04.05.2013 Views

Sif van alle soorte graan Veediefstal neem geweldig toe

Sif van alle soorte graan Veediefstal neem geweldig toe

Sif van alle soorte graan Veediefstal neem geweldig toe

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

BLADSY 2

Voortrekkervrou en

Kinderbeeld by Monument

Interessante inligting het onlangs bekend

geword in verband met die Voortrekkervrou

en kinderbeeld by die Voortrekker

Monuement.

Anton van Wouw was die beeldhouer van

die beeldegroep. Die ware model tydens die

skep van die vrouebeeld was Cato Roodra.

Sy was 14 jaar oud op daardie stadium en sy

het elke middag na skool vir 4 ure asook

Saterdae-oggende vir Van Wouw gaan poseer

by sy huis in Doornfontein. Sy het by hom

ingewoon en het eers Saterdaemiddae huis toe

gegaan. Sy was by Jeppe Girls High School

en moes baie ver met ‘n bus ry om by sy huis

uit te kom. Die ander twee kinders het naby

hom gebly. Hulle was nie broer en suster nie,

maar beide was Jode. Die dogtertjie was

Bettie Wolck en die seuntjie Goldstein.

Saterdae-oggende het hulle van 9 tot 12 vir

Van Wouw geposeer. Sy het gemodelleer in

haar wit skoolbloesie met ‘n gewone hempskragie,

wat vollengte voor met knopies oopgeknoop

het, asook met haar skoolskoene met

‘n bandjie oor die voetbrug. Daarby het sy

haar eie pienk/beige crepe de chine-romp

gedra. Dit was dun materiaal, wat sag om

haar gevou het. Volgens Cato was dit glad

nie hoe ‘n Voortrekkerrok gelyk het nie, maar

dit was wat Van Wouw wou gehad het.

Cato het vier maande by Van Wouw ingewoon,

vanaf die begin van Maart 1934. Sy

het 5 pond ontvang vir die vier maande wat sy

gemodelleer het. Sy het nooit saam met die

gesin geëet nie. Haar kos is in haar kamer

bedien en was gewoonlik koud. Sy sê sy het

net Saterdae warm kos gekry. Wat sy baie

geniet het, was ‘n tuisgemaakte Catawbakoeldrank.

Toe Van Wouw sy vrouebeeld aan die

ATKV moes gaan voorstel, het hy glad nie vir

Cato gebruik nie. Hy was bang dat die

HEILBRON HERALD, VRYDAG 19 APRIL 2013

komitee haar sou afskryf aangesien sy nog ‘n

kind was. Hy het ‘n dame Isobel Snyman

gebruik om die dag met die voorstelling te

modelleer. Sy was ‘n verpleegster wat hom

verpleeg het tydens ‘n siekbed. Toe mev Cato

Rooda in 2004 opgespoor word en aan haar

gevra is hoekom sy nooit bekend gemaak het

dat sy die eintlike model was nie, was haar

antwoord: “Ek hou nie van sensasie nie, en

wou nie ‘n polemiek ontketen nie. Ek weet

mos ek was die model!"

Van Wouw en Cato se vader was huisvriende

van 1890 af. Omdat Van Wouw finansieel

swaar gekry het en dit nie kon bekostig

om ‘n model te huur nie, het hy van Cato

gebruik gemaak. Ter wille van Afrikaner

Nasionalisme op daardie stadium, moes alles

in groot geheimhouding plaasvind. Die

komitee moes selfs nie weet dat die twee

kinders Jode is nie.

Briewe van ons lesers

Die volgende skrywe is ontvang van een vn

ons lesers gerig aan die redakteur:

Graag rig ek hierdie skrywe aan u namens

die Gereformeerde Kerk, om hartlike dank te

betuig teenoor die inwoners van Heilbron,

wat ons so mildelik voorsien het van welke

bydrae ons ook benodig het vir die

Holtzhausen-gesin.

Ongelukkig het hierdie gesin Heilbron oornag

verlaat na bykans ’n kwartaal se volle

versorging.

Die volgende skrywe is ontvang van

Bekommerde Inwoner gerig aan die redakteur:

TOEMAAK VAN SANDERSVILLE

KLINIEK

Die toemaak van Sandersville kliniek was

verlede jaar dieselfde tyd ook op al wat ’n

Sandersville-inwoner is se lippe.

Weereens is hierdie nou op die lippe van ons

inwoners omdat dit nou weer te sprake is.

Volgens persone wat anoniem wil bly, is

hierdie nou meer van ’n werklikheid.

Volgens hulle is daar klinieke geïdentifiseer

wat sal moet toemaak, vir die dagkliniek in

Phiritona wat dan sal kan funksioneer met

daardie klinieke se apparate.

Tans word alles hush-hush gedoen, die personeel

van die Sandersville kan ook nie met

die publiek daaroor praat nie omdat hulle ook

in die donker gehou word oor verwikkelinge.

Die wegvat van Sandersville kliniek sal ons

ouer mense kwesbaar stel omdat daar geen

basiese gesondheidsorg vir hulle sal wees,

hulle sal moet gebruik maak van taxi's wat

Die volgende skrywe is ontvang van "Neus

in die wind" gerig aan die redakteur:

Sandersville was nog altyd vir dekades ’n

gemeenskap wat moes tevrede wees met haglike

en walglike omstandighede.

Demografies is Sandersville reg langs die

riooldam geleë en asof die reuk nie walglik

genoeg is nie, word Sandersville vir dekades

ook reg langs die "quarry" met oortollige

rommel se reuke begroet.

Tans is dit nie al waarmee die gemeenskap

moet klaarkom nie maar ook nóg ’n reuk wat

enige persoon sal stuit in sy plig.

Die nuwe abattoir ook langs Sandersville is

veronderstel om van ons mense in die gemeen-

Mag elke persoon wat só geglo het om

hierdie gesin op die pad te kry, se troos lê in

die woorde van Matteus 22:42-45 NLV. Ek

haal vers 45 aan: "Ek verseker julle, as julle

versuim het om een van die eenvoudigstes

van my broers of susters te help, het julle versuim

om My te help."

Mag ons elkeen elke dag leef met die gesindheid

dat ons alles doen asof vir die Here en

nie vir mense nie!

baie hoë tariewe vra.

Hulle sal moet stap omdat hulle die tariewe

nie kan bekostig nie en hulle dan ook blootstel

aan verkragting en roof net om basiese gesondheidsorg

te hê.

Die wegneem van die kliniek sal die

kleintjies ook in die gedrang bring, indien die

kleintjies by die dagsorg (Tintinkieland) seer

kry of mediese hulp nodig het sal daar geen

kliniek vir hulle wees nie.

Die werkers by die fabrieke sal dan nou ’n

hele dag se loon verloor omdat hulle die hele

dag sal moet sit en wag by die Phiritona dagkliniek.

Vir die leerlinge by Sandersvilleskool was

die kliniek in Sandersville altyd ’n aanwins

omdat dit nabygeleë is indien ’n leerling sou

seerkry of gesondheidsorg nodig het.

Daar was geen konsultasie met enige van

Sandersville se inwoners nie. Die vraag is, as

hierdie kliniek van ons gemeenskap weggevat

word, wat gaa nie nog van ons beroof word

nie? Vir hoe lank gaan ons die verkragting van

ons gemeenskap nog aanvaar?

skap te help met werk sodat die werkloosheid

kan afneem, ’n paar inwoners van Sandersville

werk nou daar en ons sê dankie, maar die

slegte reuk wat ons daagliks begroet is nou

meer dank vir stank.

Geen mens kan met hierdie aardige, rou

reuk saamleef nie, van vroegoggend tot laat in

die aand kry jy nog hierdie vrot reuk.

Blykbaar is omliggende besighede besig om

met die abattoir te onderhandel maar waar is

die gesondheidsinspekteur om te ondersoek of

hierdie abattoir volgens die reg handel?

Of is Sandersville maar Heilbron se vrot gat

waar al die vrot van Heilbron moet langs?

Kinderopvoeding

• Ebeth Müller

Bron: Hetta Hager Griekwastad

In ou dae het ons geweet van meniere, ons

het nie oumense vet in die oë traai smeer nie

(bedrieg). Ons het grootmense se loopvoete

geïs en hulle se werkshande. Ons't nie hardlywig

(lui) geraak oor stuurwerke nie. nie

onmenierlikheid tong gegee nie, nie

kwaadgeid genirs nie. "Kry end kerm, loop

skrou (skreeu) sountoe. Speel diekant toe

met julle onwettigheid."

Dit was ons brood wat ons geëet het, dagvir-dag.

ons het nie hoelrie (juwele) gehad

nie. Daar is nie huis toe gekom saans as onse

pa-hulle al hoed op die gesit het nie (geslaap).

As hulle vir hulle neergegooi het,

moet ons klaar innie huis ge-is het. Nie

skelm uit die huis sluip as hulle groot snorke

uit die kooi uit hoor nie.

Vedag se kenners (kinders) hoor nie, laat

nie aan hulel meniere leer nie. Dit help siffel

sis niks. Ek, as ek êrenster heen loop, loop

ek hulle weg. Want vat ek jonk saam vat jy

faait saam.

Piklei (baklei) is te verniet besigheid,

mens bêre swaar woorde in jou keel vir nou

se kinners sonner meniere. Faait liewers met

die wind. Kliphardegat soos groen kwepers,

stêre in die lug sis werfhonne. Opgetoffie

(mooigemaak) met lippetjies (lipstiffie) aan,

ophare bont gedaaid (gekleur) lyk of ’n

hoenerhaan op haar op broei. Praat sy met ’n

man, lyk dit sy voer hom, praat in sy mond

in.

Jy't nie ’n moenie nie, traai maar en kyk.

Hulle tonge hol weg voor jy klaar praat.

"Slaan my, ek gee rente!" (slaan terug).

Hulle praat met kanniewarie-ogies.

Aand se kant raak hulle stil, dan's hulle op

die kwaaddoen uit. Smôrs lê slaap hulle

kliphard. Verneul (aanhou neul) my oor geld,

maak my vol rou buie (kwaad). Hou liewers

my bek, dan bly my flenters heel. Byt op my

tande want hy haal mes uit. Ek sê: "Dis my

hys, ek maak die roels." (reëls) Hy slinger

woord (praat terug). "Jy shout (skree) my!"

Jy rand my! (aanrand) Ek foun vir "ten-trippel-one"

(10111) Jy tronk!"

Die woord moet nog uitgedink word hoe

jy voel. Smaak my (voel so) ek is net bolyf

familie (halwe familie) van die varkgoed.

Praat? Verniet faait (fight - baklei) liewers

met die wind!

Kospakkies vir

minderbevoorregtes

Op 12 April het die Omgeegroep van Huis

Bron-van-Heil kospakkies uitgedeel aan

behoeftige senior burgers van Sandersville.

Die dankbare trane wat gevloei het, sal die

groep ewig bybly. Dit breek ’n mens se hart

om die groot armoede en ellende te sien wat

daar heers. Daar is ’n oupa van 107 jaar wat

sit waar hy sit, die kinders teer op sy karige

pensioen, ’n ouma wat nie kan loop nie wat

Dit is tyd vir die jaarlikse inentings teen

polio en masels wat van stapel gestuur word

deur die Nasional Department van Gesondheid

van 29 April 2013 – 17 Mei 2013 (masels

inenting en poliodruppels rondte 1) en 17

Junie – 28 Junie 2013 (poliodruppels – rondte

2). Kinders moet beide ondergaan.

Waarom moet ek my kind laat inent teen

masels?

Masels is een van die toestande wat tans lei

tot sterftes by kinders onder die ouderdom

van 5 jaar. Volgens die Wereld Gesondheids

Organisasie het die sterftes in 2011 met 71%

afgeneem na ’n aggressiewe wereldwye veldtog

om inentings teen masels te gee.

Wat is masels?

Masels is ’n ernstige asemhalingsiekte wat

veroorsaak word deur ’n virus. Die virus versprei

maklik met druppels wanneer daar

gehoes of genies word. In rare gevalle kan dit

dodelik wees. Die inenting beskerm teen

masels.

Masels begin met:

• ’n koors wat baie hoog kan wees

• kort daarna veroorsaak dit ’n gehoes,

loopneus en rooi oë

• ’n fyn rooi uitslag van klein rooi kolletjies

verskyn (begin gewoonlik by die kop en

sprei na die res van die lyf). Die uitslag sal

vir ongeveer ’n week sigbaar wees terwyl

die hoes vir 10 dae kan aanhou.

• Sommige kinders met masels kry ook

diaree en oorinfeksie.

In sommige gevalle ontwikkel kinders

longontsteking of ontsteking van die breinvliese

wat kan lei tot breinskade, doofheid en

self die dood.

Erge masels is meer waarskynlik onder

kinders wat ondervoed is, veral wanneer daar

’n gebrek aan vitamien A voorkom of waar

die immuunsisteem verswak word deur HIV/

VIGS of ander siektes.

Die voorkoms van wanvoeding in die streek

maak dit noodsaaklik dat soveel kinders

moontlik ingeënt word om beskerming teen

die siekte te verseker.

haar kleinkinders oppas en versorg.

Armoedige, bouvallige huise waar ’n paar

gesinne in woon, ’n broodwinner wat sy been

verloor het.

Die Here beveel ons om doelgerigte liefde

te betoon aan almal. Laat ons tog nie wegkyk

soos die Fariseër en verbystap nie, maar aan

almal wat minder as ons het, hulp verleen.

Inentings red lewens

Masels- en polioveldtog begin

Wat is polio?

Polio is ’n siekte wat veroorsaak word deur

die poliovirus. Dit kan lewenslange verlamming

veroorsaak en kan dodelik wees. Dit is

ook moontlik dat ’n persoon nooit enige

simptome ontwikkel nie terwyl ander net ligte

aantasting ervaar. Die goeie nuus is dat die

polio-inenting beskerming bied teen polio.

Meestal is daar geen simptome wanneer ’n

persoon met die virus besmet word nie. ’n

Klein aantal persone (ongeveer 8 uit 100) sal

griepsimptome ervaar wat self opklaar. In rare

gevalle kan die infeksie baie ernstig wees en

1 uit 100 mense sal swakheid in die arms,

bene of beide ervaar. Die verlamming of swakheid

kan egter lewenslank duur.

Selfs in kinders wat heeltemal herstel

ontwikkel spierpyn, swakheid of verlamming

as volwassenes 30-40 jaar later. In 5 uit 100

kinders word die asemhaling spiere aangetas.

Polio is hoogs aansteeklik . Die virus leef in

die geïnfekteerde persoon se keel en derms.

Dit word versprei deur kontak met stoelgange

(en kan vir ’n lang tyd daarin oorleef) asook

deur druppels wanneer gehoes of genies

word.

Wat moet ek doen?

Die inenting is gratis en is beskikbaar by

jou plaaslike kliniek.

Inentings sal ook gedoen word by skole en

kleuterskole en dit is belangrik om te weet dat

jy n toestemmingsbrief sal moet teken alvorens

jou kind ingeënt kan word.

Indien moontlik bring jou kind se kliniek

kaart – maar indien jy nie n kaart beskikbaar

het nie, bring jou kind in elk geval.

Voorkoming is beter as genesing

• Laat jou kind betyds inent.

• Praat met jou dokter of die suster by die

kliniek as jy vrae het.

• Hou rekord en verseker dat jou kind se

intentings op datum is.

• Was hande na gebruik van die toilet of as

jy genies of gehoes het – dit bly steeds die

beste en goedkoopste manier om te verseker

dat siektes nie versprei nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!