04.05.2016 Views

VERKYKER 1/2016

OVERKRUIN SE AMPTELIKE SKOOL KOERANT

OVERKRUIN SE AMPTELIKE SKOOL KOERANT

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

REDAKTEURSBRIEF

Beste Ovies

“In elkeen van ons se harte brand ‘n vlam vir iets. Dit is ons doel in die lewe om dit te vind en aan die

brand te hou”. – Mary Lou Retton

REDAKTEURS BRIEF

2016 het aangebreek met ‘n groot geskal. Die Matriekuitslae was weereens oorweldigend goed en

Ovies is dan met reg weer as die “Beste Skool in die Noorde” gekroon! Welgedaan aan elke

Matrikulant en baie dankie vir elke onderwyser wat meer gedoen het as wat hulle moes, om te

verseker dat ons Ovies so trots kan staan! Die Chabuxyz, ons nuwe graad 8’s het die Ovie-kultuur

aangeneem en is deur die MLR 2016 op gepaste Ovie-wyse verwelkom. Hulle het klaar hul staal

gewys by die swemgala en Interhoër – welgedaan nuwe Ovies! Daar is soveel aktiwiteite wat in

Ovieland plaasvind, dat ‘n mens behoorlik hardloop om by te bly. Dit was asof 2015 net laasweek

totsiens gesê het, en hier draai ons alweer in die tweede kwartaal van 2016. Op Valentynsdag was al

die meisies heerlik verras, mnr en mej Ovie-kompetisie was ‘n reuse sukses en ons hoop julle geniet

al die mooi foto’s in hierdie uitgawe. Die puik uitslae van ons atlete wys dan ook inderdaad op die

feit dat Ovies “rock”! Dankie aan al die lede van die redaksie wat gereeld foto’s geneem het, en al die

artikels te skryf om hierdie eerste Verkyker uitgawe propvol nuus te maak. Julle is ‘n span duisend!

Ons weet hierdie kwartaal hou ‘n magdom aktiwiteite in en ‘n stewige Junie eksamen wat voorlê,

daarom bring ons vir jou hierdie staaltjie om te sê, hier is wat jy moet doen:

Eendag het al die paddatjies besluit om die groot boom uit te klim. Niemand het dit nog

ooit gemaak tot bo nie. Al die paddatjies het haastig begin op klouter, maar na ‘n rukkie het

hul moed hul begewe en hulle het gegly tot onder op die grond. Later het so baie paddatjies

terug gegly dat die ander begin skree het: “Jy gaan dit nie maak nie!” Een paddatjie het

egter geklim en geklim, hoër en hoër totdat sy maters hom nie meer kon sien nie. Toe hy

uiteindelik bo was, het hy die pragtige uitsig geniet. Toe hy na ‘n baie lang tyd weer afkom,

vra hulle of hy nie gehoor het hoe hulle hom terug roep nie. Die paddatjie het net sy kop

geskud. Hy kon geen negatiewe kommentaar hoor nie, want hy was doof.

Ons moet ons ore oophou vir die positiewe dinge in die lewe en nooit moed opgee of na negatiewe

kommentaar luister nie. Strewe na die hoogste sport en KYK VER!

Lekker lees, voorspoed met die eksamen en hou jou lyf trots Ovie!

Nadia Ayres

Redaktrise

02 VERKYKER 2016

Uitgawe 1

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!