You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
8 Omgewingsake
Insekte se wonderwêreld bedreig
DIE WÊRELD VAN insekte is ver stommend
– daar is omtrent ’n miljoen op ge te kende
spesies wêreldwyd. Dit mag 60% of meer
van al die lewe op aarde, plante ingesluit,
wees. Volgens wetenskaplikes kan daar maklik
tien maal meer inseksoorte wees wat nog
ontdek moet word.
In Suid-Afrika is daar ongeveer 50 000 verskillende
insekspesies waarvan ons weet. Die
ware aantal kan vyf maal meer wees en daar
word jaarliks nuwe soorte bygevoeg. Met
habitat- en ekosisteemvernietiging wat in die
naam van ekonomiese groei en vooruitgang
plaasvind, kan duisende inseksoorte uitsterf
nog voor ons van hulle weet.
Bye is die aarde se
bestuiwers.
komposteerders en bevrugters van grond
asook hersirkuleerders van bemestingstowwe
– om maar ’n paar te noem – is insekte
onontbeerlik vir lewe op aarde.
Ons is almal vertroud met die beskerming
en bewaring van die wêreld se plante,
diere en voëls – en die meeste van ons
ondersteun dit heel moontlik selfs. In die
geval van insekte, lyk dit egter eerder of ons
op uitroei ingestel is. Sou ons tot ’n groot
mate hierin slaag, sal ons waarskynlik ons
eie voortbestaan ook in gedrang bring.
Behalwe vir al die lewensnoodsaaklike
ekologiese dienste wat insekte verrig en
wat die voortbestaan van alle lewe help
verseker, is die chemiese middels wat
merendeels gebruik word in ons pogings
om insekte uit te wis, net so dodelik vir
onsself en ander lewe.
In die vyftiger- en sestigerjare van die
vorige eeu – en selfs later – het die onbeperkte
gebruik van DDT vir die uitroei van
insekplae, hele ekosisteme ondermyn en
vergiftig. Dit het uiteindelik deur kumulatiewe
opbouing in weefsel ook menslike
gesondheid bedreig. In 1962 was die
Amerikaanse bioloog, Rachel Carson, se
boek Silent Spring uiteindelik die wekroep
wat tot die erkenning van DDT se
verwoestende effek en latere verbanning
gelei het. Nuwe insektemiddels word egter
steeds by die chemiese arsenaal gevoeg
en lei in baie gevalle tot grootskaalse
ekologiese verwoesting. Dit skep ook
gevaar vir mense.
Die artikel is geskryf deur Francois van der Merwe,
’n natuurliefhebber van Calvinia. Vir meer inligting,
stuur ’n e-pos na
Bidsprinkane is predatore van ander insekte.
Die byvlieg het 'n lang suigslurp
om nektar diep in blomkelke by
te kom.
'n Miersoldaat staan
reg om die kolonienes
te verdedig.
Op die oog af is die mens se verhouding
met insekte dikwels ongemaklik en ongerieflik.
Ons bewonder baie soorte vir hoe mooi
hulle is – dink maar aan skoenlappers en
lieweheersbesies – of vir hoe hardwerkend
hulle is – dink aan bye en miere. Daar is
egter net so baie wat ons laat gril (maaiers),
wat op ons en ons diere teer en ons bloed
uitsuig (myte, luise, muskiete, vlooie en
bosluise), wat ons klere en boeke stukkend
vreet (vismotte en motte), wat ons steek en
byt (baie soorte!), wat ons kos, oeste en
weiveld vernietig (myte, plantluise, termiete,
miere, ruspes en sprinkane), wat ons
siek maak as draers van moontlik dodelike
siektes (muskiete) en wat ons geduld tot die
uiterste beproef met hulle eentonige lawaai
(krieke en sonbesies).
’n Wêreld sonder insekte is nietemin
ondenkbaar en sal ook nie kan bestaan
nie. As bestuiwers van die wêreld se plante,
biologiese degradeerders van onder meer
afval, rommel, ontlasting en karkasse, as
Daar heers vandag groot kommer in baie
wêrelddele oor die afname in die verskeidenheid
en getalle van insekte. Dit word
toegeskryf aan chemiese besoedeling
van ekosisteme, monokultuurlandbouverbouing
waar enkele gewasse miljoene
hektare beslaan ten koste van ekologiese
verskeidenheid asook toenemende klimaatsverandering
met hoër temperature,
droogtes en grootskaalse, onbeheerbare
bos- en veldbrande.
Die skerp afname in die voorkoms van
bye – een insekspesie waarmee daar
kommersieel geboer word vir bestuiwing
van veral vrugteboorde en natuurlik vir
heuning – wek groot kommer. Daar
word selde spesiale bewaringsgebiede vir
insekte geskep. Suid-Afrika is egter uniek
in die opsig dat ons ten minste een klein
reservaat het wat gewy is aan die bewaring
van ’n enkele inseksoort. Dit is die Brenton
Blue Butterfly Reserve aan die Kaapse
suidkus, waar die skaars Brenton-bloutjie
beskerm word.
Die foto’s by hierdie artikel wys iets van die
Noord-Kaap se wonderlike inseklewe.
Die mufkewer is harig en laat
letterlik 'n tuin van grond en ander
organiese materiaal op sy rug groei.
Stinksprinkane
vorm swerms.
Harige peperboomwurms
vorm digte kolonies – veral
in taaibosse in die Karoo.