03.05.2013 Views

Uitgawe 10 – FEB 2013 - agri - spmdesigns.co.za

Uitgawe 10 – FEB 2013 - agri - spmdesigns.co.za

Uitgawe 10 – FEB 2013 - agri - spmdesigns.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die opinies wat deur persone in hierdie publikasie geopper word, is persoonlik en weerspieël nie noodwendig dié van die redaksie of medewerkers nie.

2

s daar nou een ding is wat ek nie kan

Averstaan nie, is dit die manier hoe mense

in Suid-Afrika “opstandig” (sag gestel!)

raak. Nou die dag hoor ek weer van 'n plek, soos

ook die geval nou onlangs in Sasolburg was,

waar woedende inwoners bande in strate brand,

winkels plunder, motors beskadig en so meer.

Die rede? Omdat hulle nie tevrede is met dienste

wat die munisipaliteit nie bied nie of kwaad is vir

een of ander “official” wat nie sy werk doen nie of

geld gesteel het of wat ook al. Liewe aarde, ek

stem saam, ons moet woedend raak oor swak

dienste, hemelhoë salarisse, onkundige

personeel, maar moet ons dan nou self goed

breek en brand om ons misnoeë met die situasie

te toon. En baie keer word hier nog mense

beseer ook in hierdie tipe opstande.

Wat het van ons samelewing geword? As jy nie

tevrede is met iets nie, dan breek jy dit of steek

dit aan die brand. Die onluste (wat gespruit het

oor ongelukkigheid oor lone) in die Wes-Kaap is

'n sprekende voorbeeld hiervan. “Hierdie boer

betaal ons nie genoeg nie, ons lei honger, kom

ons brand sy wingerd af.”

Genade, mens slaan nie die hand wat jou voed

nie! Plaaswerkers (en steeds glo ek dat hulle

gemanipuleer en beïnvloed is deur die manne in

die 'pound seats') in die Wes-Kaap het hul

ontevredenheid getoon deur pakkamers en

wingerde af te brand, winkels in die dorpe (wat

inderdaad niks met hul lone te doen het nie)

geplunder en beskadig. Dit is juis oor hierdie

uitgangspunt en wyse van omgang wat ons nooit

'n stap vorentoe sal kan gee nie. Want probleme

word eenvoudig net nie so opgelos nie. En dit

nogal met die aanmoediging van vakbondhoofde

en gemeenskapleiers.

En my beskeie mening? Die Regering het hierdie

verhoging in minimum lone deur gestoomroller,

maar die werklike harde houe sal hulle nou begin

voel, want pleks vir die werkers 'n beter lone te

beding (wat streekgebaseerd is), gaan daar nou

baie meer gesinne hieronder lei, want boere het

eenvoudig in vandag se boerdery-

Februarie 2013

omstandighede net nie meer geld om

buitensporige lone te betaal nie. Pleks die

Regering het eerder ingespring en aangebied om

dit te subsidieer (soos wat ander lande deur hul

regerings gehelp word), maar nou gaan daar

verseker afleggings kom.

Daar word nou links en regs beroepe op boere

gedoen om nie onnodige afleggings te doen nie,

maar eerlikwaar, as jy dit nie kan bekostig nie,

wat moet jy doen. En dit is ek 100% seker van –

dit is nie wat boere wou gehad het nie, maar

weer eens het die Regering en sy “comrades”

hiervoor gesorg. En ek glo op die lang duur gaan

ons arbeiders hieronder lei.

Die Regering se Nasionale Ontwikkelingsplan het

juis ten doel dat landbou vir meer

werksgeleenthede sal sorg. Hierdie

loonverhogings is dan mos lynreg daarmee in

kontras!

Die boerderygemeenskap was en is nog al die

jare een van die bedrywe wat die beste vir hul

werkers gesorg het. Dit is tog jammer dat die

ANC-regering altyd 'n haas uit 'n hoed wil ruk en

dan met die “vere” in die hand sit. Soos nou ook

weer die geval sal wees.

Ander interessante artikels vandeesmaand gaan

oor elektrisiteitsverhogings – en ook weer hier

word boere bitter hard geslaan. Die mense wat

die land moet voed, se skoenveters word aan

mekaar vasgebind. En wie gaan vir hiedie gelag

betaal? Sekerlik nie Eskom nie. Nee hulle gaan

eerder elke verhoging vier met 'n ontbyt saam

met hooggeplaaste vriende – wat die

belastingbetaler miljoene rande gaan kos!

Daar is egter goeie nuus ook (ons moet soms net

vir dit soek). Die vooruitskouing vir boederye in

die Noord-Kaap lyk tog goed ná 'n paar moeilike

jare wat gekenmerk was deur vloede en brande!

Tot volgende keer.

Clivé

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!