

way.

Happiness lies for

Those who cry,

Those who hurt,

Those who have searched,

And those who have tried,

For only they can appreciate the importance of people

Who have touched their lives.

When you were born, you were crying

And everyone around you was smiling.

Live your life so that when you die,

You're the one who is smiling

And everyone around you is crying.

(Gestuur deur Marian van der Westhuizen)
G A S T E H U I S E

Adverteer jou gastehuis!

Veenwouden Gastehuis, Jacobsdal: Egte, plattelandse atmosfeer en vriendelikheid.

Skakel Miranda van der Walt by 083 7090 688 of 053 591 0757 (ná 15:00)

Veenwouden Gastehuis, Jacobsdal

Egte, plattelandse atmosfeer en vriendelikheid.

Skakel Miranda van der Walt by 083 7090 688

of 053 591 0757 (ná 15:00). Ervaar die platteland,

sonder enige pretensies, net soos dit is.

1/8ste blad advertensie

+ link na volblad

pdf-advertensie in

beide tydskrif en op

@agri se webwerf.

R1500

Vir enige navrae kontak Clivé Burger by

053 591 0761, 083 708 3974, stuur ‘n faks na

086 502 3941 of e-pos na agriclive@mweb.co.za.

@ a g r i

R60

Noord-Kaap

Suid-Vrystaat

www.leesagri.spmdesigns.co.za

R30

Het jou gastehuis

al sy eie webwerf?

In vandag se tyd kan jy dit nie

bekostig om nie een te hê nie!

S P M

DES GNS

S P M

DES GNS

Stephan Vorster 082 655 3278

Graphic / Web Design

stephan @ spmdesigns .co.za

www. spmdesigns .co.za

R2500
ie afkondiging oor die nuwe minimum

Dlone vir plaaswerkers het rolspelers in

die landbou warm onder die kraag en

almal is dit eens dat die minister van arbeid,

Mildred Oliphant, nie die implikasies hiervan in

ag geneem het nie. Die minimum lone is met

52% verhoog vanaf R69 tot R105 per dag

vanaf 1 Maart 2013.

Agri SA het in 'n verklaring gesê die afkondiging

hou drastiese implikasies vir landbou en

verwante bedrywe in. Dit is veral in die

arbeidsintensiewe bedryfsvertakkinge waar

daar van plaas-tot-plaas nou besluite geneem

sal moet word oor watter aanpassings nodig is

om kop-bo-water te hou.

Struktuuraanpassings is onafwendbaar, veral

as hoër brandstof- en waterpryse en 'n

waarskynlike skerp eskalasie in elektrisiteitstariewe

in ag geneem word,” het Johannes

Möller, president van Agri SA, gesê.

Hy sê dat Agri SA gefrustreerd is dat goeie

navorsingsinligting wat aangedui het dat 'n

loonvlak van R104 per dag grootliks onbekostigbaar

is, misken is deur die toetreevlakloon

tot R105 per 9 uur werksdag te verhoog. “Dit is

aanduidend dat populêre aandrang op hoër

lone groter gewig gedra het as die implikasies

daarvan op die volhoubaarheid van die bedryf,

insluitend sy vermoë om werksgeleenthede in

stand te hou.”

Die implikasie van hierdie loonaanpassing in 'n

bedryf waar boere prysnemers en nie prysmakers

is nie, veral in internasionale konteks,

is nie bevorderlik vir vertroue, vir investering en

die instandhouding van die bedryf se bydrae

tot voedselsekerheid nie. Dit moet ook bevraagteken

word teen die agtergrond van die

Nasionale Ontwikkelingsplan – wat onlangs

deur die regerende party as sy verwysingsbron

vir beleid aanvaar is – waarin die verwagting

6

Februarie 2013

Loonverhogings

gaan verreikende

gevolge vir landbou hê

geskep is dat landbou teen 2030 'n addisionele

1 miljoen werksgeleenthede gaan skep.

Volgens Möller het navorsing ook getoon dat

dit veral middel tot klein boerderye is wat nie

hierdie loonvlak sal kan bekostig nie en

derhalwe die transformasieproses in die

landbou gaan bemoeilik. Afleggings kan ook tot

meer armoede in groter informele nedersettings

lei met gepaardgaande sosio-maatskaplike

vraagstukke en misdaad waaraan landelike

gemeenskappe reeds uitermatig blootgestel

is.

Wat Agri SA aanbetref sal die regering saam

met rolspelers in die bedryf dringend in

gesprek moet tree oor wat nodig is om die

bedryf aan te spoor om aan verwagtinge te

voldoen asook die faktore wat negatief op die

bedryf inwerk, uit die weg te ruim, het hy gesê.

Graan SA het gesê die loonverhogings sal lei

tot afleggings en toenemende belegging in

meganisasie. Graanprodusente is egter

gemaan om eerder te fokus op opleiding en die

verhoging van produktiwiteit as meganisasie of

afleggings.

Louw Steytler, voorsitter van Graan SA, het 'n

beroep gedoen op alle graanprodusente om,

waar moontlik, afleggings te beperk en om nie

oorhaastige korttermynbesluite te neem nie.

Die graanbedryf word egter nie in dieselfde

mate geaffekteer soos byvoorbeeld die

arbeidsintensiewe bedrywe soos vrugte- en

groenteverbouing nie.

Luidens 'n verklaring het Graan SA gesê die

regering se Nasionale Ontwikkelingsplan fokus

sterk op die landboubedryf se bydrae tot

werkskepping en dat Graan SA die beginsel

van werkskepping ondersteun. 'n Beroep is op

die staat gedoen om 'n beleidsraamwerk
waarbinne werkskepping bevorder kan word,

daar te stel. “Graan SA het empatie met

werklose persone in die land. Die sosiale

verantwoordelikheid vir werkskepping kan

egter nie net voor die deur van landbou gelê

word nie. Die staat en die privaat sektor het

ook 'n rol daarin te speel.

“Die verhoging in minimum lone kan voedselsekuriteit

bedreig indien die kostes daarvan die

winsgewendheid van die sektor onmededingend

maak. Die graanbedryf funksioneer in

'n vrye mark waar graanprodusente prysnemers

is en gevolglik kan hoër lone nie net bloot

aan verbruikers deurgegee word nie”, aldus

Steytler.

Ds. Theunis Botha, leier van die Christen-

Demokratiese Party, het gesê alhoewel ons

almal in die land 'n leefbare en menswaardige

loon gun, is hulle bekommerd dat die regering

se benadering tot minimumlone vir plaaswerkers

katastrofiese gevolge sal hê.

“Die probleem het ontstaan deurdat die

regering vir gans te lank die kommersiële

landbou in die steek gelaat en onder druk

geplaas het. Dit het tot gevolg dat die land

jaarliks boere verloor – ook deur plaasmoorde

– en so ook werksgeleenthede vir plaaswerkers.

Die probleem word nou 'opgelos' deur

die simptome aan te spreek, terwyl die boere

ook hoër brandstofkostes en waarskynlink ook

hoër as inflasie elektristiteitstariewe sal moet

absorbeer.

“Ons moedig die regering aan om verantwoordelikheid

vir die probleem te aanvaar en die

probleme wat nou veroorsaak is die hoof te

bied deur die landbou te ondersteun, en so te

keer dat stede en dorpe deur nog 'n vloedgolf

werkloses getref word.”

TLU SA is van mening dat landbou hierdie lone

nie kan bekostig nie en dat die minister

moontlik bepaalde perke oorskry het met haar

beslissing. TLU SA saam met ander landbouorganisasies

het verlede jaar toegestem tot 'n

verhoging van R80 per dag, wat 'n styging van

meer as 15 persent, oftewel byna drie maal die

inflasiekoers, sou verteenwoordig. Die minister

se verhoging van bo 15% is bo enige perk van

billikheid en redelikheid, lui hul verklaring.

Daarbenewens is die tydskaal wat gegun is om

te besin oor die hele kwessie, ook nie redelik

en billik nie met die gevolg dat die volledige

impak daarvan op landbou nooit tot op die kern

nagevors is nie.

Volgens TLU SA het hulle reeds op 15

November 2012, toe die eerste druk van 'n

verhoging van die lone ter sprake gekom het,

dit in 'n skrywe aan die president en die

minister van landbou duidelik gestel dat daar

eers 'n hele paar sake is waaraan binne

landbou aandag gegee moet word voordat

daar oor die lone gepraat kan word. Geen

reaksie is daarop ontvang nie.

“Die Wes-Kaap se model is nou van toepassing

gemaak sonder om te let op die diversiteit

van produkte, die diversiteit van streke en die

individuele behoeftes en vermoëns van boere.

TLU SA het sy regspan opdrag gegee om alle

opsies te ondersoek ten einde die aangekondigde

minimumlone te wysig.”

TLU SA het gesê ter wille van stabiliteit in die

landbou, die belang van beide werknemers en

werkgewers, asook volhoubaarheid en voedselsekerheid,

word 'n dringende beroep op die

minister van arbeid gedoen om die inwerkingstelling

van die minimumlone op ys te stel.

“Ons sal steeds boere adviseer om tot tyd en

wyl alle kwessies opgelos is, hul lone tot R80

per dag aan te pas. Hierdie saak moet egter

spoedeisend hanteer word. Indien die minister

nie op versoeke reageer nie, sal boere

geadviseer word om binne die bepalings van

tersaaklike wetgewing, spoedeisend stappe in

werking te stel om hulle arbeidsmag aan te pas

in ooreenstemming met hulle salarisbegroting,

ten einde te kan oorleef sonder om voedselsekerheid

in gevaar te stel, het TLU SA se

president, Louis Meintjes, gesê.

Die boere met wie @agri gesels het, was dit

eens dat hulle nie hierdie nuwe verhoogde

loon sal kan bekostig nie. Jean Steenkamp, 'n

aartappelboer van Jacobsdal, het onomwonde

gesê hy gaan verplig wees om 20% van sy

permanente werkers en 30% van sy los

werkers te sny. “Al uitweg is om verder te

meganiseer. Ek gaan dit nie kan bekostig om 'n

werker aan te hou wat byvoorbeeld vloere vee

nie. Ons sal meer produktief te werk moet

gaan.”

'n Ander boer wat baie gediversifiseerd boer,

het gesê die nuwe loonverhogings sal beteken

dat hul uitgawes vir lone sowat R700 000 per

jaar meer gaan wees. Hulle sal dit eenvoudig

net nie kan betaal nie, en dit sal beteken dat

daar opnuut gekyk sal moet word waar gesny

kan word en dat werkers meer produktief

aangewend sal moet word.

Februarie 2013 7
Kommersiële mielies se

aanplantings is meer

ie beplande aanplantings vir kommersiële

Dmielies is meer as wat aanvanklik

aangedui is.

Volgens die Nasionale Oesskattingskomitee is

die voorlopige skatting van die oppervlakte

onder kommersiële mielies 2,780 miljoen ha,

wat 2,99% of 80 800 ha meer is as die 2,699

miljoen ha wat verlede seisoen aangeplant is.

Dit is ook 1,64% meer as die voornemens om te

plant syfer van 2,735 miljoen ha soos vrygestel

in Oktober 2012.

8

SOMERGEWASSE – VOORLOPIGE OPPERVLAKTESKATTING: 2013

CROP/GEWAS

Februarie 2013

Commercial/Kommersieel:

Area planted/

Opp beplant

Die oppervlak onder witmielies het egter

afgeneem. Die skatting is 1,620 miljoen ha, wat

'n afname van 0,99% of 16 200 ha

verteenwoordig vergeleke met die 1,636 miljoen

ha die vorige seisoen. In die geval van

geelmielies is die oppervlakteskatting 1,160

miljoen ha, 9,13% of 97 000 ha meer as die

1,063 miljoen ha geplant die vorige seisoen.

Die aanplanting van sonneblomsaad is ook meer

en die voorlopige oppervlakteskatting vir

sonneblomsaad is 485 000 ha, wat omtrent

Area planted/

Opp beplant

Finale oes/

Final crop

Change/

Verandering/

2013

2012

2012

Ha Ha Tons %

(A) (B) (C) (A) ÷ (B)

White maize/Witmielies 1 620 000 1 636 200 6 740 000 -0,99

Yellow maize/Geelmielies 1 160 000 1 063 000 5 090 000 +9,13

Maize/Mielies 2 780 000 2 699 200 11 830 000 +2,99

Sunflower seed/Sonneblomsaad 485 000 453 350 522 000 +6,98

Soya-beans/Sojabone 529 000 472 000 650 000 +12,08

Groundnuts/Grondbone 44 000 45 450 59 000 -3,19

Sorghum 61 000 48 550 135 500 +25,64

Dry beans/Droëbone 43 450 39 750 47 695 +9,31

TOTAL/TOTAAL 3 942 450 3 758 300 13 244 195 +4,90

Nota: Skatting is vir kalenderjaar, bv . produksie-seisoen 2012/13 = 2013
Ha

1 900 000

1 700 000

1 500 000

1 300 000

1 100 000

900 000

700 000

500 000

1 737 000

2008

White Maize: Area planted

2008 - 2013

1 489 000

2009

6,98% of 31 650 ha meer is as die 453 350 ha

aangeplant die voriges eisoen.

Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone

is 529 000 ha, wat 'n toename van 12,08%

verteenwoordig vergeleke met die 472 000 ha

geplant die vorige seisoen. Hierdie is die

hoogste oppervlakte wat nog ooit met sojabone

geplant is.

Vir grondbone is die oppervlakteskatting 44 000

ha, wat 3,19% minder is as die 45 450 ha

geplant vir die vorige seisoen. Die oppervlakte

skatting vir sorghum het toegeneem met

25,64%, van 48 550 ha tot 61 000 ha teenoor

die vorigeseisoen. In die geval van droëbone is

die geskatte oppervlakte beplant 43 450 ha, wat

3 700 ha of 9,31% meer is as die 39 750 ha die

vorige seisoen geplant.

Wat wintergewasse vir die 2012produksieseisoen

betref, is die produksieskatting

vir met 19 900 ton tot 1,915 miljoen ton, wat

1,05% hoër is as die 1,895 miljoen ton van die

vorige skatting. Die oppervlakte beplant met

koring is onveranderd gelaat op 511 200 ha. Die

1 719 700

2010

1 418 300

2011

WIT- EN GEELMIELIES – VOORLOPIGE OPPERVLAKTESKATTING: 2013

Provinsie/

Province

White/

Wit

Ha

Area planted/

Oppervlakte beplant

2013

Yellow/

Geel

Ha

1 636 200

2012

Total/

Totaal

Ha

1 620 000

2013

White/

Wit

Ha

Ha

1 200 000

1 100 000

1 000 000

900 000

800 000

700 000

600 000

500 000

Area planted/

Oppervlakte beplant

2012

Yellow/

Geel

Ha

1 062 000

2008

Total/

Totaal

Ha

938 500

Yellow Maize: Area planted

2008 - 2013

2009

1 022 700

2010

White/

Wit

Tons

954 000

2011

Final crop/

Finale oes

2012

Yellow/

Geel

Tons

Western Cape/Wes-Kaap 300 3 000 3 300 500 2 500 3 000 5 000 25 000 30 000

Northern Cape/Noord-Kaap

Free State/Vrystaat

Eastern Cape/Oos-Kaap

KwaZulu-Natal

Mpumalanga

Limpopo

Gauteng

North West/Noordwes

Total/Totaal

2 000

725 000

3 700

45 000

165 000

30 000

74 000

575 000

1 620 000

50 000

505 000

15 000

47 000

305 000

22 000

45 000

168 000

1 160 000

52 000

1 230 000

18 700

92 000

470 000

52 000

119 000

743 000

2 780 000

2 200

710 000

3 500

44 000

160 000

32 000

74 000

610 000

1 636 200

gemiddelde opbrengs vir koring is 3,75 t/ha.

Volgens die oesskattingskomitee kan die

toename in die verwagte produksie van koring

hoofsaaklik toegeskryf word aan beter as

verwagte opbrengste, sowel as die feit dat

produsentelewerings, soos gemonitor deur

Sagis, effens hoër was as die geskatte oes.

Die verwagte produksie van koring is opwaarts

aangepas vir die Wes-Kaap met 13 600 ton of

1,56%, en vir die Noord-Kaap met 6 300 ton of

2,22%.

Die produksieskatting vir moutgars is ook

opwaarts aangepas na 296 230 ton, wat 9 850

ton of 3,4% hoër is as die 286 380 ton van die

vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir

moutgars is onveranderd gelaat op 84 940 ha,

terwyl die verwagt eopbrengs 3,49 t/ha beloop.

Die verwagte kanola-oes is afwaarts aangepas

met 4 625 ton of 5,49% na 79 650 ton. Die

oppervlakteskatting vir kanola is onveranderd

gelaat op 44 100 ha, met ʼn verwagte opbrengs

van 1,81 t/ha. Die hoofrede vir die afname in

47 000

450 000

13 500

45 000

290 000

18 000

42 000

155 000

1 063 000

1 063 000

2012

Total/

Totaal

Tons

1 160 000

2013

49 200 25 300 580 500 605 800

1 160 000 2 982 000 1 748 000 4 730 000

17 000 17 500 74 500 92 000

89 000 246 300 270 000 516 300

450 000 904 000 1 600 000 2 504 000

50 000 153 600 72 000 225 600

116 000 362 300 190 000 552 300

765 000 2 044 000 530 000 2 574 000

2 699 200 6 740 000 5 090 000 11 830 000

Februarie 2013 9
die produksie van kanola is as gevolg van 'n

afwaartse aanpassing in die syfer vir

produsentelewerings, soos gemonitor deur Sagis.

Die finale produksieskatting vir wintergewasse vir

die 2012-produksieseisoen sal ook op 26

Februarie vrygestel word.

Nota:

Die voorlopige oppervlakteskatting is hoofsaaklik

gebaseer op die resultate van 'n nie-ewekansige

opname onderneem deur die Direktoraat:

Statistiek en Ekonomiese Analise van die

Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en

weerspieël die situasie teen die middel van

Januarie 2013.

Inligting verkry vanaf die Produsente Onafhanklike

Oesskattingstelsel (PICES), soos deur die

10

WINTERGEWASSE – OPPERVLAKTE- EN SESDE PRODUKSIESKATTING: 2012

CROP/GEWAS

Februarie 2013

Area planted/

Opp beplant

2012

6 th forecast/

6 de skatting

2012

Nasionale Oesskattingskonsortium gerapporteer

vir Mpumalanga en Gauteng, is ook in berekening

gebring ten opsigte van die oppervlakte beplant

syfers.

Slegs die voorlopige syfers vir die nasionale

aangeplante area vir sonneblomsaad, sojabone,

grondbone, sorghum en droëbone vir die huidige

produksieseisoen is vrygestel.

Die hersiene aangeplante oppervlakte en

produksiesyfers sal deur die Oesskattingskomitee

op 26 Februarie 2013 vrygestel word en sal

hoofsaaklik gebaseer wees op inligting verkry

vanaf die PICES-opname vir die Noord-Kaap,

Vrystaat, KwaZulu-Natal en Noordwes, en behoort

gevolglik akkurater en omvattender te wees.

5 th forecast/

5 de skatting

2012

Area planted/

Opp beplant

2011

Final crop/

Finale oes

2011

Ha Tons Tons Ha Tons

Change/

Verandering

(A) (B) (C) (D) (E) (B) ÷ (C)

Wheat/Koring 511 200 1 915 310 1 895 410 604 700 2 005 000 +1,05

Malting barley/Moutgars 84 940 296 230 286 380 80 150 312 000 +3,44

Canola/Kanola 44 100 79 650 84 275 43 510 58 800 -5,49

Total/Totaal 640 240 2 291 190 2 266 065 728 360 2 375 800 +1,11

KORING – OPPERVLAK- EN SESDE PRODUKSIESKATTING: 2012

Province/

Provinsie

Area planted/ 6

Opp beplant

Ha

th forecast/

6 e Area planted/ Final crop/

skatting Opp beplant Finale oes

Tons

Ha

Tons

2012 2012 2011 2011

Western Cape/Wes-Kaap 272 000 884 000 265 000 710 000

Northern Cape/Noord-Kaap 42 000 289 800 42 000 336 000

Free State/Vrystaat 130 000 377 000 225 000 550 500

Eastern Cape/Oos-Kaap 4 500 20 700 5 000 21 000

KwaZulu-Natal 6 500 33 800 7 500 40 500

Mpumalanga 4 700 27 260 5 500 34 200

Limpopo 30 000 159 000 31 000 176 000

Gauteng 1 500 9 750 1 700 11 300

North West/Noordwes 20 000 114 000 22 000 125 500

Total/Totaal 511 200 1 915 310 604 700 2 005 000

12

Agri NK sê duidelik

nee vir verdere

elektrisiteitsverhogings

gri Noord-Kaap en by monde van sy vise-

Apresident, Nicol Jansen, 'n boer van

Hopetown, het onlangs op Nersa se

publieke verhore oor die verhoging in

elektrisiteitstariewe dit duidelik gestel dat

kommersiële en kleinboere dit nie kan bekostig

nie.

“Dit is onnodig en sal die ekonomie van die land

lamlê omdat boere dit nie gaan kan bekostig om

kos te produseer en werk te skep in die landbousektor

nie.”

Februarie 2013

Jansen het by die verhoor in Kimberley in sy

voorlegging gesê elektrisiteit is die lewensaar van

enige land se ekonomie, want daarsonder sal geen

land kan funksioneer nie. Indien daar 'n tekort van

elektrisiteit voorkom of as dit nie bekostigbaar vir

gebruikers is nie, sal dit baie negatiewe gevolge vir

'n land hê. Die bekostigbaarheid van elektrisiteit is

vir Agri Noord-Kaap 'n groot kommer.

Die tabel hieronder wys duidelik wat met

elektrisiteitstariewe in Suid-Afrika die afgelope

paar jaar gebeur het.

Increased Calculation

Unit costs % Increase Increase New Tarif

Year 1 2008/09

R 0.25 27.5% R 0.07 R 0.32

Year 2 2009/10

R 0.32 31.3% R 0.10 R 0.42

Year 1 2010/11 MYPD2

R 0.42 24.8% R 0.10 R 0.52

Year 2 2011/12

R 0.52 25.8% R 0.13 R 0.65

Year 3 2012/13

R 0.65 16.0% R 0.10 R 0.76

Sou die 16% voorgestelde verhoging in werking tree,

sal die prentjie as volg lyk:

Year 1 2013/14 MYPD3

R 0.76 16.0% R 0.12 R 0.88

Year 2 2014/15

R 0.88 16.0% R 0.14 R 1.02

Year 3 2015/16

R 1.02 16.0% R 0.16 R 1.18

Year 4 2016/17

R 1.18 16.0% R 0.19 R 1.37

Year 5 2017/18

R 1.37 16.0% R 0.22 R 1.59
'n Opsomming in die volgende tabel toon duidelik dat elektrisiteitstariewe (met 16%

verhoging) teen 2018 'n allemintige verhoging van 536% sedert 2008 sal beteken.

Percentage

Calculation

Timespan Years Initial Unit New Tariff Total % Average

Costs Increase per annum

2008-2012 5 R 0.25 R 0.76 202.8 40.6

2012-2018 5 R 0.76 R 1.59 110.0 22.0

2008-2018 10 R 0.25 R 1.59 536.0 53.6

Tarif

R 1.800

R 1.600

R 1.400

R 1.200

R 1.000

R 0.800

R 0.600

R 0.519

R 0.419

R 0.400R

0.319

R 0.200

R 0.000

2008/09

2009/10

2010/11

Electricity tariff increase

R 0.757

R 0.653

2011/12

2012/13

R 0.878

2013/14

Years

R 1.019

2014/15

R 1.182

2015/16

R 1.371

2016/17

R 1.590

2017/18

Die bostaande grafiek (Bron: Nersa) toon dus ook dat dit dui op 'n 53% verhoging per jaar.

Series1

Februarie 2013 13
14

“Die ekonomie van die Noord-Kaap is baie afhanklik van landbou. Die grootste landbou-intensiewe

besproeiingsarea is langs die Oranje- en Vaalrivier. Die grootste arbeidsmark word ook in hierdie gebiede

gevind. In hierdie gebiede word hoofsaaklik graan verbou. Wat het met hiedie twee kontantgewasse gebeur?

Geelmielies se Safex-pryse vanaf 2007 tot 2013 kan hieronder gesien word.

Bron: GWK

Die grafiek toon 'n gemiddelde verhoging van 25% vanaf 2007 tot Januarie 2013 wat dui op 'n

gemiddelde verhoging van 4% per jaar. Dit terwyl die prys van elektrisiteit in die ooreenstemmende

tydperk met 204% gestyg het – 'n gemiddeld van 34% per jaar.

Vanaf 2007 tot 2010 moes die landbousektor 'n afname van 40% in die Safex-prys van geelmielies

absorbeer terwyl Eskom se tariewe met 68% toegeneem het (R0.25 kW/h tot R0.42 kW/h).

Februarie 2013
Die grafiek onder toon die prys van koring vanaf 2008 tot 2013.

Bron: GWK

Die Safex-prys van koring het vanaf Januarie 2008 tot Januarie 2013 met 23,6% gestyg – 'n gemiddeld van

4,7% per jaar, terwyl elektrisiteitskostes met 137,5% toegeneem het. Dit is 27,5% per jaar.

Vanaf Junie 2008 tot Junie 2010 het die landbousektor 'n afname van 50% in die koringprys ervaar, terwyl

die elektrisiteitskostes in dieselfde tydperk met 62,5% (R0.32 kW/h tot R0.52 kW/h) toegeneem het.

Februarie 2013 15
16

Fluktuasies in kommoditeitspryse is die resultaat van

internasionale prystendense, daarom is die landbou 'n

prysnemer, want die toename in insetkostes kan nie

direk na die verbruiker gekanaliseer word nie. Deur

middel van globalisasie word kommoditeitspryse

internasionaal vasgestel en die plaaslike produsent

moet in die internasionale markte kompeteer.

ELEKTRICITY

(R/ha)

DIRECT INPUT

COST (R/ha)

OVERHEAD COST

(R/ha)

TOTAL INPUT

COST (R/ha)

Elect as % of

Direct cost

Elect as % of

Total Cost

* Data for

Februarie 2013

Production season

Year Eskom tariff Yellow Maize Wheat

2008/9 27.5% -17.6% -39.5%

2009/10 31.3% -26.6% -21.0%

2010/11 24.8% +25.0% +17.4%

2011/12 25.8% -27.0% -15.6%

Source : NERSA, GWK

2008

591.25

5,446.88

2,139.64

8,177.77

11%

7%

2009

866.54

7,891.98

2,347.99

11,196.51

2010

1,155.82

7,283.02

2,368.22

10,807.06

2011

1,261.13

6,858.87

2,939.83

11,059.83

2012

1,432.02

7,272.61

4,468.00

13,172.62

WHEAT

2013

1,661.14

7,781.69

4,780.76

14,223.60

2014

1,926.93

8,326.41

5,115.41

15,368.75

2015

2,235.23

8,909.26

5,473.49

16,617.99

2016 2017

2,592.87 3,007.73

9,532.91 10,200.21

5,856.64 6,266.60

17,982.42 19,474.54

11% 16% 18% 20% 21% 23% 25% 27% 29%

8% 11% 11% 11% 12% 13% 13% 14% 15%

2008 - 2012 was obtained from GWK Study groups statistics and is based on real figures

** Data for 2013 -2017 was projected figures (16 % yearly fot Electricity and 7% yearly inflation for all other costs)

2008

ELEKTRICITY

(R/ha) 632.81

DIRECT INPUT

COST (R/ha) 5 904.46

OVERHEAD COST

(R/ha) 1 973.11

TOTAL INPUT

COST (R/ha) 8 510.38

Elect as % of

Direct cost

11%

Elect as % of Total

Cost 7%

2009

589.39

7 692.93

2 350.76

10 633.08

8%

6%

2010

885.59

9 526.99

2 460.12

12 872.69

2011

1 234.87

2012

MAIZE

2 067.23

* Data vir 2008 - 2012 is verkry deur GWK studiegroepe en is gebaseer op ware syfers.

** Data for 2013 - 2017 is geprojekteerde pryse (16 % jaarlikse toename vir elektrisiteit en 7%

jaarlikse inflasie vir alle ander kostes)

9%

7%

2013

2 397.99

2014

2 781.66

2015

3 226.73

8 295.12 13 266.65 14 195.32 15 188.99 16 252.22

2 842.81 4 954.23 5 301.03 5 672.10 6 069.14

12 372.79 20 288.11 21 894.33 23 642.75 25 548.09

15%

10%

16%

10%

Europese lande se hoë gesubsidieerde pryse maak die

speelveld ongelyk vir plaaslike produsente en

veroorsaak dat plaaslike kommoditeitspryse tot onder

produksiekoste beweeg. Die gevolg hiervan is dat die

landbousektor nie die hoë elektrisiteitskostes kan

bekostig nie. Dit plaas outomaties groot druk op

voedselsekuriteit in Suid-Afrika.

17%

11%

18%

12%

20%

13%

2016

3 743.01

17 389.87

6 493.98

27 626.86

22%

14%

2017

4 341.89

18 607.16

6 948.56

29 897.62

23%

15%
“Op hierdie rekening kos netwerk- en dienskostes sowat R900 terwyl die werklike gebruik van krag sowat R300 is.

Dit is 'n onuithoudbare situasie en onbekostigbaar”, het Jansen gesê.

Die feit is die landbousektor kan nie 'n verdere 16%

per jaar verhoging vir die volgende vyf jaar

bekostig nie. Sulke stygings sal 'n baie negatiewe

invloed op voedselsekuriteit en werkskepping hê.

Die druk op kontantgewasse het reeds daartoe gelei

dat tussen 13 000 en 15 000 hektaar in die Noord-

Kaap reeds omgeskakel is na permanente gewasse

soos pekanneute. Hierdie syfer verhoog jaarliks

met 3 000 hektaar en is nie net op toepassing vir

pekanneute. Dit lei verder tot 'n afname in

permanente arbeid en die produksie van graan. Dit

is baie belangrik om daarop te let dat Suid-Afrika 'n

netto invoerder van koring is en die laaste twee jaar

is meer koring ingevoer as wat self geproduseer is.

Hierdie is 'n saak van groot erns. Dit maak Suid-

Afrika baie meer afhanklik vir invoere om

voedselsekuriteit te verseker, wat 'n baie

ongewensde situasie is.

Jansen het voorgestel dat Eskom eerder onderskei

tussen netwerkkostes en energiekostes, wetgewing

en hernubare energie.

Daar is baie inisiatiewe en werkbare programme

wat die druk op die voorsiening van elektrisiteit

kan verlig, maar wetgewing is nie in plek om dit te

kan akkommodeer nie.

So is die 5 GW solarplaas dalk 'n geleentheid vir die

Noord-Kaap en kan meer krag opgewek word as

wat Medupi kan en dit sal baie meer koste-effektief

wees as steenkool kragstasies. Dit sal verseker in

die toekoms ook goedkoper wees danksy die

vinnige ontwikkeling van tegnologie.

“Ons moet in gedagte hou dat Suid-Afrika net 10

tot 12 jaar se steenkoolreserwes het. Daarna sal ons

op Botswana en ander invoere moet staatmaak.

Ongelukkig word hierdie inisiatief vir die Noord-

Kaap nie so goed aanvaar as wat die geval vir

steenkool-kragaanlegte is nie.”

Die ontwikkeling hiervan kan die druk op die

verskaffing van krag verlig en Eskom hoef geen

groot kapitale uitlegte aan te gaan nie. Buitendien

hoef daar ook nie elektrisiteitsverhogings te wees

nie. Dit is net nodig dat die Ontwikkelingskommissie

en Regering dieselfde visie sal hê om die

regte rigting aan te dui.

“Die toekoms is verseker in hernubare energie,

maar Eskom wil eerder verbruikers se geld in

steenkoolkragstasies belê. Die verbruiker sal

hieruit geen dividende ontvang nie en natuurlike

hulpbronne sal boonop uitgedien wees oor 10 jaar.

Dit maak mos nie sin nie.

“Dan praat ons nie eens van die reuse bonusse wat

Eskom se topbestuur jaarliks ontvang nie. Of die

meer as R7 miljoen rand wat spandeer word op

sakeontbyte vir President Jacob Zuma se vriende

tussen November 2011 en einde verlede jaar.

Hierdie is uitgawes wat kom van geld wat gemaak

is uit tariefverhogings.”

Jansen het dit duidelik gemaak dat Agri Noord-

Kaap duidelik nee sê vir 'n verhoging van 110% oor

die volgende 5 jaar.

Februarie 2013 17
18

Plaasaanvalle kan

net meer word

LU SA is bekommerd dat die afgelope stakings in die landboubedryf, met revolusionêre

Tpraatjies soos: “Die grondoorlog kom binnekort”, 'n invloed het op die oënskynlike toename

in plaasaanvalle die afgelope tyd.

Henry Geldenhuys, TLU SA se adjunk-president en voorsitter van die veiligheidskomitee, sê dit wil

in die jongste tyd voorkom of steeds meer werknemers of voormalige werknemers, betrokke is by

aanvalle op boere. “Ongegronde beskuldigings wat geslinger word, soos dat boere werkers uitbuit,

hulle afsit van plase, of dat hulle die grond sou gesteel het, kweek die persepsie dat die boere 'n

klomp misdadigers is met wie geen genade getoon hoef te word nie. Dit blyk ook duidelik uit die

geweldige wreedheid waarmee aanvalle en moorde plaasvind.”

Volgens TLU SA se statistiek het die moorde op plase gedurende 2012 met een gedaal teenoor

2011, en op 51 te staan gekom teenoor die 52 teenoor 2011. “Die maatstaf lê egter in die aantal

plaasaanvalle. Gedurende 2012 het die aantal aanvalle op plase gestyg tot 141 teenoor die 85 van

die vorige jaar. Dit beteken dat die aanslag op die boere toeneem Die feit dat daar minder

noodlottige ongevalle is tydens die verhoogde aantal plaasaanvalle, kan waarskynlik toegeskryf

word aan die groter paraatheid van boere en die feit dat al hoe meer boere hulle aanmeld by

selfverdedigingskursusse, soos wat TLU SA onder andere aanbied.

“Boere moet hulle veiligheidsnetwerke dringend op 'n gereedheidsbasis kry,” waarsku Geldenhuys.

Cosatu waarsku dat 'n grondoorlog aan die kom is, en as boere noodgedwonge werkers moet aflê

weens die onwettige protesaksies, kan dit wees dat hulle die teiken word van voormalige

werknemers, soos in talle plaasaanvalle die geval blyk te wees. Daardie werkers weet hoe die

sekuriteit werk, wat boere se bewegings is en waar swak plekke is. Boere moet 'n herevaluering

van hul veiligheidstelsels doen, ongeag of hulle tans dalk van mening is dat dit voldoende en veilig

is,” sê Geldenhuys.

Hy het ook 'n beroep op boere en hulle gesinne gedoen om selfverdedigingsopleiding te

ondergaan ter wille van hul eie veiligheid. TLU SA kan help met sodanige opleiding. “Die polisie wil

nie met TLU SA praat oor die probleem nie nadat ons hulle al meer as 'n jaar gelede gevra het vir

dringende gesprekke hieroor. Daarom het ons geen keuse as om verantwoordelikheid vir ons eie

veiligheid te aanvaar nie.”

Februarie 2013
Boere kan nie prysnemers

op grond ook word nie

oere moet al tevrede wees om net te

Baanvaar wat hulle vir hul produkte kry

omdat hulle nie self die pryse daarvoor

kan bepaal nie. "Nou gaan van boere verwag

word om nog prysnemers op hul grond ook te

wees! Dit is onaanvaarbaar en sal deur TLU SA

met alles tot sy beskikking teengestaan word."

Só het die president van TLU SA, Louis

Meintjes, gesê na aanleiding daarvan dat TLU

SA oorval word met oproepe van ontstoke

boere oor president Jacob Zuma se toespraak

vroeër vanjaar, waarin hy gesê het dat

sogenaamde grondhervorming moet versnel en

dat die gewillige koper, gewillige verkoperbeginsel

uitgedien is.

"TLU SA is bekommerd oor die feit dat die

regering hom geheel en al blind hou vir die

mislukkings van sy grondhervormingsprogramme

tot dusver, en dat hy hom doof hou

vir pleidooie dat grond nie 'n emosionele

kwessie gemaak moet word nie, maar deel moet

bly van 'n gesonde ekonomie ten einde aan die

steeds hoër wordende eise van voedselsekerheid

te voldoen," aldus Meintjes.

"Dit is onverantwoordelik om 'n suksesvolle

ekonomiese sektor, soos landbou, op te breek

terwyl die staat self enorme hoeveelhede grond

besit wat ongebruik lê. Voordat die regering

vingers na boere kan wys, behoort hy eers sy eie

huis in orde te kry en self die voorbeeld te stel.

Hy moet die grond in sy besit onverwyld

beskikbaar stel vir opkomende boere, terwyl

kommersiële boere met rus gelaat moet word in

hulle taak om die land van voedsel te voorsien.

“Grondhervorming as 'n politieke model sal die

land in soortgelyke ellende dompel as

Zimbabwe, en sal deur TLU SA met hand en

tand beveg word. Waar boere wel om een of

ander rede grond sou verkoop, behoort hulle die

prys wat die vrye mark aanbied, daarvoor te

kry, sonder inmenging van die staat of 'n waardeerder-generaal,”

het Meintjes benadruk.

Februarie 2013 19
20

Landbou in Noord-Kaap

vir 2013 lyk belowend

it blyk asof boerderytoestande vir 2013 in die

DNoord-Kaap goed daar uitsien.

Johan van Rensburg, hoofbestuurder van Agri Noord-

Kaap, sê ongekende goeie reën het gedurende

Desember 2012 oor die grootste gedeelte van die

provinsie uitgesak en in baie plekke is rekordneerslae

aangeteken. Die gevolg is dat weiveldtoestande uiters

belowend is.

Verder is daar genoeg besproeiingswater beskikbaar uit

die Vaalrivier- en Oranjerivierstelsels. Vir die nabye

toekoms word daar dus geen probleme in die verband

verwag nie.

Wat boerdery-inkomste betref, lyk sake ook belowend.

Langtermyngewasse in die Noord-Kaap word deur

middel van besproeiing verbou. Korttermyn en

mediumtermyn produkpryse lyk goed en skep vertroue

by produsente. Alhoewel vleispryse sywaarts beweeg

het, boesem die boerderye nog steeds 'n vertroue by

produsente in. Die Noord-Kaap word al hoe meer 'n

gesogte plek om skaars wildsoorte te vestig en die

Februarie 2013

bedryf gaan dan ook met rasse skrede in die Noord-

Kaap vooruit. Wolboerdery se vooruitsig is ook goed.

Ongelukkig is daar ook negatiewe werklikhede

waarmee rekening gehou moet word. So byvoorbeeld

het van die vroeë tafeldruifboere langs die Laer

Oranjeriviergebied ongekende groot reënskade

ondervind wat sekere van die boerderye se wins ernstig

benadeel het. Die vorige seisoen was dan ook

gekenmerk deur groot areas in die veeweigebiede wat

deur droogtes geteister was, die nagevolge van die

groot vloede van 2011 en die grootste brande in

m e n s l i ke h e u g e n i s w a t g e w o e d h e t i n d i e

Koopmansfontein-, Kuruman- en Olifantshoekgebiede.

Die weiveld in die gebiede waar daar groot brandskade

voorgekom het, is tans uiters kwesbaar en baie reën is

dringend daar nodig.

Van die landbouers in die gebiede het ook hul kuddes

dramaties verminder om by die omstandighede aan te

pas. Soos te wagte kan wees in 'n groot gebied soos die

Noord-Kaap wat een derde van die land se oppervlak

beslaan, is daar ook 'n paar gebiede wat tans gebuk
gaan onder ernstige droogte, aldus Van Rensburg. Die

Noord-Kaap sal ook nie verwikkelinge op die politieke

front kan ontsnap nie.

Die nuwe loonverhogings wat ook die Noord-Kaap

raak, is 'n direkte gevolg van die arbeidsonrus in die

Wes-Kaap. Die landbouers in die besproeiingsgebiede

wat arbeidsintensiewe bedrywe bedryf, sal opnuut na

hul eie situasies moet kyk. Grootskaalse struktuurveranderings

is nie uitgesluit nie. Grondhervorming in

die Noord-Kaap sal ook aandag kry en daar kan 'n

versnelde tempo in die verband verwag word. Ook die

sowat 130 onafgehandelde grondeise wat nog in die

Noord-Kaap hangende is, sal aandag moet geniet.

Die uitgestrektheid van die Noord-Kaap gee ongelukkig

daartoe aanleiding dat daar nie doeltreffende aandag

aan infrastruktuur en spesifiek die grondpad-infrastruktuur

gegee word nie. 'n Meer doeltreffende

stelsel om dit doeltreffend in stand te hou, sal ook

dringend aandag moet geniet. Eskom se planne om

binne die volgende paar jaar elektrisiteitstariewe

dramaties te verhoog, gaan beslis 'n dempende

invloed in die besproeiingsgebiede in die Noord-Kaap

uitoefen.

Nuwe planne ten opsigte van kragvoorsiening en

spesifiek tariewe sal gemaak moet word. Die

moontlikheid dat skaliegas in die Karoo-gebiede

ontwikkel kan word, is 'n groot moontlikheid.

Op dié front sal georganiseerde landbou saam met

ander belangegroepe moet toesien dat waterbronne

ongeskonde bly.

Akteur en

Survivor-wenner

praat oor

verslawing,

pornografie

Hykie Berg, bekend as dr. Conrad Bester van

Binnelanders, wenner van Survivor SA, besoek

Kimberley op 7 Maart op uitnodiging van JenekaVroueorganisasie.

Die tema van sy praatjie is Mensehandel, Dwelms en

Pornografie. Hy gaan onder meer gesels oor die

hardewerklikheid, die gevare van seerkry, hoe en

wanneer om hulp te vra, en hoe om eerlik teenoor jouself

en jou familie te wees.

Kom luister gerus en veral ouers is welkom om te kom

hoor presies waarna hulle moet oplet. Kinders is ook

welkom om eerstehands by Hykie te hoor wat al die

gevare is, want hy het dit self ondervind.

Dit word aangebied by Hoffepark Konferensiesentrum in

New Park, Kimberley. Dit begin 18:30 vir 19:00. Die

koste is R150 en sluit 'n ete in. Besprekings kan by

Marian van der Westhuizen gedoen word by

083 633 6446. Kaartjies is beperk.

Februarie 2013 21
22

Februarie 2013

VS Landbou stuur

skrywes aan lede

oor loonverhogings

Vrystaat Landbou het skrywes aan al hul lede gestuur rakende die verhoging in minimum

lone vir plaaswerkers wat deur die Minister van Arbeid, Mildred Oliphant, aangekondig is.

Dit is duidelik dat landbou-unies en landbou-organisasies bekommerd is oor die effek wat

dit op die landbou en veral ook werksgeleenthede en voedselsekuriteit gaan hê.

Henk Vermeulen, hoofbestuurder van Vrystaat Landbou, het in die brief gesê alle

aanduidings is daar dat die minister haar besluit geneem het op misleidende aanbevelings

van die Indiensnemingskommissie rakende die BFAP-verslag (Bureau for Food and

Agricultural Policy te Pretoria – Dr Ferdi Meyer).

Hierdie aspek is reeds deur Agri SA op kabinetsvlak voorgelê.

Die volgende punte is vir lede ter sake:

Verskeie moontlikhede kan en gaan oorweeg word. U eie persoonlike omstandighede

sal bepaal watter moontlikhede u kan oorweeg of kombinasies daarvan.

Regsremedie: Agri SA het Annelize Crosby opdrag gegee om senior regslui te

nader vir 'n opinie om moontlik 'n interdik teen die Minister van Arbeid te

verkry op grond van die Administratief Regtelike Proses. Soos dit gestel is: “She

did not apply her mind”. Landbou se voorstelle oor bekostigbaarheid is totaal en

al geïgnoreer. Moenie al u verwagting hierop plaas nie, maar sodra ons 'n

positiewe antwoord kry sal dit opgevolg word.

Aansoek om Kwytskelding kan gedoen word. Ons aanbeveling is - kom ons

doen dit ongeag of ons dit gaan kry – dit kan help as die bogenoemde (regspad)

geloop word.

Personeelverminderingsproses - Aangeheg is 'n proses wat gevolg kan word met

afleggings. Die gedetailleerde proses is op VL se webtuiste by

www.vslandbou.co.za

Tans word vergaderings in streke gehou soos versoek. U is welkom om dit by te

woon. Alternatiewelik kan u die kantoor skakel

by 051-444 4609 en met Jacobus Stroebel praat.

U kan vir Vermeulen kontak by henk@vslandbou.co.za
Internasionale Gimkana

Jeugspele word aangebied

ie Jacobsdal Ruiterklub bied 20

Dtot 24 Maart 2013 'n Gimkana

Jeugspele by die Hoër

Landbouskool buite die dorp aan.

Twee buitelandse spanne gaan deelneem

en bevestiging word gewag vanaf

Pakistan. Hulle sal dan teen die o.18

seuns- en dogterspanne op 23 Maart

deelneem. Die volgende dag neem al

nege spanne teen mekaar deel. Hierdie

spanne bestaan uit:

o.18 seuns en dogter Protea-spanne

o.14 seuns en dogter Protea-spanne

President seun- en dogterspanne

Ontwikkelingspan (gemeng)

Die byeenkoms op Saterdag word gery

met 'n "handicap" (voorgee) soos in gholf

sodat almal op "gelyke" telling begin bv.

die ontwikkelingspan kry 'n voorgee van

bv. 50 wat op hul gemiddelde tellings vir

die jaar uitgewerk word. Die o.18

seunspan het gewoonlik 'n 0 of

minustelling waarmee hulle begin. Die

tipe formaat van die byeenkoms verskil

ook van die wat normaalweg gery word.

Kom woon gerus hierdie jeugspele by en

sien die nasionale ruiters in aksie!

Februarie 2013 23
24

Plaaslewe het gelei tot groot

moontlikhede en besigheid

Die plaas Xaungs (vir die mense agter die

Langberg sommer “Touwns”) is sowat 80km

van Postmasburg en 50km van Olifantshoek,

op die Witsand Natuurreservaatpad. En dit is net hier

waar jy die Möllers kry – die vierde geslag.

Bianca-Lee, wat in Kimberley skoolgegaan het, is met

Christoff getroud, 'n boorling van Postmasburg. Hulle

het 'n seuntjie, Conroe (amper 3). Hulle boer met

skape, beeste en boerbokke.

Ciao Bella Bath & Body-produkte het sy oorsprong

hier op die plaas gehad. Bianca-Lee

bedryf The Cottage Guest Farm op die

plaas waar hulle ook Ciao Bella bad- en

lyfprodukte maak. Sy is ook saam met

haar ma en sussie mede-eienaar van die

Earth Angel-winkels van Kimberley tot

in die Kaap. Die Ciao Bella-produkte

help met werkskepping en was sommer

oornag 'n reuse sukses.

Produkte wat hulle maak, sluit in

kamerverfrissers, lyfbotterroom,

badsout, handwasroom, mans-skeerjel

en -room, badmelk, sepe, “fizz-balls” en

ook 'n reeks vir kinders.

“Alles word handgemaak op die plaas

met tonne liefde en passie. Tinkers de

Koker is werksaam in die fabriek en is 'n

juweel. Haar ma, Hanna de Koker, maak

vir ons die netsakkies vir die badsout op

my geliefde oudtydse Singer-masjien.

Februarie 2013

Clivé Burger

Glo dit of nie, die karnallie werk nog 'n hond uit 'n bos,

of sal ek sê 'n sakkie lieflike badsout uit die

kameeldoringbos.”

Tinkers se pa, Hermaans de Koker, en neef, Willem

Neels, wat werksaam is op die plaas, help ook by die

gasteplaas en sorg dat die "donkies" (geysers) vuur kry

sodra daar gaste is. Rinah Moremi is Bianca-Lee se

linker- en regterhand en selfs ook soms haar linker- en

regterbrein. Sy sien om na die huishouding en sorg vir

die vierde geslag Möllers, Conroe, terwyl Bianca-Lee

werk.

Een van die kamers in die gastehuis op die plaas.
So lyk van die Ciao Bella-produkte.

Die produkte is beskikbaar by verskeie van die Earth

Angel-winkels.

Die Earth Angel-winkels is in Kimberley, Postmasburg,

Strand, Langebaan, Malmesbury, Oudtshoorn,

Mosselbaai en Bloubergstrand. Die klere word ook aan

agente verskaf wat dit dan weer in hul winkels verkoop.

Bianca-Lee vertel sy is baie doelwit-georiënteerd en het

nodig gehad om aan haar

kreatiewe sy aandag te gee. Sy

soek altyd na nuwe idees en

die passie en werketiek het sy

by haar ma geleer en daarom

dryf hulle mekaar om 'n

sukses van die besighede te

maak.

Sy ry nogal baie rond om die

klere op feeste te verkoop en

ook om dit te bemark op ander

plekke.

Op 'n vraag hoe sy die

besigheid en haar gesinslewe

bymekaar uitbring, sê sy dit is

nogal 'n uitdaging. Sy voel

soms skuldig as sy weg is van

die huis, maar besef dan ook

weer dat dit nodig is om te

doen om ten volle die mens te

wees wat sy eintlik is. “Ek

doen dit ook om vir Conroe

die beste lewe en toekoms te

kan verseker.” Sy kry egter

baie ondersteuning van

Christoff asook haar Tswanamamma,

Rinah.

Tyd vir ontspanning is daar

nie baie in dié besige bedryf

van Bianca-Lee nie, maar sy

sê wanneer daar wel 'n tydjie

is, lees sy graag sommer tot in

die oggendure toe. Boerdery

laat ook nie altyd tyd vir

vakansie toe nie, maar hulle

probeer om naweke kwaliteittyd

met mekaar te spandeer.

“Christoff is baie rustig en ek

weer baie impulsief, maar ons vul mekaar baie goed

aan. Om alle punte bymekaar te kry, is tog maar 'n

'balancing act'”, sê sy.

Vir enige verdere inligting oor die

produkte of Earth Angel, kontak Bianca-Lee by

biancalee.stoltz@yahoo.com

of skakel haar by 083 604 1377.

Februarie 2013 25
Vaccinate horses to curb

African horse sickness

he Department of Agriculture, Forestry

Tand Fisheries continues to urge and

encourage owners of horses to

vaccinate their animals annually in an effort to

curb the impact of African horse sickness

(AHS).

AHS is a controlled animal disease in terms of

the Animal Diseases Act, 1984 (Act No. 35 of

1984) and all suspected or confirmed cases

have to be reported to the nearest State

Veterinarian.

The disease is transmitted by Culicoides

midges and not by direct spread from horse to

horse. Favourable climatic conditions (summer

rainfall) may increase the breeding and spread

of the Culicoides vector. Heavy rains preceded

26

Februarie 2013

by a prolonged dry spell favour the occurrence

of epidemics. The number of outbreaks decline

after the first frost and normally the disease

disappears abruptly in May.

Owners are encouraged to vaccinate their

animals before the start of the rainy season to

limit the impact of the disease. As an extra

measure, it is advisable to stable horses for at

least two hours before sunset and keep them

stabled for at least two hours after sunrise as this

is the period when Culicoides midges are most

active and known to be feeding. Culicoides

midges also colonize around stagnant water

sources and efforts should be made to prevent

pooling of water and to move animals away

from water sources.
All horses in the country (except in the AHS

free and surveillance zones in the Western

Cape) have to be vaccinated annually using a

registered vaccine at the cost of the owner.

Currently, the AHS Vaccine from Onderstepoort

Biological Products (Reg. No. G116, Act

36 of 1947) is the only registered vaccine.

For the 2013 cycle, the AHS reporting season

started in September 2012 and will continue to

August 2013. This reporting period is chosen

because AHS normally occurs during the

summer months; and from December to May in

particular. During this season, forty three

outbreaks of AHS were reported to date in the

following provinces; Eastern Cape 19, Gauteng

9, KwaZulu-Natal 8, Mpumalanga 4 and North

West 2.

DAFF declared an area in the Western Cape as

an AHS controlled area and includes an AHS

free area to facilitate trade. The current

controlled area was adopted in 2001. Horses

can be exported directly to the European Union

from the AHS free area. In an effort to protect

this area, all movements of horses to the

controlled areas are subject to a State

Veterinary movement control (permit) to

prevent the introduction of the AHS virus into

the free zone.

Mooi foto geneem deur ‘n leser

Dié uitsonderlike foto is geneem op die pad tussen Koopmansfontein en Daniëlskuil.

Foto: Pieter Niemann

"If your dreams do not scare you, they are not big enough"- Angus Buchan

Februarie 2013 27
28

Consultative process on the

meat inspection service at

abattoirs in SA commence

he Department of Agriculture, Forestry and

TFisheries (DAFF) commenced with a series

of stakeholder consultative meetings on

the proposed Meat Inspection Service.

Meat inspection service by suitably qualified and

skilled personnel in red-meat and poultry abattoirs

is considered to be one of the essential elements of

ensuring that the meat sold to the public is safe

and wholesome.

In South Africa, legislation dealing with meat

inspection has undergone various changes. In

particular, meat inspection service legislation has,

for a long time, mandated the government to

directly provide the meat inspection service.

Februarie 2013

This was achieved to direct government

employment of meat inspectors either via the

national government or local/municipal governments.

However, the Meat Inspection Service was

completely privatised just prior to 1994 in line with

the changing socio-economic and political

environment at the time.

In view of the operational challenges immediately

experienced, legislation was reviewed by the new

democratic government in 2000 in order to enable

both government and the private sector to play a

meaningful and vital role in providing a Meat

Inspection Service, a system which currently exists.
Challenges continue to persist in the current

system, especially with regard to technical

independence and impartiality. This is of particular

concern where commercial interests compete

with the principles of food safety.

In response to concerns raised by consumers and

stakeholders in the meat industry, DAFF has again

embarked on a consultative process in order to reassess

and strengthen the meat inspection service

at abattoirs and to ensure that the service remains

impartial, science-based and on par with global

trends in risk-based food safety management

practices.

A report on the Proposal for Meat Inspection

Service in South Africa has been produced and was

published in the Government Gazette for public to

comment on 4 January 2013.

Currently, the department is embarking on a

process of intergovernmental and industry consultation

on this matter.

Groot landbou-ekspo aangebied

Op 15 en 16 Maart word die groot Rietrivier Landbouekspo

by GWK Modderrivier se terrein aangebied.

Teken solank nou hierdie datums in u dagboek aan.

Daar sal landbou- en 4x4-demonstrasies wees,

uitstallings van voertuie en landbou-implemente en

verskeie ander landbouverwante stalletjies. Die ekspo

sal pret en vermaak vir die hele gesin bied met 'n

pretpark vir kinders, kosstalletjies, 'n biertuin en 'n

potjiekoskompetisie.

Die Vrydagaand sing Jay en Lianie om 19:00. Moet nie

hierdie naweek se aktiwiteite misloop nie.

Vir enige verdere navrae, kontak GWK by 053 298 8200 of Nicky du Plooy by 082 568 7760.

Alle vervoer

(18m links)

asook

uitverhuring

van 6m

tippers.

Jonel

TRANSPORT EN VOERE

Bemarking

van voer,

lusern en

mielies.

Johan 082 896 0051 • Elsabie 072 027 7908

Februarie 2013 29
30

Vraag na aangepaste

ramme bly groot

Die aanpasbaarheid van ramme is een van die

eienskappe, saam met groeivermoë en vrugbaarheid, wat

nie met die oog gesien kan word nie maar wel gemeet

moet word.

Op die onlangse veiling van prestasiegetoetste ramme in

Prieska het kopers weer eens aangedui dat hulle

aangepaste ramme soek en is bereid om meer daarvoor te

betaal. Alle ramme wat aangebied was, is verkoop aan

kopers wat van so ver as Tarkastad, Christiana,

Brandfort en Botswana gekom het.

Simbole word gebruik om die ramme se teelwaarde vir n

eienskap aan te toon. 'n Sterretjie (*) beteken dat die dier

vir die betrokke eienskap in die top 10% van die ras in

Suid-Afrika is en 'n plusteken (+) beteken hy is in die top

40%.

Die gemiddelde prys van Dorper-ramme was R6 209.

HG Human van Prieska het die duurste ram met 'n SI

van 118 verkoop aan W Hugo van Christiana vir R12

500. Tony Cahi, ook van Prieska, het R15 000 vir 'n

Witdorper-ram met 'n SI van 108 gekry. Die koper was

TC van der Walt van Hopetown.

Februarie 2013

Dorper-pryse is só beïnvloed:

Louis van Rensburg

Daar was ook 'n goeie aanvraag na Boerbok-ramme.

Louis van Rensburg van Prieska het R15 000 gekry vir 'n

Boerbok met 'n SI van 119 en die moeder van die ram

het 'n OPI van 151. Die gemiddelde prys was R7 856.

Joe Scholtz van Griekwastad se Savanna-ramme het

gemiddeld R5 950 behaal en die ooie R2 020 stuk. Die

duurste ram is gekoop deur Telma Boerdery van

Tarkastad vir R7 700.

Jan Vermeulen van Bloemfontein het R15 000 betaal vir

'n Kalahari Red-ram van Louis van Rensburg. Die

gemiddelde prys van Kalahari Red-ramme was R8 290.

M Megano van Botswana het R5 000 vir Kalahari Redooie

betaal.

Van Rooy-ramme bly gewild en almal is verkoop vir

gemiddeld R4 200. Hennie Wium van Prieska het R11

500 vir 'n ram met 'n SI van 107 van Louis van Rensburg

betaal. Die moeder se OPI is 145.

Die veiling is deur GWK. behartig en die afslaer was

Deon Klopper.

Getal * & + Geen Twee Drie Vier

Gemiddelde prys R4 472 R6 465 R6 700 R7 488

Relatiewe Ekonomiese Waarde (REW) is 'n kombinasie van speen, naspeen en

reproduksie-teelwaardes. REW het die Dorper-pryse as volg beïnvloed:

REW Negatief 0-3 3-5 5-7 7-9

Gemiddelde prys R5 072 R6 571 R6 561 R6 871 R6 955

Seleksie-indeks (SI) is 'n aanduiding van aanpasbaarheid. Dorper-ramme

het die volgende pryse behaal:

Seleksie-indeks 115

Gemiddelde prys R4 130 R5 712 R6 325 R6 833 R7 400 R7 525
Kalahari Red

Verkoper: Egbert van Rensburg van Prieska

Koper: Jan Vermeulen van Bloemfontein

Prys: R15 000

Dorper

Verkoper: HG Human van Prieska

Koper: Wessel Hugo

Prys: R12 500

Boerbok

Verkoper: Louis van Rensburg van Prieska

Koper: Nelis Vermaak van Brandfort

Prys: R15 000

Savannah

Verkoper: Joe Scholtz van Griekwastad

Koper: Telma Boerdery van Tarkastad

Prys: R7 700

Februarie 2013 31
Pannar wys beste

verkoopspersoon

vir die jaar aan

ydens ʼn onlangse konferensie in die

TDrakensberg, het Pannar Saad Gert

Pretorius van Wolmaransstad as

Verkoopspersoon van die Jaar vir 2012/13

aangewys. Terselfdertyd is Joe Payne van

Sannieshof beloon vir Beste Vordering in

Verkope vir die tweede agtereenvolgende jaar.

“Behalwe dat Gert sy doelwit vir die jaar

oorskry het, handhaaf hy ʼn hoë vlak van

professionalisme. Hy ondersteun sy goeie

kennis van die maatskappy se produkte en

kundigheid met entoesiasme om aan sy kliënte

se behoeftes en verwagtinge te voldoen. Hy

versinnebeeld die integriteit, kwaliteit en diens

waarvoor Pannar bekend in die mark is,” sê

Flip Botha, Pannar se nasionale

verkoopsbestuurder, Suid-Afrika.

32

Februarie 2013

Pannar se bestuur saam met die drie

toppresteerders is van links, agter: Andrew

Jarvie, adjunk-besturende en internasionale

direkteur, Joe Payne, Beste Vordering in

Verkope, Jannie van Aswegen, naaswenner:

Verkoopspersoon van die Jaar, Gert Pretorius,

Verkoopspersoon van die Jaar 2012/13, Flip

Botha, nasionale verkoopsbestuurder, Suid-

Afrika, Brian Corbishley, voorsitter: Pannar

Groep, en Michael Yeadon, adjunk-voorsitter:

Pannar Groep en direkteur: handel en

regsdienste; voor: Deon van Rooyen, besturende

direkteur: Pannar Saad, en John Odendaal,

nasionale bemarkings-bestuurder, Suid-Afrika.
Nuwe verkoopsverteenwoordiger

vir Vryburg

Bertie Heyns is as verkoopsverteenwoordiger

in Vryburg en omliggende gebiede aangestel.

Heyns besit ʼn B.Agric-graad. Skakel hom by

082 464 9736 of stuur 'n e-pos na

bertie.heyns@pannar.co.za.

Pannar het onlangs 'n Pannar Extravaganza op die plaas van die Du Plooys

van Jacobsdal vir produsente aangebied. Die doel van hierdie dag was om al

Pannar se nuutste produkte bekend te stel, terwyl landboukundiges ook in die

land verskeie proewe wat aangeplant is, bespreek het. Produsente en ander

belangstellendes kon ook na interessante lesings luister. Ná die tyd is heerlik

saamgekuier en geëet. Hier is 'n paar foto's wat op die dag geneem is.

'n Groep leerlinge van die Hoër Landbouskool Jacobsdal sit en luister na 'n interessante lesing oor mielie-kuilvoer.

Februarie 2013 33
Dit was 'n puik georganiseerde dag deur Pannar aangebied. Personeel van Pannar is van links Chris van Zyl van Klerksdorp,

senior mielieteler, Ron Drögemöller, navorsingsdirekteur, en Felix Middleton, molekulêre mielieteler, albei van Greytown.

34

Van links is Alan Shergold, produsent van Modderrivier, John Odendaal, nasionale bemarkingsbestuurder van

Pannar, John Edwards, produsent van Modderrivier, en Peet van der Walt, bemarkingsbestuurder.

Februarie 2013
Kliek, kliek...koop!

f ons dit nou wil glo of nie – tegnologie

Ohet die wêreld verander en ons sal

daarby moet aanpas... of agterbly!

Die internet is eintlik 'n wonderlike ding...as jy dit

net verstaan en weet hoe om dit te gebruik. “The

world can become your playground”, soos die

Engelsman sê.

Ek wil egter vandeesmaand 'n paar oulike

webwerwe en Faceboek-groepe met ons

vrouelesers deel. Diegene wat hou van “shop”,

kan dit sommer op die rekenaar by die huis doen

(mits jy natuurlik 'n redelike vinnige

internetverbinding het!).

Dit is nou nie meer nodig om in te ry stad toe en

jou voete moeg te loop van die een winkel na die

ander opsoek na iets spesifieks nie. En wat

lekker is, hierdie aanlyn-winkels het dikwels baie

mooier en 'n groter verskeidenheid as wat die

winkels aanbied. Jy moet net tyd hê om bietjie

rond te snuffel – of te wel te “surf op die net”.

Clivé Burger, redakteur

Soos ek hierbo genoem het, daar is egter 'n paar

dinge wat jy gaan moet hê en weet sou jy aanlyn

wil inkopies doen:

· 'n Rekenaar/laptop

· Redelike vinnige internetverbinding

(anders is dit een groot frustrasie!)

· 'n Debiet- of krediekaart vir aankope

· Geduld (veral diegene met stadiger

internetverbindings)

· Tyd (daar is letterlik honderde sulke

webwerwe waar jy kan gaan loer)

Selfs Facebook is die ideale plek om te gaan kyk

na oulike geskenke en klere. Baie mense

gebruik deesdae hierdie sosiale netwerk om hul

besighede te adverteer.

Hier is 'n paar webwerwe wat ek besoek het:

www.5rooms.com

· is 'n webwerf waar jy enigiets vir die huis

kan koop. Dit sluit in dekor en meubels

Februarie 2013 35
36

vir slaapkamers, eetkamers, die

kombuis, sitkamer en kantoor. Op hierdie

webwerf is daar oulike beddens vir

kinders in die vorm van motors of

pragtige “paleis-beddens” vir dogtertjies.

Wees egter gewaarsku, dit kos 'n paar

rand.

www.hotonlinefashion.com

· spog dat jy die goedere kan betaal oor

drie maande, rentevry! Dit word ook

gratis afgelewer! (Weet hulle hoe lyk die

Noord-Kaap en Vrystaat wonder ek!).

Die produkte is iets anders en is nie

sommer te sien in die gewone

kettingwinkels nie. Boonop is dit redelik

bekostigbaar. Hier het ek mooi geblomde

Februarie 2013

handsakke, toiletsakkies, sakke vir

“laptops” asook heelwat sonbrille gesien.

(Ek wonder nogal hoe maklik dit is om 'n

sonbril te koop sonder om dit eers aan te

pas!). Daar is ook klere vir seuns en

dogters hoewel die verskeidenheid

beperk is. Daar is ook skoene te koop

(ek het defnitief al mooier skoene as

hierdie gesien!). Dan is daar ook

gesondheid- en skoonheidsartikel soos

seep en “toners”, maar dit is nogal duur.

www.zando.co.za

· is 'n gewilde webwerf vir modeartikels

soos skoene en klere vir mans en

vrouens. Daar is hope om van te kies,

maar dit is ook nogal duur.
· Dan is daar natuurlik die gewone

kettingwinkels soos Edgars, Mr Price,

Woolworths en Pick n Pay waar mens kan

gaan inloer. Ek moet sê op Woolworths se

webwerf is daar 'n baie groot

verskeidenheid en kan mens defnitief hier

iets vind wat jy nie in jou naaste winkel

gaan kry nie. Ek glo dit is meer die tipe

klere en artikels wat die groter takke in

Pretoria en Kaapstad beskikbaar is. Jy sal

hier 'n somersrokkie kan koop en verseker

wees jy gaan nie sommer nog iemand kry

met dieselfde smaak nie! Dit is nogal die

moeite werd om te gaan kyk.

· Gaan besoek ook Sarie se nuwe

aanlynwinkel. Hulle beloof jy sal daar iets

kry wat jou vriendin nie in die winkels sal

hê nie! Dit is by www.sarie.com en kliek op

die aanlynwinkel-skakel.

· Of Pick n Pay vir ons mense op die

platteland iets gaan beteken deur kos op

die internet te koop, betwyfel ek. Hulle

mag miskien sê hulle lewer dit vir jou binne

ure voor jou voordeur af, maar dit gaan

bietjie moeilik gaan as jy in ag neem watter

afstande die “afleweringsman” gaan moet

aflê. Mense in die groter stede maak egter

baie goed gebruik van hierdie diens.

· Op Facebook is daar ook oulike artikels te

koop, en wat lekker is, die eienaars van

die (meestal) tuisondernemings plaas

gereeld foto's van hul produkte. Hierdie is

'n meer informele manier van koop en jy

kan selfs met die eienaar 'n goeie

verhouding opbou. Gaan kyk gerus na

“Mooi Goete” – daar vind jy die pragtigste

tuisgemaakte artikels vir baie goeie pryse.

· Gaan loer ook by Thimbles 'n Threads vir

mooi goed vir die huis.

· Daar is ook natuurlik die webwerwe van

oulike tydskrifte soos Lééf en Finesse en jy

kan oulike idees op Idees se webwerf kry.

Jy kan boonop hier prente (wat gebruik

word in die maak van artikels) aflaai of

werksaanwysings hier kry vir die maak van

die oulikste goed.

· As jy graag wyn drink en jy kom nie so

gereeld in Stellenbosch, Franschoek of die

Februarie 2013 37
38

Paarl nie, kan jy gerus www.getwine.co.za

gaan besoek en sommer hier lekker 'n

glasie klink en jou eie boks bestel om

afgelewer te word.

www.yuppiechef.co.za

· is vir diegene wat graag die meeste van

hul tyd in die kombuis deurbring, maar wat

ook 'n ekstra geldjie of tien in die bank het.

Hier kan jy enigiets vind van lepels tot

duursame, moderne kombuistoerusting.

En boonop kry jy 'n handgeskrewe

“dankie-briefie” met elke aankope!

www.designkist.com

· is die webwerf vir handgemaakte

dekorartikels – van plaaslik geïnspireerde

muurpapier, materiaal en kussings. Jy kan

hier self jou kleur en grootte kies – net

soos dit jou pas. Alles gemaak in Suid-

Afrika.

Dit is so maklik soos “add to chart” en siedaar, 'n

paar klieks om die betaling te bevestig en jy kan

uitsien na 'n pakkie in die pos. Heerlik! Dit is mos

te lekker om kort-kort 'n draai by die Poskantoor te

gaan maak om te hoor of jou pakkie nie gekom het

nie. En watter plattelandse dorpie het nie 'n

Poskantoor nie! So dit is so maklik soos 1, 2, 3 en

jy het die wêreld in jou huis – letterlik en figuurlik!

Februarie 2013

Dit is net die kliek van 'n muis ver.

Boonop is daar ook baie geleenthede deesdae op

die internet. Dit maak nie saak of jy in Kaapstad

bly of in Koekenaap nie, Springbok of Saldanha,

Douglas of Durban, Plooysburg of Pretoria, jy kan

jou eie besigheid van die huis af bedryf en dit alles

bemark op die internet. Gaan doen net jou

huiswerk mooi – jou eie besigheid soos jy nog

altyd oor gedroom het.

En as jy nie wil verkoop nie, man dan is dit maklik,

skink 'n koppie heerlike tee, gaan sit agteroor voor

die rekenaar en KOOP!

Geniet jou inkopies!

N.S. O ja, 'n baie oulike webwerf is

www.pinterest.co.za. Hier kan jy na hartelus gaan

rondloer na bykans enigiets onder die son. Hier is

hope idees vir jou huis wat jou ure lank sal besig

hou!

N.S.S Enigiemand wat oulike webwerwe of groepe

op Facebook raakloop in hul nuwe inkopieparadys,

is welkom om die webwerfadres te stuur

na agriclive@mweb.co.za sodat ons dit ook met ons

ander lesers kan deel!
Nog 'n oulike webwerf om te besoek en in te skryf op hul nuusbrief, is dié van

www.whatsfordinner.co.za. Hier kan jy maklike goedkoop resepte vind en dit boonop daagliks in

jou “inbox” ontvang. Hieronder is een van hul eenvoudige resepte. My idees vir bykosse saam

met braaivleis is al op – hierdie is dalk iets lekkers vir jul volgende braai en kuier saam met

Romerige

Spinasie & Feta

Gevulde Aartappels

Foto: www.whatsfordinner.co.za

Metode

Bestanddele

4 aartappels

15ml olie

1 huisie knoffel (fyngedruk)

¼ ui gekap

500g babaspinasie-blare

Knypie neutmuskaat

1 Knorr WitSous

250ml gekookte melk

200g fetakaas

sout en peper na smaak

200ml gerasperde Cheddar-kaas

Bietjie paprika

Kook aartappels in soutwater totdat dit gaar is. Sny dit in die helfte deur en skep die aartappel uit

sodat dit gevul kan word.

Om die vulsel te maak, verhit die olie in 'n pan en braai die knoffel en uie liggies.

Voeg die spinasie en bietjie neutmuskaat by en braai verder.

Gooi die Knorr Witsous in 'n houer en gooi 250ml gekookte melk by. Roer met 'n vurk totdat dit

lekker dik en glad is. Gooi die sous nou by die spinasiemengsel en roer deur.

Gooi die aartappel (wat uitgehaal is), fetakaas en sout en peper by. Vul die aartappels en gooi

gerasperde kaas en paprika bo-oor.

Braai dit in die oond vir 10 minute totdat die kaas lekker gesmelt het en borrels maak.

Vir meer van hierdie watertandresepte, besoek gerus www.whatsfordinner.co.za.

Februarie 2013 39
Volblad

(21 x 29,7cm)

1 maand: R1 950 elk

2 maande: R1 850 elk

vir advertensies

BTW nie betaalbaar.

Ontwerpkoste is ingesluit by prys.

Horisontale Banner

(19 x 5,4cm)

1 maand: R575 elk

2 maande: R550 elk

“Koop en Verkoop”-afdeling

(word ook op webwerf geplaas)

(9 x 3,0cm) sluit ‘n foto in

R100
1/4 Blad

(9 x 13,4cm)

1 maand: R595 elk

2 maande: R550 elk

Volblad (21 x 29,7cm)

1/8 Blad

(9 x 6,3cm)

1 maand: R425 elk

2 maande: R400 elk

SMALLS

slegs R60

“Dit en dat”-afdeling

Smalls (9 x 2,0cm)

R60 vir 5 reëls