03.05.2013 Views

Uitgawe 10 – FEB 2013 - agri - spmdesigns.co.za

Uitgawe 10 – FEB 2013 - agri - spmdesigns.co.za

Uitgawe 10 – FEB 2013 - agri - spmdesigns.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

ie afkondiging oor die nuwe minimum

Dlone vir plaaswerkers het rolspelers in

die landbou warm onder die kraag en

almal is dit eens dat die minister van arbeid,

Mildred Oliphant, nie die implikasies hiervan in

ag geneem het nie. Die minimum lone is met

52% verhoog vanaf R69 tot R105 per dag

vanaf 1 Maart 2013.

Agri SA het in 'n verklaring gesê die afkondiging

hou drastiese implikasies vir landbou en

verwante bedrywe in. Dit is veral in die

arbeidsintensiewe bedryfsvertakkinge waar

daar van plaas-tot-plaas nou besluite geneem

sal moet word oor watter aanpassings nodig is

om kop-bo-water te hou.

Struktuuraanpassings is onafwendbaar, veral

as hoër brandstof- en waterpryse en 'n

waarskynlike skerp eskalasie in elektrisiteitstariewe

in ag geneem word,” het Johannes

Möller, president van Agri SA, gesê.

Hy sê dat Agri SA gefrustreerd is dat goeie

navorsingsinligting wat aangedui het dat 'n

loonvlak van R104 per dag grootliks onbekostigbaar

is, misken is deur die toetreevlakloon

tot R105 per 9 uur werksdag te verhoog. “Dit is

aanduidend dat populêre aandrang op hoër

lone groter gewig gedra het as die implikasies

daarvan op die volhoubaarheid van die bedryf,

insluitend sy vermoë om werksgeleenthede in

stand te hou.”

Die implikasie van hierdie loonaanpassing in 'n

bedryf waar boere prysnemers en nie prysmakers

is nie, veral in internasionale konteks,

is nie bevorderlik vir vertroue, vir investering en

die instandhouding van die bedryf se bydrae

tot voedselsekerheid nie. Dit moet ook bevraagteken

word teen die agtergrond van die

Nasionale Ontwikkelingsplan – wat onlangs

deur die regerende party as sy verwysingsbron

vir beleid aanvaar is – waarin die verwagting

6

Februarie 2013

Loonverhogings

gaan verreikende

gevolge vir landbou hê

geskep is dat landbou teen 2030 'n addisionele

1 miljoen werksgeleenthede gaan skep.

Volgens Möller het navorsing ook getoon dat

dit veral middel tot klein boerderye is wat nie

hierdie loonvlak sal kan bekostig nie en

derhalwe die transformasieproses in die

landbou gaan bemoeilik. Afleggings kan ook tot

meer armoede in groter informele nedersettings

lei met gepaardgaande sosio-maatskaplike

vraagstukke en misdaad waaraan landelike

gemeenskappe reeds uitermatig blootgestel

is.

Wat Agri SA aanbetref sal die regering saam

met rolspelers in die bedryf dringend in

gesprek moet tree oor wat nodig is om die

bedryf aan te spoor om aan verwagtinge te

voldoen asook die faktore wat negatief op die

bedryf inwerk, uit die weg te ruim, het hy gesê.

Graan SA het gesê die loonverhogings sal lei

tot afleggings en toenemende belegging in

meganisasie. Graanprodusente is egter

gemaan om eerder te fokus op opleiding en die

verhoging van produktiwiteit as meganisasie of

afleggings.

Louw Steytler, voorsitter van Graan SA, het 'n

beroep gedoen op alle graanprodusente om,

waar moontlik, afleggings te beperk en om nie

oorhaastige korttermynbesluite te neem nie.

Die graanbedryf word egter nie in dieselfde

mate geaffekteer soos byvoorbeeld die

arbeidsintensiewe bedrywe soos vrugte- en

groenteverbouing nie.

Luidens 'n verklaring het Graan SA gesê die

regering se Nasionale Ontwikkelingsplan fokus

sterk op die landboubedryf se bydrae tot

werkskepping en dat Graan SA die beginsel

van werkskepping ondersteun. 'n Beroep is op

die staat gedoen om 'n beleidsraamwerk

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!