03.05.2013 Views

Sillabus - Aktepraktyk.co.za

Sillabus - Aktepraktyk.co.za

Sillabus - Aktepraktyk.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

1. INLEIDING

SUNNYSIDE 0132

TEL (012) 441 4600 FAKS 086 550 7098 DX 227 PRETORIA

SILLABUS VIR DIE TRANSPORTBESORGINGEKSAMEN

(2010 Uitgawe)

(Laaste bywerking Desember 2009)

MEARSSTRAAT 145

SUNNYSIDE PRETORIA

0002 POSBUS 27167

Ingevolge artikel 14(1)(e) van die Wet op Prokureurs 53 van 1979, moet die eksaminatore vir

die doeleindes van die afneem van eksamens ten opsigte van die reg, praktyk en prosedure

van transportbesorging, tevrede gestel word dat kandidate, op grond van die skriftelike en

mondelinge eksamen, die vrae aan hulle gestel, bevredigend beantwoord het en dat hulle oor

voldoende praktiese kennis van die genoemde onderwerpe beskik.

2. EKSAMENKRITERIA

Die skriftelike eksamen bestaan uit twee stelle vrae.

2.1 Eerste vraestel (08:30 - 12:45)

Die eerste vraestel is saamgestel om die kandidate se bekwaamheid, wat veral betref die

praktyk en prosedure van transportbesorging, te toets en bestaan uit vrae wat vereis dat 'n

kandidaat sodanige aktes, sertifikate, aansoeke, toestemmings, ooreenkomste en ander

dokumente moet opstel met die doel om te bepaal of die kandidate oor voldoende praktiese

kundigheid beskik. 200 punte word toegeken aan hierdie vraestel.

2.2 Tweede vraestel (14:00 - 16:15)

Die tweede vraestel, bestaan uit kort vrae. Dit is saamgestel om die kennis te toets van die

kandidate oor verskillende wette en ordonnansies, veral met verwysing na hulle toepassing op

transportbesorging. 100 punte word toegeken aan hierdie vraestel.

2.3 Slaagvereistes

Transportbesorgingeksamen Sillabus

‘n Gemiddeld van 50% in die twee skriftelike vraestelle is ‘n slaagpunt en, normaalweg, sal ‘n

kandidaat nie moet aanmeld vir ‘n mondeling nie as ‘n gemiddeld van 50% of meer behaal is

nie. Die eksaminatore het egter die reg om enige kandidaat te onderwerp aan ‘n mondeling

ten einde te bepaal of die kandidaat oor voldoende praktiese kennis van die genoemde

onderwerpe beskik. Kandidate wat nie die slaagpunt behaal in die twee skriftelike vraestelle

Bladsy 1

nie maar wel ‘n gemiddeld van 40% tot 49% behaal, druip die eksamen maar kwalifiseer vir ‘n

mondelinge eksamen. ‘n Kandidaat wat minder as 40% gemiddeld behaal, druip en moet die

eksamen weer aflê.

Die tyd toegeken aan die eerste vraestel (08:30 - 12:45) is vier ure en aan die tweede

vraestel (14:00 - 16:15) twee ure. Kandidate sal in albei vraestelle 'n bykomende 15 minute

toegelaat word om die vraestel deur te lees alvorens hulle begin skryf, om kandidate wat nie

in hul eie taal skryf nie, tegemoet te kom.

3. VEREISTES

Vir hierdie eksamen word van kandidate vereis:

3.1 om ten volle op hoogte te wees met die Wette (en hulle regulasies) wat betrekking het op

grondregistrasie in 'n aktekantoor, naamlik die Registrasie van Aktes Wet 47 van 1937 en die

Wet op Deeltitels 95 van 1986 en die toepaslike goewerments-kennisgewings, omsendbriewe

uitgevaardig deur die hoofregistrateur en provinsiale registrateurs en resolusies aanvaar by

Registrateurskonferensies. Die kandidate sal by die eerste vraestel voorsien word met die

Registrasie van Aktes Wet 47 van 1937 en die Wet op Deeltitels 95 van 1986, regulasies

daarkragtens uitgevaardig en die voorgeskrewe vorms. Daar word dus NIE van kandidate

verwag om die voorgeskrewe vorms wat voorkom in die regulasies kragtens die Registrasie

van Aktes Wet en die Wet op Deeltitels te memoriseer nie. Die voormelde wette, regulasies

en vorms sal egter nie by die tweede vraestel beskikbaar gestel word aan die kandidate nie;

en

3.2 dat hulle ten volle bewus is van die verantwoordelikhede van transportbesorgers en van die

etiese gedrag wat van transportbesorgers verwag word;

3.3 om 'n nutskennis te hê van die besondere artikels van die wette en ordonnansies wat

betrekking het op transportbesorging (d w s benewens die vermeld in par 3.1) en die

verskillende uitsprake van die Hooggeregshof en die Appèlafdeling wat daarop betrekking het,

veral die volgende:

Boedelwet, 66 van 1965 artikels 1, 35(12), 37 - 42, 49, 80 - 81 en 94.

“Civil Union Act “ 17 van 2006 – die hele wet.

Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 108 van 1996 - artikels 103 en 166.

Hooggeregshofreël no 63 - kandidate moet bewus wees van hierdie reël en ‘n begrip hê van

die reël maar dit word nie verwag dat hulle die reël uit hulle koppe ken nie.

Inkomstebelastingwet, 58 van 1962 Agtste Bylae (wat betrekking het op Belasting op

Kapitale Wins) Paragrawe 1, 44, 45, 46, 48 en 51; en Artikel 35A.

Insolvensiewet, 24 van 1936 artikels 2, 5, 17, 18, 35, 80bis, 86 - 88, 127A en 129.

Kinderwet 38 van 2005, artikels 17 tot en met 21.

Transportbesorgingeksamen Sillabus

Bladsy 2

Landbouwhoeven (Transvaal) Registratie Wet 22 van 1919 (slegs "Noordelike Provinsies"

kandidate) artikels 1, 5 en 6.

Maatskappywet, 61 van 1973 artikels 1, 29C, 29D, 35, 38, 44, 226, 228, 322, 323 en 324.

Opmetingswet, 8 van 1997 artikels 14, 20 en 38.

Skenkingsbelasting opgelê in die Inkomstebelastingwet 58 van 1962: daar word van

kandidate verwag om kennis te dra van die koers waarteen skenkingsbelasting gehef word en

welke vrystellings bestaan – artikels 54 tot en met 64.

Wet op Adverteer Langs en Toebou van Paaie, 21 van 1940 artikels 1, 7 en 11.

Wet op die Beheer van Aandeleblokke, 59 van 1980 - artikels 1, 8, 8A, 14(1) en die

bepalings van bylae 1.

Wet op Finansiële Intellegensiesentrum, 38 van 2001.

Wet op die Beheer van Trustgoed, 57 van 1988 - artikels 1, 4 en 6.

Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde, 89 van 1991 - 'n handige handleiding is The Law

Society of South Africa se publikasie, Consulta 10: "VAT for Lawyers", hoofstukke 4 en 5.

(Hierdie publikasie is beskikbaar by die Afdeling Voortgesette Regsopleiding.)

Wet op Beskermingsmaatreëls vir Behuisingverbruikers 95 van 1998 - artikels 1, 13 en 18.

Wet op Beslote Korporasies, 69 van 1984 artikels 1, 27(1), 40, 46, 52, en 55.

Wet op Beheer van Kollektiewe Beleggingskemas, 45 van 2002 artikels 52 – 61.

Wet op Eiendomsagente, 112 van 1976 artikel 32.

Wet op Formaliteite met betrekking tot Huurkontrakte van Grond, 18 van 1969 - die hele

Wet.

Wet op Hereregte, 40 van 1949 - artikels 1 - 14, 16 en 20..

Wet op Huweliksgoedere, 88 van 1984 - artikels 1, 11, 12, 14 - 16 en 22.

Wet “Immigration Act” 13 van 2002 – artikels 42 en 49.

Wet op Intestate Erfopvolging, 81 van 1987 - die hele Wet.

Wet op die Onderverdeling van Landbougrond, 70 van 1970 - die hele Wet.

Onteieningswet 63 van 1975, artikels 1, 3, 8 en 9.

Transportbesorgingeksamen Sillabus

Wet op Ontwikkelingsfasilitering, 67 van 1995 artikels 1, 36 - 38, 41, 43, 46, 55, 59 en 61-65.

Wet op die Ontwikkeling van Swart Gemeenskappe, 4 van 1984 artikels 53, 54, 56, 57 en

57B.

Bladsy 3

NOTA:

Wet op Opheffing van Beperkings, 84 van 1967 artikels 1, 2 en 6.

Wet op die Opheffing of Wysiging van Beperkinge op Onroerende Goed, 94 van 1965 -

artikels 1 en 6 - 9..

Wet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes, 51 van 1992 artikels 23 tot en met 26.

Wet op die Vervreemding van Grond, 68 van 1981 – Die hele wet.

Wet op Voogdyskap, 192 van 1993 - die hele Wet.

Wet Op Afskaffing Van Rasgebasseerde Grondreëlings, 108 van 1991 – die hele wet.

Wet op Erkenning van Gebruiklike Verbintenisse 120 van 1998, die hele wet.

Provinsiale Ordonnansies met betrekking tot plaaslike owerhede, dorpsontwikkeling,

konsolidasie en onderverdeling van erwe, heffings en kostes en verbandhoudende

aangeleenthede wat betrekking mag hê op die provinsie waar die kandidaat praktiseer.

Resolusies van Registrateurskonferensies wat ‘n invloed het op die praktyk en prosedures van

transportbesorging.

Alle regulasies uitgereik in terme van die bogemelde Wette en Ordonnansies

Kandidate moet ook die volgende wette en literatuur bestudeer en voldoende kennis daarvan hê ten

einde hulle in staat te stel om moontlike vrae te beantwoord, welke vrae egter in geheel nie meer as

10% van 'n betrokke vraestel sal tel nie, die wette synde: -

Wet op Behuisingontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone, 65 van 1988 - artikels 1-4, 6, 7 en die

Regulasies.

Wet op Minder Formele Dorpstigting, 113 van 1991 - artikels 1, 26.

Wet op Beheer van Eiendomstyddeling, 75 van 1983 - artikels 1, 4 en die Regulasies.

Wet op Herstel van Grondregte, 22 van 1994 (soos gewysig) - artikels 1, 2 en 3.

Wet op die Opgradering van Grondbesitregte, 112 van 1991 - artikel 1.

Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg 62 van 1997 - artikel 1.

Nasionale Kredietwet 34 of 2005 – die hele wet.

Transportbesorgingeksamen Sillabus

Bladsy 4

ALGEMEEN

Transportbesorgingeksamen Sillabus

Kandidate moet ‘n praktiese kennis hê van aktevervaardiging en word ten sterkste

aangeraai om die volgende te bestudeer ter voorbereiding van die eksamen:

• Registrateurskonferensiebesluite 1938-2009 (Butterworths)

• Hoofregistrateursomsendbriewe (Butterworths)

• Registrateursomsendbriewe (plaaslike aktekantore)

• Artikels en menings gepubliseer in die South African Deeds Journal (SADJ)

• Deeds Practice Manuals gepubliseer deur Juta

• Daar is ‘n mentorskapstelsel beskikbaar deur LEAD vir daardie kandidate wat

nie blootstelling kry aan praktiese aktevervaardiging nie

Bladsy 5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!