28.07.2013 Views

Junie 2013 - Murraysburg

Junie 2013 - Murraysburg

Junie 2013 - Murraysburg

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Annie Slabbert vier 95 jaar

Dinsdag, 26 Maart, was ´n feesdag in Murraysburg

aangesien een van die dorp se oudste en mees

geliefde inwoners, Annie Slabbert, of tant Annie

soos sy algemeen bekend is, haar 95ste verjaarsdag

in goeie gesondheid kon vier.

Sy het sommer vroeg die oggend al die

toegeneentheid van Huis Spitskop se personeel

ervaar toe hulle haar meerstemmig toegesing het.

Daarna was dit so tussen al die oproepe deur ´n

geskarrel om die dame van die dag gereed te kry vir

die teeparty, wat ter ere van haar deur Johanna van

der Merwe, vroeër van Stellenboschvlei, aangebied

is.

Nie minder as 25 dames, van heel jonk tot self in die

neëntig, het tant Annie, mooi versorg soos altyd,

ingewag en amper met hulle goeie wense oorweldig.

Dat Annie Slabbert by jonk en oud geliefd is,

spreek boekdele vir haar warm persoonlikheid.

Elkeen geniet dit om by haar te kuier omdat sy ten

spyte van haar hoë ouderdom steeds vir ander

omgee, op hoogte van die sake van die dag is en

nooit oor die skete en kwale, wat ongenooid met die

jare kom, kla of praat nie. Natuurlik help haar

besondere humorsin haar om die minder aangename

te hanteer. Sy is waarlik geseënd om verstandelik

nog so wakker te wees!

Daar is heerlik saamgekuier, stories uit die verre

verlede opgediep en die keurige eetgoed saam met

die tee geniet. Sommige dames ken tant Annie nog

as Annie Henn, wat baie jare gelede met haar man

na Murraysburg gekom het. Hy het ongelukkig op ´n

-3-

jong ouderdom siek geword en het tant Annie hom

liefdevol versorg. Na sy oorlye het sy by die

munisipaliteit gewerk en vertel vandag nog hoe dit

hulle eer was om die gemeenskap flink te dien.

Niemand het gekla indien die diens na ure gelewer

moes word nie!

Toe sy met Chris Slabbert van Voetpad getroud is,

het sy die dorp vir die plaas verruil, maar ´n aktiewe

rol in die gemeenskap gespeel.

Al het sy nie eie kinders nie het sy in haar

broerskind, Johanna van der Merwe, meer as ´n

dogter gevind en het die twee ´n heel besondere

verhouding. Dit is vir beide wonderlik dat Johanna

nou skuins oor die straat van Huis Spitskop woon.

Mariette Slabbert, skoondogter van haar tweede

man, is ook soos ´n eie dogter. Sy het spesiaal van

Graaff-Reinet gekom en nog ´n jarelange buurvrou

en vriendin, Margaret Biggs, saamgebring.

Daar is nie ´n beter rolmodel vir met grasie oud te

word as Annie Slabbert nie! Alle Murraysburgers

wens hierdie baie spesiale dame ´n gesonde en

geseënde nuwe lewensjaar toe en sy op haar beurt

waardeer alle goeie wense opreg.

Tuinbou op Spingfontein

Die Aprilvergadering van die Tuinbouklub het by

Maryna Wallis op Springfontein plaasgevind. Ter

opening lees sy voor uit ´n gratis koerantjie, propvol

tuinwenke en interessanthede. Dit is by CMW

beskikbaar.

Dr. Rachel Hobson, ´n bekende tuinboukundige

woonagtig in Graaff-Reinet se distrik, vertel die lede

meer van baardirisse. Heel gepas, omdat irisse in

alle kleure voorkom, is die naam iris afkomstig van

die Grieks vir godin van die reënboog.

Indien hulle reeds die volgende somer moet blom, is

Oktober en November ´n goeie planttyd, maar hulle

kan ook van Maart tot Mei, wanneer die ergste

somerhitte verby is, geplant word. Alhoewel hulle

erge koue in die winter kan trotseer, benodig hulle

vanaf die laat winter tot die lente minstens 6 ure se

sonlig per dag.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!