05.09.2013 Views

Deel I- 2 Oordragprosedure - Aktepraktyk.co.za

Deel I- 2 Oordragprosedure - Aktepraktyk.co.za

Deel I- 2 Oordragprosedure - Aktepraktyk.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Werkstukke vir Hoofstuk 2

Totale getal punte uit hierdie hoofstuk gevra

Sep 2009 - 6

Mei 2009 - 10

Sep 2008 - 10

Mei 2008 - 0

Sep 2007 - 0

Mei 2007 - 8

Sep 2006 - 15

Mei 2006 - 0

Sep 2005 - 3

Mei 2005 - 17

Sep 2004 - 3

Oordragprosedure

Sentrum vir Aktepraktyk

Jul 2004 - 0

Sep 2003 - 0

Mei 2003 - 0

Sep 2002 - 8

Mei 2002 - 16

Sep 2001 - 0

Mei 2001 - 0

Sep 2000 - 0

Mei 2000 - 15

Sep 1999 - 0

Mei 1999 - 0

‘n Gemiddeld van 5.05 punte uit 22 vraestelle

Belang van dié hoofstuk: 1,7% van die vraestel

Paragraaf 6.4 - Versoek waarborge

Vraag 6 (Deel 1) Mei 2009 [10]

U firma ontvang opdrag om die oordrag van erf 55

Middelburg te behartig namens die Verkoper, Piet Moya,

in terme van ‘n koopkontrak aangegaan met die Koper,

Margaret Tshabalala. Die volgende is die feite:

1.1 Die koopprys beloop R1 000 000,00 (een miljoen

rand);

1.2 Die eiendom is onderhewig aan ‘n verband

geregistreer ten gunste van Best Bank Bpk;

1.3 U het opdrag ontvang om die kansellasie van die

verband te hanteer en die bank het u in kennis

gestel dat die bedrag benodig ten einde die

verband te kanselleer beloop R500 000,00

(vyfhonderd duisend rand) plus rente teen 15%

per jaar bereken op die bedrag van R480 000,00

(vierhonderd-en-tagtig duisend rand) vanaf die

10de April 2009. Die bank verlang ‘n waarborg

in diese guns vir betaling van die vermelde

bedrag, plus rente, op datum van kansellasie

van die verband;

1.4 U oordragsfooie (nie uitgawes) is betaalbaar uit

die opbrengs van die verkoop, in terme van die

koopkontrak. Die oordragsfooie beloop R11

400,00 wat BTW insluit;

1.5 Die verkoper skuld Mc Carthy Bpk R20 000,00

(twintig duisend rand) vir die balans koopprys

van sy motor. Hy het u opdrag gegee om ‘n

waarborg uit te reik vir die vermelde bedrag ten

gunste van Mc Carthy Bpk betaalbaar uit die

opbrengs van die verkoop en by registrasie van

oordrag;

1.6 Die Koper het ‘n deposito van R100 000,00

(eenhonderd duisend rand) aan u firma betaal

welke bedrag u namens haar belê het;

1.7 Die koper het ‘n lening bekom van Quick Bank

Bpk vir die balans van die koopprys welke

bedrag betaalbaar is teen registrasie van ‘n

verband oor erf 55 Middelburg. Mandla Inc het

opdrag gekry om die verband te registreer

namens Quick Bank Bpk.

1.8 Mandla Inc het bevestig dat hulle geen

ondernemings aanvaar of uitreik nie en alle

aangeleenthede wat betrekking het op finansies

hanteer moet word deur middel van waarborge

wat uitgereik word deur Quick Bank Bpk.

Stel ‘n skriftelike versoek op aan Mandla Inc waarin u

die waarborge aanvra wat benodig word om die

oordrag van die eiendom te registreer. Die versoek

moet duidelik aandui wat die bedrag van die waarborg

is, die rente betaalbaar en die voorwaardes waaronder

dit betaalbaar is. Voorsien u eie feite, waar nodig,

sonder om af te wyk van die bogemelde feite.

Hoofstuk 2 - Oordragprosedure 1

Sentrum vir Aktepraktyk - 2013

Vraag 10 (Deel 2) Mei 2007 [8]

U het opdrag ontvang om toe te sien tot die registrasie

van twee opeenvolgende transporte van dieselfde

eiendom. Stel die waarborg op en die klousules wat in ‘n

waarborg opgeneem moet word wat verband hou met

die registrasies waarteen die waarborg betaalbaar sal

wees. Maak gebruik van u eie feite.

Vraag 3 (Deel 2) September 2004 [3]

U word opdrag gegee om toe te sien tot die registrasie

van twee opeenvolgende transporte van dieselfde

eiendom. Gebruik u eie feitestelling om die klousule wat

in die waarborg ten opsigte van die registrasie waarteen

die waarborg betaalbaar is, op te stel.

Vraag 2 (Deel 2) September 2002 [8]

Lys die noodsaaklike besonderhede wat vervat moet

word in ‘n waarborg ten gunste van ‘n verbandhouer

ten einde die verbandhouer in staat te stel om toe te

stem tot die kansellering van die verband.

Vraag 13 (Deel 1) Mei 2000 [15]

John Andrews verkoop Erf 500 Palala aan Stephan

Jackson vir R200 000,00 vir welke bedrag die koper ‘n

lening verkry van ABC Bank. Daar is vasgestel dat die

volgende bedrae nog verskuldig is ingevolge die

bestaande verbande wat oor die eiendom geregistreer is,

naamlik:

(i) R90 050,00 aan XYZ Bank Beperk tesame met

rente op R90 000,00 teen 19% per jaar vanaf 1

April 2000 tot datum van betaling.

(ii) R60 000,00 aan SPEED Bank tesame met rente

daarop teen 21% per jaar, kwartaalliks vooruit

bereken vanaf 1 Maart 2000 tot die laaste dag

van die maand, van die kwartaal waarin die

verband gekanselleer word.

(iii) R30 000,00 aan REX HARRISON.

Die balans van die lening moet aan u as transportbesorger

betaal word.

13.1 Meld slegs die volle besonderhede van die

bedrae van die waarborge wat ABC Bank

Beperk moet uitreik.

13.2 Meld die transaksies, teen registrasie waarvan,

die waarborge uitbetaal sal word.

ANTWOORD -

13.1

(a) Ten gunste van XZY Bank Beperk vir die bedrag

van R90,050.00 tesame met rente op

R90,000.00 teen 19% per jaar bereken vanaf 1

April 2000 tot datum van betaling, beide datums

ingesluit.

(b) Ten gunste van Speed Bank vir die bedrag van

R60,000.00 plus rente daarop teen 'n koers van

21% per jaar, kwartaalliks vooruit bereken vanaf

1 Maart 2000 tot op die laaste dag van die

maand van die kwartaal waarin die verband

gekanselleer word.

(c) Ten gunste van Rex Harrison in die bedrag van

R30,000.00.

(d) Ten gunste van Jones en Jones vir krediet vir

die rekening van John Andrews in die som van

R19,950.00 min rente soos in (a) hierbo

uiteengesit en min rente soos in (b) hierbo

uiteengesit.

13.2

(a) Registrasie van die oordrag van Erf 500 Palala

vanaf John Andrews aan Stephan Jackson.

(b) Kansellasie van alle bestaande verbande

geregistreer oor Erf 500 Palala.

(c) Registrasie van 'n eerste verband van

R200,000.00 oor Erf 500 Palala deur Stephan

Jackson ten gunste van ABC Bank Beperk.

Paragrawe 1 - 8.1 - Ontvangs van opdrag tot

indiening van dokumente

Vraag 14 (Deel 2) September 2008 [6]

Meld die stappe wat u sal neem van die oomblik wat die

verkoper u as transportbesorger opdrag gee om toe te

sien tot die oordrag van ‘n eiendom in die naam van die

koper tot op die stadium wat u gereed is om u

dokumente in te dien vir registrasie.

Die koopooreenkoms is deur ‘n agent opgestel en reeds

onderteken. Die koper het ‘n lening verkry vir ‘n bedrag

gelyk aan die koopprys.

Ook gevra in Vraag 9 (Deel 2) Mei 1998 vir 8 punte.

ANTWOORD -

Hoofstuk 2 - Oordragprosedure 2

Sentrum vir Aktepraktyk - 2013

1. Doen 'n akte soek, kontroleer die eiendoms- en

partybeskrywings, en kyk of daar enige verband

oor die eiendom geregistreer is.

2. Vra vir persoonlike dokumente van die koper en

verkoper.

3. Versoek die titelakte en waarborgvereistes

(kansellasiesyfers) van die bestaande

verbandhouer.

4. Berei al die oordragdokumente voor en versoek

beide die koper en verkoper om dit te teken. Kry

'n deposito vir al jou kostes van die

koper/verkoper.

5. Doen aansoek vir 'n klaringsertifikaat en kry die

hereregtekwitansie. Kry die klaringsertifikaat.

6. Versoek waarborge van die transportbesorger

wat registrasie van die nuwe verband hanteer.

7. Met ontvangs van die waarborge, lewer die

waarborge aan die transportbesorger wat die

kansellasie van die bestaande verband hanteer.

8. Reël vir gelyktydige indiening met die verband en

kansellasieprokureurs. Sodra hulle gereed is,

dien in.

Paragraaf 8.3 - Gevalle waar die titelakte nie

ingedien hoef te word nie

Die onderstaande vrae het op beide hierdie hoofstuk

en hoofstuk 14, “Verbande” betrekking. Weens die

gewildheid van dié vrae word dit hier en onder

paragraaf 7.1 in die werkstuk vir hoofstuk 14, wat

handel oor verbande, aangehaal.

Vraag 3 (Deel 2) September 2009 [6]

3.1 Meld drie gevalle waar die titelakte van ‘n

eiendom wat oorgedra word, nie ingedien hoef te

word nie. [3]

3.2 ‘n Eiendom wat onder verband verbind is, moet

oorgedra word. Meld drie gevalle waar die

verband nie ingedien hoef te word vir kansellasie

nie. [3]

(Hierdie vraag het op paragraaf 7.1, hoofstuk 14,

“Verbande”, betrekking.)

Vraag 1 (Deel 2) September 2008 [4]

Lys vier uitsonderingsgevalle waar dit nie nodig is om die

titelakte van ‘n eiendom wat oorgedra word in te dien nie.

Vraag 2 (Deel 2) September 2008 [4]

Lys vier uitsonderingsgevalle waar die eiendom wat

oorgedra word met ‘n verband beswaar is en dit nie

nodig is om die verbandakte in te dien nie.

(Hierdie vraag het op paragraaf 7.1, hoofstuk 14,

“Verbande”, betrekking.)

(Sien nog vrae hieroor onder paragraaf 7.1 in die

werkstuk vir hoofstuk 14 wat handel oor verbande.)

Min of meer dieselfde vraag is gevra in -

Vraag 4 (Deel 2) September 2005 vir 6 punte.

Vraag 8 (Deel 1) Mei 1999 vir 10 punte.

Vraag 13 (Deel 1) Mei 2005 [10]

Bespreek kortliks of dit nodig is om die transportakte

en/of verbandakte wat teen die eiendom geregistreer is

in te dien in die volgende gevalle:

13.1 Oordrag van ‘n eiendom wat in eksekusie

verkoop is deur die Balju. [2]

13.2 Oordrag van ‘n eiendom wat deur die trustee in

‘n insolvente boedel verkoop is. [2]

13.3 Oordrag van ‘n eiendom wat deur die

Likwidateur van ‘n maatskappy wat nie sy skulde

kan betaal nie, verkoop is. [2]

13.4 Oordrag van ‘n eiendom onteien deur die

plaaslike munisipaliteit. [2]

13.5 Oordrag van ‘n eiendom deur die eksekuteur in

‘n bestorwe boedel waar die verbandakte verlore

geraak het. [2]

ANTWOORD -

13.1 Nee, dit is nie nodig nie. Die balju moet skriftelik

verklaar dat hy nie in staat is om die titelbewys te

verkry nie. Die verbandakte hoef ook nie

ingedien te word nie - (regulasie 51(2)).

13.2 Nee - (regulasie 51(2)).

13.3 Nee - (regulasie 51(2)).

13.4 Nee, die titelakte en die verband hoef nie

ingedien te word nie. (Sien artikel 31(1) ten

opsigte van die verband en artikel 31(2)(b) ten

opsigte van die titelakte).

Hoofstuk 2 - Oordragprosedure 3

Sentrum vir Aktepraktyk - 2013

13.5 Ja, die titelakte moet ingedien word. Indien die

verband beskikbaar is, moet dit ook vir

kansellasie ingedien word. Indien dit nie

beskikbaar is nie, moet ‘n aansoek deur die

verbandhouer kragtens regulasie 68(11)

ingedien word. (Sien hoofstuk 12, “Verlore

Akte”.)

Hoofstuk 2 - Oordragprosedure 4

Sentrum vir Aktepraktyk - 2013

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!