Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
M Y L I G G A A M

Ek is ‘n seuntjie of ’n dogtertjie.

Ek is baie spesiaal, daar is niemand wat presies soos ek lyk

nie. Omdat ek baie spesiaal is moet ek mooi na myself kyk

My gesiggie lyk so

M y G e s i g g i e

O r e

Ek het 2 ore

My ore sit langs my kop.

Ek hoor met my ore.

Bly stil

Laat almal vir ‘n rukkie luister na die geluide om hulle.

Daar is hoё geluide , lae geluide, harde geluide, sagte

geluide.

Laat die kinders die verskillende geluide maak.

Daar is mense wat nie kan hoor nie, ons sê hulle is doof.

Ek moet mooi na my oortjies kyk.

Ek moet elke dag as ek bad my oortjies was.

In my oortjies is daar sulke geel goed. Ons noem dit was.

As hulle te dik in my ore raak kan ek nie mooi hoor nie,

daarom moet my oortjies skoon gehou word.

Ek moet nie goeters in my ore druk nie, bv. : sade, stokkies,

albasters, dit kan my oortjies baie seer maak, so seer dat ek

nooit weer kan hoor nie.

1
Groot lawaai kan ook my oortjies seer maak. Ons moet nie in

mekaar se ore skree nie.

As dit koud is buite moet ek my mussie opsit anders kan ek

ook siek raak en baie oor pyn hê.

Ons moet nie in die koue speel as ons oortjies seer is nie

Hoor wie al oor pyn gehad?

Ek het 2 oortjies gekry om mooi na mamma en juffrou te

luister.

Ek kan ook luister as iemand met my wil praat.

Wanneer iemand lelike goed sê, moet ek nie luister nie.

Onthou jou 2 oortjies is vir mooi luister.

S P E L E T J I E

Sê miaau elke keer as jy die woord kat hoor

Kat, kraai, hond, kat, water, bok, kat.

O ё

Ek het 2 ogies gekry om mee te sien.

Iemand wat nie kan sien nie is blind.

Party keer kan mense nie mooi sien nie, dan dra hulle brille.

Ons almal se oё kleur verskil.

Party mense se oё is wit en bruin of wit en groen of wit en

blou.

Party mense se oё is groot ander s’n klein skrefies.

Wys prent van oё wanneer

jy met hulle deur die verskillende dele gaan.

Ons het 2 ooglede waarmee ons ons oё oop of toe maak.

2
Aan die voorkant is ons oog wimpers. Dit is die haartjies

vooraan.

Die hare bokant die oog is die wenk broue.

Wanneer ons wakker is, is die ooglede oop en wanneer ons

slaap is ons ooglede toe.

Party keer wanneer ek geslaap het is daar sulke goedjies wat

amper soos sand korrelties voel aan my oё.

Ons noem dit slaap.

Elke oggend na ek opgestaan het moet ek my gesiggie mooi

afwas.

Ons moet nie met klippe gooi na iemand of met stokke speel

met mekaar nie.

Ons kan maklik iemand se ogie seer maak dan kan daardie

maatjie nie meer sien nie.

Ons moet nie na die son kyk nie, dit kan ons ogies baie seer

maak.

As ek nie mooi kan sien nie, dan neem mamma vir my na die

oogarts.

Dit is die dokter wat my oë toets om te sien of ek nie dalk ’n

bril nodig het om beter te kan sien nie.

Ons moet ook nie na lelike goed kyk met ons ogies nie.

Wat kan ek met my ogies doen?

Ek kan kyk

Ek kan loer

Ek kan knip oog

Ek kan lees

Ek kan hulle toe maak wanneer ek gaan slaap, of as ek bid

Wanneer mamma my hare was maak ek my oë toe sodat die

seep en water nie in hulle kom nie.

3
N e u s

Onder my ogies is

My neus met 2 neus gate.

Ja, ons almal se neuse verskil.

Party mense se neuse

is groot

ander is klein,

party is skerp,

ander rond,

ander s’n wip,

ander s’n is plat.

Kyk na mekaar se neuse, wat sien ons?

Dit is belangrik dat ons nie vir mekaar sal lag of spot as ’n

maatjie se neus snaak lyk nie, miskien baie groot.

Wat doen ek met my neus?

Ek ruik met my neus

Party goed ruik lekker, ander ruik sleg, party goed ruik skerp

en kan my neus baie seer maak, so seer dat ek kan ophou

ruik. Moenie aan skerp goed ruik nie.

Vra wat ruik vir hulle lekker?

Wat ruik sleg?

Hoe ruik ons later as ons nie elke dag bad of was nie.

Hoe ruik iemand se asem wat nie sy tande borsel nie.

Hoe ruik die toilet as ons hom nie trek nie.

4
Hoe ruik dit as mamma lekker kos maak. Laat hulle aan

speserye ruik bv. Kerrie, koffie, vars brood, ’n sny gemufte

brood.

As die kos nie meer lekker ruik nie kan dit vir my sê dat die

kos sleg is en my siek gaan maak.

Partykeer spoel mamma my klere met Sta Soft uit na sy dit

gewas het, dan ruik dit baie lekker, dit sê my klere is skoon.

Langs my neus is my wange.

Die harde bene wat jy daar voel is jou wang bene

Onder my neus is my mond.

My mond het 2 lippe en binne my mond is een tong en baie

tande.

Ek praat met my mond

Ek eet met my mond

In my mond is my tong.

Steek jou tong uit so ver jy kan.

Laat hulle in ’n spieel kyk na hulle tonge.

Jou tong het sulke knoppies, dit is die proe knoppies.

Hulle sê iets is soet, sout, bitter of suur.

Bring goedjies waaraan hulle kan proe.

Bv. Suiker, sout, asyn en dalk ietse bitter bv. Koffie

poeier.

Onthou dit is gevaarlik om sommer aan enige iets te proe, dit

kan dalk giftig wees.

5
Wa t k a n e k a l l e s m e t m y t o n g d o e n ?

Ek kan met my tong

Proe

Klanke vorm

Sluk

en ’n lekker roomys Lek.

Ek kou met my tande.

Ek kry eers my baba tande.

Hulle raak los, dan haal ons hulle uit of hulle val sommer

partykeer uit.

Dan noem ons dit: Ons wissel ons tande.

Wie al tande gewissel het?

was hulle mooi of vrot?

Waar die tande uit geval het, kom daar tande wat vir altyd

moet hou. Dit is ons permanente tande.

Ek moet mooi na hulle kyk anders raak hulle vrot dan moet

ek tandarts toe gaan en stopsels kry of ek moet hulle laat

uitrek.

Ek kan dan weer tande kry wat ek kan insit en uithaal.

Ons noem hulle vals tande.

Ek moet mooi na my tande kyk.

Suiker maak dat my tande vrot.

Ek moet elke dag my tande borsel

Ek moet ‘n nie klomp lekkers eet en koeldrank drink nie.

As ek klaar my tande geborsel het voor ek gaan slaap, moet

ek nie weer lekkers eet, koeldrank of drinkgoed met suiker

drink nie.

Onder my mond is my ken.

6
M y H a n d e

M y L i g g a a m

Ek het 2 hande.

’n Regter hand en ’n linker hand

Aan elke hand is 5 vingers.

Ons het altesaam 10 vingers.

Ons vingers het ook name :

Duim

Wysinger

Middelvinger

Ring vinger

Pinkie

Duimpie

Duimpie se maat

Langeraat

Vilaflooi en

Piepie in die kooi

Kom ons tel hulle.

Kom ons tel tot 10

Sê die Rympie op

Daar waar jou vinger kan buig noem ons dit die kneukels.

Elke vinger het ’n nael.

Ons naels groei daarom moet ons hulle gereeld knip en borsel

en skoon maak.

7
Wat doen ek alles met my hande?

Laat hulle eers se wat hulle alles doen met hulle hande

Wat kan ek alles met my hande doen?

Eet met hande

Teken met my hande

Verf met my hande

Hulle klap

Gooi die bal

Vang die bal

Waai met my hande

Help vir mamma met my hande

Wat mag ek nie met my hande doen nie?

Ander mense se goed vat nie

Mense seer maak nie

Jy mag net die opdrag uitvoer as oom Japie so sê.

Oom Japie sê:

Raak aan jou kop

Stap agter uit

Kniel op die vloer

Swaai jou arms

Skud jou hande

Speel speletjie

8
M y v o e t e

Ek het 2 voete.

Elke voet het 5 tone.

Alles wat ek met my voete kan doen

Stap

Hardloop

Skop

Huppel

Tone wikkel

Tel eers tot 5

Begin weer en tel tot 10

As dit warm is loop ons graag kaal voet, maar anders loop ons

met skoene.

Kyk na prentjies van verskillende skoene

Laat hulle sê waarvoor mens dit gebruik.

Ek moet mooi na my liggaam kyk.

Ek moet my liggaam elke dag was.

Waneer ek by die toilet was moet ek my hande was.

In die oggend wanneer ek opstaan moet ek my gesig was

en ek moet my tande borsel.

Ek moet ook my hare gereeld was en elke dag borsel.

9