17.09.2019 Views

KLK September 2019

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Nuusblad van

KLK Landbou Bpk

Vol 31 • September 2019

KLK

Gesprek

Key points of the report on

Land Reform and Agriculture

WHAT ARE THE key takeaways from the report by the

Presidential Advisory Panel on Land Reform and Agriculture?

In 2018, President Ramaphosa convened a panel of experts

to formulate proposals to fast track land reform and stimulate

agricultural development. Panellists were not nominated nor

did they serve to represent any constituencies. Instead, they

were chosen on the basis of their expertise and served in their

personal capacity. The report was fi nalised early in 2019 and

the Presidency made it available to the public in July 2019.

Context

It is important to note that the report contains the ideas and

recommendations of experts, but has no formal standing in

offi cial government policy. As the president exercised discretion

in appointing the panel, he is entitled to exercise discretion as to

which recommendations, if any, are adopted as government policy.

It was never the intention to outsource policy making functions to

the panel.

Whether the panel's

recommendations will

be made available for

comments or not, is

unclear. The state is

under no obligation to

request comments until

such time as the recommendations, if any, are adopted as draft

policy of the state. Not all proposals in the report require legal

amendment, but those that do will have to follow the usual route

of public consultation – in which case Agbiz and other affected

stakeholders will make use of all available avenues to provide

inputs.

Proposals

The following recommendations do not require legal amendments

but merely political will and stakeholder commitment to initiate:

• Create innovative fi nancing mechanisms.

• Create a 'land register' to house donations.

• Identify and release state land.

• Conduct a land audit.

• Subdivide land already acquired by the state.

• Provide tenure grants for certain occupiers.

• Root out corruption.

• Reallocate water rights in conjunction with land allocation.

• Finalise outstanding restitution and labour tenant claims.

• Split the budget between reforming the commercial farming

sector vis-à-vis land reform for social considerations.

In theory these proposals, if accepted by government, can be

immediately implemented. It will, however, require substantial

political will as the existing business processes of the department

will need to be adjusted.

Continues on

3

bl6

bl8

Riglyne om ’n beter luisteraar te word

Toekenningsgeleentheid

vereer uitblinkers

bl4

2 Aan die woord... KLK Gesprek

Uit die

Raadsaal

Stephen van Huyssteen

Besturende Direkteur: KLK

Marksake

Jan Schutte

Bestuurder: KLK Vleis

Algemene Jaarvergadering – 2019

KLK SE ALGEMENE Jaarvergadering het op

23 Julie 2019 plaasgevind en die bywoning (met

89,42% stemverteenwoordiging in persoon en/

of volmag) was hoog as gevolg van die Senwesbelang

van 57,63%.

Die finansiële jaarstate sowel as die gewone en

spesiale besluite is eenparig goedgekeur. ’n Dividend

van 73 sent per aandeel of R12,50 miljoen

voor inagneming van dividendbelasting van 20%,

waar van toepassing, is op 30 Augustus 2019

aan aandeelhouers uitbetaal.

Die Direksie het die terugkoopprys vir September

2019 tot November 2019 op R18,50 vasgestel.

Mnre Kobus Marais en Gert Olivier is vir ’n verdere

termyn van drie jaar tot die Direksie herkies.

Du Toit Van den Heever is heraangestel as ouditeure

vir die 2019/20-finansiële jaar. Die KLK

Oudit-en-Risikokomitee is deur die aandeelhouers

bekragtig en bestaan uit mnre JPN Stander, WSB

du Toit en GC Olivier.

Mnr Kobus Marais is as Voorsitter en mnr Pieter

Stander as Vise-Voorsitter van die Direksie herkies.

Die lede van die Menslikehulpbronkomitee,

die Sosiale-en-Etiesekomitee en Uitvoerende

komitee kan op KLK se webtuiste besigtig word.

KLK het die afgelope jaar tot Februarie 2019

onder uitdagende landbou- en ekonomiese

toestande goed presteer deur ’n verdienste van

R52,1 miljoen te behaal, wat ’n 12,5%-styging

teenoor die vorige jaar verteenwoordig.

Die Senwes-aanbod is in Junie 2019 afgehandel

met die Senwes Groep wat ’n meerderheidsbelang

in KLK verkry het.

KLK se Direksie en Bestuur is opgewonde oor die

rol wat Senwes as ankeraandeelhouer kan speel

en veral oor die potensiële strategiese sinergieë

wat tussen KLK en Senwes ontsluit kan word.

Markoorsig: Augustus 2019

SEDERT DIE VORIGE uitgawe het

daar min verandering plaasgevind wat

die rampdroogte en die bek-en-klouseer-

probleem betref. Die uitbraak is

onder beheer en beperk tot die Vhembedistrik

in die Limpopo-provinsie. Daar

is reeds aansoek gedoen by die OIE

(Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid)

vir die herstel van die groter gedeelte

van die RSA as bek-en-klouseer-vry.

Daar is egter, met die skrywe hiervan,

nog geen amptelike besluit hieroor

geneem nie. Dit moet gemeld word dat

hierdie uitbraak baie ander produksiebedrywe

ook erg negatief beïnvloed

het, soos byvoorbeeld produsente van

Swakara-pels, wat reeds sedert Januarie

se uitbraak nog geen inkomste

kon genereer nie. Die uitvoer van

die pelse word ook deur die verbod

geraak en geen verkope kon plaasvind

nie. Terselfdertyd is dit steeds kritiek

droog in die grootste gedeelte van die

KLK-bedieningsgebied, alhoewel daar

dele in die winterreënvalarea is wat

wel goeie reën gekry het.

Beesvleis het nasionaal verhandel teen

R45,54/kg vir Klas A en R37,28/kg

Pitkos vir

die siel...

Ryk of arm

“Party mense hou hul ryk, maar

het niks nie; party doen hul

arm voor, maar besit baie.”

(Spreuke 13:7)

vir Klas C soos gerapporteer in die

FNB Agri-Weekly: Livestock and Fibre

Markets van 31 Julie 2019. Pryse het

dus hoofsaaklik sywaarts beweeg gedurende

hierdie periode. Die vooruitsig

vir die volgende paar maande is dat

die slagpryse rondom dieselfde vlakke

sal verhandel, grotendeels omdat die

verbruiker se finansiële posisie swak is

en steeds verder verswak. Die nasionale

speenkalfprys is tans R27,26/kg lewendige

gewig en die vooruitskatting is dat

dit sywaarts sal beweeg.

Die gemiddelde nasionale produsen -

te prys vir Klas A2/A3-lamsvleis het

verstewig na R71,06/kg terwyl die

gemiddelde prys vir C-graad-skaap vleis

verder gedaal het na R47,36/kg. Die

gemiddelde prys vir voerlammers het

verstewig na R36,52/kg lewendige gewig

vir Merino-lammers. Die vooruitsig is dat

beide slagpryse en die pryse vir voerlammers

sywaarts behoort te beweeg vir die

volgende maande.

Bronne:

FNB: Agri-Weekly: Livestock and Fibre Markets:

31 Julie 2019

Floris Lategan

Met sulke optrede het die wysheidsleraar

van Spreuke ’n probleem

gehad: Mense wat hulle ryk hou

– of mense wat hulle arm hou.

Dit is tog snaaks hoe baie dit vir ons

saak maak wat “die mense” van ons

dink. Daarom doen ons ons anders

voor as wat ons regtig is.

Die mense moet net nie aan my

klere, huis of voertuig sien dat ek

maar min besit nie.

Dan is daar weer mense wat regtig

baie besittings het, maar nie wil

uitstaan nie. Daarom doen hulle hul

arm voor.

Ons weet dat God ons deur en deur

ken. Hy weet of ons eerlik is of nie

en Hy haat valsheid. Daarom het

dit geen sin om vals voor Hom te

probeer wees nie – ook as dit gaan

oor materiële besittings. Dit is nie ’n

sonde om ryk te wees nie, ook nie

’n skande om minder te hê nie.

Kom ons wees eerlik oor wat ons is.

Geniet dit om in jou eie unieke jywees

voor God en mense te ontspan.

September 2019

Maatskappynuus

3

Continued from

Key points of...

1

Other recommendations require amendments to the legal framework, including the

following:

• Institutional arrangements such as the creation of a land reform ombudsman.

• Create legally enforceable rights for the holders of off-register tenure rights.

• Amendments to the municipal property rates regime.

• Altering the legal framework regulating land rights on farms (ESTA).

• Clarifying the role of traditional councils and communities in natural resource

governance in communal areas.

• Expand the capacity and mandate of the Land Claims Court.

• A compensation policy for expropriation.

The latter issues require legal amendments which cannot be undertaken without

substantive public consultation, usually characterised by processes such as:

• Gazetting for public comments;

• a Nedlac process; and

• public hearings in the Portfolio Committee and Select Committee of the NCOP

where applicable.

Agbiz is well positioned to participate on each platform.

Empowering and contentious proposals

Agbiz will study the merits of each recommendation in great detail and if permitted, submit

comments on the proposals in the report. As outlined earlier, there is a strong chance that

the report will not be subject to public comments, but the recommendations that are taken

on board as offi cial government policy will be. If and when such an opportunity arises,

Agbiz will obtain mandates and submit thorough comments on each proposal.

On face value, the report contains a mixed bag of proposals – some of which are enabling

and others contentious. The contentious proposals include potential amendments to ESTA

that would make it more diffi cult to evict occupiers on commercial land, increased taxes

on unused land as well as the recommendation to amend the Constitution to allow for

expropriation without compensation. It must be noted, however, that the parliamentary

process has largely overtaken the panel's process regarding the latter point. There are also

several enabling recommendations including blended fi nance mechanisms, a land register,

tenure grants, a division of the budget, an ombudsman as well as strengthening the legal

rights for off-register tenants on communal land.

Reform to the water rights legal framework and institutional arrangements in the water

space is a related matter which Agbiz is already pursuing through parallel channels. We

have recently been approached to provide inputs as thought leaders regarding the future

of water rights in South Africa and we are currently working on proposals that will be

presented to members once the fi rst draft is fi nalised.

Article by Agbiz.

Nuwe uitdaging vir oudonderwyser

KOTIE MOUTON IS die nuwe takbestuurder van die

KLK-handelstak op Rietfontein.

Bedrywige ma neem

leiding op Keimoes

ANGELA ELLIS IS onlangs aangestel as

bestuurder van die KLK-handelstak op Keimoes.

Haar hoofdoelwit is om die tak se naam in

die gemeenskap te hervestig en die

potensiaal daarvan uit te bou.

Angela en haar gesin woon

op Upington en sy pak

soggens vroeg die 40 km van

daar na Keimoes aan. As ma

van twee woelwaters, ’n seun

van tien jaar en ’n dogter

van nege jaar, het sy

nie veel tyd tot haar

beskikking vir

stokperdjies en

ontspanning nie.

Ben nou bestuurder van

KLK-tak op Pofadder

MET ’N HELE aantal jare ervaring as takbestuurder

by verskeie landboumaatskappye,

is Ben van Staden uitgeknip vir die pos as takbestuurder

van KLK Pofadder-tak waar hy op

1 September die leisels oorneem.

Dié boorling van Klerksdorp in Noordwes sê ’n

groot uitdaging in dié pos is om die suksesvlakke

van die tak te ewenaar en te verbeter.

Ben hou van jag en hengel. Hy geniet dit ook

om boeke deur die Britse skrywer, Wilbur Smith,

kaf te draf.

Hy is die afgelope

19 jaar reeds getroud

met Tanja en hulle is

die trotse ouers van ’n

dogter in matriek en ’n

seun in graad 9.

Die gebore Namibiër en voormalige onderwyser se eerste

uitdaging is om

die voorraad in die tak by klantebehoeftes

aan te pas – en dit sal dan natuurlik in die omset

refl ekteer.

Kotie is lief vir die buitelewe en bring heelwat

van sy vrye tyd op sy plaas in die Askham-

omgewing deur. Hy is die pa van ’n seun

van 26 en ’n dogter van 21.

Jou vennoot in landbou

4 Maatskappynuus KLK Gesprek

Klimaatsvooruitsigte vir 2019/2020

EKSTREME KLIMAATSTOESTANDE IS wêreldwyd

besig om toe te neem. Gedeeltes van die sentrale tot suidoostelike

dele van die VSA het byvoorbeeld die natste jaar op rekord gehad,

met Europa wat twee agtereenvolgende hittegolwe met rekordtemperature

in Junie en Julie ondervind het. Junie 2019 was globaal die

warmste Junie ooit.

Die swak El Niño wat sedert Oktober 2018 geheers het, het eers in

die afgelope paar maande ’n redelik sterk mate van koppeling met

die atmosfeer gevind – een van die redes vir die goeie reënvalneerslae

in die winterreënvalgebied en moontlik ook bydraend tot die

swaar reën wat in die VSA voorgekom het.

Daar is sterk aanduidings dat die huidige El Niño besig is om te

verswak en die meeste voorspellings dui op ’n neutrale fase van

see-oppervlaktemperature in die Stille Oseaan vanaf die lente en

somer. Teen die einde van Julie 2019 was daar egter steeds heelwat

onsekerheid, aangesien sommige voorspellingsmodelle geneig het

na die ontwikkeling van ’n La Niña, ander na ’n swak El Niño en ’n

klomp modelle na neutraal. Meer sekerheid behoort in Augustus en

September verkry te word.

Tans is die mees waarskynlike voorspelling dat die swak El Niñotoestande

wat geheers het, besig is om verder te verswak. Dit kan in

terme van reënval oor die somerreënvalgebied beteken dat die begin

van die reënvalseisoen weer laat gaan wees, maar dit kan in die

Johan van den Berg

Santam Landbou

mid- tot laatsomer gunstige reënvaltoestande tot gevolg hê. Dit word

versterk deur die kort- tot mediumtermynvoorspellings wat redelik

gunstige reënvaltoestande oor die winterreënvalgebiede voorspel tot

ten minste die einde van September 2019. Die winterreënval moet

eers ophou voordat die somerreënval begin want die oorsprong

van winter- en somerreënval is totaal verskillend.

Winterreënval oor Suidelike Afrika word gevorm deur koue fronte

wat vanaf Antarktika noordooswaarts beweeg en die land vanaf

die suidweste nader. ’n Koue front is ’n massa koue lug wat op die

oppervlak beweeg (koue lug is swaarder as warm lug), onder die

warmer lug inbeweeg en dan die opstyging van die warm en vogtige

lug veroorsaak. Hierdie stygende lug koel dan af in die hoër luglae

van die atmosfeer en vorm reën. Daar is gewoonlik geen donderweer

betrokke nie. Wat betref somerreënvalstelsels is die vorming

van laagdrukstelsels die meganisme om vogtige lug na hoër luglae

van die atmosfeer te neem. ’n Laagdrukstelsel is stygende lug en laat

tropiese vog suidwaarts beweeg vanaf die ewenaar om die lugleegte

gelaat deur die stygende lug te vul. Hier is baie hitte-energie en

wind betrokke en somerreënvalstelsels gaan oor die algemeen

gepaard met donderweer en baie onstuimige toestande. Dus is die

voorkoms van beide somer- en winterstelsels op dieselfde tydstip

redelik ongewoon.

Van niks tot 2 000 kg

WAT 20 JAAR gelede letterlik uit niks uit ontstaan het om te help om die

boerdery-inkomste aan te vul, is vandag ’n mededingende krag in die beskuitmark.

Christa van der Merwe van die Postmasburg-omgewing vertel sy het destyds

namens iemand anders beskuit verkoop. Toe hy nie langer daarmee kon

voortgaan nie, het sy die beskuitmark begin toets deur baksels by kleuterskole

in die omgewing af te laai sodat die kleingoed dit huis toe kon neem em en sy

so terugvoer kon kry.

Vandag verskaf Bospoort-beskuit werk aan 30 mense wat almal op die

plaas woon en word meer as 2 000 kg beskuit per maand gelewer.

Daar is sewe soorte beskuit beskikbaar – by KLK-handelstakke asook ok by groot

supermarkgroepe feitlik regoor die hele land.

Persoonlike bemarking is vir Christa en haar man, Johan, besonder er belangrik en

hulle poog om een maal per jaar by al hulle afsetpunte uit te kom.

September 2019

Kuilvoer – ’n uitstekende aanvulling

Tegnies

5

KUILVOER WORD MEESTAL

in die voeding van herkouers soos vee en

wildsbokke gebruik, maar perde, varke en

renosters kan ook daarby baat. Dit is die

bekendste metode ter wêreld om ruvoer in

groot hoeveelhede te bewaar.

Soetvoersorghum soos die gehalteproduk van

Winterstorm Investments is een van die mees

algemene gewasse wat ingekuil word. Kuilvoer

kan besonder lank bewaar word – daar

is gevalle aangeteken waar dit vir meer as

20 jaar lank bewaar gebly het.

In teenstelling met hooi het kuilvoer heelwat

minder verliese met langtermynstoring

en uitvoer.

As gefermenteerde voer is kuilvoer baie

smaaklik vir alle herkouende veespesies.

Die positiewe olfaktoriese reaksie kom

Eiesoortige ekspo op Calvinia

DIE KLK-HANDELSTAK op Calvinia het einde Mei

’n unieke ekspo met die oog op die gasvryheidsbedryf in die

omgewing aangebied.

Takbestuurder Marius Burger vertel die idee het sy oorsprong gekry

in die feit dat hy gereeld in gastehuise oornag. “Ek het besef dat ons

die gasvryheidsbedryf heelwat kan bied in terme van opknapping,

gifstowwe, skoonmaakmiddels, sap en beskuit.”

Geluk, Raymond!

van die soet, vrugtige reuk en smaak van

melksuur en vlugtige vetsure soos asynsuur

en propionsuur.

Kuilvoer is ’n uitstekende aanvullende

voedingsbron, maar kan ook op sy eie as

Die ekspo is in die KLK-raadsaal gehou en verteenwoordigers van

bykans al die gastehuise op die dorp het ’n draai gemaak.

Verskaffers by die geleentheid

was Duram (verf), Nemtek

(elektrifi sering), Protek

(gif), Coopers (gif),

Magalies (sap), Bospoort

(beskuit) en Halsted

(skoonmaakmiddels).

Marius oorweeg dit om

die ekspo ’n jaarlike

instelling te maak.

RAYMOND YOUNG VAN Upington is die gelukkige wenner

van ’n Vortex Viper-teleskoop wat tydens KLK se Winterpromosie van

1 Mei tot 15 Junie op die spel was.

Aandelenuus

volledige onderhoudsvoer of aanvulling in

die veld gebruik word.

Die enigste moontlike beperking tot die

inname van kuilvoer is tydens aanpassing.

Met vee wat heeltemal vreemd vir die reuk

en smaak van kuilvoer is, kan geleidelike

aanpassing na kuilvoer binne ’n week

suksesvol gedoen word.

Daar word sterk aanbeveel dat natuurlike

veldweiding of hooi nooit heeltemal

uitgeskakel word nie, aangesien diere

steeds hul innamepotensiaal daarmee kan

bereik, veral wanneer kuilvoer beperkend

gevoer word. Waar moontlik moet ’n geba

lan seerde dieet – soos saamgestel deur ’n

dierevoedingkundige – altyd gegee word.

Inligting verskaf deur Richardt Venter,

AgSci Unlimited, kuilvoerkonsultant,

richardt@agsci.co.za/083 590 3014

Fisiese Wetenskap-opleidingsessie

GRAAD 10 TOT 12 ONDERWYSERS in die ZFMen

Namakwa-distrikte het eersdaags die geleentheid om ’n opleidingsessie

in Fisiese Wetenskap by te woon.

KLK Landbou bied volgehoue ondersteuning aan opvoedkundige

projekte in hul bedieningsgebied en die wetenskapprojek vorm

deel daarvan. Dit word van 18 tot 21 September in samewerking

met Hoërskool Upington deur mnr Andries Olivier aangebied.

Sowat 51 onderwysers sal die geleent heid bywoon.

VANAF 1 TOT 31 Mei 2019 het ’n totaal van 10 069 696

KLK-aandele verhandel op vlakke tussen R19,00 en R19,50 per

aandeel, met 2 kopers en 1 076 verkopers.

Geen aandele het gedurende Junie 2019 verhandel nie.

779 837 aandele het in Julie 2019 verhandel teen R19,50 per

aandeel, met 4 kopers en 17 verkopers.

Gideon van Zyl van KLK Upington Tak het die prys aan Raymond Young oorhandig.

Jou vennoot in landbou

6 Aktueel

KLK Gesprek

Wat doen goeie luisteraars?

Cobus Booysen

Bestuurder: Menslike Hulpbronne

’N ONLANGSE STUDIE deur die

George Washington Universiteit in Amerika

het getoon dat om goed te luister tot soveel

as 40% van ’n leier se prestasie kan bepaal.

“The word listen contains the

same letters as the word silent.”

– Alfred Brendel

Effektiewe luister is iets wat aangeleer kan

word, al vind jy dit moeilik of somtyds vervelig.

Fokus. Mense is dikwels so gefokus op wat

hulle self wil sê of hoe dit wat gesê word

hulle gaan beïnvloed, dat hulle glad nie na

die ander persoon luister nie. Fokus mag

klink na ’n eenvoudige voorstel, maar dit

is nie so maklik nie, aangesien ’n mens se

gedagtes baie maklik dwaal.

Bêre jou selfoon. Dit is onmoontlik om

effektief te luister en terselfdertyd jou foon

te monitor. Niks is meer irriterend tydens ’n

gesprek as ’n vinnige blik na jou selfoon

nie. Gesprekke is meer aangenaam en effektief

wanneer jy jou volle aandag gee aan

die persoon wat met jou praat.

Vra goeie vrae. Eenvoudige vrae sal bevestig

dat jy luister en ook dat jy omgee wat

die ander persoon te sê het. Jy sal verbaas

wees hoeveel respek en waarde ring jy daardeur

wen. Maak seker wat die bedoeling is

van wat gesê word deur vrae te vra – moenie

net probeer om die gespreks onderwerp te

verander nie.

Oefen reflektiewe luister. “Reflektiewe

luister” is ’n luisterstrategie wat gebruik word

om te verseker dat dit wat gesê word, korrek

geïnterpreteer word. Sodoende gee jy die

spreker die geleentheid om duidelikheid te

gee oor wat presies bedoel word. Moenie net

bloot woorde herhaal nie, maar gebruik jou

eie woorde om te wys jy verstaan.

Gebruik positiewe liggaamstaal.

Positiewe liggaamstaal sal mense na jou

toe aantrek. Gebruik ’n entoesiastiese

stemtoon, moenie jou arms oor jou bors

vou nie, behou oogkontak en leun in die

rigting van die spreker.

Moenie oordeel nie. Jy moet altyd met

’n oop gemoed luister, veral in die werksplek

waar dit toegang tot nuwe idees en ondersteuning

beteken. Om vooropgestelde idees

en oordeel te vermy, moet jy die wêreld deur

ander mense se oë kan sien. Jy hoef nie

noodwendig saam te stem met hulle optrede

nie, maar weerhou jou veroordeling lank

genoeg om te verstaan wat gesê word.

Hou jou mond toe. Behalwe wanneer jy

praat om seker te maak jy verstaan of ’n

relevante vraag te vra, behoort jy stil te bly

wanneer iemand anders praat. Wanneer jy

iemand in die rede val, is dit nie net slegte

maniere nie, maar ook arrogant. Dit beteken

dat jy nie moet inspring met oplossings vir

die spreker se probleme nie, al is dit menslike

natuur om ander te wil help.

Samevatting

Aktiewe, effektiewe luister is ’n vaardigheid

wat aangeleer kan word, maar dit vereis ’n

bewuste poging.

Hoofkantoor verbly babaharte

VERSKEIE WERKNEMERS VAN die KLK-hoofkantoor

het onder leiding van dié maatskappy se Feeskomitee hul deel vir

Mandela-dag gedoen.

Susan Botes, lid van die Feeskomitee, vertel dat personeel kontant,

babaklere, weggooidoeke en formulemelk bygedra het.

Dié items is aan die Jogebed-babahuis geskenk wat

besonder dankbaar daarvoor was.

Build it se bydrae help slagoffers

BUILD IT OP Upington het as deel van hul bydrae tot

Mandela-dag boumateriaal ter waarde van R7 000 aan

die plaaslike SAPD geskenk vir die oprigting van huise vir

traumaslagoffers.

Volgens die bestuurder, Johann Meyer, bestaan die skenking

hoofsaaklik uit hout, bekleding, deurrame en deure.

Die huise word in Paballelo en Rosedale opgerig.

Lekaanvullings in die winter

DIE HOOFDOEL VAN enige winteraanvulling moet wees om

voedingstowwe aan te vul wat die veld nie langer kan voorsien nie.

Sodoende word die benutting van beskikbare weiding geoptimaliseer.

Gevolglik kan gewigsverlies by teeldiere beperk word om in ’n relatiewe

goeie kondisie te kalf/lam en die moontlikheid van herkonsepsie in die

volgende seisoen te verbeter.

Die winter word op grond van die beskikbare weiding en die gehalte

daarvan in twee periodes verdeel: Vroeg- en laatwinter.

September 2019

Aktueel

7

In die vroegwinter is wintergras van lae gehalte die oorheersende

bron van beskikbare energie vir weidende diere. Wanneer die gras

volwas se begin raak, verhoog die veselinhoud en verlaag die proteïeninhoud.

Dit lei tot ’n laer inname van gras en gevolglik neem die

dier se totale energie-inname af omdat veselfraksies onsmaaklik en

moeilik verteerbaar is.

Proteïenaanvulling is een van die duurste komponente van ’n lek en

die uitdaging vir produsente is om die regte hoeveelheid proteïene

teen die laagste koste moontlik te verskaf.

Weens die herkouer se vermoë om ureum (’n nie-proteïenstikstof)

na ’n mikrobiese proteïen van hoë gehalte om te skakel, kan die

meeste van die natuurlike proteïene in veral vroeëwinterlekke met

ureum vervang word. Volgens die praktyk kan 2,5 kg swael per

50 kg ureum bygevoeg word. Die byvoeging van ’n maklik verteerba

re energiebron soos Kalori 3000 of melassemeel is verder vir die

optimale benutting van ureum nodig.

Dié onderhoudslek kan vir skape, bokke en beeste

gemeng word:

Kg/mengsel

Kg/mengsel

Grondstof Vroeëwinterlek Laatwinterlek

Mieliemeel 250 300

Oliekoek 150 300

Voergraadureum 100 100

Kimtrafos 12 Grande 100 75

Kalori 3000 50 25

Voergraadswael 5 5

Sout 350 300

Totaal 1 005 1 105

Inname (g/bees/dag) 450 - 650 500 - 600

Inname (g/skaap/dag) 80 - 120 150 - 170

Wen lekaanvullings van Yara

DRIE GELUKKIGE LESERS

kan elk die volgende wen deur ’n

maklike vraag te beantwoord:

1 x Kalori 3000 (25 kg)

1 x Ureum Voergraad (50 kg)

1 x Swael Voergraad (25 kg)

Vraag: Wat is die kenmerkende

reuk en smaak van Kalori 3000?

Stuur voltooide inskrywingsvorms aan:

Liezel Kotze, KLK Landbou Bpk,

Posbus 86, Upington, 8800; of per faks

na 086 5500 224; of per e-pos na

liezel@klk.co.za. Inskrywings sluit

30 September 2019.

Reëls

Werknemers van die KLK-groep mag nie

aan die kompetisie deelneem nie • Slegs een

inskrywing per persoon • Die wenner sal telefonies

in kennis gestel word en in die volgende

KLK Gesprek bekendgemaak word • Die prys

sal na die naaste KLK-handels tak gestuur word

en kan daar afgehaal word • Die prys kan nie

vir kontant omgeruil word nie.

Inskrywingsvorm

Naam en van: ..........................................

Adres: ......................................................

Tel: ..........................................................

Antwoord: ...............................................

Baie geluk aan Henk Flemming van

Olyfenhoudtsdrift, Upington, die gelukkige

wenner van die Stevenson-Hamiltonjagbaadjie

wat in die vorige uitgawe te

wen was.

In die laatwinter begin die beskikbare

weiding afneem. Nie alleen is die gehalte

van die weiding op ’n laagtepunt nie, maar

’n tekort aan weiding lei ook daartoe dat

vee ’n energietekort ondervind.

In dié tydperk is diere dikwels dragtig of

reeds lakterend en dit is dan noodsaaklik

om meer energie te voorsien – veral aan

reproduserende diere. Lekke vir die laatwinter

bestaan dus uit groter hoeveelhede natuurlike

proteïene en nie net ureum soos by die

vroeëwinterlekke nie.

Die belangrikheid van winterlekke moenie

onderskat word nie. Ureumgebaseerde

proteïenlekke kan vroegwinter gegee word,

maar swak veldtoestande noop produsente

dikwels om oor te skakel na lekke wat

energie en natuurlike proteïene bevat om te

verseker dat veral reproduserende diere so

min as moontlik massa verloor.

Skakel gerus vir Alina Taute by 082 322 0333

of Jaco Noëth by 079 527 2149 vir meer

besonderhede.

*Kalori 3000 is ’n gekonsentreerde melasse-oplossing. Dit

het ’n aangename smaak en reuk en kan die verteerbaarheid

van enige voer of lek waarby dit gevoeg word, verbeter.

is ’n nuusblad wat vier keer

per jaar namens KLK deur

saamgestel en uitgegee word.

NAMENS KLK LANDBOU BPK

Liezel Kotze *

054 337 6202 •

* Vir navrae oor die verspreiding van

, of adreswysigings,

kontak vir Liezel Kotze.

REDAKSIE

Jadine van Heerden

018 468 2716

Johan Smit

018 468 2716

BLADUITLEG EN DRUK

Infoworks

(uitlegkunstenaar: Joritha Hechter)

018 468 2716

your ideas can fly

Jou vennoot in landbou

8 Maatskappynuus

Uitblinkers kry eer

KLK HET IN Mei vanjaar hul jaarlikse

toekenningsgeleentheid op Upington

aangebied waartydens uitblinkertakke,

-personeel en -verskaffers vereer is.

Daar is ’n lys met beoordelingskriteria

waarvolgens takke en individue streng

gekeur word. Die eer vir die Tak van die

Jaar het aan Upington Build it gegaan.

Gesamentlik in die tweede plek was die

KLK-handelstakke op Kuruman en Calvinia.

Build it op Postmasburg het veral geskitter

en is vereer vir die Beste Ouditverslag en

ook die Beste Groei.

Groblershoop-tak het die toekenning vir

die Beste Personeelbestuur gekry, terwyl

die Kuruman-handelstak vereer is vir hul

Voorraadbestuur. Build it op Upington het

die Beste Administratiewe Bestuur getoon.

Lourens Toerien is aangewys as die Kategorie

bestuurder van die Jaar.

Wat toekennings aan verskaffers betref,

kry die Verkrygingsafdeling terugvoer van

takbestuurders in terme van die verskaffers

se ondersteuning, vernuwing en reaksietyd.

Administratiewe doeltreffendheid in die

krediteure-afdeling is ook in aanmerking

geneem in die bepaling van die wenners.

Wenners hier was soos volg: Hardeware en

Doen-dit-self – Diesel Electric; Produksiemiddels

– Macsteel; Landbou-insette – Oranjeri vier

Veevoer en Verbruikersgoedere – Halsted.

Ontvangers van die toekennings vir handel- en Build it-takke is Marius Burger (Calvinia), Johann Meyer (Build it

Upington), Wihann Oosthuizen (Groblershoop), Jan Smith (Kuruman) en Annalize Sekgoro (Build it Postmasburg).

Lourens Toerien (Kategoriebestuurder van die Jaar) saam met

Annette Lategan (Verkrygingsbestuurder).

Diesel Electric het die afdeling vir Hardeware en Doen-dit-self gewen. Hier is Annette Lategan

by Riaan Marais en Ruaan von Molendorff.

Johan Botha en Wimpie Spangenberg van Oranjerivier Veevoer het in die afdeling vir

Landbou-insette gewen. By hulle is Annette Lategan.

In die afdeling vir Produksiemiddels het die eer aan Macsteel gegaan. Hier is Maswala Garekoe

en Hennie Swarts van dié onderneming by Lourens Toerien.

Maré van den Heever en Zani Olivier (Halsted) by Chris Erasmus (Kategoriebestuurder).

Halsted het die afdeling vir Verbruikersgoedere gewen.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!