BOSBOU - Department of Labour
BOSBOU - Department of Labour
BOSBOU - Department of Labour
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
GESONDHEID EN

VEILIGHEID IN

BOSBOU

Gesondheid en Veiligheid in Bosbou < 1
I . INLEIDING

Bosbou is in die meeste lande steeds een van die gevaarlikste nywerheidsektore. Wêreldwyd is daar

dikwels ontmoedigende tendense van stygende ongelukkoerse, en ‘n hoë voorkoms van beroepsiektes en

vroeë aftrede by bosbouers.

Die benutting en bestuur van bosse is so oud soos die mensdom. Aanvanklik is bosse bykans uitsluitlik

gebruik vir broodwinning: voedsel, brandhout en boumateriaal. Breedweg gesproke is daar twee soorte

bosbouposte: daardie wat verband hou met houtteelt (die kweek en bestuur van bosbome) en daardie

wat verband hou met ontginning.

• Algemene beroepsvelde in houtteelt sluit in boomplanting, bemesting, onkruid- en plaagbeheer,

asook snoei. Boomplanting is baie seisoenaal en betrek in baie lande ‘n aparte groep werkers aan wie

hierdie werksaamheid uitsluitlik opgedra word

• Die algemeenste ontginningsberoepe is die kettingsaagoperateurs (wat in tropiese bosse dikwels

ook ‘n assistent het); die wurgstrop-operateurs (wat kettings aan trekkers of oorhoofse kabels heg

vir die sleep van stamlengtes of saagblokke na die kant van die pad); helpers wat die stamlengtes of

saagblokke meet, verskuif, laai of onttak; en masjienoperateurs vir trekkers, bloklaaiers, kabelkrane,

ontginningsmasjiene en houtvervoervragmotors.

Daar is in baie lande ‘n algemene opvatting dat bosarbeid vuil, moeilik en gevaarlik is. ‘n Duisternis van

natuurlike, tegniese en organisatoriese faktore dra by tot hierdie reputasie. Bosarbeid geskied in die

buitelug. Werkers word dus blootgestel aan uiterste weersomstandighede: hitte, koue, sneeu, reën en

ultravioletstraling. Werk gaan dikwels voort in swak weer en, in gemeganiseerde bedrywe, toenemend

ook snags. Werkers word blootgestel aan natuurgevare soos gebroke terrein, modder, digte plantegroei

en verskeie biologiese middels.

Werkterreine is dikwels afgeleë, en gaan gepaard met swak kommunikasie asook redding- en

ontruimingsprobleme. In baie lande is ‘n kamplewe en lang tye van afsondering (weg van gesinne en

vriende) steeds algemeen.

2 > Gesondheid en Veiligheid in Bosbou
II. OOGMERK VAN DIE BOEKIE

Elke persoon wat by die bosbousektor betrokke is, het pligte en verantwoordelikhede wat betref

gesondheid en veiligheid wat duidelik in artikels 8, 13 en 14 van die Wet op Beroepsgesondheid en

Veiligheid, 1993 (Wet No. 85 van 1993), uiteengesit is om ‘n veilige en gesonde werkomgewing in die

bosbousektor te verseker. Hierdie boekie bevat riglyne om werkgewers, diegene wat selfwerksaam is en

diegene wat bosarbeid beheer te help om hulle pligte na te kom wanneer hulle by bosboubedrywighede

betrokke is.

Bosarbeid is ‘n hoërisikowerksaamheid. Die bestuurskwessies verbonde aan houtontginning, die afvoer

van hout na die kant van die pad en die vervoer daarvan na die endverbruiker is kompleks. Elke persoon,

hetsy ‘n houtkweker of -koper, ‘n kontrakteur of subkontrakteur, het ‘n rol om te speel om te verseker

dat die gesondheid en veiligheid van mense nie in gevaar gestel word nie. Wanneer kommersiële

bosbouwerksaamhede beplan en uitgevoer word, kom elkeen te staan voor ‘n aantal gesondheid- en

veiligheidstake wat aangepak moet word, soos die:-

Afhandeling van risikoberamings;

Kies van geskikte toerusting vir die taak;

Versekering van die werknemer se gesondheid en veiligheid;

Uiteensetting van veilige werkprosedures;

Versekering dat mense voldoende opgelei is; en

Toesighouding oor werk.

Bedrywighede moet gekoördineer en inligting moet heen en weer met die kontrakketting langs gestuur

word om gesondheid en veiligheid in bosbou en verbandhoudende vervoer suksesvol te bestuur.

Gesondheid en Veiligheid in Bosbou < 3
1. 1. WAT IS DIE RISIKO’S VAN BOSBOUBEDRYWIGHEDE?

Bosarbeid word gekenmerk deur handwerksaamhede wat insluit die vel van bome, aftakking,

dwarshoutsaag en ontbasting. Meganiese werksaamhede omvat die meganiese vel van bome met

houtontginningsmasjiene, en die afvoer en verwydering van stamlengtes en saagblokke. Bosarbeiders

wat bome met kettingsae vel word waarskynlik aan die grootste risiko’s in die bedryf blootgestel.

Hoërisikowerksaamhede sluit in die vel van dooie bome of bome wat op ander leun, die hantering

van bome wat deur die wind omgeruk is en opruiming na bosbrande. Boomplanters wat swaar dra aan

saailinge en in ongemaklike posisies plant, loop ook risiko’s. Plaag- en swamdoders wat vir saailinge gebruik

word, hou ook ‘n gevaar in.

Die beroepsgesondheid- en veiligheidskwessies wat dikwels met bosboubedrywighede in verband

gebring word, sluit hoofsaaklik die volgende in:

Fisiese gevare

- Klimaat

- Motorhandarbeid

- Geraas

- Vibrasie

Chemiese gevare

Biologiese gevare

Masjienveiligheid.

1.1 FISIESE GEVARE

1.1.1 Klimaat

Om in die buitelug te werk, onderworpe aan klimaatsomstandighede, is vir bosarbeiders beide positief

en negatief. Vars lug en goeie weer is goed, maar ongunstige omstandighede kan probleme veroorsaak.

4 > Gesondheid en Veiligheid in Bosbou

Werk in ‘n warm klimaat plaas druk op die bosarbeider wat met swaar werk besig is. Onder meer

verhoog die hartspoed om die liggaamstemperatuur laag te hou. Sweet beteken ‘n verlies aan

liggaamsvloeistowwe.

Harde werk in hoë temperature beteken dat ‘n werker dalk 600 ml

water per uur moet drink om die liggaamsvloeistofbalans te behou
• In ‘n koue klimaat funksioneer die spiere swak. Die risiko van muskuloskeletbeserings en ongelukke

verhoog. Daarby verhoog die energie-uitgawe wesenlik, want dit verg baie energie net om warm te

bly. Reënerige omstandighede, veral in kombinasie met koue, beteken ‘n hoër gevaar van ongelukke

omdat dit moeiliker is om gereedskap vas te hou. Dit beteken ook dat die liggaam selfs verder

afkoel.

Voldoende klere vir verskillende klimaatsomstandighede is

belangrik om die bosarbeider warm en droog te hou

• Warm klimate vereis slegs ligte klere. Dit is dan vir werkers veel eerder ‘n probleem om voldoende

beskermende klere en skoene te dra om hom of haar teen dorings, takke wat sweepslag en plante

wat jeuk of brand te beskerm.

Verblyfplekke moet oor voldoende geriewe

vir die was en droogmaak van klere beskik

1.1.2 Motorhandbosarbeid, geraas en vibrasie

• Die motorhandbosarbeider wat met handmasjiene soos kettingsae of meganiese bossiekappers

werk word aan dieselfde klimaatsomstandighede blootgestel as die handarbeider.

Dié werker het dus ‘n soortgelyke behoefte aan

voldoende klere en verblyfgeriewe

Gesondheid en Veiligheid in Bosbou < 5
• Geraas

Geraas is ‘n probleem wanneer daar met ‘n kettingsaag, ‘n meganiese bossiekapper of

soortgelyke werktuie gewerk word. Die geraaspeile van die meeste kettingsae wat gereeld

in bosarbeid gebruik word, oorskry 100 dBA. Die operateur word daagliks twee tot vyf

uur lank aan hierdie geraaspeile blootgestel. Dit is moeilik om die geraaspeile van hierdie

werktuie te verminder sonder om hulle te swaar of te ongemaklik te maak om mee te werk

Werknemers sonder gehoorbeskermers wat blootgestel word aan geraas groter of gelyk

aan 85 dBA, kan aan geraasgeïnduseerde gehoorverlies ly.

Die gebruik van gehoorbeskermers is daarom belangrik

• Hand-arm-vibrasie

Hand-arm-vibrasie is ‘n ander probleem wat deur kettingsae veroorsaak word.

Vibrasie-witvinger was ‘n groot probleem vir sommige bosarbeiders wat met kettingsae

gewerk het.

Die probleem word geminimeer deur die gebruik van

moderne kettingsae met doeltreffende vibrasiedempers

• Vibrasie van die hele liggaam

Vibrasie van die hele liggaam kan veroorsaak word deur die terrein waaroor die

bosboumasjien beweeg, die beweging van die kraan en ander bewegende dele van die

masjien, en die vibrasies weens kragtransmissie

‘n Spesifieke probleem is die skok wat die operateur opdoen wanneer die masjien ‘n

hindernis soos ‘n rots tref

Die operateurs van voertuie soos bloksleep- en blokaanrymasjiene het dikwels probleme

weens pyn in die laerug

6 > Gesondheid en Veiligheid in Bosbou

Die vibrasies verhoog ook die risiko van nek-, skouer-, arm- of handbeserings weens

herhaalde ooreising

Hoe vinniger die operateur die masjien dryf, hoe sterker die vibrasies.
• Om die effek van vibrasies te verminder kan masjinerie toegerus

word met vibrasiewerende sitplekke

• Wanneer geen ingenieursbenaderings toegepas word om die gevare te

beheer nie, is die aangewese oplossing om die gevare te verminder deur

die blootstellingstyd deur byvoorbeeld werkrotasie te verlaag

Veiligheidshelm

Veiligheidstewels

Gehoorbeskermers

Oogskerms

Veiligheidshandskoene

Beenbeskermers

Figuur 1: Persoonlike beskermende toerusting wat in bosboubedrywighede gebruik word

1.2 CHEMIESE GEVARE

1.2.1 Brandstof en olies vir draagbare werktuie

• Draagbare boswerktuie soos kettingsae, meganiese bossiekappers en mobiele eenhede is bronne

van uitlaatemissies van brandstof in saagbedrywighede

• Die draagbare werktuie wat in bosbou gebruik word, word aangedryf deur tweeslagenjins wat ‘n

mengsel van smeerolie en brandstof gebruik. Die blootstelling aan brandstof en smeer- en kettingolies

kan tydens die meng en die opvul van brandstof plaasvind asook tydens saagbedrywighede

• Brandstof hou ook ‘n brandgevaar in en sorgvuldige berging en hantering word dus vereis

• Olie-aërosols kan gesondheidsgevare veroorsaak soos irritasie van die boonste lugweg en oë en

velprobleme

• Tydens onderhoud en herstel word masjienoperateurs se hande blootgestel aan smere, hidroliese

olies en brandstofolies, wat kontakdermatitis kan veroorsaak.

Gesondheid en Veiligheid in Bosbou < 7
Om irritasie te voorkom moet die vel teen oliekontak beskerm word deur beskermende

handskoene te gebruik, die hande na gebruik te was en beskermrome aan te wend

1.1.3 Plaagdoders, onkruiddoders, kunsmisstowwe en kleurmiddels

• Plaagdoders word in bosse en boskwekerye gebruik om fungi, insekte en plaagdiere te

beheer. Onkruiddoders word in bosse gebruik om hardehoutstruike, onkruid en gras in jong

sagtehoutboomstande te beheer. Fenoksieonkruiddoders, glifosaat of triasiene word vir hierdie

doel gebruik

• Soms kan insekdoders, hoofsaaklik organofosforverbindings, organochlorinverbindings of sintetiese

piretroiëde, ook gebruik word. In boskwekerye word ditiokarbamaat gereeld gebruik om

sagtehoutboompies teen fungi of denne te beskerm

• Die risiko van blootstelling aan plaagdoders is soortgelyk aan dié tydens ander plaagdoderaanwendings.

Die simptome wat deur uitermatige blootstelling aan plaagdoders veroorsaak word, verskil

grootliks, afhangende van die verbinding wat vir aanwending gebruik word, maar veltoestande

word baie dikwels veroorsaak deur beroepsblootstelling aan plaagdoders

• Ander chemikalieë wat algemeen in bosbou gebruik word, is kleurmiddels wat vir die merk van

timmerhout gebruik word en kunsmisstowwe. Timmerhout word met ‘n merkhamer of ‘n spuitkan

gemerk. Die kleurmiddels bevat glikoleters, alkohol en ander organiese oplosmiddels, maar die

blootstellingsvlak daaraan is waarskynlik laag. Die kunsmisstowwe wat in bosbou gebruik word het

‘n lae toksisiteit en is, ten opsigte van beroepsgesondheid, selde ‘n probleem.

• Bosarbeiders moet persoonlike beskermende toerusting, bv. pette, oorpakke, stewels en

handskoene, dra om blootstelling aan plaagdoders te vermy

• Indien giftige plaagdoders aangewend word, moet ‘n asemhalingstoestel ook tydens

aanwending gebruik word. Doeltreffende persoonlike beskermende toerusting lei dikwels

tot die opbou van hitte en uitermatige sweet

• Aanwendings moet beplan word vir die koelste ure van die dag en wanneer dit nie te

winderig is nie

• Dit is ook belangrik om alle stortings onmiddellik met water te was en om nie tydens

bespuitingsbedrywighede te rook of te eet nie.

8 > Gesondheid en Veiligheid in Bosbou

1.2 BIOLOGIESE GEVARE VIR BOSBOUERS

Mense wat in die buitelug werk, veral mense in die landbou en bosbou, word vanweë die diere, plante,

bakterieë, virusse, en so meer, in ‘n groter mate blootgestel aan gesondheidsgevare as die res van die

bevolking.
1.3.1 Plante en hout

Allergiese reaksies op plante en houtprodukte (hout, baskomponente en saagstof), en veral op stuifmeel,

is baie algemeen. Beserings kan uit verwerking voortspruit, bv. vanweë dorings, stekels en bas, asook

sekondêre infeksies wat nie altyd vermy kan word nie en wat tot verdere komplikasies kan lei.

Geskikte beskermende klere is dus veral belangrik

1.3.2 Giftige slange

Giftige slangbyte is altyd ‘n mediese noodtoestand. Dit vereis korrekte diagnose en onmiddellike

behandeling. Die identifisering van die slang is deurslaggewend.

1.3.3 Bye, perdebye, wespes en miere

Die gif van insekte het baie uiteenlopende gevolge, afhangende van die steek- of bytplek. Die versigtige

verwydering van die angel uit die vel (sodat meer gif nie tydens hantering vrygestel word nie) en ‘n

koue kompres op die plek is aanbevole noodhulpmaatreëls. Die mees gevreesde komplikasie is ‘n

lewensbedreigende allergiereaksie op ‘n insekbyt.

1.4 MASJIENVEILIGHEID

Elkeen wat by bosboubedrywighede betrokke is het ‘n plig om aan die vereistes van die Regulasies oor

aangedrewe masjinerie en die Algemene regulasies oor masjinerie te voldoen.

• Algemene masjinerie moet oor die volgende beskik:

Behoorlike skutte

Geskikte rolbeskermingstrukture (ROPS), beskermingstrukture teen vallende voorwerpe

(FOPS) en beskermingstrukture vir die operateur (OPS) wat hom of haar teen skerp

voorwerpe soos takke, kabels wat breek en kettingsweepslae kan beskerm.

• Hysmasjinerie moet beskik oor:

Remme, bande, ‘n stuurmeganisme en ander beheerstelsels wat in ‘n goeie werkende

toestand is

Armkrane, grypers, kabels, koppelings, skakelings en smoorders wat ontwerp en in stand

gehou word om die vragte veilig te hanteer

‘n Maksimum vragmassa wat duidelik aangedui word.

• Alle masjinerie moet deeglik getoets word soos voorgeskryf in Die regulasies oor aangedrewe

masjinerie

• Alle masjinerie moet deur vaardige operateurs gehanteer word.

Gesondheid en Veiligheid in Bosbou < 9
2. WAT IS DIE BEGINSELS WAT IN DIE WET OP

BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID, 1993,

UITEENGESIT WORD?

Wetgewing oor beroepsgesondheid en veiligheid sit die volgende basiese beginsels in breë trekke uiteen:

Die werkgewer is hoofsaaklik verantwoordelik vir die gesondheid en die veiligheid van werknemers en

moet die nodige beskermingsmaatreëls tref

Alle werknemers moet by kwessies oor gesondheid en veiligheid betrek word

Werknemers moet ook die werkgewer se pogings steun om ‘n veilige en gesonde omgewing te

verseker

Wetgewing oor beroepsgesondheid en veiligheid word deur die Inspektoraat van die Departement

van Arbeid afgedwing.

2.1 WIE MOET BY KWESSIES OOR GESONDHEID EN VEILIGHEID IN DIE WERKPLEK BETREK

WORD?

Beroepsgesondheid en veiligheid is ‘n spanpoging

Dit moet deur beide die werkgewer en werknemers aangepak word

Dit verg deurlopende skakeling tussen die werkgewer, werknemers en die regering.

INSPEKTEURS

VAN DIE

DEPARTEMENT

WERKGEWER/

BESTUUR

MAATSKAPLIKE

DIALOOG

WERKNEMERS

10 > Gesondheid en Veiligheid in Bosbou
2.3 WAT IS DIE PLIG VAN DIE WERKGEWER?

Elke werkgewer moet in soverre dit redelikerwys prakties is ‘n werkomgewing bied en in stand hou wat

veilig en risikovry is.

Daar word van die werkgewer vereis om:-

‘n Veilige werkstelsel te bied en in stand te hou

Gevare te identifiseer en risiko’s te evalueer

Stappe te doen om alle gevare uit te skakel of te verlig voordat daar van persoonlike beskermende

toerusting gebruik gemaak word

Inligting, opleiding en toesighouding te verskaf

Die middele te voorsien vir die toepassing van veiligheidsmaatreëls

Werknemers nie toe te laat om onveilig te werk nie

Gesondheid- en veiligheidsmaatreëls by die werk af te dwing

Seker te maak dat elke persoon op die perseel die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993,

gehoorsaam

Seker te maak dat toesighouers werk-verwante veiligheidsopleiding het

Toesighouers met gesag te bemagtig.

2.3.1 WAT IS DIE PLIG VAN DIE WERKNEMER?

Die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993, sit die verantwoordelikhede van werknemers by

die werk uiteen. Elke werknemer moet:

Redelikerwys omsien na hulle eie gesondheid en veiligheid en na dié van ander wat deur hulle handelinge

en versuime geraak word

Met die werkgewer saamwerk om laasgenoemde in staat te stel om aan die Wet te voldoen

Enige regmatige opdrag uitvoer en die reëls oor gesondheid en veiligheid gehoorsaam

Enige onveilige situasie by die werkgewer of by die verteenwoordiger vir gesondheid en veiligheid

aanmeld.

Gesondheid en Veiligheid in Bosbou < 11
2.3.2 RISIKOBERAMING

Risikoberaming is die proses om die risiko’s te evalueer wat werkplekgevare vir die veiligheid en

gesondheid van werknemers inhou. Dit is ‘n stelselmatige ondersoek van alle aspekte van die werkplek.

Figuur 2: Uitbeelding van ‘n risikoberaming

IDENTIFISEER RISIKO’S

Wat kan gebeur?

Hoe kan dit gebeur?

Kommunikeer

en beraadslaag

ANALISEER RISIKO’S

Bepaal bestaande beheer

Bepaal die waarskynlikheid

Bepaal die gevolg

Bepaal die risikovlak

Moniteer

en hersien

EVALUEER RISIKO’S

NEE

Is die risiko

aanvaarbaar?

JA

HANTEER DIE RISIKO

Identifiseer hanteringsopsies

Evalueer hanteringsopsies

Werk hanteringsplanne uit

Voer planne uit

12 > Gesondheid en Veiligheid in Bosbou
2.3.3 Wat is die verband tussen risikoberaming, beroepshigiëne-monitering en

mediese opname?

Primêre voorkoming

Sekondêre voorkoming

Risikoberaming en

beroepshigiëne-monitering

(geraasopname en

lugmonitering)

Tersiêre voorkoming

Mediese opnames (voor

plasing, periodiek en by

uitgang) - (oudiometriese

toetsing, longfunksie en

X-straalfoto’s van die

borskas)

Diagnose Behandeling

Rehabilitasie van

werknemer

Gesondheid en Veiligheid in Bosbou < 13
2.3.4 Aanmelding van voorvalle en beroepsiektes

• Alle beroepsiektes en aanmeldbare voorvalle moet by die Departement van Arbeid aangemeld

word.

‘n Persoon is beseer weens gebruiker-/werkgewerbedrywighede

Beseerde persoon afwesig

weens besering aan diens:

0-13 dae

Nie-aanmeldbaar

Beseerde persoon afwesig

weens besering aan diens:

14 dae of meer

Aanhangsel 1/W.CI.2

Dood/amputasie

Stel die Departement

onmiddellik in kennis

(artikel 24)

Die werkgewer moet binne sewe dae ondersoek instel en regstellende optrede in die

voorvalleregister aanteken (Aanhangsel 1) wat vir drie jaar in die werkplek gehou word en

vir die inspekteurs beskikbaar moet wees (Algemene administratiewe regulasies - AAR 9).

Geen verslag aan die

Departement gestuur

Werkgewer/gebruiker stuur Aanhangsel 1 of

W.CI.2 aan die Departement (AAR 8: 7 dae)

Alle mediese praktisyns moet beroepsiektes binne 14 dae van diagnose

aanmeld (artikel 25). Die werkgewer moet W.CI.1 vir aanmelding gebruik.

Boetes kan opgelê word in die geval van nie-nakoming.

3. BRONNE

14 > Gesondheid en Veiligheid in Bosbou

1. International Labour Organisation (1998). Safety and health in forestry work.

2. International Labour Organisation. ILO Encyclopaedia.

3. Health and Safety Executive (1999). Managing health and safety in forestry.

4. Departement van Arbeid (1993). Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993

(Wet No. 85 van 1993).
Labour Head Office:

Telephone Number(s): (012) 309 4000 Email Address: webmaster@labour.gov.za

Provincial Offices:

Eastern Cape Provincial Office Telephone Number(s): (043) 701 3128

Free State Provincial Office Telephone Number(s): (051) 505 6200

Gauteng Provincial Office Telephone Number(s): (011) 853 0300

KwaZulu-Natal Provincial Office Telephone Number(s): (031) 366 2000

Limpopo Provincial Office Telephone Number(s): (015) 290 1744

Mpumalanga Provincial Office Telephone Number(s): (013) 655 8700

North West Provincial Office Telephone Number(s): (018) 387 8100

Northern Cape Provincial Office Telephone Number(s): (053) 838 1500

Western Cape Provincial Office Telephone Number(s): (021) 441 8000

Eastern Cape Labour Centres

Aliwal North Tel:(051) 633 2633

Butterworth Tel: (047) 491 0656

Cradock Tel: (048) 881 3010

East London Tel: (043) 702 7500

Fort Beaufort Tel: (046) 645 4686

Graaff-Reinet Tel: (049) 892 2142

Grahamstown Tel: (046) 622 2104

King William’s Town Tel: (043) 643 4756

Lusikisiki Tel: (039) 253 1996

Maclear Tel: (045) 932 1424

Mdantsane Tel: (043) 761 3151

Mount Ayliff Tel: (039) 254 0282

Mthatha Tel: (047) 501 5620

Port Elizabeth Tel: (041) 506 5000

Queenstown Tel: (045) 807 5400

Uitenhage Tel: (041) 992 4627

Gauteng Labour Centres

Alberton Tel: (011) 861 6130

Atteridgeville Tel: (012) 373 4432

Benoni Tel: (011) 747 9601

Boksburg Tel: (011) 898 3340

Brakpan Tel: (011) 744 9000

Bronkhorstspruit Tel: (013) 932 0197

Carletonville Tel: (018) 788 3281

Garankuwa Tel: (012) 702 4525

Germiston Tel: (011) 345 6300

Johannesburg Tel: (011) 223 1000

Kempton Park Tel: (011) 975 9301

Krugersdorp Tel: (011) 955 4420

Mamelodi Tel: (012) 812 9502

Nigel Tel: (011) 814 7095

Pretoria Tel: (012) 309 5063

Randburg Tel: (011) 781 8144

Randfontein Tel: (011) 693 3618

Roodepoort Tel: (011) 766 2000

Sandton Tel: (011) 444 7631

Sebokeng Tel: (016) 592 3825

Soshanguve Tel: (012) 799 6057

Soweto Tel: (011) 983 8700

Springs Tel: (011) 365 3700

Temba Tel: (012) 727 1364

Vanderbijlpark Tel: (016) 981 0280

Vereeniging Tel: (016) 430 0000

Mpumalanga Labour Centers

Barberton Tel: (013) 712 3066

Bethal Tel: (017) 647 2383

Carolina Tel: (017) 843 1077

Emalahleni (Witbank) Tel: (013) 653 3800

Eerstehoek Tel: (017) 883 2414

Ermelo Tel: (017) 819 7632

Groblersdal Tel: (013) 262 3150

Malelane Tel: (013) 790 1528

KwaMhlanga Tel: (013) 947 3173

Mashishing (Lydenburg) Tel: (013) 235 2368

Mbombela (Nelspruit) Tel: (013) 753 2844

Middelburg Tel: (013) 283 3600

Piet Retief Tel: (017) 826 1883

Sabie Tel: (013) 764 2105

Secunda Tel: (017) 631 2585

Standerton Tel: (017) 712 1351

Gesondheid en Veiligheid in Bosbou < 15
16 > Gesondheid en Veiligheid in Bosbou

Northern Cape Labour Centres

Calvinia Tel: (027) 341 1280

De Aar Tel: (053) 631 0455

Kimberley Tel: (053) 838 1500

Kuruman Tel: (053) 712 3870

Postmasburg Tel: (053) 313 0641

Springbok Tel: (027) 718 1058

Upington Tel: (054) 331 1098

Free State Labour Centres

Bethlehem Tel: (058) 303 5293

Bloemfontein Tel: (051) 411 6400

Botshabelo Tel: (051) 534 3789

Ficksburg Tel: (051) 933 2299

Harrismith Tel: (058) 623 2977

Kroonstad Tel: (056) 215 1812

Petrusburg Tel: (053) 574 0932

Phuthaditjhaba Tel: (058) 713 0373

Sasolburg Tel: (016) 970 3200

Welkom Tel: (057) 391 0200

Zastron Tel: (051) 673 1471

Kwa-Zulu Natal Labour Centres

Dundee Tel: (034) 212 3147

Durban Tel: (031) 336 1500

Estcourt Tel: (036) 342 9361

Kokstad Tel: (039) 727 2140

Ladysmith Tel: (036) 638 1900

Newcastle Tel: (034) 312 6038

Pietermaritzburg Tel: (033) 341 5300

Pinetown Tel: (031) 701 7740

Port Shepstone Tel: (039) 682 2406

Prospecton Tel: (031) 913 9700

Richards Bay Tel: (035) 780 8700

Richmond Tel: (033) 212 2768

Stanger Tel: (032) 551 4291

Ulundi Tel: (035) 879 8800

Verulam Tel: (032) 541 5600

Vryheid Tel: (034) 980 8992

Limpopo Labour Centres

Giyani Tel: (015) 812 9041

Jane Furse Tel: (013) 265 7210

Lebowakgomo Tel: (015) 633 9360

Lephalale Tel: (014) 763 2162

Makhado Tel: (015) 516 0207

Modimolle Tel: (014) 717 1046

Mokopane Tel: (015) 491 5973

Phalaborwa Tel: (015) 781 5114

Polokwane Tel: (015) 299 5000

Seshego Tel: (015) 223 7020

Thohoyandou Tel: (015) 960 1300

Tzaneen Tel: (015) 306 2600

North West Labour Centres

Brits Tel: (012) 252 3068

Christiana Tel: (053) 441 2120

Klerksdorp Tel: (018) 464 8700

Lichtenburg Tel: (018) 632 4323

Mafikeng Tel: (018) 381 1010

Mogwase Tel: (014) 555 5693

Potchefstroom Tel: (018) 297 5100

Rustenburg Tel: (014) 592 8214

Taung Tel: (053) 994 1679

Vryburg Tel: (053) 927 5221

Western Cape Labour Centres

Beaufort West Tel: (023) 414 3427

Bellville Tel: (021) 941 7000

Cape Town Tel: (021) 468 5500

George Tel: (044) 801 1200

Knysna Tel: (044) 302 6800

Mitchell’s Plain Tel: (021) 391 0591

Mossel Bay Tel: (044) 691 1140

Oudtshoorn Tel: (044) 203 6100

Paarl Tel: (021) 872 2020

Somerset West Tel: (021) 852 2535

Vredenburg Tel: (022) 715 1627

Worcester Tel: (023) 347 0152

Afrikaans, Layout and design by the Design Studio, Chief Directorate of Communication, Department of Labour, Website: www.labour.gov.za