03.05.2013 Views

Uitgawe 10 – FEB 2013 - agri - spmdesigns.co.za

Uitgawe 10 – FEB 2013 - agri - spmdesigns.co.za

Uitgawe 10 – FEB 2013 - agri - spmdesigns.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

waarbinne werkskepping bevorder kan word,

daar te stel. “Graan SA het empatie met

werklose persone in die land. Die sosiale

verantwoordelikheid vir werkskepping kan

egter nie net voor die deur van landbou gelê

word nie. Die staat en die privaat sektor het

ook 'n rol daarin te speel.

“Die verhoging in minimum lone kan voedselsekuriteit

bedreig indien die kostes daarvan die

winsgewendheid van die sektor onmededingend

maak. Die graanbedryf funksioneer in

'n vrye mark waar graanprodusente prysnemers

is en gevolglik kan hoër lone nie net bloot

aan verbruikers deurgegee word nie”, aldus

Steytler.

Ds. Theunis Botha, leier van die Christen-

Demokratiese Party, het gesê alhoewel ons

almal in die land 'n leefbare en menswaardige

loon gun, is hulle bekommerd dat die regering

se benadering tot minimumlone vir plaaswerkers

katastrofiese gevolge sal hê.

“Die probleem het ontstaan deurdat die

regering vir gans te lank die kommersiële

landbou in die steek gelaat en onder druk

geplaas het. Dit het tot gevolg dat die land

jaarliks boere verloor – ook deur plaasmoorde

– en so ook werksgeleenthede vir plaaswerkers.

Die probleem word nou 'opgelos' deur

die simptome aan te spreek, terwyl die boere

ook hoër brandstofkostes en waarskynlink ook

hoër as inflasie elektristiteitstariewe sal moet

absorbeer.

“Ons moedig die regering aan om verantwoordelikheid

vir die probleem te aanvaar en die

probleme wat nou veroorsaak is die hoof te

bied deur die landbou te ondersteun, en so te

keer dat stede en dorpe deur nog 'n vloedgolf

werkloses getref word.”

TLU SA is van mening dat landbou hierdie lone

nie kan bekostig nie en dat die minister

moontlik bepaalde perke oorskry het met haar

beslissing. TLU SA saam met ander landbouorganisasies

het verlede jaar toegestem tot 'n

verhoging van R80 per dag, wat 'n styging van

meer as 15 persent, oftewel byna drie maal die

inflasiekoers, sou verteenwoordig. Die minister

se verhoging van bo 15% is bo enige perk van

billikheid en redelikheid, lui hul verklaring.

Daarbenewens is die tydskaal wat gegun is om

te besin oor die hele kwessie, ook nie redelik

en billik nie met die gevolg dat die volledige

impak daarvan op landbou nooit tot op die kern

nagevors is nie.

Volgens TLU SA het hulle reeds op 15

November 2012, toe die eerste druk van 'n

verhoging van die lone ter sprake gekom het,

dit in 'n skrywe aan die president en die

minister van landbou duidelik gestel dat daar

eers 'n hele paar sake is waaraan binne

landbou aandag gegee moet word voordat

daar oor die lone gepraat kan word. Geen

reaksie is daarop ontvang nie.

“Die Wes-Kaap se model is nou van toepassing

gemaak sonder om te let op die diversiteit

van produkte, die diversiteit van streke en die

individuele behoeftes en vermoëns van boere.

TLU SA het sy regspan opdrag gegee om alle

opsies te ondersoek ten einde die aangekondigde

minimumlone te wysig.”

TLU SA het gesê ter wille van stabiliteit in die

landbou, die belang van beide werknemers en

werkgewers, asook volhoubaarheid en voedselsekerheid,

word 'n dringende beroep op die

minister van arbeid gedoen om die inwerkingstelling

van die minimumlone op ys te stel.

“Ons sal steeds boere adviseer om tot tyd en

wyl alle kwessies opgelos is, hul lone tot R80

per dag aan te pas. Hierdie saak moet egter

spoedeisend hanteer word. Indien die minister

nie op versoeke reageer nie, sal boere

geadviseer word om binne die bepalings van

tersaaklike wetgewing, spoedeisend stappe in

werking te stel om hulle arbeidsmag aan te pas

in ooreenstemming met hulle salarisbegroting,

ten einde te kan oorleef sonder om voedselsekerheid

in gevaar te stel, het TLU SA se

president, Louis Meintjes, gesê.

Die boere met wie @agri gesels het, was dit

eens dat hulle nie hierdie nuwe verhoogde

loon sal kan bekostig nie. Jean Steenkamp, 'n

aartappelboer van Jacobsdal, het onomwonde

gesê hy gaan verplig wees om 20% van sy

permanente werkers en 30% van sy los

werkers te sny. “Al uitweg is om verder te

meganiseer. Ek gaan dit nie kan bekostig om 'n

werker aan te hou wat byvoorbeeld vloere vee

nie. Ons sal meer produktief te werk moet

gaan.”

'n Ander boer wat baie gediversifiseerd boer,

het gesê die nuwe loonverhogings sal beteken

dat hul uitgawes vir lone sowat R700 000 per

jaar meer gaan wees. Hulle sal dit eenvoudig

net nie kan betaal nie, en dit sal beteken dat

daar opnuut gekyk sal moet word waar gesny

kan word en dat werkers meer produktief

aangewend sal moet word.

Februarie 2013 7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!