09.09.2013 Views

Preview - Laerskool Wierdapark

Preview - Laerskool Wierdapark

Preview - Laerskool Wierdapark

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

H/v Ruimteweg en Willem Bothastraat

Posbus 50990, WIERDAPARK, 0149

Tel: (012) 654 3350 of 660 2528

Faks: (012) 654 1140

E-pos: info@wierdas.co.za

Webtuiste: www.wierdas.co.za

LAERSKOOL WIERDAPARK

Omsendbrief 16/2013 8 Mei 2013

1. WIERIE

Liewe Medewieries

Ons liewe skaakspelers het voorwaar weldeurdagte skuiwe gemaak -

hulle wen die Super 12-Skaaktoernooi loshande! Baie, baie geluk.

Ons maat, Kierie, sê ook baie geluk. Hy is geweldig trots op julle!

Onthou om vir jou liewe ma iets spesiaal te beplan vir Moedersdag

op Sondag, 12 Mei. ‘n Kaartjie, hulp in die kombuis, goeie maniere

of ontbyt in die bed is altyd spesiaal. Ondersteun ook die

Moedersdagverkope voor die saal tydens pouse. Ek sien daar is

regtig oulike geskenkies wat jou sak sal pas.

Ek hoop almal het hard geleer vir die Spellethon. Ek kan nie wag

om te sien wie die wenners van daardie groot pryse is nie.

Onthou die week: Merk al jou klere, kosblikke, sporttoerusting en

ander skoolbenodighede en pas dit op. As dit duidelik gemerk is, sal

jy jou verlore goedere baie makliker terugvind.

Groete

Jul vriend

Wierie

MOEDERSDAG:

12 MEI 2013

Dankie vir alles wat Ma vir my

doen! x x x

2. AANDAG OUERS

2.1 Rook- en alkoholvrye gebied

Ouers en besoekers, neem asseblief kennis van die volgende:

Laerskool Wierdapark is `n openbare plek en, ingevolge wetgewing, ‘n

ROOK- en ALKOHOLVRYE gebied. Aangesien ons ook `n opvoedkundige

instelling is, word rook en die gebruik van alkohol op ons terrein

verbied. Ons vertrou dat u ons in hierdie verband sal bystaan omdat ons

alle persone se regte moet respekteer. Indien u wil rook, doen dit

asseblief buite die skoolterrein, aangesien die skool beboet kan word

indien ons nie aan hierdie wetgewing gehoor gee nie. Die parkeerarea

voor Wierie Woekerland is ook ‘n rookvrye gebied.

2.2 Hemelvaartdiens: Donderdag, 9 Mei 2013

Elke jaar vier Laerskool Wierdapark Hemelvaartdag op gepaste wyse. Die

hele skool gaan Donderdag na Raslouw NG kerk stap om 'n gesamentlike

diens by te woon. Leerders dra skooldrag. Jorrie Jonker gaan ons bedien.

Die skool verloop soos gewoonlik na die diens.

2.3 Toetsrooster: 3 tot 13 Junie 2013

DAG GR. 4 GR. 5 GR. 6 GR. 7

Maandag,

3 Junie

ENG ENG ENG ENG

Dinsdag,

4 Junie

WISK WISK WISK WISK

Woensdag,

5 Junie

TEG

Donderdag,

6 Junie

AFR AFR AFR AFR

Maandag,

10 Junie

EBW

Dinsdag,

11 Junie

NW en TEG NW en TEG NW en TEG NW

Woensdag,

12 Junie

LO LO LO LO

Donderdag,

13 Junie

SW SW SW SW

3. BELANGRIKE NUUS

3.1 Ondersteunershemde

Ondersteunershemde vanaf R300.

Kontak Dottie by 084 840 2372 of dottie.kotze01@gmail.com

3.2 Super 12 Skaak: WIERDAS SÊ: “SKAAKMAT!”

Wierdapark wen vanjaar die Super 12 Skaak! Baie geluk aan ons junior- en

seniorspanne wat op 4 Mei 2013 die algehele wennerstrofee ingepalm het tydens

die Super 12 skaaktoernooi by UP se Groenkloofkampus. Ons spanne het met ‘n

volle 9 punte voor die algehele naaswenners geëindig. Die seniorspan was ook

die wenners in hulle afdeling van 22 spanne en die juniors was naaswenners in

hulle afdeling van 18 spanne.

Juniors:Jacques Blignaut, David Heunis, Thiana Prinsloo, Devan

Havenga, Janko Collyer, Kevin Tennant, Deaan de Kock, Ruan

Schutte, Stefan Swanepoel, René Hugo

Seniors: Tinus Prinsloo, Corné Slabbert, Kenneth de Klerk, Nico

Hancke, Elani Smith, Dirk du Toit, Zander Hanekom, Cassie Pelser,

JJ Prinsloo, Philip Blignaut

Die volgende spelers was bordwenners, wat beteken dat hulle

die beste gevaar het van al die spelers op hulle betrokke borde:

Juniors: Stefan Swanepoel (bord 9), René Hugo (bord 10)

Seniors: Kenneth de Klerk (bord 3), Elani Smith (bord 5),

Dirk du Toit (bord 6), Zander Hanekom (bord 7)

In die reserwetoernooi was Charlize Hanekom naaswenner van die juniors en

Michael Geldenhuys het ‘n derde plek in die seniorafdeling behaal.

Baie geluk aan al die spelers en afrigters met hierdie prestasie. Dankie, ouers, dat

ons altyd op julle ondersteuning kan staatmaak.

3.3 Moedersdagverkope

Kom koop vir mamma ‘n bederfie

(R5 – R30) vir Moedersdag!

Datum: 6 tot 10 Mei

Plek: Voor die saal

Tyd: Pouses

3.4 Lapa-boekverkoping

Ten bate van die VCSV

Datum: 7 tot 9 Mei 2013 Plek: Saal se voorportaal

Tyd: 08:00 tot 14:30 Kontakpersoon: Unine van Lapa Uitgewers

‘n Verskeidenheid fiksie en niefiksie is beskikbaar. Moet dit nie misloop nie!

3.5 Philena-skryfbehoefteprojek

Ons benodig enige ou of nuwe skryfbehoeftes, byvoorbeeld: skerpmakers,

uitveërs, liniale, potlode, kleurpotlode, penne, lêers, skêre, gom, blaailêers en

oliepastelle. Die volgende ingeedatum vir skryfbehoeftes is Vrydag, 10 Mei. Die

skryfbehoeftes kan in die gemerkte blou krat in mnr. Gavin Bailey se klas (K 26)

geplaas word. Baie dankie aan elkeen wat reeds skryfbehoeftes gestuur het.

3.6 Netbal: C-spanne

Baie geluk aan dié dogters wat pragtig gespeel het en al hul

wedstryde teen Vhalliepark Primary en Pretoria-Oos gewen het.

3.7 Hokkie: uitslae

26 April 3 en 4 Mei

SEUNS 1e Span Gelykop (1 elk) vs Gelykop (1 elk) vs

Laerskool Menlopark Pta. Jnr. Club

DOGTERS 1e Span Wen 2 – 0 vs

Verloor 2 – 0 vs

Laerskool Menlopark Irene Primary.

Baie geluk aan Handré Tredoux, Jessica Coetzee en Marya Meyer wat deur is na

die finale rondte van die Noord-Gauteng hokkieproewe. Baie sterkte – ons hou

duim vas!

4. VERSKYNSEL

Diere gebruik die aarde se magneetveld

Suider-Afrika het 25 soorte skilpaaie en 5 soorte lewe in die see. Het julle

geweet dat seeskilpaaie hulle eiers op dieselfde strand lê as waar hulle

gebore is? Hoe kry hulle dit reg? Wanneer die wyfie haar eiers moet lê,

gebruik sy die aarde se magneetveld om weer haar geboorteplek te kry.

Wetenskaplikes weet nog nie presies hoe dit werk nie. Voëls gebruik ook

die aarde se magneetveld om hulle pad te vind, veral as hulle vêr vlieg,

soos die swaeltjies wat elke jaar migreer.

- Llwellyn Coetzer (Leier)

I. ESTERHUIZEN J.P.H. MAREE: HOOF

Uitgawe 16 * 8 Mei 2013 *

2013 TARIEF KAART

Let wel: Alle advertensies is vooruitbetaalbaar!

A5 Voorblad – R370 (weekliks) A5 – R310 (weeklik

A6 – R270 (weekliks) A4 – R470 (weekliks)

Besigheidskaartjie – R90 (weekliks)

Wil u graag in die Wierie adverteer?

Kontak Annaline by 012 654 3350 of annaline@wierdas.co.za

Ons is ʼn kindervriendelike praktyk!

Ons doen:

Algemene konsultasies

Versekerings ondersoeke

Verwydering van moesies

Klein chirurgiese prosedures

Alternatief: 081 442 8485

Adres: Theo Straat 184,

H/v Willem Botha en Theo straat

D V

DV CARPENTRY

Johannlaan 160, Raslouw

(012) 666 7567 of 082 558 7311

Vervaardig en installeer:

Deurrame, deure, vloerlyste, argitrawe, dado rails,

trapreëlings, trappe, ens.

Verskaf en installeer:

Plafonne, bulkheads, kroonlyste en gelamineerde

houtvloere.

Vir meer besonderhede besoek ons webtuiste by

www.dvcarpentry.co.za

GESOEK: AU-PAIR WERK

Ek is ‘n fianle jaar onderwys student

by Laerskool Wierdapark.

Ek is beskikbaar vir au-pair werk vir Gr2 tot Gr6 op

Maandae, Woensdae en Vrydae van 14:00 tot 17:00.

Dinsdae en Donderdae vanaf 14:30 tot 17:00.

Kontak Angelique by 078 288 6426

NOU

beskikbaar!

WIERIE

ONDERSTEUNERSHEMDE

Waar? Klerebank

Wanneer? Donderdae

Tye: 7:00 – 7:30 en 13:00 – 14:00

Prys? Vanaf R300

Navrae: Dottie by 084 840 2372

E-pos: dottie.kotze01@gmail.com

ELDORAIGNE TEL: 012 6585044

HUISE TE KOOP!

ELDOVIEW ESTATE

NUUT!!!

Prys: R2.850 Miljoen

3-4 Slaapkamers,

3 Badkamers, 3 Leef

vertrekke, Bediende

Kamer, 3 Motorhuise,

Patio & braai, Swembad

www.bigeyeproperties.co.za

ref: 1304362

VILLA TOSKANA

ESTATE

(Gouws laan)

MODERN TOSKAANS

3-4 Slaapkamers, 2 vol

Badkamers, Sit, Eet, TV

kamers, Patio & Braai,

Swembad, D/motorhuis

www.bigeyeproperties.co.za

ref: 13005048

SKAKEL:

GERTY by 082 554 2070

CHRISTINE by 083 655 0754

PRETORIA RALLY

Jy koop reeds kruideniersware, klere en toestelle ens.

Ons wil jou graag wys

Hoe jy daarvoor betaal kan word!!!

Datum: 25 Mei 2013 (Saterdag)

Tyd: 9h00 – 12h00

Venue: Laerskool Wierdapark

H/v Willem Botha & Ruimte weg

Wierdapark, Centurion

Kostes: R50 per persoon

Kontak persoon: Magda by 082 316 0220

of afinancial_solution@yahoo.com

Willem Botha teen R4700 per jaar (R470 X 10 maande)

PLUS!! 1 Gratis A6 Ad X 10 maande (Waarde R2700)

Ruimteweg teen R3700 per jaar (R370 per maand)

PLUS!! 1 Gratis klein Ad X 10 maande (Waarde R900)

Spesiale pakkette is beskikbaar met advertering op die

HOOFBORG BORD, hoek van Willem Botha en Ruimteweg.

Bedrag sluit NIE die maak van u bord in NIE. U betaal slegs vir

die huur van die advertensie spasie.

Navrae: annaline@wierdas.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!