10.11.2014 Views

BOSBOU - Department of Labour

BOSBOU - Department of Labour

BOSBOU - Department of Labour

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

I . INLEIDING

Bosbou is in die meeste lande steeds een van die gevaarlikste nywerheidsektore. Wêreldwyd is daar

dikwels ontmoedigende tendense van stygende ongelukkoerse, en ‘n hoë voorkoms van beroepsiektes en

vroeë aftrede by bosbouers.

Die benutting en bestuur van bosse is so oud soos die mensdom. Aanvanklik is bosse bykans uitsluitlik

gebruik vir broodwinning: voedsel, brandhout en boumateriaal. Breedweg gesproke is daar twee soorte

bosbouposte: daardie wat verband hou met houtteelt (die kweek en bestuur van bosbome) en daardie

wat verband hou met ontginning.

• Algemene beroepsvelde in houtteelt sluit in boomplanting, bemesting, onkruid- en plaagbeheer,

asook snoei. Boomplanting is baie seisoenaal en betrek in baie lande ‘n aparte groep werkers aan wie

hierdie werksaamheid uitsluitlik opgedra word

• Die algemeenste ontginningsberoepe is die kettingsaagoperateurs (wat in tropiese bosse dikwels

ook ‘n assistent het); die wurgstrop-operateurs (wat kettings aan trekkers of oorhoofse kabels heg

vir die sleep van stamlengtes of saagblokke na die kant van die pad); helpers wat die stamlengtes of

saagblokke meet, verskuif, laai of onttak; en masjienoperateurs vir trekkers, bloklaaiers, kabelkrane,

ontginningsmasjiene en houtvervoervragmotors.

Daar is in baie lande ‘n algemene opvatting dat bosarbeid vuil, moeilik en gevaarlik is. ‘n Duisternis van

natuurlike, tegniese en organisatoriese faktore dra by tot hierdie reputasie. Bosarbeid geskied in die

buitelug. Werkers word dus blootgestel aan uiterste weersomstandighede: hitte, koue, sneeu, reën en

ultravioletstraling. Werk gaan dikwels voort in swak weer en, in gemeganiseerde bedrywe, toenemend

ook snags. Werkers word blootgestel aan natuurgevare soos gebroke terrein, modder, digte plantegroei

en verskeie biologiese middels.

Werkterreine is dikwels afgeleë, en gaan gepaard met swak kommunikasie asook redding- en

ontruimingsprobleme. In baie lande is ‘n kamplewe en lang tye van afsondering (weg van gesinne en

vriende) steeds algemeen.

2 > Gesondheid en Veiligheid in Bosbou

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!