05.05.2013 Views

Skepping Kersfees - Piket-Bo-Berg Our

Skepping Kersfees - Piket-Bo-Berg Our

Skepping Kersfees - Piket-Bo-Berg Our

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

KERSFEES

LIEDJIE

Jingle Bells

Jingle bells x 2,

Jingle all the way,

Oh, what fun,

It is to ride in,

A one horse open sleigh.

LIEDJIE

Kom alle getroues

Kom alle getroues, vrolik en vol vreugde,

O kom in die gees nou na Betlehem!

Loof daardie kindjie tot ons heil gebore-

Kom buig daar in aanbidding,

Kom buig daar in aanbidding,

Kom buig daar in aanbidding,

Voor Jesus, die Heer.

LIEDJIE

Twinkle little star

Twinkle, twinkle little star,

How I wonder what you are,

Up above the world so high,

Like a diamond in the sky,

Twinkle, twinkle little star,

How I wonder what you are.

Kersfees 1

1. Maandag

KERSFEES

Vra vir die kinders wie van hulle weet hoekom ons kersfees

hou. Vra vir hulle wat hulle doen met Kersfees. Hoor watter

tipe geskenke hulle al ontvang het. Wat was hulle lekkerste

geskenk?

Ons hou elke jaar kersfees op 25 Desember. Desember is

die laaste maand van die jaar.

God het vir ons ‘n groot geskenk gegee. Hy het vir ons

Jesus gegee om ons sondes te vergewe. Ons gee ook vir

mekaar persente en dit is baie lekker, maar dit gaan eintlik

om Jesus wat op aarde gebore is vir ons.

Praat met kinders hoekom ons geskenke gee vir mense :

Ons gee geskenke omdat ons lief is vir hulle.

Ons gee geskenke omdat ons daaraan dink dat Jesus vir

ons gegee is om ons sondes te vergewe.

Wanneer gee ons geskenke : verjaarsdag, moedersdag en

vadersdag en kersfees en party keer net omdat ons wil.

By ons is dit somer en lekker warm as dit kersfees is. In

ander lande sneeu dit. In daardie lande kom vader krismis

met ‘n slee en takbokke om die geskenke te bring. Hulle

gooi dit dan in die koorsteen af vir die kinders.

Kersfees 2

Lees elke dag een van die Kers verhale uit die Bybel

2. Dinsdag : Die engel se vir Maria se sy gaan ‘n baba

he.

God praat ook met ons vandag. Hoe doen Hy dit. Ons het

die Bybel waar God met ons praat en ons het ook die

Heilige Gees wat ons help verstaan en Pappa en Mamma,

juf en die pastoor of die dominee verduidelik en leer vir ons

wat God vir ons wil sê.

3. Woendsdag : Geboorte in Betlehem

Lees die kers verhaal uit kinder Bybel.

Die engele het heel eerste vir die skaap herders vertel dat

Jesus gebore is. Hulle het toe weer dorp toe gegaan en die

boodskap daar gaan afgee.

Die engele het nie eerste vir die ryk belangrike mense die

boodskap gebring nie, maar vir die mense wat nie vir ander

mense belangrik is nie. God wil daarmee sê dat almal vir

hom belangrik is.

Die herders het ook nie die belangrike nuus vir hulle self

gehou nie. Ons moet ook nie bang wees om vir ander

mense van Jesus te vertel nie.

4. Donderdag : Die wyse manne uit die Ooste

Hulle het op hulle kamele baie ver agter die ster aan gery.

Hulle het vir Jesus presente gebring : goud, wierook en

mirre.

Goud het gese dat Jesus ‘n Koning is.

Kersfees 3

Wierook is lekker ruik goed wat die mense in die kerk

gebrand het, dit het gesê dat Jesus ‘n priester is. ‘n Priester

is iemand by die kerk wat daardie tyd altyd ‘n offer gebring

het om jammer te sê vir al die mense se sonde.

Mirre is salf wat die mense aan ‘n dooie mens se lyf

gesmeer het, voor hy begrawe is. Dit het gesê dat Jesus

sou dood gaan.

Lees verhaal van die engel wat aan die wyse manne

verskyn het en vir hulle gese het om met ander pad huistoe

te gaan.

5. Vrydag : Die vlug na Egipte : lees verhaal van engel

wat aan Josef in droom verskyn en hulle wys om te

vlug.

Jesus was ‘n baba koning. Koning Herodus wou hom nie

daar he nie. Gelukkig het die engel vir Josef gewaarsku dat

hy moet vlug. Nog meer gelukkig is dat Josef gehoorsaam

was toe die engel hom gewaarsku het. Die nare koning het

toe baie babetjies laat dood maak, maar Jesus was veilig

want sy pappa Josef en mamma Maria het na ‘n ander land,

Egipte gevlug.

Praat met hulle oor die belangrikheid van

gehoorsaamheid.

Mens moet jou nie slim hou as iemand vir jou sê om nie

verkeerde goed te doen nie of as hulle vir jou se om die

regte goed te doen, dit nie te doen nie. As Jesus se ouers

nie geluister het nie, sou hy dood gemaak geword het.

Kersfees 4

Aktiwiteite

Maak elke dag van die week kers versierings :

Vrydag maak julle ‘n boompie op met al die versierings.

Sterretjies en ander vorms van speel deeg

Engel papier bord

Klokkies : karton wat gekleur en geverf word

Sterretjies van karton en silwer papier

Teken mooi versierde klokke met vetkryt.

Versier aan albei kante.

Verf nou bo-oor.

Wanneer klaar, hang uit dak of hang aan boom.

Kinders teken sterre op die swart- en witbord.

Elkeen kry ‘n beurt.

Daarna teken hulle sterre op papier en versier dit mooi met

vetkryt.

Kersfees 5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!