28.07.2013 Views

Junie 2013 - Murraysburg

Junie 2013 - Murraysburg

Junie 2013 - Murraysburg

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Laat die kind toe om in die komposhoop en tussen

die plante na goggas te soek. So leer hulle waar

hulle bly en wat hulle eet. Bespreek met die kind

dat die goggas beheer moet word sodat hulle nie al

die groente opeet nie.

Tuinwerk moet pret wees en ouers moet toelaat

dat kinders eksperimenteer al weet hulle dat die

kind se poging dalk gaan misluk. Ouers moet nie

net antwoorde verskaf nie, maar die kind toelaat

om self uit te vind oor plante, groente en goggas.

Neem die gogga af en laat die kind op die internet

na die gogga se naam soek, waar hy woon en wat

hy eet.

Kinders hou van detail. Laat hulle self in boeke of

die internet navorsing doen oor die groente of

blomme wat hulle die volgende seisoen wil plant.

So leer hulle ongemerk van die natuur en ons

afhanklikheid daarvan. Hulle besef ook waar kos

vandaan kom en dat dit nie net op die winkelrak

"verskyn" nie.

Gee vir kinders klein takies in die tuin volgens

hulle belangstelling. Sommiges hou van in die

grond grawe terwyl ander net wil natgooi. Om

hulle belangstelling te behou, moet dit takies wees

wat vinnig afgehandel kan word.

Alle kinders hou van oes. Laat hulle vars groente

en vrugte sommer in die tuin eet. Groter kinders

kan ekstra groente vir sakgeld verkoop. So leer

kinders van harde werk en hoe alles in mekaar

skakel.

Tuinwerk leer die kind respek vir die natuur, goeie

eetgewoontes en om eienaarskap te aanvaar.

Boonop is die tyd wat ouers met hulle kinders in

die tuin werk kwaliteittyd.

Linda van denBerg

ABSA-besoek hoogtepunt

vir Huis Spitskop

´n Afvaardiging van senior ABSA-personeel van

Port Elizabeth en ook van die plaaslike tak het

Huis Spitskop op Vrydag, 24 Mei, besoek. Vir die

inwoners is dit aldus die inrigtingshoof, Ettienne

Terblanche, die hoogtepunt van die jaar omdat

hulle werklike omgee van Suzette Celliers en haar

span ervaar.

Suzette Celiers, Provinsiale Hoof van Bemarking,

en Johnny Alcock,Verkopebestuurder ABSA

Besigheidsbank, is al ou bekendes by Spitskop en

die weersiens is elke jaar aandoenlik. Natuurlik is

die ruim geskenke, wat hulle bring, uiters welkom,

maar die inwoners en personeel voel aan dat dit

nie ´n promosiefoefie is nie, maar dat van die

senior personeel van ABSA in Port Elizabeth

soveel vir hulle omgee dat hulle jaar na jaar

tydens ´n baie vol naweek tyd inruim om

persoonlik by Spitskop te kom besoek aflewer,

word raakgesien en waardeer.

Vanjaar is elke inwoner met ´n heerlik sagte

handdoekstel, toiletware en iets vir die soettand

bederf. In ´n inrigting, wat moeite het om kop bo

water te hou, is ´n nuwe dik badhanddoek

absoluut ´n luukse, veral nou in die kouer dae.

ABSA het ook met ´n geskenkie aan elke

personeellid erkenning vir hulle sorg gegee.

Aangesien die personeel dikwels as

vanselfsprekend aanvaar word, word hierdie mooi

gebaar besonder waardeer.

Maretta Theron, voorsitter van die beheerraad, wat

elke jaar saam met haar eggenoot, Jacques, die

Murraysburg Jagkompetisie vir die

Landbougenootskap reël, het namens die

Jagkompetisie aan elke inwoner lekker warm

pantoffels oorhandig. Huis Spitskop is bevoorreg

om jaarliks in die Jagkompetisie se wins te mag

deel en die pantoffels dra aan elke inwoner die

boodskap oor dat daar spesifiek vir hom of haar

omgegee word. Van die Landbougenootskap is ´n

boks energiebesparende gloeilampies ontvang,

wat beslis sal help om die energiekoste te besnoei.

Die elektroniese skaal, wat ook oorhandig is, sal

sake in die kombuis baie vir die voedselbestuurder

vergemaklik. Sonder sulke vrygewige bydraes van

buite-instansies sou Huis Spitskop nie die mas kon

opkom nie.

Ter aanvulling van Ettienne Terblanche se

bedankingswoorde het die personeel en ook die

inwoners vir die ABSA weldoeners gesing. Hulle

sang het heelwat meer as woorde gesê!

-7-

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!