05.06.2020 Views

KLK Gesprek June 2020

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Nuusblad van

KLK Landbou Bpk

Vol 34 • Junie 2020

KLK

Gesprek

Rand kan moontlik herstel, sê kenners

DIE KUNDIGHEID VAN landbouprodusente lê in die

produksie van landboukommoditeite, maar die wisselkoers is van

kritieke belang in die produsent se winsgewendheid.

Suid-Afrika het weens ’n verskeidenheid redes een van die wispelturigste

wisselkoerse ter wêreld. Dit dra by tot die risiko wat landbouprodusente

in hierdie land se riskante omgewingsituasie met onvoorspelbare reënval

moet trotseer.

Absa se kundigheid in finansiële markte kan landbouprodusente

help om hul buitelandsevalutarisiko’s so te bestuur dat risiko tot

voordeel van wins uitgeruil kan word.

Die rand het vanjaar 28% teenoor die Amerikaanse dollar verswak

en het teen die begin van April ’n laagtepunt van R19,35 per dollar

bereik, voordat dit effens verbeter het tot waar dit tydens die skryf

van die artikel teen R18,45 per dollar verhandel het.

Hierdie swak vertoning het afgespeel teen die agtergrond van die

hoër wêreldwye risiko-afkeer wat met die Covid-19-pandemie

vereenselwig word.

Daarmee saam was daar ’n wesenlike uitvloei uit die Suid-Afrikaanse

verband- en effektemarkte, deels weens die kredietafgradering

deur beide Moody’s en Fitch. Suid-Afrika se uitsluiting uit die World

Government Bond Index (WGBI) aan die einde van April het verder ’n

rol hierin gespeel.

Daar is nogtans ’n verwagting dat die rand in die tweede helfte van

die jaar sal herstel, met die veronderstelling dat die land in staat is

om bo die Covid-19-pandemie uit te styg en tot ’n sekere mate die

Michael Keenan, Peter Worthington en Wessel Lemmer

ekonomie ná die inperkingsmaatreëls aan die gang te kry. Die redes

wat vir die moontlike herstel aangevoer word, sluit die volgende in:

Kapitale invloei

’n Aantal plaaslike batebestuurders het hul omsigtige buitelandse

beleggingstoelatings oorskry weens hierdie jaar se swak rand en ’n

waarskynlike skerper verkoop van plaaslike markte in vergelyking

met internasionale markte. Daar word gevolglik verwag dat hulle

genoodsaak sal word om oor die volgende aantal maande van hul

buitelandse beleggings te repatrieer.

Waardasies

Ons glo dat die handelsgeweegde rand vanuit ’n koopkragpariteitsperspektief

tans 17% onderwaardeer is, terwyl ons portuurmodel (wat

die geïmpliseerde billike waarde van die rand bereken, gegrond op

die hoë-opbrengs- en kommoditeitsgebaseerde geldeenhede) daarop

dui dat die rand op die oomblik teen R16,98 teen die Amerikaanse

dollar behoort te verhandel.

Huidige rekeningsbalans

Ons verwag dat die huidige tekort op die rekening aansienlik

sal verminder weens vooruitgang in Suid-Afrika se handelsterme

(hoofsaaklik uitvoerprys teenoor invoerprys), verlaagde dividenden

rentebetalings in die buiteland en invoerkompressie as gevolg

van die swak ekonomie.

Die daling in die olieprys saam met sterk edelmetaalpryse ondersteun

die afgelope jaar beter handelsvoorwaardes, terwyl aggressiewe

netto verkope van Suid-Afrikaanse verbandaktes en effekte die

afgelope kwartale koepon- en dividendverpligtinge aan buitelandse

beleggers behoort te verlaag.

Absa voorspel nou ’n surplus op die lopende rekening in die eerste

kwartaal – die eerste sedert 2003 – asook ’n tekort van slegs

0,9% vir die hele jaar. ’n Kleiner tekort op die lopende

rekening verlaag die behoefte aan ’n meer

mededingende wisselkoers.

Vervolg op

4

bl2

bl5

Bevredigende finansiële

resulte bekendgemaak

Kommunikasie en maandstate

gedurende die inperking

bl4


2 Aan die woord... KLK Gesprek

Uit die

Raadsaal

Stephen van Huyssteen

Besturende Direkteur: KLK

Marksake

Jan Schutte

Bestuurder: KLK Vleis

Finansiële resultate – 2020

Markoorsig: Mei 2020

DIE FINANSIËLE RESULTATE vir die jaar

geëindig 29 Februarie 2020 is op 29 Mei 2020

bekendgemaak. Die KLK Groep het weer eens

bevredigende resultate verklaar.

Die verdienste van R51,6 miljoen verteenwoordig

’n 1%-daling vergeleke met die vorige jaar, nadat

die rekenkundige verantwoording van IFRS 16

en ’n voorsiening vir daling in billike waarde van

Ramskop Abattoir gedoen is. Die wesensverdienste

per aandeel het vanaf 310 sent per

aandeel tot 292 sent per aandeel verminder.

SA Dorper (huide en velle) en die Brandstofafdeling

het beter as die vorige jaar presteer, terwyl

die Handelsafdeling soortgelyke resultate as laas

jaar behaal het.

Carpe Diem Raisins, die Vleis- en Lewendehaween

die Motorafdeling het ietwat swakker presteer

as gevolg van die ongunstige mark-, natuuren

ekonomiese toestande.

Die Groep se omset het met 3,1% gestyg tot

R2 545,9 miljoen, hoofsaaklik as gevolg van

die verhoogde verkope van handelsprodukte,

hoër rosynevolume en die swakker wisselkoers.

Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite was positief

met R53 miljoen, nadat netto bedryfskapitaal

met R44,7 miljoen toegeneem het en belasting

van R26,8 miljoen betaal is. Vaste bates van

R50,6 miljoen is aangekoop en dividende van

R20,1 miljoen is betaal. Die kontantposisie

van die Groep het met R5,4 miljoen verswak

tot R57,7 miljoen.

Die Direksie verwag dat die Covid-19-pandemie

tesame met die voortslepende droogte

tot uitdagende landbou- en handelstoestande

aanleiding sal gee en ’n wesenlike impak op

die resultate van die komende jaar mag hê.

Herstrukturering in sekere afdelings en ’n verskerpte

fokus op koste- en margebestuur asook

risikobestuur sal nodig wees om die impak van

Covid-19 op KLK se bedrywe te versag.

In die lig van bogenoemde onsekerhede het

die Direksie besluit om die dividend op te skort.

Gedurende die Algemene Jaarvergadering van

aandeelhouers, wat op Dinsdag 21 Julie 2020

by KLK se hoofkantoor gehou sal word, sal meer

duidelikheid gegee word insake die impak van

Covid-19 op KLK se onderskeie bedrywe en

besigheidseenhede.

DIE UITBREKING VAN die wêreldwye

Covid-19-pandemie, die instel van

die beheermaatreëls om die verspreiding

daarvan te probeer beperk en die

steeds verswakkende prestasie van die

Suid-Afrikaanse ekonomie plaas ’n demper

op die vooruitsigte vir die res van

die jaar. Daar is maatskappye wat onder

groot finansiële druk verkeer – of hulle

nou kon besigheid doen tydens die

Covid-19-inperkings al dan nie. Verbruikers

is onder druk vanweë die verswakkende

ekonomie, maar ook omdat hulle

nie vol salarisse ontvang het tydens

die inperking nie – en so kan die lys

aangaan. Verder het die reënseisoen

nie vir alle produsen te in die KLK-bedieningsgebied

die no di ge verligting van

die knypende droogte verskaf waarop

gehoop is nie.

Beesvleismarktendense

Beesvleis het nasionaal verhandel teen

R46,63/kg vir Klas A en R38,81/kg

vir Klas C op 28 April soos gerapporteer

in die FNB Agri-Weekly van

28 April 2020 en het verswak teen die

pryse wat vroeër in die jaar behaal is.

Die vooruitsig is dat die slagpryse op

dieselfde vlakke of laer mag verhandel,

Pitkos vir

die siel...

Uitdagende toekoms!

“Ons verheug ons ook in die

swaarkry, want ons weet: Swaarkry

kweek volharding, en volharding

kweek egtheid van geloof, en

egtheid van geloof kweek hoop.”

(Romeine 5:3 - 4)

UITERAARD HET ONS die afgelope

ruk iets vreemds en buitengewoon

ervaar – iets wat ons dalk nooit

sal vergeet nie. Van nature hou ons nie

van swaarkry nie, veral nie as dit seer

veroorsaak nie.

wat grotendeels gebaseer word op die

laer aanvraag. Die nasionale speenkalfpryse

was op 28 April op R25,89/kg

lewendige gewig en behoort te verstewig

vanaf hierdie lae basis.

Skaapvleismarktendense

Die nasionale produsenteprys vir

Klas A2/A3-lamsvleis op 28 April was

R74,65/kg, terwyl die prys vir C-graadskaapvleis

R51,86/kg was. Die prys vir

voerlammers het afgeneem en was op

28 April R31,52/kg lewendige gewig

vir Merino-lammers. Die vooruitsig is

dat die slagpryse steeds matig sal toeneem,

gebaseer op die lae beskikbaarheid

van slagdiere, maar dat die swak

ekonomie en Covid-19 die opwaartse

beweging sal temper. Die pryse vir

voerlammers be hoort rondom dieselfde

vlakke te fluktueer.

Covid-19 se uiteindelike invloed op

pryse is nog grootliks onbekend en

die pandemie kan die beweging van

pryse van bees-, skaap- en lamsvleis

drasties beïnvloed.

Bronne:

FNB Agri-Weekly: Livestock and Fibre Markets 28 April 2020

Floris Lategan

Dit vorm weer geloof, wat uiteindelik

hoop kweek. Mag hierdie ’n tyd wees

waarin ons uitdagings en geleenthede

sien om te volhard en geestelik te

groei. So word karakter in ons gevorm.

Dit is juis wat die wêreld nou nodig

het – mense met ruggraat en mense

met karakter.

Kom ons pak die toekoms aan

met geloof en hoop, in die wete

dat ons ’n almagtige en heilige

God aanbid.

Die Bybel sê dat wanneer ons

swaarkry, leer ons om te volhard.

Mag ons met ons lewens ’n storie

van hoop skryf.


Junie 2020

Maatskappynuus

3

Groot dinge aan die gang

by tak in Kathu

RUAN SWART IS sedert 1 Maart vanjaar die nuwe takbestuurder

by Build it Kathu.

Hy beskik oor uitgebreide ervaring in dié bedryf. Ruan het die afgelo pe

15 jaar sy eie hardeware-onderneming ng in Wolmaransstad gehad en

het voorheen ook by twee landboumaatskappye atskappye gewerk.

Klante kan na groot dinge by die Kathu-tak

uitsien – benewens nuwe items wat by die

bestaande produkreeks gevoeg word, is

uitbreidings ook in die vooruitsig.

Ruan sê skertsend dat hy nog aan die son

en versengende hitte van die Noord-Kaap ap

gewoond moet raak. Sy vrou, Hilda, en

drie kinders – Simoné (sewe), Ruben

(vyf) en Su-Marie (drie) – woon nog in

Wolmaransstad tot hul huis verkoop word.

Hy is ’n kranige skut, wat graag jag en aan

praktiese pistool- en boogskiet deelneem.

Vele planne vir

Groblershoop-tak

HANNO VAN LILLE is sedert 1 April aan die stuur van sake

by KLK se Groblershoop-tak.

Na sy grootwordjare in Brackenfell, het Hanno aan Hoërskool

Bellville gematrikuleer en daarna in ’n bemarkingsrigting by Boland

Kollege in Stellenbosch studeer.

Voor sy koms na KLK het Hanno onder meer by ’n gimnasiumgroep,

’n lodge asook ’n besproeiingsplaas gewerk.

Hanno het by KLK begin toe die nasionale inperking in volle swang

was en hy is van mening dat dié stiller tyd hom die geleent heid

gebied het om sy voete te vind. Hy het heelwat

doelwitte vir die tak, wat groter mede dingend

heid, gebruikersvriendelikheid en meer

toeganklikheid insluit.

“Jag, jag en nogmaals jag!” is sy

stokperdjie, vertel Hanno gemoedelik.

Hy laai ook sy eie ammunisie en het ’n

beesboerdery op sy skoonpa se plaas in

die omgewing.

Hy is twee jaar gelede met Jessica, ’n

Groblershoper, getroud. Hulle

beplan om eers die wêreld

te verken voordat hulle met

’n gesin begin.

Daniëlskuil toon potensiaal

NUUT IN DIE bestuurderstoel by KLK se handelstak in

Daniëlskuil, is Rudolph Theunissen.

Rudolph het in Leeudoringstad grootgeword en het na skool by

’n landboumaatskappy begin werk. Vandaar het sy loopbaan

vlerke gekry en hy het selfs vir twee jaar in Dubai gewerk – tot

die Suid-Afrikaanse bloed in sy are hom

teruggeroep het.

Die afgelope twee jaar het hy as

winkel- en stoorbestuurder by ’n

landboumaatskappy in Boshoff

gewerk, waar sy verloofde, Zandri,

’n onderwyseres is.

Rudolph meen die Daniëlskuil-tak het

besondere potensiaal vir uitbreiding

en hy sien daarna uit om saam

met die span personeellede

te werk.

Hy bring die grootste deel

van sy vrye tyd saam met

Zandri deur. Die paartjie

is veral lief daarvoor om te

braai en die natuur saam

te geniet.

Hy beoog tiptop diens

by Postmasburg

WIHANN OOSTHUIZEN, VOORMALIGE takbestuurder

in Groblershoop, is onlangs as bestuurder by KLK se

handelstak in Postmasburg aangestel.

“’n Sirkel is nou voltooi,” sê Wihann, ’n boorling van die omgewing.

“Ek is terug waar ek grootgeword het.”

Die Postmasburg-tak is groter as die een in Groblershoop,

waar Wihann vir twee jaar aan die stuur van sake was. Dit bied

gevolglik meer uitdagings.

Wihann het ten doel om klantediens tot ’n vlak van uitnemendheid

te lig en daarbenewens die personeel tot hoër hoogtes

aan te voer.

“Postmasburg bied meer groeigeleenthede

– in die tak asook in die gemeenskap.”

Die feit dat hy die gemeenskap ken, strek

verder tot sy voordeel.

Wihann beskryf homself as ’n naweekboer.

Hy het ’n plaas in die Olifants hoekomgewing,

waar hy met beeste

en skape boer.

Hy is getroud met Elzet,

’n onderwyseres.

Jou Vennoot Betroubaar Innoverend


4 Aktueel

KLK Gesprek

Moenie winterentings oorslaan nie

MET DIE KOMS van die koue en kapok is al hoe minder

parasiete op diere te sien en vergeet ons maklik om te fokus

op dieregesondheid. Die winter is egter ’n uiters belangrike

tydperk in die produksiesiklus van plaasdiere.

Koeie sowel as ooie is gedurende die wintertydperk dragtig

en daar moet seker gemaak word dat hulle reg voorberei

WEN!

Drie gelukkige lesers kan elk gelukspryse van

MSD Dieregesondheid losslaan deur slegs die

woord dieregesondheid te SMS na 49711.

word vir wanneer hulle in die lente gaan kalf of lam. Benut dus die

wintertydperk om hulle al die entings te gee wat van belang sal wees

vir die nuut gebore kalf of lam se gesondheid.

Nie koeie of ooie dra enige immuniteit na die fetus in die baarmoeder

oor nie en alle beskerming vind na geboorte deur middel van biesmelk

plaas. Om optimale vlakke van beskerming in die biesmelk te verseker,

moet die koei of ooi in die laaste trimester van dragtigheid geënt word

– niks later as drie weke voor die beplande kalf- of lamdatum nie.

Hierdie entings in die dragtige periode verseker hoë vlakke van

teenliggame in die biesmelk.

Moet ook nie van die bulle en ramme vergeet nie. Gebruik die winter

om na hulle om te sien, aangesien dit die perfekte tyd is om enige

prosedures uit te voer voordat vrugbaarheidstoetse gedoen moet word.

Enige lewende entstowwe moet agt weke voor vrugbaarheidstoetse

toegedien word, sodat daar geen invloed op die spermselle is nie.

Rand kan moontlik herstel, sê kenners

Vervolg van 1

Handel

Ons glo dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank waarskynlik nie die

beleidskoers sal verlaag tot die omvang wat tans in die mark geprys

word nie, wat tesame met ’n verlaging in die globale wisselvalligheidsvlakke

die rand se aantrekkingskrag behoort te versterk.

Gegewe bogemelde redes, voorspel Absa dat die rand teen die einde

van Junie teen R18 tot die Amerikaanse dollar en teen die einde van

2020 teen R16,40 sal verhandel.

Risiko’s

In die eerste plek is wêreldbeleggers gewoonlik versigtig vir risiko’s.

Enige vars golf van risiko-afkeer weens die eskalering van die VSA/

China-handelsoorlog of Covid-19-vrese, kan die rand langer swakker

hou. So byvoorbeeld mag die Trump-administrasie weerwraak

teen China probeer neem in reaksie op die wêreldwye pandemie wat

sy oorsprong in Wuhan gehad het. Een manier om dit te reg te kry, is

om tariewe op Chinese invoere na die VSA verder te verhoog.

Tweedens, met dié dat die Suid-Afrikaanse regering $2,4 biljoen by

die Internasionale Monetêre Fonds en $1 biljoen van die Nuwe

Ontwikkelingsbank wil leen, kan die rand gouer as verwag begin

herstel – mits hierdie leningsooreenkomste vinnig aanvaar word

en die Nasionale Tesourie die multilaterale finansiering binne die

volgende paar maande in rand omskakel.

Aanbeveling

As gevolg van Suid-Afrika se oop ekonomie, speel die waarde van

die rand ’n uiters belangrike rol in die opbrengs wat die produsent

aan die einde van ’n uitvoerseisoen tot geld maak. Dit is nie slegs

waar vir produsente wat uitvoer nie. Die waarde van die rand bepaal

die prys van die meerderheid plaaslike landbouprodukte, om nie te

praat van die pryse van produksie-insette nie.

Die suksesvolle bestuur van ’n landbouprodusent se buitelandsevalutarekening

asook sy blootstelling aan wisselvallige wissel koer se, kan

sy pogings om inkomsterisiko’s te beperk, optimaliseer. Dit kan bydra

daartoe dat hy kry wat hy verdien vir sy moeite om voedselsekerheid

aan die nasie te verseker.

Produsente moet moontlik meer gereeld met hul finansiers gesels en

die nodige ondersteuning in terme van buitelandse valuta kry om hul

winste te optimaliseer.

Bronne:

Absa-navorsing en Agribusiness


Isuzu as een van SA se beste

handelsmerke aangewys

ISUZU IS BESONDER verheug om lesers mee te deel dat

die Isuzu-handelsmerk onlangs by Cars.co.za se Handelsmerk van

die Jaar-toekenningsgeleentheid die tweede plek behaal het in die

kategorie vir die voertuig waarna almal hunker.

Hierdie toekenning is veral betekenisvol omdat die uitslae op inligting

van verbruikers wat ons voertuie bestuur, gegrond is. Die ander

kategorieë is bepaal deur 50% van die stemme van verbruikers

en 50% van sosialemediabeïnvloeders, glanspersoonlikhede en

motorjoernaliste se stemme in berekening te bring.

Dit is ’n merkwaardige prestasie vir Isuzu indien in ag geneem word dat

hul ’n gespesialiseerde bakkie- en vragmotormaatskappy is – asook

dat hul slegs vir twee jaar as ’n onafhanklike maatskappy bestaan.

’n Groot dankie aan al die Isuzu-werknemers en -handelaars vir hul

harde werk en inspanning om ons handelsmerk uit te bou.

Junie 2020

Tegnies

KLK vind nuwe manier

om kontak te behou

Microsoft Teams

5

Jaco Loubser

Die effek van Covid-19 en die gepaardgaande inperking het ’n

enorme impak op alle Suid-Afrikaners. Die regulasies

beperk sosiale interaksie en almal moes

nuwe maniere vind om in kontak te bly.

Besighede ervaar dit as ’n

groot probleem, want sonder

effektiewe kommunikasie

sal geen besigheid kan

funksioneer nie. KLK

het hierdie situasie

as ’n geleentheid

gesien om tegnologie

in te span om die

beperkings te oorkom.

Met behulp van

Microsoft Teams kan

KLK-personeel gedurende

die inperking steeds

vergaderings bywoon en

effektief kommunikeer. Ons is

opgewonde dat die nuwe behoefte

uiteindelik sal lei tot die meer

doeltreffende funksionering van KLK in

geheel. Kliënte wat self ook Microsoft Teams gebruik, kan

enige KLK-personeellid kontak deur sy/haar e-posadres in die

stelsel te sleutel.

Ontvang maandstate en fakture per e-pos

Die tradisionele versending van maandstate en fakture het

ook ’n probleem geword gedurende die inperking, omdat

die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO) gesluit was. KLK

het as oplossing ’n nuwe digitale dokumentbestuurplatform

ontwikkel om maandstate en fakture per e-pos aan kliënte te

stuur. Die terugvoering wat ons ontvang het, was baie positief

en KLK beplan om die stelsel verder te verfyn om aan kliënte

se behoeftes te voldoen.

Ons doen ook ’n beroep op alle kliënte wat nie hul April- of

Mei-maandstaat per e-pos ontvang het nie om ons debiteureadministrateurs

by 054 337 6200 te skakel, sodat die korrekte

e-posadres op die stelsel gekoppel kan word. Vir enige kommentaar

of voorstelle kan Reino Huyser telefonies gekontak word by

054 337 6200, op WhatsApp by 082 440 7896 of per e-pos

by reino@klk.co.za.

Aandelenuus

VANAF 1 TOT 29 Februarie 2020 het ’n totaal van

11 559 KLK-aandele teen R19,00 per aandeel verhandel,

met een koper en vier verkopers.

In die maand van Maart 2020 het 10 800 aandele teen R19,00

per aandeel verhandel, met een koper en vier verkopers. Geen

aandele het gedurende April 2020 verhandel nie.

Prys per aandeel (sent)

1 900

1 800

1 700

1 600

1 500

1 400

1 300

1 200

1 100

1 000

900

800

700

600

500

1 900

1 900

11 559

10 800

Februarie 2020 Maart 2020 April 2020

Maand

64 000

32 000

16 000

8 000

4 000

2 000

1 000

500

Volume verhandel (’000)

Volume verhandel (’000) Prys per aandeel (sent)

Jou Vennoot Betroubaar Innoverend


6 Aktueel

KLK Gesprek

Ongemaklike optrede wat die moeite werd is

Cobus Booysen

Bestuurder: Menslike Hulpbronne

DAAR IS ’N ou Engelse spreekwoord wat

lui: “If you aren’t in it over your head, how

do you know how tall you are?” Die besluit

om buite jou gemaksone te beweeg, is van

kritieke belang vir jou sukses en welstand.

Ons verstand is so bedraad dat dit moeilik

is om tot aksie oor te gaan voordat ons ’n

bietjie druk en ongemak ervaar. Die meeste

mense presteer die beste wanneer hulle buite

hul gemaksone is. Wanneer jy te gemaklik

is, kan jy nie goed presteer nie, want jy gaan

nie oor tot aksie nie. Wanneer jy egter te ver

buite jou gemaksone is, vreet die stres jou op

en kan jy ook nie presteer nie.

Optimale prestasie en ongemak gaan hand

aan hand. Beweeg uit jou gemaksone en

jy gaan beter presteer. Dit is boonop die

alledaagse uitdagings wat jou grense die

meeste verskuif.

1. Staan vroeg op. Behalwe as jy ’n

og gendmens is, sal vroeër as gewoonlik opstaan

jou uit jou gemaksone haal. Laatslapers

moet gewoonlik skarrel om klaar te kry en

betyds by die werk te kom. Deur vroeër op te

staan, gee jy jouself die geleentheid om jou

gedagtes te orden en jouself geestelik voor te

berei vir die dag wat voorlê.

2. Bereik ’n “onmoontlike” doelwit.

Daar is min dinge in die lewe wat jou so goed

laat voel as wanneer jy ’n doelwit bereik wat jy

gedink het onmoontlik is. Dit kan wees om ’n

marathon te hardloop, 20 kilogram te verloor

of om ’n groot groep mense toe te spreek.

3. Mediteer. Dit is so maklik om vasgevang

te word in jou gemaksone en nooit stil te raak

nie. Meditasie is ’n wonderlike manier om

hierdie gewoonte te verbreek en dit is ook

goed vir jou gees. ’n Neurowetenskaplike by

die Harvard-universiteit in Amerika, Sara Lazar,

het bevind dat meditasie belangrike fisiese

ver an deringe in jou brein skep. Dit verhoog die

digtheid van jou brein in areas verantwoordelik

vir selfbeheersing, fokus, probleemoplossing,

buigsaamheid en veerkragtigheid.

4. Fokus op een ding. Totale fokus

op ’n enkele taak is ’n groot risiko. Die

alternatief, multitaakverrigting, is egter ’n

doodsteek vir produktiwiteit. Navorsing aan

die Stanford-universiteit in Amerika het bevind

dat mense wat deurlopend elektroniese

inligting gevoer word, ’n korter aandagspan

het, minder inligting kan onthou en meer

tussen take rondspring as mense wat net

met een taak op ’n slag besig is. Jou brein

het nie die vermoë om meer as een taak

gelyktydig suksesvol te hanteer nie.

5. Doen vrywilligerswerk. Na ’n lang

werksdag het nie almal lus om vrywilligerswerk

te gaan doen nie. Tog is dit iets wat

’n mens goed laat voel en jou netwerk

terselfdertyd vergroot.

6. Probeer openbare optrede. Die

meeste mense is banger om voor mense te

praat as vir die dood. Die geleerde woord

daarvoor is glossophobia. Hoekom is mense

so bang daarvoor? Dit is uitdagend en dit

neem jou heeltemal uit jou gemaksone. Tog

is dit uiters bevredigend en gee dit ’n ongelooflike

gevoel van oorwinning. Probeer

gerus om eers klein groepies mense toe te

spreek en jou gehoor stelselmatig groter te

maak. Dit is vir seker ook ’n pluspunt op

jou CV.

7. Praat met ’n vreemdeling. Behalwe

as jy ’n ekstreme ekstrovert of ’n politikus is,

is ’n gesprek met ’n vreemdeling gewoonlik

ongemaklik. Doen dit in elke geval. Sosiale

interaksie is baie goed vir jou bui (al hou jy

nie daarvan nie), dit vergroot jou netwerk,

stel jou bloot aan nuwe idees en dit verhoog

jou selfvertroue.

8. Byt op jou lip. Alhoewel dit goed

voel om somtyds aan mense te sê presies

wat jy dink of hoe jy voel, is hierdie goeie

gevoel nie permanent nie. Wat gebeur die

volgende dag, die volgende week of die

volgende jaar? Dit is menslike natuur om

te wil bewys dat jy reg is, maar dit is selde

effektief. Tydens konfliksituasies lei onbeheerde

emosies tot optrede wat jou agterna

met ’n erg beskadigde verhouding kan los.

Wanneer jy bewus is van jou emosies, dit

verstaan en daarvolgens reageer, is jy in

staat om jou konfliksitua sies slim te kies

en net te reageer wanneer die tyd reg is.

9. Sê nee. Navorsing aan die Universiteit

van Kalifornië in San Francisco het getoon

dat hoe moeiliker jy nee sê, hoe meer stres,

uitbranding en uiteindelik depressie ervaar

jy. Nee is ’n kragtige woord wat jy nie moet

skroom om te gebruik nie. Deur nee te sê

vir ’n nuwe verbintenis, verseker jy dat jy

bestaande verbintenisse eer en jouself die

geleentheid gee om dit suksesvol af te handel.

Wanneer jy leer om nee te sê, bevry jy

jouself van onnodige beperkinge en skep jy

vrye tyd en energie vir die belangrike dinge

in die lewe.

10. Hou op om dinge uit te stel. Verandering

en selfverbetering is moeilik. Wanneer

iets moeilik is om te doen, is dit altyd makliker

om dit uit te stel tot môre. Die probleem is dat

môre nooit aanbreek nie. Uitstel is net ’n verskoning.

Dit beteken dat jy dit nie werklik wil

doen nie of dat jy die resultate wil hê sonder

die harde werk wat daarmee saamgaan.

Opsomming

Om in jou gemaksone te bly, beteken stag nasie.

Net soos ’n oester slegs ’n pêrel ontwik kel

wanneer dit geïrriteer word deur ’n sandkorrel,

net so het niemand nog ooit iets beson ders

bereik deur in ’n gemaksone te bly nie.


Junie 2020

Aktueel

7

Beskerm jou voertuie teen koue en hitte

WINTER BLAAS REEDS met ’n yskoue asem in ons

nekke en dit is nou die tyd om nie net onsself nie, maar ook ons

voertuie vir dié seisoen voor te berei.

Een van die dinge wat ons moet doen, is om te sorg vir ’n goeie

koelmiddel in die verkoelingstelsel van die motor. Die enjin en sy

komponente word baie warm weens ontbranding in die silinders

en moet dus met olie en koelmiddel afgekoel word.

Koelmiddel is die generiese term vir die vloeistof in die voertuig

se verkoelingstelsel. Dit is ’n mengsel van water, teenvriesmiddel

(glikol) en byvoegings.

Die teenvriesmiddel (antifreeze) beskerm nie net die enjin

teen koue nie, maar voorkom ook dat dit oorverhit.

Koelmiddels beskerm egter nie net die enjin teen

yskoue toestande nie. Dit absorbeer ook enjinhitte

en herlei dit na die omringende lug. Byvoegsels in

die koelmiddel vorm ’n beskermende laag op die

Verkoelingsmiddels

van Super Cool.

metaaloppervlak van die verkoelingstelsel se komponente en

voorkom kalksteenafsetsels.

Byvoegings in ’n koelmiddel kan net ’n sekere hoeveelheid slytasie

verduur. As dit nie meer behoorlik werk nie, moet dit vervang word.

Indien die middel wat korrosie voorkom byvoorbeeld opgebruik is,

sal die koelmiddel bruin word.

Die gehalte van die middel bepaal hoe gereeld dit vervang moet

word – dit word deur die voertuigvervaardiger gespesifiseer. Dit moet

vervang word as dit vuil geword het. As ’n voertuig dit normaalweg

gebruik, word dit aanbeveel dat die koelmiddel elke drie jaar

vervang word.

WEN!

Twee gelukkige lesers kan elkeen vyf liter Super Coolant ter waarde van

R280 wen deur dié vraag korrek te beantwoord: Wat is een voordeel

van teenvriesmiddel? Sms jou antwoord na 49711 óf stuur die

inskrywingsvorm na Jorine Viviers, KLK Landbou Bpk, Posbus 86, Upington,

8800; of per faks na 086 5500 224; of per e-pos na jorine@klk.co.za.

Sluitingsdatum: 31 Julie 2020.

Baie geluk aan Lize Oosthuizen van

Olifantshoek, die gelukkige wenner

van ’n geskenkpak ter waarde van

R300 van Freddy Hirsch.

Inskrywingsvorm

Naam en van: ..........................................

...............................................................

Reëls

Werknemers van die KLK-groep mag

nie aan die kompetisie deelneem nie.

• Slegs een inskrywing per persoon.

• Die wenner sal telefonies in kennis

gestel word en in die volgende KLK

Gesprek bekendgemaak word. • Die

prys sal na die naaste KLK-handels tak

gestuur word en kan daar afgehaal

word. • Die prys kan nie vir kontant

omgeruil word nie.

Adres: ......................................................

...............................................................

...............................................................

Tel: ..........................................................

Antwoord: ...............................................

...............................................................

is ’n nuusblad wat vier keer

per jaar namens KLK deur

saamgestel en uitgegee word.

NAMENS KLK LANDBOU BPK

Jorine Viviers *

054 337 6202 • jorine@klk.co.za

* Vir navrae oor die verspreiding van

, of adreswysigings,

kontak vir Jorine Viviers.

REDAKSIE

Jadine van Heerden

018 468 2716

Johan Smit

018 468 2716

Jou Vennoot Betroubaar Innoverend

BLADUITLEG EN DRUK

Infoworks

(uitlegkunstenaar: Joritha Hechter)

018 468 2716

your ideas can fly


8 Omgewingsake

Insekte se wonderwêreld bedreig

DIE WÊRELD VAN insekte is ver stommend

– daar is omtrent ’n miljoen op ge te kende

spesies wêreldwyd. Dit mag 60% of meer

van al die lewe op aarde, plante ingesluit,

wees. Volgens wetenskaplikes kan daar maklik

tien maal meer inseksoorte wees wat nog

ontdek moet word.

In Suid-Afrika is daar ongeveer 50 000 verskillende

insekspesies waarvan ons weet. Die

ware aantal kan vyf maal meer wees en daar

word jaarliks nuwe soorte bygevoeg. Met

habitat- en ekosisteemvernietiging wat in die

naam van ekonomiese groei en vooruitgang

plaasvind, kan duisende inseksoorte uitsterf

nog voor ons van hulle weet.

Bye is die aarde se

bestuiwers.

komposteerders en bevrugters van grond

asook hersirkuleerders van bemestingstowwe

– om maar ’n paar te noem – is insekte

onontbeerlik vir lewe op aarde.

Ons is almal vertroud met die beskerming

en bewaring van die wêreld se plante,

diere en voëls – en die meeste van ons

ondersteun dit heel moontlik selfs. In die

geval van insekte, lyk dit egter eerder of ons

op uitroei ingestel is. Sou ons tot ’n groot

mate hierin slaag, sal ons waarskynlik ons

eie voortbestaan ook in gedrang bring.

Behalwe vir al die lewensnoodsaaklike

ekologiese dienste wat insekte verrig en

wat die voortbestaan van alle lewe help

verseker, is die chemiese middels wat

merendeels gebruik word in ons pogings

om insekte uit te wis, net so dodelik vir

onsself en ander lewe.

In die vyftiger- en sestigerjare van die

vorige eeu – en selfs later – het die onbeperkte

gebruik van DDT vir die uitroei van

insekplae, hele ekosisteme ondermyn en

vergiftig. Dit het uiteindelik deur kumulatiewe

opbouing in weefsel ook menslike

gesondheid bedreig. In 1962 was die

Amerikaanse bioloog, Rachel Carson, se

boek Silent Spring uiteindelik die wekroep

wat tot die erkenning van DDT se

verwoestende effek en latere verbanning

gelei het. Nuwe insektemiddels word egter

steeds by die chemiese arsenaal gevoeg

en lei in baie gevalle tot grootskaalse

ekologiese verwoesting. Dit skep ook

gevaar vir mense.

Die artikel is geskryf deur Francois van der Merwe,

’n natuurliefhebber van Calvinia. Vir meer inligting,

stuur ’n e-pos na

Bidsprinkane is predatore van ander insekte.

Die byvlieg het 'n lang suigslurp

om nektar diep in blomkelke by

te kom.

'n Miersoldaat staan

reg om die kolonienes

te verdedig.

Op die oog af is die mens se verhouding

met insekte dikwels ongemaklik en ongerieflik.

Ons bewonder baie soorte vir hoe mooi

hulle is – dink maar aan skoenlappers en

lieweheersbesies – of vir hoe hardwerkend

hulle is – dink aan bye en miere. Daar is

egter net so baie wat ons laat gril (maaiers),

wat op ons en ons diere teer en ons bloed

uitsuig (myte, luise, muskiete, vlooie en

bosluise), wat ons klere en boeke stukkend

vreet (vismotte en motte), wat ons steek en

byt (baie soorte!), wat ons kos, oeste en

weiveld vernietig (myte, plantluise, termiete,

miere, ruspes en sprinkane), wat ons

siek maak as draers van moontlik dodelike

siektes (muskiete) en wat ons geduld tot die

uiterste beproef met hulle eentonige lawaai

(krieke en sonbesies).

’n Wêreld sonder insekte is nietemin

ondenkbaar en sal ook nie kan bestaan

nie. As bestuiwers van die wêreld se plante,

biologiese degradeerders van onder meer

afval, rommel, ontlasting en karkasse, as

Daar heers vandag groot kommer in baie

wêrelddele oor die afname in die verskeidenheid

en getalle van insekte. Dit word

toegeskryf aan chemiese besoedeling

van ekosisteme, monokultuurlandbouverbouing

waar enkele gewasse miljoene

hektare beslaan ten koste van ekologiese

verskeidenheid asook toenemende klimaatsverandering

met hoër temperature,

droogtes en grootskaalse, onbeheerbare

bos- en veldbrande.

Die skerp afname in die voorkoms van

bye – een insekspesie waarmee daar

kommersieel geboer word vir bestuiwing

van veral vrugteboorde en natuurlik vir

heuning – wek groot kommer. Daar

word selde spesiale bewaringsgebiede vir

insekte geskep. Suid-Afrika is egter uniek

in die opsig dat ons ten minste een klein

reservaat het wat gewy is aan die bewaring

van ’n enkele inseksoort. Dit is die Brenton

Blue Butterfly Reserve aan die Kaapse

suidkus, waar die skaars Brenton-bloutjie

beskerm word.

Die foto’s by hierdie artikel wys iets van die

Noord-Kaap se wonderlike inseklewe.

Die mufkewer is harig en laat

letterlik 'n tuin van grond en ander

organiese materiaal op sy rug groei.

Stinksprinkane

vorm swerms.

Harige peperboomwurms

vorm digte kolonies – veral

in taaibosse in die Karoo.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!