04.05.2013 Views

Jacobus Pieter Steyn.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Jacobus Pieter Steyn.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Jacobus Pieter Steyn.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die Geskiedenis van Despatch, 1945 – 1995: „n

Verkennende Studie

deur

Jacobus Pieter Steyn

Voorgelê ter vervulling van die graad Magister Artium in die Fakulteit van Lettere

en Wysbegeerte aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit

Studieleier: Prof. H. O. Terblanche

Januarie 2010

1

Voorwoord

Graag wil ek die volgende bedank sonder wie se hulp hierdie studie nie moontlik

sou gewees het nie:

Lof en eer word aan die Hemelse Vader gegee sonder wie se krag hierdie studie

beslis nie moontlik sou gewees het nie. Solo Deo Gloria!

Professor Otto Terblanche, u leiding en advies is van onskatbare waarde. My

innige dank aan u.

Aan my ouers, Pieter en Isabel Steyn, baie dankie vir die bystand en woorde van

motivering. Sonder julle bystand, liefde en raad sou ek hierdie studie nooit kon

aanpak nie. Dankie dat julle altyd verstaan. Julle liefde vir julle kinders is iets

merkwaardig.

Ao meu avõ, Jorge da Conceiçăo de Oliveira Nunes, obrigado pela ajuda

durante os anos. À minha avó, Maria Helena Nunes Abrantes de Oliveira

Nunes, obrigado pela inspiraçăo. Sempre no nosso coração

Aan my suster, Joleen Steyn-Kotze, dankie vir raad en dat jy altyd slegs binne

die bereik van ʼn telefoonoproep was wanneer dit nodig was.

Karien van Schalkwyk, dankie vir die kameraderie, motivering, liefde en bystand.

Die Van Schalkwyk-gesin, dankie vir die belangstelling en die volgehoue liefde

en ondersteuning.

Mnr. Attie Pretorius van die Despatch museum, dankie vir die hulp en dat ek u

altyd kon nader indien daar ʼn onduidelikheid tydens die studie was. U is een van

die “groot geeste” van Despatch.

2

Inhoudsopgawe:

Bladsy

Inleiding vii

I. Agtergrond viii

I.I Die navorsingsprobleem xi

II. Literatuur Oorsig xiii

II.I Teoretiese aspekte rakende die studie van ʼn

stedelike gebied xiii

II.II Wêreldwye navorsing oor stedelike gebiede xv

II.III Die Geskiedenis van stedelike gebiede in

Suid-Afrika xvi

III. Navorsingsdoelwitte xviii

III.I Primêre Doelwitte xviii

III.II Sekondêre Doelwitte xix

IV. Navorsingsmetodiek xx

IV.I Teorie en Metodiek xx

IVII Metodes en Tegnieke xxi

IV.II.I. Dokumentêre bewyse en dataversameling xxi

IV.II.II. Mondelinge Oorlewering xxiii

IV.III Data Analises xxv

V. Tekortkominge in die studie xxvi

3

VI. Voorgestelde Temas xxvi

Opsomming/Abstract xxix

Hoofstuk 1 – Despatch voor sy stigting 1

1.1 Ooswaartse Migrasie van die Kaapse Trekboere 1

1.2 Onrus op die Oosgrens verhoed permanente

Nedersettings 3

1.3 Wagendrift 8

1.4 Die Plase Midvale en Manor Heights 10

1.5 Die Steenmakery en die invloed daarvan op Despatch 12

Hoofstuk 2 – Die Stigting van Despatch, 1 Julie 1945. 16

2.1 Despatch vanaf nedersetting tot Dorpsraad 17

2.2 Vanaf Dorpsbestuur tot Munisipaliteit 20

2.3 Eerste Bestuursraad 25

2.3.1 Verordeninge en Regulasies 27

2.3.1.1 Gesondheid 28

2.3.1.2 Epidemies 28

2.3.1.3 Vullisverwydering en Sanitasie 28

2.3.1.4 Melkerye en Slagpale 29

2.3.2 Veiligheid 29

2.3.2.1 Lisensies 29

2.3.2.2 Verkeer 30

2.3.2.3 Brande 30

2.3.3 Watervoorsiening 31

4

2.3.4 Inkomste 31

Hoofstuk 3 – Dorpsontwikkeling 33

3.1 Burgemeesters 33

3.2 Dorpsbestuur 40

3.3 Munisipale Ontwikkeling 41

3.3.1 Behuising 42

3.3.2 Watervoorsiening en Elektrisiteit 45

3.3.3 Gesondheidsdienste en Veiligheidsdienste 47

3.3.4 Sport Kompleks, Biblioteek en ander

gerieflikhede 48

3.4 Naamsverandering 50

3.5 Dorpswapen 56

3.6 Ereburgerskap 57

3.7 Sensusse 58

Hoofstuk 4 – Godsdiens 62

4.1 Ontstaan van die Nederduitse Gereformeerde Kerk

In Despatch 62

4.2 Bothasrus-Gemeente 64

4.2.1 Die bou van die Kerkgebou 68

4.2.2 Sondagskool 70

4.2.3 VSB 71

4.2.4 Die ACVV 71

4.3 Retief-gemeente 72

5

4.4 Despatch-Eendrag-gemeente 75

4.5 Despatch-Suid-gemeente 80

4.6 Despatch-Noord-gemeente 83

4.7 Dagbreek-gemeente 85

4.8 Die rol van die NG Kerk in Despatch 85

4.8.1 Die NG Kerk en die Jeug 86

4.8.2 Vroueaksie 87

4.8.3 Die Oosterland Jeugsentrum 88

4.8.4 Christelike Maatskaplike Raad 89

4.8.5 Die NG Kerk se Sosiale Rol 90

Hoofstuk 5 – Onderwys 91

5.1 Die Laerskool Susannah Fourie 91

5.2 Die Laerskool Sonop (Midvale) 99

5.3 Laerskool Frans Conradie (Manor Heights) 102

5.4 Voorbereidingskool 106

5.5 Hoërskool Despatch 107

Hoofstuk 6 – Rugby en Sportpersoonlikhede 114

6.1 Despatch Rugbyklub 115

6.2 Sportpersoonlikhede 117

6.2.1 Danie Gerber 117

6.2.2 Rudi Koertzen 120

6.2.3 Johan “Rassie” Erasmus 121

6

6.2.4 Ander Bekendes 122

Hoofstuk 7 Kultuur en Politiek 123

7.1 Die Skakelkomitee 124

7.2 Politiek 131

Hoofstuk 8 – Informele Nedersettings 141

8.1 Kleurling Gebiede 141

8.2 Swart Buurte 145

8.3 Die Stryd teen Apartheid 147

Slot 151

Bronnelys 159

Lys van Tabelle:

Tabel 1 Ouderdomsgroepe van die inwoners van Despatch, 1949 16

Tabel 2 Bevolking van Despatch, 1949 21

Tabel 3 Kandidate en Beroepe van die Verkiesing,

31 Augustus 1945 26

Tabel 4 Inkomste van die munisipaliteit van Despatch,

1945 – 1949 32

Tabel 5 Burgemeesters van Despatch, 1945 – 2000 35

Tabel 6 Stadsklerke van Despatch, 1945 – 2000 36

Tabel 7 Bevolking van Despatch, 1928 – 1995 152

Tabel 8 Persentasie verspreiding van vloeroppervlakte van

verbruikersdienste in Port Elizabeth, Uitenhage en

7

Lys van Kaarte:

Despatch, 1978 156

(Kaarte is aan die teenkant van die bladsye aangedui.)

Kaart 1 Die Posisie van Doornkraal, Wagendrift en Rietvallei 4

Kaart 2 Despatch, 1949 32

Kaart 3 Woonbuurtes van Despatch 45

Kaart 4 Ligging van die Laerskool Sonop 99

Kaart 5 Ligging van Frans Conradie Laerskool 102

Kaart 6 Ligging van die Laerskool Susannah Fourie, Hoërskool

Lys van Figure:

Despatch en Voorbereidingskool 106

( Figure is aan die teenkant van die bladsye aangedui.)

Figuur 1 Die plaashuis van Manor Heights 10

Figuur 2 Despatch Skoorsteen 15

Figuur 3 Algoasaurus 15

Figuur 4 Slaghuis, 1949 29

Figuur 5 Poskantoor, 1949 29

Figuur 6 Despatch Stasie, 1949 30

Figuur 7 Despatch Dorpswapen 56

Figuur 8 Bothasrus Kerkgebou, 1949 68

Figuur 9 Laerskool Susannah Fourie, 1949 91

8

Figuur 10 Hoërskool Despatch, 1949 107

Inleiding

Hierdie studie se fokus is op die wit Afrikaanssprekende-gemeenskap van

Despatch. Daar word op die sosiale, politieke en godsdienstige geskiedenis van

die wit Afrikaanssprekende-gemeenskap op Despatch gekonsentreer. Die studie

ondersoek slegs die geskiedenis van die wit Afrikaanssprekende-gemeenskap

van Despatch aangesien die dorp bekend daarvoor is dat dit oorwegend ʼn wit

Afrikaanssprekende-gemeenskap is. Die ekonomie van Despatch en die bruin

en swart inwoners word egter kortliks bespreek.

Die tydperk van hierdie studie handel van 1945 – 1995. Dit was tydens hierdie

jare wat Despatch amptelik as ʼn munisipaliteit gefunksioneer het. Uit die aard

van die saak moet die studie gebeure wat aanleiding tot die nedersetting van wit

mense langs die oewer van die Swartkopsrivier bespreek. Daar word ʼn kort

studie gemaak van die periode 1700 (toe die eerste wit mense hulle langs die

oewers van die Swartkopsrivier gevestig het) tot 1939 (wat die begin was van

permanente nedersettings langs die syspoor op Despatch). Sekere gebeure

word verder as 1995 bespreek. Dit word gedoen om kontinuiteit te behou

wanneer belangrike gebeurtenisse, soos die oorskakeling na demokratiese

regering in 1994, ondersoek word.

Die doel van die studie is om ʼn verkennende ondersoek rakende die geskiedenis

van die wit Afrikaanssprekende-gemeenskap van Despatch te doen. Die studie

is ʼn verkennende ondersoek omrede nie al die aspekte van die geskiedenis van

Despatch ondersoek sal word nie. Slegs die wit Afrikaanssprekende-

gemeenskap se sosiale strukture (onderwys, godsdiens en kultuur), munisipale

bestuur en politiek sal ondersoek word.

9

I. Agtergrond

“[…] whatever its importance and size no town is an isolated island.” 1

Die Nelson Mandela Metropolitaanse Munisipaliteit (NMMM) is in 2000 gestig.

Die NMMM is ʼn metropool wat uit drie stadsdele bestaan, naamlik Port Elizabeth,

Uitenhage en Despatch. Despatch speel ʼn belangrike rol in die metropool.

“Towns came into being to serve the communities and the surrounding

countryside”. 2 Despatch kan in ʼn sekere sin as die steen waarmee Port

Elizabeth en Uitenhage gebou is geag word, aangesien daar ʼn steengroef geleë

was op die gebied wat later ontwikkel het in die dorp van Despatch. Omdat die

gebied baie kleigrond het en langs ʼn rivier geleë is, is die kwaliteit stene wat

vervaardig is van ʼn besondere hoë gehalte. Soos wat die steengroef meer

winsgewend geraak het, is masjinerie vanaf Groot-Brittanje ingevoer. Die

Despatch steengroef was destyds een van die mees moderne steengroewe in

Suid-Afrika. 3

Vroeg in die twintigste eeu het die steengroef tot een van die belangrikste

kommersiële industrieë in die Port Elizabeth/Uitenhage/Despatch gebied

ontwikkel. Dit was te danke aan die verdere ontwikkelings in die Missionvale

gebied, die soutwerke en die spoorweë se uitbreidings op Uitenhage. 4 Die

Despatch steengroef het die stene vervaardig en verskeie geboue in Port

Elizabeth en Uitenhage is daarmee gebou. 5

1 W. T. R. Pryce, 1994. From family history to community history, p. 123.

2 W. T. R. Pryce, 1994. From family history to community history, p. 123.

3 A. Strydom, 1990. “Die Despatch Skoorsteen”, Looking Back, p. 77.

4 Motivational letter of Mr. Attie Pretorius of the Despatch Museum to the mayor of the Nelson

Mandela Metro regarding the restoration of the Despatch Chimney, 17 June 2005.

5 R. Hift and A. Hift, 2001. Port Elizabeth and the Nelson Mandela Metropole. Hift, Jeffrey‟s Bay,

Pp. 10 – 11.

10

Gedurende die 1930‟s was die Despatch-steengroef die enigste steengroef in die

gebied. Verder, het die feit dat daar ʼn syspoor reg langs die steengroef was ook

die naam aan die nuwe nedersetting, wat langs die steengroef begin ontwikkel

het, gegee. Die werkers by die steengroef het na die nedersetting begin verwys

as “Despatch,” aangesien die stene hiervandaan na Port Elizabeth en Uitenhage

versend (“Despatched”) is.

Die fokus van die studie sal op die geskiedenis van Despatch vanaf 1945 – 1995

wees. Despatch het in 1945 munisipale status ontvang. Na die totstandkoming

van die eerste demokratiese regering in Suid-Afrika in 1994, is prosesse begin

wat die stadsgrense van stede in Suid-Afrika sou verander. As gevolg hiervan

staan, byvoorbeeld, Pretoria en die omliggende gebiede as Tswane bekend,

terwyl Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch verander het in die Nelson

Mandela Metropolitaanse Munisipaliteit. Alhoewel die NMMM amptelik eers in

2000 gestig is, het die proses van verandering reeds in 1995 begin. Hierdie

proses het de facto die outonomiteit van Despatch as ʼn onafhanklike

munisipaliteit beëindig. Despatch is een van die jongste stede in Suid-Afrika

(wat reg langs een van die oudste stede in Suid-Afrika geleë is – Uitenhage).

Die lewensduur van die munisipaliteit van Despatch was kort en het slegs uit

vyftig jaar bestaan.

Eerstens, sal hierdie studie op die periode 1700 – 1900 konsentreer om ʼn

agtergrondsgeskiedenis te skets van die pioniers wat hulle in die Despatch

gebied kom vestig het. 6 Die studie sal vervolgens die stigtingsjaar, 1942, asook

1945 – toe munisipale status aan die dorp gegee is, navors aangesien dit

outonomiteit aan Despatch verleen het vanaf die munisipaliteite van Uitenhage

en Port Elizabeth. Despatch het as dorp merkwaardig vinnig gegroei.

Aangesien die doel van hierdie studie die geskiedenis van Despatch is, is dit van

groot belang om op die ontstaan van die Despatch munisipaliteit te fokus. Hierby

6 P. M. H. Calitz, 1982. Die Stigting en Vroeë Geskiedenis van die Distrik Uitenhage (1804 –

1814), p. 5; P. Ffolliot and E. L. H. Croft, 1962. One Titan at a Time, p. 45.

11

word strukture soos sosiale en kulturele liggame en sportklubs, soos

onderskeidelik: die Ossewa-Brandwag (OB), die Despatch rugbyklub en die

Skakelkomitee ingesluit. Die Skakelkomitee het oor die jare heen sedert 1945 al

die feestelike en kulturele aktiwiteite van Despatch georganiseer en

gekoördineer. Jarvie stel dit dat: “the importance of social [structures] and sport

[…] makes it a potentially potent force in the modern world.” 7 Dus is sosiale en

sportstrukture vir die mens as sosiale wese belangrik. Hierdie is beslis die geval

met Despatch. Die Despatch rugbyklub het vele spelers opgelewer wat in die

Oostelike Provinsie se rugbyspan vanaf 1948 – 1988 gespeel het. Hierdie

kultuurliggame het ʼn belangrike rol in Despatch gespeel en hierdie studie sal die

omvang van hierdie rol ondersoek. Die Ossewa-Brandwag het in die vroeë jare

van Despatch se bestaan ʼn groot rol gespeel aangesien die eerste burgemeester

van die dorp ʼn OB-generaal was. 8

Geloofsinstellings, soos die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk) sal ook

ondersoek word. Aangesien Despatch vanuit die staanspoor ʼn Afrikanerdorp

9 was, het die NG Kerk ʼn kardinale rol in die lewens van die inwoners van

Despatch gespeel. 10 Die politieke strukture van Despatch sal ook ondersoek

word aangesien die politiek van Despatch parallel met Afrikanernasionalisme op

die dorp geloop het. 11

Die geskiedenis van die eerste dorpsbestuur, insluitend die informele

nedersetting net buite Despatch, sal ook nagevors word. Welbekendes wat van

Despatch kom, sal ook bestudeer word. Mense soos Danie Gerber en Rudi

Koertzen het ʼn op die sportveld groot bekendheid verwerf. Danie Gerber word

7 G. Jarvie, 2006. Sport. Culture and Society: an Introduction, p. 2.

8 H. O. Terblanche, John Vorster: OB–Generaal en Afrikanervegter, pp. 80 – 81.

9 Despatch is deur die ontwikkelaars as ʼn dorp vir Afrikaners bemark.

10 A. P. Smit, Ligbaken aan die Swartkops: N.G. Kerk Uitenhage 1817 – 1967, p. 192.

11 A. M. Grundlingh, “Afrikaner nationalism and white politics,” In: B. J. Liebenberg en S. B. Spies

(reds.), South Africa in the 20th Century, p. 279; B. M. Schoeman, Parlementêre verkiesings in

Suid-Afrika: 1910 – 1976, p. 297.; O. Terblanche (red.), Uitenhage 200: 1804 – 2004, p. 188.

12

as een van die beste senters ooit in wêreldrugby geag. 12 Rudi Koertzen is ʼn

wêreldbekende krieketskeidsregter en is een van slegs twee skeidsregters ter

wêreld om in meer as 150 toetswedstryde op te tree. 13

I.I. Die navorsingsprobleem

ʼn Nuwe metropolitaanse munisipaliteit het in Desember 2000 tot stand gekom.

Metropolitaanse munisipaliteite of rade word volgens seksie 2 van die Wet op

Munisipale Strukture (nr. 117) van 1998 georganiseer. Die Nelson Mandela

Metropool is ʼn kategorie A munisipaliteit, wat ook bekend staan as ʼn “unicity” of ʼn

“megacity” (megastad). Volgens die bogenoemde wet is ʼn megastad:

a) “A conurbation featuring areas of high population density and intensive

movement of people and goods and services, expensive development

multiple business districts and industrial areas;

b) A centre of economic activity with a complex and diverse economy;

c) A single area for which integrated development planning is desirable;

d) Which has a strong interdependent social and economic linkage between

its constituent units.” 14

Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch het gevolglik opgehou om as outonome

munisipaliteite te bestaan en die Nelson Mandela Metropolitaanse Munisipaliteit

is gebore.

12 C. Schoeman, Danie Gerber: Maestro of the Midfield, p. 9.

13 Die Burger, 20 April 2006.

14 W. Zyabrands, 2006. Government and Politics in the New South Africa, p. 136.

13

In vergelyking met die geskiedenis van Despatch, is die geskiedenisse van Port

Elizabeth en Uitenhage is relatief goed nagevors en bestudeer. 15 Despatch is

onder-bestudeer en bykans geen akademiese ondersoek is oor Despatch

gedoen nie. Die navorsingsprobleem is dat daar bykans geen akademiese

ondersoek oor Despatch bestaan nie. Die hoofdoel van die studie is om ʼn

histories-gesentreerde navorsing, wat die geskiedenis van Despatch

dokumenteer, voor te lê. Sodoende sal ʼn meer holistiese beeld van die Nelson

Mandela Metropolitaanse Munisipaliteit verkry word.

Dit is belangrik dat die geskiedenis van Despatch gedokumenteer word omdat dit

ʼn belangrike rolspeler binne die raamwerk van die Nelson Mandela Metropool is.

Despatch is ʼn “slaapdorp” waar ʼn groot gedeelte van die bevolking van die

Nelson Mandela Metropool woon. Alhoewel die inwoners in Port Elizabeth en

Uitenhage werksaam is, is Despatch hulle permanente woning. Indien die

geskiedenis van die Nelson Mandela Metropool as ʼn geheel verstaan en binne

die breër Suid-Afrikaanse raamwerk gekontekstualiseer wil word, moet die studie

plaasvind. Totdat die geskiedenis van Despatch wetenskaplik nagevors en

gedokumenteer is, is die geskiedenis van die hele metropool onvolledig. Dit is

dus noodsaaklik dat hierdie studie onderneem word aangesien die pre-1995

geskiedenis van die Nelson Mandela Metropolitaanse Munisipaliteit meer volledig

voltooi sal word in die belang van die algemene geskiedenis.

15 M. Harradine, 1996. Port Elizabeth: A Social Chronicle to the end of 1945, E. K. Lorimer, 1971.

Panorama of Port Elizabeth; D. Robbinson and P. Ayers, 1995. Port Elizabeth and environs; J.

J. Redgrave, 1947. Port Elizabeth in Bygone Days; G. F. Baines, 2002. A History of New

Brighton, Port Elizabeth, South Africa 1903 – 1953: The Detroit of the Union; O. Terblanche

(ed), 2004. Uitenhage 200: 1804 – 2004; A. P. Smit, Ligbaken aan die Swartkops: N.G. Kerk

Uitenhage 1817 – 1967.

14

II. Literatuur Oorsig

II.I Teoretiese oorwegings rakende die studie van die geskiedenis

van ʼn stedelike gebied

Om die geskiedenis van enige stedelike nedersetting of gebied na te vors is nie

net in die belang van die algemene geskiedenis nie. Stadsbeplanners en

beleidmakers maak gebruik van stadsnavorsing, insluitend die geskiedenis van ʼn

nedersetting, om toekomstige beleidsrigtings vas te stel en planne te beraam.

Tim Blackman verklaar dat:

“Urban policy has become increasingly complex, faced with many

diverse needs, pressure on resources and expectations that

outcomes are measured and evaluated. Research is therefore an

important component of good urban policy.” 16

Edgar Rose stel verder dat: “[t]he future directions for the management of

urban affairs once again stand at the cross roads. New demands call for

new responses.” 17 Menslike nedersettingspatrone het verander en met

die koms van die metropool word stadsbeplanners belas om nie slegs vir

die onmiddellike nie, maar ook vir die toekoms te beplan. Hierdie feit is

van toepassing op Suid-Afrika. Nedersettingspatrone in Suid-Afrika het

verander en dus is daar nuwe uitdagings wat daarmee saamval. 18 Indien

stadsbeplanners van die Nelson Mandela Metropool nuwe uitdagings wil

oorkom deur goeie beleide te implementeer, is dit belangrik dat hulle van

16 T. Blackman, 1995. Urban Policy in Practice, p. 166.

17 E. Rose, 1986. New Roles for Old Cities: Anglo-American Perspective on Declining Urban

Regions, p. 12.

18 P. Harrison, A. Todes and V. Watson, 2008. Planning and transformation: learning from the

post-apartheid experience, pp. 5 – 7; 125.

15

die geskiedenisse van al die lede van die Nelson Mandela Metropool

bewus is, insluitend Despatch.

Rose is van mening dat die oplossings vir hierdie uitdagings, onder andere, in die

geskiedenis van ʼn nedersetting gevind kan word. Sy argument is dat: “Our

concern […] with cities in change and our speculation for future arrangements is

profitably rooted in the past.” 19 Stadsbeplanners en beleidmakers maak gebruik

van die betrokke nedersetting se geskiedenis om beleidsrigtings oor ontwikkeling

te bepaal. Ewe belangrik vir die stadsbeplanner is die algemene geskiedenis

van die nedersetting om die kultuur van die nedersetting en die burger-identiteit

van die inwoners te verstaan. Aangesien Despatch ʼn sterk Afrikaner-karakter

het, kan dit ʼn groot rol onder die inwoners van Despatch speel of hulle nuwe

beleide wat deur die NMMU geformuleer word aanvaar of verwerp.

Bassett et al stel dit: “In parallel to arguments that link culture and economic

development, large claims have also been made for culture‟s contribution to

urban social cohesion and civic identity”. 20

Kultuur, en dus die geskiedenis van ʼn nedersetting, sal bepaal watter

beleidsrigtings vir die een etniese groep aanvaarbaar is, maar nie vir ʼn ander

etniese groep nie. Aangesien Suid-Afrika, vanweë die land se kulturele

diversiteit, as die “Reënboognasie” bekend staan, is die geskiedenis en kultuur

van ʼn nedersetting iets wat Suid-Afrikaanse stadsleiers in ag moet neem.

Vanweë die kosmopolitiese samestelling van die Nelson Mandela

Metropolitaanse Munisipaliteit is bogenoemde van toepassing op die metropool

19 E. Rose, 1986. New Roles for Old Cities: Anglo-American Perspective on Declining Urban

Regions, p. 12.

20 K. Bassett, I. Smith, M. Banks and J O‟Connor, “Urban Dilemmas of Competition and

Cohesion in Cultural Policy.” In: N. Buck, 2005. Changing Cities: Rethinking Urban

Competitiveness, Cohesion and Governance, p 132.

16

II.II Wêreldwye navorsing oor stedelike gebiede

Menigte akademici het al die geskiedenis van prominente stedelike gebiede

nagevors. In sy boek, William Dorsey's Philadelphia and Ours, skets Lane die

swart Amerikaner se slawerny ervaring deur die geskiedenis van een stad,

Philadelphia te ondersoek. Hy identifiseer dat stedelike geskiedenis ʼn

verbeterde begrip van moderne projekte en moderne probleme binne die

betrokke stedelike gebied kan verleen. Deur die geskiedenis van die stedelike

gebied te verstaan, kan beleidsmakers moontlike probleme voorkom omrede

hulle sal wat vir sekere etniese groepe aanvaarbaar sal wees en wat nie. 21

ʼn Senior lektor in geskiedenis aan die Thames Valley Universiteit in Engeland,

Stephan Inwood, het die geskiedenis van Londen in sy geheel ondersoek. In sy

boek, A History of London, begin Inwood sy navorsing met die jare wat die

stigting van Londen voorafgegaan het – toe die nedersetting slegs ʼn Romeinse

grenspos was. Voorts ondersoek hy die stigting van Londen en vroeë sosiale en

politieke strukture voordat hy die geografiese ligging en die voordele wat die

geografiese ligging vir die nedersetting ten opsigte van handel en besighede

inhou, ontleed. Verder ondersoek Inwood die sosiale, godsdienstige, kulturele

en intellektuele aspekte van Londen. 22

Suid-Afrikaanse stede is op die drumpel van verandering. Hierdie situasie lei

daartoe dat die geskiedenisnavorser die geleentheid het om tot die

verstaanbaarheid van die nuwe Suid-Afrikaanse stad by te dra. Die nuwe Suid-

Afrikaanse stad is gedwing om te verander om by veranderde ekonomiese,

21 R. Lane, 1991. William Dorsey's Philadelphia and Ours: On the Past and Future of the Black

City in America, pp. 5 – 35.

22 S. Inwood, 1999. A History of London.

17

sosiale, kulturele en politieke omstandighede in te skakel. 23 Despatch is deel

van so ʼn nuwe Suid-Afrikaanse stad - die Nelson Mandela Metropool.

II.III. Die geskiedenis van stedelike gebiede in Suid-Afrika

Die verandering na ʼn demokratiese regering in Suid-Afrika in 1994 het ook ʼn

verandering in stedelike studies meegebring. Gary Baines verduidelik:

“Since 1994 numerous new sites of memory have been

commissioned to remember aspects of South Africa‟s reconfigured

past. These include national, local and community-based public

history projects. Certain of these, especially battle sites, memorials

and monuments, have sought to promote nation building by

emphasizing a shared rather than a conflictual past. Others have

celebrated ethnic-nationalist history. Still others have focused on

telling the stories of local communities but have inserted these

within the master narrative of struggle history.” 24

Stadsname is verander om ʼn bewys van toewyding tot die ontstaan en bou van ʼn

nuwe en demokratiese Suid-Afrika te lewer. Gevolglik is nuwe nedersettings

deur die kategorie A munisipaliteite geskep. 25 Die spesifieke geval van

ondersoek vir hierdie studie is die Nelson Mandela Metropolitaanse Munisipaliteit

met die klem wat op Despatch val, wat deel van hierdie megastad is.

Die geskiedenis van Despatch is nog nie ten volle nagevors nie. Daar is geen

omvattende, verkennende akademiese publikasie rakende die stigting van die

dorp en die geskiedenis van die munisipaliteit van Despatch tydens sy vyftig-

23 B. Freund, 2007. The African City: A History, p. 171.

24 G. Baines, “The Politics of Public History in Post-Apartheid South Africa” Internet site:

academic.sun.ac.za/history/news/baines_g.pdf.

25 W. Zyabrands, 2006. Government and Politics in the New South Africa, p. 136.

18

jarige bestaan nie. Hierdie studie beoog om hierdie leemte in die geskiedenis

van die Nelson Mandela Metropool aan te vul.

Die mens het al vir oor die vyfduisend jaar die stad as ʼn lewenssentrum gebruik.

Alhoewel die metropool ʼn relatiewe nuwe fenomeen is, sal die metropool die

dominante en verkose woongebied word waarin mense woon. 26 Blumenfeld

meen dat die moderne stad “has undergone a qualitative change, so that it is no

longer merely a larger version of the traditional city but a new and different form

of human settlement.” 27 Die Nelson Mandela Metropolitaanse Munisipaliteit is

een van hierdie moderne stede.

Tydens ʼn studie oor die aard en belangrikheid van metropole deur Quinn meld

hy: “an understanding of our cities is basic to an understanding of our culture.” 28

Indien ʼn persoon die kultuur, en by implikasie die geskiedenis, van die Nelson

Mandela Metropool wil verstaan, moet ʼn studie rakende al die dorpe en stede

wat voorheen onafhanklik gefunksioneer het maar wat tans saam funksioneer om

die nuwe metropool te vorm, onderneem word.

ʼn Aantal studies is al oor Port Elizabeth en Uitenhage gedoen. Harradine het die

sosiale geskiedenis van Port Elizabeth tot en met 1945 ondersoek. Lorimer en

Robbinson et al skets ʼn oorsigtelike geskiedenis van Port Elizabeth vanaf 1800

tot 1990. Redgrave ondersoek Port Elizabeth tydens die Britse Setlaars-era,

terwyl Baines die geskiedenis van een van die oudste informele nedersettings,

New Brighton, weergee.

Professor Otto Terblanche verdiep hierdie geskiedenis van die Nelson Mandela

Metropool met ʼn omvattende geskiedenis van Uitenhage vanaf 1804 tot en met

26 L. Rodwin, 1960. The Future Metropolis, p. 9.

27 H. Blumenfeld, 1967. The Modern Metropolis: Its Origin, Growth, Characteristics and Planning,

p. 61.

28 J. A. Quinn, 1955. Urban Sociology, p. vii.

19

2004. Ds. A. P. Smit ondersoek die ontstaan en die ontwikkeling van die NG

Kerk op Uitenhage. 29

Dit is duidelik dat die geskiedenis van Port Elizabeth en Uitenhage goed

gedokumenteer is. Die enigste leemte in die geskiedenis van die Nelson

Mandela Metropolitaanse Munisipaliteit is die geskiedenis van Despatch – iets

wat hierdie studie poog om aan te vul by dit wat reeds bestaan.

III. Navorsingsdoelwitte

III.I Primêre Doelwitte

1. Wat was die bydraende faktore wat gelei het tot die stigting van

Despatch? Hierdie vraag vereis ʼn studie van die redes wat gelei het

tot die stigting van Despatch om sodoende die rasionaal en motief vir

die stigting van Despatch te vind. Despatch het ʼn besonder sterk

Afrikaner-identiteit wat bydra tot die uniekheid van die dorp. Die sterk

Afrikaner-identiteit is die gevolg van die bemarkingsveldtog wat deur

die ontwikkelaars onderneem is voordat munisipale status in 1945

toegeken is. Die ontwikkelaars het die dorp as “ʼn toevlug vir die

Afrikaner” bemark. 30 Voorlopige navorsing dui daarop dat die

teikenmark vir die ontwikkelaars die arm Afrikaners was wat gedwing

was om te verstedelik vanweë die Groot Depressie en die

29 M. Harradine, 1996. Port Elizabeth: A Social Chronicle to the end of 1945, E. K. Lorimer, 1971.

Panorama of Port Elizabeth; D. Robbinson and P. Ayers, 1995. Port Elizabeth and environs; J.

J. Redgrave, 1947. Port Elizabeth in Bygone Days; G. F. Baines, 2002. A History of New

Brighton, Port Elizabeth, South Africa 1903 – 1953: The Detroit of the Union; O. Terblanche

(ed), 2004. Uitenhage 200: 1804 – 2004; A. P. Smit, Ligbaken aan die Swartkops: N.G. Kerk

Uitenhage 1817 – 1967.

30 Die Oosterlig, 20 Junie 1941.

20

daaropvolgende verlies aan werke op die platteland. 31 Goedkoop

behuising is op Despatch beskikbaar gestel en die nabygeleë Port

Elizabeth en Uitenhage het werksvooruitsigte vir die arme plattelandse

Afrikaners gegee.

2. Hoe het die sosiale, godsdienstige en politieke strukture op die dorp

ontwikkel en wat was die inpak hiervan op Despatch tydens 1945 -

1995? Hierdie oogmerk sal ʼn studie van die dorpsbestuur,

godsdienstige ontwikkeling, sportklubs en informele nedersettings

behels. Al die bogenoemde is kern-elemente vir die mens as sosiale

wese en het gevolglik ʼn bydrae tot die geskiedenis van die gebied

gelewer.

III.II Sekondêre Doelwitte

1. Wat het Despatch ten opsigte van plaaslike, nasionale en

internasionale nalatenskap bygedra? Die Despatch-skoorsteen, wat

gedurende die steenmaak-jare gebruik was, is een van slegs drie

skoorstene ter wêreld wat tydens die Industriële Revolusie, met die

besondere ontwerp, gebou is en wat vandag nog staan. 32 Die

Algoasaurus is ook naby die skoorsteen gevind. 33

2. Hoekom het Despatch as dorp so vinnig gegroei, alhoewel daar reeds

bestaande stedelike sentra soos Port Elizabeth en Uitenhage so naby

aan Despatch geleë is?

31 Official application lodged with the Administrator of the Cape of Good Hope on behalf of

misters Pagden and Christian (Estate of Mr. P. B. Botha) for the establishment of the township

of Manor Heights 1, 26 May 1937.

32 Faks van Ivon Huisman and Accosiates aan die Despatch museum , 31 Maart 2005.

33 Bayworld Museum, Port Elizabeth.

21

IV. Navorsingsmetodiek

IV.I Teorie en Metodiek

Die studie gebruik die Kritiese Teoretiese Model. Guba en Lincoln (1994: 8) stel

dat hierdie model mees geskik is vir navorsing in geskiedenis. Die studie sal ʼn

ontdekking wees aangesien die navorsingsonderwerp, Despatch, nie voorheen

breedvoerig ondersoek is nie. Vir hierdie doel sal ʼn kwalitatiewe benadering

gebruik word. 34 Volgens Bliss et al is ʼn kwalitatiewe navorsingsbenadering die

beste geskik indien die onderwerp van die studie relatief nuut is. Verder voeg

Bliss et al by dat die studie verkennend sal wees omrede daar min akademiese

ondersoeke oor die onderwerp is. 35 Aangesien Despatch die onderwerp van die

studie is en geen akademiese navorsing oor hierdie onderwerp bestaan nie, is

die kwalitatiewe navorsingsbenadering die beste geskik vir die doel van hierdie

studie. Die studie sal ook verkennend in natuur wees. Verder sal die studie sal

grootliks ʼn individualistiese studie wees om die fokus op die geskiedenis van

Despatch te plaas. Slegs die geskiedenis van Despatch soos in die

voorgestelde temas sal nagevors word.

De Vos et al verklaar: “Historical-comparative research is [best] suited for

examining the combinations of social factors that produce a specific outcome.” 36

Die studie sal ook die faktore ondersoek wat Despatch verhinder het om tot die

grootte van Port Elizabeth en Uitenhage te groei. Vir hierdie doel sal ʼn

“historical-comparative” navorsing gedoen word wat die navorser in staat sal stel

om die unieke faktore in die geskiedenis van Despatch te isoleer en vas te stel

34 E. Babbie and J. Mouton, 2006. The Practice of Social Research, pp. 79 – 84.

35 C. Bliss, C. Higson-Smith and A. Kagee, 2006. Fundamentals of Social Research Methods: An

African Perspective, pp. 43 – 44.

36 A. S. de Vos, H. Strydom, C. B. Fouchè, and C. S. L. Delport, 2005. Research at Grass Roots:

For the Social Sciences and Human Service Professions, p. 420.

22

hoekom die dorp nie verder gegroei het in vergelyking met Port Elizabeth en

Uitenhage nie.

Die studie sal die sosiale faktore en omstandighede ondersoek wat gelei het tot

die stigting en ontwikkeling van sosiale strukture in Despatch. Hierdie strukture

sluit die volgende in: godsdiens, sosiale netwerke, plaaslike regering, onderwys

en ontspannings- en sportklubs en instansies. Die invloed van hierdie strukture

op die stigting van Despatch en die bydrae daarvan tot die ontwikkeling en groei

van die munisipaliteit van Despatch sal ondersoek word. Despatch is bemark as

ʼn toevlug vir die arm Afrikaner wat op die platteland woonagtig was. Dus sal die

studie historiese navorsing as sy metodologie gebruik.

IV.II Metodes en Tegnieke

IV.II.I Dokumentere bewyse en dataversameling

Die oorgrote meerderheid van die navorsing van hierdie projek sal primêre

bronne behels: regeringsdokumente, argivale bronne, koerante soos Die Burger,

Die Oosterlig, Oosterlig, The Eastern Province Herald, The Herald, The

Uitenhage Times en die UD News en semi-gestruktureerde onderhoude. 37 Die

regeringsdokumente is amptelike korrespondensie tussen plaaslike, provinsiale

en nasionale regeringstrukture, notules van stadsraadvergaderings en amptelike

verslae van die burgemeesters van Despatch.

Argivale bronne vir hierdie studie bestaan uit kerkraadsnotules,

skoolraadsnotules en sosiale- en ontspanningsklubs en kultuurliggame se

vergaderingsnotules. Hierdie argivale bronne is te vinde in die kantoor van die

burgemeester op Despatch, die Despatch munisipale kantore, die argief van die

Despatch Museum en die argiewe van die NG Kerk-gemeentes op Despatch.

37 G. J. Garraghan, 1957. A guide to Historical Method, p. 107.

23

Semi-gestruktureerde onderhoude sal gevoer word totdat data-versadiging

bereik word.

Hierdie dokumente sal bestudeer word vir die doel om ʼn “historical-comparative”

analise te doen en dus sal die studie die metode van dokument-studie as ʼn

dataversamelings metode gebruik. Die aard van hierdie dokumente is:

persoonlik, amptelik, die pers en koerante en argivale materiaal en daarom is

dokument-studie die mees aangewese om die data wetenskaplik te evalueer. 38

Neumann verklaar dat dit voordelig is om dokument-studie as ʼn

dataversamelings metode tydens ʼn kwalitatiewe studie te gebruik aangesien die

data “non-reactive” is en die data ʼn “inaccessible subject” is. Die bogenoemde

bronne sal bestudeer, geëvalueer, gekatalogiseer, gekategoriseer en skriftelik

saamgestel word deur die navorser om ʼn holistiese “prentjie” van die stigting van

Despatch en die geskiedenis van die dorp se eerste vyftig jaar as ʼn munisipaliteit

te verkry.

Die Despatch biblioteek, die Despatch munisipale kantore en die Nelson

Mandela Metropolitaanse Universiteit se Suid-kampus biblioteek huisves die

oorgrote meerderheid van die data wat benodig word vir ʼn suksesvolle studie. In

die kantore van die Despatch munisipaliteit word die

stadsraadvergaderingnotules, agendas en amptelike korrespondensie vir die

tydperk 1945 – 1995 gehuisves. Regeringsdokumentasie rakende die stigting

van Despatch is beskikbaar vir die studie. Algemene korrespondensie van die

administratiewe liggame van Despatch, soos die stadsraad, die

burgemeesterskantoor en die plaaslike munisipale kantore word almal op lêer in

die Despatch munisipale kantoor bewaar. Hierdie dokumente sal gebruik word

vir die doel van hierdie studie. Verder sal die Despatch museum en koerante,

Die Burger, Die Oosterlig, Oosterlig, UD News, The Eastern Province Herald en

The Herald (vanaf 1945 tot 1995), verder as databronne gebruik word. Die

koerante het oor die meeste van die belangrike gebeure van die dorp se

38 L. Neuman, 2006. Social Research Methods: Qualitative and Quantitative Approaches, p. 315.

24

geskiedenis berig. Tesame met die staatsargief in Port Elizabeth sal die

gemeentelike argiewe van die NG Kerke in Despatch bestudeer word.

Al die bogenoemde data is beskikbaar en toeganklik. Die navorser sal die data

versamel, kategoriseer en analiseer om ʼn holistiese beeld van die verkennende

geskiedenis van Despatch weer te gee. Die meeste van die bogenoemde

databronne is primêre bronne en sal dus ʼn sterk grondslag vir die studie bied. 39

Historiografie sal deur hierdie studie gebruik word as die dataversamelings

metode. De Vos et al verduidelik dat: “historiography is the method of […]

gathering and analysing historical evidence.” 40 Verder verduidelik hy dat

navorsers hoofsaaklik gebruik maak van vier vorms van geskiedkundige

bewysstukke: primêre bronne, sekondêre bronne, lopende rekords en

herinnerings. Hierdie studie sal gebruik maak van primêre bronne en lopende

rekords soos notules en koerante. Leedy groepeer die bogenoemde bronne as

primêre bronne. 41

IV.II.II Mondelinge oorlewering

Die doel van die onderhoude is om ʼn in diepte insig oor spesifieke temas rondom

die geskiedenis van Despatch en sy bestaan as ʼn munisipaliteit te verkry.

Charlton et al stel dat: “an expert in the field under consideration brings to the

research a level of background experience that time and resources probably

would not permit.” 42 Vyf tot agt respondente sal doelbewus uitgesoek word. Die

39 P. D. Leedy and J. E. Ormond, 2001. Practical Research. Planning and Design, pp. 172 –

173.

40 A. S. de Vos, H. Strydom, C. B. Fouchè, and C. S. L. Delport, 2005. Research at Grass Roots:

For the Social Sciences and Human Service Professions, pp. 430 – 431;

41 P. D. Leedy and J. E. Ormond, 2001. Practical Research. Planning and Design, pp. 172 –

173.

42 T. L. Charlton, L. E. Myers and R. Sharpless, 2007. History of oral history: foundations and

methodology, p. 111.

25

espondente word as spesialiste en kenners in sekere aspekte van die

geskiedenis van Despatch geag. Twee van die respondente was jong mans,

onderskeidelik 17 en 21 jaar oud, toe Despatch munisipale status in 1945

ontvang het. Hulle ervarings tydens die stigtingsjare van Despatch sal van groot

waarde vir die studie wees. Die ander respondente was vir meer as dertig jaar

betrokke by die bestuur van die munisipaliteit. Richie (2003) bevestig die

belangrike rol van die laasgenoemde respondent deur te stel dat: “an oral history

helps to interpret and define written records.” 43

Die onderhoude sal semi-gestruktureerd wees om die respondent die vryheid te

bied om sy ervarings openlik te deel en sodoende sal ʼn dieper insig verkry word

oor die geskiedenis van Despatch. 44 Semi-gestruktureerde onderhoude

veroorsaak dat die dialoog meer vloeibaar is terwyl die fokuspunt tog die gesprek

in die regte rigting stuur. 45 Die navorser sal die onderhoude administreer en ʼn

skriftelike weergawe behou. Hiervoor sal ʼn skootrekenaar en diktafoon gebruik

word. Die onderhoud sal op ʼn plek plaasvind waar die respondent op sy

gemaklikste voel om sy ervarings te deel. Dit is nodig om die onderhoude te

voer sodat die inligting wat tydens die dokumentstudie verkry is in konteks

geplaas kan word.

Etiese aspekte is in ag geneem. Die respondente sal anoniem bly indien hy of sy

dit so verlang. Anonimiteit sal gewaarborg word deur die respondent te

kategoriseer as Respondent 1, ensovoorts. Die respondent mag enige tyd uit die

onderhoud onttrek sonder enige nagevolge of boetes. Daar is geen

voorsienbare skade vir die respondente as gevolg van hulle deelname aan die

studie nie.

43 D. A. Richie, 2003. Doing oral history: A practical guide, p. 118.

44 A. S. de Vos, H. Strydom, C. B. Fouchè, and C. S. L. Delport, 2005. Research at Grass Roots:

For the Social Sciences and Human Service Professions, pp. 292 – 293.

45 M. B. Davies, 2007. Doing a successful research project, p. 156.

26

IV.III Data Analise

Hierdie studie sal gebruik maak van inhoudsanalise as ʼn metode om die inligting

te kategoriseer. Volgens Babbie, is hierdie die metode van voorkeur wanneer

data wat geskryf is vir die doel van kommunikasie geanaliseer word. 46

Aangesien al die data vir die doel van kommunikasie geskryf is (notules,

koerante, gedenkblaaie ens.) is hierdie metode die mees geskikte vir die aard

van die studie.

Neumann verduidelik dat indien ʼn navorser ʼn kwalitatiewe ondersoek loods,

word ʼn tweevoudige benadering genoodsaak. Data word geanaliseer by die

dataversamelings perseel en dan weer weg van die dataversamelings perseel.

Vir hierdie doel is die “grounded theory” benadering die mees geskikte om die

data te analiseer. Hierdie benadering maak voorsiening vir drie tipes van

kategorisasie, naamlik “open coding,” “axial coding” en “selective coding.”

Tydens die insameling van die primêre data sal die navorser van “open coding”

en “axial coding” gebruik maak om die data te kategoriseer en analiseer. Dit sal

gedoen word deur die data in voorafbepaalde temas, soos die pre-munisipale

jare, stigting van die munisipaliteit, sosiale, politieke en kulturele organisasies te

orden. Wanneer die navorser weg van die dataversamelings perseel is, sal

“selective coding” gebruik word om die data in kronologiese en narratiewe temas

te plaas (sien VI hieronder).

Die studie maak gebruik van reeds gepubliseerde boeke oor Port Elizabeth en

Uitenhage om vas te stel onder watter moontlike temas die data gekategoriseer

kan word. Die data wat tydens die onderhoude versamel sal word, sal

geanaliseer word deur oorkoepelende patrone en temas te identifiseer.

Wanneer die navorser weg van die onderhoudsplek is, sal die stemopnames

getranskribeer word en met kleur-kategorisasie georden word.

46 E. Babbie, 1998. The Practice of Social Research, p. 308.

27

V. Tekortkominge in die studie

Die studie fokus slegs op die geskiedenis van die wit Afrikaanssprekende-

gemeenskap van Despatch. Die geskiedenis van die Engels-sprekende-

gemeenskap, asook die bruin- en swart-gemeenskappe word nie bespreek nie.

Alhoewel die studie die wit Afrikaanssprekende-gemeenskap bestudeer, word

slegs die sosiale, politieke en godsdienstige instellings van die

Afrikaanssprekende-gemeenskap bespreek. Slegs die Nederduits

Gereformeerde Kerk op Despatch word ondersoek. Die ekonomiese

ontwikkeling van Despatch nie in die lig bespreek nie.

Daar word geen analise van die geografiese voordele wat die gebied inhou vir

menslike nedersetting gedoen nie. Die sosiale omstandighede en ekonomiese

bedrywighede van die inwoners van Despatch word ook nie bespreek nie. ʼn

Toekomstige argivale ondersoek oor die leemtes van hierdie studie is moontlik.

VI. Voorgestelde temas

Hoofstuk 1 – Despatch voor sy stigting

Hierdie hoofstuk sal die Botha en Perseverance plase ondersoek. Beide hierdie

plase is onderverdeel in erwe wat verkoop is om die dorp Despatch te stig. Die

studie sal verder ook die steengroef ondersoek. Die steengroef was ʼn belangrike

rolspeler in die vroeë geskiedenis van Despatch en daar word geglo dit is die

rede waarom die naam “Despatch” aan die nuwe nedersetting gegee is. Die

oorsprong van die Despatch skoorsteen en die Algoasaurus sal ook in hierdie

hoofstuk ondersoek word en hulle belangrikheid ten opsigte van ons plaaslike,

provinsiale en nasionale nalatenskap aangedui word.

28

Hoofstuk 2 – Die stigting van Despatch, 1 Julie 1945

Hierdie hoofstuk se primêre fokus sal die oorgang van Despatch as ʼn dorpgebied

tot ʼn munisipaliteit wees. Dus sal die fokus op die eerste burgemeester en die

stadsadministrasie, die sensus van 1945, kartografie en algemene

dorpsgeskiedenis sedert 1945 wees.

Hoofstuk 3 – Dorpsontwikkeling

Die primêre fokus van hierdie hoofstuk is die ontwikkeling van Despatch as ʼn

dorp. Dus sal die burgemeesters van Despatch, die verdere ontwikkeling van

Despatch as dorpsgebied, die dorpswapen en leuse en die ontwikkeling van

basiese dienste ondersoek word. Ook word die amalgamasie van Perseverance

in Despatch en die daaropvolgende naamsverandering-saga ondersoek.

Sensusstatistieke vanaf 1946 – 1991 word ook hier geanaliseer.

Hoofstuk 4 – Die Nederduitse Gereformeerde Kerk op Despatch

Aangesien Despatch ʼn Afrikaner gedomineerde gemeenskap is, het die NG Kerk

ʼn belangrike rol op die dorp gespeel. Hierdie hoofstuk sal beoog om die stigting

van die Bothasrus-gemeente te ondersoek en die daaropvolgende groei van die

NG Kerk op Despatch. Die rol van die NG Kerk op Despatch sal ook ondersoek

word.

Hoofstuk 5 – Onderwys

Hierdie hoofstuk handel oor die ontwikkeling van die onderwys op Despatch.

Dus sal die fokus wees op die stigting van die eerste skool, die ontwikkeling van

onderwys op primêre skoolvlak en die stigting van die Hoërskool Despatch.

29

Hoofstuk 6 – Rugby en Sportpersoonlikhede

Die geskiedenis van die Despatch-rugbyklub sal ondersoek word. Menigte

sportmanne is afkomstig van Despatch. Danie Gerber, Rassie Erasmus, Rudi

Koertzen en Brian Jerling is almal van Despatch afkomstig en die dorp is beslis

trots op hulle. Die Despatch museum het ʼn permanente uitstalling vir hierdie

sportmanne.

Hoofstuk 7 – Politiek en Kultuur

Aristotle het dit gestel dat man is by nature a political animal. Die geskiedenis

van partypolitiek en die ontwikkeling daarvan sal in hierdie hoofstuk bestudeer

word tesame met die verkiesingsuitslae vanaf 1948 – 1994.

Om die geskiedenis van Despatch breedvoerig te behandel sal die Afrikaanse

kultuurliggame en feeste ondersoek word. Voorlopige studie dui daarop dat

Despatch oor ʼn ryke kultuurgeskiedenis beskik.

Hoofstuk 8 – Informele Nedersettings

As gevolg van die aard van apartheid is informele nedersettings ʼn karaktertrek

van alle Suid-Afrikaanse dorpe en stede. Hierdie hoofstuk sal die ontstaan en

ontwikkeling van die informele nedersettings buite Despatch ondersoek. Die

stryd teen apartheid sal ook ondersoek word.

30

Opsomming / Abstract

Hierdie studie se fokus sal op die geskiedenis van die wit Afrikaanssprekende-

gemeenskap van Despatch vanaf 1945 – 1995 wees. Na die totstandkoming van

die eerste demokratiese regering in Suid-Afrika in 1994, is prosesse begin wat

die stadsgrense van stede in Suid-Afrika sou verander. As gevolg hiervan staan

Pretoria en die omliggende gebiede as Tswane bekend, terwyl Port Elizabeth,

Uitenhage en Despatch verander het in die Nelson Mandela Metropolitaanse

Munisipaliteit. Alhoewel die NMMM amptelik eers in 2000 gestig is, het die

proses van verandering reeds in 1995 begin. Hierdie proses het de facto die

outonomiteit van Despatch beëindig. Despatch is een van die jongste stede in

Suid-Afrika (wat reg langs een van die oudste stede in Suid-Afrika geleë is –

Uitenhage). Die lewensduur van die munisipaliteit van Despatch was kort en het

slegs uit vyftig jaar bestaan.

Reeds voor die amptelike stigting van Despatch as dorp, het die nedersetting ʼn

groot invloed op die Port Elizabeth / Uitenhage omgewing gehad. Die steengroef

wat lands die oewer van die Swartkopsrivier gestig is, was indertyd een van die

mees moderne steengroewe in Suidelike-Afrika. ʼn Hoë gehalte steen is hier

vervaardig waarmee ʼn verskeidenheid geboue in Port Elizabeth en Uitenhage

gebou is. Despatch is verantwoordelik vir twee plaaslike, nasionale en

internasionale nalatenskappe. Eerstens is die skoorsteen wat tydens die

steenvervaardigingstydperk vroeg in die 1900‟s gebruik is, een van slegs drie ter

wêreld wat volgens die unieke boustyl gebou is en wat steeds staande is. Die

skoorsteen is tydens die Industriële Revolusie gebou. Tweedens is die

Algoasaurus, die Nelson Mandela Baai se eie dinosourus, naby die steengroef

gevind.

Die ontwikkeling van Despatch is merkwaardig omdat die dorp besonder vinnig

gegroei het, veral as in ag geneem word dat twee groter stedelike gebiede reg

langs Despatch geleë is.. Die dorp spog ook met vier laerskole en ʼn hoërskool.

31

Verder het die dorp ses Nederduitse Gereformeerde Kerk-gemeentes.

Kultuuraktiwiteite op Despatch is volop. Die ontwikkeling van Despatch het ook

gesorg vir die ontwikkeling van die Despatch rugbyklub, wat op sy beurt weer

talle spelers van internasionale standaard opgelewer het. Danie Gerber en

Rassie Erasmus is albei afkomstig van Despatch. Die wêreldbekende

krieketskeidsregter, Rudi Koertzen, is ook ʼn Despatcher.

Die kulturele bedrywighede op Despatch is kensketsend van die sterk Afrikaanse

karakter van die dorp. Die sterk Afrikanerkarakter van Despatch word uitgebeeld

in die vieringe van feeste soos Heldedag, Dingaansdagfeeste, Van

Riebeeckdagfeeste, Heldeaande, Volkspele en Geloftedagfeeste. Kultuurfeeste

is reeds van 1930 op Despatch gehou.

The focus of this study will be on the history of the white Afrikaans speaking

community of Despatch from 1945 – 1995. After the inauguration of the

democratic government in South Africa, processes that changed the boundaries

of the cities were set in motion. Consequently, Pretoria and surrounding cities

became known as Tswane, whilst Port Elizabeth, Uitenhage and Despatch

became known as the Nelson Mandela Metropolitan Municipality or the NMMM.

Although the NMMM was officially established in 2000, the processes of change

were set in motion in 1995, effectively ending the autonomy of Despatch.

Despatch is one of the youngest towns in South Africa (situated on the doorstep

of one of the oldest towns in South Africa – Uitenhage). The lifespan of the

municipality of Despatch was brief and only comprised 50 years.

Before being granted official municipal status this settlement played a pivotal role

within the Port Elizabeth / Uitenhage area. The brickworks which were founded

on the banks of the Swartkops River was during its time one of the most modern

in Southern Africa. The high quality bricks it produced ensured the erection of a

32

ange of buildings in Port Elizabeth and Uitenhage. Despatch is also responsible

for two items of local, national and international heritage. The chimney which

operated on the brickworks is one of only three chimneys in its design which is

still standing. Also, Nelson Mandela Bay‟s own dinosaur, the Algoasaurus, was

excavated within close proximity to the brickworks.

The development of Despatch is noteworthy in the sense of its rapid growth. The

town also boasts four primary schools and one high school. The town also has

six Dutch Reformed Church congregations. Cultural activities in Despatch are

plentiful. The development of Despatch also ensured the development of the

Despatch rugby club which produced several players of international stature,

amongst them Danie Gerber and Rassie Erasmus. World-renowned cricket

umpire, Rudi Koertzen, also hails from Despatch.

The cultural activities of Despatch is a clear illustration of the strong Afrikaans

identity of the town as portrayed by the “Heldedag”, “Dingaansdagfeeste”, “Van

Riebeeckdagfeeste”, “Heldeaande”, “Volkspele” and “Geloftedagfeeste” festivals

held by the town. As early as 1930 these festivals have been held in Despatch.

33

Hoofstuk 1

Despatch voor sy Stigting

Die geskiedenis van Trekboere, hul plase en al die beproewinge wat hulle moes

deurmaak, is ʼn ryk geskiedenis op sy eie. Dit is egter belangrik om sekere van

hierdie pioniers te noem en hulle omstandighede kortliks te beskryf om sodoende

ʼn beter begrip te verkry oor hoe dit presies gekom het dat mense op Despatch

begin woon het. Die onrus op die destydse Oosgrens van die Kaapkolonie het

ook ʼn belangrike rol gespeel, aangesien dit verhoed het dat enige vorm van

permanente nedersetting ongehinderd gestig kon word. Dit sou dan ook eers na

die stigting van die nuwe distrik Uitenhage in 1804 wees dat die dorpsgebied van

Despatch in ʼn meer permanente patroon begin ontwikkel het. Verder, het die

vroeë steenmakery ʼn besondere groot invloed op Despatch gehad en gevolglik

sal dit ook bespreek word.

1.1 Ooswaartse Migrasie van die Kaapse Trekboere

Die kolonisasie van die binneland van Suid-Afrika het ʼn aanvang geneem met

die stigting van die permanente blanke nedersettings te Stellenbosch

(Eersterivier) in die 1670s, Drakenstein (Bergrivier) in die 1680s en die Land van

Waveren (Tulbagh ) in 1700. Die binnelandse migrasie het nou begin vorm

aanneem. Teen 1711 het landdroste in die Kaap gesag gehad tot by die

Mosselbankrivier en Kuilsrivier. 47 Met die ontwikkeling van veeboerdery in Suid-

Afrika het die migrasie van die blanke setlaars nog meer momentum verkry.

Veeboere was gedurig opsoek na nuwe weivelde en standhoudende water vir

hulle vee. Soos wat die aantal boere en vee toegeneem het, het die boere

47 J. S. Bergh en J. C. Visagie, The Eastern Cape Frontier Zone 1660 – 1980: A Cartographic

guide to Historical Research, pp. 4 – 6.

34

verder die binneland in en langs die kus getrek opsoek na hierdie weivelde en

standhoudende water. Die stelsel van leenplase het ook aan hulle die

geleentheid gebied om ʼn stuk grond as weiveld te gebruik, eers as ʼn tydelike

maatreël maar wat later permanent kon word.

In die begin van die 18de eeu was hierdie migrasie aanvanklik tot ʼn

noordwaartse rigting beperk. Die Trekboere het hulle in die dorre landskap van

die noordwestelike gedeelte van die destydse Kaapkolonie bevind en die

migrasie-patroon het ooswaarts gedraai. Teen 1708 het die Trekboere oos teen

die kuslyn begin migreer en in 1727 het hulle die Breederivier bereik en teen

1729 die Gouritsrivier. Die Groot Brakrivier is in 1730 oorgesteek en die Kaapse

regering was genoodsaak om beter beheer en administrasie oor die Trekboere

wat ooswaarts beweeg het uit te oefen, aangesien daar reeds plase in die

Mosselbaai-area gevestig was. 48 Op 31 Augustus 1745 is die distrik van

Swellendam gestig, wat die area tussen Zoetendals Vlei (Kaap Agulhas) in die

suide, die plaas Tygerhoek by die Hexrivier in die noorde en tot Mosselbaai en

die Groot Brakrivier in die ooste ingesluit het. 49

Die Trekboere het egter steeds meer en meer ooswaarts beweeg. Die Kaapse

owerheid het in 1770 die Gamtoosrivier tot oostelike grensskeiding van die distrik

Swellendam van die Kaapkolonie verklaar en het boere streng verbied om

hierdie rivier oor te steek. Enige boer wat hom nie by hierdie bepaling gehou het

nie, se vee sou gekonfiskeer word. Nietemin, het die eerste blanke boere hulle

omstreeks 1770 op die Perseverance plaas langs die Swartkopsrivier en

omliggende areas in die Oos-Kaap kom vestig. 50 Hulle het deel uitgemaak van

die groep boere onder leiding van Gerrit Scheepers wat die Gamtoosrivier

48 J. S. Bergh en J. C. Visagie, The Eastern Cape Frontier Zone 1660 – 1980: A Cartographic

guide to Historical Research, pp. 4 – 6.

49 H. J. van Aswegen, History of South Africa to 1854, p. 138.

50 UD News, 23 Julie 1992.

35

oorgesteek het opsoek na beter weivelde, vrugbare grond en standvastige

waterbronne.

Dit is dus hoe die eerste blanke inwoners van die Swartkopsvallei hul in die

gebied kom vestig het. Omdat die vallei baie vrugbaar was en dit ʼn ideale

gebied vir boerdery was, het die vroeë inwoners van die Despatch en Uitenhage

gebied groot uitdagings ondervind om die standvastigheid van hulle nedersetting

te verseker. Hulle was geteister deur Xhosas wat die Oosgrens binnegeval het,

hulle vermoor en hulle vee geplunder het. Die Trekboere sou egter mettertyd

hierdie uitdagings oorwin en het permanent in die Swartkopsvallei begin boer.

1.2 Onrus op die Oosgrens verhoed permanente nedersettings

Onrus en geweld op die Oosgrens het die boere se status as permanente

setlaars van die gebied beïnvloed. Alhoewel die boere plase en opstalle gebou

het, het die onsekerheid rakende die blywende instandhouding daarvan as

gevolg van Xhosa-aanvalle ʼn groot werklikheid geword. Dit was veral die Eerste

Grensoorlog (1779 – 1781), die Tweede Grensoorlog (1789 – 1793) en die

Derde Grensoorlog (1799 - 1800) wat hierdie vroeë pioniers bedreig het. Geen

permanente nedersetting sou kon posgevat het indien hierdie risikofaktor nie

eers verwyder was nie. 51

Gerrit Scheepers en andere het verkenningstogte onderneem na die omliggende

areas aan die oostekant van die Gamtoosrivier. Tydens hierdie ekspedisies het

die boere die vrugbare Swartkopsvallei ontdek. Die area was geskik vir die aanlê

van vrugteboorde en het voldoende weiding vir vee gehad en die baie belangrike

standhoudende waterbron was die Swartkopsrivier en die reeks fonteine wat

regoor die gebied te vinde was. Landdros Bresler het in Augustus 1797 ʼn

amptelike ondersoek namens die Britse Regering aan die Kaap van die

51 Hermann Giliomee, The Afrikaners: Biography of a people, pp. 130 – 131.

36

Kaart 1: Die Posisie van Doornkraal, Wagendrift en Rietvlei. 52

52 P. Ffolliot, en E. L. H. Croft, One Titan at a Time, binnekant van die voorblad.

37

Swartkopsvallei onderneem. In sy verslag het hy hierdie vallei as “een van die

aangenaamste in die Kolonie” beskryf. 53

Reeds tussen 1765 en 1766 het Scheepers ooswaarts vanuit die Langkloof

getrek, tesame met die families Ferreira, Keyser, Van Rooyen, Van Vuuren en

Rautenbach. Hierdie Trekboere het hulle in die vrugbare Swartkopsvallei

gevestig, alhoewel die Kaapse proklamasie van 1770 dit duidelik gestel het dat

geen burger die Gamtoos mag oorsteek nie. Ten spyte daarvan het Scheepers

hom in die Swartkopsvallei op sy plaas Rietvallei gevestig. 54 In 1772 is ʼn

weilisensie aan hom toegestaan en het hy dus permanent die plaas besit. 55 Die

plaas het bestaan uit die grondgebied wat vandag Uitenhage is.

Cornelis Johannes van Rooyen het sy plaas in 1770 op die oewers van die

Swartkopsrivier gevestig. Die Perseverance-plaas het aanvanklik bekend

gestaan as Wagendrift (ook soms verwys na as Zwartkopswagendrift) en is in

1772 deur Van Rooyen in besit geneem. Vandag is dit die gebied van

Totteridgepark en omliggende areas. Van Rooyen en sy gesin was dus die

eerste blankes wat hulle in die area van Despatch kom vestig het, aangesien

gedeeltes van Wagendrift vandag deel van die grondgebied van Despatch is. 56

Die woonbuurte Windsorpark en Azaliapark is geleë binne die grense van

Wagendrift.

Johannes Booyse ontvang die plaas Doornkraal op 9 November 1776. 57 Hierdie

plaas is in 1814 deur kol. Jacob Glen Cuyler verkry en Cuyler Manor gedoop. 58

Alhoewel die plaas klein was (1 213morg) in vergelyking met die ander plase

53 P. M. H. Calitz, Die Stigting en Vroeë Geskiedenis van die Distrik Uitenhage (1804 – 1814), p.

22.

54 P. Ffolliot, en E. L. H. Croft, One Titan at a Time, pp. 43 – 44.

55 A. P. Smit, Ligbaken aan die Swartkops: N.G. Kerk Uitenhage 1817 – 1967, p. 5.

56 P. Ffolliot, en E. L. H. Croft, One Titan at a Time, p. 45.

57 P. M. H. Calitz, Die Stigting en Vroeë Geskiedenis van die Distrik Uitenhage (1804 – 1814), p.

5.

58 P. Ffolliot, en E. L. H. Croft, One Titan at a Time, p. 51.

38

van die omgewing 59 , het Cuyler op aansienlike skaal geboer. Reeds in 1814 was

hy in besit van 55 perde, 251 beeste, 445 skape, 28 bokke, drie waens en „n

kar. 60 Hy het ook ses Hottentotte en agt slawe in diens gehad. Hierdie plase is

later onderverdeel in Manor Heights en Midvale. Groot gedeeltes van Despatch

beslaan vandag die grondgebied van hierdie twee plase. Die plase Wagendrift,

Manor Heights en Midvale is dus vandag die dorp Despatch. Hierdie drie plase

word hieronder bespreek. (Sien 1.3 en 1.4).

Die Swartkopsvallei het wel die gesogte toestande vir boere gehad, maar

dieselfde was ook waar vir die Xhosas. Laasgenoemde het ook van die weivelde

gebruik gemaak om hulle vee te voer. Die Kaapse owerheid het die gevaar

raakgesien wat nou ontstaan het. Twee gemeenskappe wat dieselfde

grondgebied as weiveld gebruik het, sou tot ʼn konflik lei. Goewerneur Joachim

van Plettenberg het vanaf 1 September 1778 tot 26 November 1778 op ʼn reis

deur die streek gegaan. 61 Van Plettenberg het ʼn mondelingse ooreenkoms met

die Xhosa-hoofmanne aangegaan waarvolgens die Groot Visrivier as ʼn

grensskeiding tussen die Trekboere en die Xhosas sou dien. Die Xhosas het

egter nie die ooreenkoms eerbiedig nie en strooptogte en aanvalle is deur hulle

geloods. In Junie 1779 het die Xhosas ʼn reuse aanval oor die Groot Visrivier

geloods. Massa strooptogte, saakbeskadiging en veediefstaltogte was deel

hiervan. Hierdie aanval het die begin van die Eerste Grensoorlog ingelui. Die

Trekboere was genoodsaak om hulle plase te verlaat. Twee kommando‟s is op

die been gebring waarvan een onder leiding van Pieter Hendrik Ferreira, ʼn boer

van die Sondagsrivier-area, was. Die kommando‟s het die invallers stelselmatig

oor die Groot Visrivier verdryf. 62

59 Cuyler het ook die plaas Brakrivier besit wat 3 000 morg beslaan het.

60 P. M. H. Calitz, Die Stigting en Vroeë Geskiedenis van die Distrik Uitenhage (1804 –

1814), p. 137.

61 J. S. Bergh en J. C. Visagie, The Eastern Cape Frontier Zone 1660 – 1980: A

Cartographic guide to Historical Research, p. 8.

62 P. M. H. Calitz, Die Stigting en Vroeë Geskiedenis van die Distrik Uitenhage (1804 – 1814), pp.

8 – 9.

39

Vrede het egter slegs tot die einde van 1789 geduur. Vanaf die begin van 1789

het die Xhosas weer met hulle rooftogte begin. Teen Desember 1789 moes die

plase weer eens ontruim word. Kaptein Köhne is die taak opgedra om die

Xhosa weer eens oor die Groot Visrivier te verdryf. Hy het groot sukses behaal,

maar die rivier was egter te vol en gevolglik kon geen mens dit oorsteek nie. Die

Xhosas het voorlopig verlof ontvang om aan die westekant van die rivier te bly,

maar kon na toestemming van die Kaapse regering die gebied tussen die Kowie-

en Visrivier in besit neem. Alhoewel ʼn toegewing deur die regering gemaak is,

het die Xhosas steeds onluste veroorsaak. In Mei 1793 het ʼn groot bende

Xhosas hulle by hulle stamgenote in die Suurveld distrik aangesluit en

verwoesting en wanorde gesaai. Dit het ook die uitbreek van die Tweede

Grensoorlog ingelui. Die gebied tussen die Swartkops- en Groot Visrivier was in

puin gelê. Van die 120 plase wat tussen die Swartkops- en Groot Visrivier geleë

was, was 116 verwoes. Weer eens was die boere genoodsaak om hulle plase te

verlaat.

Vrede is nogmaals in November 1793 met die Xhosas gesluit en ironies genoeg

het die owerhede dit goed geag dat stroopbendes van die Xhosas steeds binne

die grense van die kolonie kon bly. Gevolglik was die vrede van korte duur. Die

Uitenhaagse pionier, Salomon Erasmus, was besig om sy beeste na sy opstal te

neem en is in die bos naby die Swartkopsrivier deur die Xhosas vermoor. Verder

het hierdie bende 38 van sy beeste gesteel. In Desember is meer as 200 beeste

van boere aan die Swartkopsrivier gesteel en Scheepers se twee veewagters is

deur die Xhosas vermoor en 228 van sy osse gesteel. Die boere van die

Swartkopsvallei moes weer eens hulle plase ontruim. 63

Die Eerste Britse Bewind aan die Kaap (1795 – 1803) het egter nie die onrustige

toestande aan die Oosgrens gekalmeer nie. Inteendeel, groot ontevredenheid

het onder die boere ontstaan aangesien die nuwe regering hulle aanspreeklik

63 P. M. H. Calitz, Die Stigting en Vroeë Geskiedenis van die Distrik Uitenhage (1804 – 1814), p.

13.

40

gehou het vir die onluste wat in hierdie gebied voorgekom het! Die Derde

Grensoorlog wat in 1799 begin het, het nogmaals die Swartkopsvallei onveilig

gemaak wat permanente verblyf betref. Op 18 Julie is twee blankes en ʼn

Hottentot op die plaas Wagendrift vermoor. Gerrit Scheepers is ook later in

hierdie maand gedood. Teen die einde van Julie is nagenoeg dertig boere in

hierdie omgewing deur die Xhosas om die lewe gebring. Op 22 Augustus 1801,

omstreeks twee-uur die oggend, is Cornelis van Rooyen in sy slaap deur die

Xhosas vermoor. Teen 1802 het die aanval van die Xhosas op grootskaal begin

en is nog ʼn kommando onder leiding van Tjaart van der Walt op die been

gebring. Die Xhosas is teruggedryf en vrede is in 1803 gesluit. Dit het dan ook

die begin van die Bataafse Bewind ingelui. 64

Die ongunstige toestande rakende die veiligheid van die gebied het verhoed dat

enige vorm van permanente nedersetting kon geskied. Die drie grensoorloë het

die boere telkemale van hulle plase verwyder en was verantwoordelik daarvoor

dat van die voorvaders van die latere Despatch-area vroegtydig om die lewe

gebring is. Hierdie ongunstige toestand het egter op 7 Februarie 1804 verander

toe die nuwe distrik van Uitenhage gestig is. (Die naam van die nuwe distrik is

eers op 25 April 1804 gegee). Die nuwe distrik sou voortaan die

veldkornetskappe van Swartruggens, Bruintjieshoogte, Boesmansrivier, die

Suurveld en die Swartkopsrivier behels. Later is ʼn gedeelte van Swellendam,

naamlik die Baviaanskloof en Winterhoek, asook ʼn gedeelte van Graaff-Reinet

by die nuwe distrik van Uitenhage gevoeg. 65

Die betekenis van die stigting van hierdie nuwe distrik is vir die geskiedenis van

Despatch belangrik. Wet en orde en burgerlike veiligheid sou naamlik beter

gehandhaaf kon word en met die oprigting van die Drostdy in Uitenhage, sou die

64 P. M. H. Calitz, Die Stigting en Vroeë Geskiedenis van die Distrik Uitenhage (1804 – 1814). pp.

14 -15; O. Terblanche (ed), Uitenhage 200, 1804 – 2004, p. 5.

65 J. S. Bergh, The Eastern Cape Frontier Zone 1660 – 1980: A Cartographic guide to Historical

Research, p. 18.

41

administrasie van hierdie onstuimige gebied voortaan met ʼn baie groter mate van

doeltreffendheid kon geskied. 66 Waar daar voorheen nie die sekerheid van

veiligheid en vrede geheers het nie, kon die boere hulle nou met gemoedsrus op

hulle plase langs en aangrensend aan die Swartkopsrivier vestig. Die ontstaan

van permanente blanke nedersettings in die Algoabaai gebied, insluitend die

latere Despatch omgewing, kon nou met groter gemak verloop.

1.3 Wagendrift

In Augustus 1801 is Van Rooyen, soos reeds vermeld, in ʼn aanval in die nag

deur die Xhosas gedood en die opstalle en sy plaashuis is aan die brand

gesteek. Dr. Henry Lichtenstein het in sy Travels in South Africa in the Years

1803 – 1806 (1812) melding gemaak van die plaas Wagendrift. Hy het in 1804

daar besoek afgelê en het by die weduwee Van Rooyen tuisgegaan. Alhoewel

die plaas verwoes was in die 1801 aanval en die familie hul slegs vir ʼn kort tydjie

daarna weer op die plaas gevestig het, het Lichtenstein menigte vrugteboorde

asook genoeg weiding vir ongeveer 1 000 beeste en 3 000 skape aangetref. 67

Dit gee ʼn goeie aanduiding van die vrugbaarheid van die Swartkopsrivier-vallei.

Die plaas het deur die eerste drie grensoorloë as ʼn baken gedien vir die

toekomstige nedersetting van Despatch. Telkens nadat die plaas ontruim moes

word as gevolg van Xhosa-aanvalle, is die plaas weer in besit geneem deur Van

Rooyen en weer tot ʼn suksesvolle boerdery opgebou. Van Rooyen se

standvastigheid en deursettingsvermoë om sy gesin in hierdie streek van die

Swartkopsvallei te vestig is kenmerkend van die standvastigheid,

deursettingsvermoë en trots soos geopenbaar deur die latere inwoners van

Despatch.

66 P. M. H. Calitz, Die Stigting en Vroeë Geskiedenis van die Distrik Uitenhage (1804 – 1814), pp.

44 - 45.

67 P. Ffolliot, en E. L. H. Croft, One Titan at a Time, p. 46.

42

Die plaas Wagendrift is later deur die Van Rooyen-gesin onderverdeel en ʼn

gedeelte is aan W. L. van Bouchenröder verkoop en Perseverance gedoop. ʼn

Tweede gedeelte van die Wagendrift-plaas is deur kol. Jacob Glen Cuyler in

1849 gekoop. 68 Wilhelm Ludwig van Bouchenröder was die eerste seun van die

beroemde Duitse edelman, Baron Friedrich van Bouchenröder . Wilhelm het in

1803 met sy gesin na die Kaap verhuis en het as ʼn boukontrakteur op Uitenhage

gewerk. Die bou van die gevangenis op Uitenhage is deur Van Bouchenröder

behartig en hy het dit in Oktober 1812 voltooi. Van Bouchenröder is ook gevra

om die administrasiegebou wat ʼn saal, ʼn hoflokaal, afsonderlike kantore vir die

landdros, sekretaris, klerk en bode, ʼn argief en ʼn wagkamer behels het, te bou.

Verder het hy ook die huise vir die sekretaris en bode gebou. Die sekretaris se

huis het uit sewe kamers bestaan en die van die bode uit vyf. Bouwerk het egter

stadig gevorder weens ʼn tekort aan finansies en ambagsmanne. Alhoewel die

stene vir die nuwe geboue op Uitenhage redelik beskikbaar was, het Van

Bouchenröder drie spanne osse nodig gehad om die stene vanaf die

steenmakery na die boupersele te vervoer. Dit was egter nie moontlik vir die

boukontrakteur gewees nie, aangesien ʼn langdurige droogte gedurende hierdie

tydperk die osse so verswak het dat hy gesukkel het om een span osse

bymekaar te maak vir hierdie taak. Gevolglik is die sekretaris se huis eers in

Oktober 1814 voltooi en die administrasiegebou en die huis vir die bode in

1815. 69 Van Bouchenröder was ook een van die persone om ʼn erf te ontvang in

die nuwe dorpie Uitenhage. In 1811 is erf nommer 1 in Caledonstraat aan hom

uitgereik. 70

Dit was ook Van Bouchenröder wat die nuwe opstal op Perseverance gebou het.

ʼn Brand het skade aan die opstal se grasdak aangerig, maar dit is herstel. Die

68 Oosterlig, 23 Maart 1988.

69 P. M. H. Calitz, Die Stigting en Vroeë Geskiedenis van die Distrik Uitenhage (1804 – 1814). pp.

55 -56.

70 P. M. H Calitz, Die Stigting en Vroeë Geskiedenis van die Distrik Uitenhage (1804 – 1814).p.

60.

43

Figuur 1: Plaashuis van Manor Heights, circa 1905. 71

71 Foto met dank aan Clive Botha, www.metromediasa.com.

44

Perseverance-opstal was ook die eerste monument van Despatch. Van die

pragtige opstal wat op die plaas was, is vandag ongelukkig net vervalle geboue

oor. Volgens oorlewering was Van Bouchenröder ʼn moeilike man, tog het hy oor

ʼn besondere musiektalent beskik en het gereeld op Sondae musiekkonserte op

sy plaas vir mense van die omgewing gehou. Van Bouchenröder is in November

1846 aan blaasinfeksie op Perseverance dood. 72

1.4 Die plase Midvale en Manor Heights

Robert en Rice Petit, twee broers vanaf Berkshire in Engeland, het in 1860 in die

Oos-Kaap geland. Hulle moes aanvanklik hulle oom, Rice Smith, met sy

skaapboerdery kom help het, maar Robert het meer ʼn sakebelangstelling gehad.

Gevolglik verhuis hy na Port Elizabeth en stig die makelaarsfirma, Fairbridge en

Petit. Petit se verbintenis met Despatch spruit uit sy huwelik in 1864 met Sophia

Fairbridge Armstrong, ʼn kleindogter van Cuyler. Sophia se moeder, Jane

Elizabeth Armstrong, het ryk geërf van haar tante in Amerika, Elizabeth Holt (née

Cuyler) van Albany. Aangesien Port Elizabeth die toegangshawe vir die

myndorp Kimberley was en Port Elizabeth aansienlike vooruitgang geniet het en

vanweë die huwelik met die welgestelde Jane, het Petit se makelaars-

onderneming gefloreer. 73

Robert Petit het die plaas Midvale, ʼn gebied wat strek vanaf die treinspoor op

Despatch tot die rivier, asook die plaas Manor Heights gekoop. In 1870 is die

eerste opstal gebou langs die spoorwegstasie. Petit het kort voor sy dood in

1898 aansienlike veranderings aan die oorspronklike huis aangebring. Hy het

die huis in ʼn dubbelverdiepingwoning omskep, asook ʼn vleuel laat oprig om te

dien as die ongetroude mans se kwartiere. Die Petit-egpaar het nege dogters

72 B. Logie, Traveller’s Joy: A Journey into the Eastern Karoo. pp. 35 – 36.

73 E. Murray, “The Despatch Homestead”, Looking Back, Junie 1968, pp. 42 – 44.

45

gehad en hubare mans van Port Elizabeth het gereeld kom besoek aflê. Petit

moes noodgedwonge vir hulle slaapkwartiere inrig en vandaar dus die ekstra

vleuel. 74

Mnr. Petit is op 18 November 1900 oorlede. Een van sy dogters, Mildred, is met

Fred Holland getroud. Laasgenoemde het die Despatch-opstal gekoop, asook

die twee plase Manor Heights en Midvale. Holland het vir die volgende twintig

jaar op die plaas geboer. Hy was ʼn knap boer en het baie gedoen om die

boerdery te laat vooruitgaan. Hy het die dig beboste gebied omskep in

lusernlande, saailande en sitrusboorde en het ook ʼn besproeiingskema met ʼn

uitkeerdam opgerig. Hierdie besproeiingskema het gesorg dat die plaas Midvale

ʼn totaal van 35 000 sitrusbome kon dra. Die area tussen die treinspoor en die

rivier, wat as Manor Heights bekend was, was een van die bes ontwikkelde en

mees produktiewe plase in Oos-Kaapland. Holland het duisende sitrusboorde

aangelê en Despatch het bekendheid verwerf as ʼn sitrusplaas. Hy het hom veral

toegespits op sitrus vir die oorsese markte, veral lemoene en pomelo‟s. 75

Holland het egter groter naam vir homself gemaak as ʼn beesboer. Sy trop

opregte melkbeeste is internasionaal bekroon. Die Despatch “Coates” Dairy

Shorthorns was oral in Suid-Afrika bekend en is op tentoonstellings bekroon.

Twee van sy koeie is by die Shorthorn Society van Brittanje aangemeld vir die

hoogste melkproduksie van hierdie ras in Suid-Afrika. 76

Bo en behalwe die imposante woonhuis was daar vele ander geboue op die

plaas. Die plaas het gespog met twee koeistalle wat altesaam 72 koeie kon

huisves, ʼn bulstal, kalwerhokke, ʼn stal wat agt perde kon versorg, ʼn waenhuis en

werkswinkel, ʼn melkkamer, drie silo‟s en ʼn hooiskuur. Die plaasvoorman het sy

eie huis aan die oewers van die rivier gehad en daar was 12 steengeboutjies om

74 UD News, 23 Julie 1992.

75 Toespraak deur R. du Plessis, Hoërskool Despatch, 8 Oktober 1972.

76 S. Coetzer, “Stigting en Ontwikkeling van Despatch”, Looking Back, Maart 1992, p. 27.

46

die bruin arbeiders te huisves. Na mev. Holland se dood in 1928 het mnr.

Holland die plaas verkoop. In ʼn private ooreenkoms is die plaas Midvale in 1928

aan Paul Barendse Botha verkoop vir 25 000 pond. Botha het ook ʼn gedeelte

van Manor Heights in 1925 tydens ʼn vendusie bekom. Teen daardie tyd was

daar alreeds 11 huise op Despatch gewees. 77

1.5 Die steenmakery en die invloed daarvan op Despatch

Die naam Despatch kom vanaf die steenmakery waarmee die gebied

beroemdheid verwerf het. In 1880 het mnr. Southerburg, ʼn Jood uit Noorweë,

die steenmakery begin deur ʼn stuk grond aan die oewer van die Swartkopsrivier

van mnr. Petit te huur. Aanvanklik is stene met die hand gemaak, maar soos wat

die besigheid floreer het, is masjinerie vanaf Groot-Brittanje ingevoer om die

steenmakery-proses te bespoedig en die gehalte van die stene te verbeter. Die

invoer van hierdie masjinerie het ook gesorg dat hierdie steenmakery die mees

moderne steenmakery in die hele gebied was. Die stene is met ʼn draaipers

gefabriseer. Die kleimengsel is in ʼn silinder gegooi waarin daar afwaartse druk

was veroorsaak deur ʼn stoomenjin. Vanaf die silinder is die kleimengsel in

houtkissies ingeforseer wat die grootte van die stene bepaal het. Southerburg se

stene het die naam “Despatch Patent” op gehad aangesien daar aan die

onderkant van die houtkissie ʼn metaal-embleem was wat hierdie naam op gehad

het. Sodra die houtkissies vol was, is dit omgekeer (met Despatch Patent nou

aan die bokant) en gesleep tot onder die afdakke waar die stene gelaat was om

droog te word. Gevolglik het die stene sleepmerke opgehad. Nadat die stene

droog geword het, is hulle na ʼn oond verplaas om gebak te word. Hierdie oonde

was ondergronds gewees en ʼn skoorsteen moes die warm lug deur die oond

trek. Die Despatch Patent stene was van ʼn besondere hoë kwaliteit. Die meeste

77 Toespraak deur R. du Plessis, Hoërskool Despatch, 8 Oktober 1972.

47

van die geboue in Uitenhage en Port Elizabeth is destyds juis met hierdie stene

gebou. 78

Southerburg se steenmakery het aansienlike groei getoon. Dit was vanweë die

feit dat die klei waarvan die stene gemaak was, van ʼn baie goeie gehalte was en

vanaf die bultjie net oorkant die steenmakery gegrawe is. Die eindproduk was

dus ʼn kleisteen wat van ʼn hoë gehalte was. As gevolg van die uitbreidings by die

Missionvale soutpanne en die spoorwegwerke in Uitenhage, het hierdie

steenmakery die derde belangrikste kommersiële bedryf in die Port Elizabeth en

Uitenhage-area geword. 79

Een van die belangrikste invloede van die steenmakery op Despatch was dat dit

die naam aan die nuwe nedersetting verleen het, alhoewel dit per abuis geskied

het. Die steenmakery is gerieflikheidshalwe reg langs die treinspoor gebou.

Treintrokke kon dus net op die syspoor gaan staan en die stene kon gelaai word

en steenkool kon op sy beurt weer afgelaai word. Die spoorstasie by die

steenmakery het geen naam gehad nie, en die werkers en treindrywers het

daarna verwys as “Despatch”, aangesien dit die plek was waarvandaan die stene

versend (despatch) is. Met die totstandkoming van die dorp in 1942, is oorweeg

om die nedersetting Retief te doop. Aangesien daar reeds ʼn dorp met hierdie

naam in die Transvaal was, is hierdie versoek van die hand gewys. Die naam

Despatch het toe bly steek. Alhoewel daar verskeie pogings was om die naam

van die dorp te verander, is elkeen heftig deur die inwoners van die dorp

teengestaan en was dus onsuksesvol. 80

78 A. Strydom, “Die Despatch Skoorsteen”, Looking Back, Maart 1990, p. 77.

79 Mnr. Attie Pretorius van die Despatch Museum se skrywe aan die burgemeester van Port

Elizabeth met die oog op restourasie van die skoorsteen, 17 Junie 2005.

80 UD News, 23 Julie 1992.

48

Die toring, wat deel uitmaak van die Despatch dorpswapen, is in 1882 gebou

volgens die Engelse boustyl wat gedurende die Industriële Revolusie baie gewild

was. Vandag bestaan daar slegs nog twee ander sulke skoorstene ter wêreld. 81

Figuur 2: Die Despatch-skoorsteen, circa 1950. 82

81 Faks van Ivon Huisman and Accosiates aan die museum oor restourasie van skoorsteen, 31

Maart 2005.

82 Foto met dank aan Clive Botha, www.metromediasa.com.

49

Figuur 3: ʼn Afbeelding van die Algoasaurus. 83

Die Despatch-toring is dus van groot historiese belang vir die Nelson Mandela

Metropool.

Die hoë toring was slegs ʼn kaggelpyp van die steengroef om die hitte deur die

oond te trek. Dit het aanvanklik 19,2 meter hoog gestaan, maar die skoorsteen

het egter nie na wens getrek nie, en is in 1899 verhoog tot 29,4 meter. 84 Die

eerste gedeelte van die toring, wat in 1822 gebou is, is deur ʼn Australiese bouer

gebou met die doel om lug deur die ondergrondse bakoond te trek. 85 Hierdie

wysiging is deur ʼn Sjinese kontrakteur gebou wat van bamboes-stellasies

gebruik gemaak het om die hoogte te bereik. Na die voltooiing van die toring het

die Sjinees die bokant van die toring geïnspekteer, maar sy balans verloor en

homself doodgeval. Hy is langs die skoorsteen begrawe. 86

Die hele steenmakery was onder water vanweë die vloed van 1903. Die

eienaars het dit onveilig geag om die werk voort te sit, aangesien die

steenmakery onder die watervlak gebou was. Die steenmakery is beëindig en al

wat van hierdie glorieryke tydperk van Despatch se geskiedenis oorgebly het, is

die ou skoorsteen. 87

Die grondgebied waarop die skoorsteen geleë is, is tydens ʼn openbare veiling op

2 Junie 1925 verkoop. Die grond het deel gemaak van Cuyler Manor en tydens

die vendusie by die Cuyler Manor-opstal is die plaas in drie afsonderlike dele

83 Foto met dank aan Clive Botha, www.metromediasa.com.

84 A. Strydom, “Die Despatch Skoorsteen”, Looking Back, Maart 1990, p. 78.

85 B. Logie, Traveller’s Joy: A Journey into the Eastern Karoo. pp. 35 – 36.

86 A. Strydom, “Die Despatch Skoorsteen”, Looking Back, Maart 1990, p. 78.

87 Die Nelson Mandela Metropool het in Oktober 2008 herstelwerk aan die erg verweerde toring

begin. Die Burger, 11 November 2008.

50

verdeel. Deel “A” het 1 459 morg beslaan en het bestaan uit ʼn plaashuis,

werkershuis, watermeule, groot skure en stalle en dipbakke. Die plaas het

verder gespog met 150 akkers ploeggrond. 88 Hierdie gedeelte is deur Cuyler se

seun, Cradock Cuyler, gekoop wat dit in 1966 aan die munisipaliteit van

Uitenhage verkoop het. Laasgenoemde het dit in ʼn museum verander. 89

Gedeelte “B” van Cuyler Manor, wat as “Klein Gras Rug” tydens die vendusie

bekend gestaan het, het bestaan uit 1 626 morg grond. Die gebied was

aangrensend aan die soutpanne, Totteridgepark en is wes van die oewer van die

Swartkopsrivier. Hierdie gedeelte is deur George Frederick Benecke gekoop en

herdoop tot Floridapark. 90

Die derde gedeelte van die plaas, bekend as Manor Heights, het bestaan uit 1

188 morg grond. Hierdie gedeelte het die Despatch-opstal, koeistalle, dipbakke

en die ou skoorsteen op gehad. Mnr. Botha het hierdie gedeelte gekoop. Die

skoorsteen het die grenslyn tussen Floridapark en Manor Heights gevorm. Mnr.

Botha en mnr. Benecke het elk ʼn halwe morg grond aan weerskante van die

skoorsteen aan die dorpsbestuur van Despatch geskenk. 91 Dit is dan ook op

hierdie grond waar die skoorsteen vandag nog staan. Die toring het ook gesorg

vir ʼn ander merkwaardige fonds vir Despatch. Net voor die vloed van 1903 was

werkers besig om klei vir die stene uit te grawe teen die koppies oorkant die

treinspoor. Hulle het op die fossiel van die reuse Algoasourus afgekom. Die

Algoasourus is ʼn Sauropoda van die Saurischia familie. Die oerdier was ʼn

herbivoor en het meestal plante gevreet. Die dinosourus het nege meter hoog

88 Openbare kennisgewing van Armstrong-afslaers rakende openbare vendusie van

Cuyler Manor, 2 Junie 1925.

89 J. van Onselen, “Monuments and Memorials.” In: O. Terblanche (ed), Uitenhage 200: 1804 –

2004, p. 108.

90 Onderhoud met mnr. Nieldan Benecke, 6 Januarie 2009.

91 Onderhoud met mnr. Nieldan Benecke, 6 Januarie 2009.

51

gestaan en het geleef tydens die vroeë Cretaceous-periode, ongeveer 150

miljoen jaar gelede. 92

Uit bogenoemde is dit duidelik dat die vroeë geskiedenis van Despatch ʼn groot

bydrae gelewer het tot die nalatenskap van die Oos-Kaap.

92 Bayworld Museum, Port Elizabeth.

52

Hoofstuk 2

Die Stigting van Despatch, 1 Julie 1945

Die spoedige ontwikkeling van Despatch het veroorsaak dat hierdie nedersetting

binne ʼn betreklike kort tyd vanaf ʼn nedersetting tot ʼn dorp ontwikkel het en dan

vanaf ʼn dorp tot ʼn munisipaliteit. Despatch het teen 1949 reeds 4 500 inwoners

gehad. Hiervan was 2 308 manlik en 2 192 vroulik. Die dorp het ook ontwikkel

in ʼn familiedorp. Die bevolking van Despatch het teen 1949 soos volg daaruit

gesien:

Ouderdomsgroep Getal Inwoners

Onder 5 jaar 821

Tussen 6 en 16 jaar 1 097

Tussen 17 en 30 jaar 1 064

Tussen 31 en 59 jaar 1 237

Bo 60 jaar 281

Tabel 1: Ouderdomsgroepe van die inwoners van Despatch, 1949. 93

Uit die bostaande tabel is dit duidelik dat die oorgrote meerderheid van die

mense wat hulle op Despatch kom vestig het tydens die ontstaansjare van die

dorp, jong families was. Die oorsake van hierdie bevolkingsontploffing, asook die

oorgang van dorpsbestuur na ʼn munisipaliteit word hieronder bespreek. Daarna

volg ʼn oorsig van die werksaamhede van die eerste Bestuursraad van die

munisipaliteit van Despatch.

93 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, pp. 3 – 4.

53

2.1 Despatch vanaf nedersetting tot Dorpsraad

Paul Barendse (P. B.) Botha het in Junie 1925 die plaas Manor Heights en in

Februarie 1928 die plaas Midvale gekoop. 94 Hy het steeds die opstal bewoon.

Teen 1931 was daar ongeveer 14 huise op Despatch gewees. Die dorp het toe

alreeds met drie winkels en ʼn slaghuis gespog. Die eerste besigheid op

Despatch was mnr. Shauder as algemene handelaar. Mnr. Nel het ook ʼn

algemene handelswinkel gehad asook die slaghuis. Mnr. Wilson was die derde

algemene handelaar. Hierdie besighede het aan al die vroeë Despatchers se

behoeftes voldoen. 95

Despatch het gesonde groei geniet en in die daaropvolgende jaar, 1932, was

daar naastenby 25 huise op die dorp. Van die eerste inwoners van Despatch

was: T.C Roux, mnr. Nel (vader van J. A. F. Nel – latere Volksraadslid), Frans du

Preez, Piet du Plessis, Dawie du Preez, Anna Terblanche, Stoffel Slabbert, wat

ook die eerste boukontrakteur op die dorp was en wat die meeste van die vroeë

huise op Despatch gebou het. Verder was daar die volgende families: Kritzinger,

De Klerk, Le Roux, Booysens en Klopper. Naas hierdie huise, het die Spoorweë

ook drie huise op die dorp besit wat deur die stasiemeester en stasievoormanne

bewoon is. Die Kloppers het ʼn melkery besit en het die eerste inwoners van vars

melk voorsien. Gedurende hierdie jare het die Kloppers elke oggend melk met

die enigste gemeganiseerde voertuig, ʼn wit melklorrie, aan die inwoners van

Despatch gelewer. Daar was ook alreeds ses strate op die dorp, insluitend ʼn

padverbinding met Uitenhage. Boerdery was die grootste bedrywigheid op

Despatch gedurende hierdie tyd. Groente, lusern en waatlemoene was die mees

algemene kommoditeite wat geplant is. Kanale is deur die dorp vanaf die

Swartkopsrivier aangelê om die landerye van water te voorsien. Elke erf het ʼn

luistert 96 gehad met ʼn sluis om water te kan lei. Sodoende het die landerye

94 Titelakte 1582, Provinsie van die Kaap die Goeie Hoop, 24 Februarie 1928.

95 Onderhoud met mnr. Connie de Jager, 11 April 2008.

96 ʼn Kleiner kanaal wat vanaf die hoofkanale afgesplits het na die afsonderlike landerye op die

54

esproeiing verkry. Die inwoners moes egter staatmaak op watertenks. Elke

huishouding het oor een of twee watertenks beskik om reënwater mee op te

vang. 97

Mnr. Botha het in 1933 gesterf en sy drie dogters is as erfgename aangewys.

Die Despatch-opstal is aan ʼn drankwinkel verkoop wat dit onmiddellik in ʼn hotel

omskep het. 98 Die grond het egter in sy boedel gebly en is in erwe van 2 hektaar

vir hoewes verdeel. 99 Die prokureursfirma Pagden and Christian Attourneys is

getaak om die eerste gedeeltes van die erwe te laat registreer as informele

erfpersele onder die naam “Manor Heights Uitbreiding 1”. 100 Nadat erwe vir

regerings, administratiewe, onderwys en openbare doeleindes gereserveer is,

die erwe uiteengesit is en ʼn trusteeraad vir die openbare grond benoem is, het

die Kaaplandse Administrateur op 8 Augustus 1937 die uitbreiding goedgekeur.

Die voorsitter van die trusteeraad was mnr. John Thomas Harvey en

ondervoorsitter mnr. Charles Arthur Barnes. Beide sou in diens bly tot tyd en wyl

ʼn amptelike plaaslike raad gestig is wat die fondse en administrasie van die

uitbreiding en openbare grond kon bestuur. 101

Teen 1940 was die tweede uitbreidingskema, onderneem deur mnr. Thomas

Arnoldus du Toit, vir Despatch goedgekeur. Die Retief informele nedersetting

dorp. Indien die boer sy grond wou natlei, het hy slegs die sluit van sy luistert oopgemaak en

die water na sy landery herlei.

97 Onderhoud met mnr. Connie de Jager, 11 April 2008.

98 Die drankmaatskappy, Picardi, het die Despatch-opstal gedurende die 1980‟s verkoop en die

De Mist-kommando het dit as hoofkwartier gebruik.

99 S. Coetzer, “Stigting en Ontwikkeling van Despatch”, Looking Back, Maart 1992, p. 28.

100 Amptelike aansoek gerig aan die Kaaplandse Administrateur van mnre. Pagden en Christian

namens Botha se boedel vir die stigting van die informele nedersetting Manor Heights

Uitbreiding 1, 26 Mei 1937.

101 Aanstellingsbief vanaf die Kaaplandse Administrateur aan die sekretaris van die Uitenhaagse

Afdelingsraad, 8 Julie 1937.

55

het uit 56 woonerwe en een openbare erf bestaan. 102 Elke erf het ʼn serwituut

gehad wat gestipuleer het dat geen drank vanaf daardie persele verkoop kon

word nie. 103 Verder, kon geen erf verkoop of bewoon word deur ʼn Sjinees,

Indiër, Naturel of Kaapse Maleier nie. 104 Dit het beteken dat slegs blankes erwe

op Despatch kon koop, aangesien die gedagte dat swart mense erwe in “blanke

areas” kon koop, glad nie aan die orde van die dag was nie. Teen 1938, slegs

tien jaar nadat die eerste erwe verkoop is, was daar 100 inwoners in

Despatch. 105

In November 1940 is nog ʼn grootskaalse ontwikkeling vir Despatch beplan.

“Retief Uitbreiding 2” is onderneem deur mnre. Rudolph Johannes Fourie,

Johannes Christiaan Rabie, Gerhardus Cornelis Fourie en Willem Joseph

Olckers. 106 Die nuwe ontwikkelaars het die nedersetting as ʼn toevlugsoord vir

die Afrikaner bemark. Op die voorblad van Die Oosterlig, 1 Julie 1941, is die

nuwe erwe geadverteer as ʼn idilliese woongebied vir die Afrikaner. 107

Meer en meer mense, die oorgrote meerderheid wit Afrikaanssprekendes, het in

Despatch begin intrek as gevolg van die Groot Depressie. Mense op die

platteland, veral vanaf die Karoo-distrikte, het na die stede verhuis met die hoop

op werk. Die hoë kostes van grond en huise in Port Elizabeth het ook talle

102 Amptelike aansoek gerig aan die Kaaplandse Administrateur van mnr. Du Toit vir die stigting

van die Retief informele nedersetting, 10 Mei 1939.

103 Die Burger, 12 Augustus 2008; Brief aan die Redakteur Nasionale Boekhandel Beperk van R.

A. van der Walt (Stadsklerk), 24 Maart 1958.

104 Bylae B van amptelike aansoek gerig aan die Kaaplandse Administrateur van mnr. Du Toit vir

die stigting van die Retief informele nedersetting, 10 Mei 1939.

105 Die Oosterlig, 20 Julie 1941.

106 Amptelike aansoek gerig aan die Kaaplandse Administrateur van mnre. Pagden en Christian

namens mnre. Rudolph Johannes Fourie, Johannes Christiaan Rabie, Gerhardus Cornelis

Fourie en Willem Joseph Olckers vir die stigting van die informele nedersetting Retief

Uitbreiding 2, 21 November 1940.

107 Die Oosterlig, 1 Julie 1941.

56

mense na ʼn tuiste op Despatch laat soek. Huise op Despatch was aansienlik

goedkoper as in Port Elizabeth. ʼn Persoon kon vir R1 600 ʼn drie slaapkamerhuis

koop. Verder was daar ook 100% lenings beskikbaar wat maandeliks afbetaal

kon word. 108

Despatch se groei het daartoe gelei dat die nedersetting tot ʼn dorpsgebied

verklaar was. Op 3 Julie 1942 is die Dorpsbestuur van Despatch in die lewe

geroep. Despatch het onder die kiesafdeling van Uitenhage geval en mnr. M.

C. Du Plessis het diens as die eerste sekretaris van die nuwe Dorpsbestuur

gelewer. 109 Die eerste dorpsaal was oorkant die Despatch-opstal gewees.

Aanvanklik was dit eers ʼn koeistal gewees, maar later is dit omskep in ʼn saal.

Dit was dan ook hier waar mense soos Wimpie Coetzer boks geoefen het, en

rondreisende opvoerings die mense van Despatch vermaak het. 110 In 1943 was

daar alreeds 1 000 inwoners op die dorp. 111

Despatch het ʼn besondere karaktertrek getoon in die sin dat die dorp byna

geheel en al deur Afrikaners bewoon was. Teen 1949 was 98% van die

bevolking op die dorp Afrikaanssprekend. 112 Die ontstaan van Despatch as ʼn

dorpsgebied is uniek in die sin dat die munisipaliteit met die stigting (en later met

verhoging van status tot munisipaliteit) geen grondgebied in die dorp besit het

nie. 113

2.2 Vanaf Dorpsbestuur tot Munisipaliteit

108 S. Coetzer, “Stigting en Ontwikkeling van Despatch”, Looking Back, Maart 1992, p. 28.

109 S. Coetzer, “Stigting en Ontwikkeling van Despatch”, Looking Back, Maart 1992, p. 28

110 Onderhoud met mnr. Connie de Jager, 11 April 2008.

111 Offisiële Koerant van die Provinsie van die Kaap die Goeie Hoop, 1 Junie 1945.

112 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, p. 2.

113 Munisipale Kantore van Despatch Argiewe, no. M2/1: Van der Walt, 13 Maart 1974.

57

Uit die bostaande is dit duidelik dat Despatch besonder vinnig gegroei het.

Die onderstaande tabel is ʼn samestelling van die inligting uit bostaande bronne

om die bevolkingsontploffing in Despatch tussen die jare 1928 - 1953 uiteen te

sit:

Jaar Getal blanke inwoners

1928 30

1933 70

1938 100

1943 1 000

1948 3 200

1953 4 500

Tabel 2: Blanke bevolking van Despatch 1928 – 1953 114

Die vloedgolf van mense na Despatch het geskied as gevolg van die

oorbevolking van die woongebiede in Port Elizabeth. Menige plattelandse

mense het na Port Elizabeth verhuis weens ekonomiese redes wat die gevolg

was van die Groot Depressie. Hierdie stroom van trekkers was verder aangedryf

deur die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in 1939. Die kwaliteit behuising

wat in Port Elizabeth vir hierdie mense beskikbaar was in verhouding met die hoë

huur, was nie bevredigend nie. Soos reeds genoem, was erwe op Despatch

aansienlik goedkoper as in Port Elizabeth. Verder het die geografiese uitleg van

Despatch, soos die groot erwe wat te koop was, die plattelanders die geleentheid

gebied om die ruimte waaraan hulle gewoond was in ʼn mate weer te beleef.

Namate meer mense hulle op Despatch gevestig het, het dit aan plattelanders

wat na die stad wou migreer ʼn vastrapplek gegee. Mense het nou familielede en

114 Die inligting verskyn in die teks. Gerieflikheidshalwe word dit in tabelvorm weergegee.

58

ekendes gehad wat op Despatch gebly het, en mense het direk vanaf die

platteland na Despatch begin verhuis. 115

Weens hierdie aansienlike groei van die dorp, het die Dorpsbestuur in April 1944

ondersoek begin instel na die moontlikheid om verhewe status as ʼn munisipaliteit

te verkry. Navrae is by die bestuur van Noupoort gedoen, wat kort van te vore

vertoë gerig het om tot ʼn munisipaliteit verklaar te word. 116 Die hoofredes wat

Noupoort aangevoer het, was dat volgens Ordinansie 10 van 1912 ʼn plaaslike

liggaam baie meer regte het. Onder andere kon Spoorweg-eiendomme op die

plaaslike bestuur se register geplaas word en dus kwalifiseer vir

eiendomsbelasting. Hierdie was ʼn belangrike bron van inkomste vir ʼn

administratiewe liggaam en Noupoort het in 1911 ʼn bedrag van £700 ingesamel

vanaf die spoorweë. 117

Tydens ʼn spesiale vergadering van die Dorpsbestuur van Despatch op 25

September 1944, het die liggaam besluit om aansoek te doen om munisipale

status. Daar is besluit om volgens Ordonnansie 14 van 1938 aansoek te doen

dat die Despatch Dorpsbestuur-gebied tot ʼn munisipaliteit verklaar moet word.

Die naam van hierdie nuwe munisipaliteit sou die “Munisipaliteit van Retief”

wees. Redes wat die dorpsbestuur aangevoer het, was dat Despatch vinnig

ontwikkel en uitgebrei het. Teen September 1944 was die gesamentlike

belasbare waarde van hierdie gebied £290 000. Die Dorpsbestuur het

aangevoer dat dit volle mag behoort te hê om aan die inwoners van die

nedersetting die nodige fasiliteite te verskaf. Dit het onder meer ingesluit:

a) “ʼn voorgestelde watervoorsieningskema vir huishoudelike

doeleindes,

b) elektrisiteitsverskaffing,

115 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, pp. 8 – 9.

116 Brief aan stadsklerk van Noupoort van die Dorpsbestuur van Despatch, 5 April 1944.

117 Brief aan stadsklerk van Despatch van stadsklerk van Noupoort, 25 April 1944.

59

c) voorsiening vir ontspanning deur die aanlê van sportgronde en/of

ondersteuning te verleen aan sportliggame,

d) die aanlê van openbare gronde en parke,

e) bydraes tot die skool- en liefdadigheidsinrigtings, soos die

Skoolvoedingskema, ACVV, Hospitaal, Kindersorgvereniging en

soortgelyke organisasies.” 118

Die Dorpsbestuur het ook aangevoer dat indien munisipale status verkry word,

die prestige van die dorp verhoog sou word. Hierdie verhewe status sou tot

gevolg hê dat die Dorpsbestuur ʼn lening van £26 000 teen gunstiger terme kon

aangaan. Hierdie lening sou aangewend word om die infrastruktuur en

dienslewering van Despatch te verbeter.

Die lening sou soos volg gebruik word:

a) Watervoorsieningskema......................................... £23 000

b) Aankoop van nodige grond..................................... £1 200

c) Oprigting van Slagpale............................................ £1 250

d) Oprigting van Depotgebou en uitrusting.................. £ 550

Die derde rede wat die Dorpsbestuur aangevoer het vir die verhewe status van

munisipale gebied was voertuigbelasting. Die Afdelingsraad van die provinsie

het munisipaliteite vrygestel van ʼn belasting van 1/4d in die pond. Indien

Despatch nie munisipale status verkry het nie, sou die inwoners van die

nedersetting „n bedrag van £1 200 aan die Afdelingsraad moes betaal vir die

instandhouding van slegs vyf myl van die Nasionale Pad wat verby Despatch

loop. In teenstelling hiermee, is die Dorpsbestuur verantwoordelik vir die

instandhouding van 25 myl strate binne die grense van Despatch. 119 Indien

118 Verklaring van Dorpsbestuur-gebied as ʼn munisipaliteit, 28 September 1944.

119 Verklaring van Dorpsbestuur-gebied as ʼn munisipaliteit, 28 September 1944.

60

munisipale status verkry word, sou hierdie belasting aangewend kon word vir die

instandhouding van die dorp se eie strate.

ʼn Amptelike versoek is na die Kaaplandse Administrateur gestuur om die

Despatch dorpsgebied as ʼn munisipaliteit te verklaar onder die naam van die

“Munisipaliteit Retief”. Die Provinsiale Sekretaris het dit aan die Dorpsbestuur

gestel dat ʼn dorpsgebied slegs tot ʼn munisipaliteit verklaar kon word indien die

gebied ʼn belasbare waarde van £200 000 of meer gehad het. 120

Despatch het met sy aansoek ʼn belasbare waarde van £286 330 gehad, wat as

volg bereken was:

a) Landboupersele........................................... £65 070

b) Dorpsgebiede...............................................£68 140

c) Eiendom.......................................................£165 350 121

Despatch het dus aan al die vereistes voldoen om tot ʼn munisipaliteit verklaar te

word. Die enigste hindernis wat nog in die pad gestaan het, was die naam wat

aan die nuwe munisipaliteit gegee moes word. Die Kaaplandse Administrasie

het dit aan die Despatch Dorpsbestuur gestel dat die spoorwegstasie en die

poskantoor van hierdie nedersetting as “Despatch” bekend staan, en het

motivering gevra om die naam te verander na “Retief” toe. 122 Die Administrasie

het egter nie geleentheid gebied vir enige motivering nie, en het op raad van die

Posmeester-Generaal aangevoer dat “Retief” nie aanneemlik sou wees nie. Die

volgende verwante benamings het toe reeds bestaan:

120 Brief aan sekretaris van Despatch Dorpsbestuur van die Kaaplandse Provinsiale Sekretaris,

21

Oktober 1944.

121 Brief aan Kaaplandse Provinsiale Sekretaris van Despatch Dorpsbestuur, 6 Januarie 1945.

122 Brief aan Despatch Dorpsbestuur van Kaaplandse Provinsiale Sekretaris, 23 Januarie 1945.

61

a) “Post Retief”,

b) “Piet Retief”,

c) “Retiefshoop”,

d) “Retiefsnek” en

e) “Retiefsrus.”

Die Posmeester-Generaal het aangevoer dat indien die naam van Despatch

verander word na Retief toe, dit tot verwarring sou lei. Verder is aanbeveel dat

die naam Despatch of behou moet word, of deur ʼn aanneemliker naam vervang

moet word. 123 Op 6 Maart 1945 het die Despatch Dorpsbestuur die registrasie

van die munisipaliteit verander met ʼn naamswysiging na “Munisipaliteit van

Despatch.”

Mnr. G. Brand van Zyl, Kaaplandse Administrateur, het op 1 Junie 1945 bekend

gemaak dat die Despatch dorpsgebied voortaan ʼn munisipaliteit sal wees met die

naam van die “Munisipaliteit van Despatch.” 124 Die plaaslike bestuursliggaam

sou voortaan die enigste amptelike beheerliggaam van Despatch wees, naas die

Provinsiale Administrasie en die Regering van die Unie van Suid-Afrika.

Despatch het egter nog onder die Skoolraad, Hospitaalraad, landdrosdistrik en

polisiedistrik van Uitenhage geval. 125

2.3 Eerste Bestuursraad

Despatch was nou volwaardig ʼn eie dorp en as sulks moes verkiesings gehou

word om ʼn Burgemeester en Stadsraad in te sweer. Tot tyd en wyl dit geskied

het, het die voormalige Despatch Dorpsbestuur na die alledaagse bestuur van

123 Kaaplandse Provinsiale Administrasie van die Kaap die Goeie Hoop, L.108B/C/1: 5 Maart

1945.

124 Amptelike Koerant van die provinsie van die Kaap die Goeie Hoop, 1 Junie 1945.

125 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, p. 10.

62

die dorp omgesien. Die landdros van Uitenhage, A. B. Todd, het nominasies vir

raadslede ontvang, asook ʼn versoek om ʼn verkiesing van stadsraadslede vir

Despatch te behartig. Die verkiesing sou op 31 Augustus 1945 in die Despatch

dorpsaal gehou word. Altesaam 800 stembriewe is gedruk vir hierdie

geleentheid. 126

Op 31 Augustus 1945 het die inwoners van Despatch die geleentheid gehad om

tussen 8vm. en 7nm. vir die eerste raad in die dorpsaal te stem. Die verkiesing

het onder die toesig van die landdros van Uitenhage geskied. Die inwoners van

Despatch moes drie raadslede verkies uit die volgende kandidate:

Naam

Frans Albertus Ferreira Claassen

Gerhardus Cornelis Fourie

Rudolph Johannes Fourie

Barend Pieter Marais Landman

Theunis Gerhardus Paulus Petrus Lezar

Willem Joseph Olckers

Gerhardus Jacobus Pienaar

Gideon Wessels

Beroep

Drukker

Agent en Boer

Kontrakteur

Metaal Werker

Setmasjien Werker

Prokureur

Pensioentrekker

Klerk

126 Brief van A. B. Todd aan Uitenhage Times en Uitenhage Chronicle, 21 Augustus 1945.

63

Bertram Warren Wilson

Algemene Handelaar

Tabel 3, Kandidate en hul beroepe: Bestuursraadverkiesing, 31 Augustus 1945 127

Na afloop van die verkiesing het mnr. R. J. Fourie die eerste Burgemeester

geword. Mnr. W. J. Olckers sou die eerste Stadsklerk wees. Mnr. F. A. F.

Claassen was die derde lid van die Despatch Dorpsbestuur. 128

Die eerste munisipale kantoor was ʼn klein platdak-geboutjie wat in die Hoofstraat

gestaan het. Van hier was mnr. Olckers, bygestaan deur mnr. N. P. de Klerk en

ses werkers, verantwoordelik vir die maak van paaie, die instandhouding van

buitebelange en werke van die raad. Aanvanklik het die raad dus slegs uit drie

lede bestaan, maar teen 1949 het dit verdubbel tot ses lede. 129

Die dorpsaal was oorkant die Despatch-opstal gewees. Aanvanklik was dit ʼn

koeistal gewees. In hierdie saal het mense soos Wimpie Coetzer boks geoefen

en rondreisende opvoerings het die mense van Despatch vermaak.

Gedurende die eerste paar jaar van die dorp se bestaan het die raad hom besig

gehou met die opstel van regulasies en verordeninge om die gemeenskap meer

ordelik te bestuur. Die eerste vier departemente van die Dorpsraad was ook

gestig. Die departemente van Gesondheid, Finansies, Strate en Sport het nou

deel uitgemaak van die eerste Bestuursraad van Despatch.

2.3.1 Verordeninge en Regulasies

Vir die eerste vyf jaar (1945 – 1950) het die Bestuursraad van Despatch

verordeninge en regulasies gemaak wat onder meer die volgende sosiale en

127 Amptelike stembrief van die 1945 verkiesing.

128 S. Coetzer, “Stigting en Ontwikkeling van Despatch”, Looking Back, Maart 1992, p. 28.

129 UD Nuus, 23 Julie 1992.

64

administratiewe aspekte van die dorp gereguleer het: gesondheid, veiligheid en

watervoorsiening.

2.3.1.1 Gesondheid

Gesondheidsregulasies het onder meer gekonsentreer op standaard

gesondheidsregulasies en die regulasies wat die bestryding van epidemies

beheer, sanitêre standaarde handhaaf en die bedrywighede van melkerye en

slagterye reguleer . Die Raad het ook die aanhou van pluimvee en diere beheer

om moontlike onhigiëniese toestande te bekamp wat voortspruit uit die aanhou

van plaasdiere in ʼn gekonsentreerde omgewing. Despatch het oor een mediese

praktisyn beskik en ʼn geregistreerde kraamverpleegster wat by die plaaslike

kraamkliniek in diens was.

2.3.1.2 Epidemies

Oorbewoning is streng teengewerk om die ontstaan van krotbuurtes te voorkom

wat gepaardgaan met swak higiëniese toestande. 130 Die Raad het amptelike

waarskuwings aan alle inwoners gegee dat geen motorhuise of dele van wonings

onderverhuur mag word nie. Die Mediese Gesondheidsbeampte van die Raad

het gerapporteer dat oorbevolking van huise tot die uitbreek van ʼn witseerkeel

epidemie in 1948 gelei het. Hierdie epidemie het die lewe van een inwoner

geëis. Alhoewel voorvalle van maagkoors en kinderverlamming ook voorgekom

het, was die Raad suksesvol in die bestryding daarvan en het hierdie epidemies

geen lewens geëis nie. Verder het die dorp ʼn veneriese siekte kliniek gehad. 131

2.3.1.3 Vullisverwydering en Sanitasie

130 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, pp. 12, 28.

131 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, pp. 28 – 29.

65

Die Raad was verantwoordelik vir die rioolverwydering en die versameling van

vullis en afval en die begrawe daarvan. Sodoende is die moontlikheid dat hierdie

afvalstowwe tot gesondheidsrisiko‟s kon lei, afgeweer. Verder het die bestuur

ook twee openbare toilette in stand gehou en die sanitêre geriewe van

66

Figuur 4: Slaghuis op Despatch, 1949. 132

Figuur 5: Die Poskantoor op Despatch, 1949. 133

132 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, p. 43.

133 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, p. 44.

67

estaurante en ander openbare plekke in die daaglikse omgang van sake

geïnspekteer. ʼn Verordening het bepaal dat alle vullisblikke ʼn deksel moes

hê. 134

2.3.1.4 Melkery en Slagpale

ʼn Gesondheidsinspekteur het verseker dat die plaaslike melkery en slagpale aan

die Raad se bepalings voldoen. Weeklikse inspeksies van die melkerye en

slagpale is ook gedoen om die higiëniese standaard van die melk- en

vleisverskaffers te verseker. Die gesondheidsinspekteur het verseker dat die

slagpale en melkery se geboue skoon was en dat die apparaat steriel gehou

word. Verder was die bottervetinhoud van die melk ook getoets. Die geboue

moes geskik wees ten opsigte van lig, lug en ruimte, met voldoende

watervoorsiening vir die skoonmaak van alle apparate en geboue. Indien die

inspekteur tevrede was met hierdie toestande, is die permit vir ʼn tydperk van een

jaar uitgereik. 135

2.3.2 Veiligheid

Bo en behalwe die regulasies wat deur die Unie van Suid-Afrika se regering

voorgeskryf is rakende openbare veiligheid, het die Bestuursraad ook die

volgende bepalings ingestel:

2.3.2.1 Lisensies

Die Raad het handelslisensies uitgereik om die belange van die kopers in

Despatch te beskerm. Hondelisensies is ook ingestel om te verseker dat die

inwoners veilig was ten opsigte van moontlike aanvalle deur honde.

134 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, pp. 35 – 36.

135 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, pp. 36 – 37.

68

2.3.2.2 Verkeer

Die dorp was naby ʼn spoorwegaansluiting geleë en dus was die hoof

vervoermiddel van die destydse inwoners die trein na Port Elizabeth gewees.

Die meerderheid van die inwoners van Despatch het in Uitenhage of Port

Elizabeth gewerk, en het die trein na die onderskeie dorpe geneem. Daar het

ook ʼn privaat busdiens bestaan, die Excelsior Busdiens bedryf deur mnr. G. F.

Schoultz. Die Raad het ʼn handelslisensie aan die busdiens uitgereik, omdat die

busdiens ʼn daaglikse roete en skedule gehad het om inwoners van Despatch na

Uitenhage te vervoer. Dit was veral van nut vir die inwoners wat ver van die

treinstasie af gebly het of vir huisvrouens wat inkopies op Uitenhage wou gaan

doen het. 136 Daar was ook ʼn hoofpad wat Port Elizabeth met Uitenhage verbind

het. Parallel met die spoorlyn was ʼn gruispad wat meer en meer deur die

inwoners gebruik was en mettertyd die hoofstraat van Despatch sou word. 137

Teen 1949 was daar geen verkeerspolisie in Despatch nie. Inwoners het ook

hulle motors op Uitenhage geregistreer. Die enigste spoedbeheermeganismes

wat in plek was, was die spoedbeperkers op die ingangspaaie tot die dorp. Dit

het egter nie ʼn daadwerklike probleem vir die Raad ingehou nie, aangesien daar

tot en met die einde van 1949 geen sterftes as gevolg van motorongelukke op

Despatch was nie. 138

136 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, p. 2.

137 S. Coetzer, “Stigting en Ontwikkeling van Despatch”, Looking Back, Maart 1992, p. 30.

138 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, p. 21.

69

Figuur 5: Despatch Stasie, 1949. 139

139 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, p. 44.

70

2.3.2.3 Brande

Alhoewel daar tot en met 1949 geen verwoestende brande op Despatch was nie,

het die Raad dit goed geag om ʼn lening aan te vra om

brandbestrydingstoerusting aan te koop. Die gemeenskap het ʼn

watervoorsieningstekort gehad en indien enige brande sou uitbreek, sou die

bestryding daarvan baie moeilik gewees het. Om hierdie rede het die Raad

heelwat aandag aan die verskaffing van water gegee. Verder was die regulering

van wonings ook ʼn mate van brandvoorkoming aangesien slegs een familie op ʼn

erf woonagtig kon wees. Dit het voorkom dat mense in motorhuise en in

agterplase woon, wat die moontlikheid van oorbevolking en die uitbreek van

brande verminder het. 140

2.3.3 Watervoorsiening

Inwoners van Despatch het gedurende die eerste jare van munisipale status nie

kraanwater gehad nie. Daar was gebruik gemaak van reënwater wat deur

dakgeute in tenks opgevang was. Alhoewel die dorpsbewoners toegelaat was

om teen betaling 1 500 gelling water per dag vanaf die spoorwegstasie te

gebruik, het min mense die middele gehad om die water te kollekteer en te

vervoer. Die Raad het gevolglik ʼn lisensie toegestaan aan privaat ondernemings

wat die water by die kraan by die spoorwegstasie gekry het en dit afgelewer het

by die huise. Despatch is wel geleë langs die Swartkopsrivier en was geregtig

op ʼn aandeel van die rivier se water. Die water was egter nie geskik vir

huishoudelike gebruik nie weens besoedeling deur die rioolstelsel van Uitenhage

wat stroomop in die rivier gestort is. Verder was die water ook deur plantegroei

140 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, p. 22.

71

esoedel. Despatch sou egter mettertyd watervoorsiening vanaf die Groendal-

waterskema verkry. 141 (Sien Hoofstuk 5).

141 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, pp. 33 – 34.

72

Kaart 2: Despatch, 1949. 142

73

2.3.4 Inkomste

Eiendomsbelasting was die vernaamste bron van inkomste vir die eerste Raad

en was bereken op die gesamentlike geskatte waarde van die huis en die erf

teen ʼn tarief van een sent in elke R2. In 1945 het die Raad ʼn inkomste van R 3

200 verdien. Teen 1949 het hierdie bedrag gestyg tot R16 412 – ʼn duidelike

aanduiding van die dorp se groei. 143

Mnr. B. Olckers, stadsklerk van 1949, het die belasting ingestel op vier pennies

in elke pond. Die Raad het verder inkomste verkry op ʼn registrasiefooi wat gehef

was op diere wat geslag is. Hierdie fooi was namens die Staat deur die Raad

ingesamel, wat op sy beurt ʼn 3% kommissie verkry het.

Die inkomste van die Raad is beslis ʼn aanduiding van die dorp se uitbreiding,

soos in die tabel hieronder uiteengesit:

Jaar Inkomste

1945 £1 599 -18- 3

1946 £2 320 -1- 2

1947 £4 827 -8- 3

1948 £6 376- 1- 4

1949 £8 206 -3- 10

Tabel 4: Inkomste van die munisipaliteit van Despatch: 1945 – 1949. 144

142 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, p. 1.

143 S. Coetzer, “Stigting en Ontwikkeling van Despatch”, Looking Back, Maart 1992, p. 30.

144 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, p. 13.

74

Hoofstuk 3

Dorpsontwikkeling

Die ontwikkeling was Despatch word gekenmerk deur ʼn merkwaardige groei

tydens die jare 1940 – 1980. Tydens hierdie jare het die dorp ontwikkel in ʼn

munisipaliteit met sy eie identiteit. ʼn Burgemeestersketting en ʼn eie dorpswapen

het hierdie behoefte gevul. Die dorp het ook ontwikkel wat infrastruktuur betref.

Elektrisiteit, kraanwater, teerstrate, spoelrioolstelsels, sportsentrums,

ontspanningsgeriewe en ʼn biblioteek is sommige van die strukture wat die

stadsraad vir Despatch ontwikkel het. Alhoewel die raad geen grond met die

stigting in 1943 besit het nie, het die ontwikkeling van Despatch gesorg dat groot

gebiede, soos Perseverance en Totteridgepark, tot die dorpsgebied van

Despatch gevoeg word.

3.1 Burgemeesters

Die eerste stadsraad van Despatch het hulle taak vanuit ʼn platdakgebou in

Hoofstraat gevoer. Die eerste burgemeester van Despatch was mnr. R. J Fourie.

Mnr. W. J. Olckers was die eerste Stadsklerk gewees. Die administrasie van die

eerste Bestuursraad is in Hoofstuk 2 geskets.

Burgemeesters van Despatch (1945 – 2000):

75

Naam Termyn

R. J. Fourie

F. A. F. Claassen

G. F. Schaultz

W. J. Olckers

F. A. F. Claassen

W. J. Olckers

B. P. M. Landman

W. J. de Wet

L. J. Venter

J. A. van der Linde

F. A. F. Claassen

W. J. de Wet

J. S. M. du Plessis

3 September 1945 – 3 September 1946

3 September 1946 – 8 September 1949

Slegs een dag, 8 September 1949

18 Oktober 1949 – 3 September 1952 145

3 September 1952 – 7 September 1954

7 September 1954 – 6 September 1955

6 September 1955 – 15 Augustus 1957

15 Augustus 1957 – 9 September 1958

9 September 1958 – 9 September 1960

9 September 1960 – 11 September 1962

11 September 1962 – 12 September 1967

12 September 1967 – 6 September 1968

6 September 1968 – 31 Augustus 1970

145 ʼn Vergadering moes eers belê word na die bedanking van mnr. Shaultz, vandaar die

onderbreking in die tydlyn.

76

E. J. Swanepoel 1 September 1970 – 22 April 1978 146

C. J. Grobler

T. J. Barnard

J. Kemp

C. J. Grobler

G. Knoetze

S. J. van der Westhuizen

P. G. Marais

T. W. Lawu

L. M. van Vuuren

P. G. Marais

L. M. van Vuuren

25 April 1978 – 3 September 1981

3 September 1981 – 21 Januarie 1987 147

27 Januarie 1987 – 1 September 1992

1 September 1992 – 30 Augustus 1994

5 Oktober 1994 – 31 Oktober 1995 148

7 November 1995 – 1 Julie 1996 149

23 Julie 1996 – 3 September 1996

3 September 1996 – 9 September 1999

9 September 1997 – 16 November 1998

16 November 1998 – 8 Desember 1999

8 Desember 1999 – 3 September 2000

Tabel 5: Burgemeesters van Despatch 1945 – 2000. 150

146 Mnr. Swanepoel het weens kanker gesterf en gevolglik is die volgende burgemeester eers

na sy begrafnis ingesweer.

147 Mnr. Barnard is insolvent verklaar en moes volgens regulasies bedank as burgemeester. ʼn

Noodvergadering moes gehou word vir die verkiesing van ʼn opvolger vir mnr. Barnard,

vandaar die onderbreking in die tydlyn.

148 Mnr. Knoetze was die voorsitter van die plaaslike Oorgangsraad en het nooit die titel van

burgemeester beklee nie en dus het hy nooit die burgemeestersketting gedra nie.

149 Mnr. Van der Westhuizen is oorlede tydens sy ampstermyn.

77

Mnr. F. A. F. Claassen het drie termyne as burgemeester gedien. Mnre. Olckers,

De Wet, Grobler en Marais het elk twee termyne gedien. Mnr. Swanepoel het

met agt jaar diens die langste dienstermyn van al die burgemeesters gehad.

Mnr. Lawu was ook die eerste swart burgemeester van Despatch.

Stadsklerke van Despatch (1945 – 2000):

Naam Termyn

W. J. Olckers 1 Julie 1945 – 31 Junie 1949

B. Olckers 1 Julie 1949 – 31 Desember 1951

R. van der Walt 1 Maart 1952 – 31 Julie 1979

U. Erasmus 1 Augustus 1979 – 1 Augustus 1995

A. H. Pretorius 1 Augustus 1995 – 8 Desember 2000 151

Tabel 6: Stadsklerke van Despatch 1945 – 2000. 152

Met die stigting van die Nelson Mandela Metropolitaanse Munisipaliteit (NMMM)

het Uitenhage, Port Elizabeth en Despatch opgehou om as aparte munisipaliteite

te funksioneer. Die post-apartheid bedeling het plaaslike bestuur onherroeplik

verander na die plaaslike owerheidsverkiesings van November 1995. Tydens

hierdie verkiesing is die plaaslike oorgangsrade in elke munisipale gebied

verkies. Dit is duidelik uit beleidsdokumente en daaruit voortvloeiende

wetgewing, dat die regering van voornemens was om die aantal plaaslike

owerhede in die land drasties te verminder. Die nuutverkose Plaaslike

Oorgangsraad van Despatch het uit vier Nasionale Party (NP) lede, vier African

150 Despatch Museum, muur van die burgemeesters.

151 Mnr. Pretorius neem waar in die plek van mnr. Erasmus vanaf Augustus en word amptelik in

die

pos aangestel op 1 Maart 1996.

152 Despatch Museum, muur van die burgemeesters.

78

National Congress (ANC) lede en twee lede van die Vryheidsfront (VF) bestaan.

Alhoewel daar verskillende sienings van die verskillende partye was oor hoe die

oorgang moes geskied, was daar egter aanvanklik eenstemmigheid dat, wat ook

al gebeur, Despatch sy identiteit moet behou. 153

Die eerste salvo‟s in die stryd om Despatch se voortbestaan as munisipaliteit is

afgevuur toe die destydse Permanente Sekretaris van die Oos-Kaapse

departement van Behuising en Plaaslike Regering die Rade van Port Elizabeth,

Uitenhage en Despatch gevra het om elk ʼn verteenwoordiger op ʼn Tegniese

taakspan aan te wys. Die Raad van Despatch het die Uitvoerende Hoof en

stadsklerk, mnr. A. H. Pretorius, benoem as sy verteenwoordiger op die

Taakspan. Dit was egter van die staanspoor af duidelik dat die amalgamasie van

Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch die gewensde uitkoms vir die regering

was en dit sou baie moeilik wees om hierdie proses in ʼn wesenlik ander rigting te

stuur, naamlik die voortbestaan van Despatch as munisipale gebied. 154

Die rol wat Despatch in die aanvanklike onderhandelinge gespeel het, word

beklemtoon deur die feit dat die heel eerste hoëvlak samesprekings op Despatch

gehou is. Tydens dié vergadering op Donderdag 24 Oktober 1996 in die

Raadsaal, was die Oos-Kaapse Lid van die Uitvoerende Raad (LUR) vir

Behuising en Plaaslike Regering, mnr. Max Mamase, sowel as die

burgemeesters van Port Elizabeth en Uitenhage teenwoordig. Die burgemeester

van Despatch, raadslid T. W. Lawu, het as Voorsitter opgetree. 155

Tydens sy toespraak het die LUR aangedui dat daar twee opsies is wat deur

rolspelers oorweeg kon word. Eerstens die daarstelling van ʼn megastad. In

153 Skriftelike mededeling van mnr. A. H. Pretorius, Die proses wat gelei het tot die

metropolitanisering van Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch, 5 November 2009.

154 Skriftelike mededeling van mnr. A. H. Pretorius, Die proses wat gelei het tot die

metropolitanisering van Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch, 5 November 2009.

155 Skriftelike mededeling van mnr. A. H. Pretorius, Die proses wat gelei het tot die

metropolitanisering van Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch, 5 November 2009.

79

hierdie geval sou die bestaande drie stede hulle outonomie behou. Die nuwe

owerheid sou slegs verantwoordelik wees vir sekere funksies wat die hele gebied

raak. 156

Die tweede opsie sou wees om ʼn metropolitaanse raad te vorm. In hierdie geval

sou die plaaslike owerhede van Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch deur

metropolitaanse substrukture vervang word. 157

Daar was belangstelling vanuit verskeie oorde in die proses en instansies soos

“Institute for a Democratic Alternative for South Africa” (IDASA) was onder meer

betrokke. Daar was ook internasionale belangstelling. ʼn Verteenwoordiger van

die “One World Action” van die Verenigde Koninkryk het Despatch op ʼn

feitesending besoek. Al drie die tersiêre inrigtings, die Universiteit van Port

Elizabeth, Vista Universiteit en Port Elizabeth Technikon, se Publieke

Administrasie Departemente het ook inligting verskaf en ʼn geweldige

hoeveelheid dokumente is deur dié drie en IDASA opgestel vir bestudering deur

raadslede en amptenare. Rade het ook hul eie inligting ingesamel. Despatch

het heelwat inligting bekom van die Belgiese(en Europese) hoofstad, Brussel. 158

Die volgende vergadering van afgevaardigdes van die onderskeie munisipaliteite

is op 17 Maart 1997, weer op inisiatief van Despatch, in die Despatch Raadsaal

gehou. Die Despatch Raad het ook die Westelike Streek Distriksraad (WDR) na

die vergadering genooi. Tydens hierdie vergadering is besluit dat ʼn formele

onderhandelingsforum in die lewe geroep moet word. Die Voorsitter van die

WDR, raadslid D. Sandi, het Despatch se verteenwoordigers voor die tyd

156 Skriftelike mededeling van mnr. A. H. Pretorius, Die proses wat gelei het tot die

metropolitanisering van Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch, 5 November 2009.

157 Skriftelike mededeling van mnr. A. H. Pretorius, Die proses wat gelei het tot die

metropolitanisering van Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch, 5 November 2009.

158 Skriftelike mededeling van mnr. A. H. Pretorius, Die proses wat gelei het tot die

metropolitanisering van Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch, 5 November 2009.

80

ontmoet. Dit was duidelik dat die Despatch Raad en die WDR bekommerd was

oor die invloed wat die voorgestelde metro op die toekoms van hul onderskeie

owerhede kon hê. 159 Die doel van die formele onderhandelings was om ʼn poging

aan te wend om die onafhanklike bestaan van Despatch as ʼn munisipale gebied

te verseker.

Daar is in Oktober 1997 ʼn skrywe aan die reeds genoemde Oos-Kaapse LUR

gerig waarin goedkeuring gevra is vir die daarstelling van ʼn Inter-

owerheidsforum, bestaande uit raadslede van die vier owerhede, welke forum

deur die Tegniese Taakspan bygestaan sou word. Die LUR het egter in sy

reaksie aangedui dat die voorgestelde forum ooreenkomstig wetgewing wat in

die proses was om afgekondig te word, saamgestel behoort te word. Intussen is

wetgewing ook afgekondig wat die afbakeningsproses sou reël en is die

Munisipale Afbakeningsraad ingestel, wat onverwyld met die afbakeningsproses

begin het. Dit was toe reeds vir die Raad van Despatch duidelik dat dit die begin

van ʼn onomkeerbare proses was en dat die voortbestaan van Despatch as ʼn

outonome owerheid ernstig in die gedrang was. 160

Die Raad het in Oktober 1999 sy siening oor die afbakening aan die

Afbakeningsraad oorgedra. Die Afbakeningsraad het egter besluit dat die Port

Elizabeth/Uitenhage/Despatch gebied die sesde metropolitaanse gebied in die

land sou word. Despatch se reaksie was om die metro te aanvaar, maar om

eenparig hul steun uit te spreek vir die daarstelling van sub-rade, met dien

verstande dat Despatch ʼn eie sub-raad sou vorm. 161

159 Skriftelike mededeling van mnr. A. H. Pretorius, Die proses wat gelei het tot die

metropolitanisering van Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch, 5 November 2009.

160 Skriftelike mededeling van mnr. A. H. Pretorius, Die proses wat gelei het tot die

metropolitanisering van Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch, 5 November 2009.

161 Skriftelike mededeling van mnr. A. H. Pretorius, Die proses wat gelei het tot die

metropolitanisering van Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch, 5 November 2009.

81

Met die totstandkoming van die metro ʼn voldonge feit, het die Inter-

owerheidsforum, wat die naam PEDU Fasiliteringskomitee gekry het, vroeg in

2000 in alle erns aan die werk gespring om al die werk wat gedoen moes word

en besluite wat geneem moes word, betyds af te handel. Alhoewel Despatch se

verteenwoordigers hard probeer het om vir die dorp die bes moontlike posisie te

beding, is hulle met die demografiese werklikhede gekonfronteer. Die getalle-

oorwig was net te groot. Die moontlikheid van ʼn sub-raad is vroeg reeds van die

tafel gevee. Trouens, daar is besluit dat die metro glad nie sub-rade sal hê nie. 162

Toe die finale afbakening van wyke deur die Afbakeningsraad gedoen is, was

daar van die 54 wyke slegs een wat volledig uit gedeeltes van Despatch bestaan

het, terwyl Despatch deel gevorm het van twee ander wyke. Op die dag van die

verkiesing, 5 Desember 2000, het die bestaande munisipaliteite formeel ophou

bestaan en het die nuwe NMMM die volgende dag tot stand gekom. 163 Despatch

as ʼn outonome munisipale gebied het ophou bestaan.

3.2 Dorpsbestuur

Die stadsaal en munisipale kantore in Voortrekkerstraat is in 1956 geopen.

Hierdie gebou is teen ʼn koste van R50 000 opgerig. 164 Die bestuur van

Despatch het sake van die dorp vanuit hierdie perseel bedryf totdat Despatch,

Uitenhage en Port Elizabeth in Desember 2000 geamalgameer het om die

Nelson Mandela Metropolitaanse Munisipaliteit te vorm.

162 Skriftelike mededeling van mnr. A. H. Pretorius, Die proses wat gelei het tot die

metropolitanisering van Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch, 5 November 2009.

163 Skriftelike mededeling van mnr. A. H. Pretorius, Die proses wat gelei het tot die

metropolitanisering van Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch, 5 November 2009.

164 S. Coetzer, “Stigting en Ontwikkeling van Despatch”, Looking Back, Maart 1992, p. 32.

82

Die stadsbestuur van Despatch het in Desember 1965 ʼn skrywe van die

Administrasie van die Kaap die Goeie Hoop ontvang om ondersoek in te stel na

ʼn moontlike amalgamasie tussen Despatch en Uitenhage. As redes vir ʼn

toekomstige amalgamasie, het die Administrateur se kantoor aangevoer dat die

tempo waarteen Despatch en Uitenhage groei, tot nouer samewerking tussen

hierdie twee munisipaliteite sal lei. ʼn Amalgamasie sou ook daartoe lei dat die

bronne waaroor hierdie twee munisipaliteite beskik, beter aangewend kon word.

Onder andere sou dit:

a) Doeltreffender beplanning van die gebied bevorder.

b) Voorsiening maak vir een behuisingskema vir arbeid en sou die

arbeidsbronne ook meer gesentraliseer wees en so die industrieë

bevoordeel.

c) Die duplisering van dienste uitskakel en sodoende die kostes van

administrasie bespaar. 165

Beide die munisipaliteite van Despatch en van Uitenhage was egter nie ten

gunste van so stap nie. Gevolglik het die stadsraad van Despatch te kenne

gegee dat dit nie amalgamasie met Uitenhage verlang nie. 166 Die Administrateur

het besluit dat hierdie kwessie vir die “oomblik” agterweë gehou sou word. 167

3.3 Munisipale ontwikkeling

Om die munisipale ontwikkeling van Despatch te bevorder, het die dorpsbestuur

reeds in 1937 begin om masjinerie aan te skaf vir hierdie doel. In 1937 het die

165 AA.208/59 Direkteur van Plaaslike Bestuur – Despatch stadsklerk, 2 Desember 1965.

166 AA.208/59 Despatch stadsklerk – Direkteur van Plaaslike Bestuur, 6 Desember 1966.

167 AA.208/59 Direkteur van Plaaslike Bestuur – Despatch stadsklerk, 2 Junie 1967.

83

dorpsbestuur ʼn no. 10 Caterpillar 2k487 padskraper en ʼn 3 ton vragmotor

aangekoop. Teen Januarie 1955 het die munisipaliteit oor die volgende

masjinerie beskik:

a. 1 x 7 ton vragmotor,

b. 2 x 3 ton vragmotors (een met wipbak en een met platbak),

c. 1 x Chevrolet 5 ton brandweerwa met spuitpompe,

d. 2 x motorfietse,

e. 1 x Galion Warrior 8/10 ton padroller en

f. 1 x no. 10 Caterpillar 2k487 padskraper.

In Mei 1955 het die munisipaliteit ʼn verdere twee Chevrolet vragmotors

aangekoop, ʼn 5 en 3 ton onderskeidelik. In Desember 1955 is ʼn Landrover en ʼn

1 ton afleweringsvoertuig aangekoop. Die munisipaliteit het verder in November

1956 ʼn Kennedy 10/20 klipbreker aangekoop. In 1957 het die munisipaliteit

verdere aankope gemaak. Twee 500cc Roadrockets is aangekoop, een vir die

verkeersdepartement en een vir die lokasie-inspekteur. ʼn Nuwe Landrover is

aangekoop om die wateruitbreidingskema te administreer en ʼn 3 ton vragmotor is

aangekoop en omskep in ʼn 600 gallon watertenk om watervoorsiening te

vergemaklik. 168

Uit die bogenoemde is dit dus duidelik dat die munisipaliteit gereed was vir die

uitbreiding en bevolkingsontploffing wat Despatch in die komende jare sou

beleef.

3.3.1 Behuising

Die vroeë jare van Despatch is gekenmerk deur ekonomiese verlamming as

gevolg van die Tweede Wêreldoorlog. Daar is gediskrimineer teen mense wat

nie die staat se deelname aan die oorlog gesteun het nie en werksgeleenthede

168 Verslag van die munisipale werktuigkundige, R. J. Veldtman, Januarie 1960.

84

en lone was baie laag. Verder was daar ook geen staatsgesubsidieerde

behuisingskemas nie. Desnieteenstaande was slegs 25% van die inwoners op

Despatch huurders gewees as gevolg van die lae koste van grond en bouwerke.

ʼn Gemiddelde drieslaapkamer huis kon vir R 1 400 gebou word. Bykans al die

huise wat op die dorp in hierdie stadium gebou is, was eenslaapkamer huise.

Munisipale regulasies het verseker dat slegs een familie per 2 000 vierkante voet

erf woonagtig kon wees. 169

Gedurende die 1940‟s en 1950‟s het die instroming van mense na Despatch

aansienlik toegeneem. Die bou van huise kon nie in die aanvraag na huise

voldoen nie en gevolglik het oorbevolking ontstaan. In 1949 het die Departement

van Gesondheid berig: “dat [daar] nog baie mense in motorhuise gehuisves

[was], meestal onder baie onhigiëniese toestande.” 170 Die publiek se aandag is

daarop gevestig dat dit ʼn strafbare oortreding was om kamers op Despatch te

onderverhuur. 171

Die munisipaliteit het ook jaarliks ʼn gemiddeld van 300 huise op die dorp gebou.

Privaat ontwikkelaars het ook geleenthede op Despatch benut. Met die

toevoeging van Totteridgepark in September 1972 tot Despatch se munisipale

gebied, het private ontwikkelaars huise daar gebou. Sodoende is die ontstaan

van agterbuurtes vermy. Dit het verder daartoe bygedra dat Despatch vanaf die

staanspoor as ʼn “familie-dorp” bekend gestaan het. Teen 1968 was daar meer

as 2 000 huise op Despatch, maar slegs twee woonstelblokke. 172

Met die ontwikkeling van die plase Midvale en Manor Heights in

behuisingskemas gedurende 1937 – 1948, was een van die voorwaardes vir die

169 Toespraak deur mnr. R. du Plessis, Hoërskool Despatch, 16 Oktober 1972.

170 Toespraak deur mnr. R. du Plessis, Hoërskool Despatch, 16 Oktober 1972.

171 S. Coetzer, “Stigting en Ontwikkeling van Despatch”, Looking Back, Maart 1992, p. 29.

172 Statistieke Suid-Afrika, Dorpsdata: Bewoonde plekke in die Republiek van Suid-Afrika,

Suidwes- Afrika, Lesotho, Botswana en Swaziland, 1968, p.12

85

koop van ʼn erf dat elke eienaar self ʼn pad sal bou na die openbare terrein wat

uiteengesit is vir die begrawing van riool en nagvuil. 173 Dit het daartoe gelei dat

meeste van die strate tussen die huise voetpaaie was. Die hoofstraat van die

dorp was aanvanklik ʼn gruispad. Een van die grootste klagtes van die vroeë

inwoners van Despatch was die swak toestand van die strate. Indien die potklei

en klippe in reënweer nat geword het, was die strate ontoeganklik vir motors

gewees. Dames was ook mismoedig omdat hulle nie met deftige skoene die

klippe in die strate kon aanpak nie. 174

Die hoofstraat is in 1952 geteer teen ʼn koste van R20 000. Hierna is die

vernaamste strate wat toegang tot die spoorwegstasie en die sakegebied verleen

het, geteer. Voortaan het die munisipaliteit vereis dat enige nuwe ontwikkeling

wat plaasvind, voorsiening moes maak vir die nodige fasiliteite asook vir

teerstrate. 175

In 1982 is bouplanne vir die dorp goedgekeur wat R3.5 miljoen beloop het. Die

daaropvolgende jaar, 1983, is ʼn verdere R4.5 miljoen goedgekeur vir verdere

uitbreiding in die dorp. Despatch het in so ʼn mate uitgebrei dat die munisipaliteit

genoodsaak was om die dorp te onderverdeel in woonbuurte. In Maart 1984 is

die volgende name voorgestel vir die verskillende wyke van die dorp:

1. Manor Heights,

2. Campherpark,

3. Bothasrus,

173 Amptelike aansoek gerig aan die Provinsiale Administrateur van mnre. Pagden en Christian

namens die boedel Botha vir die stigting van die informele nedersetting Manor Heights

Uitbreiding 1, 26 Mei 1937; Amptelike aansoek gerig aan die Provinsiale Administrateur van

mnre. Pagden en Christian namens mnre. Rudolph Johannes Fourie, Johannes Christiaan

Rabie, Gerhardus Cornelis Fourie en Willem Joseph Olckers vir die stigting van die informele

nedersetting Retief Uitbreiding 2, 21 November 1940.

174 S. Coetzer, “Stigting en Ontwikkeling van Despatch”, Looking Back, Maart 1992, p. 32.

175 S. Coetzer, “Stigting en Ontwikkeling van Despatch”, Looking Back, Maart 1992, p. 32.

86

4. Hollandia Retief,

5. Windsorpark,

6. Ben Swartkopsrust. 176

176 Oosterlig, 21 Maart 1984.

87

Kaart 3: Die woonbuurte van Despatch. 177

Inwoners van Despatch is uitgenooi om voorstelle in te dien. Baie het egter hulle

misnoeë met van die voorgestelde name uitgepreek. Dit was veral die name Ben

Swartkopsrust en Hollandia wat groot ongelukkigheid veroorsaak het. Daar is

dus besluit om hierdie buurte eerder te herdoop tot Windsorpark, Heuwelkruin en

Azaleapark. 178 Die woonbuurte van Despatch word tans as volg ingedeel:

1. Azaleapark,

2. Bothasrus,

3. Campherpark,

4. Sentraal,

5. Heuwelkruin,

6. Manor Heights en

7. Retief.

Alhoewel die munisipaliteit beoog het om ʼn eie landdrosdistrik vir Despatch te

bewerkstellig, was dit egter nie moontlik nie. Die destydse minister van Justisie,

H. J. Coetsee, was van mening dat misdaad op Despatch te min was. Daarom

was die stigting van ʼn eie landdrosdistrik nie te regverdig nie. 179 Despatch het tot

en met die totstandkoming van die Nelson Mandela Metropool onder die

landdrosdistrik van Uitenhage geval.

177 Kaart verwerk vanaf www.streetmaps.co.za.

178 Oosterlig, 25 Mei 1985.

179 Oosterlig, 18 Augustus 1982.

88

3.3.2 Watervoorsiening en Elektrisiteit

Mnr. F. Holland se besproeiingskema het voorsiening gemaak vir aanvanklike

leiwater vanaf die Swartkopsrivier. Die rivier het egter besoedel geraak, deels as

gevolg van die wolwassery by Uitenhage, plantebesoedeling asook plakkers wat

die rivier vir sanitêre doeleindes gebruik het sodat die rivierwater ondrinkbaar

geword het. Elke huis op Despatch het een of twee watertenks gehad waarin

dakwater opgevang kon word. Verder was water verkrygbaar vanaf die

Spoorweë, teen ʼn koste van 5 sjielings per 1 000 gelling water. 180

Die groei van Despatch het beteken dat meer mense water benodig het vir

daaglikse gebruik. Teen 1949 het die inwoners van die dorp 120 000 gallon

water per dag gebruik. ʼn Watervoorsieningsprojek is in 1949 begin. Die

inwoners van Despatch sou egter eers in 1952 die gerieflikheid van kraanwater

kon benut nadat ʼn ooreenkoms met Uitenhage aangegaan is om 75 000 gelling

(375 000 liter) water vanaf die Groendal-skema te voorsien. Despatch het ook ʼn

verdere 100 000 gelling water vanaf Uitenhage ontvang. Ondergrondse pype is

aangebring om die vier reservoirs op die dorp aan te vul. 181

Vir die nuwe diens wat die munisipaliteit sou verskaf, moes inwoners 10 sjielings

ʼn maand vir 2 500 gelling water betaal. Waterverbruik sou deur meters gemeet

word wat deur die raad aangebring is, en waarvoor die huiseienaar ʼn tarief van

een sjieling ʼn maand moes betaal. Die nuwe waterpype is slegs deur die raad

tot en met drie meter van die pad af gelê. Huiseienaars was self verantwoordelik

om die aansluiting te behartig, maar was verplig om gebruik te maak van

loodgieters wat deur die raad goedgekeur is. 182

180 Jaarverslag van die burgemeester, 1954.

181 UD News, 23 Julie 1992.

182 Amptelike kennisgewing van die stadsklerk, Maart 1952.

89

In Desember 1972 was drie addisionele reservoirs reg vir gebruik. Dit het die

totale aantal reservoirs op die dorp tot sewe verhoog. 183 . Met die vinnige groei

van die dorp moes addisionele water later vanaf Port Elizabeth aangelê word.

Met die totstandkoming van Despatch as ʼn munisipale gebied is ʼn emmerstelsel

gebruik vir die verwydering van riool en nagvuil. Despatch het sy eie

spoelrioolstelsel in 1970 gekry teen ʼn koste van R800 000. Die spoelrioolstelsel

sou een van die modernste van die dag wees. Hierdie was ʼn twispunt onder die

stadsraadlede gewees aangesien raadslid Claassen in Februarie 1969 oor

hierdie kwessie bedank het. Syns insiens was die rioolwerke ʼn vermorsing van

die dorp se finansiële bronne en kon die dorp eerder gebruik gemaak het van

Uitenhage se stelsel. 184

Dit moet egter in gedagte gehou word dat Despatch ʼn vinnig groeiende dorp was

en dat daar wel ʼn noodsaaklikheid vir ʼn eie stelsel sou wees. Die nuwe

uitvalwerke is baie modern en die afvalwater word gesuiwer en word dan

herverbruik om die sportvelde en tuine van die dorp nat te lei. Dit is veral handig

tydens droogtes, aangesien die gesuiwerde water nie vir huishoudelike gebruik

aangewend word nie, maar wel as besproeiingswater.

Die ontwikkeling van Despatch het in die jaar 1952 nog ʼn hoogtepunt bereik toe

die dorp sy eerste elektrisiteitsvoorsiening in April ontvang het. Voortaan sou

stelselmatig straatbeligting en elektrisiteits-verbindings na elke woning in die

dorp gelewer word. 185 Die elektrisiteitsvoorsiening het goed gevorder en teen

1954 was daar alreeds 330 straatligte op Despatch en het 650 erwe elektrisiteit

geniet. 186

183 Eastern Province Herald, 11 Desember 1972.

184 Die Oosterlig, 5 Februarie1969.

185 S. Coetzer, “Stigting en Ontwikkeling van Despatch”, Looking Back, Maart 1992, p. 32.

186 Jaarverslag van die burgemeester, 1954.

90

3.3.3 Gesondheidsdienste en Veiligheidsdienste

Teen 1949 het Despatch oor een mediese praktisyn beskik. Daar was ook ʼn

kraamkliniek en ʼn veneriese siektes kliniek op die dorp. Laasgenoemde het

egter slegs die swart bevolking gedien. 187

Die inwoners van Despatch het in April 1972 ʼn daghospitaal gekry. Teen

Desember 1972 het die munisipaliteit sy eerste ambulans ontvang. Dit was egter

net vir die uitsluitlike gebruik van die blanke inwoners. Die stadsraad sou ten

opsigte van nie-blanke inwoners steeds van privaat dienste gebruik moes

maak. 188

Teen 1990 het die gesondheidsdienste op die dorp gegroei tot ses geneeshere,

twee tandartse, ʼn fisioterapeut, die munisipale kliniek en ʼn ouetehuis. 189 Die

ouetehuis, Huis Najaar, het in 1987 uitbreidings ter waarde van R1,3 miljoen

ondergaan. Deel van hierdie uitbreiding was die aanbou van addisionele kamers

in die ouetehuis, maar die mees opmerklike uitbreiding wat aangebring is, was

die installering van Despatch se eerste hysbak. 190

Despatch het reeds vanaf 1945 sy eie verkeersdepartement. Die brandweer het

onder die verkeersdepartement geval. Teen 1955 het die munisipaliteit een

verkeersbeampte, een hoofbrandweerman en drie brandweermanne in diens

gehad.

3.3.4 Sportkompleks, Biblioteek en ander geriewe

187 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, pp. 28 – 29.

188 UD News, 10 April 1972.

189 “Huis Najaar huisves die enigste hysbak op Despatch”, Oosterlig, 26 Oktober 1987.

190 S. Coetzer, “Stigting en Ontwikkeling van Despatch”, Looking Back, Maart 1992, p. 34.

91

Die eerste inwoners van Despatch moes van die sportfasiliteite op Uitenhage

gebruik maak. Die dorp se watertekort het enige sodanige uitbreidings

gekniehalter. Dit sou eers na die implementering van die spoelrioolstelsel in

1970 wees dat die dorp gehalte sportgeriewe verkry het. Die raad het reeds in

1953 tennisbane op die dorp aangebring. Hierdie was die eerste

ontspanningsfasiliteite van die dorp. 191 Die raad het ook in Desember 1957

grond aan die Laerskool Susannah Fourie afgestaan vir die aanlê van ʼn

rugbyveld. 192

Die Uniepark (tans Republiekpark) sportkompleks is deur die Kaaplandse

Administrateur, mnr. A. H. Vosloo, op 6 Oktober 1973 geopen. Dit het ʼn

Olimpiese standaard swembad, rugby- en krieketvelde, ʼn jukskei- en tennisbane

asook ʼn klubhuis ingesluit. Hierdie kompleks was die grootste skema van sy

soort op Despatch tot op hede. Die sportkompleks kan die volgende sportsoorte

aanbied: rugby, krieket, netbal, jukskei, stoei, boks, tennis, swem en duifresies.

Die sportkompleks spog ook met ʼn pawiljoen wat ʼn skare van 2 800 kan

huisves. 193

Die eerste biblioteek op Despatch is reeds in die laat 1920‟s geopen. Mev.

Botha se huis is as vergaderplek gebruik. Hier het die eerste inwoners van die

dorp boeke onder mekaar geruil. 194 Op 28 Maart 1967 het Despatch die

dorpsbiblioteek geopen. Die Hendrik Verwoerd Biblioteek is deur mnr. Frans

Conradie geopen. Teen ʼn koste van R50 000 het hierdie gebou as ʼn trotse

baken van die dorp se ontwikkeling gestaan en het met die opening alreeds 20

000 boeke gehad. Die eerste bibliotekaresse was mev. S. D. Eichloff. In 1972

191 Brief van die Provinsiale Sekretaris aan die stadsklerk ter erkenning van die oordrag van die

openbare grond aan die tennisklub, 16 Februarie 1954.

192 Brief van die Provinsiale Sekretaris aan die stadsklerk ter erkenning van die oordrag van die

openbare grond aan die Laerskool Susannah Fourie, 4 Desember 1957.

193 Brief aan Aucamp and Squire Promosies van die stadsklerk van Despatch, 18 September

1973; Eastern Province Herald, 16 Oktober 1973.

194 S. Coetzer, “Stigting en Ontwikkeling van Despatch”, Looking Back, Maart 1992, p. 32.

92

het die Provinsiale bibliotekaresse die Hendrik Verwoerd Biblioteek as die beste

biblioteek in die Oos-Kaap aangewys. Spesiale melding is gemaak van die

voortreflike werk wat mev. Eichloff en mee. R. Nortier en H. Cilliers verrig het om

die geskiedenis van Despatch te bewaar. 195

In 1963 het Despatch sy eie bakkery onder die eienaarskap van mnr. Theron

gekry. In dieselfde jaar is ook ʼn inryteater open. Despatch se eerste

verkeersligte was by die ingang van die inryteater opgerig om die verkeersvloei

aan die einde van die vertonings te reguleer. Saam hiermee het Despatch ook ʼn

nuwe poskantoorgebou asook ʼn outomatiese sentrale ontvang. 196

Alhoewel die Despatch museum eers na die tydperk waarop hierdie studie

konsentreer geopen is, is dit van belang dat die geleentheid wel genoem word.

Die museum het sy deure op 24 September 2002 geopen. Mnr. Attie Pretorius

het tydens die oorgangstydperk van die dorp na die metropool hom beywer vir

die stigting van hierdie museum. ʼn Komitee is saamgestel om hierdie belangrike

gebou op die dorp lewensvatbaar te maak. Ses jaar na die komitee begin beplan

het, is die museum se deure deur mnr. Nceba Faku, destyds die burgemeester

van die metropool, geopen. Die museum huisves dokumentasie oor die vroeë

geskiedenis van Despatch, die burgemeestersketting, ʼn huldeblyk aan die dorp

se sportsterre asook modelle van die dinosourus wat in Despatch gevind is en

die skoorsteen. 197

Die Despatch museum het verder ʼn kardinale rol gespeel om te verseker dat die

skoorsteen op Despatch gerestoureer word om vir die nageslag bewaar te word.

Dit is immers een van slegs drie skoorstene wat volgens die spesifieke boustyl

195 Eastern Province Herald, 22 November 1972.

196 Jaarverslag van die burgemeester van Despatch, 1954.

197 Die Burger, 24 September 2002.

93

gebou is (Sien Hoofstuk 1). Op 11 September 2009 is die skoorsteen na 126

jaar gerestoureer tot sy voormalige glorie. 198

3.4 Naamsverandering

In Mei 1973 het berigte in die plaaslike pers begin verskyn dat Despatch ʼn

naamsverandering sou ondergaan. Die nuwe naam sou John Vorster wees.

Hierdie nuwe naam sou vanaf 13 September 1973 in gebruik geneem word. 199

Hierdie aangeleentheid het egter groot omstredenheid op Despatch veroorsaak.

Die motief agter die naamsverandering blyk te wees politieke ambisie. Mnr. J. J.

Engelbrecht, wat lid van die Volksraad was, het ʼn skrywe aan die burgemeester

van Despatch, mnr. E. J. Swanepoel, gerig. In hierdie brief, gedateer 15

Februarie 1973, spreek mnr. Engelbrecht sy wens uit dat die stadsraad van

Despatch dit goed ag dat die naam van Despatch verander word om die

destydse Eerste Minister, John Vorster, te vereer. Hierdie stap sou die dorp

“groot op die kaart van [Suid-Afrika]” plaas. Verder, het mnr. Engelbrecht

gemaan dat indien so ʼn naamsverandering moes geskied, sake vinnig gedoen

moes word aangesien “ʼn stad-in-wording tussen Pretoria en Kemptonpark sou

ook moontlik so ʼn naam kry. As [die stadsraad] dus eerste kan inkom sal dit die

[stad-in-wording] uitskakel.” 200

Swanepoel het na die ontvangs van bogenoemde skrywe raad vanaf mnr. F. D.

Conradie asook die stadsraad van Verwoerdburg (wat vroeër ʼn

naamsverandering ondergaan het) gevra. Die stadsraad van Verwoerdburg het

dit aan die skakelkomitee gestel dat met die totstandkoming van ʼn nuwe

munisipale gebied deur die samevoeging van Lyttelton, Irene, Clubview,

198 UD News, 15 September 2009.

199 Die Oosterlig, 10 Mei 1973.

200 Brief van J. J. Engelbrecht aan E. J. Swanepoel, 15 Februarie 1973.

94

Eldoraigne en verskeie ander gebiede in 1964, ʼn oorkoepelende naam vir hierdie

nuwe gebied verkry moes word. Die oorkoepelende naam sou nie een van die

voormalige dorpies se name vervang nie, maar sou slegs as naam van die

saamgevoegde gebied dien. Aanvanklik het hierdie gebied as Groter Lyttelton

bekend gestaan, maar dit was slegs tydelik. Die munisipaliteit van Verwoerdburg

het ʼn openbare kompetisie gehou, met ʼn prysgeld van R200, om voorstelle vir ʼn

nuwe naam te verkry. Daar is toe besluit op die naam “Verwoerdburg.” 201

Die stadsraad van Despatch is ook ingelig oor die nodige stappe wat gevolg sou

moes word indien ʼn naamsverandering te weeg gebring word. Eerstens sou die

goedkeuring van die Administrateur verkry moes word om voort te gaan met die

naamsverandering. Indien die Administrateur die naam goedkeur, moes die

naamsverandering voor die Pleknamekomitee en die departement van

Kultuursake gelê word. Vervolgens moes die nuwe naam vir drie

agtereenvolgende weke in die dagbladpers en Provinsiale koerant gepubliseer

word, terwyl die Suid-Afrikaanse Spoorweë, Poskantoor, Polisie,

Landdroskantoor en soortgelyke staatsinstellings verwittig word van die

naamsverandering. Hierdie instansies sou dan genoodsaak word om die nodige

veranderings aan betrokke grondwette, korrespondensiestukke, titelaktes en

ander dokumentasie aan te bring. Verder, moes probeer word om die

samewerking 202 van die departement van Openbare Werke, toer-organisasies en

ander openbare instansies, soos skole, kerke en sportklubs, te verkry. Dit sou

die oorgangsproses na die nuwe naam aansienlik vergemaklik. 203

Mnr. Conradie het in sy advies dit gestel dat so ʼn naamsverandering volgens

hom geskiedkundig sal wees. Conradie het dit duidelik gestel dat die

skakelkomitee, onder voorsitterskap van Braam Hanekom, “geen illusies” moet

201 Brief van Verwoerdburg stadsklerk aan Despatch stadsklerk, 7 November 1972.

202 Die stadsraad van Verwoerdburg het oor ʼn tydperk van vyf jaar probleme ondervind na die

naamsverandering.

203 Brief van Verwoerdburg stadsklerk aan Despatch stadsraad, 7 November 1972.

95

hê oor die implikasies van die voorgestelde naamsverandering nie. Die

openbare mening van die belastingbetalers en inwoners van Despatch moes

egter eers getoets word. Slegs indien hulle ten gunste van die

naamsverandering was, het Conradie gemeen, sal die naamsverandering

suksesvol wees. Hy het dit benadruk dat:

“ dit geen doel sal dien om eers aandag te gee aan die

ander vereistes, en dit selfs te bowe te kom, as u die

gemeenskap van Despatch nie agter u het en hulle die

voorgestelde naamsverandering positief en

ondubbelsinnig goedkeur, en aktief ondersteun nie.” 204

Verder, het Conradie aan Hanekom gestel dat “onnodige moeite” gespaar sou

word indien daar “by die begin begin” word, naamlik om eerste die mening van

die inwoners van Despatch te verkry voor enige ander stappe geneem word. 205

Die skakelkomitee het egter nie ag geslaan op die raad wat Conradie aan hulle

voorsien het nie. ʼn Spesiale raadsvergadering is op 9 Maart 1973 gehou.

Tydens hierdie vergadering is eenparig besluit dat die naam van Despatch

verander sal word na “John Vorsterburg”. In ʼn skrywe aan mnr. John Vorster om

toestemming te verkry dat Despatch wel na hom vernoem mag word, stel die

raad alternatiewe name voor:

a) “John Vorsterburg”

b) “Vorsterburg”

c) “Vorsterville”

d) “John Vorster”

e) “Vorstervallei” en

f) “John Vorsterstad.” 206

204 Brief van F. D. Conradie aan B. Hanekom, 7 November 1972.

205 Brief van F. D. Conradie aan B. Hanekom, 7 November 1972.

96

As redes vir die naamsverandering, het die skakelkomitee dit aan mnr. Vorster

gestel dat:

1) “Die munisipale gebied van Despatch is so enorm vergroot tot by

Perseverance, dat ʼn oorkoepelende of sambreelnaam vir gebiede

noodsaaklik beskou word.

2) Die nuwe naam vir die „groter‟ Despatch sal inderdaad geeneen van die

gebiedsname vervang nie. Dit sal slegs as naam vir die saamgevoegde

gebied in sy geheel aanbeveel word.

3) Die naam Despatch is nie vir die inwoners onaanvaarbaar nie, maar as ʼn

keuse gestel word om ʼn naam te vind wat meer die taal van die

gemeenskap „praat‟ het ons geen keuse nie.” 207

Mnr. Vorster is gevra om die naamsverandering goed te keur, maar is ook die

vrymoedigheid gegun om een van die voorgestelde name te kies wat vir hom

meer aanneemlik is. “John Vorsterburg” was nie vir die Eerste Minister

aanneemlik nie, en hy het op “John Vorster” as naam besluit.

Die skakelkomitee het nie die mening van die inwoners van Despatch gesoek nie

en het slegs op 10 Mei 1973 ʼn persverklaring uitgereik waarin die burgemeester

aangekondig het dat “die Stadsraad van Despatch eenparig besluit het dat die

naam van ons dorp na John Vorster verander word.” 208

Die burgemeester, mnr. E. J. Swanepoel, het verklaar dat daar reeds vanaf 1954

verskeie pogings deur individue en instansies aangewend is om die naam van

206 Brief aan die Eerste Minister B. J. Vorster van Despatch stadsraad, 27 Maart 1973.

207 Memorandum: Despatch Naamsverandering: Skakelkomitee Aanbeveling, 9 Maart 1973.

208 Die Oosterlig, 10 Mei 1973.

97

Despatch te verander. Verder, het hy gemeen dat die naam “Despatch” geen

werklike betekenis inhou nie. Dit was slegs die naam wat aan ʼn andersins

naamlose stasie gegee is. Sedert daardie dae het Despatch in so ʼn mate

ontwikkel dat die dorp een van die 16 grootste munisipaliteite in Kaapland was.

Verder was mnr. Swanepoel van mening dat die munisipaliteit sedert 1971 so

baie grond bekom het vir verdere ontwikkeling dat die oorspronklike grond wat

die eertydse Despatch uitgemaak het, slegs een-derde van die huidige

oppervlakte uitmaak. Gebiede soos Totterbridgepark en Perseverance was toe

alreeds by die ou Despatch ingelyf en ʼn nuwe naam vir die vergrote area was

dus geregverdig. Daar is gevolglik besluit om die naam te verander na John

Vorster toe. Die gevoel was dat aangesien mnr. Vorster in die Oos-Kaap gebore

is, sy skoolopleiding hier ontvang het en ook sy regsloopbaan hier begin het,

moes sy naam “tot in lengte van dae” met die Oos-Kaap geassosieer bly. 209

Hierdie aankondiging deur die burgemeester het tot groot meningsverskille onder

die inwoners van Despatch gelei. Die grootste ongelukkigheid het ontstaan

omdat die inwoners nie in die saak geken was nie. Baie het nie so seer ʼn

probleem met die nuwe naam gehad nie, maar eerder op die wyse waarop

hierdie saak gehanteer is. Talle inwoners was ontstoke omdat hulle nie ingelig

was oor die voorneme om die dorp se naam te verander nie. ʼn

Protesvergadering is vir die aand van 23 Mei 1973 op die rugbyveld gereël,

waartydens inwoners hulle sienswyse kon lig. Hierdie vergadering is deur sowat

2 000 inwoners bygewoon en ʼn mosie van wantroue in die burgemeester is

ingedien. Die uiteinde van die vergadering was dat ʼn versoek gerig is aan die

stadsraad om in gesprek met die inwoners te tree. Hierdie versoek is amptelik

deur die stadsklerk, mnr. R. van der Walt ontvang. 210

ʼn Belastingbetalersvergadering is op 12 Julie 1973 in die stadsaal gehou.

Hierdie vergadering is deur nagenoeg 1 500 mense bygewoon. Tydens hierdie

209 Die Oosterlig, 10 Mei 1973.

210 Die Oosterlig, 26 Mei 1973.

98

vergadering het mnr. B. Olckers voorgestel dat die aangeleentheid finaal

afgehandel word en dat die naam Despatch behou word. Die saak is deeglik

bespreek en daar is oorgegaan tot ʼn stemming. Die vergadering het met ʼn groot

meerderheid besluit dat die naam Despatch behoue sou bly. 211 Die stadsraad

het gevolglik besluit om die naam van die dorp onveranderd te laat.

Wanneer ʼn mens die naam Despatch noem, heg die meeste mense die titel

“klipgooiers” by. Alhoewel ʼn mens geneig is om hierdie as ʼn negatiewe aspek te

beskou, is die oorsprong van die “klipgooiers” ʼn saak waaroor die meeste

Despatchers sterk gevoel het. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het jong mans

by die drilsaal in Port Elizabeth aangemeld vir diens. Vir menigte jong mans was

hierdie ʼn heenkome aangesien die druk van die depressie swaar was. Vanaf die

drilsaal is die nuwe rekrute per trein na Roberts Heights (Voortrekkerhoogte) in

Pretoria geneem. Die troepetrein het deur Despatch geloop. Die meerderheid

van die inwoners op Despatch was gekant teen Suid-Afrika se deelname aan die

Tweede Wêreldoorlog aangesien die meeste Afrikaners deelname as ʼn vorm van

steun aan Engeland beskou het. As gevolg hiervan het die inwoners die

troepetreine met klippe gegooi as ʼn vorm van protes. So het die treinstasie op

Despatch ook bekend geraak as “Hitler‟s Halt.” Ongelukkig is hierdie feit nie

algemene kennis onder die inwoners van die Nelson Mandela Metropool nie, en

word die term dikwels gebruik op ʼn neerhalende manier. Min mense is egter

bewus dat dit afkomstig is vanuit ʼn sterk Afrikanernasionalisme wat onder die

inwoners van Despatch geheers het. 212

211 Notule van Belastingbetalersvergadering op 12 Julie 1973.

212 Onderhoud met mnr. A. H. Pretorius, 3 Januarie 2009; Onderhoud met mnr. N. Benecke, 4

Januarie 2009.

99

100

3.5 Dorpswapen en Leuse

Figuur 7: Die dorpswapen van Despatch

Despatch het sy dorpswapen amptelik in Julie 1957 aanvaar. 213 Die wapen

bestaan uit ʼn skild waarop die skoorsteen van die steengroef uitgebeeld word.

Tesame met die skoorsteen verskyn die waterlelie, wat volop voorkom in die

Swartkopsrivier, asook ʼn messelaarstroffel. Die skoorsteen verteenwoordig die

era uit die dorp se geskiedenis waarvandaan die naam “Despatch” kom. Die

waterlelie versinnebeeld die Swartkopsrivier en die messelaarstroffel die

vooruitgang wat die dorp geniet het. Die leuse van die dorp is “Handhaaf en

Bou”. 214

213 Brief aan Provinsiale Sekretaris van Despatch Munisipale Kantore, 23 Julie 1957.

214 The Herald, 9 September 2000.

101

Die dorpswapen is egter nooit deur die Raad van Heraldiek aanvaar nie.

Alhoewel die stadsraad van Despatch verskeie kenners op die gebied genader 215

het om die wapen aan te pas om aan die standaarde van die Raad van Heraldiek

te voldoen, sou dit egter vanuit ʼn sentimentele en finansiële oogpunt nie die

moeite werd wees nie. Met die aanvaarding van die dorpswapen deur die

munisipaliteit, het die raad ʼn burgemeestersketting in Engeland laat

vervaardig. 216

3.6 Ereburgerskap

Tydens die bestaan van die munisipaliteit van Despatch, het die stadsraad slegs

aan drie persone ereburgerskap toegeken. Die eerste om hierdie eer te ontvang

was die skoolhoof van die Hoërskool Despatch, mnr. J. N. Coetzee. Hy het meer

as vyf-en-twintig jaar diens aan die Hoërskool Despatch gelewer. Ereburgerskap

is in 1974 aan hom toegeken. 217

Mnr. Danie Campher het nie net die eer gekry dat ʼn woonbuurt, Campherpark,

na hom vernoem is nie, maar hy het ook in 1983 ereburgerskap van Despatch

ontvang. Campher was ʼn prokureur op Despatch gewees en het die

gemeenskap vir meer as 32 jaar gedien. 218

215 Die Michaelis School of Fine Art in Kaapstad is genader om die wapen te ondersoek, asook

mnr. S. W. Pienaar van Upington. Despatch Museum, Dorpswapen lêer, volume 1.

216 Skrywe aan mnr. S. W. Pienaar van Despatch stadsklerk, R. A. van der Walt, 24 Oktober

1957.

217 Boodskap van raadslid C. J. Grobler, burgemeester van Despatch, 1979, Hoërskool Despatch

Feesblad 1949 – 1979, p. 15.

218 Oosterlig, 7 Junie 1983.

102

In 1987 is ereburgerskap aan mnr. Frans Conradie toegeken. Hierdie

toekenning was gemaak uit erkenning vir die invloed wat Conradie gehad het op

die ontwikkeling en vooruitgang van Despatch, veral op onderwysgebied. 219

Benewens die ereburgerskap, het die stadsraad van Despatch in 1959 ook ʼn

Goue Medalje geskenk vir die Provinsiale Hospitaal op Uitenhage. Hierdie

medalje is toegeken aan leerlingverpleegsters wat aan al die volgende kriteria

voldoen het:

a. Die hoogste praktiese saalwerk punte verkry het (minimum van 75%);

b. Die Suid-Afrikaanse Verpleegstersraad se finale eksamen die eerste keer

suksesvol geslaag het;

c. Drie jaar opleiding voltooi het aan die Provinsiale Hospitaal van

Uitenhage;

d. Die ouers van die leerlingverpleegster moes woonagtig wees op

Despatch. 220

Deur hierdie kriteria uiteen te sit, het die dorpsvaders die verpleegsters geëer

wat van Despatch afkomstig is en akademies presteer het. Daar is slegs drie

Goue Medaljes uitgereik.

Die eerste medalje is verower deur mej. A. C. Kunneke in 1959. In 1963 verower

mej. A. C. Potgieter hierdie toekenning 221 en in 1966 mej. M. Bezuidenhout. 222

3.7 Sensusse

219 Oosterlig, 23 September 1987.

220 Amptelike kennisgewing van die Provinsiale Hospitaal van Uitenhage, 23 November 1959.

221 Amptelike Sertifikaat van medalje wenner (Kopie vir stadsklerk se lêers), 27 November 1963.

222 Amptelike Sertifikaat van medalje wenner (Kopie vir stadsklerk se lêers), 21 November 1966.

103

Despatch het vanuit die staanspoor teen ʼn vinnige tempo ontwikkel. Tydens die

jare 1938 tot 1958 het ʼn bevolkingsontploffing ontstaan. Die uitbreiding van

Despatch het eers teen 1960 genormaliseer in vergelyking met die meeste

stedelike gebiede. 223 Hierdie aspek word verder in die slotbeskouing bespreek.

Uit die tabel hieronder is dit duidelik dat die bevolking van Despatch teen ʼn

drastiese tempo toegeneem het:

10000

9000

8000

7000

6000

5000

4000

3000

2000

1000

0

1928

1933

1938

1943

1948

1953

1958

1963

Inwoners van

Despatch

Die bevolkingsopnames, soos geneem deur die munisipaliteit van Despatch, was

soos volg. Die amptelike Staatssensusse 224 word in blou weergegee:

223 Burgemeester se oorsig, 1960 – 1963, F. A. F. Claassen.

224 1946 – 1970 sensusse – Bevolking van Suid-Afrika: 1904 – 1970, verslag nommer 02-05-12,

Republiek van Suid-Afrika, Departement van Statistiek, pp. 57, 120, 338; 1980 sensus –

Bevolkingsensus, 1980, verslag nommer 02-80-16, Uitgesoekte Statistiese Streek Port

Elizabeth, Uitenhage, Kirkwood, Sentrale Statistiekdiens, Pretoria, pp. 7 – 19; 1991 Sensus –

104

Jaar Blankes Kleurlinge Swartes Totaal

1928 30 Onbekend Onbekend 30

1933

70 Onbekend Onbekend 70

1938 100 Onbekend Onbekend 100

1943

1946

1948

1 000 220 350 1 570

2 446 369 1 017 3 832

3 200

300 700 4 200

1953 4 500 450 1 200 6 150

1958

1960

6 500 600 2 400 9 500

7 229 1 214 1 549 9 992

1963 7 200 1 200 1 600 10 000

Bevolkingsensus, 1991, verslag nommer 03-01-13, Uitgesoekte Statistiese Streek Port

Elizabeth, Uitenhage, Sentrale Statistiekdiens, Pretoria, 1992, pp. 6 – 11.

105

1966

1970

8 000 1 250 2 000 11 250

9 547 1 550 2 024 13 121

1971 9 420 1 537 1 994 12 951

1974

1980

12 747 2 400 2 395 17 542

12 304 2 058 2 646 15 008

1981 14 500 2 765 2 900 20 165

1984 15 200 3 300 3 600 22 100

1988

1991

15 600 3 300 4 800 23 700

15 854 3 353 4 469 19 676

1992 13 790 3 925 5 800 23 515

1995 14 000 4 000 6 000 24 000

106

Hoofstuk 4

Die NG Kerk op Despatch

Die groei van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Despatch, tesame met die

merkwaardige groei van die onderwys op die dorp, is toonaangewend van die

dorp se uitbreiding. Verder is dit ook ʼn aanduiding van die samestelling van die

bevolking van Despatch. Die meeste van die inwoners op Despatch is Afrikaners

en dit verduidelik die aantal gemeentes wat op die dorp voorkom. Die

ontwikkeling en groei van die onderwys, in hoofstuk 4 bespreek, is ʼn duidelike

aanduiding dat dit meestal Afrikanergesinne met jong skoolgaande kinders was,

wat hulle op die dorp kom vestig het.

4.1 Ontstaan van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in

Despatch

Godsdiens op Despatch speel beslis ʼn belangrike rol in die lewens van die

inwoners. As getuienis hiervan is daar die ses gemeentes van die Nederduitse

Gereformeerde Kerk (NG Kerk) wat op die dorp bedrywig is. Altesaam is daar

vyf-en-twintig NG Kerk-gemeentes in die Nelson Mandela Metro. Hiervan is

veertien in Port Elizabeth, ses op Despatch en vyf op Uitenhage. 225

“[The Dutch Reformed Church of] Uitenhage is … the mother congregation of the

DR Church in the Eastern Province”. 226 Hierdie stelling van Otto Terblanche is

beslis geldig wat die godsdienstige geskiedenis van Despatch betref. Die

inwoners van Despatch het die Moedergemeente op Uitenhage bygewoon en

toekomstige afstigting sou dan ook vanaf die Moedergemeente plaasvind.

225 Jaarboek van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, 2008, pp. 186 – 189.

226 O. Terblanche (ed), 2004. Uitenhage 200: 1804 – 2004, p. 31.

107

Die vroeë inwoners van Despatch het Sondae oggende die agt-uur trein na

Uitenhage geneem om betyds vir die oggenddiens te wees. Die eerste trein

terug Despatch toe, het om elf-uur vertrek. Indien die inwoners die aanddienste

wou bywoon, moes hulle die half-sewe trein na Uitenhage neem, die diens

bywoon en dan die nege-uur trein terug Despatch toe neem. 227 Dit is duidelik dat

die behoefte aan ʼn eie gemeente in Despatch groot was.

Vanaf 1930 is daar slegs wyksdienste op Despatch gehou. Wyksdienste is in

die skoolsaaltjie van die Laerskool Susannah Fourie deur die predikante van

Uitenhage behartig. Die eerste orreliste was mev. Nel, die moeder van advokaat

Fred Nel, wat die sang begelei het met ʼn traporreltjie. 228

Die saaltjie was egter te klein en nie toegerus vir die noodsaaklikhede van ʼn

kerkdiens nie en die behoefte het ontstaan vir ʼn vergaderplek op Despatch self.

Met die oog daarop het mnr. P. B. Botha in 1932 ʼn stuk grond, een en ʼn halwe

morg, aan die kerkraad van Uitenhage geskenk. 229 In Januarie 1935 is verlof

van die kerkraad gevra om ʼn saal op Despatch te bou. Daar was egter ʼn

vertraging aangesien die grond wat gebruik sou word vir die bou van die

kerksaal, nog in mnr. Botha se naam was. Die oordrag van die grond het eers in

1938 plaasgevind. Verlof om voort te gaan met die bou van die kerksaal kon

eers verkry word nadat ds. Van Heerden met die Pinksterdienste van Mei 1938

die toestande van die vergaderplek (die skoolsaaltjie van die Laerskool

Susannah Fourie) as “uiters onbevredigend” bevind het. 230 Ds. Van Heerden het

tydens die Pinksterdiens die wyk se opinie gevra oor die bou van ʼn kerksaal. Die

gemeente se reaksie was so gunstig dat £200 dadelik ingesamel is vir hierdie

227 J. S. M. du Plessis, “Bothasrus 1941 – 1991: ʼn Geskiedkundige Oorsig”, 50 Jaar Bothasrus:

1941 – 1991, p. 15.

228 J. S. M. du Plessis, “Bothasrus 1941 – 1991: ʼn Geskiedkundige Oorsig”, 50 Jaar Bothasrus:

1941 – 1991, p. 15.

229 A. P. Smit, Ligbaken aan die Swartkops: N.G. Kerk Uitenhage 1817 – 1967, p. 192.

230 A. P. Smit, Ligbaken aan die Swartkops: N.G. Kerk Uitenhage 1817 – 1967, p. 192.

108

doel. Hierdie bedrag is binne enkele weke aangevul tot £425. Mnr. R. J. Fourie

het die Uitenhage kerkraad verseker dat die bou van die kerksaal £775 sou

beloop en dat die ontbrekende £150 deur die inwoners van Despatch bygebring

sou word. Die kerkraad het in Julie 1938 ʼn boukommissie benoem om dadelik

met die bou van die saal te begin. 231

Teen Desember 1938 232 was die saal voltooi en het die gemeentelede van

Despatch hulle eie vergaderplek gekry. Die drang na ʼn eie gemeente het begin

posvat by die mense van Despatch. 233

4.2 Bothasrus Gemeente

Namate die Tweede Wêreldoorlog al hoe meer mense vanuit die platteland na

Despatch gestoot het, het die getal huisgesinne op Despatch vergroot. ʼn

Behoefte na beter geestelike bearbeiding het ontstaan. Tydens ʼn

kerkraadsvergadering in Uitenhage op 2 Desember 1939 versoek ouderling

Pienaar ʼn eie predikant vir Despatch. 234 Alhoewel die kerkraad nie onmiddellik

voldoen het aan die versoek van mnr. Pienaar nie, het die kerkraad van

Uitenhage in Augustus 1940 nog twee ouderlinge en twee diakens vir die

Despatch-wyk aangestel. 235

231 A. P. Smit, Ligbaken aan die Swartkops: N.G. Kerk Uitenhage 1817 – 1967, p. 192.

232 J. S. M. du Plessis, “Bothasrus 1941 – 1991: ʼn Geskiedkundige Oorsig”, 50 Jaar Bothasrus:

1941 – 1991, p. 15.

233 P. L. Olivier, Ons Gemeentelike Feesalbum: ʼn Oorsig van die Ontstaan en Groei van die

Gemeentes van die Gefed. Ned. Geref. Kerke met geleentheid van die Van Riebeeck-Fees,

1952. N.G. Kerk Uitgewers, Kaapstad, p. 212.

234 J. S. M. du Plessis, “Bothasrus 1941 – 1991: ʼn Geskiedkundige Oorsig”, 50 Jaar Bothasrus:

1941 – 1991, p. 15.

235 A. P. Smit, Ligbaken aan die Swartkops: N.G. Kerk Uitenhage 1817 – 1967, p. 192.

109

Mnr. Pienaar se wens vir ʼn eie prediker vir Despatch is weer ter tafel gelê tydens

ʼn kerkraadsvergadering op 30 November 1940. Die voorsitter van hierdie

vergadering, ds. P. M. van Heerden, het aan die kerkraad van die

Moedergemeente gestel dat “ʼn hulp-prediker onvertwyfeld (sic) vir Despatch

bekom moes word.” In Januarie 1941 het die inwoners van Despatch hul eie

predikant ontvang in die persoon van ds. L. M. Cilliers. 236

Sprake van afstigting van die Despatch gemeente vanaf Moedergemeente het

tydens ʼn kerkraadsvergadering van 13 September 1941 begin posvat. Mnr. H.

du Plessis het namens die lidmate van die Despatch-wyk vir ʼn spoedige

afstigting gevra. Du Plessis het aangevoer dat daar alreeds 600 lidmate en 1

000 siele op Despatch was, en dat die getal steeds groei as gevolg van die

toevloei van mense na Despatch. Die kerkraad van die Moedergemeente was

die Despatchers goedgesind en het versoek dat waarborglyste intussen op

Despatch gesirkuleer word, ten einde ʼn bedrag van £400 vir ʼn periode van vyf

jaar te waarborg wat sou dien as die predikant se salaris. 237 Op 18 Oktober 1941

was al die waarborglyste onderteken en is die Ring van Uitenhage genader oor

die afstigting van die Despatch-gemeente. Die kerkraad van Moedergemeente

het ook ʼn bruidskat aangebied. Dit het die volgende behels: die kerksaal op

Despatch, ʼn donasie van £200, die dankoffer van die wyk vir die laaste kwartaal

van 1941, asook om die salaris van die predikant op Despatch tot einde

Desember 1941 te betaal. 238

Nadat ʼn opdrag van die Ring ontvang was, het die Ringskommissie en lidmate

van die Despatch-wyk op 21 November 1941 in die kerksaal op Despatch

236 J. S. M. du Plessis, “Bothasrus 1941 – 1991: ʼn Geskiedkundige Oorsig”, 50 Jaar Bothasrus:

1941 – 1991, p. 15.

237 J. N. Coetzee, “Geskiedkundige Oorsig van die Gemeente van Bothasrus, Despatch”,

Mondigwordingsfeesblad 21 November 1962, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Bothasrus-

gemeente, p. 23.

238 A. P. Smit, Ligbaken aan die Swartkops: N.G. Kerk Uitenhage 1817 – 1967, p. 193.

110

vergader. Die Despatch-gemeente het toe afgestig vanaf die Moedergemeente

Uitenhage. 239

Ds. L. M. Cilliers het reeds nege maande lank voorbereidingswerk verrig. Die

naam “Bothasrus” is vir die gemeente gekies omdat die dorpie van Despatch

reeds ʼn baie sterk Afrikaanse karakter gehad het en dit sou dus gepas gewees

het om die gemeente ʼn eg Afrikaanse naam te gee. Erkenning is ook daardeur

gegee aan die skenker van die grond, mnr. P. B. Botha, waarop die kerk en saal

vandag staan. Met afstigting het die gemeente ʼn ledetal van 480 gehad. 240

Die eerste kerkraad van die gemeente Bothasrus het bestaan uit vier ouderlinge

en ses diakens. Ds. en mev. L. M. Cilliers was aangestel as die eerste

leraarspaar. Bothasrus gemeente se eerste kerkraad was:

Ouderlinge: J. J. Nel, R. J. Fourie, J. M. Vermaak, A. L. van Onselen.

Diakens: H. J. du Plessis, G. H. Holtzhausen, A. J. Zeelie, G. P. van R.

Marais, E. J. Landman, G. A. V. Schreuder.

Die eerste konsulent was ds. J. S. Gericke. 241

Die grense van die nuwe Bothasrus-gemeente was as volg:

“Van die DeMist-Brug met ʼn reguit lyn na Chetty, en

vandaar oor Kleinskool, Veeplaas na Redhouse. Van

239 J. S. M. du Plessis, “Bothasrus 1941 – 1991: ʼn Geskiedkundige Oorsig”, 50 Jaar Bothasrus:

1941 – 1991, p. 15.

240 Soewenier program ter inwyding van die Nuwe Kerkgebou, Nederduitse Gereformeerde Kerk

Gemeente, Bothasrus, 6 September 1947, p. XIII.

241 J. N. Coetzee, “Geskiedkundige Oorsig van die Gemeente van Bothasrus, Despatch”,

Mondigwordingsfeesblad 21 November 1962, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Bothasrus-

gemeente, p. 23.

111

Redhouse, die Zwartkopsrivier tot by die DeMist-Brug.

Grensbewoners aan die suid-westelike kant van die

DeMist-Brug – Chetty-grenslyn sal onder die gemeente

Bothasrus ressorteer, terwyl die grensbewoners aan die

noordelike kant van die Kleinskool-Redhouse-grenslyn

volgens ou bepaling gedateer 17/2/‟32 en 2/11/‟33 onder

die gemeente Port Elizabeth-Noord ressorteer.” 242

Die gemeente het sy oorsprong gehad in die kerksaal. Mev. A. Terblanche het

die eerste orrel vir die gemeente geskenk en die gemeente van Pearston het met

verloop van tyd ʼn groter orrel aan die Bothasrus gemeente geskenk. Reeds met

sy begin het die lidmate die kerk goed ondersteun en met die eerste

braaivleisfunksie is genoeg fondse ingesamel (£53.00) om ʼn preekstoel en ligte

vir die kerksaal te bekom. 243

Die eerste basaar van die gemeente is op 1 Maart 1942 gehou en dit is goed

ondersteun deur die gemeentelede. ʼn Bedrag van £109 is ingesamel. Mnre.

Freddie, Andre en Johan Pienaar het ʼn silwer doopbakkie vir die gemeente

geskenk en mev. Kroes het ʼn horlosie bygedra. Die Botha-gesin het nie net die

grond vir die gemeente geskenk nie, maar ook die duursame kanseldoek is deur

mev. P. B. Botha geskenk. Op die kanseldoek is die woorde “God is liefde”

geborduur. Met die aanvang van die nuwe gemeente is die Kinderkrans,

Christelike Strewers Vereniging, die VSB en ACVV op die been gebring. 244

242 A. P. Smit, Ligbaken aan die Swartkops: N.G. Kerk Uitenhage 1817 – 1967, p. 193.

243 J. G. Horn, “Ek kyk terug”, Mondigwordingsfeesblad 21 November 1962, Nederduitse

Gereformeerde Kerk, Bothasrus- gemeente, p. 26.

244 J. S. M. du Plessis, “Bothasrus 1941 – 1991: ʼn Geskiedkundige Oorsig”, 50 Jaar Bothasrus:

1941 – 1991, pp. 15 – 18.

112

Leraars van die NG gemeente Bothasrus 1941 – 2002:

Naam Diensjare

L. M. Cilliers 1941 –1947

J. L. Nel 1947 –1955

F. S Marincowitz 1951 –1958

J. E. Cilliers 1955 –1969

P. Strauss 1964 –1965

H. L. N. van den Worm 1959 - 1971

G. Marais 1961 – 1971

A. Erasmus September 1969 – Desember 1969

C. Albertyn 1965 - 1968

J. Gerber 1967 – 1970

L. du Preez 1971 – 1977

J. Kelber 1971 – 1981

A. Griebenow 1977 – 1996

J. Badenhorst 1981 – 1983

G. van der Merwe 1983 – 2002

113

Figuur 8: Die Bothasrus-Gemeente, Despatch, 1949. 245

245 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, p. 42.

114

4.2.1 Die bou van die kerkgebou

Luidens die verslag van die Boukommissie was die eerste vergadering rakende

die bou van ʼn kerk vir die gemeente van Bothasrus op 28 Augustus 1943 gehou.

Tydens hierdie vergadering is die Voorsitter en die Sekretaris benoem om as

verteenwoordigers na die Transvaal te gaan om ʼn gepaste bouplan vir die kerk te

vind, asook om ʼn argitek aan te stel. Mnr. Hendrik Vermooten is as die argitek

aangestel en opdrag gegee om ʼn kerk te ontwerp. Tydens die derde

vergadering van die Boukommissie, gehou op 30 November 1945, het die

Boukommissie die voorlopige plan van mnr. Vermooten aanvaar en besluit om

die Kerkkantoor te nader vir ʼn lening van £15 000. Op 23 Februarie 1946, met

die vyfde vergadering van die Boukommissie, is die goeie nuus ontvang dat die

boukontrakteur ʼn permit sal uitreik vir die bou van die kerk. Hierdie was goeie

nuus aangesien die Tweede Wêreldoorlog slegs ʼn jaar tevore geëindig het , en

boumateriaal skaars was. Verder het die Boukommissie ook verneem dat die

Kerkkantoor die lening sou toestaan teen ʼn rentekoers van 4%, asook dat die

Armsorgkommissie ʼn donasie van £200 geskenk het as bydrae tot die rente-

delging. Op 30 April is ʼn spesiale vergadering gehou waarop daar besluit is dat

tenders vir die werk uitgestuur moet word. Tydens die sewende vergadering

aanvaar die Boukommissie die tender van die here Louw en Swart vir £17 264

5s 6d. Die besluit is geneem dat die eerste sooi op 7 September 1946 gespit sal

word. 246

In Maart 1946 het die gemeente in alle erns begin fondse insamel vir die bou van

die kerk. Die vroue is in afsonderlike aksiegroepe ingedeel en het begin fondse

insamel vir die orrel. Die jeug van die gemeente het met insamelings begin vir

die toring, klok en horlosie, terwyl die kinders die taak gehad het om vir die

preekstoel fondse te bekom.

246 Verslag van die Boukommissie van Bothasrus, 1945 – 1946.

115

Op Saterdag 7 September 1946 is die eerste sooi vir die bou van die kerk vir die

gemeente Bothasrus gespit. Theunis Christiaan Lombaard het die eerste sooi

omgekeer. Lombaard was reeds vanaf 1936 woonagtig op Despatch. Lombaard

en sy vrou, Grieta, was as geëerde kerklidmate geag weens hulle ywer by hulle

vorige gemeente op Klipfontein, waar hy vir twaalf jaar diens vir die Nederduitse

Gereformeerde Kerk verrig het as diaken en ouderling. Met sy aankoms op

Despatch, het Lombaard, volgens oorlewering, hom dadelik met die sake van die

Kerk bemoei en is hy as een van die dorp se mees geëerde inwoners geag. 247

Die hoeksteen van die nuwe kerkgebou is gelê op 30 November 1946, drie

maande nadat met die bou van die kerk begin is. Ds. L. M. Cilliers het die

hoeksteen gelê wat die inskripsie: “Die Ewige God is ʼn Woning” bevat. Tydens

hierdie seremonie het die eerste huwelikspaar ook in die kerk getrou. Bruidegom

William Pitout en bruid Elizabeth Oosthuizen is in die huwelik deur ds. Cilliers

bevestig. 248 Die kerkgebou is in September 1947 ingewy en die totale koste van

die gebou het oor die £24 000 beloop. 249

4.2.2. Sondagskool

Groot gesinne op Despatch was die norm gewees vir die jare 1941 – 1962. Dit

was die norm gewees vir ʼn gesin om vyf of ses kinders te hê en gesinne wat uit

agt kinders bestaan het, was nie skaars nie. Gevolglik het die Sondagskool en

die ander jeugbedieninge nooit ʼn tekort aan lede gehad nie. Teen 1944 moes

247 Soewenier program ter inwyding van die Nuwe Kerkgebou, Nederduitse Gereformeerde Kerk

Gemeente, Bothasrus, 6 September 1947, p. X.

248 J. N. Coetzee, “Geskiedkundige Oorsig van die Gemeente van Bothasrus, Despatch”,

Mondigwordingsfeesblad 21 November 1962, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Bothasrus-

gemeente, p. 23.

249 P. L. Olivier, Ons Gemeentelike Feesalbum: ʼn Oorsig van die Ontstaan en Groei van die

Gemeentes van die Gefed. Ned. Geref. Kerke met geleentheid van die Van Riebeeck-Fees,

1952. N.G. Kerk Uitgewers, Kaapstad, p. 212.

116

die gemeente reeds nagenoeg 500 kinders bedien. Alhoewel ʼn saal vir die doel

gebruik was, was dit nie heeltemal geskik nie aangesien van die klassies in die

kombuis van die saal moes vergader en ander moes selfs in die buitelug hulle

godsdiensonderrig ontvang. Teen 1962 het die ledetal van die Sondagskool

gegroei tot 945 en het hulle gebruik gemaak van die kerkgebou, die kerksaal, die

Ebenhaeser-saal (voor die afstigting van Eendrag gemeente) en klaskamers van

die Laerskool Susannah Fourie. 250

Die eerste onderhoof van die Sondagskool was mnr. Du Plessis. Laasgenoemde

is opgevolg deur mnre. Jordaan, Olckers, Horn en Wolmarans. Vanaf 1962 was

80 Sondagskoolonderwysers en vier onderhoofde nodig om die groot getal

kinders te bedien. Mnre. J. du Plessis, W. D. Victor, J. Nortier en J. D. Anthony

het hierdie portefeulje in 1962 beklee.

4.2.3 VSB

Die Vroue Sendingbond (VSB) het begin met ʼn lidmaatskap van 28 en mev. ds.

Cilliers was die eerste voorsitter terwyl mev. H. V. Serfontein diens gedoen het

as sekretaresse. Hierdie bediening het redelike vooruitgang geniet en teen 1962

was daar 280 lede. Die VSB het hul veral beywer vir plaaslike sendingwerk

onder die nie-blanke gemeentes op Despatch, die verspreiding van traktaatjies

en die hou van bidure. Hierdie vroue was ook aktief betrokke by

fondsinsamelinge en het in 1962, byvoorbeeld, R700 tot die gemeente se

beskikking gestel. 251

250 J. N. Coetzee, “Geskiedkundige Oorsig van die Gemeente van Bothasrus, Despatch”,

Mondigwordingsfeesblad 21 November 1962, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Bothasrus-

gemeente, p. 29.

251 J. N. Coetzee, “Geskiedkundige Oorsig van die Gemeente van Bothasrus, Despatch”,

Mondigwordingsfeesblad 21 November 1962, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Bothasrus-

gemeente, p. 29.

117

4.2.4 Die ACVV

Op 19 April 1944 het die Afrikaanse Christelike Vroue Vereniging (ACVV) tot

stand gekom met mev. ds. Cilliers as voorsitter en mev. A. Terblanche as

ondervoorsitter. Die ACVV het met ʼn ledetal van 18 begin. Hierdie bediening

was veral betrokke by gesinsorg-klasse en werkswinkels vir die minder

bevoorregte gemeenskappe. Hulle bearbeiding het ʼn hoogtepunt in 1959 bereik

toe die tak van die ACVV ʼn kardinale rol gespeel het in die plasing van ʼn

voltydse maatskaplike werkster vir die minder bevoorregtes. Hierdie pos is eers

beklee deur me. F. Heese wat later opgevolg is deur mev. De Wit. 252

4.3 Retief-gemeente

Nadat die Bothasrus-kerksaal in Retief ingewy is, was die volgende stap vir die

gemeentelede van die Retief area om af te stig van Bothasrus af. Die kerkraad

van Bothasrus het op 11 Februarie 1956 vergader onder die voorsitterskap van

ds. F. S. Marincowitz. Teen die einde van die vergadering het ouderling W. J.

Olckers gemeld dat hy op die volgende vergadering (5 Mei 1956) ʼn voorstel gaan

indien oor die bou van ʼn kerksaal “oorkant die treinspoor”, dit wil sê in die Retief-

woonbuurt. 253 Op 5 Mei 1956 het Olckers en Du Plessis die saak rakende die

bou van die kerksaal bepleit. Na ʼn langdurige debat het die vergadering om

23:30 verdaag sonder dat ʼn besluit geneem is. 254

Tydens ʼn vergadering van 16 Junie 1956 het die raad egter besluit dat die saal

nie gebou sal word nie. Vir die inwoners van Retief was hierdie ʼn groot

252 J. N. Coetzee, “Geskiedkundige Oorsig van die Gemeente van Bothasrus, Despatch”,

Mondigwordingsfeesblad 21 November 1962, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Bothasrus-

gemeente, p. 29.

253 Bothasrus kerkraadsnotule, Februarie 1956.

254 Bothasrus kerkraadsnotule, Mei 1956.

118

terugslag. 255 Hierdie woongebied het in die periode 1954 - 1956 vinnig uitgebrei.

Lidmate van Bothasrus moes ver ente te voet aflê om eredienste by te woon. Dit

was veral die bejaardes en die jong kinders wat die meeste gesukkel het met

hierdie tog kerk toe. Op reëndae was die dienste nie goed bygewoon nie.

Olckers het egter die bou van die kerksaal weer eens te berde gebring op die

kerkraadsvergadering van 1 Desember 1956. Met 32 stemme teenoor 5 het die

Bothasrus-leierskap toe besluit om wel ʼn kerksaal in die Retief-woonbuurt te

bou. 256

Die boukommissie het ʼn tender van die here Strydom en Tait aanvaar en die

bouwerk het ʼn aanvang geneem. Twee jaar later kon die kerksaal ingewy word.

Hierdie plegtigheid het op 15 Februarie 1958 plaasgevind. Die totale koste van

die saal het £14 000 beloop. Hiervan was £12 000 bestee aan boukoste en £2

000 aan sitgeriewe, gordyne, ʼn klavier en omheining. Alhoewel die pers beweer

het dat daar geen sprake van afstigting was nie 257 , was die voltooiing van die

kerksaal juis die begin van die Retief-gemeente.

Aanvanklik is eers die kategese klasse in die saal gehou en mettertyd is

wyksdienste ook in die nuwe saal gehou. So byvoorbeeld was die

Pinksterdienste van 1958 vir die inwoners van Retief in die saal gehou. Tydens

ʼn kerkraadsvergadering van 10 Mei 1958 het die Bothasrus-leiers die afstigting

van Retief bespreek. Die voorwaardes vir die afstigting sou soos volg wees:

a) Die nuwe gemeente sou die helfte van die £14 000 skuld oorneem.

b) Die nuwe gemeente het ʼn bruidskat van vier bou-erwe op die hoek van

Noordparkstraat met ʼn woonhuis en die kerksaal daarop, asook £1 000 in

kontant.

255 Bothasrus kerkraadsnotule, Junie 1956.

256 Bothasrus kerkraadsnotule, Desember 1956.

257 Die Oosterlig, 12 Februarie 1958.

119

c) Die naam van die nuwe gemeente sou “NG Gemeente Retief” wees. 258

Op 25 Julie 1958 het die Bothasrus-kerkraad ʼn spesiale vergadering gehou om

die afstigting van Retief te bespreek. 259 Die afstigting van die Retief-gemeente

het op 26 Julie 1958 geskied. Met afstigting het die Retief-gemeente 750 lidmate

gehad. 260

Die grense van die nuwe gemeente was soos volg:

“Vanaf die stasie langs Marjoriestraat tot teen die

Swartkopsrivier en langs die Swartkopsrivier tot by die

Nasionale Pad-brug, dan met die oostelike grens van die

dorp tot by die spoorweghuise bokant die spoorlyn verder

met die Hoofstraat tot by Minniestraat; met Minniestraat in ʼn

oostelike rigting tot teen die spoorlyn; daarvandaan

onderkant die spoorlyn tot by die stasie.” 261

Die eerste kerkraad was die gemeente Retief was:

Ouderlinge: J. D. P. P. Claassen, J. A. K. Ferreira, K. J. Lotter, M. J. Bester, P.

N. Puren, P. J. Oosthuizen, P. S. Heunis, R. P. Coetzer, C. W.

Fourie, T. Wait, T. H.. Bekker, D. D. van Rensburg, C. J. Barnard en

P. D. Struwig.

Diakens: L. P. Els, G. P. Kemp, H. D. Kemp, F. S. Gerber, F. R. L. Joubert, W. C.

Els, A. J. C. Smith, I. G. C. Knoetze, B. Weideman, R van H. van

258 Bothasrus kerkraadsnotule, Mei 1958.

259 Bothasrus kerkraadsnotule, Julie 1958.

260 J. N. Coetzee, “Geskiedkundige Oorsig van die Gemeente van Bothasrus, Despatch”,

Mondigwordingsfeesblad 21 November 1962, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Bothasrus-

gemeente, p. 24.

261 Bothasrus kerkraadsnotule, Julie 1958.

120

Rooyen, A. S. Hattingh, J. J. Nell, Z. G. Vorster en M. S. Oelofse.

Die gemeente was egter nog sonder ʼn leraar gewees. Alhoewel ds. Marincowitz

betrokke was by die bou van die kerksaal en die afstigting, het hy die amp van

die hand gewys. 262 Op 3 September 1958 is ds. J. A. V. Knipe vanaf die

Uitenhage Moedergemeente as die eerste leraar van die gemeente beroep. 263

Leraars van die gemeente Retief 1958 – 2000:

Naam Diensjare

J. A. V. Knipe 1958 – 1963

S. J. du Toit 1963 – 1967

A. Roux 1968 – 1973

W. M. J. Odendaal 1971 – 1974

C. P. van der Merwe 1975 – 1976

P. J. Gerber 1975 – 1985

I. D. W. Bosman 1985 – 2000

4.4 Despatch-Eendrag-gemeente

Die gemeente Bothasrus het deur die jare besonder vinnig gegroei. Tydens ʼn

kerkraadsvergadering op 18 November 1960 264 is die mosie van nog ʼn afstigting

bespreek. Mnr. H. Holtzhauzen stel voor dat ʼn komitee aangewys word om

hierdie saak te ondersoek. Aanvanklik was die terugvoering gunstig gewees met

262 Gemeente Retief kerkraadsnotule, Augustus 1958.

263 Gemeente Retief kerkraadsnotule, September 1958.

264 Bothasrus kerkraadsnotule, November 1960.

121

28 stemme wat die mosie goedgekeur het, teenoor slegs agt wat nie ten gunste

daarvan was nie. Tydens die kerkraadsvergadering van 13 April 1962 is daar

egter teen afstigting besluit. 265 Om die groot gemeente van Bothasrus beter te

bearbei, is op 6 Desember 1963 ʼn derde leraar vir die gemeente beroep in die

persoon van proponent P. D. Strauss. 266

Die inwoners van die Manor Heights-wyk se behoefte aan geestelike bearbeiding

het dit genoodsaak dat ʼn saamkomplek verkry moes word. Die perseel waarop

die Ebenhaeser-saal in 1957 gebou sou word, is deur mnr. Kleinhans aan die

gemeente geskenk. 267 Voortaan is die Sondagskool van die Manor Heights-wyk

hier gehou, tesame met wyksbasaars en aanddienste. Vanaf Mei 1964 is ook

weeklikse bidure in die saal gehou. 268 Op 27 November 1964 het die kerkraad

weer eens afstigting bespreek en moontlike grense van die nuwe gemeente

bespreek. Alhoewel die kerkraad oor vier erwe in Willem Olckersstraat beskik

het, het die raad besluit om eerder hierdie erwe te verkoop en ʼn morg grond van

die Botha-boedel op die hoek van Botha- en Willem Olckersstraat te koop (teen ʼn

koste van R2 000). Hierdie grond is in Februarie 1965 aangekoop en word die

perseel van die kerkgebou.

Daar is finaal op afstigting besluit tydens die vergadering van die

afstigtingskommissie op 19 Mei 1965. Tydens ʼn spesiale vergadering van die

Bothasrus-kerkraad op 23 Julie 1965 is die gemeente van Eendrag se afstigting

verder bespreek. Die grense van die nuwe gemeente is soos volg bepaal:

265 Bothasrus kerkraadsnotule, April 1962.

266 A. P. Rossouw, “Geskiedkundige oorsig van Despatch-Eendrag”, 1965 – 1985, 20 Jaar,

Eendrag, N.G. Gemeente Despatch-Eendrag Feesblad, pp. 15 – 16.

267 Eastern Province Herald, 13 Augustus 1975.

268 A. P. Rossouw, “Geskiedkundige oorsig van Despatch-Eendrag”, 1965 – 1985, 20 Jaar,

Eendrag, N.G. Gemeente Despatch-Eendrag Feesblad, p. 16.

122

“Noordelike grens: Vanaf die kruispad van Tulbachstraat

en Bothastraat met die denkbeeldige verlenging van

Tulbachstraat, met die publieke plek, nr. 1035, in ʼn

noordelike rigting tot by die Swarkopsrivier. Vandaar tot

by die Frans Claassenbrug.

Westelike Grens: Van die Frans Claassenbrug wes met

die Swarkopsrivier tot waar die westelike grens van

Jachtvlakte die Swartkopsrivier raak. Vandaar met ʼn

westelike grens van Jachtvlakte tot by die Uitenhage

Afdelingsraadgrens. Met die Afdelingsraadgrens tot by

die noordelike hoek van die plaas Chatty. Vandaar suid

en ooswaarts met die plaasgrens tot by die Chattyrivier.

Suidelike grens: Met die Chattyrivier tot by die ou

Uitenhage-Port Elizabeth teerpad.

Oostelike grens: Met die ou teerpad in ʼn noordelike

rigting tot by die Sans Souci. Vandaar met die Suid-

Westelike grens van die Bantoe-lokasie (nr. 733) tot waar

dit Voortrekkerstraat ontmoet. Met Voortrekkerstraat in ʼn

noordelike rigting tot waar dit die Suidelike grens van die

Begraafplaas ontmoet. Vandaar met ʼn denkbeeldige lyn

oor die Begraafplaas en oor die publieke plek tot by die

skeiding van erwe 583 en 584. Vandaar oor Pres.

Reitzstraat met die middel van Delareystraat oor

Bergstraat, met die middel van Tulbachstraat tot by die

kruispunt van Tulbachstraat en Bothastraat.” 269

269 Verslag van die tydelike Afstigtingskommissie aan die kerkraad Bothasrus, 23 Julie 1965.

123

Op 11 Augustus 1965 het die gemeente Despatch-Eendrag tot stand gekom.

Ds. P. D. Strauss is aangestel as die eerste leraar van die nuwe gemeente. Die

eerste kerkraad was:

Ouderlinge: O. J. Fourie, C. T. van Eck, G. H. Holtzhausen, P. J. E.

Marais, L. J. Haarhof, A. P. Rossouw, J. J. Meiring, R. J.

Coetzee, G. F. Botha.

Diakens: J. S. M. Rautenbach, I. Kotze, P. A. C. Cloete, J. A. Dürr, R.

Joubert, B. J. Swanepoel, D. B. Knoezen, P. van Heerden,

P. Joubert.

Die gemeente van Despatch-Eendrag het afgestig met ʼn ledetal van 522. ʼn

Bruidskat van R11 767.75 is vasgestel en het uit die volgende bestaan: die

Ebenhaeser-saal 270 , die vier bou-erwe in Willem Olckersstraat en ʼn

kontantbydrae van R4 407. 271

Aanvanklik is dienste in die skoolsaal van die Laerskool Frans Conradie gehou.

Die bou van die kerksaal het in alle erns begin toe mnr. O. van Schalkwyk, ʼn

argitek van Bloemfontein, op 9 Maart 1966 benoem is om die planne vir die

kerksaal en die eerste pastorie op te trek. 272 Mnr. O. J. Swanepoel is aangestel

as die boumeester nadat ʼn lening van Volkskas Bank ontvang is. Teen Januarie

1967 was die pastorie voltooi en die gemeente het op 16 April 1967 die nuwe

saal ingewy. 273

Die besondere kerkgebou van die gemeente Despatch-Eendrag is deur die

Kaapse argitek, A. P. S. Conradie, ontwerp. Die ontwerp van die kerk is volgens

270 Hierdie saal is in Mei 1967 verkoop vir die bedrag van R1 200.

271 Verslag van die tydelike Afstigtingskommissie aan die kerkraad Bothasrus, 23 Julie 1965.

272 Despatch-Eendrag kerkraadsnotule, Maart 1966.

273 Despatch-Eendrag kerkraadsnotule, April 1967.

124

ʼn oktogram, die naaste vorm aan ʼn sirkel. Die boukontrakteurs was die firma

Strydom, Basson en Tait van Port Elizabeth. Die kerkgebou is op 23 Augustus

1975, gedurende die tien jaar bestaansfees van die kerk, in gebruik geneem.

Die kerktoring is 35 meter hoog. 274 Die koste van die kerk het R192 531.77

beloop. 275 Die kerkgebou het twee jaar geneem om te voltooi. Daar is

voorsiening vir 650 sitplekke in die kerk, maar die kerk kan bykomende mense

akkommodeer. Tydens die bou van die kerk is voorsiening gemaak dat

kringtelevisie kabels later aangelê kan word. 276

Die susters van die gemeente het die orrel vir die nuwe kerkgebou geskenk. Die

orrel is deur prof. Chris Swanepoel van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat

ontwerp en deur Suid-Afrika Orrelbouers (SAOB) vervaardig. Die kerkraad het

die tender van SAOB op 11 Maart 1974 aanvaar. 277 Die koste van die orrel was

R31 910. 278

Die gemeente het gesonde groei geniet en ʼn tweede leraar moes vir die

gemeente verkry word. Met die oog daarop het die kerkraad op 18 September

1972 279 ʼn pastorie in Pienaarstraat aangekoop teen ʼn koste van R16 000. Op 24

November 1972 is ds. H. van Lill aangestel as die tweede leraar van die

gemeente. 280

274 Die Oosterlig, 25 Augustus 1975.

275 Despatch-Eendrag kerkraadsnotule, Augustus 1975.

276 H. van Lill, “Besonderhede van die kerk”, Despatch-Eendrag: Inwyding van die Kerkgebou

Feesprogram, 23 – 24 Augustus 1975. p. 4.

277 Despatch Eendrag kerkraadsnotule, Maart 1974.

278 D. S. Conradie, “Boodskappe van die voorsitter van die Boukommissie”, Despatch-Eendrag:

Inwyding van die Kerkgebou Feesprogram, 23 – 24 Augustus 1975, pp. 1 – 2.

279 Despatch Eendrag kerkraadsnotule, September 1972.

280 Despatch Eendrag kerkraadsnotule, November 1972.

125

Die gemeente het aansienlik gegroei en teen die einde van 1974 het die kerk

reeds 1 200 lidmate gehad. 281 Lidmaatgetalle het so gestyg dat die kerkraad

genoodsaak was om ʼn derde leraar vir die gemeente te bekom. Ds. C. B. Ludik

is toe beroep. Die gemeente het voortdurend gegroei en is een van slegs twee

gemeentes in Despatch wat ʼn dogtergemeente afgestig het. Bothasrus is die

ander gemeente wat dogtergemeentes afgestig het.

Leraars van die gemeente Despatch-Eendrag 1965 – 2000:

Naam Diensjare

P. D. Strauss 1965 – 1969

D. S. Conradie 1969 – 1996

H. van Lill 1973 – 1977

J. C. Marais 1978 – 1981

C. B. Ludik 1981 – 1984

C. P. van der Merwe 1981 – 1984

F. O. du Toit Gertenbach 1984 – 2000

4.5 Despatch-Suid-gemeente

Die gemeente van Despatch-Suid se afstigting is uniek in die sin dat dit vanuit

die skoot van twee moedergemeentes afgestig het. Die afstigting is tydens ʼn

281 Die Oosterlig, 14 April 1975.

126

gekombineerde vergadering op 23 September 1969 goedgekeur. 282 Die

Despatch-Suid gemeente het vanuit die gemeentes Bothasrus en Retief afgestig

met 808 lede. Die eerste predikant van die nuwe gemeente was ds. A. S.

Erasmus. Die eerste kerkraad van die gemeente was:

Ouderlinge: G. F. Gouws, B. Oosthuizen, J. M. Stander, H. F. Bernhardt,

D. P. Marais, J. M. van der Merwe, D. H. R. Victor,

G. J. Grobler, J. D. Anthony, J. J. Nell, G. S. Botha.

Diakens: C. R. de Jager, L. du Preez, B. D. Niemand, D. Bester,

T. Wait, P. W. N. Nel, C. J. Hay, R. T. Barnard, W. B. Human,

O. J. Swanepoel, S. B. van Niekerk, E. Pienaar, L. Wait, J. Britz,

N. Weyers, A. J. Heunis, J. P. Grundling, J. Stander, K. Schmidt,

S. Wagener, F. J. P. Zeelie.

Die grense van die gemeente is as volg bepaal:

Westelike Grens: “Vanaf die spoorlyn met die oostelike

grense van erf 1856 en publieke erf 1857 oor

Wernichstraat. Daarvandaan met die middel van du

Toitstraat (sic) tot by Hoofstraat en verder met die middel

van Hoofstraat in ʼn westelike rigting tot by Sarel

Cilliersstraat. Dan met die middel van Sarel Cilliersstraat

in ʼn suidelike rigting oor Kerkstraat met die middel van

Van Der Stelstraat oor Amperbostraat, met die middel van

Louw Wepenerstraat oor Paul Kirstenstraat. Hiervandaan

met ʼn reguit lyn tussen publieke erf 2511 en 2235 tot by

Bergstraat met ʼn denkbeeldige lyn tot aan die mees

282 Bothasrus kerkraadsnotule, Augustus 1969.

127

westelike grens van die Kleurlingwoonbuurt. Hiervandaan

tot aan die mees oostelike grens van die Bantoe-lokasie

met ʼn reguit lyn verder tot waar dit die ou teerpad van

Port Elizabeth na Uitenhage sny.

Suidelike Grens: Met die genoemde ou teerpad in ʼn

oostelike rigting tot by die Chattyrivier.

Oostelike Grens: Vanaf hierdie punt met die Chattyrivier

oor die Nasionale Pad vanaf Port Elizabeth na Uitenhage

en verder met genoemde rivier tot by die verbindingspad

tussen Redhouse en voorgenoemde Nasionale Pad.

Hiervandaan tot by die Swartkopspad. Daarvandaan in ʼn

westelike rigting met die Swartkopspad tot by die

Nasionale Pad.

Noordelike Grens: Vanaf hierdie punt in ʼn

noordwestelike rigting met die Nasionale Pad tot waar

genoemde pad die treinspoor kruis, dan met die

treinspoor in ʼn westelike rigting tot waar dit die westelike

grens sny by erf 1856.” 283

Met afstigting het die nuwe gemeente as bruidskat die pastorie op erf 3700

gekry. Die gemeente het in die nuwe saal vergader. Die saal is in 1969 voltooi

deur die boukontrakteur O. J. Swanepoel. Die argitek van die saal was O. van

Schalkwyk. ʼn Boufonds is vroeg in 1981 in die lewe geroep vir die bou van ʼn

kerkgebou. Die beraamde koste van R280 000 was egter buite die bereik van

die kerkraad gewees en die projek is voorlopig uitgestel. Boukostes het egter

283 Bothasrus kerkraadsnotule, Augustus 1969.

128

aanhou styg en aan die einde van 1984 besluit die kerkraad om die kwessie te

heroorweeg. 284

Die kerkgebou is op 22 Maart 1982 in gebruik geneem en is gebou teen ʼn koste

van R450 000. Die besondere gebou, met ʼn deurgange sirkelmotief, is deur die

argitek Siegfried Schmidt ontwerp. Die kerkgebou is volgens ʼn sirkel binnekant ʼn

vierkant gebou. Hierdie motief word aan die binnekant van die kerk herhaal en

selfs die bokhaarkanselkleed dui op tekens van die sirkelmotief. Die doopvont

van die kerkgebou is ook besonders. Dit bestaan uit ʼn groot, ronde glasbak wat

bo-op ʼn betonbasis rus. Op die glaskant van die doopvont is die woorde van

Genesis 17 vers 7 gegraveer (“Ek sal my verbond oprig tussen My en jou.”)

Ouers wat hulle kinders laat doop, lees dan hierdie vers wanneer hulle baba

gedoop word. 285

4.6 Noord-gemeente

Die uitbreidings in Despatch naby die Laerskool Sonop het veroorsaak dat ʼn

nood daar ontstaan het vir beter geestelike bearbeiding. Tydens ʼn

kerkraadsvergadering van die Bothasrus-gemeente in Julie 1976 is ʼn moontlike

afstigting deur mnre. A. van Wyk en G. Engelbrecht voorgestel. 286 Na verdere

besprekings is die gemeente van Despatch-Noord op 15 Julie 1976 afgestig met

ʼn bruidskat van R10 000. Die eerste geestelike herder van hierdie gemeente

was ds. Carl Petrus van der Merwe wat vanaf die Retief-gemeente geskuif het.

Die eerste kerkraad van die Despatch-Noord gemeente was:

Ouderlinge: P. J. Els, H. P. van Rooyen, S. J. Barnard, B. F. Burger, A. P.

284 Oosterlig, 24 Maart 1986.

285 Oosterlig, 24 Maart 1986.

286 Bothasrus kerkraadsnotule, Julie 1976.

Swart, G. J. Engelbrecht, J. H. van der Walt, I. Gerber, J. G.

129

Louw, J. J. Barnard, J. P. van Heerden, J. P. Meiring, P. J.

Kitching, M. S. Knoetze, A. H. Strydom, A. van Wyk, W.

Pienaar, B. van Rensburg, W. Els, J. Share, G. Scheepers,

B. W. Z. Steenkamp.

Diakens: J. M. Crause, J. M. Ehlers, J. J. Zoelie, I. H. Kruger, T.

Steenkamp, M. C. Fourie, N. H. Struwig, P. T. Snyman, J. J.

Fritz, R. van Vuuren, N. C. Nel, M. J. Stander, H. Weitz, J. J. de

Lange, S. M. O‟Brien, E. S. Snyman, B. Els, R. Krynauw, T.

Welgemoed, R. R. Williams, C. Barkhuizen, J. B. te Brugge. 287

Met afstigting is die saal van die Laerskool Sonop as tydelike vergaderplek vir die

gemeente gebruik. 288 ʼn Kommissie is in die lewe geroep om ʼn kerkgebou vir die

nuwe gemeente te laat bou. Die argiteksfirma SWS Argitekte van Port Elizabeth

is aangestel om die nuwe kerkgebou te ontwerp. Hierdie unieke kerkgebou is op

28 Augustus 1978 in gebruik geneem. 289 Wat die kerkgebou van Despatch-

Noord besonders maak, is dat dit ontwerp is om ruimte so doeltreffend moontlik

te benut. So byvoorbeeld dien vertrekke in die kerk twee doeleindes. Die kerk is

ook met natuurlike boumateriale gebou om die instandhoudingskoste vir die

gemeente billik te hou. Die mure is van natuurlike betonblokke gebou sodat

verfwerk nie nodig is vir afronding nie. Verder is die dak van ʼn tipe staal gemaak

wat nie behandel is teen roes nie. Die gevolg is dat ʼn fyn roeslagie bo-op die

staal aanpak en sodoende seël dit die metaal en beskerm dit teen die elemente.

Die kerk is ook sentraal geleë sodat dit binne loopafstand van die meeste lidmate

is. ʼn Persoon kan ook die kerk van beide kante af binnetree. 290

287 Despatch-Noord kerkraadsnotule, Julie 1976.

288 Die saal is teen ʼn koste van R7 per maand gehuur om elektrisiteitsverbruik te dek.

289 Despatch-Noord kerkraadsnotule, Augustus 1978.

290 Oosterlig, 7 September 1978.

130

Die banke van hierdie kerk is ook besonders omdat die sitvlak met materiaal

oortrek is. Dus sal die lidmate nie tydens ʼn diens “ongemaklik” word nie, maar

die kussings is ook nie so sag dat die lidmaat dalk “lomerig” word nie. As

uitgangspunt vir die ontwerp van hierdie praggebou, het die argitek van vier

oorsese kerke se ontwerpe gebruik gemaak om inspirasie te bekom. Daar is

gekyk na Die Ark in Slotervaart, Holland, Het Woord Gods, Swalmen, Holland,

die Protestantse Gemeente Sentrum in Stuttgart, Duitsland en die First Unitarian

Church in Rochester, New York. 291

4.7 Dagbreek-gemeente

Die gemeente van Eendrag se lidmaatskap het so aansienlik gegroei dat daar

teen Augustus 1983 besluit is dat ʼn dogtergemeente afgestig gaan word. 292 ʼn

Stigtingsvergadering is op 17 Januarie 1984 in die saal van die Laerskool Frans

Conradie gehou om die nuwe kerkraadslede te verkies. Op 19 Januarie 1984

stig die gemeente Dagbreek vanaf Eendrag af onder leiding van ds. C. van der

Merwe. Met afstigting het die nuwe gemeente 625 dooplidmate gehad. 293

Op 6 Desember 1986 is die sooispit-seremonie gehou met die oog op die bou

van die nuwe kerkgebou van die gemeente. Bouwerk aan die kerkgebou het op

12 Januarie 1987 begin en was elf maande later voltooi. Die totale koste van die

kerkgebou het oor die R400 000 beloop. 294 Die kerkgebou is in November 1987

in gebruik geneem. 295

291 Oosterlig, 7 September 1978.

292 Despatch-Eendrag kerkraadsnotule, Augustus 1983.

293 Oosterlig, 8 Desember 1984.

294 Oosterlig, 8 Desember 1986.

295 Despatch-Dagbreek, Gemeenteprofiel, 29 Oktober 2008.

131

4.8 Die rol van die NG Kerk in Despatch

Die NG Kerk op Despatch het ʼn beslissende rol gespeel in die ontwikkeling van

die sterk Afrikaner-identiteit wat op die dorp heers. Dit is noemenswaardig dat

Despatch, wat aansienlik kleiner as Uitenhage is, sewe NG gemeentes het.

Hierdie is ʼn duidelike aanduiding van die belangrike rol wat die NG Kerk op die

dorp speel.

4.8.1 Die NG Kerk en die Jeug

Vir die jeug van Despatch het die NG Kerk ʼn belangrike opvoedkundige rol

gespeel. Die kerk het aan die jeug die waardes van Christenskap en

vriendskap en gemeentelike bande geleer.

Die NG Kerk het eerstens aan die jong kinders en tieners van Despatch die

geleentheid gegee om oor naweke te vergader en om in ʼn veilige omgewing te

ontspan en om meer van die Woord van God te leer. Die Kinderkrans en die

JKJA van die gemeentes het Vrydae-aande bymekaargekom vir speletjies terwyl

hulle meer van God geleer het. Vir ʼn gemeenskap soos Despatch was hierdie

van groot belang aangesien die hoeksteen van die Afrikaner-identiteit in die jare

voor 1994 die NG Kerk was. So het die kerk ʼn rol gespeel in die ontwikkeling

van die Afrikaner-identiteit onder die jeug van Despatch gegrond op die

beginsels van die NG Kerk.

Tweedens is kategese-klasse Sondae aangebied om werklik die geloofslewe van

die jeug te bearbei. Die jeug is ook aangemoedig om aktief by die gemeentes

betrokke te wees. Hulle is die geleentheid gebied om dienste te lewer of

spesiale kinderdienste is vir hulle gehou. Die gemeentes het verder die jeug op

132

kampe geneem en sodoende ʼn nouer band tussen jong mense gesmee. 296

Sodoende is die gemeenskap van Despatch nader aan mekaar gebring.

Wanneer hierdie jong mense volwassenheid bereik het, het hulle hul rol in die

gemeenskap betree met hegte bande met hulle tydgenote wat gevorm was

gedurende hulle inskakeling by die JKJA, kategese-klasse en die kerkkampe.

4.8.2 Vroueaksie

Tydens die vroeë jare van Despatch het die Vrouehulpdiens van die Bothasrus

gemeente, Eendrag gemeente en Retief gemeente belangrike maatskaplike werk

verrig. Die Martha‟s en Maria‟s van die gemeentes het fondse ingesamel om

armoede te verlig onder die armstes van die gemeentes. Despatch se

besondere groei word toegeskryf aan armoede op die platteland. Van die vroeë

inwoners was daarom baie arm. Hierdie steun (kospakkies en klere) het groot

verligting vir die mense gebring.

In 1975 word die Vrouehulpdiens verander na die Vrouediens en in 1980 smelt

die Vrouediens en Vrouesendingbond op sinodale vlak saam om die Vroueaksie

te stig. Die Vroueaksie het ʼn groot rol gespeel, nie net om die maatskaplike

omstandighede van die arm inwoners van Despatch te verlig nie, maar ook om

die verskillende gemeentes uit te brei en te bevorder. So is, byvoorbeeld,

pannekoekaande, kermisse en dergelike meer gehou om fondse in te samel vir

herstelwerk, aankope van orrels en die verfraaiing van die kerkgeboue asook om

die spyseniering tydens huwelike en gemeentlike funksies te behartig.

Op maatskaplike gebied het die Vroueaksie groot insette gelewer om fondse te

bekom vir die stigting en instandhouding van kinderhuise, kospakkies vir

296 A. P. Rossouw, “Geskiedkundige oorsig van Despatch-Eendrag”, 1965 – 1985, 20 Jaar,

Eendrag, N.G. Gemeente Despatch-Eendrag Feesblad, pp. 38 – 42; J. S. M. du Plessis,

“Bothasrus 1941 – 1991: ʼn Geskiedkundige Oorsig”, 50 Jaar Bothasrus: 1941 – 1991, pp. 19 –

20.

133

minderbevoorregte inwoners van Despatch en finansiële steun aan arm

universiteitsstudente. 297

4.8.3 Oosterland Jeugsentrum

Die stigting van die Oosterland Jeugsentrum in 1980 het verligting gebring aan ʼn

groot behoefte rakende weeskinders op Despatch. Alhoewel die NG Kerk nie

direk betrokke was by die bou van die kinderhuis nie, is dit een van die instansies

wat deurgaans finansiële steun aan die kinderhuis gegee het. Oosterland is op

15 Junie 1980 deur Tini Vorster, vrou van B. J. Vorster, geopen. Die sentrum is

teen ʼn koste van R1,25 miljoen gebou. 298 Die geld is deur ʼn staatslening

bekom. 299 Die eerste inwoners van Oosterland het op 16 Junie hulle intrek

geneem. Die eerste hoof van Oosterland was ds. Schutte. 300

Tans verskaf die kinderhuis aan 120 kinders behuising. Die sentrum bestaan uit

tien huise wat elk 12 kinders akkommodeer. Elke huis het ook ʼn huisvader en –

moeder. Van die tien huise is twee uitgesonder om spesifiek kleuters en babas

te akkommodeer. Oosterland is die enigste kinderhuis in die omliggende gebied

wat na babas omsien. Verder het die kinderhuis ook sy eie crèche, Woel-en-

Werk. Hier word kleuters voorberei vir laerskool. Daar word ook gepoog om

enige agterstande wat ʼn kleuter mag hê as die gevolg van sy verlede, te

neutraliseer deur arbeidsterapie, berading en spesiale onderrig. 301

297 A. P. Rossouw, “Geskiedkundige oorsig van Despatch-Eendrag”, 1965 – 1985, 20 Jaar,

Eendrag, N.G. Gemeente Despatch-Eendrag Feesblad, pp. 38 – 42; J. S. M. du Plessis,

“Bothasrus 1941 – 1991: ʼn Geskiedkundige Oorsig”, 50 Jaar Bothasrus: 1941 – 1991, pp. 19 –

20.

298 Oosterlig, 18 Junie 1980.

299 Die lening is teen 1999 finaal afbetaal.

300 Oosterlig, 17 Junie 1980.

301 Amptelike webtuiste van die Oosterland Jeugsentrum: http://www.geocities.com/oosterland/

( 24 Oktober 2009.)

134

Oosterland beskik ook oor ʼn kliniek wat na die mediese behoeftes van die

kinders omsien. ʼn Sentrale kombuis berei die aandete vir die kinderhuis voor

terwyl die ander maaltye in die verskillende huise bedien word om die gevoel van

“familie wees” te bevorder. Daar is ook ʼn wassery om te verseker dat alle

kinderklere ten alle tye skoon is.

Oosterland behou steeds noue bande met die NG gemeentes wat hulle

ondersteun. Die kinderhuis beskou godsdiens as van kardinale belang vir die

kinders se toekoms en Sondagskool en ander kerk aktiwiteite word gereeld deur

die kinders bygewoon. 302

4.8.4 Christelike Maatskaplike Raad

Op 1 April 1985 het die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) Ring van

Sondagsrivier van die CMR Ring van Uitenhage afgestig. Hierdie ring beskik oor

twee kantore: een op Kirkwood en die ander een op Despatch. 303

Die tak in Despatch is veral werksaam in die dorp, Perseverance, Daleview,

Reservoir Hills en Khayamnandi. Die CMR is in diens van die NG Kerk se

Barmhartigheidsorganisasie. Die CMR-tak op Despatch fokus veral of die

volgende drie gebiede:

a) MIV/ vigs voorkoming, berading en voedselpakkies,

b) Gesinsbehoud deur middel van voorkomingsdienste, Kleingoetland

Crèche, Telliedubbie Speelskool, die Despatch plek van veiligheid en

die Moeder/baba projek,

c) Statutêre dienste soos kinderhowe en behandelingsentrums.

302 Amptelike webtuiste van die Oosterland Jeugsentrum: http://www.geocities.com/oosterland/

(24 Oktober 2009.)

303 Oosterlig, 3 April 1985.

135

Die CMR-tak op Despatch doen barmhartigheidswerk veral in die Daleview en

Khayamnandi gebiede om die inwoners in te lig oor die gevare van MIV/vigs en

voorkomingsmaatreëls. Verder lewer hulle ook ondersteuningsdienste aan

mense wat reeds met die virus besmet is. Die tak verskaf ook dagsorg vir

kleuters wie se ouers dit nie kan bekostig om hulle in privaat kleuterskole te

plaas nie. 304

4.8.5 Die NG Kerk se Sosiale Rol

Bo en behalwe die rol wat die NG Kerk gespeel het in die geestelike bearbeiding

van die inwoners van Despatch, het dit ʼn belangrike rol gespeel as sosiale

bindingsfaktor. Die NG Kerk op Despatch het ʼn belangrike rol gespeel in die

ontwikkeling van positiewe verhoudinge tussen die nuwe inwoners wat hulle op

die dorp kom vestig het. Die meeste van hierdie inwoners was jong getroude

paartjies met klein kinders. Die NG Kerk het vir hulle die geleentheid gebied om

op ʼn vreemde plek in te skakel by iets wat vir hulle bekend was. Vir die inwoners

was kerk toe gaan soos ʼn “familie-tog.” Elke ouderdomsgroep kon inskakel by

die gemeentes aangesien daar voorsiening gemaak was vir Sondagskool, JKJA,

Kinderkrans, Vroueaksie en die ACVV. Basaars en feeste het as bindingsfaktore

vir die gemeentelede gedien. Tydens hierdie byeenkomste kon die inwoners

van Despatch vergeet van hulle alledaagse take en het hulle saamgewerk om die

werk van God en van die kerk te bevorder.

Verder het die kerk ook erns gemaak met die verspreiding van God se woord.

Sendingaksies het so ver as die platteland van Japan gestrek. Al die gemeentes

is betrokke by sendingwerk. Plaaslik het die NG Kerk ook die voortou geneem in

304 Webtuiste van die NGK Oos-Kaapland: http://www.ngkok.co.za/cmr/default.htm

(27 Oktober 2009).

136

die bearbeiding van die nie-blanke inwoners van die omgewing. Hierdie faset

word verder in Hoofstuk sewe gedek.

Hoofstuk 5

137

Onderwys

Onderwys, tesame met godsdiens, is vir die mens as sosiale wese belangrik.

Die aantal skole in ʼn nedersetting, dorp of stad, dui die samestelling van die

gemeenskap aan. Indien ʼn gemeenskap meestal uit bejaarde of jong

volwassenes bestaan, sal daar nie so ʼn groot behoefte vir baie skole wees nie.

Indien ʼn gemeenskap egter meestal uit gesinne bestaan, sal die noodsaaklikheid

vir voldoende skoolgeriewe hoog wees. Onderwys op Despatch is beslis ʼn

aanduiding van die samestelling van die gemeenskap. Daar bestaan naamlik

drie laerskole, ʼn voorbereidingskool en een hoërskool op die dorp. Despatch het

bestaan uit jong families met elke huisgesin wat skoolgaande kinders gehad het.

Dit is noemenswaardig aangesien die nabygeleë Uitenhage en Port Elizabeth

beslis voldoende skoolgeriewe het om in die inwoners van Despatch se

behoeftes te voldoen. Die ontstaan en die ontwikkeling van die onderwys op

Despatch is ʼn toonbeeld van die munisipaliteit se strewe na ʼn eie identiteit,

asook ʼn aanduiding dat die oorgrote meerderheid van die inwoners van

Despatch bestaan het uit jong families. Die tempo waarteen skole afgestig het

van die eerste skool op Despatch is tekenend van die groei wat die munisipaliteit

beleef het.

138

Figuur 9: Die Laerskool Susannah Fourie, 1949. 305

305 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, p. 35.

139

5.1 Die Laerskool Susannah Fourie

Mnr. F. D. Conradie, destyds lid van die Volksraad, het tydens die eerste skool

op Despatch, die Laerskool Susannah Fourie, se halfeeufees in 1980 verklaar

dat:

“Despatch as dorp, die NG Gemeente Bothasrus en

Susannah Fourie was in die beginjare en vir baie lank

feitlik ʼn identiese begrip. Die drietal versinnebeeld die

wording en groei van ʼn merkwaardige gemeenskap.” 306

Die eerste skool op Despatch het beslis die groei van die gemeenskap

versinnebeeld. Vanaf hierdie eerste skooltjie het twee laerskole, ʼn

voorbereidingskool en ʼn hoërskool afgestig.

Op 27 Januarie 1930 is ʼn eenmans-plaasskool gestig met 11 leerders van

substanderd A tot standerd 6. Die eerste skoolhoof was mej. Susannah Fourie,

na wie die skool ook later vernoem is. 307

Aanvanklik het die skool as die Primêre Skool Despatch bekend gestaan. Kort

na die stigting van die laerskool is die skool herdoop tot Primêre Skool Susannah

Fourie. Teen 1950 het die skool bekend gestaan as die Laerskool Susannah

Fourie. 308 Die Primêre Skool Despatch se klasse was aanvanklik in die voorhuis

van die slagtery wat destyds op die hoek van Stasie- en Hoofstraat sake gedoen

306 F. D. Conradie, Susannah Fourie 1930 – 1980, p. 3.

307 Oosterlig, 15 Oktober 1980.

308 J. C. de Waal, “Die Onderwys op Despatch,” Mondigwordingsfeesblad 21 November 1962,

Nederduitse Gereformeerde Kerk, Bothasrus-gemeente, p. 28.

140

het. ʼn Vlei het verby die slagtery geloop en het ook as die speelterrein vir die

kinders gedien. 309

Die eerste skooltjie het telkens ʼn tekort aan ruimte ervaar weens die stygende

inskrywings van skoliere. Naderhand het drie ander skole vanuit Susannah

Fourie afgestig, asook die Hoërskool Despatch. 310

Die rede waarom die skool op Despatch gestig is, was as gevolg van mnr. Koos

Terblanche se jongste seun. Voor 1930 het alle kinders van Despatch die trein

na Uitenhage geneem om daar skool te gaan. So het die dag ook vir mnr.

Terblanche se jong seun aangebreek. Die oggend op die Despatch-stasie het

die jonge heer Terblanche egter botweg geweier om op die trein te klim.

Nieteenstaande die feit dat hy saam met sy suster sou reis, wou hy nie op die

trein klim nie. Die kondukteur het geïrriteerd met die jong seuntjie geraak en wou

hom in die bagasiewa laai. Dit het sy vader, Koos Terblanche, aangespoor om

hom te beywer vir die stigting van ʼn skooltjie op Despatch. 311 So het die

Uitenhage skoolraad dan ook toegestem dat ʼn skooltjie op Despatch gestig kon

word, mits die minimum getal kinders verkry kon word. Volgens oorlewering was

daar slegs 10 leerlinge van skoolgaande ouderdom en ʼn dogtertjie, Goelie 312 van

mnr. Dolf Fourie, wat byna ses jaar oud was, is toe bygetel om die minimum

vereiste getal leerlinge te verkry voor ʼn skooltjie gestig mag word. 313

In Oktober 1929 ontvang mej. Susannah Fourie ʼn aanstellingsbrief vanaf mnr. J.

C. Albertyn, destyds voorsitter van die Uitenhage skoolraad. In hierdie skrywe is

309 Onderhoud met mnr. Connie de Jager, 11 April 2008.

310 Oosterlig, 15 Oktober 1980.

311 S. M. Fourie, “ʼn Terugblik”, Susannah Fourie, 1930 – 1980, pp. 73 – 74; J. S. M. du Plessis,

“Die geskiedenis van die Laerskool Susannah Fourie,” Laerskool Susannah Fourie 60, p. 27.

312 Die skool se tweede onderwyseres, mej. Shaw, maak melding van Goelie. Sy is een van die

skoliere wat sy goed onthou vanuit haar dae by die laerskool: V. Shaw, “Miss Shaw (First

assistant teacher) recalls those early years,” Susannah Fourie, 1930 – 1980, pp. 75 – 76.

313 S. Coetzer, “Stigting en Ontwikkeling van Despatch”, Looking Back, Maart 1992, p. 33.

141

mej. Fourie versoek om die hoof van die pasgestigte eenmansskool op Despatch

te word. Alhoewel ʼn skoolgebou nog gevind moes word, is mej. Fourie verseker

dat dit teen die begin van die skooljaar in 1930 gereed sou wees. Mej. Fourie

het met haar aankoms op Despatch op 25 Januarie 1930 die “skoolgebou” se

sleutels van mnre. Dolf Fourie en Koos Terblanche ontvang. Hulle was die

eienaars van die gebou waarin die slaghuis geleë was. Met die oopsluit van die

deur vind mej. Fourie ʼn leë vertrek. Aangesien die kinders reeds vir haar gewag

het, het die skooldag plegtig op die vloer begin met godsdiensonderrig. Hierna

het mej. Fourie oorgegaan om ʼn register vir die skool saam te stel. Daardie

middag het sy die trein Uitenhage toe geneem en haar situasie aan mnr. Frank

Louw, destyds skoolraadsekretaris van Uitenhage, verduidelik. Teen Woensdag,

27 Januarie 1930, het die laerskool sy eerste meublement ontvang. Oor die

volgende paar weke het die getal skoliere geleidelik gestyg. Teen Februarie

1930 was dit nodig om ʼn assistente te bekom. Mej. Violet Shaw het op 20

Februarie 1930 by Susannah Fourie aangesluit en vir die volgende dertien jaar

die skool gedien (1930 – 1943). 314

Intussen is ʼn tweede kamer vir die skool bekom. Die vertrek van die algemene

handelaar, waar tans Elrina Kafee is, is by die skool gevoeg om as ʼn klaskamer

vir mej. Shaw te dien. Met haar aankoms by die laerskool het mej. Shaw

haarself in ʼn klaskamer bevind wat rakke teen die mure gehad het, aangesien

hierdie vertrek eers deel van die winkel was. Bo en behalwe die rakke, was daar

skoolbanke en ʼn esel met ʼn swartbord op. Die tweede “klaskamer” van die

laerskool was geskei vanaf mej. Shaw se klaskamer deur die huis van mnr.

Terblanche. 315

314 S. M. Fourie, “ʼn Terugblik”, Susannah Fourie, 1930 – 1980, pp. 73 – 74.

315 V. Shaw, “Miss Shaw (First assistant teacher) recalls those early years,” Susannah Fourie,

1930 – 1980, pp. 75 – 76.

142

Teen 1940 het die skool meer as 230 leerders gehad. Klasse is in verskeie

voorkamers van nabygeleë huise gehou. 316 In Mei 1941 is die eerste hoeksteen

van die huidige skoolgebou gelê. Die nuwe skool, wat geleë is in Amper

Bostraat in die Bothasrus-woonbuurt, is op 25 November 1941 in gebruik

geneem. Die nuwe skool het oor agt klaskamers beskik. Vir die eerste keer was

die Laerskool Susannah Fourie se leerders in een gebou gehuisves. Die skool

het stewig gegroei en teen 1948 was daar oor die 600 leerlinge. 317 In Januarie

1949 is die standerd 6 klas vanaf die laerskool na die hoërskool oorgeplaas.

Die Unie Regering het vanaf 1945 £1 200 aan die skool se voedingskema

geskenk asook £1 000 vir enige mediese probleme. Bywoning was besonder

goed aangesien die skool in 1949 ʼn bywoningssyfer van 90% gehad het. Die

laerskool het ook oor ʼn rugbyveld en ʼn netbalbaan beskik. 318 Teen 1949 het die

skool oor dertien klaskamers beskik. Daar was ook vier spesiale klasse met

opgeleide onderwysers. Die skool het naas akademiese vakke, ook naaldwerk,

houtwerk en handwerk aangebied. Verder het die laerskool ʼn biblioteek met ʼn

geskatte 1 777 boeke gehad vir die gebruik van die skoliere. 319 Teen 1980 het

die skoolbiblioteek meer as 3 600 boeke gehad. Hiervan was 2 515 Engels en

Afrikaanse verhale en 1 100 vakliteratuur. 320

Op 4 Junie 1963 is die skoolsaal, die J. C. de Waal-saal, in gebruik geneem. Die

saal is deur die argitek mnr. P. du P. van Rooyen ontwerp. 321 Alhoewel daar

316 J. C. de Waal, “Die Onderwys op Despatch,” Mondigwordingsfeesblad 21 November 1962,

Nederduits Gereformeerde Kerk, Bothasrus-gemeente, p. 28.

317 J. C. de Waal, “Die Onderwys op Despatch,” Mondigwordingsfeesblad 21 November 1962,

Nederduitse Gereformeerde Kerk, Bothasrus-gemeente, p. 28.

318 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, pp. 49 – 50.

319 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, pp. 49 – 50.

320 J. S. M. du Plessis, “Kulturele Bedrywighede,” Susannah Fourie 1930 – 1980, p. 70.

321 Amptelike program ter inwyding van die skoolsaal, Primêre Skool Susannah Fourie Despatch,

4 Junie 1963.

143

eeds twee skole vanaf die Laerskool Susannah Fourie afgestig het 322 , het die

skool se getalle bly styg. Die skool het gebruik gemaak van elke moontlike

vertrek om klasse in aan te bied – vanaf die voorportaal tot die kleedkamers, tot

alkante van die verhoog in die nuwe saal tot die personeelkamer. 323 In 1967 het

die skool meer as 900 leerders gehad, destyds een van die grootste skole in

Kaapland, en moes ʼn groter skoolgebou bekom word. Mnr. Van Rooyen het ook

die hernieude skoolgebou ontwerp. Die nuwe skoolgebou is op 20 Februarie

1969 in gebruik geneem. 324

Die Laerskool Susannah Fourie het in 1974 altesaam R278 000 vir uitbreidings

van die Administrateur ontvang en die Hoërskool Despatch R270 000. ʼn Nuwe

saal, wetenskapkamer, biblioteek, naaldwerkkamer, ʼn mediese kamer, twee

kantore vir die adjunk-hoofde en ses nuwe klaskamers is in November 1974

beplan. 325 Die skool het ook in 1974 twee kombi‟s en in 1980 ʼn derde kombi

aangekoop om die skoliere op toere en na sportwedstryde te vervoer. Jaarliks is

ook uitstappies na die Kangogrotte en volstruisplase in die Oudtshoorn-distrik

onderneem. 326

Skole-atletiek op Despatch was nog altyd sterk gewees. Dit was ook die geval

met die Laerskool Susannah Fourie. In 1972 het Magrietha de Jager ʼn nuwe

Oostelike Provinsie rekord oor die 100m opgestel vir dogters onder 13. Twee

jaar later, in 1974, verbeter die onder 11-dogters-aflosspan ʼn sestien jaar lange

rekord oor die 4x100m. In 1976 kan die skool spog met agt provinsiale atlete.

Vanaf 1977 – 1980 het die skool telkens met vyf atlete in die Oostelike Provinsie

322 Laerskool Sonop in 1953 en Laerskool Frans Conradie in 1962.

323 J. S. M. du Plessis, “Die geskiedenis van die Laerskool Susannah Fourie,” Laerskool

Susannah Fourie 60, p. 27.

324 Amptelike program ter inwyding van die skoolgebou, Primêre Skool Susannah Fourie

Despatch, 20 Februarie 1969.

325 Eastern Province Herald, 15 November 1974.

326 J. S. M. du Plessis, “Kulturele Bedrywighede,” Susannah Fourie 1930 – 1980, pp. 68 – 69.

144

span gespog. Herman Muller word in 1976 die skool se eerste atletiek-

Springbok deur Suid-Afrika in die tienkamp te verteenwoordig. 327

Aanvanklik het die krieketspelers van die Laerskool Susannah Fourie gebruik

gemaak van geskenkte toerusting van die krieketklub op die dorp.

Desnieteenstaande het die spelers goed presteer. In 1970 het die skool se

eerste span die plaaslike koerante gehaal deurdat hulle veertien

agtereenvolgende wedstryde gewen het. In 1971 behaal die skool ʼn besondere

sege – hulle slaag daarin om die krieketspan van Uitenhage vir 2 lopies uit te

boul. Die skool het ook teen 1980 twee tennisbane gehad. 328

Rugby by die laerskool was vanaf die stigting van die skool ʼn populêre sport

onder die skoliere. In die ouderdomsgroepe onder dertien en onder elf kon die

skool jaarliks drie spanne inskryf. Vanaf 1970 – 1980 het die onder dertien span

van die skool die Uitenhaagse Primêre Skole Rugby Unie Skoledag vyf keer

gewen. Die onder elf span het hierdie mylpaal drie keer behaal. Die 1971-

seisoen was vir die skool se onder dertien span geskiedkundig gewees in die sin

dat die span onoorwonne was. Tydens ʼn rugbydag het die span drie verkorte

wedstryde gespeel waarin hulle tagtig punte aangeteken het sonder om enige

punte af te staan. Vanaf 1970 het die skool ʼn indrukwekkende lys van spelers

opgelewer wat die Oostelike Provinsie Skolespan gehaal het. Van hierdie

spelers het dan ook later Suid-Afrika verteenwoordig, byvoorbeeld Danie Gerber,

Rassie Erasmus, Gerhard (Pote) Human en Willie Meyer. 329

Die netbalspelers van Susannah Fourie het net so puik presteer soos die

rugbyspelers. Die spelers het die trofee vir die mees aanskoulike netbal tydens

die Uitenhaagse Skoledag vir die jare 1944, 1946, 1950, 1952 – 1953, 1955,

327 J. S. M. du Plessis, “Sportverslag,” Susannah Fourie 1930 – 1980, p. 62.

328 J. S. M. du Plessis, “Sportverslag,” Susannah Fourie 1930 – 1980, p. 63.

329 J. S. M. du Plessis, “Sport Bedrywighede,” Susannah Fourie 1930 – 1980, p. 50.

145

1958, 1961, 1971, 1975 – 1979 ontvang. Die skool het nie minder nie as vyftien

provinsiale spelers tussen 1972 en 1980 opgelewer. 330

Kulturele aktiwiteite aan die skool het ook vanaf die beginjare aandag geniet.

Leerlinge en onderwysers het aktief deelgeneem aan kunswedstryde, operettes,

skoolkonserte, sangfeeste, sangvertonings en Bybelvasvraewedstryde. Die

skool het ook musiekopleiding deur die loop van die jare aan skoliere verskaf.

Alle leerlinge vanaf die destydse standerd 2 tot standerd 5 het kunsopleiding

ontvang. Die skoolkoor het ook deur die jare goeie diens gelewer en word

gereeld uitgenooi om by eredienste te sing. In 1988 wen die skoolkoor die titel

van beste koor tydens die Nasionale Kunswedstryd. Vanaf die stigting van die

Voortrekker kommando op Despatch, was die leerders van die laerskool

betrokke gewees. In 1980 was 35 leerders lid van die kommando gewees. 331

Getal leerders vanaf 1930 tot 1995:

Jaar Getal Leerders

1930 10

1940 230

1950 797

1960 740

1970 960

1980 479

1990 377

1995 420

330 J. S. M. du Plessis, “Sport Bedrywighede,” Susannah Fourie 1930 – 1980, p. 55.

331 J. S. M. du Plessis, “Sport Bedrywighede,” Susannah Fourie 1930 – 1980, pp. 68 – 69.

146

Skoolhoofde vanaf 1930 – 1995:

Naam Diensjare

Me. S. M. Fourie 1930 – 1950

Mnr. J. C. de Waal 1951 – 1972

Mnr. W. C. van Zyl 1973 – 1986

Mnr. A. M. Stander 1986 – 1995

Kaart 4: Ligging van Laerskool Sonop op die hoek van Breë- en Sonopstraat. 332

332 Kaart verwerk vanaf www.streetmaps.co.za.

147

5.2 Die Laerskool Sonop (Midvale)

Die Laerskool Midvale is op 21 Januarie 1953 gestig om die oorvol Laerskool

Susannah Fourie te verlig. 333 Die skool is in Breëstraat, Retief, geleë. Hierdie

toename in die getalle van die Laerskool Susannah Fourie word toegeskryf aan

die vinnige uitbreiding van Despatch se buitewyke. Die skool het begin met 75

leerders en drie onderwysers onder die leierskap van mnr. R. du Plessis. Die

skoolgebou het bestaan uit houtgeboue wat op die mielieland van mnr. A.

Landman geleë was. Met die stigting van die Laerskool Midvale, het die skool

slegs voorsiening gemaak vir substanderd A tot standerd 2. Die

verstandhouding was dat soos die standerd 2 klasse jaarliks vorder, die skool

dan ʼn standerd 3, 4 en 5-klas sou implementeer. 334

Teen die tweede kwartaal het die aantal leerlinge vermeerder tot meer as

honderd. Dit was noodsaaklik om ʼn addisionele leerkrag te bekom. Die

Departement het dit egter aan mnr. Du Plessis gestel dat ʼn addisionele leerkrag

slegs bekom kon word indien die getal leerders die honderd-en-veertien merk

333 S. Coetzer, “Stigting en Ontwikkeling van Despatch”, Looking Back, Maart 1992, p. 33.

334 Jaarverslag van die skoolhoof, mnr. R. du Plessis, 4 Desember 1953.

148

ereik. Teen die derde kwartaal van 1953 het dit gebeur en kon die laerskool ʼn

vierde leerkrag aanstel. 335

Fondse vir die ontwikkeling van die skool was in die vroeë jare skaars. Die

skoolhoof, ouers en leerlinge het smiddae en oor naweke na die skool gekom om

dubbeltjies op die speelterrein uit te roei en bome te plant. Met die hulp van die

munisipale stootskraper het ouers die skoolterrein skoongeskraap. Twee krane

is ook op die skoolterrein deur mnr. H. J. Lubbe aangelê. 336

Die skool is onder die leiding van mnr. R. du Plessis in 1954 herdoop tot die

Laerskool Sonop. Sedert 1955 is ʼn rugbyveld aangelê en verdere klaskamers

gebou. Ook hier moes die ouers hulp verleen om die terrein voor te berei vir die

aanlê van ʼn rugbyveld. Die daaropvolgende jaar, 1956, het die rugby- en

netbalspanne van die Laerskool Sonop aan kompetisies begin deelneem en die

meeste van hulle wedstryde gewen. 337

Die eerste skoolkonsert is in 1956 gehou. Repelsteeltjie is in die stadsaal

aangebied en het die mense van Despatch vir twee aande vermaak. Teen 1957

het ruimte ʼn probleem vir die skool geword. Alhoewel daar vyf klaskamers was,

het die skool oor agt klasse beskik. Klasse is in die personeelkamer en in die

twee waskamers van die skool gehou tot tyd en wyl die nuwe skoolgebou gebou

kon word. Op 3 November 1958 is die nuwe gebou in gebruik geneem. Die

skool is in Breëstraat in die Retief-woonbuurt geleë. Teen 1963 het die skool

egter so gegroei dat die skoolgebou verdubbel moes word. Op 24 September

1971 is die skoolsaal in gebruik geneem. Bo en behalwe die algemene

335 Jaarverslag van die skoolhoof, mnr. R. du Plessis, 4 Desember 1953.

336 R. du Plessis, “Die eerste twintig jaar – ʼn terugblik,” Feesblad van die Laerskool Sonop, 1953

1973, pp. 18 – 19.

337 R. du Plessis, “Die eerste twintig jaar – ʼn terugblik,” Feesblad van die Laerskool Sonop, 1953

1973, pp. 18 – 19.

149

eienskappe van ʼn saal, soos die verhoog en voorportaal, bied die skoolsaal

sitplek vir 750 mense en beskik oor ʼn projekkamer, ʼn kombuis, pakkamer en

kleedkamers met stortgeriewe. Die laaste van die houtklaskamers is in 1972

vervang met steengeboue. 338

Die Laerskool Sonop het vanaf die beginjare die ontwikkeling van elke leerder op

die hart gedra. As getuienis hiervan is die feit dat die skool aan die begin van

1959 twee Spesiale Klasse met nege-en-twintig leerders gestig het om leerders

met leer-uitdagings te akkommodeer. So word ook spraakterapie by die skool

aangebied deur opgeleide onderwysers. 339

Benewens die akademiese vakke wat die skool aanbied, voorsien die skool ook

in buitemuurse en kulturele aktiwiteite. Dit sluit in musiekonderrig, handwerk,

tennis, atletiek, gimnastiek, netbal en rugby. Alhoewel die rugby aanvanklik

gekniehalter is deur getalle, het die skool teen 1960 twee onder dertien en twee

onder elf spannetjies gehad. Die onder dertien A-span het in 1957 al sy

wedstryde gewen en die onder elfs was ook onoorwonne in 1958. 340

Die netbal by Laerskool Sonop het reeds in 1954 begin toe ʼn baan tussen die

klippe en dorings oopgeskraap was. Twee jaar nadat die sport by die skool

begin het (1956), palm die eerste en tweede netbalspanne trofees vir Sonop in

338 R. du Plessis, “Die eerste twintig jaar – ʼn terugblik,” Feesblad van die Laerskool Sonop, 1953

1973, pp. 18 – 19.

339 R. du Plessis, “Die eerste twintig jaar – ʼn terugblik,” Feesblad van die Laerskool Sonop, 1953

1973, pp. 26 – 41.

340 R. du Plessis, “Die eerste twintig jaar – ʼn terugblik”, Feesblad van die Laerskool Sonop, 1953

1973, pp. 26 – 41.

150

deur hulle ligas te wen. Teen 1959 het die skool ses netbalspanne in die skole-

liga gehad. 341

Getal leerders vanaf 1953 tot 1994:

Skoolhoofde vanaf 1953 – 1994:

Jaar Getal Leerders

1953 75

1960 486

1970 582

1980 602

1990 620

1994 630

Naam Diensjare

Mnr. R. du Plessis 1953 – 1973

Mnr. J. C. Huisamen 1973 – 1985

Mnr. C. Nel 1986 – 1994

341 R. du Plessis, “Die eerste twintig jaar – ʼn terugblik”, Feesblad van die Laerskool Sonop, 1953

1973, pp. 26 – 41.

151

Kaart 5: Ligging van Laerskool Frans Conradie op die hoek van Dagbreek- en

Drommedarisstraat. 342

342 Kaart verwerk vanaf www.streetmaps.co.za.

152

5.3 Laerskool Frans Conradie (Manor Heights)

Die buurt Manor Heights het teen ʼn vinnige tempo uitgebrei. Daar was ʼn

behoefte aan ʼn skool in hierdie deel van Despatch aangesien die Laerskool

Susannah Fourie te ver was vir van die kinders wat skool toe moes loop. Verder

het die Laerskool Susannah Fourie se getalle te veel vir die skool geraak. Op 22

Januarie 1962 is die Laerskool Manor Heights in Dagbreekstraat gestig met 139

leerders en vyf onderwysers onder die leierskap van mnr. A. P. J. J. Rossouw. 343

Met die inhuldigings-toespraak van die skool, gelewer deur mnr. W. Dodds,

destydse inspekteur van Onderwys, het mnr. Dodds ʼn vraag aan die gehoor

gestel. Hy het gevra wat ʼn kind op skool leer. Die antwoord: Die Waarheid. Dit

het dan ook die leuse van die Laerskool Manor Heights geword. 344

Die getal leerders het teen einde van 1962 tot 148 gegroei. Die gemiddelde

klasbywoning vir die eerste bestaansjaar was baie goed, naamlik 96,3%. Die

eerste eksamen het ook voorspoedig gegaan. Van die 146 kinders wat eksamen

geskryf het, het 136 geslaag en slegs tien gedruip. Teen die einde van die jaar

het die skool ook sy eie klavier en afrolmasjien gekoop met die fondse wat deur

die jaar ingesamel is. 345

Die skool het reeds in die eerste jaar ʼn sangkonsert gehou. Die eerste skoolhoof

se vrou, Irma Rossouw, se klavier is na die Ebenhaeser-saal geneem om deur

343 S. Coetzer, “Stigting en Ontwikkeling van Despatch”, Looking Back, Maart 1992, p. 33.

344 Jaarverslag van die skoolhoof, mnr. A. P. J. J. Rossouw, 7 Desember 1962.

345 Jaarverslag van die skoolhoof, mnr. A. P. J. J. Rossouw, 7 Desember 1962.

153

die skool gebruik te word 346 . Die skool het in hierdie saal ook hulle eerste basaar

gehou. 347

Kort na die stigting van die skool het die skoolraad besluit om die naam van die

skool te verander. Die voorgestelde naam was Laerskool F. D. Conradie. Die

skoolraad het as motivering vir hierdie naamsverandering gestel dat mnr.

Conradie reeds voor die stigting van die skool aktief betrokke was en groot

belangstelling getoon het. Verder het Conradie ook ʼn belangrike rol rakende die

onderwys van die Despatch-area gespeel. Met die voorgestelde

naamsverandering wou die skool Conradie eer. 348

Conradie was ʼn prokureur in Port Elizabeth en Uitenhage voordat hy homself in

Despatch gevestig het. Tydens 1965 – 1976 dien hy as LPR vir die kiesafdeling

Sondagsrivier. Vanaf 1981 tot 1986 verteenwoordig Conradie die kiesafdeling

Sondagsrivier in die Volksraad. Conradie het veral baie vir die onderwys op

Despatch gedoen. In 1987 verkry hy Ereburgerskap van Despatch. Conradie

het ook Ereburgerskap van Mosselbaai in 1975 ontvang. ʼn Tweede laerskool in

Ceres, Wes-Kaap, is ook na hom vernoem. 349

Mnr. Conradie het die eer aanvaar, mits die naam van die skool Frans Conradie

sou wees, in plaas van F. D. Conradie. Die skoolraad het die naamsverandering

goedgekeur en die Laerskool Manor Heights het op 24 Maart 1962 die Laerskool

Frans Conradie geword. 350

346 In hierdie stadium het die skool nog nie oor ʼn klavier beskik nie. Die klavier is eers teen die

einde van die jaar aangekoop.

347 A. P.J. J. Rossouw, Feesblad Laerskool Frans Conradie, 1962 – 1982, pp. 24 – 25.

348 Brief aan die skoolraad van die Sekretaris van Laerskool Manor Heights, 15 Maart 1962.

349 Oosterlig, 23 September 1987.

350 Jaarverslag van die skoolhoof, mnr. A. P. J. J. Rossouw, 7 Desember 1962.

154

Mnr. A. P. J. J. Rossouw het die skool opgebou met die hulp van kollegas en

ouers. Rossouw het gereël dat die munisipaliteit hulle padskraper na die skool

neem en ʼn baan op die grensdraad stoot. So het die skool ook in sy eerste jaar

ʼn atletiekbyeenkoms gehou. Die netbalspan het ook in die eerste bestaansjaar

van die skool teen Winterberg op Uitenhage gespeel. Laetitia van Vuuren het die

heel eerste doel vir Laerskool Frans Conradie aangeteken. Die rugbyspannetjie

van die skool het ook gespeel, maar daar moes eers ʼn veld aangelê word.

Rossouw het weer skouer aan die wiel gesit en die rugbyveld is deur hom en

mnr. Willem van Heerden gebou met behulp van die munisipaliteit se skraper.

Nadat die gras geplant, gewater en gekalk is, was die veld reg vir Harry Ferreira

om die eerste drie vir die Laerskool Frans Conradie te druk – reg onder die pale.

Ook die tennisbane is deur Rossouw en mnr. Cornelius Roux gebou. 351

Die skool het gedurende 1970 en 1971 grootskaalse uitbreidings aangebring.

Die terrein is ontwikkel, sportgeriewe verbeter, ʼn skoolsaal vir 750 mense is

gebou asook ʼn skoolbiblioteek, addisionele klaskamers, kantore en ʼn mediese

inspeksiesentrum. Hierdie gebou is op 5 November 1971 in gebruik geneem. 352

Laerskool Frans Conradie het verseker dat sy leerlinge goed belese is. Teen

1982 het die biblioteek van die skool die volgende boeke besit: 1 234 Afrikaanse

verhale, 580 Engelse verhale, 598 Afrikaanse vakliteratuur, 419 Engelse

vakliteratuur en 166 naslaanwerke. Verder het die skool ook op ʼn gereelde basis

tydskrifte soos Historia, National Geographic, Landbouweekblad, Panorama,

Robot, African Wildlife, Custos, Patrys en Lantern gekry. 353

Kultuur by die skool was altyd ʼn top prioriteit vir Rossouw gewees. Die skool het

onder sy hoofskap beskik oor ʼn junior en senior koor, trompoppies, ʼn

musiekklub, Voortrekkers en buitelugopvoeding. Sport was belangrik en die

351 Jaarverslag van die skoolhoof, mnr. A. P. J. J. Rossouw, 7 Desember 1962.

352 A. P. J. J. Rossouw, Feesblad Laerskool Frans Conradie, 1962 – 1982, p. 51.

353 A. P. J. J. Rossouw, Feesblad Laerskool Frans Conradie, 1962 – 1982, p. 75.

155

skool het gespog met verskeie spanne wat in ligas ingeskryf is vir rugby, netbal,

tennis, dwergtennis, krieket en skaak. 354

Getal leerders vanaf 1963 – 1994:

Jaar Getal Leerders

1963 139

1970 281

1980 493

1990 456

1994 455

Skoolhoofde vanaf 1962 – 2002:

Naam Diensjare

Mnr. A. P. J. J. Rossouw 1962 – 1984

Mnr. J. H. Bester 1985 – 2002

354 A. P. J. J. Rossouw, Feesblad Laerskool Frans Conradie, 1962 – 1982, pp. 85 – 96.

156

157

Kaart 6: Ligging van Laerskool Susannah Fourie (Noord) en Hoërskool Despatch (Suid) in

Amperbostraat, asook vir Voorbereidingskool in Bergstraat. 355

355 Kaart verwerk vanaf www.streetmaps.co.za.

158

5.4 Voorbereidingskool

Vanweë die groot getal laerskool-leerlinge het die Administrateur van Kaapland

teen Augustus 1967 altesaam R98 000 bewillig vir ʼn voorbereidingskool wat

leerlinge van substanderd A tot standerd 1 sou onderrig. 356 Die

Voorbereidingskool in Bergstraat, Bothasrus, is op 11 April 1972 deur mev. F.

Conradie geopen. Die skool het met 359 leerlinge en 13 onderwysers geopen

onder die leiding van mej. E. H. E. Steyn. 357 Binne enkele weke het die

leerlinggetalle tot oor die 400 gestyg. Alhoewel die skoolgebou teen die tyd van

ingebruikneming nog nie voltooi was nie, het die nood aan addisionele

onderrigfasiliteite groot geraak vanweë groeiende getalle. 358

Die Voorbereidingskool was die eerste parallelmediumskool op Despatch,

alhoewel die Engelse-klasse glad nie groot was nie. Die skool het reeds van die

begin af rugby, netbal, dwergtennis en atletiek aangebied. Die kunste het baie

aandag by die Voorbereidingskool geniet. Vanuit die staanspoor het die skool

gespesialiseer om die jong leerder se lewensruimte binne te tree en vandaar die

leerervaring te bewerkstellig. As gevolg hiervan het die Voorbereidingskool

gereeld kunswedstryde in Port Elizabeth gewen. 359

Die skool is gebou teen ʼn koste van byna R40 000 en het voorsiening gemaak vir

450 leerlinge met 14 klaskamers. Al die leerlinge en onderwysers het vanaf die

Laerskool Susannah Fourie oorgekom. Met die opening van die nuwe skool het

dit nog nie ʼn naam gehad nie. Mnr. P. W. van Niekerk, die skoolraadsekretaris,

356 Die Oosterlig, 2 Augustus 1967.

357 Die Oosterlig, 11 April 1972; Eastern Province Herald, 12 April 1972.

358 Onderhoud met mej. E. Steyn, 5 Januarie 2009.

359 Onderhoud met mej. E. Steyn, 5 Januarie 2009.

159

het dit gestel dat die skool tot tyd en wyl as die Voorbereidingskool van Despatch

bekend sal staan. Die naam het egter gebly. 360

Die skoolwapen en kleredrag is deur mej. Steyn ontwerp. Die leuse van die

skool is deur ʼn standerd agt leerling van die Hoërskool Despatch voorgestel.

Mej. Steyn het in Augustus 1972 ʼn kompetisie van stapel gestuur en die publiek

kon hulle voorstelle aan die skool voorlê. Elmarie Ackerman het die leuse

voorgestel en teen September het die skool sy leuse “Altyd Hoër” in ontvangs

geneem. 361

360 Die Oosterlig, 11 April 1972; Eastern Province Herald, 12 April 1972.

361 Die Oosterlig, 13 September 1972.

160

Figuur 10: Die Hoërskool Despatch, 1949. 362

362 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, pp. 3

161

5.5 Hoërskool Despatch

Mnr. P.S. Meyer, Direkteur van Onderwys, het in 1979 verklaar dat die Hoërskool

Despatch:

“Deur sy duisende oud-leerlinge [...] vandag sy invloed

[laat] geld oor ʼn wye spektrum van staatdiens, die

sakewêreld en professionele lewe, nie alleen in die Oos-

Kaap nie, maar oor die hele Republiek heen.” 363

Die skoolkomitee van Susannah Fourie het in 1943 en in 1944 vertoë by die

Departement van Onderwys ingedien om ʼn hoërskool op Despatch te stig. As

redes vir hulle aansoek het hulle onder andere gemeld dat:

a) Die standerd ses leerlinge van die Laerskool Susannah Fourie wat verder

wou leer na Uitenhage of Port Elizabeth moes gaan.

b) So ʼn stap het baie tyd en geld van die ouers geverg.

c) Die leerlinge kon nie aan die buitemuurse aktiwiteite van daardie skole

deelneem nie, aangesien hulle die trein na Despatch sou verpas.

363 Boodskap van mnr. P. S. Meyer, Direkteur van Onderwys, 1979, Hoërskool Despatch

Feesblad

1949 – 1979, p. 11.

162

d) Baie van die leerders kon dit nie bekostig om op Uitenhage en Port

Elizabeth skool te gaan nie, met die gevolg dat baie intelligente leerlinge

nie verder gestudeer het nie. 364

In 1946 het die Departement van Onderwys ʼn perseel oorkant die Laerskool

Susannah Fourie in Amper Bostraat gekoop. Die here Roberts en Tanton is

aangestel om bouplanne op te stel vir ʼn skool wat moes beskik oor vier

klaskamers, een huishoudkundekamer, een houtwerkkamer, een laboratorium en

een personeelkamer. Teen 1948 was die planne voltooi en het die gebou

oorkant die laerskool in Amper Bostraat gestaan. 365

Die Hoërskool Despatch is op 26 Januarie 1949 gestig onder die leiding van mnr.

J. D. van Graan. Die standerd 6-klas van die Laerskool Susannah Fourie het die

skool se pioniersklas geword. Nege onderwysers en 134 leerders het die

hoërskool begin. 366 Ongelukkig het vier van die leerders hulle onderrig teen die

einde van die jaar gestaak. 367 Die skool het begin met agt-en-sestig standerd 6-

, vier-en-veertig standerd 7- en twee-en-twintig standerd 8-leerders. Aangesien

die skool reeds in 1946 beplan is maar eers in 1949 in gebruik geneem is, het

daar teen 1950 ʼn tekort aan klaskamer-ruimte ontstaan. Gewone lesse is tot tyd

en wyl in die laboratorium, huishoudkundeklas, houtwerkklas, waskamers en

personeelkamer gehou. In Mei 1950 rig die Departement van Onderwys twee

opslaanklaskamers op om die situasie te verlig. Die skool het verdere uitbreiding

in 1952 ondergaan toe nog vier klaskamers, twee musiekkamers en ʼn

voorlesingkamer aangebou is. Met die stigting van die hoërskool kon leerlinge

slegs tot standerd 8 skoolgaan. Die daaropvolgende jaar, 1950, het die skool die

364 Uitenhage Times, 6 Desember 1950.

365 Uitenhage Times, 6 Desember 1950.

366 Boodskap van mnr. P. S. Meyer, Direkteur van Onderwys, 1979, Hoërskool Despatch

Feesblad

1949 – 1979, p. 11; Uitenhage Times, 6 Desember 1950.

367 Jaarverslag van die skoolhoof, mnr. J. D. van Graan, 6 Desember 1949.

163

amptelike status van hoërskool ontvang, en kon leerders matrikuleer aan die

Hoërskool Despatch. 368

Dit was dan ook in daardie jaar wat die skool sy leuse, “Blaas hoog die vlam”,

ontvang het. Die personeel het begin soek na idees vir ʼn skoolwapen, skoollied

en skoolleuse. Al die leerders van die skool het probeer help. Dit was dan ook

een van die skool se standerd 8-leerders van 1950, mnr. Andre Gerber, wat

tydens ʼn Afrikaanse klas van mnr. Piet Delport die leuse vir die skool voorgestel

het. Die klas was besig om die gedig van A.G.Visser, “Die Smid”, voor te dra en

te ontleed. Met die lees van die laaste reël het Gerber uit sy bank opgespring en

vir Delport laat weet dat dit (Blaas hoog die vlam) hulle skool se leuse is. Die

onderwyser en die standerd agt seun is na mnr. Van Graan se kantoor en die

leuse is aanvaar. Die skoollied is deur Despatch se dokter, dr. Stoffel de Wet,

geskryf. 369

Reeds met die stigting van die skool, het die skoolraad £168 – 2 – 11 spandeer

vir die aankoop van boeke. ʼn Gedeelte van hierdie bedrag is ook geskenk aan

skoliere wat behoeftig was en nie die skoolfonds kon betaal nie. Die hoërskool

het ook in sy stigtingsjaar aan sport begin deelneem. Die sterk sporttradisie van

die Hoërskool Despatch het begin met ʼn atletiekbyeenkoms op Uitenhage in

Januarie 1949. Tydens hierdie byeenkoms het Chris Snyman van die Hoërskool

Despatch die 100 treë wedloop vir seuns onder 16 gewen en die 220 treë vir

seuns onder 19. Snyman was ten tye van die byeenkoms slegs 15 jaar oud. 370

ʼn Debatsvereniging, skoolorkes onder leiding van mnr. Mostert, asook ʼn CSV-tak

onder die leiding van mnr. R. P. Coetzee is in 1949 gestig. Die skool het ook sy

eerste skoolkonsert in 1949 gehou en het die inwoners van Despatch vir drie

aande in die kerksaal vermaak. Getuienis van die akademiese oriëntasie van die

368 S. Coetzer, “Stigting en Ontwikkeling van Despatch”, Looking Back, Maart 1992, p. 33.

369 Onderhoud met Davida (Duifie) Barnard, 5 November 2008.

370 Jaarverslag van die skoolhoof, mnr. J. D. van Graan, 6 Desember 1949.

164

Hoërskool Despatch, is die feit dat leesrakke in die seuns- en dogtersruskamers

aangebring is. Dit sou die tweetaligheid van die leerders bevorder, aangesien

daar Afrikaanse en Engelse tydskrifte tot die skoliere se beskikking was. Die

skoliere het ook daagliks toegang tot drie Engelse en twee Afrikaanse koerante

gehad. Verder het die biblioteek in die stigtingsjaar al oor 207 Afrikaanse boeke

en 211 Engelse boeke beskik. Die Onderwysdepartement het ook £500 aan die

skool geskenk, met die verstandhouding dat die skool £500 sou bydra vir die

verfraaiing van die terrein, die bou van ʼn netbalbaan en twee teer-tennisbane. 371

Mnr. J. N. Coetzee, wat in 1954 as skoolhoof aangestel is, het meer as vyf-en-

twintig jaar diens aan die Hoërskool Despatch gelewer. Ereburgerskap van

Despatch is in 1974 aan hom toegeken. 372

In 1976 het leerders aan die Hoërskool Despatch die eerste Senior Sertifikaat

eksamen afgelê. Teen 1976 word Bedryfsekonomie tot die skool se akademiese

arsenaal gevoeg. Die Departement van Onderwys het ook aan die skool

toestemming gegee om ʼn volle Handelskursus aan te bied. Die skool het ook

uitgebrei wat kulturele aspekte betref. In 1979 het die skool die volgende

verenigings gehad: Debat, Vasvra, Volkspele, Toneelvereniging, Skoolkoor, Die

Voortrekkers en skoliere het ook deelgeneem aan toneelfeeste,

redenaarskompetisies, vasvra-kompetisies en kunswedstryde. 373 Die skool het

ook sy eie kwartaalblad, Die Vlam, wat sedert 1959 bedryf word. Teen 1990 het

die skool ook ʼn Latynse, Duitse en Kunsvereniging gehad. 374 Die skool het

gesonde groei geniet en in 1978 was dit een van die grootste skole in Kaapland

met 807 leerlinge en ʼn personeel van 42 onderwysers. 375

371 Jaarverslag van die skoolhoof, mnr. J. D. van Graan, 6 Desember 1949.

372 Boodskap van raadslid C. J. Grobler, burgemeester van Despatch, 1979, Hoërskool Despatch

Feesblad 1949 – 1979, p. 15.

373 Jaarverslag van skoolhoof, mnr. J. N. Coetzee, 16 Oktober 1979.

374 Jaarverslag van skoolhoof, mnr. T. C. de Jager, 16 Oktober 1990.

375 Boodskap van mnr. P. S. Meyer, Direkteur van Onderwys, 1979, Hoërskool Despatch

Feesblad 1949 – 1979, p. 11.

165

Hoërskool Despatch het akademies baie goed gevaar. Tussen die jare 1976 –

1995 het die skool drie-en-vyftig skoliere gehad wat ʼn A-gemiddeld in hulle

matriek-eindeksamen behaal het. 376

Getal leerders vanaf 1949 – 1994:

Jaar Getal Leerders

1949 154

1950 267

1960 400

1970 534

1980 807

1990 851

1994 912

Skoolhoofde vanaf 1949 – 2005:

Naam Diensjare

Mnr. J. D. van Graan 1949 – Junie 1954

Mnr. J. N. Coetzee Julie 1954 – 1981

Mnr. J. H. Hurter 1983 – 1990

Mnr. C. H. Coetzee 1991 – 2005

376 Ererolbord, Hoërskool Despatch saal.

166

Die skool het deur die jare talle Springbokke en Afrika-kampioene in atletiek

opgelewer. Die Hoërskool Despatch is beslis besig om die holistiese

ontwikkeling van elke leerder te bevorder. Bo en behalwe die puik akademiese

uitslae, het die skool ook talle sportmanne opgelewer wat Suid-Afrikaanse kleure

verwerf of wat verkies is vir die Suid-Afrikaanse skolespanne, soos blyk uit die

volgende tabel:

Jaar

1966

1970

1975, ‟76 en „78

1975, ‟76 en „77

1977

1978

1978

1983

1984

1986

Naam

W. Esterhuizen

N. Westraadt

J. Muller

D. Gerber

G. Human

D. Ferreira

K. van Rensburg

C. Swanepoel

G. J. Lourens

C. Richardson

Sportsoort

Landloop

Landloop

Judo (SA Kampioen)

Rugby

Rugby

Judo

Judo

Gimnastiek

Bofbal

Rugby

167

1988 M. Lourens Bofbal

1988 en „89

1989

1991

1993

1994

1995

1995

P. O‟ Neil

M. Richardson

T. Parkinson

M. Els

C. de Swart

E. Rautenbach

K. Vosloo

Hoofstuk 6

Rugby

Rugby

Hengel

Stoei

Karate

Toutrek

Rugby en Sportpersoonlikhede

Atletiek (Afrika-kampioen)

168

Teen 1949 was daar geen openbare ontspanningsentrums nie. Die inwoners

van Despatch het van die Excelsior Busdiens gebruik gemaak om vir hierdie

doeleindes Uitenhage toe te gaan. Die eerste bestuursraad kon nie enige planne

vir openbare parke en sportgronde beraam nie, aangesien daar ʼn daadwerklike

tekort aan water was in die vroeë jare op Despatch. 377

Desnieteenstaande het sportklubs op Despatch ontstaan. Teen 1995 het

Despatch oor ʼn tennisklub, krieketklub, duiwevlug-klub, stoei-klub, muurbalklub,

swemklub, rolbalklub en netbalklub beskik. Een van die belangrikste klubs wat

gestig is, is die Despatch Rugbyklub. Deur die jare het hierdie klub rugbyspelers

van ʼn hoë kaliber opgelewer. Spelers soos Danie Gerber, Gerhardus (Pote)

Human en Frans Erasmus het almal vir die Despatch Rugbyklub gespeel. Die

klub het talle Oostelike Provinsie spelers opgelewer. Die volgende spelers het

die Oostelike Provinsie tot en met 1987 verteenwoordig: Kolonel Vosloo

(1945) 378 , Hannes Engelbrecht (1968), Frikkie Meyer (1970, word ook die eerste

Despatcher wat genooi is om die Springbokproewe by te woon), Burger

Terblanche (1970), Johan Heunis (1970), Kierie Gericke (1973), Rolf Zehmke

(1973), Danie Gerber (1982), Pote Human (1982), Frans van Rensburg (1982),

Gideon van Rensburg (1982), Frans Moore (1982), Draad Oliphant (1986), Anton

Jacobs (1986), Koenie Strumpher (1986), Siegie Human (1986), Nico Meyer

(1986), Gerhard Meyer (1987), Mynhardt le Roux (1987), Kallie Grobler (1987)

en Marius Ferreira (1987).

Die Despatch Rugbyklub spog ook met drie Springbokke: Danie Gerber,

Hermanus Potgieter en Rassie Erasmus. Die invloed van hierdie klub op die

rugby van die Oostelike Provinsie was groot gewees.

377 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, p. 43.

378 Voorletter onbekend.

169

6.1 Despatch Rugbyklub

Die eerste sportklub op Despatch was die rugbyklub. 379 Die klub is amptelik op

24 Januarie 1945 as die “Despatch Rugby Laer” gestig, en mnr. Willem Olckers

was die eerste president. Die klub het al in 1943 ontstaan alhoewel dit oor geen

geriewe beskik het nie. Die eerste oefensessies was op ʼn stuk openbare grond

gehou, waarvan die vee wat daarop gewei het eers verjaag moes word. So ook

het die eerste wedstryde teen ander klubs tydens die 1943 seisoen begin.

Volgens oorlewering moes die skeidsregters van die eerste wedstryde op

Despatch die wedstryde onderbreek om koeie en donkies vanaf die speelveld te

verjaag. 380

Die eerste veld van die klub is op die terrein tussen die destydse Laerskool

Susannah Fourie en die stadsaal ingerig. As kleedkamers moes die spelers die

voorhuise van nabygeleë woonhuise gebruik. Spelers het gebruik gemaak van ʼn

klein saaltjie op die dorp om smiddae na werk wedstrydfiks te word. Dit het egter

nie spelers se geesdrif gedemp nie en in 1950 wen die laer vir die eerste keer die

Monk-beker. In 1955 moes die klub hulle veld prysgee aangesien die

munisipaliteit van Despatch die terrein benodig het vir die bou van die huidige

stadsaal. In 1959 is die nuwe velde aangelê. As gevolg van die “unieke

pompstelsel” wat deur mnre. De Wet en Kruger gebruik is, was die veld vinnig

gereed en groen. Die nuwe velde is in April 1960 in gebruik geneem. Later

dieselfde jaar, Desember 1960, is die klubhuis geopen. ʼn Houtpawiljoen is in

1968 opgerig. 381 In Oktober 1973 wy die klub hulle plek in die nuwe Uniepark

379 B. Olckers, Despatch: 1949. Ongepubliseerde manuskrip, p. 43.

380 E. Hancke, “Despatch-Rugbyklub.” In: W. Muller (red.), ʼn Eeu van OP Rugby/A century of EP

Rugby: 1888 – 1988, p. 104.

381 E. Hancke, “Despatch-Rugbyklub.” In: W. Muller (red.), ʼn Eeu van OP Rugby/A century of EP

Rugby: 1888 – 1988, pp. 105 – 106.

170

(tans Republiekpark) sportkompleks in. 382 Die nuwe geriewe het gespog met die

dr. W. J. de Wet pawiljoen, kleedkamers en ʼn klubhuis.

Die grondwet van die klub is in Junie 1944 goedgekeur. Die amptelike kleure

van die klub was “ʼn donkerblou trui met ʼn ligblou kraag en ligblou strepe met ʼn

donkerblou broekie en swart en ligblou kouse.” Die eerste kleurbaadjies is in

Julie 1953 gebruik. 383 In 1954 word die naam van die klub verander vanaf

“Despatch Rugby Laer” na “Despatch Rugbyklub.” In 1972 het die klub se kleure

verander. Voortaan het die spelers in ʼn swart trui en wit broek rugby gespeel.

Dit was dan ook die rede waarom hulle die bynaam, “Pikkewyne,” gekry het. 384

Aanvanklik het die klub slegs twee spanne in die ligas ingeskryf, ʼn tweede- en

derde-liga spanne. Teen 1947 is ʼn onder-negentien span ook in die liga

ingeskryf. Alhoewel die klub sedert 1962 probeer het om in die eerste liga te

speel, sou dit eers in 1966 wees wat die Despatch Rugbyklub toelating tot die

eerste liga gekry het. Die spelers het goed gevorder en in 1971 eindig Despatch

derde op die punteleer. In 1972 en 1973 eindig die klub tweede op die punteleer.

Die klub het ook in 1972 en 1973 die Burchbeker (eerste liga wenners) en

Dewarskild (tweede liga wenners) verower. In 1977 het die klub dit reggekry om

die eerste plek in die liga te behaal. Die span van 1977 het ook die Oosterlig-

trofee vir die meeste drieë in die seisoen verower, asook die Burchbeker. 385

In 1984 het die klub ses bekers verower. Hulle het die eerste liga gewen en dus

die Burchbeker, die Oosterlig-trofee vir meeste drieë in die seisoen, Naty

382 Brief aan Aucamp and Squire Promosies van Despatch stadsklerk, 18 September 1973 ;

Eastern Province Herald, 16 Oktober 1973.

383 E. Hancke, “Despatch-Rugbyklub.” In: W. Muller (red.), ʼn Eeu van OP Rugby/A century of EP

Rugby: 1888 – 1988, p. 105.

384 E. Hancke, “Despatch-Rugbyklub.” In: W. Muller (red.), ʼn Eeu van OP Rugby/A century of EP

Rugby: 1888 – 1988, p. 107.

385 E. Hancke, “Despatch-Rugbyklub.” In: W. Muller (red.), ʼn Eeu van OP Rugby/A century of EP

Rugby: 1888 – 1988, pp. 105 – 108.

171

Barrisbeker (derde liga wenners), die Richelieubeker (vierde liga wenners) en die

Sharps Sewes-aan-ʼn-kanttoernooi trofee. 1985 was die grootste jaar vir die

Despatch Rugbyklub. As Oostelike Provinsie klubkampioene, gaan die span van

Despatch na die Toyota-klubkampioenskappe in Durban. Hulle het die eerste

span van die Oostelike Provinsie geword om hierdie interprovinsiale toernooi te

wen. In 1987 behaal hulle weer die eindstryd van die toernooi, maar verloor teen

die span van Kaapstad-Weermag. Met hulle terugkeer het die spelers egter

uitstekende rugby gespeel en wen hulle die meeste bekers nog deur ʼn klub in die

Oostelike Provinsie – elf bekers, en deel ʼn twaalfde beker met Old Collegians. 386

6.2 Sportpersoonlikhede

Despatch het deur die jare sinoniem geword met rugby. As sulks het die dorp

uitstekende rugbyspelers opgelewer. Bo en behalwe rugby, het Despatch ook

bekendes in ander sportsoorte opgelewer. Die huidige Protea-kaptein, Johan

Botha, byvoorbeeld, is afkomstig van Despatch. Hy het sy laerskool-loopbaan

aan die Laerskool Susannah Fourie voltooi.

6.2.1 Danie Gerber

Naas Botha, bekende Springbok losskakel, beskryf Danie Gerber as volg:

“Danie Gerber is one of the most outstanding Springboks

ever to have represented South Africa. He is arguably the

386 E. Hancke, “Despatch-Rugbyklub.” In: W. Muller (red.), ʼn Eeu van OP Rugby/A century of EP

Rugby: 1888 – 1988, pp. 105 – 108.

172

est centre South Africa has produced and one of the

best the rugby world has ever seen.” 387

Seker een van die bekendste name in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse

rugby, is Danie Gerber. Hy is op 14 April 1958 in Newtonpark, Port Elizabeth

gebore. Gerber se ouers het na Despatch verhuis terwyl hy nog op laerskool

was. Aanvanklik het Gerber homself as ʼn sokkerspeler geag, vandaar dat hy

geleer het om met beide voete te skop. Een middag het sy pa, Sam Gerber, dit

aan hom gestel dat in plaas van dat hy die bal net skop, moet hy probeer

hardloop met die bal. Dit was die begin van Gerber se uitstekende

rugbyloopbaan. 388

Danie Gerber het op die ouderdom van 14 jaar bekendheid verwerf op Despatch,

nie as ʼn rugbyspeler nie, maar eerder vir sy boulvaardighede vir die Hoërskool

Despatch se onder 15 krieketspan. In 1973 het Gerber in ʼn wedstryd teen die

Hoërskool Andrew Rabie van Port Elizabeth 14 paaltjies geneem en slegs 16

lopies afgestaan. 389 Gerber het ook uitgeblink op die atletiekbaan vir die

Hoërskool Despatch. In 1977 het hy die O.P Juniorspan gehaal. 390

Teen 1975 het Gerber hom as ʼn rugbyspeler gevestig. Hy het in 1975 die OP

Cravenweekspan gehaal. Hy het ook in 1976 en 1977 die Cravenweekspan

gehaal. 391 Gerber is ook telkens vir die Suid-Afrikaanse skolespan gekies. In

September 1975 het Gerber uitgeblink in die Suid-Afrikaanse skolespan wat teen

Natal se onder 20 span gespeel het. Hy het die enigste drieë vir die skolespan

gedruk. 392

387 C. Schoeman, Danie Gerber: Maestro of the Midfield, p. 9.

388 C. Schoeman, Danie Gerber: Maestro of the Midfield, p. 18.

389 Die Oosterlig, 12 November 1973.

390 T. C. de Jager, Hoërskool Despatch Feesblad 1949 – 1979, p. 88.

391 T. C. de Jager, Hoërskool Despatch Feesblad 1949 – 1979, p. 88.

392 Die Oosterlig, 5 September 1975.

173

In 1976 het Gerber weer die sportblaaie oorheers met die Cravenweek proewe.

Die Eastern Province Herald het in Mei 1976 berig dat Danie Gerber die

potensiaal het om een van die beste senters te word wat die Oostelike Provinsie

nog opgelewer het. In Oktober van dieselfde jaar was Gerber die gunsteling om

die onder 19 vyfkamp titel te verower. Danie het die sportblaaie in 1977 weer

eens oorheers met opskrifte soos “Danie Gerber knak Cillië”, “Gerber star in EP

Victory” en “Danie Gerber en sy maats wys hul rugbykrag.”

Gerber het sy diensplig tussen Junie 1978 en Junie 1980 gedoen. Met sy

terugkeer na Despatch in 1980, het hy vir die OP uitgeblink op buitesenter. Dit

was egter nie net op die rugbyveld dat Gerber vir Despatch trots gemaak het nie.

In Desember 1980 het hy die krieketklub gehelp om ʼn oorwinning teen Humepark

te beklink deur 11 paaltjies te neem vir 52 lopies. Gerber was nie net ʼn

waardevolle naatbouler nie, maar het ook ʼn onoorwonne 20 lopies

aangeteken. 393

Gerber het geskiedenis gemaak deurdat hy die eerste speler van Despatch was

om vir die Springbokke gekies te word. Hy het die Springbok-toerspan na Suid-

Amerika in Oktober 1980 meegemaak. 394 Gedurende hierdie toer het Gerber vyf

van die ses wedstryde gespeel en ses drieë gedruk. Hy het ook in sy eerste

toets ʼn drie gedruk nadat hy die bal van Naas Botha ontvang het op die kwartlyn

van die Argentyne. 395

Danie Gerber het voortgegaan om ʼn roemryke loopbaan op die rugbyveld te

geniet. So, byvoorbeeld, het hy in 1984 tydens ʼn toets teen Engeland drie drieë

binne ʼn tydperk van slegs agtien minute gedruk. Hierdie vertoning van Gerber

393 Oosterlig, 15 Desember 1980.

394 Oosterlig, 17 Oktober 1980.

395 Eastern Province Herald, 20 Oktober 1980.

174

het daartoe gelei dat die Engelse joernaliste hom beskryf het as ʼn “grown man

playing in the company of boys.” 396

Hy het in 24 toetse vir die Springbokke gespeel en het 19 drieë aangeteken.

Tans beklee hy die nommer agt posisie op die Suid-Afrikaanse Rugby-unie se lys

vir die meeste drieë deur ʼn Springbok. Gerber is ook een van ʼn minderheid

Springbokke wat by rugby se internasionale heldesaal ingelyf is. Hy het hierdie

eer in 2007 ontvang.

6.2.2 Rudi Koertzen

Rudolf Eric Koertzen is op 26 September 1949 gebore. Hy het sy skoolloopbaan

aan die Laerskool Susannah Fourie en Hoërskool Despatch voltooi. Koertzen

het krieket op Despatch gespeel en het sy skeidsregter-loopbaan begin deur vir

plaaslike ligawedstryde agter die paaltjies te staan. Sy loopbaan het besonder

goed gevorder en hy is as die beste krieketskeidsregter deur die spelers van die

sport in 2002 aangewys. 397 In April 2006 het hy die mylpaal behaal deur by 150

toetswedstryde op te tree. Hy is slegs die tweede skeidsregter ter wêreld om

hierdie mylpaal te behaal het. 398

Teen April 2007 het hy in meer as 170 eendaagse wedstryde opgetree.

Koertzen is in 1997 aangestel as ʼn permanente skeidsregter van die

Internasionale Krieketraad. In 2002 het hy toegang verkry tot die Elite paneel

van hierdie raad en is tans een van drie van die oorspronklike lede wat diens in

hierdie raad doen. 399

396 Die Burger, 14 Desember 2008.

397 The Herald, 29 Oktober 2002.

398 Die Burger, 20 April 2006.

399 The Citizen, 20 April 2007.

175

Rudi Koertzen behou tans die wêreldrekord vir die meeste eendaagse wedstryde

waarby ʼn skeidsregter nog opgetree het (195). Verder het Koertzen in 2009 een

van slegs twee krieketskeidsregters ter wêreld geword om in meer as 100 toetse

op te tree. Die ander is Steve Bucknor van die Wes-Indiese Eilande. 400

6.2.3 Johan “Rassie” Erasmus

Johan “Rassie” Erasmus is op 5 November 1972 in Despatch gebore. Hy het sy

skoolloopbaan aan die Laerskool Susannah Fourie en die Hoërskool Despatch

voltooi. Vanaf 1996 tot 1998 en 2002 tot 2004 speel hy as losvoorspeler vir die

Vrystaat se premierspan, die Cheetahs. Tussen 1999 en 2001 speel hy vir die

Johannesburgse premierspan, die Cats. Erasmus het vanaf 1997 tot 2001 vir die

Springbokke gespeel. 401

Hy het sy debuut vir die Springbokke op 5 Julie 1997 teen Engeland gemaak.

Tydens sy internasionale loopbaan het Erasmus in 39 toetse gespeel, waarvan

een keer as kaptein. Erasmus het sewe drieë en 35 punte vir die Springbokke

aangeteken. 402

Na sy uittrede as speler het Erasmus hom op afrigting toegelê. Hy het die

Cheetahs afgerig en het naam vir homself gemaak met sy onkonvensionele

afrigtingsmetodes. Hy het groot sukses met die Cheetah-span behaal en die

span het dan ook die 2005 Curriebeker gewen. Tans is hy die hoofafrigter van

die Westelike Provinsie se premierspan, die Stormers.

400 Die Burger, 26 Februarie 2009.

401 www.whoswhosa.co.za, http://www.whoswhosa.co.za/Pages/profilefull.aspx?IndID=5379

(12 Januarie 2009).

402 Webtuiste van Suid-Afrikaanse Rugby, www.sarugby.co.za,

http://www/sarugby.co.za/profiles.asp?id=48027&search=Erasmus (12 Januarie 2009).

176

Erasmus was baie gefokus en gemotiveerd as rugbyspeler, beide op die

rugbyveld en van die veld af. Hy het die eerste speler geword om ʼn rekenaar in

te span ten einde bewegings vanaf lynstane te analiseer. 403

6.2.4 Ander bekendes

Despatch is in ʼn besondere posisie deurdat die dorp twee wêreldklas

krieketskeidsregters, wat op dieselfde tydstip hulle loopbane beoefen, opgelewer

het. Tesame met Rudi Koertzen, is Brian Jerling ʼn internasionale bekroonde

krieketskeidsregter.

Ander bekende sportlui wat Despatch opgelewer het, is die rugbyspeler Adri

Geldenhuys, die atlete Phillip Dorfling en Charl Mattheus. Laasgenoemde het in

1997 die Comrades-marathon gewen. Die perdejokkie, Michael “Muis” Roberts,

is ook van Despatch afkomstig. Hy is die enigste Suid-Afrikaner wat daarin

geslaag het om ʼn Britse jokkietitel te verower. Hy het die Suid-Afrikaanse

jokkietitel vir ʼn rekord elf keer gewen. 404

Despatch is baie trots op hulle sportmanne. Hierdie feit word weerspieël in die

Despatch museum se sportafdeling. Hiér staan verskeie vertoningskaste met

memorabilia van die onderskeie sportsterre wat afkomstig van Despatch is. Dit

is die dorp se manier om hierdie uitblinkers op die sportvelde te vereer.

403 M. Cooper en T. Goodenough, In the Zone with South Africa’s Sports Heroes: How to Achieve

Top Performance in Sport and Life, p. 201.

404 Die Son, 16 Januarie 2004.

177

Hoofstuk 7

Kultuur en Politiek

Die kulturele en politieke bedrywighede op Despatch is kensketsend van die

sterk Afrikaanse karakter van die dorp. Kultuuraktiwiteite op Despatch is volop.

Soos gesien uit die geskiedenis van die onderwys, het die skole ʼn aktiewe rol

gespeel in die ontwikkeling van die kulturele bewustheid van die kinders op

Despatch. Die sterk Afrikanerkarakter van Despatch word uitgebeeld in die

vieringe van feeste soos Heldedag, Dingaansdagfeeste, Van Riebeeckdagfeeste,

Heldeaande, Volkspele en Geloftedagfeeste.

Kultuuraktiwiteite op Despatch het begin voordat die dorp in 1942 dorpstatus

ontvang het. In 1930 is ʼn Dingaansdagfees onder die bome op die plaas van

mnr. P. B. Botha gehou. Hierdie was ʼn baie suksesvolle fees en mense is vanaf

Port Elizabeth per trein na Despatch vervoer. ʼn Groot skare het die fees

bygewoon wat gereël was deur die gesamentlike feesreëlingskomitee, onder die

voorsitterskap van mnr. A. J. de Kock. 405

Despatch se Afrikaneridentiteit word weerspieël in die Dingaansdagfeeste van

1942 tot 1949. Na die laaste Dingaansdagvieringe by die ou Coega-terrein van

405 H. O. Terblanche, Die Afrikaner in Port Elizabeth, 1902 – 1937: ʼn Kultuurhistoriese ondersoek,

p. 400.

178

die Piet Retief-monument in 1941 was dit duidelik dat hierdie terrein ongeskik is

om aan die behoeftes van die stedelike Afrikaners te voldoen. In 1942 het die

Afrikaners op Kirkwood ʼn eie Dingaansdagfees gehou. Daar was sprake dat die

feeste voortaan in Despatch gehou kon word. Hierdie gedagte het voortgespruit

uit die Sentrale Dingaansdagfees van Port Elizabeth en Uitenhage in 1942.

Hierdie fees is op die plaas van mev. P. B. Botha gehou. 406 Die feesgangers het

die terrein as ideaal beskou aangesien dit reg langs die spoorlyn is en voldoende

parkeerplek vir motors gehad het. Verder het die hoë bloekombome ook

gerieflike koelte vir feesgangers verskaf, daar is pragtige groen gras en ʼn goed

ingerigte verversingslokaal. 407

In 1943 en in 1944 is die Dingaansdagfees vir Port Elizabeth, Uitenhage en

omliggende gebiede weer eens op Despatch gehou. Op 16 Desember 1944 is

die fees ook op Despatch gehou. Gedurende hierdie fees het ds. O. A. Cloete

van die NG Kerk Port Elizabeth-Wes aangekondig dat die skuld op die Piet

Retief-monument gedelg is. Daar was egter nie fondse beskikbaar om die

Coega-terrein te verfraai nie. Gevolglik is die Sentrale Dingaansdagfees tot en

met 1949 op mev. Botha se grond gehou. 408

Despatch het dus hierdie fees, die gesamentlike fees vir Afrikaners van Port

Elizabeth, Uitenhage en Despatch, vir agt jaar op die plaas met die hoë

bloekombome gehou. Die Dingaansdagfees was ʼn baie belangrike fees vir die

Afrikaner. Vanaf 1950 het Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch hul eie

afsonderlike feeste gehou.

406 Mnr. Botha het in 1933 gesterf en het die plaas aan sy vrou nagelaat. Dis egter dieselfde

terrein waarop die 1930 Dingaansdagfees gehou is.

407 M. Swart, O. Terblanche en T. Rautenbach, Die Piet Retief-monument en Feesterrein van Port

Elizabeth, 1938 – 1990, pp. 38 – 39.

408 M. Swart, O. Terblanche en T. Rautenbach, Die Piet Retief-monument en Feesterrein van Port

Elizabeth, 1938 – 1990, pp. 38 – 39.

179

7.1 Die Skakelkomitee

Die Skakelkomitee het ʼn kardinale rol gespeel in die kulturele bedrywighede van

die dorp. Die komitee is in die lewe geroep om al die kulturele aktiwiteite van die

dorp te koördineer. Mnr. G. Schreuder het die verantwoordelikheid geneem om

die stigtingsvergadering te reël. Mnr. Schreuder het daarop gewys dat ʼn

Skakelkomitee ʼn nuttige opbouende werk kan verrig om die Afrikaanse kultuur op

Despatch te bevorder en te koördineer. Mnr. Schreuder is as die eerste

voorsitter verkies en mej. C van der Linden is as die sekretaresse aangestel. 409

Reeds met sy stigting in 1942 het die Skakelkomitee die volgende funksies

gekoördineer: ʼn Sondagskooluitstappie van die Bothasrus gemeente, ʼn kerk-,

skool- en hospitaalbasaar, ʼn Voortrekker tiekieaand, ʼn skoolkonsert, ʼn

gimnastiekvertoning en ʼn huldigingsfunksie vir gestorwe Boerekrygers. 410

Die stigterslede van die Skakelkomitee was: 411

Organisasie Verteenwoordiger

Die kerkraad (Bothasrus gemeente) Ds. L. Cilliers

Diakonie (Bothasrus gemeente) Mnr. H. du Plessis

Strewers Mnr. J. Horn

Sondagskool (Bothasrus gemeente) Mej. A. Meiring

Vroue Sendingbond Mev. Cilliers

Die Despatch-skool 412 Mej. S. Fourie

409 Skakelkomitee stigtingsvergadering notule, 28 November 1942.

410 Skakelkomitee stigtingsvergadering notule, 28 November 1942.

411 Skakelkomitee stigtingsvergadering notule, 28 November 1942.

412 Later die Laerskool Susannah Fourie.

180

Vroue Landbouvereniging Mev. R. J. Fourie

Voortrekkers Mej, C v. d. Linden

Ossewa-Brandwag Mnr. R. J. Fourie

Herstigte Nasionale Party Mnr. W. Olckers

Die Voortrekkers, die ACVV, die Vroue Landbouvereniging en die Vroue

Sendingbond het gereeld van 1944 tot 1950 funksies, fondsinsamelings en

kulturele aktiwiteite op Despatch gereël. Hierdie het onder meer basaars,

tiekieaande, konserte en lenteaande ingesluit. 413 In 1951 het die komitee

aktiwiteite soos bofbal, tennis, ʼn wyksbasaar, ʼn hoërskoolkonsert,

Heldedagvieringe en Kersaande gereël. 414

Dit was egter nie net die kulturele aktiwiteite waarmee die Skakelkomitee hom

aanvanklik bemoei het nie. Na ʼn spesiale vergadering, gehou op 18 Mei 1951,

het die Skakelkomitee besluit om in 1952 ʼn grootskaalse program te loods om

volwasse opvoeding te bevorder. Die komitee het gemeen dat die meerderheid

van die jong mense op Despatch daagliks roetinewerk verrig en dus afleiding

nodig gehad het. Die komitee het beoog om hierdie afleiding aan hulle te verskaf

in die vorm van lesings oor kulturele en letterkundige aangeleenthede,

opvoedkundige rolprentvertonings, vasvrawedstryde, debatte en volkspele. Vir

die jong dames was daar ook koskook-, koekbak-, naaldwerk-, huisverfraaiing-

413 Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 2 November 1944; Afrikaanse Skakelkomitee

Vergaderingsnotule, 21 Julie 1945; Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 26

November 1945; Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 25 November 1946; Afrikaanse

Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 27 November 1947; Afrikaanse Skakelkomitee

Vergaderingsnotule, 22 November 1948; Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 28

November 1949.

414 Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 23 Februarie 1951.

181

en blommerangskikkingslesse. 415 Verder het die komitee ook beoog om ʼn

leidende hand aan die jeug van Despatch uit te steek om hulle na goeie

burgerskap te lei. Die gesin was as middelpunt van die Afrikanerkultuur

herbeklemtoon. Voortsettingsklasse is ook gehou om die jeug se kwalifikasies te

verbeter. Opvoeding in verband met vader- en moederskap is ook aan die jong

mense gegee. 416

Die Skakelkomitee het gesonde groei geniet wat organisasies betref wat by hulle

aangesluit het. Teen 1958 het die Nasionale Party, Retief gemeente, die CSV,

Tennisklub, die Kinderkrans, die VSV, VSB en die ACVV van Bothasrus

gemeente by die komitee aangesluit. Die aantal funksies wat die komitee

gekoördineer het, het ook toegeneem. In 1958 is drie volkspele byeenkomste, ʼn

kinderfees, drie skoolkonserte, twee basaars, ʼn noodhulpkursus, ʼn rugbydans, ʼn

sendingfees en ʼn Kersaand gereël. 417

Met die 50ste herdenkingsjaar van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap

en Kuns in 1959 en die 30ste herdenkingsjaar van die Federasie vir Afrikaanse

Kultuurvereniginge (FAK), het laasgenoemde die inisiatief geneem om ʼn

Taalfees vir Afrikaans te hou ter herdenking aan hierdie twee mylpale. Die

verskillende Taalfeeste is in 1959 gehou tussen Van Riebeeckdag (6 April) en

Uniedag (31 Mei). 418

Die Skakelkomitee het Despatch se Taalfees vir 22 Mei 1959 gereël. Die aand

was baie suksesvol en het onder meer die sing van liedjies soos: “O,

Boereplaas,” “Waar Tafelberg Begin,” “Land, Volk en Taal,” “Die Stem,”

“Winternag,” “Oktobermaand,” “Moedertaal” en “Prys U die Here God,” ingesluit.

Die kore van die Laerskool Susannah Fourie, die Voortrekkers, Bothasrus

415 Verslag ten opsigte van volwasse opvoeding op Despatch, 23 November 1951.

416 Afrikaanse Skakelkomitee Spesiale Vergaderingsnotule, 18 Mei 1951.

417 Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 16 Januarie 1958.

418 Omsendbrief van die FAK, Taalfeeste, 13 Februarie 1959.

182

gemeente en die Retief gemeente het hierdie liedere gesing. Die kinderkrans

van die twee gemeentes het ook hulde gebring aan die Bybel in Afrikaans.

Leerders van die Laerskool Sonop het ʼn voorstelling gelewer, “Taalmonumente,”

terwyl leerders van die Hoërskool Despatch ʼn waardering oor die werk van C. J.

Langenhoven gelewer het. Die ATKV-tak het ʼn huldeblyk aan die kinderskrywers

en -skryfsters gelewer waarnaas die KJA van die gemeentes Bothasrus en Retief

ʼn huldigingsspel, “Die Wonder van Afrikaans” opgevoer het. 419 Die

Skakelkomitee het daarin geslaag om die hele gemeenskap van Despatch te

betrek by hierdie nasionale fees van die Wonder van Afrikaans.

Gedurende die sestigerjare het die Skakelkomitee jaarliks Geloftedag-vieringe

gereël. Vanaf 1961 vind die vieringe plaas op die sportterrein. Verder het die

komitee ook gesorg vir die organisasie van die ACVV straatverkope, gemeente

basaars, straatmarkte en die jaarlikse Heldedagvieringe. 420 Despatch het

tydens die jare 1960 – 1980 met ʼn baie aktiewe Voortrekkertak gespog. Die dorp

het verder ook ʼn ATKV en ATKV-Dames tak gehad. Die jaarlikse Roos-skou is

ʼn permanente instelling op die dorp.

In 1973 het die Skakelkomitee direk betrokke geraak om ʼn Spesiale Middelbare

skool vir Despatch te bekom. Ongelukkig was hierdie poging nie suksesvol

nie. 421 Desnieteenstaande is dit ʼn aanduiding van die Skakelkomitee se

sensitiwiteit ten opsigte van die behoeftes van die inwoners van Despatch en

hulle kinders.

Die jaar 1975 was beslis ʼn jaar waar kultuuraktiwiteite op Despatch ʼn nuwe

hoogtepunt bereik het. Daar was nie minder as negentien straatmarkte nie,

gehou deur die volgende instansies: Eendrag gemeente, Bothasrus gemeente,

Laerskool Frans Conradie, Werda Volksanggroep, Opvoedingsfonds en die

419 Amptelike Program van die Taalfees op Despatch, 22 Mei 1959.

420 Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 16 Januarie 1969.

421 Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 7 November 1973.

183

Voorbereidingskool. Verder was daar ook agt basaars gehou deur die Eendrag

en Retief gemeentes, die Voortrekkers, Hoërskool Despatch,

Voorbereidingskool, Laerskool Sonop en Laerskool Frans Conradie. In die loop

van 1975 was daar ook ʼn sangfees, Sondagskooluitstappies en ʼn

atletiekbyeenkoms tussen die laerskole en die hoërskool. Die Laerskool Frans

Conradie en Hoërskool Despatch het elk ʼn skoolkonsert aangebied asook ʼn

Taalfees. 422 Die Skakelkomitee was weer eens baie suksesvol in hulle taak om

al hierdie kultuuraktiwiteite te koördineer.

Die Skakelkomitee het egter nie net die kultuuraktiwiteite van Despatch

gekoördineer nie. Hulle het ook na die belange van die gemeenskap omgesien.

So, byvoorbeeld, het die Skakelkomitee ʼn brief aan die FAK gerig rakende die

invloed van televisieprogramme wat in 1976 op Sondae aande begin uitsaai het.

Die Skakelkomitee was van mening dat hierdie programme die

kultuurbedrywighede en die kerklike lewe van ʼn gemeenskap nadelig sou

beïnvloed. 423

Teen die einde van 1975 het die Skakelkomitee besef dat hulle as ʼn instansie

beter diens aan die verskillende kultuurliggame van Despatch kon lewer indien

die Skakelkomitee ʼn amptelike Kultuurraad van die FAK word. Vanaf Desember

1975 staan die Skakelkomitee dan ook bekend as die Afrikaanse Kultuurraad

van Despatch. 424

In 1978 het die Afrikaanse Kultuurraad van Despatch ʼn besondere fees op

Despatch gereël. Op 4 Maart 1978 is die A. G. Visser-fees aangebied deur die

Werda Volksanggroep. Hulle het liedere van A. G. Visser gesing. Dr. Willie

422 Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 8 November 1975.

423 Brief aan die Sekretaris van die FAK van die Sekretaris van die Afrikaanse Skakelkomitee

van Despatch, 22 Junie 1976.

424 Afrikaanse Kultuurraad van Despatch notule, 12 Desember 1975.

184

Visser, seun van A. G. Visser, het ook die fees bygewoon en insette oor sy vader

se lewe gelewer. 425

Die FAK het in 1979 sy halfeeufees gevier. Despatch het ook nie teleurgestel nie

en ʼn vol program wat feeste betref, is gehou. In Mei 1979 is die Van

Riebeeckfees gehou. Die Republiekfees, wat onder leiding van die ATKV gereël

is, het vir ʼn besondere opkoms van mense gesorg wat deelgeneem het aan

boeresport, volksang en ʼn braai. Voortaan het die Republiekfees ʼn permanente

instelling op Despatch geword. Op 14 September 1979 is die FAK se

gedenkfees op Despatch gehou. Die Krugerdagfees is op 10 Oktober van

dieselfde jaar aangebied. Hierdie was ʼn gesamentlike fees wat deur die

Afrikaanse Kultuurraad van Despatch en die Skakelkomitee van Uitenhage

gereël is. 426

Die volgende groot fees wat op Despatch gehou is, was die Groot Trek

herdenkingsfees van 1988. Alhoewel grootskaalse publisiteit aan die verrigtinge

op Port Elizabeth en Uitenhage gegee is, het Despatch nie agterweë gebly nie.

Die beplanning vir dié aangeleentheid het reeds in Maart 1977 begin. 427

Oudergewoonte is die hele dorp betrek. Daar was sorgvuldige beplanning

gedoen sodat die herdenking van die Groot Trek op Despatch nie sou afskeep by

die verrigtinge in die groter stede van Port Elizabeth en Uitenhage nie. 428 Op 27

September 1988 het die Voortrekkers van Despatch die seremoniële ossewa op

Thornhill in ontvangs geneem en na die Voortrekkerterrein op Despatch geneem.

Op 28 September het die fees op Despatch begin. Die wa is per optog vanaf die

Voortrekkerterrein tot die Sentrale Sportterrein geneem. Leerlinge van die skole

425 Afrikaanse Kultuurraad van Despatch verslag aan die FAK, 21 Februarie 1979.

426 Afrikaanse Kultuurraad van Despatch verslag aan die FAK, 12 Maart 1980.

427 Despatch Groot Trek-Feeskomitee Vergaderingsnotule, 7 Maart 1988.

428 Despatch Groot Trek-Feeskomitee Vergaderingsnotule, 12 April 1988; Despatch Groot

Trek-Feeskomitee Vergaderingsnotule, 24 Mei 1988.

185

op Despatch het aan die optog deelgeneem en het honderd-en-vyftig Feesvlae,

twee Voortrekkervlae en een Landsvlag gedra. 429

Omstreeks 16h30 het die wa by die Sentrale Sportterrein aangekom. Die

middag is boeresport op die terrein gehou om ʼn gesellige atmosfeer te skep. Om

18h00 het die seremonie begin met die Voortrekkers wat ʼn tablo en vlagstryking

gedoen het. ʼn Gebed is gevolg deur die boodskap van die burgemeester.

Hierna het die skoolkore die toeskouers vermaak. Die Hoërskool Despatch het

ook ʼn toneelopvoering gelewer. Die verrigtinge het tot laat die aand geduur met

potjiekos en braaivleis. 430 Die ossewa het tot 29 September 1988 op Despatch

gebly. 431

Alhoewel die tydperk van hierdie verhandeling tot 1995 strek, moet die

herdenking van die Anglo-Boereoorlog in 1999 deur die inwoners van Despatch

ook genoem word. Na maande se beplanning is die honderdjarige herdenking

van die Anglo-Boereoorlog vanaf 8 tot 10 Oktober 1999 op Despatch gevier.

Stalletjies is opgerig, ʼn geskiedenisvasvra kompetisie en inkleur- en

tekenwedstryde is gehou. Die herdenking is op Vrydagaand, 8 Oktober 1999, in

die Hoërskool Despatch saal geopen. Hiertydens het die koor van die Laerskool

Susannah Fourie ʼn ensemble, “Ons sing Afrikaans,” gelewer en volkspele is

gehou. Op Saterdag, 9 Oktober, is ʼn optog met ossewaens en perderuiters deur

die hoofstraat van Despatch gehou. Op die feesterrein is ʼn voorstelling van die

Boere-republieke se presidente gehou, ʼn Geskiedenisvertelling is voorgelees,

waaronder ʼn voorlesing van die name van “rebelle,” asook ʼn toespraak oor die

Uitenhaagse konsentrasiekamp. Inheemse bome is op die feesterrein geplant.

429 Despatch Groot Trek-Feeskomitee Vergaderingsnotule, 21 Julie 1988; Despatch Groot Trek-

Feeskomitee Vergaderingsnotule, 23 Augustus 1988.

430 Amptelike Program van die Groot Trek Herdenkingsfees, 28 September 1988; Despatch Groot

Trek- Feeskomitee Vergaderingsnotule, 21 Julie 1988; Despatch Groot Trek-

Feeskomitee Vergaderingsnotule, 23 Augustus 1988.

431 Despatch Groot Trek-Feeskomitee Vergaderingsnotule, 21 Julie 1988.

186

Die middag is afgesluit met sport en ʼn potjiekoskompetisie terwyl die

Klipspatchers Boere-orkes musiek verskaf het. Die fees is Sondag, 10 Oktober,

afgesluit met ʼn erediens in die Moedergemeente Uitenhage. 432

7.2 Politiek

Despatch was van die begin af ʼn Afrikanerdorp. Met die stigting van die

Skakelkomitee in 1942, wat alle kultuurbedrywighede op Despatch gekoördineer

het, was die Herstigte Nasionale Party (HNP), onder W. J. Olckers, en die

Ossewa-Brandwag (OB), onder R. J. Fourie, van die stigterslede. 433 Die HNP en

die OB was onderskeidelik die verkose politieke party en die kultuurorganisasie

van die nasionaalgesinde Afrikaner. Die Ossewa-Brandwag was sterk gekant

teen Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog.

Op 1 Augustus 1940 is John Vorster amptelik as OB–hoofgeneraal aangestel.

Sy taak was om die Ossewa-Brandwag in Oos-Kaapland uit te bou. Met die oog

daarop het Vorster verskeie OB–generaals in dorpe regoor die Oos-Kaap

aangestel en takke op die dorpies gestig. In Despatch is mnr. R. J. (oom Dolf)

Fourie as OB–generaal aangestel. 434

Vorster maak spesifiek melding van Fourie as een van die generaals met wie hy

“wonderlike samewerking” gehad het. 435 Dit is ook noemenswaardig dat Fourie

die eerste burgemeester van Despatch was. Die Ossewa-Brandwag het reeds

met die stigting van die dorp funksies gehou. Op 6 en 7 Augustus 1942 het die

432 Die Burger, 2 Oktober 1999; Despatch/Uitenhage Komitee vir die herdenking van die Anglo-

Boereoorlog notule, 8 Maart 1999.

433 Skakelkomitee stigtingsvergadering notule, 28 November 1942.

434 H. O. Terblanche, John Vorster: OB–Generaal en Afrikanervegter, pp. 80 – 81.

435 H. O. Terblanche, John Vorster: OB–Generaal en Afrikanervegter, p. 88.

187

Ossewa-Brandwag ʼn naweek funksie gehou wat onder meer toesprake,

braaivleis en volkspele ingehou het. 436

Die Ossewa-Brandwag het ook in 1944 ʼn leidende rol gespeel in funksies soos

die viering van Van Riebeeckdag, Dingaansdagfees, Heldeaand en ʼn

Kultuuraand. Mnr. R. J. Fourie, generaal van die Ossewa-Brandwag op

Despatch, het dit benadruk dat die kultuur van die Afrikaner op Despatch suiwer

gehou moet word en dat die taal beskerm moet word. 437

Vanaf 1943, vanweë die Duitse nederlae in Europa, het die Ossewa-Brandwag

as ʼn nie-parlementêre organisasie begin stoom verloor. 438 Die OB in Despatch

het egter steeds aktief gebly. Op 6 Augustus 1944 439 , 5 Augustus 1945 440 en 16

Augustus 1946 441 het die OB funksies op Despatch gehou. In 1947 is die laaste

van die Ossewa-Brandwag funksies op Despatch gehou. Op 28 Februarie 1947

is ʼn algemene vergadering gehou en ʼn Ossewa-Brandwag dag is op 14 Julie

1947 gehou. 442

Die invloed van die Ossewa-Brandwag op Despatch is noemenswaardig

aangesien dié organisasie steeds aktief was op Despatch lank nadat dit tot niet

gegaan het in ander plattelandse dorpe. Dit weerspieël die sterk Afrikaner-

karakter van Despatch.

Die tweede getuienis van die sterk Afrikanerkarakter van Despatch is die

interaksie tussen die inwoners en partypolitiek. Suid-Afrika se toetrede tot die

436 Skakelkomitee stigtingsvergadering notule, 28 November 1942.

437 Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 22 November 1944.

438 A. M. Grundlingh, “Afrikaner nationalism and white politics,” In: B. J. Liebenberg en S. B. Spies

(eds), South Africa in the 20th Century, p. 272.

439 Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 22 November 1944.

440 Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 2 November 1945.

441 Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 18 November 1946.

442 Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 16 November 1947.

188

Tweede Wêreldoorlog het daartoe gelei dat generaal J. B. M. Hertzog se

Volksparty en dr. D. F. Malan se Gesuiwerde Nasionale Party saamgesmelt het

om die Herenigde Nasionale Party (HNP) te vorm. Die meeste Afrikaners was

gekant teen deelname aan die Tweede Wêreldoorlog. Hulle het neutraliteit as ʼn

geleentheid gesien om hulle onafhanklikheid van Groot-Brittanje te demonstreer.

Die strewe na ʼn republiek het ook sterk na vore getree. 443

Die Herenigde Nasionale Party het op 20 Januarie 1944 ʼn Debatsaand en op 21

April 1944 ʼn algemene vergadering in Despatch gehou. 444 Algemene

vergaderings is ook op 26 Januarie 1945 445 , 20 Julie 1945 446 , 7 Oktober 1945 447 ,

6 Oktober 1946 448 en 4 Oktober 1947 449 gehou. In 1951 het die HNP en die

Afrikaner Party saamgesmelt en die Nasionale Party (NP) gevorm. Voor 1990

was die Nasionale Party sinoniem met Afrikanerskap gewees. Dit is dan nie

verbasend nie dat die NP jaarliks vanaf 1948 tot en met 1990 gereeld

vergaderings op Despatch gehou het. In 1959 en 1963 het die NP ook naweek-

programme op Despatch aangebied. Tydens hierdie programme is braaivleis

gehou en NP verteenwoordigers het toesprake gelewer oor die beleidsrigtings

van die NP. 450

443 A. M. Grundlingh, “Afrikaner nationalism and white politics,” In: B. J. Liebenberg en S. B. Spies

(eds), South Africa in the 20th Century, p. 279.

444 Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 2 November 1944.

445 Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 4 November 1945.

446 Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 4 November 1945.

447 Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 4 November 1945.

448 Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 14 November 1946.

449 Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 8 November 1947.

450 Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotules: 25 Oktober 1950, 27 Maart 1954, 31 Mei

1955, 29 Junie 1957, 5 April 1958, 28 Maart 1959, 26 – 27 Junie 1959, 2 Julie 1960, 30 Junie

1961, 31 Maart 1962, 28 – 29 Junie 1963, 13 Junie 1969 en 1 November 1975.

189

Despatch was aanvanklik deel van die kiesafdeling Uitenhage, saam met die

dorp Uitenhage. In daardie sin het die kieserspubliek van Despatch ʼn effek

gehad op die uitslae van die kiesafdeling Uitenhage.

Die Suid-Afrikaanse Party (SAP) het die verkiesings van 1924 en 1929 gewen.

Mnr F. T. Bates van die SAP het dié verkiesings met onderskeidelik 129 en 506

stemme gewen. In 1933 het Bates weer eens die verkiesing vir die SAP-Koalisie

gewen, maar die keer met ʼn meerderheid van 2 062 stemme. Mnr. G. Dolley, lid

van die SAP-Koalisie, het die tussenverkiesing van 1934 gewen met 742

stemme. Sy teenstander was mnr. C. L. Henderson van die Arbeidersparty (AP).

In 1938 het die Verenigde Party (VP) se kandidaat, mnr. G. Dolley, oor die

Gesuiwerde Nasionale Party met 1 134 stemme geseëvier.

Dit is duidelik dat die politiek op Uitenhage in daardie stadium meer geneë was

om deel van die Britse Ryk te bly. Die eerste verkiesing waaraan die inwoners

van Despatch volwaardig deelgeneem het, was die 1943 verkiesing. Soos reeds

genoem, was die OB en die HNP bedrywig op Despatch en dit is nie verbasend

dat die VP met slegs 527 stemme die HNP geklop het nie. 451 Met die toetrede

van Despatch tot die kiesersrol van Uitenhage het die politieke gesindheid van

Afrikanernasionalisme sterker na vore gekom.

Die 1948-verkiesing was ʼn belangrike verkiesing in die geskiedenis van Suid-

Afrika. Dit was met hierdie verkiesing dat die NP aan die bewind gekom het. Dit

was slegs die tweede keer in parlementêre geskiedenis dat die kiesers die

regering omvergewerp het. 452 Teen 1948 was daar reeds 3 200 blankes op

Despatch woonagtig. Die Afrikaner Party se kandidaat, mnr. D. G. Conradie, het

die VP met 691 stemme verslaan. 453 Dit was die eerste keer dat die Nasionale

451 B. M. Schoeman, Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika: 1910 – 1976, pp. 141, 170,

198, 214, 233 en 267.

452 O. Terblanche (ed), Uitenhage 200: 1804 – 2004, p. 188.

453 B. M. Schoeman, Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika: 1910 – 1976, p. 297.

190

Party sedert sy stigting in 1914 ʼn verkiesing in die kiesafdeling Uitenhage gewen

het. 454

In beide die 1953 en die 1958 verkiesings het die NP grootskaalse oorwinnings

behaal. Conradie het die 1953 verkiesing as verteenwoordiger van die NP met 1

192 stemme gewen, terwyl mnr. F. A. Badenhorst die 1958 verkiesing namens

die Nasionale Party met 2 823 stemme gewen het. Die Republikeinse

referendum op 5 Oktober 1960 het as volg in Uitenhage verloop: 455

Ten gunste van ʼn republiek: 8 938

Nie ten gunste van ʼn republiek nie: 4 609

Meerderheid ten gunste: 4 329

Stempersentasie: 93,2%

Die Afrikaner-ideaal van ʼn eie republiek is op 31 Mei 1961 verwesenlik.

Die NP het die verkiesings van 1961 en 1966, asook die tussenverkiesing van

1965 op Uitenhage gewen. In 1961 het Badenhorst onbestrede gewen. 456 Mnr.

J. G. Swiegers het die tussenverkiesing op 27 Oktober 1965 met 1 735 stemme

gewen. 457

Weens die vinnige groei van Despatch het die Afbakeningskommissie besluit om

Despatch onder ʼn nuwe kiesafdeling te plaas. Vanaf 1966 het Despatch onder

die kiesafdeling Algoa geval, tesame met die inwoners van Algoapark in Port

Elizabeth. Dit is nie verbasend dat die NP oorweldigende oorwinnings in hierdie

454 O. Terblanche (ed), Uitenhage 200: 1804 – 2004, p. 188.

455 O. Terblanche (ed), Uitenhage 200: 1804 – 2004, p. 188.

456 O. Terblanche (ed), Uitenhage 200: 1804 – 2004, p. 188.

457 B. M. Schoeman, Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika: 1910 – 1976, p. 417.

191

nuwe kiesafdeling behaal het nie. Despatch, sowel as Algoapark, was

oorheersende Afrikanergemeenskappe.

Mnr. J. J. Engelbrecht van die NP het mnr. R. P. Pearson van die VP met 4 405

stemme in die 1966 verkiesing verslaan. In 1970 het Engelbrecht weer eens vir

die NP met 5 315 stemme geseëvier oor die VP-kandidaat, mnr. S. Linton. In

1974 was Engelbrecht onbestrede verkies. 458

Met die tussenverkiesing op 1 Desember 1976 het mnr. Frans D. Conradie op

die politieke toneel verskyn. Conradie was afkomstig van Despatch en is die

dorp se grootste politieke figuur. Na sy opleiding het Conradie as ʼn prokureur in

Port Elizabeth en Uitenhage gewerk, voordat hy hom in Despatch gevestig het.

Tydens 1965 – 1976 dien hy as Lid van die Provinsiale Raad (LPR) vir die

kiesafdeling Sondagsrivier (sic) 459 .

Vanaf 1981 tot 1986 verteenwoordig Conradie die kiesafdeling Sondagsrivier in

die Volksraad. In 1987 verkry hy ereburgerskap van Despatch. Conradie het

ook ereburgerskap van Mosselbaai in 1975 ontvang. Die Laerskool Frans

Conradie op Despatch is na hom vernoem. ʼn Tweede laerskool in Ceres, Wes-

Kaap, is ook na hom vernoem. 460 Conradie het die tussenverkiesing in 1976 vir

die NP gewen deur die onafhanklike kandidaat, mnr. P. J. Vermaak, met 4 397

stemme te klop. 461 Conradie het in die verkiesing van 30 November 1977

458 B. M. Schoeman, Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika: 1910 – 1976, pp. 417, 452, 490 –

491.

459 Oosterlig, 23 September 1987, berig dat Conradie tot en met 1976 as LPR vir die

kiesafdeling Sondagsrivier gedien het. Hierdie kiesafdeling is egter eers net voor die 1981

verkiesing saamgestel omrede die kiesafdeling Algoa, waarvan Despatch deel was, te groot

geraak het. Despatch val vanaf 1981 onder die kiesafdeling Sondagsrivier. Conradie dien dus

as die LPR vir die kiesafdeling Algoa.

460 Oosterlig, 23 September 1987.

461 B. M. Schoeman, Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika: 1910 – 1976, pp. 417, 452, 490 en

491.

192

onbestrede gestaan en dus het die Nasionale Party die kiesafdeling Algoa

verower. 462

Die kiesafdeling Algoa het egter te groot geword. Gevolglik het die

Afbakeningskommissie Despatch onder ʼn nuwe kiesafdeling, Sondagsrivier,

geplaas. Tesame met Despatch bestaan die nuwe kiesafdeling uit Kirkwood,

Paterson en Alexandria. Met die 1981 verkiesing was Conradie weer eens

suksesvol gewees. As NP kandidaat het Conradie teen die HNP se mnr. J. L.

Marais gestaan. Conradie het die verkiesing namens die NP met ʼn

oorweldigende 4 266 stemme gewen. 463

ʼn Referendum ten opsigte van die regering se nuwe grondwetlike bedeling is op

2 November 1983 gehou. Die nuwe grondwet het voorsiening gemaak vir ʼn

Driekamerparlement vir wit mense, bruin mense en Indiërs. In die Port Elizabeth

afdeling (wat Uitenhage en Despatch ingesluit het) het 60 661 ten gunste van die

grondwet gestem en 25 901 daarteen; 69.9% was dus ten gunste daarvan. 464

Die 1987 verkiesing is interessant omdat dit die eerste keer was dat die kiesers

van Despatch soveel politieke partye gehad het om vanuit te kies. Die NP,

Progressiewe Federale Party (PFP), Konserwatiewe Party (KP) en Herstigte

Nasionale Party (HNP) het almal kandidate in die kiesafdeling Sondagsrivier

gehad. Dr. J. T. Delport het as kandidaat vir die NP gestaan en het 6 088

stemme verower. Mnr. W. E. B. Fowlds was die kandidaat van die PFP, maar

kon slegs 305 stemme kry. Mnr. C. M. Oosthuysen het 3 220 stemme vir die

Konserwatiewe Party gekry, terwyl mnr. P. J. W. Marais as HNP kandidaat slegs

311 stemme kon kry. Die NP het dus geseëvier met 2 686 stemme. 465

462 Oosterlig, 2 Desember 1977.

463 Oosterlig, 4 Mei 1987.

464 O. Terblanche (ed), Uitenhage 200: 1804 – 2004, p. 188.

465 Oosterlig, 4 Mei 1987.

193

Met die 1989 verkiesing was daar weer eens slegs twee partye vir die

kiesafdeling Sondagsrivier: die NP onder dr. J. T. Delport en die KP onder mnr.

C. M. Oosthuysen. Dr. Delport het die verkiesing namens die NP met 1 217

stemme gewen. 466 Die referendum van 17 Maart 1992 het bevestig dat die

meerderheid blanke Suid-Afrikaners goedkeurend was ten opsigte van die

hervormings wat pres. F. W. de Klerk op 2 Februarie 1990 begin het toe hy die

ANC, die PAC, en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party ontban het. Nelson

Mandela is op 11 Februarie 1990 vrygelaat. Die inwoners van Despatch het

saam met die inwoners van Port Elizabeth en Uitenhage oor die

hervormingsproses gestem – 74.4% was ten gunste daarvan. 467

Die veranderings in Suid-Afrika het ʼn hoogtepunt in 1994 bereik. In 1994 is die

eerste een man, een stem verkiesing in Suid-Afrika gehou. Alle inwoners van

Suid-Afrika, bo die ouderdom van 18 jaar, ongeag ras of kleur, kon deelneem

aan hierdie verkiesing. Mense het vanaf 26 tot 29 April 1994 gestem.

Die 1994 verkiesing het ʼn einde gebring aan die bewind van die NP in die Oos-

Kaap asook in die res van Suid-Afrika. Die Wes-Kaap was die enigste

uitsondering.

Tydens hierdie verkiesing het die inwoners van Despatch saam met die inwoners

van Uitenhage gestem. Die uitslag was soos volg 468 :

466 Oosterlig, 7 September 1987.

Nasionale Vergadering Provinsiale Wetgewer

467 O. Terblanche (ed), Uitenhage 200: 1804 – 2004, p. 189.

468 Inligting verkry vanaf

www.electionresources.org,http://electionresources.org/za/1994/provinces

/EC.html#U (10 November 2009).

194

Stemme Getal % Getal %

Totale 103 712 100 103 046 100

Bedorwe 710 0.68 517 0.50

Geldig 103 002 99.32 102 529 99.50

Politieke Party Aantal Stemme % Aantal Stemme %

ANC 66 066 64.14 65 870 64.25

NP 31 204 30.29 28 890 28.18

FF – VF 2 494 2.42 3 999 3.90

DP 771 0.75 1 487 1.45

Uit die bostaande tabel is dit duidelik dat die ANC hierdie kiesafdeling oortuigend

gewen het. Die NP het tweede plek ingeneem. Vir die eerste keer in die

geskiedenis van Despatch, het die Afrikanerpolitiek die onderspit in ʼn verkiesing

gedelf.

195

Hoofstuk 8

Informele Nedersettings

Nie-blanke inwoners van Despatch is verbied om enige grond in die dorpsgebied

te besit of te bewoon. Aanvanklik was hierdie gegewe deur die

kontrakvoorwaardes van die ontwikkeling van die plase Midvale en Manor

Heights bepaal 469 , maar is later vervang deur die Groepsgebiede Wet. Die nie-

blanke bevolking het hulle daarom in informele nedersettings net buite die dorp

gevestig.

8.1 Kleurlinggebiede

469 Amptelike aansoek gerig aan die Provinsiale Administrateur van mnre. Pagden en Christian

namens die Botha boedel vir die stigting van die informele nedersetting Manor Heights

Uitbreiding 1, 26 Mei 1937; Amptelike aansoek gerig aan die Provinsiale Administrateur van

mnre. Pagden en Christian namens mnre. Rudolph Johannes Fourie, Johannes Christiaan

Rabie, Gerhardus Cornelis Fourie en Willem Joseph Olckers vir die stigting van die informele

nedersetting Retief Uitbreiding 2, 21 November 1940.

196

Die munisipaliteit van Despatch was deurgaans verantwoordelik vir die

instandhouding, administrasie en ontwikkeling van die Kleurlinggebied net buite

Despatch. Hierdie gebied staan as Daleview bekend. ʼn Informele

plakkerskamp is net buite Daleview opgerig deur Kleurlinge wat nie die huur van

huise kon bekostig nie, en hierdie area het bekend gestaan as Soetkloof.

Daleview is deur die munisipaliteit van Despatch ontwikkel. Teen 1960 het alle

strate snags beligting gehad. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk het ook ʼn

nuwe skool in 1963 opgerig ten koste van R14 000. Hierdie skool, die Despatch

Primêre Skool, het bestaan uit ses klaskamers, ʼn houtwerkkamer, ʼn

personeelkamer en ʼn kantoor vir die skoolhoof. 470 In 1971 is ʼn winkelsentrum op

Daleview gebou. 471

Teen Augustus 1972 het die departement van Gemeenskapsontwikkeling

toestemming verleen dat Despatch se stadsraad huise aan Kleurlinge mag

verkoop. Teen hierdie tyd was daar reeds 146 huise in die Kleurlinggebied, maar

inwoners kon slegs die huise huur en nie besit nie. Hierdie was dus ʼn drastiese

omwenteling aangesien dit nou permanente verblyfreg aan nie-blankes in die

Despatch-omgewing gegee het. 472

Die Despatch munisipaliteit het beoog om in November 1975 grond van Port

Elizabeth te koop om Kleurlinge te huisves. Hierdie plan was egter onsuksesvol

aangesien Port Elizabeth hierdie gebied uiteengesit het vir die massiewe

Bloemendal behuisingskema wat spesifiek ontwerp was om 200 000 Kleurlinge

te huisves. Die Direkteur van Behuising vir Port Elizabeth, mnr. D. J. Cleary, het

gemeld dat Despatch se behuisingsprobleem eerder ʼn metropool probleem is en

dat die moontlikheid ondersoek moet word om die bruin mense van Despatch by

die Bloemendal behuisingskema te voeg. 473

470 Jaarverslag van die burgemeester, 1963.

471 Jaarverslag van die burgemeester, 1971.

472 Eastern Province Herald, 16 Augustus 1972.

473 Eastern Province Herald, 21 November 1975.

197

Dit was egter nie lewensvatbaar nie aangesien baie van die bruin mense

werksaam was in huise en kleiner besighede op Despatch. Teen die einde van

1977 was hierdie probleem egter nie opgelos nie en het die Despatch

munisipaliteit ʼn lening van R150 000 van die departement van Gemeenskapsbou

ontvang om 65 huise in die Kleurlinggebied te bou. Dit het groot verligting vir die

sowat 70 families gebring wat in die informele nedersetting van Soetkloof geplak

het. 474 Oor die volgende vyf jaar het die munisipaliteit hierdie area opgegradeer

en vergroot. Die Indiër- en Kleurlinggemeenskappe het elk ʼn vergrote

grondgebied van onderskeidelik tien en nege-en-sestig hektaar gekry. Teen

Junie 1983 was daar 2 700 bruin mense woonagtig in Daleview. 475

In Julie 1983 het die munisipaliteit ʼn verdere R40 000 van die departement van

Gemeenskapsontwikkeling ontvang. Hierdie geld sou aangewend word om ʼn

nuwe gemeenskapsaal in Daleview op te rig. Hierdie saal sou gebruik word vir

sportgeleenthede aangesien die vloer van die saal van so ʼn aard was dat ʼn

verskeidenheid sportsoorte daarop gespeel kon word. Die saal sou ook gebruik

word vir amptelike funksies. 476

Vroeg in Februarie 1986 het die munisipaliteit R1 miljoen van die nasionale

regering ontvang as deel van die regering se werkskeppingsprogram. Van

hierdie bedrag het die munisipaliteit R60 000 aangewend vir ʼn rugbyveld en

ontspanningsgeriewe vir die inwoners van Daleview. ʼn Verdere R60 000 is

aangewend vir die bou van stormwaterstelsels, wat die inwoners sou beskerm

tydens swaar reënval. R400 000 was benodig vir die bou van ʼn teer

toegangstraat na Daleview. Hierdie straat staan bekend as Endstraat. As deel

van die behuisingskema en werkskeppingsprogram, is 350 mans van Daleview in

474 Oosterlig, 16 November 1977.

475 Eastern Province Herald, 19 April 1982.

476 Oosterlig, 20 Junie 1983.

198

diens geneem om die voorgestelde 100 nuwe huise te bou, asook ʼn

sportkompleks. 477

Teen April 1986 het die munisipaliteit begin om verdere huise vir die bruin

inwoners te bou op Daleview. Hierdie behuisingskema sou voorsiening maak vir

ʼn verdere 100 huise vir plakkers in die Soetkloof area. 478

Vroeg in Januarie 1987 ontvang die munisipaliteit van Despatch groot lof vir sy

ontwikkeling van die Daleview-gemeenskap. Die Daleview-projek het

voorsiening gemaak vir R70 000 vir die opknapping van reeds bestaande huise

in Daleview. ʼn Verdere R40 000 is aangewend vir die teer van strate in die

woonbuurt, asook R110 000 vir die opknapping en verbetering van die

sportkompleks. 479

Die munisipaliteit het in Maart 1987 ʼn verdere R50 000 begroot om die

plakkershutte in Soetkloof op te knap en enkele huise daar te bou. Die inwoners

van Daleview het ereburgerskap aan burgemeester T. J. Barnard oorhandig. Dit

was die eerste keer in die geskiedenis van Suid-Afrika dat ʼn blanke hierdie eer

ontvang van die inwoners van ʼn nie-blanke nedersetting. 480

Die Nederduitse Gereformeerde Kerk het vanaf die laat 1950‟s die nie-blanke

inwoners van die Uitenhage-gebied begin bearbei. Op 23 November 1950 kom

die Sentrale Sendingkomitee (later die Sentrale Sendingraad) byeen om die

werksaamhede van die Kerk onder die Bantoe- en Kleurling-inwoners te

bespreek. Die gemeente van Bothasrus is een van die medelede van hierdie

eerste vergadering. Die bearbeiding van die nie-blanke gemeenskap is vanuit

die Moedergemeente op Uitenhage bedryf. Hiervandaan het eerw. J. H. van

477 Oosterlig, 3 Februarie 1986.

478 Eastern Province Herald, 4 April 1986.

479 Oosterlig, 12 Januarie 1987.

480 Onderhoud met mnr. A. H. Pretorius, 3 Januarie 2008.

199

Schalkwyk en evangelis Samuel Matekane die nie-blanke bevolking van

Despatch bedien. Op 24 Julie 1954 is die Kleurling-gemeente in Daleview

gestig. Die gemeente was tot en met 1958 deur eerw. P. J. Schutte en ds. J. C.

Vermeulen bearbei. 481

Die Kleurling-gemeente het ʼn vinnige groeitempo geniet. Reeds teen die begin

van 1960 is ʼn Kleurling-evangelis vir Despatch bekom, naamlik evangelis Lewis.

Die gemeente het in die kerksaal, wat deur die Bothasrus-gemeente gebou is,

vergader. Die saal is amptelik op 31 Oktober 1959 in gebruik geneem. 482

8.2 Swart buurte

Die swart woonbuurt buite Despatch is in 1956 gestig. Teen die laat 1950‟s is

297 huise al hier gebou. 483 Teen 1968 was daar 500 huise in die Despatch area

wat vir die gebruik van swart mense beskikbaar was. 484 Aangesien die bepalinge

van Bantoe Administrasie die administrasie, ontwikkeling en bestuur van die

swart gebiede regoor Suid-Afrika onder die beheer van die Bantoe

Administrasieraad geplaas het, was die munisipaliteit van Despatch nie

verantwoordelik vir die instandhouding hiervan nie. In Oktober 1985 het die

munisipaliteit ʼn krisis beleef met plakkershutte net buite die dorp. Alhoewel

voorsiening gemaak is vir 3 500 permanente inwoners in die swart woonbuurt,

het verstedeliking, veral van die Cradock-area, die getal mense, volgens

481 J. N. Coetzee, “Geskiedkundige Oorsig van die Gemeente van Bothasrus, Despatch”,

Mondigwordingsfeesblad 21 November 1962, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Bothasrus-

gemeente, pp. 30 – 31.

482 J. N. Coetzee, “Geskiedkundige Oorsig van die Gemeente van Bothasrus, Despatch”,

Mondigwordingsfeesblad 21 November 1962, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Bothasrus-

gemeente, pp. 30 – 31.

483 J. Cherry, Socio-economic study of Despatch Township, research report no. 27, 1975, p. 5.

484 Statistieke Suid-Afrika, Dorpsdata: Bewoonde plekke in die Republiek van Suid-Afrika,

Suidwes- Afrika, Lesotho, Botswana en Swaziland, 1968, p.12.

200

urgemeester Barnard, tot 8 000 laat toeneem. 485 Hierdie getal is waarskynlik ʼn

oorskatting van die werklike getal. Aangesien daar volgens die bestuursraad van

KwaNobuhle slegs 298 huise en 125 plakkershutte in die swart woonbuurt buite

Despatch was, kon die getal nie meer as 5 000 gewees het nie. 486 KwaNobuhle

is die groot swart woonbuurt net buite Uitenhage.

In September 1986 het die raad van KwaNobuhle vrywilligers verskuif vanaf die

lokasie buite Despatch tot die lokasie van KwaNobuhle self. Baie van die

plakkers was gretig om daarheen te verhuis, aangesien die meerderheid op

Uitenhage werksaam was. Die omstandighede in KwaNobuhle was ook beter as

die buite Despatch. Alhoewel daar slegs 300 permanente wonings in die lokasie

buite Despatch bestaan het , het nagenoeg 2 400 swartes die wonings betrek. ʼn

Verdere 3 000 het om die huise geplak. Die toestande hier was ook ongerieflik,

aangesien inwoners ver moes stap om water te kry. Die raad het wel krane

nader aan die lokasie aangebring, maar die is deur vandale vernietig. Gevolglik

was baie van die plakkers gretig om na KwaNobuhle te verhuis. Die raad het alle

vrywilligers se goedere verniet vervoer na KwaNobuhle en het ook aan elke

gesin ʼn tent as tydelike woning gegee, tot tyd en wyl hulle plakkershut gebou

is. 487

Alhoewel die munisipaliteit van Despatch nie verantwoordelik was vir die

administrasie en bestuur van die lokasie net buite Despatch nie, het die

munisipaliteit tog die basiese dienste van vullis- en rioolverwydering gelewer.

Soos reeds genoem het die Nederduitse Gereformeerde Kerk vanaf die laat

1950‟s die nie-blanke inwoners van die Uitenhage-gebied begin bearbei. Op 23

November 1950 het die Sentrale Sendingkomitee (later die Sentrale

Sendingraad) byeengekom om die werksaamhede van die Kerk onder die

485 Oosterlig, 14 Oktober 1985.

486 Oosterlig, 14 Oktober 1985.

487 Oosterlig, 22 September 1986.

201

Bantoe- en Kleurling-inwoners te bespreek. Die gemeente van Bothasrus was

een van die medelede van hierdie eerste vergadering. Die bearbeiding van die

nie-blanke gemeente is vanuit die Moedergemeente op Uitenhage bedryf.

Hiervandaan het eerw. J. H. van Schalkwyk en evangelis Samuel Matekane die

nie-blanke bevolking van Despatch bedien. Op 21 Oktober 1951 is die eerste

Bantoe-gemeente op Despatch gestig. Die gemeente was tot en met 1958 deur

eerw. P. J. Schutte en ds. J. C. Vermeulen bearbei. 488

Ds. E. Louw is vanaf die begin van 1958 beroep om die Bantoe-gemeente te lei.

Die gemeente het egter baie stadig gegroei. Met stigting was daar 11 katkisante

en teen 1954 slegs 10 lidmate en 15 katkisante. Teen 1957 het die gemeente

egter vinniger gegroei en moes ʼn tweede prediker verkry word. Evangelis Henry

Jafta is op 27 Januarie 1957 aangestel. Vanaf die 1960‟s het die stryd teen

apartheid sterker geword. Die swart inwoners het die Nederduitse

Gereformeerde Kerk geboikot, soos aangetoon deur die stadige groei van die

Bantoe-gemeente op Despatch. In die laat 1960‟s het die gemeente slegs 20

lidmate gehad.

Beide die Kleurling- en Bantoe gemeentes se samekomste is gehou in

afsonderlike kerksale wat deur die gemeente van Bothasrus geskenk is. Op 22

Maart 1958 is die Bantoe-gemeente se saal ingewy. 489

8.3 Die stryd teen apartheid

488 J. N. Coetzee, “Geskiedkundige Oorsig van die Gemeente van Bothasrus, Despatch”,

Mondigwordingsfeesblad 21 November 1962, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Bothasrus-

gemeente, pp. 30 – 31.

489 J. N. Coetzee, “Geskiedkundige Oorsig van die Gemeente van Bothasrus, Despatch”,

Mondigwordingsfeesblad 21 November 1962, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Bothasrus-

gemeente, pp. 30 – 31.

202

Die meeste stede in Suid-Afrika word gekenmerk deur ʼn informele nedersetting

wat net buite die dorp of stad voorkom. Despatch is geen uitsondering nie. Die

verskil is egter dat Despatch tussen twee groter stede geleë is, naamlik

Uitenhage en Port Elizabeth. Beide hierdie sentrums het swart mense gelok, wat

opsoek na werk was. Veral met die ontwikkeling van Uitenhage as ʼn industriële

dorp aan die begin van die twintigste eeu, het baie swart mense hulle op die

buitewyke van die dorp kom vestig. 490

Teen 1865 was daar reeds ses lokasies in en om Uitenhage en teen 1904 het die

getal swart inwoners tot byna 4 000 gestyg. 491 Despatch se lokasies het dus

glad nie teen die tempo van die van Uitenhage en Port Elizabeth uitgebrei nie.

Die meeste van die swart mense wat na hierdie deel van die Oos-Kaap migreer

het, het werk in Port Elizabeth of Uitenhage gekry en gevolglik het hulle hul

nader aan hierdie twee stede gevestig.

In sommige van hierdie nie-blanke areas het die bevolkingsgroepe ook tussen

mekaar gebly. Vanuit die staanspoor was die verskillende kleurgroepe wat in

Despatch woonagtig was, geskei. Die dorp is gebou met duidelike leefareas vir

blank, bruin en swart mense. Despatch het nooit die probleem gehad van

hersonering van bevolkingsgroepe nie. Dit staan in sterk kontras met areas soos

Port Elizabeth en Uitenhage, waar bevolkingsgroepe tussen mekaar geleef het.

Aangesien Despatch se swart lokasie, Khayamnandi, veel kleiner as die lokasies

van Uitenhage was, het die oorgrote meerderheid van aktiviste hulself by

bedrywighede in Uitenhage geskaar. ʼn Vergelyking in bevolkingsgetalle wys die

bogenoemde duidelik:

490 J. Cherry, “Uitenhage 1804 – 2004: The struggle against apartheid.” In: O. Terblanche (ed),

2004. Uitenhage 200: 1804 – 2004, p. 134.

491 J. Cherry, “Uitenhage 1804 – 2004: The struggle against apartheid.” In: O. Terblanche (ed),

2004. Uitenhage 200: 1804 – 2004, p. 134.

203

Swart Bevolking van Khayamnandi 1928 – 1992: 492

Jaar Swartes

1928 Onbekend

1938 Onbekend

1943 350

1953 1 200

1958 2 400

1971 1 994

1981 2 900

1992 5 800

Swart Bevolking van Uitenhage: 1921 – 1991: 493

Jaar Swartes

1921 3 187

1936 6 588

1946 10 016

1951 16 942

1960 21 519

1970 32 908

1980 52 331

1991 93 683

492 Bevolkingsopnames soos geneem deur die munisipaliteit van Despatch.

493 O. Terblanche (ed), 2004. Uitenhage 200: 1804 – 2004, p. 132.

204

Uit die bostaande tabel is dit duidelik dat Khayamnandi aansienlik kleiner is as

die van die Uitenhaagse lokasies. Alhoewel inwoners van Khayamnandi

betrokke was by die stryd teen apartheid, het die meerderheid van die aktiviste

hulle by die bedrywighede in Uitenhage geskaar. Die African National Congress

(ANC) het takke in Uitenhage en Despatch gestig. Daar het ook voorvalle van

verset teen die apartheidsregering in Despatch voorgekom. So byvoorbeeld het

mnr. Mayford Mfazwe ʼn groep vrywilligers van Khayamnandi na die Despatch-

stasie tydens die Versetveldtog van 1952 gelei. Die ANC-tak van Despatch het

ook deelgeneem aan die Vryheidsmanifes-veldtog van 1955. Vrywilligers het in

die lokasie rondgegaan om die gevoel en wil van die inwoners te ondersoek ten

opsigte van wat hulle van die ANC as ʼn party verlang. Tydens die veldtog teen

die Bantoe Onderwyswet in April 1955, het die lokasies in Port Elizabeth,

Uitenhage, Cradock en Despatch die grootste steun aan die ANC in die Oos-

Kaap verleen. 494

Die Groepsgebiede Wet het in 1967 op Uitenhage van toepassing geraak en tot

die stigting van KwaNobuhle buite Uitenhage gelei. Swart mense wat woonagtig

was in ander lokasies, waaronder Langa, is sedert 1968 daarheen verskuif. So

ook is van die inwoners van Kayamandi na KwaNobuhle verskuif. Die

bedrywighede van die ANC op Despatch het dus momentum verloor aangesien

aktiviste en lede onder dié was wat verhuis het na die nuwe lokasie. Verder het

die Bantoe Administrasie van KwaNobuhle ook die ontwikkeling en bestuur van

Kayamandi behartig. Met die daarstelling van die Swart Plaaslike Owerhede

wetgewing in 1983, is die KwaNobuhle stadsraad gestig. Kayamandi het slegs ʼn

wyk van hierdie administratiewe liggaam uitgemaak en was geregtig op drie

“verkose” lede om in die raad van 16 te dien. 495 Enige verset teen die instellings

van apartheid was dus gerig op teikens in KwaNobuhle.

494 J. Cherry, “Uitenhage 1804 – 2004: The struggle against apartheid.” In: O. Terblanche (ed),

Uitenhage 200: 1804 – 2004, pp. 136 – 137.

495 J. Cherry, “Uitenhage 1804 – 2004: The struggle against apartheid.” In: O. Terblanche (ed),

205

Slot

Dit duidelik dat Despatch ʼn ryke geskiedenis het. Alhoewel die dorp eers in 1943

gestig is, en munisipale status in 1945 verkry is, dateer die geskiedenis van

hierdie gebied terug tot die einde van die agtiende eeu. Despatch het ontwikkel

tot ʼn dorp in sy eie reg met ʼn sterk munisipale identiteit, soos uitgebeeld in die

dorpswapen, die burgemeestersketting, die ontwikkeling van onderwys en

godsdiens op die dorp en die verskeie kultuur- en sportklubs waaroor die dorp

beskik.

Uitenhage 200: 1804 – 2004, pp. 143, 153.

206

Despatch het ook ʼn nalatenskap vir Suid-Afrika in die vorm van die skoorsteen,

wat, soos reeds genoem, een van slegs drie skoorstene ter wêreld is wat volgens

hierdie boustyl gebou is. Die vroeë steenmakery het ook grootliks bygedra tot

die verdere ontwikkeling van Port Elizabeth en Uitenhage, deurdat dit stene

verskaf het waarmee etlike geboue in hierdie sentrums gebou is.

Alhoewel Despatch gestig is in ʼn oorheersend Engelssprekende gedeelte van die

Oos-Kaap, het die dorp ʼn suiwer Afrikaanse karakter. Hierdie feit manifesteer

homself in die ses Nederduits Gereformeerde gemeentes wat op die dorp gestig

is. In Uitenhage is daar vyf Nederduits Gereformeerde gemeentes. In

vergelyking met Uitenhage, wat in 1991 ʼn bevolkingsgetal van 159 962 496 gehad

het teenoor 24 000 mense wat in 1995 op Despatch woonagtig was, is dit ʼn

duidelike aanduiding van die dorp se sterk Afrikaanse karakter. Dit is die een

aspek wat Despatch uniek maak. Verder is die ontwikkeling van Despatch ook

uniek deurdat die dorpsbestuur met die stigting van die dorp in 1943 aanvanklik

geen grond besit het nie. Die bevolking van Despatch het aansienlik toegeneem,

maar tog het die dorp, tot op datum, nog nie die infrastruktuur op die skaal van

Uitenhage of Port Elizabeth ontwikkel nie.

Die toename van die blanke bevolking van Despatch, 1928 – 1995 497 :

496 O. Terblanche (ed), Uitenhage 200, 1804 – 2004, p. 132.

497 Vanaf 1953 – 1995 het die Engels-sprekende wit mense op Despatch slegs ʼn gemiddeld 5%

van die bevolking van Despatch uitgemaak. Sien 1946 – 1970 sensusse – Bevolking van Suid-

Afrika: 1904 – 1970, verslag nommer 02-05-12, Republiek van Suid-Afrika, Departement van

Statistiek, pp. 57, 120, 338; 1980 sensus – Bevolkingsensus, 1980, verslag nommer 02-80-16,

Uitgesoekte Statistiese Streek Port Elizabeth, Uitenhage, Kirkwood, Sentrale Statistiekdiens,

Pretoria, pp. 7 – 19; 1991 Sensus – Bevolkingsensus, 1991, verslag nommer 03-01-13,

Uitgesoekte Statistiese Streek Port Elizabeth, Uitenhage, Sentrale Statistiekdiens, Pretoria,

1992, pp. 6 – 11.

207

1928

1933

1938

1943

1948

Tabel 7: Die blanke bevolking van Despatch, 1928 – 1995. 498

Soos uit die tabel hierbo gesien word, het die blanke bevolking van Despatch

tussen die jare 1948 en 1974 aansienlik toegeneem. Die bevolkingstoename

word daaraan toegeskrywe dat behuising op Despatch goedkoper was as op

Uitenhage en Port Elizabeth. Verder, het die dorp, soos reeds aangetoon, ʼn baie

sterk Afrikanerkarakter oor die jare gehad.

1953

1958

1963

16000

14000

12000

10000

Hierdie twee faktore het wit plattelandse Afrikaanssprekendes wat verstedelik

het, na Despatch gelok. Die ontwikkelaars van Despatch het op bogenoemde

eienskappe gesinspeel met die adverteer van woonerwe wat op Despatch te

8000

6000

4000

2000

498 Data verwerk van die munisipale statistieke soos in hoofstuk 3 bespreek.

1966

1971

1974

1981

1984

1988

1992

1995

0

Blanke

bevolking

van

Despatch

208

koop was. Mnre. Olckers en Fourie, wat die Retief-uitbreidings ontwikkel het, het

advertensie-plakkate gedruk wat Despatch as die “Toevlug vir die Afrikaner”

bemark het. Onder meer het die plakkate geadverteer dat Despatch potensiële

kopers die volgende bied:

I. “ʼn Goedkoop perseel groot ongeveer 12 000 vierkante voet,

II. Diep vrugbare tuingrond,

III. Leiwater sonder betaling,

IV. Gesonde klimaat naby die kus,

V. ʼn Goeie skool vir u kinders. Daar is reeds ʼn primêre skool met ʼn tiental

leerkragte,

VI. ʼn Rustige en goedkoop woonplek as u met pensioen aftree of moeg is vir

die boerdery,

VII. Ons sal vir u ʼn huis laat bou na u smaak en volgens u eie ontwerp

VIII. Water sal binnekort vanaf die Groendal-opgaardam aangelê word,

IX. Die verkryging van elektriese lig en krag in die nabye toekoms is in die

vooruitsig,

X. Despatch is 85 voet bo seespieël en is geleë aan die spoorlyn tussen Port

Elizabeth en Uitenhage,

XI. Hy is slegs 16 myl vanaf Port Elizabeth en 3 myl vanaf Uitenhage met ʼn

gerieflike en goedkoop treindiens om werkers na albei stede te vervoer.

Daar is daagliks 24 gereelde treine tussen Port Elizabeth en Uitenhage

tussen ses uur in die môre en ses uur in die aand met halfuurlikse diens in

die môre en in die aand vir werkers in die stede.” 499

Vir talle wit plattelandse Afrikaanssprekendes was dit ooglopend dat Despatch

die perfekte alternatief was na die swaarkry op plase. Die Tweede Wêreldoorlog

en die Groot Depressie het die ekonomie van Suid-Afrika verlam. Die Carnegie

Kommissie van ondersoek na wit armoede in 1932 het bevind dat tussen 200

499 Advertensie gedruk deur mnre. Olckers en Fourie, Nasionale Pers Beperk, circa 1941.

209

000 en 300 000 Afrikaners geklassifiseer kan word as “baie arm.” Die armoede

was egter nie net onder die stadsbewoners nie, maar ook op die platteland, en

veral in die Noord-Kaap het armoede voorgekom. 500 Die Tweede Wêreldoorlog

en die Groot Depressie het toestande verder vererger.

As antwoord vir hierdie probleem het gegeld:

“Impoverished Afrikaners had to be rescued for the volk.

In the Broederbond as well as in other circles, a strategy

combining ethnic mobilisation with the promotion of

volkskapitalisme [...] A complex network of Afrikaner

organisations was established during the thirties and

existing organisations were strengthened [...] from

financial institutions like Sanlam [...] through to youth

movements like the Voortrekkers […]” 501

Die antwoord was ʼn dorp soos Despatch. Soos reeds vermeld, was 100%

lenings deur Sanlam beskikbaar vir die bou van huise in dié “toevlugoord vir die

Afrikaner.” Afrikaanse kultuurliggame, soos die Voortrekkers en die ATKV, het

sterk en bedrywige takke in Despatch.

Tesame hiermee, is Despatch naby aan groter nywerheidsgebiede geleë. Werk

was dus bekombaar in Uitenhage en Port Elizabeth, terwyl die gesin die

“rustigheid” van Despatch as ʼn “woondorp” kon geniet. Alhoewel die

nywerheidsgebiede naby aan Despatch geleë was, het daar min van die

stadsrumoer op Despatch voorgekom.

500 A. M. Grundlingh, “Afrikaner nationalism and white politics.” In: B. J. Liebenberg en S. B. Spies

(eds), South Africa in the 20th Century, p. 268.

501 A. M. Grundlingh, “Afrikaner nationalism and white politics.” In: B. J. Liebenberg en S. B. Spies

(eds), South Africa in the 20th Century, p. 269.

210

Oosterlig van 13 Junie 1983 het Despatch beskryf as ʼn dorp wat:

“enig in sy soort [is, in die sin dat] die dorp self min werk

aan inwoners verskaf, maar tog groei die dorp.”

Dit was vanweë die nagebootste rustigheid van die plattelandse lewe in die

woonbuurte op Despatch en die gerieflikheid van winkels in die Hoofstraat van

Despatch wat mense na hierdie dorp gelok het. Dit het aan Despatch sy unieke

karaktertrek gegee. Die dorp is vandag steeds ʼn “toevlug” vir mense wat

werksaam in die groter metropolitaanse maatskappye en industrieë is, maar wat

die “plattelandse rustigheid” van Despatch verkies.

Die toestroming van mense na Despatch was merkwaardig. Tog het die dorp nie

verder ontwikkel nie. Tussen die jare 1960 – 1970 het daar ʼn aanvraag na

industriële grond in Despatch vir verdere ontwikkeling ontstaan. Die

munisipaliteit het egter nie die nodige grond tot sy beskikking gehad om aan

ontwikkelaars beskikbaar te stel nie. 502

In ʼn studie deur Erwee in 1978 na die verbruikersdienste (klerewinkels,

sportwinkels, verbruikersgoedere e.d.m.) in Port Elizabeth, Uitenhage en

Despatch, het Erwee bevind dat Port Elizabeth oor meer as 80% van hierdie

winkels beskik. 503

502 Jaarverslag van die burgemeester, mnr. J. A. van der Linde, September 1962; Jaarverslag

van

die burgemeester, mnr. E. J. Swanepoel, September 1972.

503 J. A. Erwee, Port Elizabeth Shopping Study: Inventory of retail and service establishments in

Port Elizabeth, Uitenhage and Despatch, 1978, p. 4.

211

Tabel 8: Persentasie verspreiding van vloeroppervlakte van verbruikersdienste

in Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch, 1978. 504

Uit die bostaande tabel is dit duidelik dat Port Elizabeth, wat verbruikersgoedere

betref, ʼn monopolie het. Selfs Uitenhage besit slegs 13,7%. Despatch beskik

504 J. A. Erwee, Port Elizabeth Shopping Study: Inventory of retail and service establishments in

Port Elizabeth, Uitenhage and Despatch, 1978, p. 5.

212

oor slegs 2,5%. Alhoewel kettingwinkels in Despatch geopen is, het die beperkte

ruimte veroorsaak dat hierdie winkels slegs ʼn beperkte voorraad kon aanhou.

Die oorgrote meerderheid van die kettingwinkels se kleiner takke op Despatch

het gesluit aangesien die meeste van die inwoners verkies het om op Uitenhage

en Port Elizabeth inkopies te gaan doen, aangesien daar ʼn groter verskeidenheid

van kommoditeite en produkte beskikbaar was.

Indien industriële sones wel in Despatch beskikbaar was, sou die dorp uiteraard

verder gegroei het. Dit sou egter die plattelandse rustigheid van die dorp

versteur het.

Die strukturele samestelling van Despatch wys duidelik daarop dat die

nedersetting ontaard het in ʼn “woondorp” of “slaapdorp.” Die oorgrote

meerderheid van die huise wat op Despatch te koop is, is gesinshuise. Daar is

slegs twee woonstelblokke in die dorp en geen meenthuiskomplekse nie. Dus

sal dit families wees wat hulle op Despatch gaan vestig. Verder beskik die dorp

ook oor die nodige ontspanningsfasiliteite en geriefswinkels, soos kafees,

bakkerye en algemene handelaars. Hierdie maak dit dus gerieflik vir gesinne om

op die dorp te bly. Die nabyheid van die groot industrieë op Uitenhage en Port

Elizabeth en die padverbindings met hierdie sentrums, maak dit moontlik vir die

broodwinners van Despatch om daar te werk, maar om op Despatch te bly.

Terselfdertyd maak die nabyheid van groot winkelsentrums dit moontlik vir die

inwoners van Despatch om verbruikersgoedere in Port Elizabeth of Uitenhage te

koop.

In die toekoms kan hierdie prentjie egter verander. Die totstandkoming in 2002

van die Uitenhage Despatch Development Initiative (UDDI), beoog om hierdie

gebied tot die vervaardigings- en tegnologiese hoofstad van Afrika te ontwikkel.

Die UDDI is van mening dat die Uitenhage/Despatch gebied die middelpunt van

industriële groei van hierdie omgewing is. As redes hiervoor, voer die UDDI

onder meer aan dat Uitenhage/Despatch die nodige infrastruktuur het, dat grond

213

eskikbaar is, dat daar voldoende geskoolde arbeid is, dat daar doeltreffende

vervoernetwerke is, dat die gebied politieke stabiliteit geniet en ʼn hoë

lewenskwaliteit kan bied en dat die gebied volhoubare ontwikkeling kan verseker.

Die UDDI inisiatief is soortgelyk aan ʼn projek wat Volkswagen Duitsland (VWAG)

in die laat 1990‟s in Wolfsburg geloods het ten einde werkloosheid in die gebied

te bekamp. Die “Auto Vision”-projek het vir ongelooflike ontwikkeling in hierdie

streek in Duitsland gesorg. 505

505 O. Terblanche (ed), 2004. Uitenhage 200: 1804 – 2004, pp, 207 – 208; C. Nicou, “The

Automotive Industry: Volkswagen and Goodyear.” In: O. Terblanche (ed), 2004. Uitenhage 200:

1804 – 2004, pp. 229 – 230.

214

Literatuur:

Bronnelys

Babbie, E., 1998. The Practice of Social Research. Wadsworth Publishing

Company, United States of America.

Babbie, E. and Mouton, J., 2006. The Practice of Social Research (South

African Edition). Oxford University Press Southern Africa, Cape Town.

Baines, G. F., 2002. A History of New Brighton, Port Elizabeth, South Africa

1903 – 1953: The Detroit of the Union. The Edwin Mellen Press, New

York.

Bassett, K., Smith, I., Banks, M. and O‟Connor, J., “Urban Dilemmas of

Competition and Cohesion in Cultural Policy.” In: Buck, N. (ed). 2005.

Changing Cities: Rethinking Urban Competitiveness, Cohesion and

Governance. Palgrave Macmillan, New York.

Bergh, J. S. en Visagie, J. C., 1985. The Eastern Cape Frontier Zone, 1660-

1980: a Cartographic guide to Historical Research. Butterworths, Durban.

Blackman, T., 1995. Urban Policy in Practice. Routledge, London.

215

Blemenfeld, H., 1967. The Modern Metropolis: Its Origin, Growth, Characteristics

and Planning. M.I.T. Press, London.

Bless, C., Higson-Smith, C. and Kagee, A., 2006. Fundamentals of Social

Research Methods: An African Perspective. Juta, Cape Town.

Calitz, P. M. H., 1982. Die Stigting en Vroeë Geskiedenis van die Distrik

Uitenhage (1804 – 1814). MA Verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

Cherry, G. E., “The History of Tomorrow.” In: Rose, E. A. (ed), 1986. New Roles

for Old Cities: Anglo-American Policy Perspectives on Declining Urban

Regions. Gower Publishing Company Limited, England.

Cherry, J., 1975. Socio-economic study of Despatch Township, research report

no. 27. Universiteit van Port Elizabeth, Port Elizabeth.

Cherry, J., 2004. “Uitenhage 1804 – 2004: The struggle against apartheid.” In:

Terblanche, O. (ed), Uitenhage 200: 1804 – 2004. Uitenhage Bicentenary

Committee, Uitenhage.

Cooper, M. and Goodenough, T., 2007. In the Zone with South Africa’s Sports

Heroes: How to Achieve Top Performance in Sport and Life. Struik

Uitgewers, Cape Town.

De Vos, A.S., Strydom, H., Fouchè, C.B. and Delport, C.S.L., 2005. Research at

Grass Roots: For the Social Sciences and Human Service Professions.

Van Schaik, Pretoria.

Erwee, J. A., 1978. Port Elizabeth Shopping Study: Inventory of retail and

service establishments in Port Elizabeth, Uitenhage and Despatch.

Institute for Planning and Research, Vista University.

216

Ffolliot, P. and Croft, E. L. H., 1962. One Titan at a Time. Cambridge University

Press, Cambridge.

Freund, B., 2007. The African City: A History. Cambridge University Press, New

York.

Garraghan, G.J., 1957. A guide to Historical Method. New York.

Giliomee, H., 2003. The Afrikaners: Biography of a people. Tafelberg, Cape

Town.

Grundlingh, A. M., 1993. “Afrikaner nationalism and white politics.” In:

Liebenberg, B. J. en Spies, S. B. (eds), South Africa in the 20 th Century.

Van Schaik Akademies, Pretoria.

Guba, E. G. en Lincoln, Y. S., 1994. “Paradigms in qualitative research.” In N.

K. Denzin, N. K. en Lincoln, Y. S., (eds.), Handbook of qualitative

research. Sage, London.

Hancke, E., 1988. “Despatch-Rugbyklub.” In: Muller, W. (red.), ‘n Eeu van OP

Rugby/A century of EP Rugby: 1888 – 1988, Kaapstad.

Harradine, M., 1996. Port Elizabeth: A Social Chronicle to the end of 1945.

Waltons, Port Elizabeth.

Hift, R. and Hift, A., 2001. Port Elizabeth and the Nelson Mandela Metropole.

Hift, Jeffrey‟s Bay.

Inwood, S., 1999. A History of London. Carrol and Craf Publishers, London.

217

Lane, R., 1991. William Dorsey's Philadelphia and Ours: On the Past and Future

of the Black City in America. Oxford University Press.

Leedy, P.D. and Ormond, J.E., 2001. Practical Research: Planning and Design.

Merril Prentice Hall, New Jersey.

Leigh, R. L. (ed), 1966. The city of Port Elizabeth. Felstar Publishers,

Johannesburg.

Logie, B., 1999. Traveller’s Joy: A journey into the eastern Karoo. Bluecliff

Publishing, Port Elizabeth.

Lorimer, E. K., 1971. Panorama of Port Elizabeth. A. A. Balkema, Cape Town.

Neuman, L., 2006. Social Research Methods: Qualitative and Quantitative

Approaches. Pearson Education, United States of America.

Nicou, C., 2004. “The Automotive Industry: Volkswagen and Goodyear.” In:

Terblanche, O. (ed), Uitenhage 200: 1804 – 2004. Uitenhage Bicentenary

Committee, Uitenhage.

Olivier, P. L., 1952. Ons Gemeentelike Feesalbum: ʼn Oorsig van die Ontstaan

en Groei van die Gemeentes van die Geref. Ned. Geref. Kerke met

geleentheid van die Van Riebeeck-Fees. N. G. Kerk Uitgewers,

Kaapstad.

Quinn, J.A., 1955. Urban Sociology. American Book Company, New York.

Redgrave, J.J., 1947. Port Elizabeth in Bygone Days. The Rustica Press,

Wynberg.

218

Robbinson, D. and Ayers, P., 1995. Port Elizabeth and Environs. South Africa

Today, Pretoria.

Rodwin, L., 1960. The Future Metropolis. Constable and Company, London.

Rose, E., 1986. New Roles for Old Cities: Anglo-American Perspective on

Declining Urban Regions. Gower Publishing, University of Michigan.

Schoeman, B. M., 1977. Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika: 1910 – 1976.

Aktuele Publikasies, Pretoria.

Schoeman, C., 1995. Danie Gerber: Maestro of the Midfield. Sable Media, Cape

Town.

Smit, A. P., 1967. Ligbaken aan die Swartkops: N.G. Kerk Uitenhage 1817 –

1967. NG Gemeente Uitenhage, Uitenhage.

Swart, M., Terblanche, O. en Rautenbach, T., 1990. Die Piet Retief-monument

en Feesterrein van Port Elizabeth, 1938 – 1990. NMB Drukkers, Port

Elizabeth.

Terblanche, H. O., 1983. John Vorster: OB–Generaal en Afrikanervegter. Cum-

Boeke, Roodepoort.

Terblanche, H. O., 1993. Die Afrikaner in Port Elizabeth, 1902 – 1937: ‘n

Kultuurhistoriese Ondersoek. D.Phil Tesis, Universiteit van Port Elizabeth,

Port Elizabeth.

Terblanche, O. (ed), 2004. Uitenhage 200: 1804 – 2004. Uitenhage Bicentenary

Committee, Uitenhage.

219

Van Aswegen, H. J., 1990. History of South Africa to 1854. Macmillan

Publishers, London.

Van Onselen, J. 2004. “Monuments sand Memorials.” In: Terblanche, O. (ed),

Koerante:

Uitenhage 200: 1804 – 2004. Uitenhage Bicentenary Committee,

Uitenhage.

Amptelike Koerant van die provinsie van die Kaap die Goeie Hoop, 1 Junie 1945.

Die Oosterlig, 1 Julie 1941.

Die Oosterlig, 20 Julie 1941.

Die Oosterlig, 12 Februarie 1958.

Die Oosterlig, 2 Augustus 1967.

Die Oosterlig, 5 Februarie 1969.

Die Oosterlig, 11 April 1972.

Die Oosterlig, 10 Mei 1972.

Die Oosterlig, 26 Mei 1972.

Die Oosterlig, 13 September 1972.

Die Oosterlig, 12 November 1973.

Die Oosterlig, 14 April 1975.

Die Oosterlig, 25 Augustus 1975.

Die Oosterlig, 5 September 1975.

Oosterlig, 16 November 1977.

Oosterlig, 2 Desember 1977.

220

Oosterlig, 7 September 1978.

Oosterlig, 16 Junie 1980.

Oosterlig, 18 Junie 1980.

Oosterlig, 15 Oktober 1980.

Oosterlig, 17 Oktober 1980.

Oosterlig, 15 Desember 1980.

Oosterlig, 18 Augustus 1982.

Oosterlig, 7 Junie 1983.

Oosterlig, 13 Junie 1983.

Oosterlig, 20 Junie 1983.

Oosterlig, 21 Maart 1984.

Oosterlig, 8 Desember 1984.

Oosterlig, 25 Mei 1985.

Oosterlig, 14 Oktober 1985.

Oosterlig, 3 Februarie 1986.

Oosterlig, 24 Maart 1986.

Oosterlig, 22 September 1986.

Oosterlig, 12 Januarie 1987.

Oosterlig, 4 Mei 1987.

Oosterlig, 7 September 1987.

Oosterlig, 23 September 1987.

Oosterlig, 23 Maart 1988.

Die Burger, 2 Oktober 1999.

221

Die Burger, 24 September 2004.

Die Burger, 12 April 2006.

Die Burger, 12 Augustus 2008.

Eastern Province Herald, 12 April 1972.

Eastern Province Herald, 16 Augustus 1972.

Eastern Province Herald, 22 November 1972.

Eastern Province Herald, 11 Desember 1972.

Eastern Province Herald, 15 November 1974.

Eastern Province Herald, 13 Augustus 1975.

Eastern Province Herald, 21 November 1975.

Eastern Province Herald, 20 Oktober 1980.

Eastern Province Herald, 19 April 1982.

Eastern Province Herald, 4 April 1986.

The Herald, 9 September 2000.

The Herald, 29 Oktober 2002.

Uitenhage Times, 6 Desember 1950.

UD Nuus, 10 April 1972.

UD Nuus, 23 Julie 1992.

UD News, 15 Januarie 2009.

The Citizen, 20 April 2007.

222

Die Son, 16 Januarie 2004.

Internet Bronne:

www.electionresources.org

www.geocities.com/oosterland

www.ngkok.co.za

www.sarugby.co.za

www.whoswhosa.co.za

Tydskrifartikels, Jaarboeke en Gedenkblaaie:

Amptelike program ter inwyding van die skoolgebou, Primêre Skool Susannah

Fourie Despatch, 20 Februarie 1969.

Amptelike program ter inwyding van die skoolsaal, Primêre Skool Susannah

Fourie Despatch, 4 Junie 1963.

Amptelike Program van die Taalfees ter Despatch, 22 Mei 1959.

Burgemeester se oorsig, 1960 – 1963, F. A. F. Claassen.

Coetzee, J. N., 1962. “Geskiedkundige Oorsig van die Gemeente van

Bothasrus, Despatch”, Mondigwordingsfeesblad 21 November 1962,

Nederduitse Gereformeerde Kerk, Bothasrus- gemeente. Bothasrus-

gemeente, Despatch.

Coetzer, S., “Stigting en Ontwikkeling van Despatch.” Looking Back, Maart 1992.

223

Conradie, D. S., 1975. “Boodskappe van die voorsitter van die Boukommissie”,

Despatch-Eendrag: Inwyding van die Kerkgebou Feesprogram, 23 – 24

Augustus 1975. Despatch-Eendrag, Despatch.

Conradie, F. D., 1980. Susannah Fourie 1930 – 1980. Laerskool Susannah

Fourie, Despatch.

De Jager, T. C., 1979. Hoërskool Despatch Feesblad 1949 – 1979. Hoërskool

Despatch, Despatch.

Departement van Statistiek, 1971. 1946 – 1970 sensusse – Bevolking van Suid-

Afrika: 1904 – 1970, verslag nommer 02-05-12, Republiek van Suid-

Afrika.

De Waal, J. C., 1962. “Die Onderwys op Despatch,” Mondigwordingsfeesblad

21 November 1962, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Bothasrus-

gemeente. Bothasrus-gemeente, Despatch.

Du Plessis, J. S. M., 1990. “Die geskiedenis van die Laerskool Susannah

Fourie,” Laerskool Susannah Fourie 60. Laerskool Susannah Fourie,

Despatch.

Du Plessis, J. S. M., 1980. “Sportverslag,” Susannah Fourie 1930 – 1980.

Laerskool Susannah Fourie, Despatch.

Du Plessis, J. S. M., 1991. “Bothasrus 1941 – 1991: ʼn Geskiedkundige Oorsig”,

50 Jaar Bothasrus: 1941 – 1991. Bothasrus-gemeente, Despatch.

Du Plessis, J. S. M.,1980. “Kulturele Bedrywighede,” Susannah Fourie 1930 –

1980. Laerskool Susannah Fourie, Despatch.

224

Du Plessis, R., 1973. “Die eerste twintig jaar – ʼn terugblik,” Feesblad van die

Laerskool Sonop, 1953 – 1973. Laerskool Sonop, Despatch.

Fourie, S. M., 1980. “ʼn Terugblik”, Susannah Fourie, 1930 – 1980. Laerskool

Susannah Fourie, Despatch.

Grobler, C. J., 1979. “Boodskap van Raadslid C. J. Grobler, Burgemeester van

Despatch, 1979,” Hoërskool Despatch Feesblad 1949 – 1979. Hoërskool

Despatch, Despatch.

Horn, J. G., “Ek kyk terug”, Mondigwordingsfeesblad 21 November 1962,

Nederduitse Gereformeerde Kerk, Bothasrus- gemeente. Bothasrus-

gemeente, Despatch.

Jaarboek van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, 2008.

Jaarverslag van die skoolhoof, mnr. A. P. J. J. Rossouw, 7 Desember 1962.

Jaarverslag van die skoolhoof, mnr. J. D. van Graan, 6 Desember 1949.

Jaarverslag van die skoolhoof, mnr. R. du Plessis, 4 Desember 1953.

Jaarverslag van skoolhoof, mnr. J. N. Coetzee, 16 Oktober 1979.

Jaarverslag van skoolhoof, mnr. T. C. de Jager, 16 Oktober 1990.

Meyer, P. S., 1979. “Boodskap van mnr. P. S. Meyer, Direkteur van Onderwys,

1979”, Hoërskool Despatch Feesblad 1949 – 1979. Hoërskool Despatch,

Despatch.

225

Murray, E., “The Despatch Homestead”, Looking Back, Junie 1968.

Rossouw, A. P., 1985. “Geskiedkundige oorsig van Despatch-Eendrag”, 1965 –

1985, 20 Jaar, Eendrag, N.G. Gemeente Despatch-Eendrag Feesblad.

Despatch-Eendrag-gemeente, Despatch.

Rossouw, A. P.J. J., 1982. Feesblad Laerskool Frans Conradie, 1962 – 1982.

Laerskool Frans Conradie, Despatch.

Sentrale Statistiekdiens, 1980. 1980 sensus – Bevolkingsensus, 1980, verslag

nommer 02-80-16, Uitgesoekte Statistiese Streek Port Elizabeth,

Uitenhage, Kirkwood. Pretoria.

Sentrale Statistiekdiens, 1992. 1991 Sensus – Bevolkingsensus, 1991, verslag

nommer 03-01-13, Uitgesoekte Statistiese Streek Port Elizabeth,

Uitenhage. Pretoria.

Shaw, V., 1980. “Miss Shaw (First assistant teacher) recalls those early years,”

Susannah Fourie, 1930 – 1980. Laerskool Susannah Fourie, Despatch.

Soewenier program ter inwyding van die Nuwe Kerkgebou, Nederduitse

Gereformeerde Kerk Gemeente, Bothasrus, 6 September 1947.

Statistieke Suid-Afrika, Dorpsdata: Bewoonde plekke in die Republiek van Suid-

Afrika, Suidwes- Afrika, Lesotho, Botswana en Swaziland, 1968.

Strydom, A., “Die Despatch Skoorsteen”, Looking Back, Maart 1990.

Van Lill, H., 1975. “Besonderhede van die kerk”, Despatch-Eendrag: Inwyding

van die Kerkgebou Feesprogram, 23 – 24 Augustus 1975. Despatch-

Eendrag, Despatch.

226

Amptelike Korrespondensie:

Aanstellingsbrief van die Provinsiale Administrateur aan die Sekretaris van die

Uitenhaagse Divisie Raad, 8 Julie 1937.

Amptelike Balju van die 1945 verkiesing.

Brief aan Aucamp and Squire Promosies van Despatch stadsklerk, 18

September 1973.

Brief aan Despatch Dorpsbestuur van Provinsiale Sekretaris, 23 Januarie 1945.

Brief aan die Eerste Minister B. J. Vorster van Despatch Stadsraad, 27 Maart

1973.

Brief aan die Redakteur Nasionale Boekhandel Beperk van R. A. van der Walt

(Stadsklerk), 24 Maart 1958.

Brief aan die Sekretaris van die FAK van die Sekretaris van die Afrikaanse

Skakelkomitee van Despatch, 22 Junie 1976.

Brief aan die Skoolraad van die Sekretaris van Laerskool Manor Heights, 15

Maart 1962.

Brief aan Provinsiale Sekretaris van Despatch Dorpsbestuur, 6 Januarie 1945.

Brief aan Provinsiale Sekretaris van Despatch Munisipale Kantore, 23 Julie 1957.

227

Brief aan Sekretaris van Despatch Dorpsbestuur van die Provinsiale Sekretaris,

21 Oktober 1944.

Argivale Bronne:

1. Munisipaliteit Despatch kantore:

Amptelike Kennisgewing van die Stadsklerk, Maart 1952.

AA.208/59 Despatch Stadsklerk – Direkteur van Plaaslike Bestuur, 6 Desember

1966.

AA.208/59 Direkteur van Plaaslike Bestuur – Despatch Stadsklerk, 2 Desember

1965.

AA.208/59 Direkteur van Plaaslike Bestuur – Despatch Stadsklerk, 2 Junie 1967.

D8 / 2 Amptelike aansoek gerig aan die Kaaplandse Administrateur van mnre.

Pagden en Christian namens Botha se boedel vir die stigting van die

informele nedersetting Manor Heights Uitbreiding 1, 26 Mei 1937.

D10 / 1 Amptelike aansoek gerig aan die Kaaplandse Administrateur van mnr.

Du Toit vir die stigting van die Retief informele nedersetting, 10 Mei 1939.

D10 / 1 Bylae B van amptelike aansoek gerig aan die Kaaplandse Administrateur

van mnr. Du Toit vir die stigting van die Retief informele nedersetting, 10

Mei 1939.

D10 / 2 Amptelike aansoek gerig aan die Kaaplandse Administrateur van mnre.

Pagden en Christian namens mnre. Rudolph Johannes Fourie, Johannes

Christiaan Rabie, Gerhardus Cornelis Fourie en Willem Joseph Olckers vir

228

die stigting van die informele nedersetting Retief Uitbreiding 2, 21

November 1940.

H6 / 1 Amptelike kennisgewing van die Provinsiale Hospitaal van Uitenhage, 23

November 1959.

H6 / 1 Amptelike Sertifikaat van medalje wenner (Kopie vir stadsklerk se lêers),

27 November.

H 6 / 1 Amptelike Sertifikaat van medalje wenner (Kopie vir stadsklerk se lêers),

21 November 1966.

M2 / 1 Brief aan stadsklerk van Noupoort van die Dorpsbestuur van Despatch, 5

April 1944.

M2 / 1 Brief aan stadsklerk van Despatch van stadsklerk van Noupoort, 25 April

1944.

M2 / 1 Brief aan sekretaris van Despatch Dorpsbestuur van die Kaaplandse

Provinsiale Sekretaris, 21 Oktober 1944.

M2 / 1 Verklaring van Dorpsbestuur-gebied as ʼn munisipaliteit, 28 September

1944.

M2 / 1 Brief aan Kaaplandse Provinsiale Sekretaris van Despatch Dorpsbestuur,

6 Januarie 1945.

M2 / 1 Brief aan Despatch Dorpsbestuur van Kaaplandse Provinsiale Sekretaris,

23 Januarie 1945.

Notule van Belastingbetalersvergadering op 12 Julie 1973.

229

Provinsiale Administrasie van die Kaap die Goeie Hoop, L.108B/C/1: 5 Maart

1945.

Sertifikaat van Medalje Wenner (Kopie vir stadsklerk se lêers), 27 November

1963.

Sertifikaat van Medalje Wenner (Kopie vir stadsklerk se lêers), 21 November

1966.

W1 / 2 Amptelike kennisgewing van die stadsklerk, Maart 1952.

2. Kantoor van die Burgemeester van Despatch

Jaarverslag van die Burgemeester van Despatch, mnr. F. A. F. Claassen, 1954.

Jaarverslag van die Burgemeester, J. A. van der Linde, 1962.

Jaarverslag van die Burgemeester, mnr. F. A. F. Claassen, 1963.

Jaarverslag van die Burgemeester, mnr. E. J. Swanepoel, 1971.

Jaarverslag van die Burgemeester, mnr. E. J. Swanepoel, 1972.

3. Despatch Museum

Brief aan Stadsklerk van Despatch van Stadsklerk van Noupoort, 25 April 1944.

Brief aan Stadsklerk van Noupoort van die Dorpsbestuur van Despatch, 5 April

1944.

230

Brief van A. B. Todd aan Uitenhage Times en Uitenhage Chronicle, 21 Augustus

1945.

Brief van J. J. Engelbrecht aan E. J. Swanepoel, 15 Februarie 1973.

Brief van Verwoerdburg stadsklerk aan Despatch stadsklerk, 7 November 1972.

Brief van Verwoerdburg stadsklerk aan Despatch stadsraad, 7 November 1972.

Brief van F. D. Conradie aan B. Hanekom, 7 November 1972.

Brief van F. D. Conradie aan B. Hanekom, 7 November 1972.

Brief aan die Eerste Minister B. J. Vorster van Despatch stadsraad, 27 Maart

1973.

Memorandum: Despatch Naamsverandering: Skakelkomitee Aanbeveling, 9

Maart 1973.

Brief aan Provinsiale Sekretaris van Despatch Munisipale Kantore, 23 Julie 1957.

Skriftelike mededeling van mnr. A. H. Pretorius, Die proses wat gelei het tot die

metropolitanisering van Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch,

5 November 2009.

Skrywe aan mnr. S. W. Pienaar van Despatch stadsklerk, R. A. van der Walt, 24

Oktober 1957.

Titelakte 1582, Provinsie van die Kaap die Goeie Hoop, 24 Februarie 1928.

231

Verslag van die munisipale werktuigkundige, R. J. Veldtman, Januarie 1960.

Verslag ten opsigte van volwasse opvoeding op Despatch, Afrikaanse

Skakelkomitee, 23 November 1951.

4. Kerkkantoor van die NG Kerk Bothasrus-gemeente

Bothasrus Kerkraadsnotule, Februarie 1956.

Bothasrus Kerkraadsnotule, Mei 1956.

Bothasrus Kerkraadsnotule, Junie 1956.

Bothasrus Kerkraadsnotule, Desember 1956.

Bothasrus Kerkraadsnotule, Mei 1958.

Bothasrus Kerkraadsnotule, Julie 1958.

Bothasrus Kerkraadsnotule, November 1960.

Bothasrus Kerkraadsnotule, April 1962.

Bothasrus Kerkraadsnotule, Augustus 1969.

Bothasrus Kerkraadsnotule, Julie 1976.

Verslag van die Boukommissie van Bothasrus, 1945 – 1946.

232

5. Kerkkantoor van die NG Kerk Retief-gemeente

Gemeente Retief kerkraadsnotule, Augustus 1958.

Gemeente Retief kerkraadsnotule, September 1958.

Verslag van die tydelike Afstigtingskommissie aan die kerkraad Bothasrus, 23

Julie 1965

6. Kerkkantoor van die NG Kerk Despatch-Eendrag-gemeente

Despatch-Eendrag Kerkraadsnotule, Maart 1966.

Despatch-Eendrag Kerkraadsnotule, April 1967.

Despatch-Eendrag Kerkraadsnotule, September 1972.

Despatch-Eendrag Kerkraadsnotule, November 1972.

Despatch-Eendrag Kerkraadsnotule, Maart 1974.

Despatch-Eendrag Kerkraadsnotule, Augustus 1975.

Despatch-Eendrag Kerkraadsnotule, Augustus 1983.

233

7. Kerkkantoor van die NG Kerk Despatch-Noord-gemeente

Despatch-Noord kerkraadsnotule, Julie 1976.

Despatch-Noord kerkraadsnotule, Augustus 1978.

Notules:

Afrikaanse Kultuurraad van Despatch verslag aan die FAK, 21 Februarie 1979.

Afrikaanse Kultuurraad van Despatch verslag aan die FAK, 12 Maart 1980.

Afrikaanse Kultuurraad van Despatch notule, 12 Desember 1985.

Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 2 November 1944.

Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 21 Julie 1945.

Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 4 November 1945.

Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 26 November 1945.

Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 14 November 1946.

Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 25 November 1946.

Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 8 November 1947.

234

Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 27 November 1947.

Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 22 November 1948.

Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 28 November 1949.

Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 25 Oktober 1950.

Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 23 Februarie 1951.

Afrikaanse Skakelkomitee Spesiale Vergaderingsnotule, 18 Mei 1951.

Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 16 Januarie 1958.

Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 16 Januarie 1969.

Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 7 November 1973.

Afrikaanse Skakelkomitee Vergaderingsnotule, 8 November 1975.

Amptelike Program van die Groot Trek Herdenkingsfees, 28 September 1988.

Despatch/Uitenhage Komitee vir die herdenking van die Anglo-Boereoorlog

notule, 8 Maart 1999.

Despatch-Dagbreek, Gemeenteprofiel, 29 Oktober 2008.

Despatch Groot Trek-Feeskomitee Vergaderingsnotule, 7 Maart 1988.

Despatch Groot Trek-Feeskomitee Vergaderingsnotule, 12 April 1988.

235

Despatch Groot Trek-Feeskomitee Vergaderingsnotule, 24 Mei 1988.

Despatch Groot Trek-Feeskomitee Vergaderingsnotule, 21 Julie 1988.

Despatch Groot Trek-Feeskomitee Vergaderingsnotule, 23 Augustus 1988.

Skakelkomitee stigtingsvergadering notule, 28 November 1942.

Onderhoude:

Mnr. Connie de Jager, 11 April 2008.

Mev. Davida (Duifie) Barnard, 5 November 2008.

Mnr. A. H. Pretorius, 3 Januarie 2009.

Mnr. N. Benecke, 4 Januarie 2009.

Mej. E. Steyn, 5 Januarie 2009.

Museums:

Bayworld Museum, Port Elizabeth.

236

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!