04.05.2013 Views

Sif van alle soorte graan Veediefstal neem geweldig toe

Sif van alle soorte graan Veediefstal neem geweldig toe

Sif van alle soorte graan Veediefstal neem geweldig toe

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

BLADSY 8 HEILBRON HERALD, VRYDAG 19 APRIL 2013

Huweliksklokkies lui

vir oud-Heilbronner

Jeannette van der Merwe, dogter van dr. Danie en Erica van der Merwe, is Saterdag 13 April in die huwelik bevestig

met Fabrizzio Panimboza. Fabrizzio is gebore in Ecuador maar het verhuis na die VSA in sy tienerjare. Daar het

hy skoolgegaan en was in die Amerikaanse weermag. Jeanette is gebore in Heilbron en het haar skoolloopbaan hier

voltooi. Hulle het mekaar in Jerusalem ontmoet waar ons albei vir 'n Christenorganisasie met die naam Bridges for

Peace, vrywilligerswerk gedoen het. Die paartjie het in Jerusalem verlief geraak en dis waar alles begin het.

“Fabrizzio moes terug Amerika toe en hy het later by my aangesluit in SA nadat ek my tydperk as vrywilliger in Israel

voltooi het”, het Jeannette gesê. Hulle is tans oorgegee aan waar en hoe die Vader hulle ook al lei in die werk wat

Hy vir hulle het. ”Ons altwee het 'n hart vir sendingwerk”. Ons hart is om sy liefde te bring waar ookal Hy ons lei”.

Hulle beplan om reistogte in Afrika te onderneem en ook verder oor die wêreld om die Here se liefde te wys op

praktiese maniere.

Mnre. Wentzel Vorster (links) en Piet Boshoff (regs) van BKB Louwid oorhandig 'n persentasie van die veiling se

omset aan mev. Sirietha Underhay van die Heilbron Netbal-vereniging.

Harte oop vir sport

Heilbronners se harte is wawyd oop vir die

bevordering van sport in die gemeenskap.

Hierdie stelling is Woensdagoggend bewys

toe BKB Louwid 'n baie suksesvolle veiling

ten bate van die Heilbron Netbalvereniging

aangebied het.

BKB Louwid het aangebied om 'n gedeelte

van hul kommissie wat hul tydens die veiling

maak aan die netbalvereniging te skenk.

Die netbaldames het nie op hul laat wag nie

en 'n reuse bemarkingsveldtog van stapel gestuur

om binne 'n kort tydjie soveel as moontlik

vee-eienaars aan te moedig om vee vir die

veiling in te skryf.

"Baie geluk, julle het 'n pragtige veiling

gehad," was die afslaers se opsomming oor

die dag se gebeure.

Meer as 200 beeste is vir die veiling

ingeskryf.

Die spelers het ook sommer van die geleentheid

gebruik gemaak om worsbroodjies en

koeldrank tydens die veiling te verkoop.

Die dames samel geld in om uitgawes te

dek vir die opkomende liga, maar sou fondse

dit toelaat, wil die lede graag van die bane by

die ou tennisklub herstel. Twee spanne van

Heilbron is vir vanjaar se liga ingeskryf. Die

spelers oefen al sedert Mei verlede jaar en

beide spanne is beslis spanne wat 'n doring in

die vlees van enige oponent gaan wees.

Die dames van die Heilbron Netbalvereniging

het hul opregte dank aan die hele

span van BKB Louwid uitgespreek.

"Dit is vir ons 'n voorreg om met afslaers

soos julle hand-aan-hand te stap. Sonder julle

ondersteuning sal ons netbaldroom vir die

dorp net 'n droom bly."

Die dames het ook hul opregte dank uitgespreek

aan elke verkoper en koper wat die

dag teenwoordig was en moeite gedoen het

om vee in te skryf. "Dit is lekker om te weet

ons begin die seisoen met 'n gemeenskap soos

julle bankvas agter ons."

Cordon

Bleu kok

Valerie Clark-Halkett het in 2010 gematrikuleer aan die

Hoërskool Heilbron. Sy behaal in 2012 haar diploma in

"Professional Cordon Bleu Cooking" by die Olive Chef

skool in Bloemfontein. Valerie behaal ook haar diploma

in "Food Preparation and Booking" by City and Guilds.

Sy is tans werksaam by Morgans Bay Hotel in Morgans

Bay. Valerie is die dogter van Alfred en Ina Clark-Halkett

van Heilbron.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!