06.05.2013 Views

Verpleegster: Florence Nightingale (gr.4 Gesk) - Christelike Biblioteek

Verpleegster: Florence Nightingale (gr.4 Gesk) - Christelike Biblioteek

Verpleegster: Florence Nightingale (gr.4 Gesk) - Christelike Biblioteek

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

1. VERPLEEGSTER: Florence Nightingale

Florence is op 12 Mei 1820 in Florence,

Italië, gebore. Haar ouers was op 'n lang

reis deur Europa. Florence was nie die

eerste kind nie. 'n Dogter, Parthenope

(na die Grieks vir Napels), is 'n jaar

vroeër gebore. Die jong Florence was

van kleins af aan luukses gewoond. Sy

en haar suster het die mooiste uitrustings

gedra wat Londen kon bied. Hulle het

ook elke speelding en troeteldier gehad

wat 'n meisie kan begeer.

Die Nightingales se huis

Die 1840’s was 'n verskriklike tyd in

Engeland. Nie ver van haar ouerhuis

was landhuisies vol arm, siek en

verhongerde mense. Florence het hulle

begin besoek en kos, komberse, klere en

medisyne vir hulle gebring. Hierdie

ondervinding was vir haar 'n openbaring

dat God wou hê sy moet haar lewe

daaraan wy om mense te help, veral die

siekes. Sy het baie jammer gevoel vir die

mense en die families wat so

swaargekry het en het besluit om

verpleegster te word. Florence se ouers

was glad nie bly met hierdie plan nie,

want ryk mense se dogters was nie

veronderstel om te werk nie en nog

minder 'n minderwaardige werk soos

verpleeg! Florence het egter by haar

besluit gebly en na kloosters in

Duitsland en Frankryk gegaan om daar

te leer verpleeg.

Florence was 32 jaar oud toe haar

loopbaan uiteindelik begin. Sy het die

pos van matrone by die sogenaamde

“Institution for the Care of Sick

Gentlewomen in Distressed Circumstances”

aanvaar. Vir die tweede

keer in haar lewe het sy gevoel dat die

Here haar persoonlik aangespreek het.

Sy was dus seker dat sy die regte ding

doen. Florence het met 'n ysere wil die

inrigting en sy personeel begin

organiseer. In daardie dae het mense nog

bloedmin van higiëniese versorging en

die verspreiding van siektes geweet,

maar Florence het op sindelikheid en

vars lug aangedring.

Sy het besluit dat die pasiënte warm kos

moet kry en 'n hyser in die gebou laat

installeer. Daar moes gereeld skoon

lakens wees, en blompotte met blomme

is in die sale geplaas. Baie van die

personeellede het glad nie daarvan

gehou om gehiet en gebied te word nie,

en die inwonende dokter en baie van die

werksters het padgegee. Maar binne ses

maande het Florence 'n omwenteling in

die begrip verpleging teweeggebring.

Die nuus het versprei dat sy Engeland se

"toonaangewende deskundige oor

gesondheidsake" is.

In 1854 het die Krimoorlog uitgebreek.

Hierdie oorlog is om godsdienstige,

politieke en ekonomiese redes gevoer

tussen die magte van Brittanje,

Frankryk, die Ottomaanse Ryk (tans

Turkye) en Sardinië aan die een kant en

die Russiese magte aan die ander. Baie

van die gevegte het in die Krim self

plaasgevind ('n skiereilandjie wat in die

Swart See insteek). Hoewel die westerse

magte sekere oorwinnings behaal het,

het die Britse leër 'n ernstige tekort aan

kos, beddegoed, tente, klere en mediese

voorrade ondervind.

Daar was feitlik geen chirurge wat na

die gewondes kon omsien nie, en

verpleegsters is weens hul slegte

reputasie nie toegelaat om naby die

soldate te kom nie. Siekes en gewondes

is in skepe geprop en na oorvol

kasernes naby Konstantinopel, gebring.

Die Britse generaals het dit probeer

stilhou, maar 'n Londense koerant, The

Times, het 'n spesiale beriggewer

aangewys om oor die oorlog verslag te

doen soos dit verloop. Die verslaggewer,

William Howard Russell, het die

skokkende behandeling van die siekes en

gewondes onthul. Die Britse publiek kon

nou alles lees – ook Florence

Nightingale. Vir die derde keer in haar

lewe, sou sy later vertel, het sy God met

haar hoor praat.

Soos dit moes gebeur, het Sidney

Herbert, Engeland se minister van

oorlog, Florence dadelik per brief

versoek om 'n groep verpleegsters

bymekaar te kry en na Scutari te gaan.

Florence het geen tyd verspil nie. Binne

vier dae het sy 'n geselskap van 38

verpleegsters en nonne uitgesoek en

kleremaaksters aangesê om uniforms te

maak. Hierdie keer het haar familie haar

nie teëgegaan nie. Sy was oor die hele

land beroemd. Op 21 Oktober 1854 het

Florence en haar personeel na Scutari

vertrek. Namate die skip stadig

weggevaar het, het 'n skare onder op die

kaai gejuig en gewuif.

Toe sy in Scutari aankom, het sy

uitgevind dat 'n ou pakhuis as hospitaal

gebruik gaan word. Sy het dit eers

heeltemal laat skoonmaak voordat sy

toegelaat het dat gewonde soldate

daarheen gebring kon word. Florence

het meer gedoen as net gewondes

verpleeg. Na 'n dag van harde werk het

sy saans met haar lamp tussen die siekes

rondbeweeg. Sy het met hulle gepraat,

hul briewe aan hul voorgelees en selfs

briewe beantwoord. Die soldate het baie

lief geword vir haar en haar die “Vrou

met die lamp” genoem. Florence het

later 'n hospitaal opgerig nader aan die

front, sodat beseerde soldate nie so ver

vervoer hoef te word nie. Op hierdie

manier kon baie soldate se lewens gered

word. Florence het in hierdie hospitaal

bly werk tot die vrede gesluit is.

Florence het in die jare na die oorlog

steeds verpleegsters opgelei en ook

betrokke geraak by die Rooikruis – 'n

wêreldwye organisasie wat betrokke is

by hulpverlening aan siekes, armes en

swakkes. Sy is in 1910 oorlede en word

vandag nog onthou omdat sy in

gehoorsaamheid aan God haar lewe aan

siek en swak mense gewy het. Die Here

het haar geloof en gehoorsaamheid

geseën en haar werk bevestig.

VRAE EN OPDRAGTE:

1. Wanneer is Florence gebore?

2. Wat het Florence gedoen toe sy agterkom daar is armoede naby haar?

3. Wat bedoel Florence as sy tot 3 keer toe voel die Here “praat” met haar?

4. Vertel wat Florence gedoen het om die sorg in hospitale te verbeter.

5. Waarom is sy “Die vrou met die lamp” genoem?

6. Hoekom dink jy, moet ons vandag nog van haar leer?

7. OPDRAG: Gaan kyk in die telefoongids of jy iets wat met Rooikruis te

doen het, daar vind. Skryf alles wat jy vind in jou boek neer.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!