03.05.2013 Views

Uitgawe 10 – FEB 2013 - agri - spmdesigns.co.za

Uitgawe 10 – FEB 2013 - agri - spmdesigns.co.za

Uitgawe 10 – FEB 2013 - agri - spmdesigns.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

20

Landbou in Noord-Kaap

vir 2013 lyk belowend

it blyk asof boerderytoestande vir 2013 in die

DNoord-Kaap goed daar uitsien.

Johan van Rensburg, hoofbestuurder van Agri Noord-

Kaap, sê ongekende goeie reën het gedurende

Desember 2012 oor die grootste gedeelte van die

provinsie uitgesak en in baie plekke is rekordneerslae

aangeteken. Die gevolg is dat weiveldtoestande uiters

belowend is.

Verder is daar genoeg besproeiingswater beskikbaar uit

die Vaalrivier- en Oranjerivierstelsels. Vir die nabye

toekoms word daar dus geen probleme in die verband

verwag nie.

Wat boerdery-inkomste betref, lyk sake ook belowend.

Langtermyngewasse in die Noord-Kaap word deur

middel van besproeiing verbou. Korttermyn en

mediumtermyn produkpryse lyk goed en skep vertroue

by produsente. Alhoewel vleispryse sywaarts beweeg

het, boesem die boerderye nog steeds 'n vertroue by

produsente in. Die Noord-Kaap word al hoe meer 'n

gesogte plek om skaars wildsoorte te vestig en die

Februarie 2013

bedryf gaan dan ook met rasse skrede in die Noord-

Kaap vooruit. Wolboerdery se vooruitsig is ook goed.

Ongelukkig is daar ook negatiewe werklikhede

waarmee rekening gehou moet word. So byvoorbeeld

het van die vroeë tafeldruifboere langs die Laer

Oranjeriviergebied ongekende groot reënskade

ondervind wat sekere van die boerderye se wins ernstig

benadeel het. Die vorige seisoen was dan ook

gekenmerk deur groot areas in die veeweigebiede wat

deur droogtes geteister was, die nagevolge van die

groot vloede van 2011 en die grootste brande in

m e n s l i ke h e u g e n i s w a t g e w o e d h e t i n d i e

Koopmansfontein-, Kuruman- en Olifantshoekgebiede.

Die weiveld in die gebiede waar daar groot brandskade

voorgekom het, is tans uiters kwesbaar en baie reën is

dringend daar nodig.

Van die landbouers in die gebiede het ook hul kuddes

dramaties verminder om by die omstandighede aan te

pas. Soos te wagte kan wees in 'n groot gebied soos die

Noord-Kaap wat een derde van die land se oppervlak

beslaan, is daar ook 'n paar gebiede wat tans gebuk

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!