04.05.2013 Views

Sif van alle soorte graan Veediefstal neem geweldig toe

Sif van alle soorte graan Veediefstal neem geweldig toe

Sif van alle soorte graan Veediefstal neem geweldig toe

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

BLADSY 4 HEILBRON HERALD, VRYDAG 19 APRIL 2013

Herald Fokus: Depressie

al meer mense ly aan depressie. die

Wêreldgesondheidsorganisasie raam dat dit teen 2020 die

belangrikste rede vir werkongeskiktheid en 'n gebrek aan

produktiwiteit sal wees.

Deur DIE HUISGENOOT-POLS SPAN

dit tas twee keer soveel vroue as mans aan, maar tref

geen onderskeid op grond van ras of ouderdom nie. dit tap

jou kragte, maar laat jou ook slapeloos rondrol. dit maak

jou desperaat vir hulp, maar vernietig juis daardie verhoudings

wat jy nodig het. dit kan trouens jou lewe verwoes.

depressie is nie net 'n kwaai aanval van die blues nie.

dis 'n algemene en diagnoseerbare mediese toestand en die

simptome is liggaamlik (waaronder seksuele probleme en

'n gebrek aan energie), verstandelik (waaronder besluiteloosheid

en aandaggebrek) en emosioneel (waaronder

diepe ellende of prikkelbaarheid).

sowat 6-10 persent van die wêreldbevolking beleef

gedurende enige gegewe jaar 'n depressiewe episode en dié

syfer styg steeds. Om die waarheid te sê, voorspel die

Wêreldgesond-heidsorganisasie dat depressie teen 2020

wêreldwyd een van die grootste oorsake van verlies aan

produktiwiteit sal wees omdat mense weens die toestand

nie werk toe sal kan gaan nie.

depressie moet egter nie verwar word met blote terneergedruktheid

of die treurproses wat op 'n ernstige verlies

volg nie.

"dis heeltemal normaal om soms ietwat neerslagtig te

voel,” sê Health24 se kuberkopdokter, prof. Michael

simpson. "Maar dit moenie so erg wees dat dit met jou

werk of jou persoonlike lewe inmeng nie en moet ook nie

vir lang tye voortduur nie."

rou kan beslis soos depressie lyk en voel, maar dit

begin gewoonlik ná sowat ses maande opklaar. Medikasie

help nie vir mense wat treur nie.

"Aan die ander kant kan langdurige fisieke simptome

soos slaapversteurings en eetlusveranderings op depressie

dui," verduidelik Michael.

Hoekom ek?

Wat presies depressie veroorsaak, is nie bekend nie.

Navorsers het egter 'n rits moontlike biologiese, fisieke,

sosiale en sielkundige faktore gevind wat die toestand kan

laat ontwikkel.

een biologiese faktor het te doen met breinoordragstowwe

– chemikalieë in die brein wat die oordrag van

boodskappe tussen senuselle beheer. as die werking van

dié chemikalieë versteur word – byvoorbeeld as gevolg van

sekere medisynes of dwelms soos ecstasy – kan depressie

posvat. gene speel ook 'n rol: as jy 'n nabye familielid met

die probleem het, loop jy 'n groter gevaar om dit self te

kry.

toestande soos beroerte, parkinson of Cushing se siekte

en skildklier-afwykings kan ook depressie veroorsaak of

dit vererger.

Op sosiale vlak kan spesifieke gesinsomstandighede en

-dinamika party mense se vatbaarheid verhoog. egskeiding

kan 'n mens byvoorbeeld spyt, berouvol en soos 'n mislukking

laat voel omdat jy dit nie kon regkry om die verhouding

te laat werk nie.

Nog 'n moontlike sondaar is 'n ongelukkige verhouding

wat bly voortsleep, sê Charl Hattingh, 'n kliniese sielkundige

van kaapstad. "en as daar 'n kombinasie van eksterne

faktore betrokke is, kan mense ook depressief raak."

'n Mens se eie persoonlikheid kan jou meer vatbaar vir

depressie maak, soos pessimism en 'n onvermoë om stres te

beheer.

Net so kan iets verskrikliks wat met jou gebeur het toe

jy jonger was jou in later jare meer kwesbaar vir depressie

maak.

Miskien is dít hoekom ’n mens nooit veilig is nie? tot

twee persent van 12-jariges en 8-14 persent van 15- tot

18-jariges ly aan depressie, sê dr. graham emslie van die

universiteit van texas in amerika. Jong lyers word egter

dikwels verkeerd gediagnoseer omdat hul depressie onverwagte

vorms aanneem.

kleintjies is miskien buitengewoon klouerig of traag om

skool toe te gaan. tieners kan swak vaar op skool, dwelms

gebruik, begin rondslaap of van die huis af wegloop.

Partykeer is daar 'n spesifieke sneller wat die depressie

veroorsaak, ander kere slaan dit sonder rede toe – gewoonlik

by iemand wat in die verlede al depressief was.

"die eerste aanval van depressie word algemeen deur 'n

stresvolle gebeurtenis uitgelok soos die dood van 'n

geliefde of 'n ernstige siekte," sê prof. piet Oosthuizen van

die universiteit van stellenbosch se departement psigiatrie.

"elke aanval van depressie verlaag egter die drumpel vir

die volgende aanval, wat beteken dat dit ál minder stres

verg om daaropvolgende aanvalle te veroorsaak. kortom,

depressive veroorsaak depressie."

Met die regte behandeling sal 80 persent van depressielyers

verbeter en 60 persent sal ten volle herstel. ideaal

gesproke is die behandeling 'n kombinasie van medikasie

en terapie, en in ernstige gevalle moet lyers in die hospitaal

behandel word.

daar's 'n verband tussen 'n tekort aan breinoordragstowwe

en depressie, en hiervoor kan antidepressante help.

dié middles sorg dat die beskikbare breinoordragstowwe

langer hou of doeltreffender werk.

Moderne antidepressante dek 'n wye veld en die meeste

het minder newe-effekte as die ouer weergawes. die algemeenste

newe-effekte is naarheid en hoofpyn in die eerste

week en seksuele newe-effekte soos vertraagde orgasme en

'n lae seksdrang.

gelukkig verbeter of verdwyn die meeste van hierdie

simptome mettertyd.

die baie algemene selektiewe serotonienheropnameinhibeerders

(ssHi's) soos prozac, Cipramil, Zoloft en hul

generiese weergawes werk op die oordragstof serotonien.

dié produkte het 'n goeie naam omdat hulle veiliger as

die ou antidepressante is wanneer 'n oordosis geneem

word.

party van hulle is ook baie goed vir die behandeling van

angstigheid, wat dikwels met depressie gepaardgaan.

Maar nuwe middels soos serotonien-en-noradrenalienheropname-inhibeerders

(sNHi’s) word ál gewilder. Hulle

het min of meer dieselfde newe-effekte as ssHi’s, maar is

beter wanneer depressiesimptome hoof- en spierpyn insluit.

sNHi's kan dalk ook verdere depressie-aanvalle beter help

voorkom.

die vraag is egter nie net watter medikasie jy moet

gebruik nie, maar ook vir hoe lank: as dit die eerste aanval

is en die antidepressant werk, moet jy dit 'n jaar lank neem,

sê piet. "vir 'n tweede aanval moet dit twee jaar lank

geneem word en ná 'n derde voorval vir die res van jou

lewe."

Mense maak dikwels die fout om behandeling te vroeg

of skielik te staak. toe die internasionaal bekende ssHikenner

dr. andré Joubert onlangs in suid-afrika was, het hy

gesê 'n mens kan die uitwerking van die middels ná omtrent

sewe dae begin voel, en dat dit ses tot twaalf weke duur

voor die beste resultate behaal word.

as jy die middels voor die voorgeskrewe tyd staak, is

daar 'n groter gevaar dat die depressie terugkeer en selfs

chronies raak.

dis ook belangrik om jou geleidelik van die middels te

speen. as jy te skielik ophou, kan jy onaangename simptome

soos angstigheid of duiseligheid kry.

vra jou dokter dus voor jy ophou en stel vas hoe om die

dosis geleidelik te verlaag.

daar word soms gesê dat antidepressante te maklik

voorgeskryf word, maar dis 'n wolhaarstorie, sê piet. “die

waarheid is dat medikasie nie gereeld genoeg voorgeskryf

word nie – navorsing toon minder as 50 persent van mense

met depressie word korrek gediagnoseer. en minder as die

helfte van hulle word doeltreffend behandel met psigoterapie,

medikasie of albei."

Michael stem saam, maar sê antidepressante is nie vir

alle pasiënte noodwendig die beste plan nie. Baie deskundiges

bevel dit nie voor die voet aan nie, veral nie uit die

staanspoor nie. daar is navorsing wat wys kognitiewe gedragsterapie

(waar 'n mens geleer word om jou gedrag doelbewus

te verander) kan net so goed werk soos antidepressante

en ook permanente voordele inhou.

Charl sê ook medikasie is dikwels niks meer as 'n

pleister nie, 'n tydelike bedecking vir 'n chronies besmette

wond.

"selfs al laat 'n antidepressant iemand beter voel, kan sy

emosionele problem terugkeer as sake soos 'n ongelukkige

verhouding nie aangespreek word nie," verduidelik hy.

"een van die moontlike nadele van medikasie is dat die

pasiënt sy probleme vermy."

daarenteen help terapie 'n mens om die waarheid in die

oë te kyk en die emosionele oorsake van jou depressie uit te

lig.

"Jy leer verstaan hoekom jy op slegte situasies reageer

deur depressief te word," sê Charl. "dan kan jy in 'n veilige

omgewing saam met die terapeut nuwe maniere leer om

trauma en verlies te hanteer."

Maar as depressie jou daaglikse funksionering aantas,

moet medikasie oorweeg word. die antidepressante help

jou dan om jou simptome te beheer terwyl terapie tot die

wortel van die kwaad deurdring.

skokterapie

as die depressie besonder hewig is, of as medikasie nie

wil help nie, oorweeg dokters soms skokterapie, oftewel

elektrokonvulsiewe terapie (ekt). dié behandeling stimuleer

die brein met kort, elektriese prikkels wat effense stuipe

veroorsaak en help om simptome te verlig. Met ekt

toon die brein dieselfde veranderings as ná die gebruik van

antidepressante, maar dit werk vinniger.

Moderne skokterapie is nie seer of gevaarlik nie, maar

party mense kry geheueverlies as die behandelings baie kort

op mekaar volg, of as die terapie aan albei kante van die

brein toegepas word.

die behandeling van depressie is beslis ingewikkeld en

wetenskaplikes moet nog baie vrae beantwoord. Maar

navorsing wys dat hoe langer jy wag om behandel te word,

hoe moeiliker word dit om jou depressie te behandel. Wat

ook al jou aksieplan, die sleutel tot sukses is dat jy so gou

moontlik hulp moet soek.

HIER KRY jY HULP

die suid-afrikaanse depressie-en-angssteurnisgroep se

opgeleide raadgewers staan elke dag van 08:00-20:00 reg

om te help. Jy kan die tolvrye hulplyn bel by 0800-567-567

of 'n sMs na 31393 stuur.

Pastoor Willie Botha tree DV Sondag

21 April 2013 om 10:00 op in die

AGS-gemeente Heilbron. Almal is baie

welkom, toegang gratis.

Lig op

ons pad

Matteus 7

1. Moenie oordeel

nie, sodat julle nie

geoordeel word nie.

2. Want met die

oordeel waarmee

julle oordeel, sal

julle geoordeel word;

en met die maat

waarmee julle meet,

sal weer vir julle

gemeet word.

3. En waarom sien jy

die splinter in die oog

van jou broeder, maar

die balk in jou eie oog

merk jy nie op nie?

4. Of hoe sal jy vir jou

broeder sê: Laat my

toe om die splinter uit

jou oog uit te haal, en

kyk, in jou eie oog is

die balk!

5. Geveinsde, haal

eers die balk uit jou

oog uit, en dan sal

jy goed sien om die

splinter uit die oog van

jou broeder uit te haal.

6 Moenie wat heilig

is, aan die honde

gee nie; en gooi julle

pêrels nie voor die

varke nie, sodat hulle

dit nie miskien met

hulle pote vertrap

en omdraai en julle

verskeur nie.

7. Bid, en vir julle sal

gegee word; soek, en

julle sal vind; klop, en

vir julle sal oopgemaak

word.

8. Want elkeen wat

bid, ontvang; en hy

wat soek, vind; en

vir hom wat klop, sal

oopgemaak word.

Biblioteek Tye

Heilbron Biblioteek is

vyf dae per week vir

die publiek oop en die

tye is as volg:

MAANDAE -

VRYDAE

Oop 09:00 - 16:30

BiBliOteek is

gesluit

Op saterdae.

Heilbron

Dienssentrum

Breëstraat 54 Heilbron

Tel: 058 853 0317

Bestuurder: R v Vuuren

Tel: 072 341 2730

MAANDELIKSE

PROGRAM

Maandag:

08:45 gimtrim

Dinsdag:

10:00 algemene byeenkoms

met interessante programaanbieding

Eerste Woendag:

08:30 Haarsalon

Tweede Woensdag:

10:00 pure bederf of

sommer net

Derde Woensdag:

08:30 voetsorg

Donderdag:

17:00 kooroefening

Op en Wakker

Dienssentrum

vir Bejaardes Reitz

Program vir week

Maandag

09:00 kooroefening

Dinsdag

09:00 Bloeddrukke

Woensdag

09:00 dorp toe

10:00 voetsorg

Donderdag

10:00 sosiale program

Vrydag

09:00 Bybelstudie

Kontakpersoon

Petro Pretorius

082 325 1322

HEILBRON KERKNUUS

NG MOEDER

SONDAG:

09:30 erediens (doop)

kleuterkerk

sin kol: andrew Murray gemeente

in Bloemfontein

kategese

gemeentetee Blok 1

NG SUID

SONDAG:

09:30 tienerdiens

sin kol: Bedieningsfonds vir

Middestadgemeentes

kategese

18:00 Meditatiewe Nagmaalsdiens

GEREFORMEERDE KERK

SONDAG:

1ste diens: 09:30 erediens

2de diens: 11:00 erediens

NEDERDUITSCH

HERVORMDE KERK

ds Herman gothan

058 852 1174 of 076 889 6680

SONDAG:

09:30 erediens

vierde sondag van die Opstanding

Biddag vir gesaaides

dankdag vir die oes

kategese les 9

teeskink Wyk vyandsvlei

voorleser: Ouderling snyman

AGS pleinstraat 72

sondag 10:00 erediens

sondagskool sondag 10:00

Biduur Woensdag 18:30

Kontakpersone: past CJ grobler

Tel: 058 853 1016 • Sel: 082 344 4638

CHRISTUS GEMEENTE

(H/v right- & gilbertstrate)

SONDAG: 09:30 erediens

Navrae: past Marius delport

sel: 076 500 9836 / faks: 058 853 0582

AP-KERK

tweedestraat, vegkop-uitbr.

SONDAG:

08:00 erediens (edenville)

10:00 erediens (Heilbron)

vBO les 10

Basaarlyste terug

va alg vergadering na diens

METHODIST CHURCH

SUNDAY: Worship service 09:30 each

sunday. almal welkom / all welcome.

Contact pastor Caryl loots

083 435 8889 or 058 853 0486.

EVANG. GEREF. KERK

FRANKFORT (Markstr. 20)

SONDAGOGGEND: 10:00 erediens

SONDAGAAND: 18:00 erediens

WOENSDAE: 18:00 Biduur

Navrae: ds Johann dörnbrack

tel: 083 275 6326 of 058 813 2424

LEWENDE WOORD GEMEENTE

(AGS) PETRUS STEYN

pastoor kobus davids tel: 058 871 4063

SONDAE: 09:30 erediens

17:00 Woordskool in somer

DINSDAE: 06:30 intersessie

WOENSDAE: 10:00 vrouebiduur

18:00 selgroep en biduur

PENTECOSTAL CENTRE

(assemblies of god, sandersville)

SONDAG: 10:00 Heiligmakingsdiens

17:00 evangeliediens

MAANDAG: 18:30 Jeug

DINSDAG: 18:00 gemeentebiduur

Matt 26:38, Jak 5:16, eff 6:18

WOENSDAG: Huissel

DONDERDAG: 18:00 sustersbidaand

VRYDAG: 18:00 Jeugaand

SATERDAG: 15:00 Worship team oefen.

Enige gebedsversoeke skakel:

(058) 852 2190

Navrae: pastoor B Bentosha

(058) 852 2190

A.G.S KERK SANDERSVILLE

SONDAG:

Oggenddiens 10:00

Maandag Huissel 06:00

Biduur Woensdag 06:00

kontak p. van staden

CANAAN APOSTOLIC FAITH MISSION

SANDERSVILLE

DINSDAE: 17:00 Jeugdienste & Oefeninge

WOENSDAE: 17:00 gemeentediens & Biduur

SONDAE: Heiligmaking om 10:30

vir meer inligting kontak pastoor Joey

pienaar 082 673 2321 of evangelis frans

lottering 078 402 2000.

ASSEMBLIES OF GOD WORSHIP

CENTRE SANDERSVILLE

TUESDAY: Prayer service 18:00

WEDNESDAY: Home service 18:00

THURSDAY: Bible Study 18:00

SATURDAY: A.OG 4G Practices 16:00

(Great Gifted Gospel Group)

SUNDAY: Home service 10:00

Sunday School 09:00

A.OG 4G Practices 16:00

PRAYER REqUEST:

Church Pastor Revell 078 425 2502

Pastor Edward 082 407 3106

Pastor Steven 083 943 4285

PINKSTER PROTESTANTE KERK

FRANKFORT

SONDAE: 08:45 sondagskool

10:00 erediens

18:00 evangelie diens

WOENSDAE: 10:00 sustersbiduur

18:30 gemeentebiduur

VRYDAE: 19:00 Jeugbyeenkoms

Navrae: pastoor sfp grobler

tel: 058 813 2036 sel: 071 123 1013

AFRIKAANSE BAPTISTE KERK

FRANKFORT

SONDAG: Oggenddiens 10:00

18:00 Bybelstudie

WOENSDAG: Biduur 18:00

Navrae: 082 324 4436

Christ the Rock

Koinonia Church

HEILBRON/PHIRITONA

ek is ’n evangelis met ’n passie om siele vir die Here te wen, in besonder die

persone wat nog nooit die evangelie van Jesus Christus gehoor het nie. ek

verkondig die reddende genade van die Here vir alle mense. ek wil baie graag

die geleentheid gegun word om die evangelie op die plase in die Heilbrondistrik

te verkondig. Boere is baie welkom om my te kontak in die verband.

PASTOOR AARON MOEPI

sel: 071 017 8024

epos: aaronmoepi@gmail.com

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!