28.07.2013 Views

Junie 2013 - Murraysburg

Junie 2013 - Murraysburg

Junie 2013 - Murraysburg

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

ervarings wanneer hy vorige ervarings met verf, kryte,

gom en klei weergee.

De Klerk het die jong ma’s aangeraai om hulle

kinders se skoolgereedheid objektief te beoordeel en

om die kind liewers later skool toe te stuur indien

hulle enigsins twyfel, aangesien dit andersins vir die

kind en sy ervaring van die skool baie nadelig kan

wees. Die graad R-opvoeder sal goeie raad kan gee

soos ook ´n opvoedkundige sielkundige.

Drukkies laat elke kind veilig en geliefd voel en laat

hom ontwikkel terwyl ´n kind, wat deur sy ouers

gedruk word om skool toe te gaan, wanneer hy nog

nie gereed is nie, gekneus word en ´n swak selfbeeld

ontwikkel.

Met hierdie vergadering het die VLV daarin geslaag

om in die behoeftes van die jonger sowel as die ouer

lede te voorsien.

VLV beleef München

By die Meivergadering het Lina van den Berg die lede

laat deel in die daaglikse lewe van die inwoners van

München. Lina en Kotie van den Berg het tydens

hulle onlangse besoek aan hulle seun, Cobus, wat as

chemiese ingenieur vir die internasionale maatskappy

LINDE in München werk, kon deel word van die

plaaslike bevolking en het München heel anders as die

gewone toeris beleef.

Hulle het weer eens onder die indruk van die

uitstekende openbare vervoerstelsel, soos oral in

Europa, gekom. Daar is afgesien van busse en trems

ondergrondse en bo-grondse treine in die

stadsgebiede, streekstreine tussen dorpe en stede en

dan natuurlik die sneltreine, wat so vinnig beweeg dat

die verbyflitsende landskap slegs ´n streep is. Alle

openbare vervoer is skoon en netjies en ALTYD

betyds. Aangesien parkeerruimte in die Europese

stede moeilik bekombaar is, gebruik almal die

openbare vervoer. Gelukkig stel ´n treinkaartjie jou in

-5

staat om ook bus en trein te ry en is afsonderlike

kaartjies nie nodig nie. Goedkoper tariewe buite

spitstye bevorder beter benutting van die treine deur

die dag.

Alhoewel die openbare vervoerstelsel oorwegend

gebruik word, het baie mense hulle eie voertuie en

koop hulle graag Duitse fabrikate soos Porché, BMW,

Mercedes en Volkswagen / Audi. Hierdie voertuie is

in vergelyking met S.A. heel bekostigbaar, in ag

genome die hoër salarisse. Die Duitsers verkies oor

die algemeen "sober" kleure soos silwergrys en swart

vir hulle voertuie, maar die sportmotors is dikwels

rooi of geel! Ou motors word nie baie gesien nie,

veral nie op die Autobahn nie, waar die gemiddelde

spoed net té hoog is.

Die mense van München hou van die buitelewe en

daar is baie parke in die stad. Die "Englischer

Garten" langs die Isarrivier ( ongeveer 300 ha) is die

bekendste en oud en jonk stap, draf, ry fiets, ski, ens.

by elke moontlike geleentheid. Die koue skrik hulle

nie af nie. Daar is binnenshuis ook uitstekende

geriewe om fiks te word en te bly. In die Ostpark

(ongeveer 60 ha groot) aangrensend aan die

woonstelgebou, waar die Van den Bergs se kinders

woon, is daar buite stap- en fietsrypaaie,

oefenapparate, speelparke, ysskaatsbaan vir die

winter, ´n rolskaatsbaan vir die somer, buite- en

binnenshuise tennisbane, buite- en binnenshuise

verwarmde swembaddens, ens. . By die Isarrivier in

die stad is daar ´n kunsmatige brander, waar die

avontuurlustiges winter en somer hulle branderryvaardighede

kan oefen.

Saamkuier in die biertuine is ´n tradisie vir die hele

gesin. Spesifiek in Oktober lok die Oktoberfest

mense van oor die hele wêreld na München. Die

biere is beslis ligter as die S.A. biere met minder gas.

Daarby word die tradisonele Weisswurst met

mosterdsous en "bretzel" geëet. Vir die niebierdrinkers

( waarvan daar min is!) , is die geurige

appelsappe ´n goeie alternatief. Tradisionele

restaurante, waar die kelners en kelnerinne jou

dikwels in tradisionele drag bedien, word ook graag

deur gesinne besoek. Wanneer vriende vir ete genooi

word, is dit meestal in ´n restaurant en word daar nie

dikwels tuis onthaal nie. Koffiekroegies met al die

dekadente soetgebak, "Torten", is baie gewild en daar

is natuurlik ook baie bierbrouerye.

Groot winkelsentrums soos ons dit in ons stede ken,

kry jy slegs aan die buitewyke van die stad, maar in

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!