04.05.2013 Views

Dood sonder Oorsaak - Read a Book

Dood sonder Oorsaak - Read a Book

Dood sonder Oorsaak - Read a Book

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

‘n “PA” se

kosbaarste

besitting sterf.

‘n kort lewe.

Aan Ouers met kinders

Andre Engelbrecht

1. Wedergeboorte

2. Eersteling

3. Enkelling

4. Vriend en maat

5. Beroepskeuse

6. Die onverklaarbare

7. Noodoproep

8. Hartseer en skok

9. Oorsaak

10. Graf en pyn

11. Om God te bly dien

12. Wat FAB sê

13. Sussie se gedig

Inhoud

Inleiding

Ek skryf hierdie boek na aanleiding van my ervaring as ouer, pa van ‘n eersteling en oudste

seun van ons wat skielik net van ons weggeneem is deur die dood.

Aan pa’s, ouer, wat ook een of andertyd ‘n kind aan die dood moes afstaan en aan

jongmense wat dalk ‘n broer of suster verloor het.

In my soeke na hoekom’s en waarom’s, kon ek saam met my eggenote net getuienis vind van

skrywes wat moeders ervaar het, maar waar is die vaders dan?….wat het hulle ervaar?

Wat het hulle ervaar en hoekom praat hulle nie oor hul verlore seun of dogter nie? Ons

ontmoet soveel mense in hierdie tyd wat ook dieselfde traumatiese ervaring as ons

deurgemaak het op een of ander stadium van hul lewe. Ek het opgemerk dat die Vaders nie

daaroor praat nie ,tensy ek vooraf daarvan geweet het.

In die tyd van rou en soeke na redes ontmoet ek ‘n vrou op Kleinmond ,Sophia Nel, deur een

van my vriende, wat aan my sê, sy sien ‘n pen in my hand , sy sê ek moet skryf.

Op daardie stadium het ek nie geweet wat dit moet wees nie, dalk bybel tekse, boodskappe,

ek weet nie.‘n Paar dae daarna voel ek sterk gelei deur ‘n stem en drang hier in my binneste

en met bevestiging van my vrou dat ek oor hierdie “dood sonder oorsaak” moet skrywe.

Gerig aan pa’s wat kinders verloor het en aan die wat nog die voorreg het om hul kinders by

hulle te hê.

Terwyl ek besig is met die skrywe voel ek gelei om die Bybel langs my te hê. Soos ek my

ervaring deel op die woordverwerker kom “Woord” in my gedagtes op en ek plaas dit soos

ek gelei voel. Duidelik ervaar ek dat die Heilige Gees besig is om my te lei deur die Woord ,

asof iets bonatuurliks vir my die tekse gee om neer te skryf . Dit is duidelik dat die

teenwoordigheid van die “Die Heilige Gees” oor hierdie verband baie sterk was.

Mag hierdie verhaal vir u ‘n weg wys en ‘n lig wees soos wat God dit vir jou wil hê, ons

verstaan nie nou Sy weë nie, maar eendag sal ons sien en verstaan. Ek is nou net ‘n menslike

instrument in sy hande.

1 JOHANNES 2 : 13 “Ek skryf aan julle, vaders,omdat julle Hom ken wat van die begin

af is. Ek skryf aan julle, jongmanne, omdat julle die bose oorwin het. Ek skryf aan julle,

kinders, omdat julle die Vader ken…

Vers:14 “Ek het aan julle geskrywe, vaders, ……

“Ek het aan julle geskrywe jongmanne…

Vers: 15 “Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die

wêreld liefhet dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.

Vers:16 “ Want alles wat in die wêreld is-die begeerlikheid van die vlees en die

begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe- is nie uit die Vader nie, maar is

uit die wêreld.

Vers:17 “ En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil doen van

God, bly vir ewig…….

Hoofsuk 1

Jesaja 49: 1 “Die Here het jou geroep van die moederskoot af, van jou geboorte af het Hy

jou naam genoem”

Gedagtig weet hy van jou en my, waar jy is, wat jy doen, elke oomblik van die lewe. Dit het

ek besef met wat ek ervaar het en niemand kan met my daaroor verskil of redeneer nie as hy

dit nie self ervaar het nie.

Dit was gedurende Augustus 1984 dat ek en my vrou ons harte en lewens vir Jesus Christus

gegee het , as ons “verlosser en saligmaker”, ongeveer ses maande nadat ons in die huwelik

getree het.

’n Dierbare oom van Logos Gemeente, Oom Gert, het ons eendag kom besoek en ons na die

Here toe gelei.

‘n Oom wie se vrou byna 30 jaar vir hom gebid het om sy hart vir die Here te gee, hy was glo

‘n harde en onbeskofde man, maar vandag die sagtheid en dierbaarheid vanself.

Ek dink Oom Gert leef nog en het iewers afgetree in die Suid Kaap.

Voorwaar “weer gebore” en ‘n nuwe mens geword. Hy was soos die mense sê ons

“Geestelike Vader” omdat hy ons na die Here toe gelei het. In die sitkamer van ons eerste

woning, by die koffietafel, daar het ons op ons knieë gegaan en tot die Here gebid, die

“sondaars” gebed saam met Oom Gert.

Dit nadat ons tot die oortuiging gekom het volgens die woord in Johannes 3: 3-

5.”Voorwaar, voorwaar ek sê vir jou as jy nie weer gebore word nie, sal jy nie die

koninkryk van God nie sien nie…Voorwaar voorwaar as jy nie gebore word uit water en

gees nie sal jy die koninkryk van God nie sien nie…

Dit was harde woorde vir my, woorde wat Jesus vir Nikodemus gespreek het. Vir hom was

dit dat dalk net sulke ontnugtere woorde, woorde wat ek nog nooit van gehoor het nie, omdat

ek diaken was en gereeld Kerktoe gegaan het het ek gedag my pad is oop vir die ewigheid na

die dood. Ek gaan mos Kerktoe en leer van God en Sy Woord,… maar…

Hoekom wedergeboorte? God is Gees, en met wedergeboorte wat ‘n opdrag is van God in sy

Woord maak hy jou een met hom en is jy gemerk om na jou sterfte of met die wederkoms

met hom verenig te wees. Ons word volgens Sy Woord in sonde gebore hier op aarde, maw

reeds verlore gebore, nie waar nie. Met wedergeboorte , lê jy jou sondige lewe af en wy jy

jou toe aan die Here God self as jou GOD, jou Skepper, jou Hemelse Vader, na wie jy

eendag weer moet terugkeer as jy jou lewe aan Hom toegewy het. As jy dit nie doen volgens

Sy Woord en reeds baie getuies gaan jy vir ewig verlore wees en nie saam met Hom eendag

in sy ewige paradys wees nie. Met “wedergeboorte” word jy gevul met die Heilige Gees en

word jy ook ‘n volkome 3 eenheid, nl, liggaam siel en gees. Jy verstaan Die Woord daar en

dan, God se beginsels, jy sien jou toekoms reeds in die geestelikie realm,so eenvoudig soos

dit en jy het ‘n onbeskryflike liefde vir HOM…

Die woord sê ook, “Kyk ek staan by die deur en ek klop”….Die antwoord is, ek en jy moet

die deur na ons binneste vir Hom oopmaak, God gaan dit nie vir jou en my doen nie. Hy is te

‘n “Gentleman”, iemand wat vir jou in die lewe die geleentheid gegee het om keuses te maak,

die enigste persoon en God wat vir jou jou lewe gegee het. Die vraag is wat maak jy met

daardie lewe, die vraag is ook watter keuses en besluite maak ons en wanneer? Veral

wanneer jy lewe, jy is met ‘n doel geskape, en die keuse moet jy maak terwyl jy leef. ?

Daarvoor het Hy Sy Woord, pedikers, sendingwerkers , Sy “menslike handleiding, Die

Bybel, vir ons nagelaat.

Johannes 3:16 “ Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy Sy eniggebore Seun gegee

het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Dit was ‘n skielike soeke na, ‘n honger na, “Die God” waarvan ons geleer is, waaroor

Sondagskool ,waaroor “kerktoe” gaan, wooroor die “katkisasie” klasse gegaan het.

Die vraag het net gekom , ken ek Hom werklik? Ken jy Hom? As ons Hom ken, hoekom

ervaar ons Hom dan nie in ons lewens nie….? Waar is die God wat almal van praat en ons

van vertel en geleer word? Waar is die wonderwerke, die opstanding uit die dood en die wat

ons in Die Woord gelees het en “geleer” was. Waarom al die elende en hartseer hier op

aarde…?

Ek weet…. dis eenvoudig, God is Heilig en hy haat sonde, al leef ons in ‘n sondige wêreld,

sonde is dit wat teenstrydig is met sy woord, daarom gaan dit so.. maar vergeef my ek sien ek

is besig om te “preek” soos die mense mos sê.

Waarlik daar het iets gebeur na die sondaarsgebed en die aanneming van Hom “Jesus

Christus” as my saligmaker.

Daar val "goeters” van jou lyf af, geestelikes sê dit is die sonde en laste van die lewe .Jy loop

die volgende dag soos iets in die lug, dit voel werklik of jy sweef, vry, ja vry van sommer

alles wat gedruk en gepla het.

Ons lewens het geestelik en onmiddelik verander.Die verstand kan dit nie verwerk nie.

Hoekom? Ons het gedoen wat Sy woord ons beveel. Iemand het dalk vir ons vir jare gebid,

of God het dalk al lank aan ons harte (binneste) se deur geklop deur sy groot genade, daarom

hierdie besluit om Hom nou aan te neem.

Ek was in my jongdae in ‘n ernstige motorfiets ongeluk, maar is gered van ‘n algehele

verlamming. Ek het God diep in my binneste gedank daarvoor en daarna, en in my wese ook

na Hom begin soek. Dit was alleen ‘n wonderwerk en ‘n suksesvolle operasie, ek moes Hom

wat my genadig was en met wie my lewe geestelik nie in orde was nie ontmoet. Die

Chirurge wat die operasie gedoen het, het self gesê, daar is iemand daarbo, iewers vir wie jy

moet dankie sê, was hul woorde aan my, ek glo hulle was nie gelowiges nie, maar het iets

bonatuurliks gesien of ervaar. Hoekom, ek moes volgens die skade permanent in ‘n rolstoel

gewees het.

Hierdie God wat wonderwerke verrig en veral genade kan betoon. Dit is deur Sy genade dat

ons as mens nog hier op aarde is. Dit is deur Sy genade dat Hy Sy seun gestuur het om vir

ons te kom sterf, eintlik was dit God wat vir ons kom sterf het, maar God is onsterflik,

daarom wil Hy Sy liefde aan ons bewys het om te sê, ek is bereid om vir jou gemartel te

word en te sterf. Waarlik, sal ons hierdie “liefde” ooit verstaan.

As jy op die punt kom om onoorwonde te sê, Ek is bereid om vir God te sterf, dan moet ek

vir jou sê, jy is op die regte pad.

Hierdie nuwe weg was nie maanskyn en rose nie, maar daar was ‘n derde pilaar in ons

huwelik, “Jesus Christus”.

’n Onsigbare persoon ,in ons lewens, in ons huis, saam met ons ,waar ons gaan, jy weet net,

Hy is daar, “Die Heilige Gees”…as dit moeilik of stamperig raak, dan leun jy op Hom. Soms

verloor jy ook kop ja, en dan ruk jy jouself maar net weer terug op die pad , want jy weet

mos dit is die regte pad. Môre kan ek dalk te sterwe kom. Maar dit is steeds ‘n keuse wat jy

moet maak, niemand kan dit vir jou maak nie, en Hy wat God is wag op jou vir daardie

keuse.

Mense is mos nie dwase nie,God het ons volmaak geskape, sommige hou hulle so ja, ek dink

dit is meer trotsheid, koppigheid, halstarrigheid, tot hulle EWIGE nadeel eendag. Wil dinge

meer in die vlees , verstand, uitredeneer in plaas van soos die Woord sê, Ons moet kinderlik

wees oo wat die Bybel sê.

Hoofstuk 2

Jesaja 40: 30-31 “Die jonges word moeg en mat, die jongmanne struikel selfs;

..maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende ..

Ons was in die begin van ons nuwe lewe betrokke by Logos Gemeente Bellville, en ons het

by ons selgroep ons versoeke en gebedes met mekaar gedeel.

Dus het broers en susters van mekaar se behoeftes geweet en ons het vir mekaar daarvoor

gebid en gehoop en gewag.

Met die opvolgende week se selgroep kon ons weer na getuienis hoor van hoe die Here op

gebede geantwoord het. Ons versoek was ook aan die groep , half skamerig, dat ons ons

gesin wil uitbrei maar dat daar niks plaasvind nie, ons het gebedshulp nodig.

Oom Menna Dickson, ‘n dierbare Namakwalandse oom, met hande wat jou gesig met een

hand kan toemaak, het altyd gesê, hy bid saam met ons vir ‘n kindjie, die Vader moet maar

vir ons gee soos Hy wil.

Liana het verwagtend geraak en op 21 November 1985 is ons eersteling seun, Jo-an gebore .

‘n Groot vreugde vir ‘n jong getroude paar wat daarna uitgesien het soos alle ander ouers na

‘n kind in die huis.Ek weet nie of dit met alle pa’s gebeur nie , maar daar is ‘n ongekende

vreugde in jou en jy huil ook, veral as jy jou ma of skoonma laat weet daar vanuit die

hospitaal se tiekieboks, “mmmaaa, dddit is ‘n sssseun…” ….

Lank voor sy geboorte een aand op die bed voor ons gaan slaap, besluit ons en gesels so in

die algemeen, hoe ons graag sal wil hê ons kind moet lyk. Byvoorbeeld, dit moet ‘n seun

wees, hy moet pa se oë hê, ma se haarkleur , ma se neus , pa se voete ens. U as ouer weet,

meteens dink jy ook terug aan wat jy eervaar het as jy in soortgelyke posisie was.

Eintlik het ons hom van die Here af bestel, volmaak, gesond sonder dat ons dit werklik besef

het. Hoeveel paartjies het dalk dieselfde gedoen of al in geloof die seun of dogter klere voor

die tyd aangeskaf.

Die Here sê in sy woord, “vra net wat julle wil hê in die naam van Jesus, en as jy glo sal jy

verkry net wat jy vra”nie waar nie?

Maar daar is tog dae wat ons bang is om te vra, want dalk kry ons wat ons vra, netnou is die

“skrik” te groot. ‘n Vriend by ons gemeente het altyd gesê, “daar staan in die Bybel

geskrywe, wat jy vrees sal oor jou kom” hy vrees ‘n Mercedes.

Daar is ook dae wat jy vir die Here iets vra, maar dan kry jy dit nie of jy kry die

teenoorgestelde? Waarom en hoekom? Ek weet nie, net God sal weet.

Kort na ons ontdek het dat my vroutjie verwag , moes sy een of ander tyd gaan vir ‘n sonar.

Die ginekoloog het aan haar gesê dat daar ‘n gewas in haar baarmoeder is, hy sal vir haar iets

moet gee om die gewas af te bring en dan kan ons weer van vooraf probeer..….. Sy was

hewig onsteld en het dmv ons huis dokter, ‘n 2de ginekoloog opinie gekry wat vasgestel het

dat dit nie ‘n “gewassie “ is nie maar ‘n baba. Dit laat mens dink né.

Die 21ste November 1985 breek aan en ons eersteling moet nou hierdie wêreld van ons

betree.

Toe die die dag aanbreek en ek sien dinge gaan gebeur in die kraamsaal, besluit ek ek gaan

maar buite staan, maar ‘n groot breë suster gryp my van agter en sê, nee meneer waar gaan

jy, jou vrou het jou nodig. Met brute krag het sy my by daardie kraamsaal ingeruk dat jy net

sien dubbeldeure heen en weer swaai.Waar het sy so vinnig vandaan gekom?… het ek

gewonder.

Ons seun was nie die mooiste baba na sy geboorte nie, hy moes met ‘n instrument gehelp

word met geboorte.

Sowaar benoude oomblikke vir die ginekoloog en ons huisdokter, wat nog te sê van die “pa”

wat bygestaan het. Ek het namens ons seun soveel pyn vir sy part ervaar op daardie oomblik,

my vraag was,” Here hoekom moet hy dan so seer in die wêreld kom?”

Die boek Prediker sê’ “dit is beter om te sterwe as om gebore te word.”

Terloops ’n kennis van ons het op Kersdag 2004 fisies aan sy hart gesterwe,in die

teenwoordigheid van sy vrou en 2 seuns,een Desember vakansie in Langebaan.Hy sê dit is

‘n heerlike gevoel om te sterwe. Hy het ‘n keuse gehad om nog troebel verhoudinge in sy

gesinsverband hier op aarde te kom reg maak en deur die genade het hy teruggekom en

leef weer , ‘n getuienis op sy eie, maar hy sê die gevoel om te sterf kan jy nie aan iemand

beskryf nie.En waarlik daar het iemand in ‘n witkleed na hom gekom en met hom gepraat

en toe hy besluit maar hy wil kom regmaak, word hy wakker net na die skok apparaat op

hom toegepas was….

Daar was ‘n lelike knop op die bokant van ons seun se hoof. Dit het egter gou verdwyn na ‘n

paar dae en die bekommernis daaroor daarmee saam.

Vinnig het hy opgegroei saam met ons en Sondae in die kerk en in selgroepe onder die

geklank van Die Woord gesit.

Vandag kyk ek met ander oë en heimwee na die fotos en videos waar hy gespeel het saam

met sy boeties en sussie ,die troeteldiere en soms op sy fietsie rondgery het.

Hoofstuk 3

Efesiers 6: 1-3 “Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in Die Here, want dit is

reg…

Eer jou vader en moeder-dit is die eerste gebod met ‘n “belofte”…..

…..Sodat dit met jou goed kan mag gaan en jy lank mag lewe op aarde…?????.

Hierdie teks het ons baie oor gerebeleer en dit sal u verstaan na die einde van my ervaring..

Ons het besluit op een kind om beter aandag en opvoeding aan hom ter verskaf, maar besluit

dat Jo-an nie so alleen kan groot word nie, hy moet ‘n maat hê.

Met vele probeer was daar geen teken van swangerskap nie. Ons het weer vir Oom Menna

gevra om te help bid, ons soek graag ‘n boetie of sussie ,vir Jo-an, julle weet mos hoe dit

gaan.

Liana het weer swanger geraak, maar na drie maande was daar ‘n skielike miskraam, ons kan

nie onthou of dit ‘n seun of dogter was nie.

Gedurende 1987 het sy weer swanger geraak , ook na die hulp van ‘n voorskrif van

vrugbaarheids tablette deur die dokter voorgeskryf. Seker maar deur ons jongwees en

ongeloof toegelaat, of vroutjie was baie desperaat , weet nie hoe die vrouens altyd dink nie.

Maar dit was aan my as eggenoot weerhou, want as ‘n vrou nog kinders wil hê kan hulle

nogal desperaat word.

Ons oudste seun (Jo-an) was toe reeds meer as 2 jaar oud. Dit was tyd vir Liana om weer te

gaan vir haar eerste sonar.

Ons sal mekaar dan na die sonar afspraak by Tygervallei kry waar ons dan saam gaan ontbyt.

Ons ontmoet mekaar later die oggend in die gang van die sentrum en sy stop die sonar fotos

in my hand terwyl ons aanstap en sê, geluk! jy is die pa van ‘n drieling. Wat ‘n grap, so op

jou nugter maag, oppad na die uitsien van ‘n heerlike ontbyt saam met jou vrou.Iets wat mos

selde in vandag se huwelike gebeur of hoe?

Ek gaan staan stil en bekyk die foto’s,… daar is drie fotos van 1 baba,….. volgens my,… nee

sê sy, kyk daar is een en daar is twee ander, elk in hul eie baarmoeder sakkie. Ek snap die

dowwe prentjies en….kry die grootste skok van my lewe, draai net daar in my spore om, los

vir Liana net daar in die sentrum, klim op my motorfiets en ry terug huistoe.

By die huis gekom en nog geskok bel ek ons huisdokter dadelik. Dokter, wat het jy

aangevang? Jy gaan vir hierdie kinders sorg, ek kan hulle nie bekostig nie! Bla, bla, bla.

“Waar was my geloof in die Here toe?………… Seker omdat ons die slag nie spesifiek gevra

het wat ons wil hê nie. Ek bel vir Oom Menna, en sê , ……….“stop Oom Menna, hou op bid,

daar is reeds drie oppad!”

Al die bekommernis waar die geld vandaan moet kom vir die opvoeding van so baie kinders.

Baba klere is duur, ….klein was my geloof, op daardie stadium. Glo my vir byna drie jaar het

ons geen klere gekoop nie, mense het net eenvoudig hul kinders se klere tasse oopgemaak,

die oumas en oupas het net aangedra.

Op sewe maande , 16 Februarie 1988, breek Liana se water en moes ons 6 uur die more

dringend hospitaal toe jaag. Daardie oggend moes ek nog met iemand skof ruil by my vorige

werk, ander rëelings tref , vinnig vir Jo-an iewers laat , want dit was ga-os. Jy weet net nie

wat om te verwag nie en wat om te doen nie, kom net by die hospitaal uit, is al wat deur jou

gedagtes gaan. Julle weet mos, julle wat al Pa geword het, ek dink elkeen het sy eie unieke

storie.

Dankie Here vir Dokters, verpleegsters en hospitale! O! en dan nog daardie rooi

verkeersligte…..

Later die oggend is die drieling gebore, die slag het ek weer bygestaan , konnie weer weghol

nie, ek het darem nou ‘n bietjie ervaring gehad van bystaan. Die rede hoekom so vroeg, die

twee dogtertjies was identies, enetjie se naelstring het met rond draai toegeknyp ( sy was

seker ‘n baie woelige baba)en die natuur moes sy gang gaan om oorlede baba uit te werp.Die

oorlewende twee, ‘n seuntjie en dogtertjie moes in die broeikas verder opgroei. Dit was vir ‘n

maand lank self naelbyt oomblikke, want dan was daar die een probleem op die ander.

Ons oudste was op daardie stadium so verward , hy weet nie wat hierdie twee nuwelinge nou

by sy ma en pa maak nie en hy wou met alle geweld by sy ouma en oupa bly. Een het hy

dalk verwag, maar twee?

Ons het hom ook so gelaat omrede hy gelukkig daarmee was. Altyd gelukkig om op ‘n plaas

te kan wees, die vryheid en die verskillende lewe as die van die woonbuurt in ‘n dorp daar te

ervaar.

Hy was van kleins af versot op trekkers , stropers en alles wat gepaart gaan met ‘n

boerdery.Solank hy tussen die kalwers kan rondloop en op trekkers sit en dreun was hy in sy

noppies. As ons iewers gery het, sien hy eerste die trekkers op die lande werk of ons het

sommer net by ‘n korporasie se vertoonlokaal stilgehou sodat dat hy net op ‘n trekker kan

sit.

As kind het ek dieselfde gedoen, sondag middae in die stoor, op die plaas teen die

Olifantsrivier, as my ouers en familie na daardie skaapboud middag ete bietjie gaan skuinslê

het.

Dit was heerlik, in jou eie sorgvrye kindwees jare…… droom wêreld. Dan sit en dreun jy op

die trekkerstoel in die stoor en jy ploeg alles met jou gedagtes om, kommerlose dae né.

Daarom wil jy jou kind ook kind laat wees, nie waar nie.

Hy was ‘n gelukkige kind, altyd vriendelik, altyd geglimlag, altyd vir sy ma en pa, ouma’s en

oupas gesê “Ek is lief vir julle”. Jou altyd ‘n drukkie gegee as hy “totsiens “ groet.

Vir my was dit nogal ‘n aanpassing, omrede ek nie met sulke oorvol liefde groot geword het

nie. Die kind het my net verbaas, hy het my iets geleer van menswees en “liefde”.Ek sukkel

vandag nog daarmee.

Hoofstuk 4

Prediker 7 : 1 “My seun, onderhou my woorde en bewaar my gebooie by jou, onderhou my

gebooie , dan sal jy lewe en my onderwysing wees soos jou oogappel…

Ons seun was baie lief vir mense , het streng keuringsvereistes gehad oor sy vriende maar

nooit juis mense veroordeel nie. Hom ook nie deur groepsdruk laat beinvloed nie.

Hy was lief vir die buite lewe, soms het hy en sy jare lange skoolvriend en jarelange

klasmaat, Wynand gaan fiets ry by

“ Magic Forest” Bellville of net sy “surfboard” in die branders gaan geniet. Hy het ‘n man

geword, sy lewe het nou voorgelê, en jy as pa stap die pad saam met hom, jy is so effens

beskermend, hy is mos die eerste. Hy moenie dieselfde kant en kwaad aanvang soos jy nie,

vandag se lewe is anders. Waarlik die tyd loop en die lewe gaan vinnig verby.

Hy was ook my fliek maat, iemand wat ‘n goeie prent kon waardeer, lief vir sy motors. Sy

droom motor was altyd ‘n “Subaru RST”, te duur vir my om dit vir hom aan te skaf. As dit

finansiëel in my vermoë was sou ek dalk.

So 2 jaar gelede koop ek vir ons ‘n rubberboot boot waarmee ons op die Veldrift se meer en

oop see kan gaan ry .

Eendag in die Desember skool vakansie keer ons by Dwarskersbos in die branders om en

moes ons uitswem, daar kon ek toe ook sien as ‘n mens ouer raak teenoor jou kinders, hoe jy

jouself in die steek kan laat.

Hy was daardie dag nie baie beiindruk met my nie, dalk sou hy dit beter kon hanteer het,

maar hy sal nooit iets daaroor negatiefs uitgelaat het nie. Was dit nie vir sy ratsheid daardie

dag nie, kon ons dalk ander probleme ervaar het.

Hy was gek oor die tipe bote, het altyd gesê, Pa ouens wat die bote ry het net drie breinselle,

as jy die motor aanskakel, vrek een sel, as jy die twee slag olie ruik, vrek die tweede en as jy

volspoed jaag vrek die derde sel?

Sy begeerte was ook om graag helikopters te leer vlieg, maar dit was ook te ‘n duur opsie en

het dit uitgestel vir later as dinge meer gunstig sou lyk. Julle weet mos hoe werk dinge soms,

kannie alles kry wat jou hart begeer nie.

Efesiers 6 : 9 “By die Here is geen aanneming van persoon nie…

Sy laerskool loopbaan het so vinnig verby gegaan. Gedurende sy oorgaan na Hoërskool Gr.8

het ons besluit om hom in ‘n privaat Christen skool te plaas.

Jo-an het besluit hy is nie so gelukkig daarmee nie en ons besluit hy doen daarna sy graad 9 -

12 by die huis deur ‘n korrespondensie kollege. Hy doen toe graad 9 en 10 in een jaar maar

noem eendag aan my dat hy sy skoolmaats mis, hy wil graag teruggaan na die staatskool. Ons

rëel dit die jaar daarop waar hy toe Gr. 11 en 12 te Hoërskool Brackenfell gedoen het , en in

2003 gematrikuleer het.

Hy was toe sy ou klasmaats 1 jaar vooruit, maar dit het hom nie verander nie of koptoe

gegaan nie.

Voorwaar van jongs af ‘n volwasse en verstandige kind, jy as ouer het hom net waardeer.

Romeine 12:1 “Ek vermaan julle dan, broerders, by die ontferming van God, dat julle jul

liggame stel as ‘n lewende, heilige offer—dit is julle redelik godsdiens:

Psalm 24:3 “Wie mag klim op die berg van die Here?En wie mag staan in sy Heilige

plek?Hy wat rein van hande is en suiwer van hart……..

Op 17 jarige ouderdom het ek hom al my motor gegee om mee te ry as ek by is. Jy kon deur

hom sien en hom eenvoudig net vertrou. Ons as ouers het hom altyd meeste van sy besluite

self laat neem omrede hy net eenvoudig verstandig was en weet wat hy in die lewe wou hê.

Sy ma was meer sy mentor, sy het hierdie gawe om die kinders altyd goeie raad te gee, te

berispe, te waarsku en ook sommer vas te vat voor pa nog daar kan wees. Soms het ek ook

gevoel sy is meer “pelle” met die kinders as ek, veral die seuns.

Hoofstuk 5

Psalm 37:5 ”Laat jou weë aan die Here oor en vertrou op Hom en Hy sal dit uitvoer..

Omrede hy so graag net wil boer , het ek geweet dat ek nie vir hom die plaas kan voorsien

wat hy graag wil hê nie, maar hy was ‘n kind wat jy graag wou gee wat hy vra.

Ons gedagte was om maar eers vir ‘n plaas eienaar te gaan help as voorman of bestuurder om

ervaring op te tel .

Stil, stil het ek reeds planne gemaak om daardie plaas te bekom en onderneem om saam met

hom van onder af begin.

Hy was jonk en hy sal die ding kon doen, ek het net geweet want dit was sy passie.

Sy oupa(Skoonpa) het ook vir hom lank gewag, van sy kinderdae af, hy wil hierdie

boerklong ‘n kans gee, want sien Oupa raak ook oud en die bene kan nie meer so lekker nie,

die kierie moet maar help. Hierdie jongman stel belang om te boer, van kleins af is dit sy

begeerte, ek weet nie waar dit vandaan gekom het nie, seker maar in die familie .

Eers het ek vir die Here gevra om vir my die nodige lyding te gee, voor ek dalk verkeerde

besluite sou neem. Die lewe het my geleer om nooit oorhaastig besluite te neem nie, dit het

my al baie duur te staan gekom. Plaaskoop is seker nie die maklikste besluit nie, veral in die

tye van droogte en arbeidswetgewing wat tans heers, produkte , markte ,rentekoerse,ens.

Daar is sommige kere wat jy in belang van jouself net eenvoudig dadelilk moet besluit, soos

byvoorbeeld by die uitneem van ‘n polis op jou lewe, jy weet nie of jy môre nog daar is nie

en dan kon daardie polis baie gate vir jou naasbestaandes toegestop het of vir daardie aftrede

voorsiening wat so vinnig naderkom, of daardie skielike winskopie op ‘n veiling of so? Die

dood waarsku mos nie as hy oppad is nie, ek hoor van baie mense wat voorgevoelle gehad,

maar nie almal nie.

1 Johannes 4 :15 “Elkeen wat bely dat Jesus die seun van God is –God bly in hom, en hy

in God.

Na matriek in November 2003 het hy vir sy Oupa gaan uithelp terwyl hy deeltyds kursusse

by Elsenburg sou loop om hom te bekwaam as boer.

Hy was baie lief vir diere en sy kop het na enige tipe boerdery gestaan.Ons het hom by

Stellenbosch laat toets sodat hy net seker kan maak dat dit dit is wat hy eendag wil doen.

Uitslag was, boer, tuinbou, akkerbou, ook tekenaar,skilder,iets in die rigting.

Hy het nogal mooi sketse so in sy vrye tyd geteken.

As seun is hy van die tipe wat nie bang was vir werk nie, hy was ‘n selfdrywer. Hy sal ‘n

sukses van enigiets kon maak met sy deursettingsvermoë. Was altyd positief, vertel hoe sy

huis eendag gaan lyk en al die normale drome van menswees. Ek was altyd verstom en

gedink, seun jy droom groot, maar dit is reg so, mens moet ‘n positiewe uitkyk op die lewe

hê.

Naweke het hy kom kuier en sommerso ‘n weeksaand ook.

As jy die “ tjiet, tjiet” van die motor se alarm in die oprit hoor, dan weet jy ons seun het

gearriveer, hy het kom kuier of hy wil net ‘n lekker bad kom neem. Die water op die plaas is

seker alweer te min vir bad of soiets.

Hoofstuk 6

Prediker 3 :12 “So het ek dan ingesien, dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te

wees en om goed te doen in die lewe”.

Sondag 7 November is hy by ons aan huis, na die oggend se kerdiens bywoning besluit ek die

middag dat hy, sy ma en ek na Tygervalley sentrum toe ry om sy gunsteling koffie te

“Seattle” te gaan drink en “Frosen Yogurt” te eet. Snaaks as ek terugdink het ek net daardie

dag besluit ons 3 moet bietjie uitgaan en nie een van die ander kinders wou saamgaan nie,

elkeen was besig met iets anders. Daar was ook reeds ‘n voorafdoel deur die skepper

hiermee, Hy(God) het geweet maar ons het nie geweet nie…dat ons nog net ‘n week van

hom vir ons sal kan hê.

Romeine 8: 27 “En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is….

…28 “En ons weet dat vir hulle wat God liefhet,alles ten goede meewerk…

…29 “ Want die wat Hy vantevore geken het, die het Hy ook vantevore verdordineer om

gelykvormig te wees aan die beeld van Sy seun….

…30 “en die wat hy vantevore verordineer het, die het Hy ook geroep…

Dieselfde aand woon ons as gesin die besoekende Pastoor Dr. Nico Landman van Pretoria se

diens by by ons Gemeente in Vredekloof Brackenfell.

Daardie aand in die diens was daar ‘n besonderse salwing,’n soete atmosfeer,Pastoor

Landman, preek nie, hy praat heelaand saggies oor die die doel van ons lewe, die doel in

Christus, Christus en die kerk,die rol wat ons daarin speel.

Jo-an het reg agter ons gesit saam met sy ander broers en maats in die middelblok.

Die prediker kom in die wandelgang opgestap, wys na iemand agter ons om uit te kom en in

die gang te kom staan, ek kyk om en sien dit is ons seun Jo-an.

Die Prediker strek sy hande uit na hom, Jo-an val agteroor neer op die naat van sy rug

,voordat iemand nog van agter hom kon ondersteun.

Die prediker draai om, stap vorentoe en praat verder met die gemeente. Hy kom weer terug

op in die wandelgang, vra my om op te staan en in die wandelgang te staan, en sê toe, nee ,

gaan sit liewer, hy lig my regterarm op en bid vir my. Ek ervaar nie iets op daai stadium soos

‘n Heilige Gees aanraking of enige emosie of salwing nie.

Jo-an lê nog steeds op die grond, uit soos ‘n kers.

Die prediker loop terug praat verder met die gemeente,weer kom hy terug na my en Liana,

stap in die ry in waar ons sit, neem Liana se regterhand sit dit op my linkerhand , pers dit

saam en bid saggies in ‘n taal, “wat is hier aan die gang vra ek vir myself ?”

Dit is al byna 20 minute wat ons oudste seun op sy rug lê, hy kom later by, die diens is ook

byna klaar, ek wys hom staan op, hy wys met sy oë en vingers hy kan nie, hy is lam, ek los

hom daar.

2 Korinthiers 12 : 2 “ Dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde

gehoor het wat ‘n mens nie mag uitspreek nie”

…. 7 “ En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie verhef nie,

Later die aand by ons aan huis vra ek hom , ou seun wat het jy nou eintlik daar op die naat

van jou rug ervaar ? Pa ek het net iets soos ‘n koue hand om my mond en gesig gevoel en

daarna kon ek niks onthou nie. Toe sê ek nog vir myself, dankie tog , Die Here het sy sinus

probleem aangeraak, glo ek.

Die volgende dag ,Maandag môre is hy terug plaastoe waar hy werk. Die week het

verbygegaan en soos gewoonlik kom hy Saterdae saam met sy ouma of alleen na ons huistoe

en gaan hy en sy ma bietjie rondloop in Tygervalley. Wimpy koffie drink , klere kyk, dalk

meisies ook, sommer net ontspan.

Deur die verloop van daardie week het ons nie veel van hom gehoor nie, byv. ‘n foonoproep

of so.

Saterdagaand 13 November bel hy na ons om te sê hy kom gou weer vir ons bietjie kuier. Sy

een ouma in die dorp het verjaar, hy kom kry ons daar, gesels bietjie opgeruimd maar besluit

later hy wil saam met sy jonger broers , suster en sy jare lange skool vriend, Wynand, na die

varingfees gaan by Bastion laerskool.

Daardie aand was Jo-an weer homself, vol liefde en altyd opgewek soos altyd, stralend en

baie gelukkig. Netjies aangetrek maar kaalvoet, soos ‘n regte plaasklong.

Daardie aand het ek iets besonders in sy oë opgemerk asof hy vir my iets wil sê of vertel, iets

wat hy weet, wat hy graag wil deel , maar dit nie vir my kan sê of mag sê, dit is asof hy oog

kontak vermy. Ek kon nie die kans kry om vir hom te vra , wat is die probleem of is jy “Ok”

of wat pla jou?

As ouer ken mens mos jou kinders, jy kan net na hulle kyk dan weet jy sommer daar is iets

fout of hulle wil vir jou iets vertel ens. Dalk het ek my verbeel, maar ek het hom geken, dalk

swakker as wat ek kon dink.

Vir my is oogkontak uiters belangrik. My vrou en ek het later kamer toe gegaan om te gaan

slaap, ek het wakker gelê en die diesel bakkie gehoor toe hy die aand die tweeling kom aflaai

en weer ry.

Daardie aand wou ons jongste seun (13) nie hê ek moet sy kamer se lig afsit nie, want sy

ouboet moet nog vir hom kom nag sê, was sy woorde.

Dit was alreeds 10h30 uur die aand, en ek sê vir hom , “ ag man die tyd dat Jo-an kom gaan

jy alreeds slaap,kom ons sit maar die lig af.”

Die volgende oggend, Sondag, voor kerk kom Driaan (tweelingseun) na my en sê pa, weet

pa wat het gisteraand gebeur?….Nee, wat? …Jo-an het my gisteraand gegroet met ‘n druk en

gesê hy is lief vir my. Dit was baie snaaks, hulle geaardhede het hemelsbreed verskil en Joan

groet nie sommer vir ou Driaan altyd so nie. Omrede Driaan maar baie dwars en soms

rebels is. Jo-an het hom gereeld so nou en dan ‘n hou in die ribbes gepomp as hy hoor die

boetie het iewers weer bietjie afgedwaal.

Driaan is nie van die groeterig soort nie, hy en Jo-an het oor baie dinge verskil . Jo-an het

ook volgens Driaan, in die huis se gang afgestap, gesien ons ligte is af, omgedraai , vir hulle

gegroet en gery. Wou hy vir ons ook kom groet, (afskeid neem), het hy iets geweet, sou ek

dit by hom kon bespeur daardie laaste aand met sy groet?

Bye ma ,bye pa, ek is lief vir julle…het hy gewoonlik gesê en ons kom druk.

Sy suster was saam met hom die aand by die Varingfees, sy sê hy het oogkontak met haar

vermy… ek dink hy het iets geweet, hoekom so snaaks optree, en wou dit nie laat

deurskemer nie… weet nie…

Hoofstuk 7

Jesaja: 49:14 “ Kan ‘n vrou haar suigeling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun

van haar moederskoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, “nogtans sal Ek jou nie vergeet

nie! Sê Die Here.

‘n Week later, net by die huis ingestap na kerk,Sondag oggend, die 14de, om 11H40, lui die

telefoon, dit is skoonma, sy is baie benoud,… kom gou dit is Jo-an , hy het geskok…. met

elektrisiteit…..

Ek kon op daardie stadium nie dink hoe en waar nie, maar ek het net besef as dit

hoogspannig is gaan dit dalk te laat wees.

Waar sal hy nou tog met krag te doen gekry het, dalk aan ‘n kragprop of iets gewerk in die

huis, dink ek so vinnig by myself.

Min het ek op daardie stadium geweet dat my swaer Wilfred en skoonsuster Helmien reeds

op die toneel is.

Ek het onmiddelik die noodeenheid 911 geskakel en moes omtrent verduidelik waar en hoe

hulle daar moet uitkom. Om een of ander rede het ‘n brosjure van hulle reg voor my op die

lessenaar gelê, met die nommer groot voorop, was dit toeval?

Op daardie stadium het ek gevoel ek benodig ‘n vuurpyl agter my so krities was alles. Ons

was binne15 minute op die plaas deur al die verkeer, en was die pad toe nie skielik besig nie

en al die verkeersligte weer rooi.

Daar aangekom het ons Jo-an se liggaam aangetref op die sementvloer van die melkkamer.

My swaer Wilfred en sy vrou Helmien , Liana se suster was reeds besig met hartmassering

en mond tot mond.

Ek het dadelik gesien dat my seun is weg, daardie liggaam was te leweloos, dis reeds te laat.

Ek wou nie verder gaan om te help nie, maar my vrou was half histeries en het ek maar

terwille van haar hoop gepoog tot die noodeenheid opdaag.

Lukas 23:43”Voorwaar Ek sê vir jou , vandag sal jy saam met My in die paradys wees”

Die melkkamer is geleë langs die melkstal, hy was volgens my skoonma heel oggend besig

om die vlekvrye staal melkhouertenke met ‘n chemikalie te behandel en uit te was.

Gewoonlik doen hy dit gou en dan kom drink hy tee en maak grappies en gesels. Maar

daardie oggend sê sy was hy heeloggend daar tot sy die nuus hoor.

Het hy iets verwag of vir iets gewag? Wie weet.

Die vloer was waternat en hy was kaalvoet. Waar het hierdie elektriese stroom vandaan

gekom?.. het ek my self gevra. Hy en ander plaaswerkers doen dit al ongeveer die afgelope

jaar. Ongeveer 10 jaar werk die ander mense hier en nog nooit het soiets hier plaasgevind

nie, hoekom nou?

Jesaja 57:1 “ die regverdige kom om, en daar is niemand wat dit ter harte neem nie, die

vromes word weggeruk sonder dat iemand daarop let, want die regverdige word weggeruk

van weë die boosheid”

Ons seun was blykbaar alleen in die melkkamer toe sy nefie Andro, daar opdaag ,saam met

sy ouers kom kuier en tee drink by Ouma en Oupa na die oggend kerkdiens.

Hy sê vir Andro hy is nou by die laaste tenk, dan is hy klaar.Andro sê toe Jo-an by die tenk

kom en daaraan raak skree hy net vir hom, Andro sit af die krag! Jo-an het glo net agteroor

getrek en neergeval.

Andro het dadelik op sy ouers gegil, om te kom help, hy is nog jonk,13 jaar oud,ek glo nie hy

het werklik besef wat hom getref het op daardie stadium nie. Soos gewoonlik het hy dalk

gedink Jo-an maak eers ‘n grappie.

Andro moes daar wees met ‘n doel, as iemand ons seun later daar gekry lê het, wie sou

geweet het wat gebeur het. Dalk aangerand deur iemand, met die val was daar nogal ‘n

groterige knop op sy agterkop of wat nog te sê as sy liggaam ook weg was, waar het ons dan

gesoek?

Op die toneel was alles op daardie oomblik so deurmekaar , dit is asof niks by jou registreer

nie, dit is so asof ‘n verskriklike nagmerrie, ‘n onwerklikheid, onbeskryflike storie toneel jou

getref het. Die skok is te groot vir die verstand om enige emosie uit te laat.

Vroeër jare toe ek nog in die polisie se diens was het ek baie te doen gekry met

motorongelukke en lyke, selfs jongmense, maar hierdie is net iets anders, jou eie kind, jou

geliefde, jou vlees en bloed…

2 Korinthiers; 12 : 2 “Ek weet van ‘n man”in Christus”- of dit binne die liggaam was,

weet ek nie, of dit buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit- dat so iemand

weggeruk is tot in die derde hemel”

Volgende Sondag, die 21ste sou hy verjaar, hy sou ons en sy ouma en oupa’s uitgeneem het

na sy gunsteling eetplek, ek het so uitgesien na sy 19 de verjaarsdag .Ons seun was besig om

groot te word hy is alreeds ‘n man, en sy 21ste verjaarsdag lê nog voor. My plan was om op

sy 21 ste vir hom en sy vriende ‘n spitbraai te gereël het wat hy nooit sou vergeet het nie.

Die lewe is kort,….. vinnig,… gou verby…

TB Joshua van Nigerië was op dieselfde oomblik in Brackenfell besig met dienste en die

opening van sy “Synagogue” Kerk in Brackenfell, sal ons hom optel en soontoe neem?..

kom die vraag,…. met alle geweld wil jy jou seun terug bring in die lewe, maar dit is asof

daar iets was wat dit weerhou. Jy voel absoluut magteloos…

Aan die anderkant is jy so magteloos teenoor die dood, daar is feitlik niks wat jy daaraan kan

doen nie. As dit God se wil is kan hy mos uit die dood uit opstaan, maar dit is asof Die God

wat ons aanbid skielik nie meer daar is nie, nie antwoord nie, nie sy teenwoordigheid daarstel

nie,…niks…

Die noodeenheid daag ongeveer 20 minute later op, kon glo nie die plek kry nie, sommer 3

ambulanse, kan jy glo, die polisie daag nog later op. Na alles probeer was deur die

noodeenheid, was dit vir hulle ook tevergeefs.

Baie professioneel en delikaat het die outjies gewerk, moet ek sê.

On seun lê steeds op sy rug, sy hemp was uitgetrek, ek het ‘n kombers onder hom ingedruk,

my kind kan nie so op die kaal sement lê nie, ek vryf hom, soen hom op sy gesig, druk hom,

dit lyk of hy slaap, maar ek weet dit is alles verby. Familie en vriende stap om hom , huil,

bid, roep die Here aan, niks gebeur nie. Alles voel so leeg en hol, ons loop by mekaar verby

en sien mekaar skaars raak, elkeen besig met sy eie gedagtes en worsteling. Hy het net so in

dieselfde posisie gelê as daardie Sondag ‘n week gelede in die Kerk se gang .Daar waar hy

hom nou bevind sal hy nie wil verruil vir hier waar ons nou is nie, sê ek vir myself hardop, ek

weet my kind is by die Here, sy lewe het dit getuig. Hier het iets baie snaaks gebeur sê my

ander swaer. ‘n Henog geval, val dit my op.

Vrydagaande met die jeug se byeenkomste wou hy net daar wees, dit was vir hom ‘n plesier

om Die Here te aanbid en te loof en te prys.

Hy was gek oor Hillsongs se liedere, altyd hulle dvd’s gekyk, hoe hulle spring en dans as

hulle sing, vir sy ma eendag glo gesê, “wie kan nou sê die lewe is vervelig as jy God so kan

dien en aanbid”?

Terwyl almal so spook om hom terug te kry, sê ek mense, die kind sal nie wil terugkom

vandaar waar hy nou is nie, wetende dat my seun God gedien het en hy waarlik by die Here

is. Hier het iets snaaks, iets bonatuurliks gebeur, almal sal dit nie verstaan nie en hardop kan

jy dit nie sê nie.

Ons Gemeente leraar sê, “Jo-an het net oorgestap na die anderkant van die lewe,hy is voor

ons daar”

Hoofstuk 8

Psalm 24 : 3-4 Wie mag staan op die berg van die Here? En wie mag staan in sy heilige

plek?..

…Hy wat rein van hande en suiwer van hart is…

Ongeveer 4 uur die middag het die Tygebergse lykswa ons seun weggeneem, wat ‘n swaar

gesig en afskeid, jy is so magteloos, daar is niks wat jy kan doen nie, die dood is so

verskriklik. Jy wil hom amper nie laat gaan nie, Here is dit waar, is dit die werkliheid, droom

ek, hoekom doen Jy dit aan ons, waarom laat Jy soiets toe? Hy is nog so jonk, sy lewe het

nou begin, ek wil nog so baie vir hom gedoen het en saam met hom gedoen het.

Almal is verward en verslae, sommige loop rond en bid, die werf is vol voertuie, die nuus het

so vinnig versprei, vriende van hom en familie het van oral opgedaag, almal het sy toestand

aanskou, gesien daar waar hy gesterf het.

Wynand wat die vorige aand saam met hom uit was by die varingfees was ook daar, verslae

staan hulle daar, so onwerklik die oomblik van werkliheid.

Liana se broer , wat ook saam met Jo-an op die plaas gewerk het sê, daardie hele week het hy

nog nooit vir Jo-an so rustig gesien soos toe nie, so asof hy vir iets gewag het, byna soos

iemand wat uitgesien het na’n heerlike lang vakansie wat nou net begin het.

Ons as gesin ry terug huistoe, almal is stil in die motor,verslae, verlore, ons praat nie, ons is

verlore vir die lewe, wat gaan aan,is dit waar, droom ons?

Gaan hy dalk weer opstaan voor môre, sal dit nie wonderlik wees nie.

Ek bel een of twee vriende en kollegas en dra die nuus aan hulle oor, skielik bly ons voordeur

24 uur oop, mense stroom in, blomme stroom in, ongelooflik, ek het nie geweet ons ken so

baie mense nie, en hy, sy vriende kom van oral.

Van hulle kom sit net daar, sommige gaan sit in sy kamer, dit het my krag gegee, my aandag

weggetrek, maar as almal weg is, dan is hy weer daar in jou gedagtes, sy gesig,sy lewe en

sommer alles. Dit flits aanhoudend, sekonde vir sekonde, jy kan dit nie beheer nie.

Die aand toe ons gaan slaap tref dit my, Pastoor Nico Landman se aanraking van my en

Liana die vorige Sondagaand in die diens. Hoe kan ek so dom wees, God het geweet, hy het

ons kom waarsku of bemoedig… maar hoekom en waarom, hoekom hy en hoekom nou?. Dit

worstel,ek redeneer met die Here, dit huil, die pyn is te veel en te seer,…. Here sê ek, “die

lewe is ‘n klug”,”ek wil nie meer hierdie lewe hê nie”hoekom vat jy nie maar vir my ook

nie,of kwalifiseer ek nog nie, is dit nog nie my “tyd” nie?

Die volgende oggend (Maandag) raak ek wakker, ek sien hom voor my, ek staan op en gaan

haal sy matriekfoto en sit dit langs my op die bed, ek huil, ek roep hardop na hom.

Here hoekom het jy dit gedoen. Here , Jy is ‘n selfsugtige God, ons het hom ook lief. Kon Jy

hom nie vir ons langer gespaar het nie, hoekom, waarom Here?,…..hoekom nou?, hoekom

hy?…nog nooit het iemand so baie in my gedagtenis opgekom nie, hy flits aanhoudend voor

my, jy kan dit byna nie beheer nie.

Ek besef ook dat ons nou reeds 3 kinders by die Vader het , als in ag geneem.

Die volgende dag laat maak ek vir elke kind in die huis ‘n groot foto van hom .Ek sit ook een

in my slaapkamer en een in die leefvertrek. Ek wil hom sien, hy leef, hy is nie dood nie, ek

kan dit nie beskryf nie.

Die Maandag oggend na sy dood moes ons hom gaan uitken by die Tygerberse lykshuis.

Onwetend stap ons die besigtigings vertrek binne, daar lê ons oudste seun agter die glas,ek is

so geskok dat ek harteverskeurend uitbars en net roep Jo-an, Jo-an.

Ek kan nie glo wat gebeur het en wat ek sien nie, en dit gebeur met my en Liana. Met

hoeveel ander mense het soiets al gebeur en wat moes hulle deurmaak.

Sy gelaat was so mooi, asof hy slaap.

By ons aan huis het ek soms langs sy bed gaan staan en net na hom gekyk as hy slaap, dit het

net so gelyk, Here help my , bring hom vir ons terug asseblief.

Die Dinsdag moes ‘n lykskouiing gehou word om oorsaak van sy dood vas te stel.

Ons probeer dit verhoed, ons wou nie sy liggaam geskend hê nie maar besef ook die reg moet

sy gang gaan, dit is tog net ‘n liggaam, Jo-an is nie meer daarin nie.

Here mag hy opstaan in daardie lykshuis voor hulle ‘n otopsie moet doen , gaan deur my

gedagtes.

Ons rëel die begrafnis reelings vir Vrydag 2 uur omrede skoolkinders dit ook wou bywoon.

Dit was in die eind eksamen tyd en nog baie van sy maats was op skool.

Die Dinsdag nag staan ek op en gaan na ons sitkamer, ek worstel met die Here, ek kan nie

bid of bybel lees nie, asof iets vir my sê maak oop die Bybel. Ek gebruik nou sy bybel wat

sy ma vir hom gekoop het op sy 16 de verjaarsdag, hy het dit so mooi onderstreep. Ek besef

dat hy het God lief gehad en al sy vertroue was in God volgens dit wat hy onderstreep het.

My oog val op 2 Kor. 12: 2 –4 ,” ek weet van ‘n man in Christus, ….. … of dit in die

liggaam was of buite…… God weet dit dat so iemand weggeruk was tot in die 3 de

hemel……

Ek besef weereens, hier het iets onmenslik plaasgevind… min het ek geweet dat ons

Gemeente leier, wie ook op die toneel was die Sondag van sy dood ,reeds dieselfde teksvers

gekry het en besluit het dat dit die tema skrif vir die begrafnis gaan wees.

‘n Vriend van my , Kobus , het intussen ook vir hom by die lykshuis gaan besoek. Hy het

geglo dit was nie Jo-an se tyd nie, sy oog het geval op sy inskrywings nommer op die

lyksregister, dit was 2212. Vir hom het die nommer iets vertel, en kon ek die skrif met hom

bevestig.

Toe hy my bel en dit vir my noem, sê ek, Kobus maar dit is dieselfde syfer as 11 Kor.

12….nou begin ek meer besef, dink en twyfel of ons kind geskok is of nie, God het hom kom

haal, daardie elektrisiteits stroom wat hy ervaar het was dit dalk God se krag oor hom, hy het

iets verwag of was dit….elektries van aard, ek weet nie? Die mense sê dood moet ‘n oorsaak

hê, maar dit kan anders ook wees, wat dan van Henog?

Sulke dinge gebeur mos net in die ou Testament, Henog, Elia en ook Moses,… maar steeds

hoekom?.. hoekom nou?… hoekom hy, ons seun wat ons so liefhet, wie nog so baie mense

deur sy voorbeeldige lewe kon aangeraak het.

Hoofstuk 9

Romeine 12 : 1-3 “ Ek vermaan julle dan broeders, by die ontferming van God “dat julle

jul liggame stel as ‘n heilige en aan God welgevallige offer,….

word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van

julle gemoed…..

Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie

van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie…..

Die elektrisiën wat gewoonlik die plaas se elektriese foute kom uitsorteer was ook dadelik op

die toneel.Die elektriese pompie wat hy gebruik het die oggend waar hy gewerk het is later

laat toets, daar kon glo geen fout gevind word nie, alles was in oënskou geneem.’n Sertifikaat

van die toestand en bevinding van pomp was aan die Sapd uitgereik. Die polisie soek wel ‘n

oorsaak in hul ondersoek, volgens hulle moet dit ‘n elektriese skok gewees het, maar hoe en

waar, waar is die oorsaak dan nou, en as dit ‘n verdwaalde elektriese stroom was, was dit nog

altyd God se plan om hom te neem na die geesteswêreld, of hoe?

Die hoofskakelaar het nie “getrip” nie ,wat die oorsaak ook al was, ons kind is oorlede, hy

kan nie meer saam met ons loop en gesels nie, hy is weg, vir altyd vir ons op hierdie aarde

solank as wat ons leef.

Maandag middag kom die nuus ook uit dat , Regina, die swart vrou wat op die plaas

behulpsaam is, saam die oggend met Jo-an in die stal en melkkamer was, sy leer hom xhosa

praat.

Hy het glo vir haar vroeër die oggend gesê, Regina, ek gaan huistoe, nee sê sy, jy kan nie

nou al huistoe gaan, ons moet hier klaar maak met die tenke, waar? Na jou ouers in

Brackenfell, vra sy? nee Regina, huistoe na my Vader toe, en hy wys vir haar met sy vinger

op boontoe, nee sê sy vir hom, moenie sulke nonsens praat nie ek en jy moet nog die xhosa

klaar leer praat. Nee Regina, sê sy, het hy gesê, ek praat nie nonsens nie, ek voel so en jy sê

niks hiervan vir my ma, pa of ouma en oupa nie.

Hy self het dalk ook nie geweet wanneer nie, maar hy het iets geweet, ‘n voorgevoel gehad

of vir seker geweet.

Regina het hom daar gelos en gaan slaap, min wetende dat hy oor ‘n paar uur nie meer daar

as lewend gaan wees nie. Sy het eers Maandag die volgende dag daarvan gehoor en toe vir sy

Ouma (skoonma) vertel.

Woensdag bel ek vir vroue Dokter Burger,pataloog by Tygerbergse hopitaal wat sy otopsie

uitgevoer het. Sy sê sy kon geen spoor van ‘n elektriese stroom in sy liggaam vind nie, haar

bevinding is , “ oorsaak van dood is onbekend”, sy moet dit verder ondersoek, sy sê sy is

ook ‘n gelowige Christen, en het gewonder hoekom het so ‘n mooi jong man op die manier

gesterf. Sy kan nie sê waaraan hy oorlede is nie, alles van sy liggaam is in ‘n perfekte

toestand, behalwe vog op sy longe, weens drup wat toegedien was.

Hoofstuk 10

Vrydag die 19de breek aan, 2 uur die middag, dit is warm, die Kerk is stampvol, ons seun

word begrawe, sy dood het baie van sy maats se lewens aangeraak.

Ons speel sy gunsteling Hill song musiek in die kerk, sing van sy liedere, “Everyday”,

“Power of Your love” en “Here I am to worship”.

Sy kis staan heelvoor in die kerk, Jo-an, skop die deksel af en staan op, dink ek by myself, sal

dit nie ‘n wonderwerk wees nie?

Hy was betrokke by die gemeente se jeugaksie “FAB” “Youth Ministries” hy het ook hul

sweetpak top en T-hemp so Logo ontwerp, waarop staan “Be effective for Christ”

Volgens sy ouma sou hy skielik by end van die jaar die boerdery gelos het en saam met die

jeugaksie hul misie begin het. Hy het dit met niemand bespreek nie, ek weet net hy wou met

Jackie die jeugleier oor iets praat. Hy wou dit seker nie met sy Oupa bespreek nie, het sy

drome en begeertes dalk nou verander?

Ons oudste seun is begrawe, en ons mis hom verskriklik. Sy plek is leeg, gaan hy dalk

terugkom of gaan ons hom nooit weer sien solank ons leef nie, verskriklike ondenkbare

gedagtes.

Ons los sy slaapkamer net soos dit was, ek ruik aan sy klere, kyk sy fotos, ek en Liana besoek

sy graf as ons hom mis, wil hom so graag vashou, druk en liefhê, maar hy is buite ons bereik,

hoe vreeslik , ek voel ek kan van my kop af raak.

Jy kan hom nie telefonies skakel nie, jy kan nie eers ‘n boodskap stuur nie, tot wie bid jy om

met hom te praat.

Maar vir my is hy daar, hy leef, ek weet dit, hy is net op ‘n ander planeet, waar is Christus

vandag, Moses, Noag en die ander waarvan ons lees.

Skielik stel ek nie meer belang in die toekoms nie, geen toekomsdrome nie, alles in my gaan

dood, my vrou ervaar dieselfde, ek wil by my kind wees, ek wil nog so baie saam met hom

doen, ek het nie lus vir my werk nie, nie lus vir die lewe meer nie, dinge maak net nie meer

sin nie, dit is so alles verniet, alles tevergeefs, ‘n gejaag na niks.

Skielik is alles binne in my wat die lewe betref net dood.

Ek soek redes, hoekoms en waaroms, ek skryf aan Jesse Du Plantis van Amerika wat vertel

het van sy oomblik toe hy weggeruk was na die hemel, dalk het hy vir my‘n antwoord, hier

is sy e-pos brief aan my,

Dear Andre,

Greetings in the glorious name of Jesus! I want you to know that our Prayer Team has

been interceding for your family since we received your letter.

The Bible teaches us, “If any of you lacks wisdom, he should ask God, who gives

generously to all without finding fault, and it will be given to him” (James 1:5, NIV).

Sometimes we do not always understand what happens in life. The Word says in

Deuteronomy 29:29, (NIV) “The secret things belong to the LORD our God.” This

scripture lets us know it is okay not to understand or have all the answers. Some things

only God knows. It is comforting to know, even under these circumstances, God’s

Word is still true!

“For when God made [His] promise to Abraham, He swore by Himself, since He had no

one greater by whom to swear…

Accordingly God also, in His desire to show more convincingly and beyond doubt to

those who were to inherit the promise the unchangeableness of His purpose and plan,

intervened (mediated) with an oath.

This was so that, by two unchangeable things [His promise and His oath] in which it is

impossible for God ever to prove false or deceive us, we who have fled [to Him] for

refuge might have mighty indwelling strength and strong encouragement to grasp and

hold fast the hope appointed for us and set before [us].

[Now] we have this [hope] as a sure and steadfast anchor of the soul…”

Hebrews 6:13, 17-19 (AMP)

It wasn't God's will for your loved one to experience sickness in their body or whatever

and die. He wants us to have a good life. While it is true that Jesus died so that we

could experience life and that more abundantly, we must remember that in the same

sentence He warns us that, “The thief cometh not but for to steal, and to kill, and to

destroy” (John 10:10).

Andre, the body may die, but the spirit lives forever, and those who know the Lord and

move from earth don't experience sadness. To those who die, death is but a comma in a

sentence...a pause before you move on to greater things! God sent His Son to die on the

cross for us, not only to save our souls but also to redeem us from grief (Isaiah 53). He

bore our grief on the cross because He knew that we couldn't handle it!

It is very hard on us when someone passes away. We question. We wonder. We often

get angry and sometimes, we fall into the trap of self-destructive behavior. There is a

vast difference between missing someone and really grieving over someone. It's good to

miss someone, and when our loved ones pass, we miss them more than words can

express. But real grief is different because its nature is self-destructive...and the fact

that Jesus died for it shows that it is something we need relief from. Why? Because

grief stops us from thinking positive in any way - it takes over our life and stops us from

thinking straight and living on.

So, when a loved one passes, we have a choice to either draw inward and allow the

heaviness to destroy us, or look upward to God for help and reach out to others. You

see, Jesus is there to help us when we turn to Him and release the burden to Him. Just

like we draw on His saving power to save us, we can draw on His grief-relieving power

to lift our hearts in times like these. He is there for us; He can be a salve for our

wounded hearts and that is why we should never abandon our faith in times like these.

How should we act during tragic times like this one? In faith and with dignity rather

than isolate ourselves. God would have us to reach out to one another in love and draw

from each other's strength. Rather than allow grief to make us angry, God would have

us to cry out to Him in the quiet moments of need and then, release our anger so that

He can give us peace. We may not know all the answers, but when we get to Heaven, we

will know them all. He loves us and wants to comfort us in times we don't understand.

So, what do we do then? We continue living on...and we talk to the ones who remain.

What do we fill our conversations with when we miss someone so dearly? We fill our

talk with memories of the good times we had with our loved one, with the stories that

they told and the things they did that made us laugh and love. Rather than be

destroyed by grief, God would have us to remember our loved ones well...this brings

honor to them.

We honor them when we live on. We honor them when we talk about them and recount

the good memories of life we shared with them. Remembering their life reminds us that

we still live; their stories remind us that we still have stories of our own to make. And

in this way, day by day, we continue on in our life...never forgetting them, but also

moving on in our faith and allowing God's healing to take place in our hearts. Living

on doesn't mean that we shouldn't miss someone, because that is normal. But we

should know that, in the quiet times when sadness comes, Jesus has made a way for us

to relieve the pressure on our hearts.

Jesus has also given us hope that our loved ones are not "lost" at all. We know exactly

where they are! They are in Heaven, and so if we are also God's own then we know that

our loved ones are never in our past, they are in our future! We will see them again!

God is faithful to see to that. But until then, He is there for us...to care for us and

uphold us when we miss them. He is also there, urging us to live on.

These are days when we should draw closer to our loved ones that remain here on the

earth and to allow love to flow between us. Life is short. It is shorter for some than it is

for others, and while we might not know all the answers...we do know this, God loves

us. He redeemed us and has a Heavenly home for us that is real. It is no fairy tale; it is

a place that is as real as the ground we walk on. We don't have to understand it to

accept it. We don't have to know all the reasons to accept it. This is what God requires

of us - faith. Let us draw near to Him, knowing that He cares for us. He cares for us

while we are on the earth and He continues to care for us in Heaven. One day, we will

see our loved ones again and recount the same stories of life with them face to face.

Until then, we celebrate the life that they did have...the good moments that we will be

talking about for all of eternity!

Your Brother in Christ,

Jesse Duplantis

Ons maak van hom ‘n spesiale foto album, ek sien die pampoen tekening van sy

voorskooldae by Juffrou Kotie, Psalm 23, “Die Here is my Herder”nog netso deur sy ma

saam met sy fotos bewaar.

Nou gebruik ek sy bybel wat sy ma vir hom gegee het op sy 16 de verjaarsdag. Hy het

heelwat bybelstudie gedoen en dit onderstreep, waarlik kon ek sien dat hy volle vertroue in

die skepper gehad het.

Die boek Romeine 1: 16-17(regverdigmaking deur die geloof) Romeine 2, te veel tekse om

aan te haal, Korinthiers en ook Deuternomium, mooi en vol onderstreep, daar is boodskappe

daarin.

Hy het God vertrou, Hy het God dalk meer lief gehad as ons, wie weet, watter geheime het

hy en God gedeel. Agterna het ek van ‘n goeie vriend van hom verneem van die ontmoeting

wat hy met die Here in sy kamer as kind gehad het.

Hoekom het ek nie daarvan geweet nie, leef ons verby ons kinders, is ons so besig met

onsself , die huishouding en alles, ma werk…. en pa werk…hoekom maak ons nie tyd om

hartsake met ons kinders te gesels nie, vertrou ons nie mekaar nie. Aanvaar ons maar net

môre is nog ‘n dag en sal ons mekaar weer sien.

Ouers is tog daar om vir die kind te sorg, te voorsien, te bemoedig , te vertroos…nie om

kinders te begrawe nie.

Mense sê kinders moet ouers begrawe nie ouers kinders nie. Ons stel dinge so maklik uit,

want ons aanvaar mos vanselfssprekend, môre is nog ‘n dag, en as môre kom…? Die lewe is

tog so kort..

Waarlik het ek besef, die lewe is kort, baie kort, vir sommige langer, maar eintlik is die lewe

so vinnig en gou verby. Al is jy 60 jaar oud en jy dink terug, het dit eintlik gou verby gegaan

nie waar nie?

As ons die begraafplaas besoek , is daar kinders wat slegs een jaar en langer oud was, nog

‘n korter lewe. Wat gaan daardie ouers deur, dink ek soms, geen mens kan hulle vertroos nie,

net God kan op sy manier. Maar steeds al dink en sê mens ook wat, dit bring nie jou kind

terug nie.

Ai die mensdom darem, dood moet ‘n oorsaak hê, anders “glo” ons verskillend, ek het tot die

besef gekom dat daar baie mense oorlede is sonder oorsaak. Dan was die “oorsaak” volgens

medisie, ‘n hartaanval, en wie kan nou stry of dit betwyfel as die dokter so sê. Maar ek glo

baie mense is deur die Here kom haal op so ‘n mooi manier.

Ek lees van die vrou wie se seun jonk gesterf het in ‘n motorfiets ongeluk, geen beserings

van buite, aar gebars aan die binnekant, God kom haal jou op ‘n mooi manier.

Wat van die mense wat aaklig sterf, gru ongelukke ens? vra jy dalk?

My mening is dat dit is nie God se werk nie, dit is die vyand, “ Satan”, die woord sê, “ hy is

‘n dief en ‘n moordenaar, hy kom om te steel en te slag”,. Gewoonlik sterf “onskuldige”

mense in sulke gevalle deur die nalatigheid van ander nalatige mense. So kan ons almal baie

en verskeie menings hê oor die spesifieke onderwerp, maar die feit bly staan, die dood is nie

iets mooi nie, dit is wreed.

My vrou sê altyd, die dood was ingebring deur die mens, “Adam en Eva”,se

ongehoorsaamheid. Maar ons is mos nie almal Adam en Eva nie, ons is verskillend van

geaardheid, die wat gehoorsaam is en die wat ongehoorsaam is, nie waar nie?

Kan ek geblameer word vir wat Adam en Eva gedoen het? Seker ek weet nie, sal eendag wel

weet, alles wat ek wou weet, of dalk gaan dit nie eers saakmaak nie, wie weet.

Maar ongelukkig en gelukkig moet ons eers in die vlees gebore word om te sterf en dan vir

ewig te lewe, maar watter kant van die dood? dit is jou keuse, en jy moet die keuse uitoefen

,vandag nog, solank as wat jy lewe.

Die woord sê “as saad in die grond val sterf dit eers voor dit lewendig word” na regte is ons

ook saad, dit het alles begin by saad, ons lewe en dan sterf ons om weer te lewe, maar dan

sonder om weer te sterf.

As jy sterf en jy het nie die keuse gemaak nie, is dit te laat, eenvoudig te laat, moenie dat

iemand vir jou vertel jy word na die dood in die ewige lewe (hemel) ingebid nie. Doen

jouself ‘n guns en gaan kry die video “The Lazarus Phenomenon” , dit sal jou vinnig laat

besluit as jy nog twyfel oor jou eie saligheid.

v Hoofstuk 11

Psalm 91 ”Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van

die Almagtige”

Daar is ook n Psalm wat sê, ‘n mens is soos gras, soos ‘n blom, die gras verdor en die blom

val af, dit verwelk, hy het dit nogal onderstreep in sy bybel, wetende dat ons as mens net

tydelik is ,die ewigheid is om te sterf en dan te leef, in vrede, blydskap, by die liefde wat

geen mens kan ervaar of beskryf nie.

Dit is vir my moeilik om Sondae na die huis van die Here te gaan, my gedagtes bly by ons

oorlede kind, elke sekonde flits sy lewe en gesig voor jou dit is nog nie eers 3 maande gelede

nie

Die woord van die prediking wat uitgaan bots met my, ek wil dit nie inneem nie. Here ons

het geleer, God is liefde, U is Liefde, hoe verstaan ek dit dan nou, U het my nou baie

seergemaak, is dit liefde?

Here ek dink u is ‘n selfsugtige God, u gee my iets moois en vat dit terug, hoekom? het ek

hom nie waardeer nie? het ek iets verkeerds gedoen, of … het ons as ouers iets reg gedoen?

Kinders is ‘n gawe van God word daar gesê, maar kan u hom nie vir ons vir langer gespaar

het nie. Spaar my ander kinders vir my vir langer Here, laat ek hulle liefhê en druk solank

hulle met ons is en ons met mekaar is, Here! Hoe moet ek nou verder leef, iets in my het

dood gegaan, alle toekomsplanne het nou inmekaar getuimel. Soms voel ek net breindood,

niks registreer om my nie.

Kyk ek in die geestelik wêreld, dan begryp ek, en voel ek beter, en verstaan ek, maar as ek

hier kyk, vleeslik, sy dood, sy leë kamer, sy klere in sy kas, sy fotos en herrinneringe, dan

voel ek dat ek kan van my kop af raak. Die gevoel en ervaring is menslik onbeskryflik. As

dit die lewe is, waarom leef ek dan, want dit is nie dit wat ek van die lewe verwag het nie!

Waar staan jy met jou kinders wat nog leef, het u ‘n kind aan die dood afgestaan? praat jy oor

hom of haar, of bly jy stil…?

Of pla dit jou oor hoe jou oorlede kind geleef het,daarom wil jy nie oor hom of haar praat

nie, of oor hoe jou huidige kinders leef, was of is jy dalk bekommerd oor hulle leefwyse.

As jou kind oorlede is, is hy net oorlede, as hy sy hart, lewe vir die Here gegee het, en jy as

ouer ook, dan gaan ons hulle mos weer sien, nie waar nie?

Leer jou kind reg , steek jou trots in jou sak om nie eendag spyt te wees nie , vertel hulle van

God en sy verlossingskrag, die sondige wêreld waarin ons leef. Sy saligheidsplan maar

daarby moet jy ook liefhê en liefde wys.

Wees jy ook dan ‘n voorbeeld, ons kinders hou ons dop, mense hou ons dop, want hulle wil

sien of dit wat jy van praat, jou lewenswandel daarvan getuig.

As my kind God nie gedien het nie, waar was hy vandag? ek was sy aardse vader, het ek nie

‘n verantwoordelikheid teenoor hom en God nie? Ek sal my verewig verwyt as my kind se

saak met God nie reg was nie.

Ek het een seun aan wie ek nog moet werk om seker te maak hy is reg as die dood hom

eendag moet kom haal.Maar as hy nie wil nie , kan ek net bid dat God hom sal intrek in Sy

liefde, hom te bewaar teen onheil en dat hy eendag by God sal wees.

Waar staan jy met jou verhouding teenoor God?… dit is nog nooit te laat nie.

Bid die sondaars gebed onderaan hardop en ook saam met jou kinders en leef die lewe

waarvoor ons geroep is tot die dood ons kom haal.

Wanneer? Ek weet nie, jy weet nie, jy hardloop soggens vroeg uit jou huis uit om te gaan

werk, om in daai aaklige verkeersknoop te gaan sit en peins tot jy by jou werk kom, vir wat,

om môre te sterf, en niks saam met jou te vat nie. Nee vriend ,nee pa, gaan druk jou kinders

of familie, al slaap hulle nog, groet hulle, wie sê jy gaan hulle weer sien, DIE LEWE IS

KORT….

Ek dink aan pa’s en ma’s wat kinders verloor het, niemand kan jou troos nie, net God kan.

Hy weet beter en eendag sal ons die waarheid weet en by ons geliefdes wees as ons reg leef

volgens God se Woord. Dit is ‘n gemis en verlange, die hartseer wat soms soos ‘n brander

oor jou kom.

Ek kom tot die besef, dat nie ek of jy, jou kinders of alles dit wat jy besit behoort aan my of

jou nie, alles is God s’n. Die motor wat jy in ry, die huis wat jy in bly, dit kom alles uit die

aardse stowwe uit, dit gaan nie saam met jou as jy sterwe nie, alles bly agter.

Het jy al daaraan gedink, ons kinders behoort ook nie aan ons nie, hulle is van God af. Hy

kan hulle kom haal wanneer Hy wil, Hy kan jou neem wanneer Hy wil, maar is jy gereed,

hoe materialisties kan ons nie wees nie.

My huis, my motor, as ons iets daarop skuld is dit eintlik die bank s’n, maar as dit kontant

gekoop is is dit net op jou naam, maar is ook nie joune nie, nogal interessant, of het jy nog

nie sover gedink nie. Jy kan dit nie saamneem na die ewigheid nie.

Bid nou die volgende gebed, en moet jou nie aan “mense” steur nie, dit is jou lewe, jy moet

besluit , nie ek vir jou of jy vir my nie, jy moet dit vrywillig doen…..

Ons Vader in die Hemel, ek kom na u toe in die naam van U seun Jesus Christus.

Vader ek is ‘n sondaar en in sonde gebore. Ek leef in ‘n gebroke wêreld, vergeef my

my sondes en ek vergeef ook ander wat ek nog nie vergeef het wat my te na gekom het

een of ander tyd. Kom woon in my hart Here Jesus as my verlosser en saligmaker. Rig

U my lewe vir my, Dankie Here dat U, U seun Jesus Christus gestuur het om vir my aan

die kruis op Golgota te kom sterwe, 2000 jaar gelede, dankie Jesus dat u bloed my nou

reinig van all sondes en dat ek nou u kind kan wees en U my Vader kan wees, in Jesus

se naam, Amen.

Mag die Here jou krag gee in tye van beproewing, fokus op Jesus Christus, ons redder en

saligmaker, leer om afhanklik te wees van God en gee ook deel van jou tyd en geld aan die

werke van die Here. Wees geduldig met jou medemens.

Gee ook as jy kan van jou tyd en geld aan jou medemens waar jy ‘n behoefte sien, ons is

hier vir mekaar, om liggaam van Christus te wees. Sodat die plan van God vir die wêreld

met al sy gebrokenheid tot uitvoer kan kom, DIE LEWE IS KORT!

Met hartseer, pyn , verlange en al, gaan ons voort sonder beskaming, en sien ons daarna uit

om eendag met ons geliefdes in die ewigheid hiernamaals te wees.

Die jeug FAB skryf;

Hoofstuk 12

Hoe gaan ‘n mens aan na so ‘n traumatiese ervaring? Hoe lewe jy met die

seer? Hoe lewe jy met die verlange? Hoe lewe jy met die wete dat jy een van

die waardevolste besittings wat jy “geken” het verloor het. Daar is soveel vrae

waarvoor daar nie antwoorde is nie, soveel dinge wat ons nie verstaan nie. Die

hoekoms is heeltemal te veel om net op te noem. As ons kyk na JO-AN se

lewe, maak die rede vir sy dood glad en geheel vir ons as mens NIE sin nie.

Maar daar is ’n God in die hemel wat weet wat Hy doen.

Wanneer ’n stuk van ’n gebou se fondasie uitgeruk word, is daar absolute

gaos!!! Net so was Jo-an ’n stuk van ons jeug se fondasie, ’n stuk wat

onvervangbaar is. Wat ’n voorreg om so ’n ongelooflike persoon te kon ken.

Hoe kan jou lewe ooit weer dieselfde wees nadat jy so ’n persoon ontmoet het.

Selfs net sy glimlag kon die wêreld vir ’n oomblik in tyd laat stilstaan het.

Mense wat hom nie eers geken het nie, het net nodig gehad om in sy rigting te

kyk en hy het hulle deur sy glimlag bemoedig.

Jo-an was soos ’n lig in die duisternis. Wanneer dinge donker, moeilik en

ONMOONTLIK gelyk het, was hy die een wat POSITIEF gebly het, die een wat

die groter prentjie gesien het, die een wat nie wou moed opgee nie, die een

wat visie gehad het. Al het hy self deur moeilike en donker tye gegaan, het hy

self aan die lig vas gehou. Daar was tye wat hy ook deur mense teleurgestel en

seer gemaak was, maar hy het nie toegelaat dat dit hom onder kry nie. Hy het

opgestaan en aangehou om sy passie uit te leef al was dit hoe seer.

Hy was so opgewonde oor die jeug en die rigting waarin ons begin beweeg

het. Hy het ’n hele paar keer die opmerking gemaak oor die jeugbussies wat

oppad is, die jeug wat so gaan vergroot en so ’n groot impak op die

jongmense van vandag gaan hê. Hy wou net deel wees van dit wat God begin

het, want hy het geweet dat dit wat God begin sal Hy voleindig.

Praise and worship was volgens ons, sy brood en botter. Hy het gelewe vir ’n

Vrydagaand om God te kan worship. As daar ’n persoon was wat ’n finominale

voorbeeld en ’n inspirasie in worship was, was dit hy. Nog nooit het ons

iemand teë gekom wat so opreg en net homself voor God was nie. God was

die belangrikste persoon in sy lewe en niks en niemand kon daarmee

kompeteer nie.

Daar is ’n Engelse gesegde wat lui: “Bettter late than never”, dit is defenitief ’n

Vrydagaand-gewoonte in sy lewe wat ons almal kan beaam. Ons sal nooit die

tye vergeet wanneer hy tydens praise and worship daar aangekom het en ons

die hele program gestop het om hom “welkom te heet” nie. Alhoewel die plaas

werk die toedoen vir die laatkom was, het hy ’n liefde vir sy werk gehad wat

ons nog nooit gesien het nie. Hy was ’n eervolle, opregte en betroubare mens.

Ons mis die mooi en netjies geklede jongman. Die man met die jean, strepies

blou hemp en die “coolste sneakers”. Ons mis die opgewondenheid om hom

te sien, ons mis die jongman wat skaam- skaam gaan sit nadat ons hom voor

almal verwelkom het. Ons mis die jongman wat dit geniet het om saam sy

vriende te kuier, die jongman wat deel was van ons hartklop, die jongman wat

’n impakmaker was. Die jongman wat niemand veroordeel het nie, die jongman

wat met enige iemand kon gesels...

ONS MIS JOU, JO-AN

“He was a pillar of strength, a solid rock, someone to rely on, someone to look

up to… Someone who changed your life through a smile!”

Hoofstuk 13

Weg geneem van my, ver is jy van ons, elke dag is daar gedagtes oor jou

gebeurtenis wat maal deur my kop, ek dink aan jou, hoe jy my tye vashou, jou

glimlag wat my lewe omvou.

Al is jy my broer en al is jy die oudste, sal niemand jou plek inneem, nie die

beste of die eerste.

Het jy van ons vergeet? Ons verlange strek na jou, sien jy wat in ons harte

aangaan, die seer en trane wat in ons voort gaan en self begin ons dit weg steek

asof niks met ons gebeur.

Daars niks wat ons kan doen, in stilte en smag wens ons om jou weer te sien,

my boetie die een skoon van pyn en seer wat die wereld ons gee. Jou plek is stil

en donker, soos jou woorde in die verlede vergaan so is ons gemoed dat jy by

ons in teenspoed bystaan. Ons wil nie meer aangaan, maar ons sê ons kan, hoe

kan mens iemand mis as dit voel of almal hom vergeet het? Is die liefde nie heel

en geseël, is dit nie wat ons vir mekaar moet gee nie?

Hoe dan nou, ek bekyk en bewonder jou gefluister, totsiens…verby my kamer

het jy geloop sonder om vir my te groet, nie eens na my gekyk en gesê jy moes

weggaan,vir ewig! Ons gedagtes vêr en seer van woorde.

Wat gaan aan, hoe dan nou, dis net Jesus wat my vashou en waaraan ek

vasklou, die tye by die see en in die motor, ons gesels in die strate of na jeug

aande, ons woorde vir mekaar is nog altyd daar.

Nou is ek alleen sonder grappies en woorde, dis net trane en seer wat

herhinneringe bring, dit raak koud oor my gedagtes, raad en daad loop saam oor

jou, so weet ek broer en suster sal nooit van mekaar weg vou.

Onthou my soos ek jou al is jy ver in vrede en geluk by Jesus in sy arms toe

gevou… so sal ek jou onthou. Liefde, Jou sussie.

Dit was reeds 12 maande gelede en nog steeds is die ervaring nie ‘n werklikheid nie…’n

vreeslike verlange en gemis… ons lewe gaan aan, normaal met hom in ons gedagtes soos ons

hom onthou en ken . Hy sou nou al 21 gewees het, reeds 2 jaar van ons weg, die lewe gaan

aan. Soms speel alles van vooraf weer voor jou, dan word jy maar net weer hartseer en gaan

met jou lewe aan, jy is magteloos, maar jy weet God weet beter.

Hy is in beheer of ons dit wil glo of nie. Ons leef in in demokratiese wêreld, ‘n wêreld

bestuur deur mense se besluite, maar as jy sterf het jy nie beheer oor waar jy gaan nie,

iemand anders het, iemand magtiger as magtig. Maar jy kan dit vandag bepaal en vasstel.

Na vandag 01 Junie 2007, meer as 2 jaar gelede kon die polisie nog nie met ondersoek die

oorsaak vasstel nie. Die dossier is op ‘n stadium na ‘n landdros verwys om te besluit wat met

ondersoek gemaak moet word om die oorsaak vas te stel. Maar wat maak dit saak, niks kan

hom terugbring nie.

Nog steeds elke Sondag as ek in die Kerk staan is dit verskriklik moeilik, ek en my vrou

ervaar met elke diens ‘n verskriklike hartseer en verlange na hom.

Onlangs op die God Tv is daar onderhoude met mense gevoer wat hul kinders verloor het en

hoe hulle as wedergebore Christenne dit ervaar. Daar was nog ‘n persoon wat vertel het van

sy oudste seun, eerste jaar op Technikon in Amerika, wat na hy uit die swembad geklim het,

kleedkamers toe gegaan het en teruggekom, toe hy aan die swembad rëelings vat het hy ook

‘n elektriese skok ervaar en was binne 8 minute oorlede. Ook net voordat hy sy ouers gebel

het en gesê het dat hy lief vir hulle is. Die swembad is al jare daar en die Technikon, waar

kom hierdie onsigbare “elektrisiteit” vandaan sonder kabels? Ek weet…en daarby sal ek

volstaan. Geniet jou lewe saam met die wat na aan jou is, veral jou kinders doen wat reg is ,

die lewe hier is “kort” baie kort.

Gehoorsaam net God se woord, nie mense se sieninge en dinge nie, maar soos wat geskrywe

staan in Sy woord.

Groete en Liefde…

Verdwaasde Ouers

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!