05.06.2020 Views

KLK Gesprek June 2020

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

6 Aktueel

KLK Gesprek

Ongemaklike optrede wat die moeite werd is

Cobus Booysen

Bestuurder: Menslike Hulpbronne

DAAR IS ’N ou Engelse spreekwoord wat

lui: “If you aren’t in it over your head, how

do you know how tall you are?” Die besluit

om buite jou gemaksone te beweeg, is van

kritieke belang vir jou sukses en welstand.

Ons verstand is so bedraad dat dit moeilik

is om tot aksie oor te gaan voordat ons ’n

bietjie druk en ongemak ervaar. Die meeste

mense presteer die beste wanneer hulle buite

hul gemaksone is. Wanneer jy te gemaklik

is, kan jy nie goed presteer nie, want jy gaan

nie oor tot aksie nie. Wanneer jy egter te ver

buite jou gemaksone is, vreet die stres jou op

en kan jy ook nie presteer nie.

Optimale prestasie en ongemak gaan hand

aan hand. Beweeg uit jou gemaksone en

jy gaan beter presteer. Dit is boonop die

alledaagse uitdagings wat jou grense die

meeste verskuif.

1. Staan vroeg op. Behalwe as jy ’n

og gendmens is, sal vroeër as gewoonlik opstaan

jou uit jou gemaksone haal. Laatslapers

moet gewoonlik skarrel om klaar te kry en

betyds by die werk te kom. Deur vroeër op te

staan, gee jy jouself die geleentheid om jou

gedagtes te orden en jouself geestelik voor te

berei vir die dag wat voorlê.

2. Bereik ’n “onmoontlike” doelwit.

Daar is min dinge in die lewe wat jou so goed

laat voel as wanneer jy ’n doelwit bereik wat jy

gedink het onmoontlik is. Dit kan wees om ’n

marathon te hardloop, 20 kilogram te verloor

of om ’n groot groep mense toe te spreek.

3. Mediteer. Dit is so maklik om vasgevang

te word in jou gemaksone en nooit stil te raak

nie. Meditasie is ’n wonderlike manier om

hierdie gewoonte te verbreek en dit is ook

goed vir jou gees. ’n Neurowetenskaplike by

die Harvard-universiteit in Amerika, Sara Lazar,

het bevind dat meditasie belangrike fisiese

ver an deringe in jou brein skep. Dit verhoog die

digtheid van jou brein in areas verantwoordelik

vir selfbeheersing, fokus, probleemoplossing,

buigsaamheid en veerkragtigheid.

4. Fokus op een ding. Totale fokus

op ’n enkele taak is ’n groot risiko. Die

alternatief, multitaakverrigting, is egter ’n

doodsteek vir produktiwiteit. Navorsing aan

die Stanford-universiteit in Amerika het bevind

dat mense wat deurlopend elektroniese

inligting gevoer word, ’n korter aandagspan

het, minder inligting kan onthou en meer

tussen take rondspring as mense wat net

met een taak op ’n slag besig is. Jou brein

het nie die vermoë om meer as een taak

gelyktydig suksesvol te hanteer nie.

5. Doen vrywilligerswerk. Na ’n lang

werksdag het nie almal lus om vrywilligerswerk

te gaan doen nie. Tog is dit iets wat

’n mens goed laat voel en jou netwerk

terselfdertyd vergroot.

6. Probeer openbare optrede. Die

meeste mense is banger om voor mense te

praat as vir die dood. Die geleerde woord

daarvoor is glossophobia. Hoekom is mense

so bang daarvoor? Dit is uitdagend en dit

neem jou heeltemal uit jou gemaksone. Tog

is dit uiters bevredigend en gee dit ’n ongelooflike

gevoel van oorwinning. Probeer

gerus om eers klein groepies mense toe te

spreek en jou gehoor stelselmatig groter te

maak. Dit is vir seker ook ’n pluspunt op

jou CV.

7. Praat met ’n vreemdeling. Behalwe

as jy ’n ekstreme ekstrovert of ’n politikus is,

is ’n gesprek met ’n vreemdeling gewoonlik

ongemaklik. Doen dit in elke geval. Sosiale

interaksie is baie goed vir jou bui (al hou jy

nie daarvan nie), dit vergroot jou netwerk,

stel jou bloot aan nuwe idees en dit verhoog

jou selfvertroue.

8. Byt op jou lip. Alhoewel dit goed

voel om somtyds aan mense te sê presies

wat jy dink of hoe jy voel, is hierdie goeie

gevoel nie permanent nie. Wat gebeur die

volgende dag, die volgende week of die

volgende jaar? Dit is menslike natuur om

te wil bewys dat jy reg is, maar dit is selde

effektief. Tydens konfliksituasies lei onbeheerde

emosies tot optrede wat jou agterna

met ’n erg beskadigde verhouding kan los.

Wanneer jy bewus is van jou emosies, dit

verstaan en daarvolgens reageer, is jy in

staat om jou konfliksitua sies slim te kies

en net te reageer wanneer die tyd reg is.

9. Sê nee. Navorsing aan die Universiteit

van Kalifornië in San Francisco het getoon

dat hoe moeiliker jy nee sê, hoe meer stres,

uitbranding en uiteindelik depressie ervaar

jy. Nee is ’n kragtige woord wat jy nie moet

skroom om te gebruik nie. Deur nee te sê

vir ’n nuwe verbintenis, verseker jy dat jy

bestaande verbintenisse eer en jouself die

geleentheid gee om dit suksesvol af te handel.

Wanneer jy leer om nee te sê, bevry jy

jouself van onnodige beperkinge en skep jy

vrye tyd en energie vir die belangrike dinge

in die lewe.

10. Hou op om dinge uit te stel. Verandering

en selfverbetering is moeilik. Wanneer

iets moeilik is om te doen, is dit altyd makliker

om dit uit te stel tot môre. Die probleem is dat

môre nooit aanbreek nie. Uitstel is net ’n verskoning.

Dit beteken dat jy dit nie werklik wil

doen nie of dat jy die resultate wil hê sonder

die harde werk wat daarmee saamgaan.

Opsomming

Om in jou gemaksone te bly, beteken stag nasie.

Net soos ’n oester slegs ’n pêrel ontwik kel

wanneer dit geïrriteer word deur ’n sandkorrel,

net so het niemand nog ooit iets beson ders

bereik deur in ’n gemaksone te bly nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!