05.05.2013 Views

Preview - Laerskool Wierdapark

Preview - Laerskool Wierdapark

Preview - Laerskool Wierdapark

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

H/v Ruimteweg en Willem Bothastr.

Posbus 50990, WIERDAPARK, 0149.

Tel: (012) 654 3350 of 660 2528.

Faks: (012) 654 1140.

E-pos: info@wierdas.co.za

Webtuiste: www.wierdas.co.za

LAERSKOOL WIERDAPARK

Omsendbrief 3/2013 23 Januarie 2013

1. WIERIE

Goeiedag, maats!

Sjoe, die atletiek is opwindend. Ek het toe glad nie die span

gehaal met hoogspring nie, maar dit maak nie saak nie. Die

belangrikste is dat ek deelgeneem en dit geniet het. Geluk

aan al die Blesbokmaats – julle het skoonskip gemaak deur

die Geesbeker en die Sportbeker te wen!

Maats, hierdie week werk ons ekstra hard aan goeie

maniere. Ons moet ons maats en onderwysers respekteer

en ook nie rommel strooi nie. Ons is mos trots op ons skool

en wil die speelgrond silwerskoon hou.

Werk hard en spits jou ore in die klas.

Jul gemanierde maat

Wierie

Ek weet wat Ek vir julle beplan,

sê die Here: voorspoed en nie

teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n

toekoms gee, ‘n verwagting!

Jeremia 29:11

2. AANDAG OUERS

2.1 Gebedsgroepie : Alle ouers

Alle ouers word hartlik uitgenooi om deel te word van die skool se

gebedsgroepie. Daar word vir leerlinge, personeel, ouers en

skoolaktiwiteite gebid.

Dag: Maandae

Tyd: 07:45

Plek: Laerskool Wierdapark bemarkingskantoor

Navrae: annaline@wierdas.co.za of 012 654 3350

2.2 Uit die Naskoolkantoor

Wierdapark Naskool is op soek na ‘n lewenslustige dame wat lief is

vir kinders om ons leerders in die middae by te staan met hulle

huiswerk. Gee ‘n kort CV by die kantoor in. Merk dit vir Grené

Raath se aandag. Ons sal u kontak in verband met ‘n onderhoud.

Sluitingsdatum: Dinsdag, 29 Januarie 2013.

3. BELANGRIKE NUUS

3.1 Bemarking

Wil u graag u besigheid, produk of dienste in die skool se

advertensieblad (Die Wierie) adverteer? Die Wierie word weekliks

elektronies na meer as 2500 ouers gestuur. Alle advertensies (A6

en groter) verskyn ook vir ‘n week op die skool se webtuiste. U kan

ook spasie huur op die advertensieborde in Willem Bothalaan en

Ruimteweg. Verder is daar borgskapgeleenthede met spesiale

pakkette by die skool beskikbaar. Kontak gerus die skool se

bemarker by annaline@wierdas.co.za.

3.2 Laerskool Wierdapark gholfdag: Vrydag, 15 Maart 2013

U word hartlik uitgenooi om aan ons gholfdag deel te neem. Die

koste beloop R2000 vir ‘n 4-Bal (R500 per speler ). Die gholfdag

word by Zwartkop Gholf Estate gehou. Die koste sluit ‘n

verwelkomingspak en aandete in. Daar is ook uitmuntende

borggeleenthede. U ondersteuning word baie waardeer. Bespreek

by annaline@wierdas.co.za.

3.3 Rugby

‘n Rugbyinligtingsvergadering vind op Maandag, 28 Januarie

2013, om 18:30 in die skoolsaal plaas.

3.4 Atletiekbyeenkomste 2013

24 Januarie : Wierdapark, Orion, Rooihuiskraal,

Hennopspark en Constantiapark

13:00 – 18:30 by Hoӫrskool Eldoraigne

31 Januarie : By Hennopspark (nog geen inligting)

5 Februarie : By Midstream Primary (nog geen inligting)

8 Februarie : Cluster by Hoӫrskool Zwartkop – slegs die middag vir

sekere items

9 Februarie : Cluster by Laerskool Rooihuiskraal – die hele dag

16 en 17 Februarie : Distrikskampioenskap by Pilditch

1 en 2 Maart : Gauteng Kampioenskap – plek nog nie bekend

14-16 Maart : Suid-Afrikaanse Kampioenskap

3.5 Skaakafrigting 2013

Afrigtingsklasse by die skool begin op Maandag, 4 Februarie

2013.

‘n Dokument met die volledige inligting oor skaakafrigting by

die skool verskyn op die Communicator onder Bronne – Skaak.

U kan ook die dokument aanvra via epos

(ingrid@wierdas.co.za) of u kind kan ‘n hardekopie by Lab 1

kom haal.

3.6 Muurbal

Muurbal ontwikkel balans, koördinasie, uithouvermoë, krag en ratsheid.

Centurion Junior Squash ondersteun spelers vanaf 4 jaar tot graad 12.

Ons oefen by Uitsig muurbalbane en op Vrydae by Centurion

muurbalbane. Belangstellendes word genooi om te kom kyk wat ons doen

(geen verpligting). Ons doel is om van ons leerlinge aan die jaarlikse

skoleliga te laat deelneem en om 'n liefde vir die spel te kweek. Besoek

www.cjsquash.co.za vir meer inligting of skakel Maryna Fourie

by 0721309381 in verband met afrigtingstye en kostes.

3.7 Tennisuitslae: 21 Maart 2013

Seuns A Verloor vs Laerskool Elarduspark

Seuns B Verloor vs Laerskool Elarduspark

Seuns C Wen vs Laerskool Elarduspark

Dogters A Verloor vs Laerskool Menlopark

Dogters B Verloor vs Laerskool Elarduspark

Seuns O/11A Wen vs Laerskool Menlopark

Seuns O/11 B Wen vs Laerskool Hennopspark

Seuns O/11 C Wen vs Laerskool Elarduspark

4. VERSKYNSEL

Noordelike Yssee-klipringe

Die Noordelike Yssee in die verre noordelike poolstreek is ‘n diep

bevrore wêreld van sneeu en ys. Die ewige kringloop van vriesing

en ontvriesing veroorsaak klipringe. Met die uitsetting en inkrimping

van die rotsagtige grond word die rotse na die oppervlak gedwing,

waar dit dan in verskillende groottes skei. Die groter stukke word na

die buitekant gestoot en die kleiner stukke gaan lê in die middel. Dit

vorm klipringe wat kilometers vêr kan strek.

Hierdie verskynsel is só netjies dat dit mensgemaak lyk.

Charl Basson

Onderhoofseun

I. ESTERHUIZEN J.P.H. MAREE: HOOF

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!