8. Begripsoefening 8.1 Soorte tekste - Christelike Biblioteek
8. Begripsoefening 8.1 Soorte tekste - Christelike Biblioteek
8. Begripsoefening 8.1 Soorte tekste - Christelike Biblioteek
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
8. Begripsoefening

8.1 Soorte tekste:

a. ‘n Informatiewe teks gee informasie (inligting) aan die leser deur.

b. In ‘n verhalende teks word daar ‘n storie vertel.

c. ‘n Wetenskaplike teks berus op wetenskaplike feite wat deur navorsing bewys is.

d. ‘n Humoristiese teks is grappig van aard en met kwinkslae gekleur.

e. ‘n Ernstige teks is stemmig.

f. ‘n Feitelike teks gee bewese feite weer.

8.2 Leestegnieke

a. Vluglees is wanneer ‘n leesstuk vlugtig gelees word bloot om te bepaal waaroor dit

gaan.

werklik te lees.

c. Begriplees is wanneer die inhoud gelees word met die doel om dit te verstaan.

d. Studielees is wanneer die teks deeglik bestudeer word om die inhoud te bemeester.

8.3 Paragraaf skakeling

8.3.1 Teenstellende paragrawe

Teenstellende paragrawe is twee paragrawe waarin die inhoud direk in kontras is met

mekaar.

8.3.2 Aaneenskakelende paragrawe

Aaneenskakelende paragrawe is twee paragrawe waarin die inhoud direk by mekaar

aansluit.

In ‘n leesoefening is dit belangrik:

8.3.2.1 Om op te let na die titel van die teks

Die titel is gewoonlik openbarend en berei die leser voor op die inhoud van die leesstuk.

8.3.2.2 Om te onderskei tussen feit en bewering

‘n Feit is iets wat werklik bestaan en wat bewys kan word. Dit kan getoets word deur

69
middel van eksperimente, waarnemings of navorsing. Daar word in ‘n feit verwys na

plekke, persone, syfers en datums. Feite is dus kontroleerbaar.

‘n Mening/bewering is ‘n persoon se eie siening van ‘n saak. Dit kan gewoonlik nie bewys

word nie. Woorde soos dink, voel, is oortuig, die meeste mense sê, altyd, almal, is

‘n aanduiding dat dit ‘n bewering is. Menings is nie kontroleerbaar nie en berus op

70

8.3.2.3 Om uitspraak te kan lewer oor die geldigheid van argumente

Argumente is stellings of bewyse wat aangevoer word op ‘n logiese wyse. Vir ‘n argument

om geldig te wees, moet dit waar en geloofwaardig wees. ‘n Argument is geldig

as die feite die gevolgtrekking ondersteun.

Onder “die kat aan die stert beet het” verstaan ons dus dat die persoon die kat aan sy

stert vashou.

‘n ander dimensie, naamlik dat die persoon nie kennis dra van die saak nie.

8.3.2.5 Om suggestie te verstaan

Suggestie is dit wat nie direk verwoord word nie, maar dit wat tussen die lyne afgelei

moet word. Dit is wanneer ‘n skrywer of spreker in sy mededeling ‘n indirekte, be-

daaruit maak.

8.3.2.6 Om te verstaan wat ironie behels

Ironie is in wese ‘n teenstelling. Presies die teenoorgestelde van wat gesê word, word

bedoel. Dit is wanneer daar, om groter effek te verkry, op spottender wyse die

teenoorgestelde gesê word as wat bedoel word. Die woorde word dus nie letterlik opgeneem

nie. Weens die spotelement, word dit ook spotspraak genoem.

8.3.2.7 Om te verstaan wat sarkasme behels

Sarkasme is wanneer iemand doelbewus ‘n ander met sy spot of aanmerking wil seermaak.

Presies die teenoorgestelde as wat bedoel word, word gesê. Anders as ironie is

sarkasme bytende, bittere spot - dit maak seer.

8.3.2.8 Om retoriese vrae te kan uitken

Dit is ‘n vraag waarop daar nie ‘n antwoord verwag word nie. Die doel van die vraag

is slegs om die leser of hoorder te betrek by die gebeurtenis.

8.3.2.9 Om woordspeling te verstaan en te kan raaksien

Dit is wanneer ‘n skrywer speel met die verskillende betekenisse wat ‘n woord kan hê.
Woordspeling word gebruik op ‘n grappige wyse, veral sodat die woord weer nuut kan

wees. Voorbeeld: Gesê nadat die apie ‘n toertjie uitgevoer het: “Kom ons gee lekker

AAPplous!”

8.3.2.10 Om te weet wat is ‘n hiperbool

‘n Hiperbool is nie ‘n opsetlike onwaarheid nie, maar iets word vergroot sodat dit indrukwekkend

kan voorkom. ‘n Hiperbool word baie in reklametaal gebruik:

“Hierdie room sal al jou plooie wegvat.”

Nog voorbeelde:

Ek het jou al ‘n duisend keer gesê (nie werklik 1000 keer nie).

Die pad in die Karoo is eindeloos (die pad eindig tog wel).

8.3.2.11 Om kontras/antitese en paradoks te verstaan.

a. Antitese of kontras:

Hier word twee uiterstes direk teenoor mekaar gestel om deur middel van kontras

te beklemtoon, byvoorbeeld: Die soet en suur van die lewe.

b. Paradoksale teenstelling:

Dit is ‘n skynbare teenstelling. Dit is ‘n indirekte kontras. Op die oog af lyk dit na ‘n

teenstrydigheid. By nadere ondersoek ontdek die leser ‘n dieperliggende waarheid

wat daarin opgesluit is:

Stilbly is ook ‘n antwoord.

Om die waarheid te praat, moet ek lieg.

8.3.2.12 Om te weet wat ‘n cliché is

‘n Cliché is ‘n afgesaagde, holruggeryde uitdrukking of beeldspraak. Dit is iets wat

oorbekend en te veel gebruik is. Dit het sy sprankel verloor en is onoorspronklik.

8.3.2.13 Om te verstaan wat satire behels

Dit is ‘n teks waarin menslike swakhede, dwaashede, ondeugde, wantoestande of tekortkomings

bespotlik voorgestel word. Soms het dit die bedoeling om die mens tot

verbetering aan te spoor.

8.3.2.14 Om karikatuur (spot) te verstaan

Dit is die bespotlike, grappige of komiese (ook verwronge) voorstelling van iemand of

iets op so ‘n wyse dat dit onnatuurlik en belaglik voorkom. Vergelyk in dié verband

spotprente van bekendes.

8.3.2.15 Om te weet wat ‘n klimaks en ‘n antiklimaks is

By die klimaks word die leser ter wille van effek tot die hoogtepunt van ‘n reeks woorde,

voorstellings of mededelings gelei. So word spanning geskep.

Anti-klimaks is die teenoorgestelde van klimaks. In plaas van hoër te klim, is daar ‘n

daling of ontknoping. Die spanning word verlig.

71
72

8.3.2.16 Om progressie en regressie te verstaan:

a. Progressie dui op vooruitgang en ontwikkeling.

Dit is wanneer die gegewens tot ‘n hoogtepunt of klimaks oploop.

Voorbeeld: Hy het in die huis gesoek, op die werf, die hele buurt gefynkam, later tot

aan die buitewyke van die stad.

b. Regressie dui op stapsgewyse agteruitgang.

Voorbeeld: Die eens gesonde man het maer geword, so siek geword dat hy later net

vel en been was.

8.4 Die beste manier om ‘n begripstoets aan te pak

a. Lees die teks ‘n paar keer aandagtig deur sodat jy jou van die inhoud van die teks

kan vergewis.

b. Lees nou die vrae wat oor die teks gestel is aandagtig deur en omkring die kernwoorde

in die vrae.

c. Lees nou die teks weer deur en skryf die nommer van die vraag op die plek in die

teks waar die vraag van toepassing is.

skryf nie.

e. Moenie die vraag in jou antwoord herhaal nie.