13.09.2013 Views

Intestate erfopvolging - Aktepraktyk.co.za

Intestate erfopvolging - Aktepraktyk.co.za

Intestate erfopvolging - Aktepraktyk.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 12

INTESTATE ERFOPVOLGING

Wet op Intestate Erfopvolging 81 van 1987

1 Oogmerk van die wet 1

2 Basiese beginsels 2

2.1 Die gade as enigste erfgenaam 2

2.2 Afstammeling(e) as enigste erfgenaam(e) 3

2.3 Gade en afstammeling(e) as erfgename 4

2.4 Ouers as erfgename 6

2.5 Ouers en afstammeling(e) van ouers as erfgename 6

2.6 Afstammeling(e) van oorledene se ouers as erfgename 7

2.7 Afstammelinge van slegs een ouer van die oorledene 9

2.8 Ander bevoogde erfgename 9

2.9 Aangenome kinders 9

2.10 Gebore buite die eg 9

2.11 Kind aanvaar as eie kind kragtens gewoontereg 10

2.12 Afstanddoening indien langslewende gade ook geregtig

is om te erf 10

2.13 Onbevoegdheid of afstanddoening indien geen

langslewende gade 11

1 OOGMERK VAN DIE WET

1.1 Die Wet op Intestate Erfopvolging, 81 van 1987, het op 18 Maart 1988 in werking

getree. Die oogmerk daarvan is om die reg insake intestate erfopvolging opnuut te

reël.

[Februarie 2011] [Uitgawe 21]

Hoofstuk 12 - 2 Selfstudie Aktekursus - Deel 3

Abrie 1 verduidelik die oogmerk van hierdie wet soos volg: "Wanneer 'n persoon te

sterwe kom en daar is nie 'n geldige testament beskikbaar nie, of indien sy

testament of 'n gedeelte daarvan om die een of ander rede ongeldig is, word sy

boedel of die gedeelte daarvan wat nie volgens die bepalings van 'n testament

verdeel kan word nie, ooreenkomstig die beginsels van die intestate erfreg verdeel.

'n Persoon se boedel kan dus in sy geheel of gedeeltelik intestaat vererf.

Wanneer daar 'n boedel of gedeelte van 'n boedel is wat intestaat moet vererf, is

die bepalings van die Wet outomaties van toepassing. Die Wet reël in watter

verhouding sekere persone van die intestate erflater sal erf."

1.2 Gemeenregtelik is 'n persoon se bloedverwante sy aangewese erfgename. Hierdie

wet het egter die gemenereg ingrypend verander deur ook gades en aangenome

kinders tot intestate erfgename te verhef. Intestate erfgename word op die

sterfdatum van die erflater bepaal. 2

2 BASIESE BEGINSELS

"Die breë beginsels wat gevolg word is die volgende: Indien die erflater deur slegs

'n gade oorleef word, erf die gade die intestate boedel. Indien die erflater deur

slegs afstammelinge oorleef word, erf hulle die intestate boedel. Indien daar 'n

kombinasie van 'n gade en afstammelinge (kinders of kleinkinders) is, erf hulle

saam die boedel in 'n bepaalde verhouding. Indien daar geen gade of

afstammeling is nie, erf die erflater se ouers en/of hulle afstammelinge (syverwante

van die erflater) die boedel. Indien daar nie ouers of afstammelinge van ouers is

nie, erf grootouers en ander syverwante die boedel hoofdelik (per capita)." 3

2.1 Die gade as enigste erfgenaam

Indien 'n oorledene 'n gade nalaat, maar geen afstammelinge nie, erf die gade die

hele intestate boedel - (artikel 1(1)(a)).

1 Op cit., p.9.

2 Ibid.

3 Abrie, op cit, p.18.

a) Indien die oorledene en langslewende gade binne gemeenskap van

goed met mekaar getroud was, kry die gade een helfte van die boedel

weens die huwelik binne gemeenskap van goed en die ander helfte

kragtens artikel 1(1)(a) van die Wet.

b) Indien die oorledene en langslewende gade buite gemeenskap van

goed met mekaar getroud was, erf die gade die hele boedel kragtens

artikel 1(1)(a) van die Wet.

[Uitgawe 21] [Februarie 2011]

Intestate Erfopvolging Hoofstuk 18 - 3

Indien die oorledene oorleef word deur gades maar nie oorleef word deur enige

afstammelinge nie, word die boedel by „n poligame gewoonteregtelike

verbintenis gelykop tussen die gades verdeel. 4

2.2 Afstammeling(e) as enigste erfgenaam(e)

Indien 'n oorledene afstammelinge nalaat, maar geen gade nie, erf die

afstammeling(e) die hele intestate boedel - (artikel 1(1)(b)). Afstammelinge is dus

die enigste erfgename. Hulle erf staaksgewys deur representasie.

Verdeling van 'n intestate boedel onder afstammelinge vind staaksgewyse plaas en

representasie word toegelaat - (artikel 1(4)(a)). 'n Staak is 'n kind van die

oorledene, of 'n vooroorlede kind wat lewende afstammelinge nalaat. 'n Oorledene

het dus soveel stake as wat hy lewende kinders of vooroorlede kinders wat

lewende afstammelinge nalaat, het. 5

Afstammeling

25%

Gade

100%

Afstammeling

van

vooroorlede

afstammeling

een helfte van

25%

Vooroorlede

Afstammeling

25%

Oorledene

Afstammeling

van

vooroorlede

afstammeling

een helfte van

25%

Oorledene

Afstammeling

25%

Afstammeling

25%

4 Deeds Practice Manuals, p. 1-178.

[Februarie 2011] [Uitgawe 21]

Hoofstuk 12 - 4 Selfstudie Aktekursus - Deel 3

2.3 Gade en afstammeling(e) as erfgename

Indien 'n oorledene deur sowel 'n gade as afstammelinge oorleef word, erf die

gade die grootste van R125,000.00 of 'n kindsdeel van die intestate boedel -

(artikel 1(1)(c)(i)), terwyl die afstammelinge die restant (as daar is) van die intestate

boedel erf - (artikel 1(1)(c)(ii)).

Die grootste van

R125 000,00 of „n

kindsdeel =

Balans vir verdeling: R480 000,00

2.1 Artikel 2(1) van die Wet op Hervorming van Gewoonteregtelike Erfopvolging

en Regulering van Verwante Aangeleenthede, 11 van 2009, bepaal dat die

boedel of deel van die boedel van enige persoon wat aan gewoontereg

onderworpe is en wie ná 20 September 2010 sterf, en wie se boedel nie kragtens

„n testament vererf nie, kragtens Wet op Intestate Erfopvolging moet vererf,

onderhewig aan die bepalings uiteengesit in artikel 2(2).

2.2 Artikel 2(2) van Wet 11 van 2009, bepaal dat waar die oorledene oorleef word

deur „n gade sowel as afstammelinge, erf sodanige gade die grootste van

R125,000.00 of 'n kindsdeel van die intestate boedel - (artikel 2(2)(a) van Wet 11

van 2009).

Gade

R160 000

Afstammeling

(aangenome

kind)

R160 000

Oorledene

Afstammeling

(eie kind)

R160 000

5 Abrie, op cit., p.13.

[Uitgawe 21] [Februarie 2011]

Intestate Erfopvolging Hoofstuk 18 - 5

2.3 In artikel 2(2)(b) & (c) , word na twee tipes “vroue” verwys, naamlik -

a) „n vrou, (anders as „n gade van die oorledene) met wie die oorledene „n

gewoonteregtelike verbintenis in ooreenstemming met die gewoontereg

aangegaan het vir die doel om kinders vir sy gade se huis te produseer; en

b) „n vrou wie kragtens gewoontereg met die oorledene (wat ook „n vrou was)

getroud was, vir die doel om kinders vir die oorledene se huis te produseer.

Hierdie twee tipes vroue moet as afstammelinge van die oorledene geag word by

die toepassing van die Wet op Intestate Erfopvolging.

2.4 Alhoewel hierdie vroue afstammelinge is, word hulle geag “gades” te wees in die

uitleg van artikel 1 van die Wet op Intestate Erfopvolging - (artikel 3(1) van Wet 11

van 2009).

2.5 Derhalwe, waar die oorledene deur gades (en vroue) sowel as afstammelinge

oorleef word, is elke gade (en vrou) geregtig op „n kindsdeel of R125 000,00, welke

ookal die grootste is.

Die grootste van

R125 000,00 of „n

kindsdeel =

Afstammeling

R57 500

Gade

R125 000

Afstammeling

R57 500

Balans vir verdeling: R480 000,00

Oorledene

2.6 Waar die intestate boedel nie voldoende is om aan elke oorlewende gade en vrou

(na verwys in artikel 2(2)(a),(b)(c) van die Wet op Hervorming van

Gewoonteregtelike Erfopvolging en Regulering van Verwante Aangeleenthede, 11

van 2009) R125 000,00 te voorsien nie, sal die boedel gelykop tussen die gades en

vroue verdeel word - (artikel 1(1)(c) van die Wet op Intestate Erfopvolging,

saamgelees met artikel 3(2) van Wet 11 van 2009).

Afstammeling

R57 500

Gade

R125 000

Afstammeling

R57 500

[Februarie 2011] [Uitgawe 21]

Hoofstuk 12 - 6 Selfstudie Aktekursus - Deel 3

3 'n Kindsdeel word bereken deur die geldwaarde van die boedel te verdeel deur 'n

getal gelykstaande met die getal lewende kinders van die oorledene of vooroorlede

kinders wat lewende afstammelinge nalaat, plus -

een (naamlik die gade); of

die aantal gades en vroue na verwys in artikel 2(2)(a),(b) en (c) van Wet 11

van 2008

welke ookal van toepassing is - (artikel 1(4)(f), saamgelees met artikel 3(3) van

Wet 11 van 2009).

2.4 Ouers as erfgename

Indien 'n oorledene nie deur 'n gade of afstammelinge oorleef word nie, maar

oorleef word deur beide sy ouers, erf sy ouers die intestate boedel in gelyke dele -

(artikel 1(1)(d)(i)).

Vader

50%

Oorledene

2.5 Ouers en afstammeling(e) van ouers as erfgename

Indien 'n oorledene nie deur 'n gade of afstammelinge oorleef word nie -

a) maar oorleef word deur een van sy ouers, erf die oorlewende ouer een

helfte van die intestate boedel en die afstammelinge van die oorlede ouer

die ander helfte - (artikel 1(1)(d)(ii)); of

b) indien daar geen sodanige afstammelinge is nie, erf die oorlewende ouer

die hele intestate boedel - (artikel 1(1)(d)(ii)).

Moeder

50%

[Uitgawe 21] [Februarie 2011]

Intestate Erfopvolging Hoofstuk 18 - 7

Vader

50%

Oorledene

2.6 Afstammeling(e) van oorledene se ouers as erfgename

Indien 'n oorledene nie deur 'n gade of afstammeling(e) of ouers oorleef word nie,

maar oorleef word deur –

a) afstammelinge van sy oorlede moeder wat slegs deur haar aan die

oorledene verwant is, sowel as deur afstammelinge van sy oorlede vader

wat slegs deur hom aan die oorledene verwant is; of

b) afstammelinge van sy oorlede ouers wat deur beide sodanige ouers aan die

oorledene verwant is; of

c) enige van die afstammelinge in (a) en (b) hierbo,

word die intestate boedel in twee gelyke dele verdeel en erf die afstammelinge wat

deur die oorlede moeder aan die oorledene verwant is een helfte van die boedel en

erf die afstammelinge wat deur die oorlede vader aan die oorledene verwant is die

ander helfte van die boedel - (artikel 1(1)(e)(i)).

Met ander woorde: Indien albei die erflater se ouers oorlede is en die erflater ook

nie 'n gade en kinders nalaat nie, erf die vooroorlede ouers se afstammelinge

(syverwante van die erflater, m.a.w. sy/haar broers en susters), die intestate boedel

in 'n bepaalde verhouding. 6

Vooroorlede

Moeder

50%

Afstammeling

van

moeder

25%

Afstammeling

van

moeder

25%

6 Op cit. p.27.

[Februarie 2011] [Uitgawe 21]

Hoofstuk 12 - 8 Selfstudie Aktekursus - Deel 3

Afstammeling

van slegs

die vader

Een derde van

50% vanaf die

vader se kant

Vooroorlede

vader van

Oorledene

50%

Afstammeling

van vader

en moeder

Een derde van 50%

vanaf die vader se

kant en een half van

50% vanaf die

moeder se kant

Vooroorlede

moeder van

Oorledene

50%

Oorledene

Afstammeling

van vader

en moeder

Een derde van 50%

vanaf die vader se

kant en een half van

50% vanaf die

moeder se kant

[Uitgawe 21] [Februarie 2011]

Intestate Erfopvolging Hoofstuk 18 - 9

2.7 Afstammelinge van slegs een ouer van die oorledene

Waar net een van die vooroorlede ouers van die oorledene afstammelinge

(syverwante van die oorledene) nalaat, erf daardie afstammelinge die hele intestate

boedel - (artikel 1(1)(e)(ii)).

2.8 Ander bevoegde erfgename

Indien 'n oorledene nie deur 'n gade, afstammeling(e), ouers of afstammelinge van

ouers oorleef word nie, erf die ander bloedverwante van die oorledene wat die

naaste in graad aan hom/haar verwant is, die hele intestate boedel in gelyke dele -

(artikel 1(1)(f)).

2.9 Aangenome kinders

Die aangenome kind word geag die wettige kind van sy aannemende ouer te wees.

Die aangenome kind kan van sy aannemende ouers en hulle bloedverwante erf -

(artikel 1(4((e)(i)). Eweneens kan die aannemende ouer en hulle bloedverwante

van die aangenome kind erf - (artikel 1(5)).

Die aangenome kind kan egter nie van sy natuurlike ouers en hulle bloedverwante

erf nie - (artikel 1(4)(e)(ii)), en hulle kan ook nie van hom/haar erf nie - (artikel 1(5)).

„n Aangenome kind kan egter van sy natuurlike ouer erf indien hierdie ouer ook sy

aannemende ouer is of indien sy natuurlike ouer of ten tyde van die aanneming

met die aannemende ouer getroud was - (artikel 1(4)(e)(ii)).

2.10 Kinders gebore buite die eg

Buite-egtelikheid sal nie die bevoegdheid van een bloedverwant om intestaat van „n ander

bloedverwant te erf, affekteer nie - (artikel 1(2)). 7

7 Dit sal die geval wees ongeag die bepalings van enige wet, die gemenereg of die gewoontereg, maar

onderhewig aan die bepalings van die Wet op Intestate Erfopvolging en artikels 40(3) en 297 (1)(f) van die

Kinderwet 38 van 2005.

[Februarie 2011] [Uitgawe 21]

Hoofstuk 12 - 10 Selfstudie Aktekursus - Deel 3

2.11 Kind aanvaar as eie in ooreenstemming met

gewoontereg

1 „n Persoon wat nie „n afstammeling kragtens die Wet op Intestate Erfopvolging is

nie, maar wie, gedurende die leeftyd van die oorledene, deur die oorledene

kragtens gewoontereg as sy of haar eie kind aanvaar is, 8 sal geag word -

i) die afstammeling van die oorledene wat hom of haar as sy of haar eie kind

aanvaar het, te wees;

ii) nie die afstammeling te wees van sy of haar natuurlike ouer of ouers nie,

behalwe in die geval waar die natuurlike ouer ook die ouer is wat daardie

kind in ooreenstemming met die gewoontereg as sy of haar eie kind

aanvaar het of ten tyde van aanvaarding van die kind getroud was met die

ouer wat sodanige kind aanvaar het - (artikel 1(4)(eA) van die Wet op

Intestate Erfopvolging).

2 Indien „n persoon wat nie „n afstammeling kragtens die Wet op Intestate

Erfopvolging is nie, maar wat, gedurende die leeftyd van die oorledene, deur die

oorledene as sy of haar eie kind aanvaar is in ooreenstemming met die

gewoontereg 9 , en wat geag word -

die afstammeling van die oorledene te wees; of

nie die afstammeling van sy of haar natuurlike ouer te wees nie,

sal die oorledene geag word die voorouer van sodanige kind te wees; of nie die

voorouer van sodanige kind te wees nie, na gelang van die geval - (artikel 1(5A)

van die Wet op Intestate Erfopvolging). 10

2.12 Afstanddoening indien langslewende gade ook

geregtig is om te erf

Indien „n afstammeling 11 van die oorledene saam met die langslewende gade van

die oorledene, geregtig is op „n voordeel uit die intestate boedel en hierdie

8 Hierdie persoon vorm deel van die definisie van „n “afstammeling” in artikel 1(a) van die Wet op

Hervorming van Gewoonteregtelike Erfopvolging en Regulering van Verwante Aangeleenthede, 11 van

2009.

9 Hierdie persoon (kind) vorm deel van die definisie van “afstammeling” in artikel 1(a) van die Wet op

Hervorming van Gewoonteregtelike Erfopvolging en Regulering van Verwante Aangeleenthede, 11 van

2009.

10 Artikel 1(4)(eA) en 1(5A) is ingevoeg deur die Wet op Hervorming van Gewoonteregtelike Erfopvolging en

Regulering van Verwante Aangeleenthede, 11 van 2009.

[Uitgawe 21] [Februarie 2011]

Intestate Erfopvolging Hoofstuk 18 - 11

afstammeling van sy reg om sodanige voordeel te ontvang afstand doen, sal

sodanige voordeel in die langslewende gade vestig - (artikel 1(6)).

2.13 Onbevoegdheid of afstanddoening indien geen

langslewende gade

Indien „n persoon -

a) onbevoeg is om „n erfgenaam in die intestate boedel van die oorledene te

wees; of

b) van sy reg om „n erfgenaam in die intestate boedel van die oorledene te

wees, afstand doen

sal enige voordeel wat hy sou ontvang het

a) indien hy nie sodanig onbevoeg was nie; of

b) indien hy nie daarvan afstand gedoen het nie

vererf asof

a) hy nie sodanig onbevoeg was nie; of

b) hy onmiddellik voor die dood van die oorledene gesterf het - (artikel 1(7)).

Let wel dat hierdie vererwing onderhewig is aan die bepalings van artikel 1(6) soos

uiteengesit in paragraaf 2.12 hierbo.

Vraag:

A sterf op 15 April 2008 intestaat. Wie sal

bevoeg wees om te erf in die volgende gevalle

en hoe sal sy boedel verdeel word: -

1.1 hy word oorleef deur sy vrou en drie

kinders. Die huwelik was buite

gemeenskap van goed en die balans

beskikbaar vir verdeling is R335

000,00.[4]

1.2 hy was ongetroud en word oorleef deur

sy vader, twee broers en twee

susterskinders (sy suster het drie jaar

gelede gesterf). Die balans beskikbaar

vir verdeling is R300 000,00.[4]

1.3 hy was buite gemeenskap van goed

getroud en word oorleef deur sy vrou,

een kind gebore uit die huwelik, „n

aangenome kind en „n stiefkind (die

kind van sy vrou uit haar vorige

huwelik). Die balans beskikbaar vir

verdeling is R480 000,00.[4]

Antwoord 1.1: -

Die langslewende gade sal R125 000,00

ontvang.

Elke kind sal R70 000,00 ontvang.[4]

Antwoord 1.2

11 Uitgesluit „n minderjarige of geestesongestelde afstammeling.

[Februarie 2011] [Uitgawe 21]

Hoofstuk 12 - 12 Selfstudie Aktekursus - Deel 3

A se vader sal 50% van sy boedel ontvang, dit

is R150 000,00.

A se twee broers sal elk R50 000,00 erf.

Die twee kinders van A se suster sal elk

R25 000,00 erf[4]

Antwoord 1.3

Die langslewende gade sal R160 000,00 erf.

Die kind uit die huwelik met die oorledene sal

R160 000,00 erf.

Die aangenome kind sal R160 000,00 erf.[4]

Nota op vraag 1.3

Indien die partye binne gemeenskap van goed

getroud was, sal die antwoord as volg wees,

naamlik:-

Die vrou sal geregtig wees op R365 000,00 wat

bestaan uit:-

R240 000,00 (50% van die boedel as gevolg

van die gemeenskap van goed); en

R125 000,00 (die R125 000,00 is groter as „n

kindsdeel)

Die kind gebore uit die huwelik sowel as die

aangenome kind sal beide geregtig wees op

R57 500,00, synde die balans van die boedel

(R480 000,00 - R365 000,00 =

R115 000,00) gedeel deur twee. Die stiefkind

is nie geregtig op enige iets nie.

Eksamenvrae oor Hoofstuk 12

Die kort vrae wat in hierdie hoofstuk gevra is, kom uit vorige jare se eksamenvraestelle.

Vir diegene wat graag die vrae uit ou vraestelle wil nagaan, word die vrae hieronder gelys:

Bladsy 11-12

Vraag 8 (Deel 2) September 2008[12]

Ook gevra in

Vraag 11 (Deel 2) Mei 2007[12]

Vraag 2 (Deel 1) September 2001[10]

Vraag 2 (Deel 2) Mei 1998[12]

[Uitgawe 21] [Februarie 2011]

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!