03.05.2013 Views

Uitgawe 10 – FEB 2013 - agri - spmdesigns.co.za

Uitgawe 10 – FEB 2013 - agri - spmdesigns.co.za

Uitgawe 10 – FEB 2013 - agri - spmdesigns.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

“Op hierdie rekening kos netwerk- en dienskostes sowat R900 terwyl die werklike gebruik van krag sowat R300 is.

Dit is 'n onuithoudbare situasie en onbekostigbaar”, het Jansen gesê.

Die feit is die landbousektor kan nie 'n verdere 16%

per jaar verhoging vir die volgende vyf jaar

bekostig nie. Sulke stygings sal 'n baie negatiewe

invloed op voedselsekuriteit en werkskepping hê.

Die druk op kontantgewasse het reeds daartoe gelei

dat tussen 13 000 en 15 000 hektaar in die Noord-

Kaap reeds omgeskakel is na permanente gewasse

soos pekanneute. Hierdie syfer verhoog jaarliks

met 3 000 hektaar en is nie net op toepassing vir

pekanneute. Dit lei verder tot 'n afname in

permanente arbeid en die produksie van graan. Dit

is baie belangrik om daarop te let dat Suid-Afrika 'n

netto invoerder van koring is en die laaste twee jaar

is meer koring ingevoer as wat self geproduseer is.

Hierdie is 'n saak van groot erns. Dit maak Suid-

Afrika baie meer afhanklik vir invoere om

voedselsekuriteit te verseker, wat 'n baie

ongewensde situasie is.

Jansen het voorgestel dat Eskom eerder onderskei

tussen netwerkkostes en energiekostes, wetgewing

en hernubare energie.

Daar is baie inisiatiewe en werkbare programme

wat die druk op die voorsiening van elektrisiteit

kan verlig, maar wetgewing is nie in plek om dit te

kan akkommodeer nie.

So is die 5 GW solarplaas dalk 'n geleentheid vir die

Noord-Kaap en kan meer krag opgewek word as

wat Medupi kan en dit sal baie meer koste-effektief

wees as steenkool kragstasies. Dit sal verseker in

die toekoms ook goedkoper wees danksy die

vinnige ontwikkeling van tegnologie.

“Ons moet in gedagte hou dat Suid-Afrika net 10

tot 12 jaar se steenkoolreserwes het. Daarna sal ons

op Botswana en ander invoere moet staatmaak.

Ongelukkig word hierdie inisiatief vir die Noord-

Kaap nie so goed aanvaar as wat die geval vir

steenkool-kragaanlegte is nie.”

Die ontwikkeling hiervan kan die druk op die

verskaffing van krag verlig en Eskom hoef geen

groot kapitale uitlegte aan te gaan nie. Buitendien

hoef daar ook nie elektrisiteitsverhogings te wees

nie. Dit is net nodig dat die Ontwikkelingskommissie

en Regering dieselfde visie sal hê om die

regte rigting aan te dui.

“Die toekoms is verseker in hernubare energie,

maar Eskom wil eerder verbruikers se geld in

steenkoolkragstasies belê. Die verbruiker sal

hieruit geen dividende ontvang nie en natuurlike

hulpbronne sal boonop uitgedien wees oor 10 jaar.

Dit maak mos nie sin nie.

“Dan praat ons nie eens van die reuse bonusse wat

Eskom se topbestuur jaarliks ontvang nie. Of die

meer as R7 miljoen rand wat spandeer word op

sakeontbyte vir President Jacob Zuma se vriende

tussen November 2011 en einde verlede jaar.

Hierdie is uitgawes wat kom van geld wat gemaak

is uit tariefverhogings.”

Jansen het dit duidelik gemaak dat Agri Noord-

Kaap duidelik nee sê vir 'n verhoging van 110% oor

die volgende 5 jaar.

Februarie 2013 17

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!