05.05.2013 Views

STANDAARD VERLOFREGULASIES VERLOFJAAR EN ...

STANDAARD VERLOFREGULASIES VERLOFJAAR EN ...

STANDAARD VERLOFREGULASIES VERLOFJAAR EN ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

RAADSBELEID

ONDERWERP : STANDAARD VERLOFREGULASIES : VERLOFJAAR EN

VERPLIGTE NEEM VAN VERLOF, OMSETTING VAN VERLOF IN

KONTANT

VERWYSING : 4.2.1.2

BESLUIT NR : 13.7/03/2003 DATUM : 31 Maart 2003

BELEIDSOOGMERK : Om die neem van jaarlikse- asook die afkoop van verlof,

te reguleer.

BELEIDSFILOSOFIE EN BEGINSELS

Die Raad erken die bepalings soos gestel in die Wet en Verlofregulasies.

RIGLYNE

1. Werknemers word verplig om 21 (een-en-twintig) dae verlof per verlofsiklus te neem

(12 [twaalf] dae aaneenlopend en die res moet in dieselfde verlofsiklus geneem word)

soos uiteengesit:

"vir doeleindes van die toepassing van die voorgestelde wysiging van Artikel 13

van die Standaardverordening insake Personeelverlof, die Raad bepaal dat 'n

werknemer wat vakansieverlof in kontant wil omsit:

vir doeleindes van artikel 13(b)(i) van die Verordening, verplig is om jaarliks

minstens 21 (een-en-twintig) dae opeenvolgende vakansieverlof te neem."

2. Geen werknemer sal toegelaat word om die 21 (een-en-twintig) dae verpligte

vakansieverlof in kontant om te sit nie.

3. Slegs ‘n minimum van 10 dae mag per geleentheid afgekoop word.

4. Verpligte verlof wat nie geneem is sedert die datum van die inwerkingtreding van die

nuwe Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997), nie afgekoop mag

word nie, maar in terme van Artikel 20(11) hanteer sal word

5. Die periode vanaf 1 Julie tot 30 Junie word geag as ‘n verlofsiklus.

6. Afkoop van verlof word goedgemaak uit die verlofgratifikasiefonds.

PROSEDURE

1. Die neem of afkoop van verlof word streng, volgens die nuwe Wet op Basiese

Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997) hanteer .

2. Amptenare vul ‘n verlofvorm in en teken die vorm.

3. Die amptenaar se direkte toesighouer, moet die verlof aanbeveel, waarna die vorm aan

die Afdelingshoof/Direkteur gestuur word vir goedkeuring.

4. Die oorspronklike en een afskrif van die verlofvorm word aan die Subdirektoraat

Menslike Hulpbronne gestuur, vir prosessering.

5. Die verlofvorm word dan op rekenaar ingesleutel, wat outomaties die bywerking tot elke

amptenaar se verlofbalanse doen.

6. Indien ‘n amptenaar verlof wil afkoop, sal die aansoek deur die Hoof Menslike

Hulpbronne goedgekeur word, alvorens die Subdirektoraat Finansies in kennis gestel

word.

7. Die Subdirektoraat Finansies word in kennis gestel van die afkoop van verlof, deur ‘n

afskrif van die vorm aan hulle deur te stuur vir betaling van verlof afgekoop.

ROLLE

Direkteure en Hoof Menslike Hulpbronne.

VERWANTE BELEID

1. Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes,1997 (Wet 75 van 1997).

2. Standaardverordening insake Personeelverlof.

HERROEPINGS/WYSIGINGS

Dat alle vorige beleidsbesluite in hierdie verband herroep word.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!