13.02.2013 Views

DOODSTIL - LitNet

DOODSTIL - LitNet

DOODSTIL - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

DOODSTIL

(’n drama oor die dood vir die wat lewe)

Robert J. Pearce

Junie 1999-Februarie 2005

“Om ‘n begraafplaas te skuif is baie moeilik,

want jy kry geen hulp van die begraafplaas

se inwoners nie”

-Gesegde

Kunstenaars moet eers doodgaan om op te staan (TT Cloete)

Live fast, die young and make a beautiful corpse-Gesegde uit Marabastad

Trappe van vergelyking: Dood, dooier, gevrêk.

Necrophilia: Sielkundige afwyking: Persone wat seks met lyke het.

Toewyding: Aan al ons familie en vriende wat geliefdes aan die dood moes

afstaan

- Die Skrywer

Karakters:

Jacob Vernon February, alias Meneer Jakob Dood- Eienaar van die

Begrafnisonderneming Doodstil. 50 jaar oud

Malcolm “Sexie” Snyders -30 jaar oud

Sandra Webb- ‘n Toonbank Assistent by Doodstil Begrafnisondernemers -

20 jaar oud

Beryl Snyders, nèe Khataar- Sexie se Ex-Vrou-30 jaar oud

Auntie Koekie Snyders- Sexie se Ma-Ouma-60 jaar oud

Anna-van-Nantes, Sexie se Lover-20 jaar oud (Word vertolk deur Sandra Webb)

Osman Namso-Eienaar van Devil City Funerals-50 jaar oud

Isaac Arends- Eienaar van Isaacs Funerals-45 jaar oud

Polisieman-Sersant Wilson (Word vertolk deur Isaac Arends)

Distrikgeneesheer-Dokter Erasmus (Word vertolk deur Osman Namso)

Toneel Een

EERSTE BEDRYF

Toneel: Winter. Dag, iewers in ‘n straat in Silverton, Pretoria. Sexie en Beryl,

twee Boemelaars, het vir hulle ‘n lêplek gekry op ‘n winkels se stoep.

Ligte op. Helder, daglig. Wanneer die toneel open, is Sexie besig om ‘n

kar ‘n parkeerplek aan te wys. Hy het ‘n Voorskoot aan waarop hy self

geskryf het: “Sexie’s Karopasser Diens”. Beryl, sy Ex-Vrou sit op ‘n krat

omring deur hul aardse besittings wat in plastieksakke geberg word. Sy

rook ‘n twak zol, en sing tussendeur, en drink brandspiritus uit ‘n bottel,

terwyl sy vir Sexie dophou. Liedjie: Phil Collins se “Another Day In

Paradise”.

Beryl: (Sing net die eerste lyn oor en oor. Vals) She calls out to the man on the street,

Sir can you help me....She calls out to the man on the street, Sir can you help

me....She calls out to the man on the street, Sir can you help me....

Sexie: (Onsamehangend) Beryl, sing daai bleddie song klaar, of hou jou bek! Ek is dik

gebabbelaas en jou stupid song maak my kop nog verder seer. (Sien ‘n motor

aankom. Fluit) Hier’s hy my Lanie, net die regte parking vir die BMW... draai, ‘n

bietjie left, swaai weer ‘n bietjie na die right...na die right sê, ek...bakgat...dit is

nou ‘n kar perfectly park...net soos die Lanies dit kan doen. Darkies, Bushies en

Tjarre kan nie so perfectly park nie. Blame it on Apartheid. Dit is ‘n exclusive

Boere-ding, die perfect parking. (Praat met denkbeeldige motorbestuurder. Gee

hom ‘n denkbeeldige kaartjie.) Malcolm Sexie Snyders van Sexie se

Karoppassers, alias Malcolm X, tot u diens, my Lanie, ek kyk mooi na al die

karre...(Sit kaartjie op denkbeeldige motorruit)...(Luister) Hoe meen my Lanie

nou met steel? Sexie is nie ‘n dief nie my Lanie...ek is eerlik in die Catholic Kerk

opgebring deur Ma-Koekie...As dit my Lanie behaag, sal ek en Ou Beryl, sommer

vir my Lanie die kar was, polish en shine, vir R10.00, cheap my Lanie...(Asof

motorbestuurder sê dit is goed so)...Dankie my Lanie

(Skreeu na agter) Beryl, bring die blik met water, ons moet die BMW

shine...dieLanie gaan ons ‘n ekstra R10.00 gee! Kom Bê, vandag is dit klein

krismis. Sit weg die blueflame, jy weet ons mag nie drink aan diens nie...kom!

Beryl: Ek rus, en ek kry koud Sexie, hulle sê hierdie is die koudtse winter wat daar nog

in Pretoria was...Ek is nog moeg van gister se werk....Gister het jy die hele dag

geslaap...

Sexie: Gister is verby...elke dag bring new challenges. Kom jou luigat...Jy kan nie net

vreet en suip nie. Moenie worry oor die koue nie, ‘n mens kan jou warm

werk...and by-the-way, you must earn your keep...

Beryl: (Staan traag op. Neem blik met water en lappe na waar Sexie staan)...earn my

keep... asof ons in ‘n five star hotel bly...

Sexie: Gee skyf, dat ek ‘n bietjie kan krag kry om die kar te tackle. (Sy gee hom die

twak zol. Hy rook). Was jy agter, ek sal voor was. Die is weer geld vir vanaand

se tjop-en-dop!

Beryl: Watse tjops praat jy van? Jy koop elke dag dieselfde ou sous: masala chips en

bruinbrood. Ek het nog laaste tjops of lekker vleis by Auntie Emma se funeral

geëet.

Sexie: Jy moet ophou gatecrash by die funerals...

Beryl: Dit is die enigste plekke waar ek decent meals kry, by funerals. Dit is’n free-forall.

Niemand question ‘n mens by ‘n funeral nie...

Sexie: Jy steek my in die skande met jou baadjiegevangery. By wie se funeral hang jy

weer diè week-end uit?

Beryl: By joune...

Sexie: Wat? Jy moet jou kak lekker praat nè! Onkruid vergaan nie.

Beryl: Ek is met die helmut gebore...

Sexie:..met die helm!

Beryl: ...whatever. Laasnag het ek ‘n gesig, ‘n vision gesien soos die mense van die

Blourokkie en Brenham-kerke...Jy was deel van die vision...

Sexie: Hou nou op aa praat, en was die kar...(Beryl was die kar lusteloos)

Beryl:...ek warn jou net Sexie... ek is met die helmet gebore... (sing) “Sir can you help

me...?”

Sexie: Jy is ‘n Afspringer, van Upington, Beryl Khataar. Plaaskatte kan nie visions sien

nie, hulle sien net papsakke wyn!

Beryl: Nou hoekom trou julle Dorpsjappies dan die Jumpers? Hulle bring vir julle vars

koek vannie Kaapprovinsie. As dit nie vir ons was, dan het julle almal van

Eersterust ingeteel, en bloedskande gemaak...Ons Damduikers het vars bloed en

koek gebring vir julle hongerlonge en hongertolle!

Sexie: Jou bek is lank heel, was net die bleddie kar en kry klaar...

Beryl: (Uittartend)...Of wat Sexie? Wil jy my dood moer soos jou Pa jou Ma gemoer het?

Ek laat vang jou vir abuse. Ek ken my human rights!

Sexie: Los my Tannie en Toppie uit die ding uit. Jy raak baie wittie. Vandat Mandela uit

die tronk uit is, kry julle almal steam. ‘n Man kan nie eers meer sy vrou ‘n

lekker taaie klap gee nie, of julle threaten ons met die nuwe constitution.

Beryl: Daai is ‘n goeie man, daai Madiba...

Sexie:..hou aan met jou aa, dan sal jy vanaand by Mandela en Gracia gaan slaap.

Onthou ek sit die kos op die tafel!

Beryl: (Lag uitspattig): Tafel? ‘n Tafel hier op straat? Die laaste tafel wat ons ge-own het

was nog myne daar in ons Backrooms in Highlandspark en die het jy ook gepawn

daar by die Swopshop in Eastlynne. Don’t make me laugh!

Sexie: (Hy staan dreigend nader) Los die fokken gewassery. Ek sal alleen regkom en

sommer die R10.00 alleen chow. Fokkof gaan lê daar op jou stêrre...

Beryl: (Gooi die lap neer) Ek sal vir my eie geld zoela, ek is nie hard-up vir jou nie Sexie

Snyders.(Sy loop Verhoog Regs en bedel). Ek Beryl Khataar kan my eie kitaar

slaan. (Sy sing): “Sir can you help me?” Enige small change sal help...

Sexie:(Gaan tot by Beryl) Hou op met daai kak song. Wil jy my mal maak? (Stoot haar

weg.) Gaan bedel op ‘n ander plek, die is my turf!

Beryl: Maar Sexie, ek is jou lawfully wedded wife...Jy het my virgin gevat...Ek is nie ‘n

weggooi hond nie...Jy moet vir my sorg. Dit sê die law...

Sexie: Law se moer! Jy het my divorce. Evenste toe ek by jou plead en sê Beryl, ons

kerk die Catholics approve nie van- en recognise nie divorce nie, het jy nog

steed proceed en my divorce! Nou wil jy kom praat van awfully bedded wife!

Beryl: Ons is in die Koort getroud, remember? Father Errol wou ons nie in julle kerk

trou nie omdat ek ‘n Blourokkie is. (Oorgang) Ek het jou divorce omdat jy vir

Anna-van-Nantes pregnant gemaak het toe ek laat in die aand overtime by

Mannie Griekopoulous gewerk het!

Sexie: Julle het meer met die Griek gehoer as gewerk! (Stoot haar weer) Kry net jou ry,

ek is besig om te job.

Beryl: Ek loop Sexie, maar onthou ek is met die helmut gebore en ek lees ook die stêrre,

en vanaand gaan jy jou stêrre sien...

Sexie: Curse jy my? Onthou, soms val die curse op die een wat dit uitstuur...

Beryl: Daar is g’n curse op my. My ancestors van Upington protect my, dis hoekom ek so

lank op die straat kan survive. Ek waai nou, vir ‘n tweede keer, miskien sal daar

nie ‘n derde keer wees. Farewell Malcolm Sexie Snyders, farewell...

Sexie: Voertsêk, jou Afspringer!

Beryl: Gaan hel toe jou Eersterust gemors joller! (Exit Beryl, Verhoog Regs). (Sing):

“Sir can you help me...”?

Sexie: (Gaan aan met die was van die motor) Ou Beryl praat die grootste stront. Wat

kan nou met ‘n sterk en gesonde ou soos ek happen? (Klaar met motor was. Hy

kyk met sy hande in sy sye na sy hande werk. Vee hier-en-daar nog druppels

water af. Knik tevrede.) (Denkbeeldige motor eienaar kon terug. Sexie neem

geld in ontvangs): Dankbaar, volgende keer shine ons hom vir die Lanie

binnekant ook. Dankie en koebaai my Lanie.(Begelei die motor uit die parkeer

area met handgebare) (Oorgang)

Netjiese, smart BMW. As ek my net kan regruk, kan ek ook so een ry. Miskien kan

ou Boy Maffa vir my een highjack daar in Mams of in Waterkloof. Ja-nee, I’ve got

friends in high places en hulle ken van affirmative shopping: Boy Maffa, Sherrif

Khan, Roy Têtkop, almal bra’s van my. Van têtte gepraat, hoe het ou Mandela

nou weer gesê toe hy eers aan Queen Elizabeth van Engeland se linkertêt en toe

aan haar regtertêt gevat het: Elizabeth, daar is ‘n têt om te kom, en ‘n têt om te

gaan. Dit is nog nie my tyd om te gaan nie, Beryl se nwatta! (Oorgang) Nou is ek

weer vol zaak. Ou Beryl kon nou lekker hierin ge-share het, maar nie, sy strip

haar vir elke klein dingetjie. Dit is nou die tweede keer dat sy my los. Dit raak

nou ‘n habit. Ek hoef nie oor haar te worry nie. Sy is by-the-way, my Ex. Sal

maar ‘n ander cherry kry. My naam is nie verniet Sexie nie. Wonder wat ou Beryl

gemeen het met haar omen en helm goeters? Niks om oor te worry nie, daai is

net Afspringer bangmaak stories. Niks sal met my happen nie, ek is nog jonk-enjukkerig,

(Maak ‘n paar swaai bewegings met sy heupe) net bietjie verniel van

al die boemelary, maar ek het nog baie guts in my...(Oorgang): Moet maar kos

gaan kry. Vandag het ek genoeg pond, ek kan chicken licken afford. Masala chips

en bruinbrood raak boring. Net jammer Ou Beryl sal nie hier wees om dit te

share nie. Laat haar gaan, sy sal return soos die vorige keer. (Sing): “She calls

out...” (Asof hy homself betrap dat hy iets verkeerd gedoen het) Daai is ‘n

stupid Afspringer song. Ek het my eie classics om te sing: (Sing) Moon River,

wider than a mile, I’m crossing you in style...(Exit Sexie, Verhoog Links).

Beryl: (Op, Verhoog Regs. Roep) Sexie? Sexie? Kan jy nie ‘n joke vat nie? (Kyk rond,

sien niemand) Miskien het hy ander lêplek gaan soek...of miskien ‘n ander vrou?

(Sien hulle klere en die plastieksakke), Nee hy is nog in die rondte. Miskien het

hy kos en ‘n dop gaan koop. Sal maar netnou weer ‘n draai slaan, en maar kom

gatkruip. Ek sal maar verder moet zoela...Ek is nogal ge-worried oor my “helmut

vision” waarin Sexie so prominent feature.(Sing) “She calls out to the man on

the street, Sir can you help me?” (Exit Beryl Verhoog Regs). (Ligte verdof

effens).

Sexie: (Skemer. Enter Sexie, Verhoog Links met ‘n Chicken Licken boks, brood en ‘n

bottel bier) Vandag hou ek lekker fees. Lekker kos (Haal pakkie sigarette uit sy

sak uit) Ek het evenste genoeg ching gehad om cigarettes en ‘n Castle Lager te

koop. Daai Horseshoe twak van Beryl sal my kanker gee en die blueflame sal my

impotent maak, dit sal my tubes block. (Hy gooi ‘n koerantpapier oop, staal die

kos, sigarette en drank uit en kyk admirerend daarna): ‘n Feast for ‘n king! A

Sexie king.(Vroetel in die plastieksakke vir ‘n kers. Vind dit en steek dit aan)

Supper by Candlelight. How romantic! Dit sou soveel beter gewees het as Ou

Beryl dit met my kon share.(Praat vermanend met homself) Ek sal moet werk

aan my temper en meer humane teenoor my Afspringer wees. Sy is tog die Ma

van my Twins, ou Ronnie en Roger. Wonder hoe gaan dit met die twee daar by

Ma-Koekie? Wonder selfs soms hoe gaan dit met my Valkind by ou Anna-van-

Nantes? Lekker diet, lekker dop, nou nodig ek net ‘n lekker meid teen die koue.

Ek hoor daar oor Radio Jakaranda, wat heeldag in Silver Mall blêr, dat hulle

verwag kapok of selfs sneeu vanaand. Ek onthou nog die laaste sneeu in 1981,

maar dit happen nie gereeld nie. Ons is in die Highveld hier. Net die Kaap en

Natal kry altyd winter sneeu. Sal maar moet al die piskomberse op my gooi

vanaand as ou Beryl nie terugkom nie, of as ek nie ‘n ander straatsmeid, a

pavement special, kan kry om my warm te hou nie.(Bid. Maak die “sign of the

cross”. Bid woordeloos. Maak weer die sign of the cross.) ‘n Goeie Catholic bid

altyd voor ete, voor hulle gaan slaap, en as hulle opstaan-Ma-Koekie aan die

woord. (Hy eet geselsend) Sal moet vinning eet, netnou kom die ander Hobos

kos skollie. Hulle sal jou sommer vermoor vir ‘n stukkie harde brood. Sal nie

alles eet nie, moet nog iets vir Beryl ook oorhou, incase sy terug kom. Hou kos

oor, just incase. Ek was nie altyd ‘n straatslaper nie, maar ek was al die jare

bang vir werk. Ek het ordentelik groot geword. My regte Tannie is sat toe ek baie

klein was. Die Toppie het die haar dood gemoer. Hy het 15 jaar tronkstraf

gekry, bloubaadjie en sit nou nog in C-Max prison saam met ou Chauke en daai

twee ouens wat vir Chris Hani assassinate het, ou Derby-Lewis en ou Walush, die

Pool. ”How do you kill a Communist? With a Pole!” (Lag vir sy eie grap. Oorgang)

Die Welfare het ons vir die Ou Lady, Auntie Koekie gegha. Ja-nee, Auntie Koekie

is nie my Ma nie, maar my Ouma. Sy het ons soos haar eie groot gemaak en

almal loop en vertel dat ek, Leon, Mia, Venecia, Ettiene en Eddie haar kinders is.

Die Ou Lady het ons blind gespoil, especially vir my. Ek kon net vra of tjank vir

iets en sy het laat ek dit kry. Soos Checkers was alles vir my “net om die hoek.”

Hoe sal ‘n man dan ooit leer om jou eie onderbroeke te was en jou eie potjie te

krap as die Ou Lady vir al jou needs provide? Ek dodge skool in standard eight.

Die skool stuur ou Meneer Lavita om my te kom opcheck. Ek moer ou Lavita

soos ek gesien het hoe die Toppie altyd die Tannie gemoer het (Hy demonstreer

hoe hy die Onderwyser geslaan het). Toe expel Ou Velletjie-Duf my. No problem.

Sexie is mos handsome, my Ou Lady het zaak wat sy deur die shebucks maak

en sy vat my part teen die teachers. Na ek die notice dat ek expel is gekry het,

het die Ou Lady gedoen wat so in haar character is: sy het die Hoof in sy

Kantoor gaan uitskel: ”Jy met jou suurbles het die audacity om my Malcolm te

expel? Wie dink jy is jy jou dronklap bicycle-a-titos drinker? Ek sal Malcolm laat

private studies vat, of beter, ek sal hom Boereskool toe stuur! Ek kan dit

afford. Die Snyderse is nie kaalgatte nie. Ons het vuilsjeld!” Sy emphasize,

underline en underscore dit verder deur te sê: “Kak-vuilsjeld at ek voor gesweet

het, nie spooksjeld waarvoor mense zoela of cheap lotto tata-ma-chance-sjeld

nie. Genuine sjeld!” En om te demonstreer dat sy geld het, smyt sy ‘n honderd

tienrand note in die Hoof se gesig en sê: “Gaan koop nou vir jou fashion klere en

hou op Safari Suits dra, jou vuillis!” Ek hoor Ou Vellie het die zaak ge-pocket, nie

vir Skoolfonds nie, maar vir ‘n paar Florsheim skoene wat hy lankal admire het in

die vensters van John Craig. Verder hoor ek dat hy ‘n Spierwit lappie in sy

gatsak gedra het en as hy op die skool se stoepe patrol het, het hy elke nou-endan

gestop om die Florsheims te shine. Saans, sê die skinderbekke, het hy die

Florsheims gepolish en gevryf, die white stitch met shoeshine skoongemaak, dit

admire deur dit voor die spiëel te hou, dit te soen, en in die skoeneboks gesit

wat hy met rooi velvet uitgelê het en geprewel: “goodnight my loveys.” Hulle sê

hy het sy skoene meer as sy vrou gesoen. Dit remind my van ou Eugène

Terblanche wat sy perd by die hek van die tronk gesoen, en sy arme vrou ignore

het. Daar was ‘n laaitie in Marabastad wat ook ‘n perd gesoen het, maar die perd

het hom nie ‘n French kiss gegee soos ou Terblanche se perd nie, daai perd het

sy lip afgebyt (Giggel). (Verander onderwerp) Ek het ook nie lank oor die

weggekom met my Ouma-Ma Koekie nie en net eendag sê sy vir my omdat ek

refuse om een van die customers in die shebeen te serve: “Sexie, jy raak nou

hardegat. As jy ruik jou pis stink, moet jy maar jou eie potjie gaan krap. Jy raak

nou hardegat. As jy ruik jou pis stink, moet jy maar jou eie potjie gaan krap. Ek

hoor ook dat jy jou wild oats ge-sow het, en dat Beryl Khataar, ‘n Afspringer

van Upington, in die lyf is met jou twins!” “Ma”, het ek protest, “Ek is nog nie

sexually active nie!” My Ouma-Ma se oë het wit geword van kwaadgeit: “Nog

nie sexually active nie, maar jy kry al wet dreams? Onthou, dit is ek wat jou

onderbroeke was. Jy het daai Beryl klimeid geklim. Jy het die gun en die bullets

en jy is net so jags soos jou Pa wat bloubaadjie trek. Dit is in julle jeans, in

julle denims soos die geleerde mense sê!” Ek het gelag. “Nee, Ma, dit is nie

jeans soos in denims nie, maar genes soos in gene!”, het ek haar correct. “Nja

Mauw”, het Ma-Koekie geskreeu. “Moenie dink ek is illegitimate nie. Ek het skool

gegaan!” Ma bedoel:“illiterate”, korrigeer ek haar weer. Toe slaan sy met ‘n vuis

op my bek. Sy storm by my kamer in en smyt al my klere en skoene vloekend by

die venster uit: “Fokkof, en gaan soek vir jou ander lêplek, jou hoerjaar. My

man, Robert is dood en jy gaan my nie run nie. Loop kry vir jou ‘n werk en

support jou Valkinders. Betaal jou Koekpension! Ek het jou nie laat leer, sodat

jy my vandag kan kom kak tune nie!” Ek en Ou Beryl is ge-hitch in die Koort,

voor ‘n vrou Magistraat. Ons het ‘n backroom in Highlandspark gekry en getraai

om ‘n lewe.saam te maak. Ma-Koekie het gehoor van die troue en hoog en laag

gesweer dat Beryl nooit daai Snyders “Van” sal gebruik nie. As Sexie nou van

elke Uitlander wil ‘n Burger van Eersterust maak, kan hy maar, maar haar “Van”,

Snyders, sal hulle nooit dra nie. Beryl het haar defy en trots aan almal verkondig

dat sy nou Miesies Snyders is. Ma-Koekie het boodskappe gestuur dat sy Beryl

sal sue oor die gebruik van die Snyders-“Van”. Ek het ‘n job gestrike by Rainbow

Nation Kar-oppassers. Hulle het my ‘n voorskoot en ‘n paar stukkies papier

gegee om op die karre se windscreens te sit en ek is geregistreer as ‘n

Professional Car Watcher. Alles het goedgegaan vir ‘n while en ek en Ou Beryl

was die perfect couple. Maar daar is altyd ‘n kinkel in die kabel! Later, toe begin

ek met my eie Kar-oppas besigheid, want die eienaars van Rainbow Nation Karoppassers

het die meeste van ons profit gevat en ons het maar min ge-pay. Toe

figure ek dit nou so uit, as ek my eie Voorskoot kan kry, kan ek self karre oppas

en al die geld pocket. Die Twins, Ronnie en Roger is gebore.Drie maande na hul

geboorte het Ou Beryl ‘n job gestrike by ‘n Griekse Cafè. Toe sy daai job kry, toe

kry ek lekker kans om te jol, want sy het soms tot laat gewerk. Die cherries van

die Poort het my Romeo genoem. Ek het ook nooit Ou Beryl en die Twins

support nie. Beryl het uitgevind van my jollery toe ou Anna-van-Nantes preggie

geword het. Toe sit sy my uit die Backroom uit, divorce my, en ek raak ‘n

Boemelaar. Ek het kaksleg geword hier op die strate. ‘n Jaar nadat Beryl my

gelos het, het sy eendag haar appearance op die strate gemaak, sonder die

Twins. “Wat gaan nou aan?”, wou ek van Beryl weet? Sy het my vertel dat haar

Griekse baas net eendag na haar toe gekom het en gesê het: “Beryl, if you want

to work here longer, you must give the boss patta-patta.” Sy het vir hom gesê,

dat haar patta-patta is legally myne en dat sy nie mag eg breek nie. Toe fire die

jagse Griek haar. Beryl het haar pride behou en met ander oë na die vrouens

gekyk wat al jare vir die Griek gewerk het. Sy het gesukkel om werk te kry en is

uit die Backroom gesmyt met Twins en al. Al raad was om gat te gaan lêk by Ma-

Koekie vir die sake van die Twins. Ma-Koekie was bereid om die Twins te vat,

maar nie vir Beryl nie. That was many moons ago, and the rest is history. Ek

was bly dat Ou Bê by my kom intrek het op die straat en ons kon saam Boemel.

Boemel is ‘n easy way om ‘n lewe te maak. Jy betaal nie rent, water-en-ligte en

nog minder Income Tax. Jy slaap op straat, die hemel is jou dak.(Klaar geëet.

Drink bier uit die bottel. Steek ‘n sigaret aan). Lekker grub, lekker dop en ‘n

lekker foe. Met genoeg zaak kan ‘n ou soos ‘n Swaziese Koning lewe. Kan

sommer 11 Virgin Cherries ook vat. (Rook klaar en sit van die kos in ‘n

plastieksak). Die is vir Ou Bê. Miskien moet ek haar gaan soek? Netnou rape Ou

Fof haar. Nee, sy sal self terug kom, sy kom altyd self terug. (Hy haal n spieël uit

een van die plastieksakke. Kyk na homself. Soen homself goeienag in die spieël)

Goodnight Sexie Boy, sien jou in die oggend. (Hy maak vir hom ‘n bed) Die

komberse ruik na ou pis! Beryl se pis. Ek pis nie in die kooi nie.(Maak ‘n kruis

met sy vingers. Soen dit) Strues Bob, van kleinsaf staan ek op in die nag om te

piepie. Miskien poep in die kooi, maar nooit pis nie. (Sit half skuins regop) Sal

die piskomberse maar môre moet gaan was daar in die Morelettaspruitjie.

Sommer myself ook ‘n was gee.(Skrik vir sy eie woorde. Sit heeltemaal regop)

Ek trek die laaste statement terug oor die wassery. Doubtful it stood sal oorle

Oom Shakespeare gesê het, doubtful it stood dat ek myself sal was. Ek wens Ou

Beryl wil nou terug kom, met haar helm, bad omen en stupid song en al. ‘n Man

kan vrêk van die koue vannag. Miskien moet ek ‘n vuurtjie aanslaan? Nee, dan

kom die hele Pretoria se Boemelaars weer side lap. (Sing): “Sir can you help

me? Beryl, gaan vra jou Ma om jou te help! (Trek sy kop toe met die komberse.

Ligte uit.)

Einde van Toneel Een, Eerste Bedryf.

Toneel Twee

(Dieselfde as Toneel Een. Silverton, Winkelstoep, Sexie se lêplek. Die volgende

môre. Sexie lê roerloos onder die komberse. Beryl Verhoog Regs op. Ligte op).

Beryl: (Roep) Sexie, ek wil net my klere kon haal. (Sien daar is iets verkeerd. Vroetel

onder die komberse) (Praat): Sexie? (Roep): Sexie? (Skreeu): Sexie...O Jirre,

Sexie is dan yskoud..!(Aan omstaanders) Kan iemand help asseblief? Dit is my

man, Sexie, hy roer nie. (Ruk weer aan Sexie. Geen reaksie. Aan omstaanders):

Asseblief tog, help my om vir Sexie wakker te kry.(Probeer ‘n ander taktiek. Lig

komberse van Sexie af op): Malcolm, praat met my, Malcolm! (Nog steeds geen

reaksie. Sy staan huilend op, gooi die kombers terug oor Sexie. Neem die

plastieksakke. Kyk snikkend na Sexie): Ek jammer Sexie, ek is nie regtig met die

helmut gebore nie, ek is jammer ek het jou ge-curse, my man. Jammer dat ek

jou soos ‘n coward moet los, maar jy het my al baie ge-coward. Die dood van jou

is Polisie sake. Ek moet spoondown, netnou dink hulle ek het jou vermoor!

Miskien is dit nou die regte tyd om terug Upington toe te gaan. (Aan die vier

winde): Kan iemand asseblief vir Auntie Koekie Snyders van Zelick Glynestraat

daar in Eersterust laat weet, dat Sexie nie wil wakker word nie, asseblief? (Sy

stap weg. Sy sing) Nearer my God to thee, Nearer to thee...(Exit Beryl, Verhoog

Regs). (Ligte uit)

Einde van Toneel Twee, Eerste Bedryf.

Toneel Drie

Dieselfde as Tonele Een en Twee. Silverton Winkelstoep. Jakob Dood, Auntie

Koekie Snyders, Anna-van-Nantes, Polisieman en Distrikgeneesheer op. Jakob

Dood dra ‘n Draagbaar. Beryl staan eenkant, onsigbaar vir die ander, maar nie

vir die gehoor en hou alle gebeure dop. Sexie se lyk lê onder die komberse. NB:

Sandra Webb met ander kostuum kan doebleer as Anna-van-Nantes, Isaac

Arends as die Polisieman en Osman Namso as die Distrikgeneesheer. Die

Distrikgeneesheer is reeds besig by die lyk as die ander opdaag.

Polisieman: (Met Lêers in die hand. Praat met Koekie) Dit is hoe ons hom gevind het

Mevrou Snyders, yskoud. (Aan Distrikgeneesheer) Dokter Erasmus, dit is die

oorledene se Naasbestaandes en die Begrafnisondernemer, Jakob Dood. (Dokter

kyk op vanaf lyk, knik).

Jakob:(Steek sy hand uit) Aangename kennis, Dokter Erasmus, Jakob Dood van

Doodstil Begrafnisondernemers tot u diens.

Dokter: (Skud blad met Jakob: Aangename kennis, Meneer Dood..(Koekie en Anna-van

Nantes storm huilend op die lyk af)

Koekie: Malcolm, my kind!

Anna: Sexie, my darling!

Koekie: Waar is Beryl die Afrspringer dan? Het sy hom nie miskien vermoor nie?

Dokter: Dit is ‘n sterk aantuiging wat U daar maak, Mevrou. Volgens my bevinding, is

daar geen onraad te bespeur. Alles dui daarop dat hy verkluim het deur

blootstelling aan gisteraand se koue. Hy het geen wonde nie. (Reik uit na Koekie

en Anna. Gee Koekie en Anna elk ‘n drukkie) My innige simpatie. (Aan

Polisieman) Ek vermoed geen misdaad nie. Ek sal op die doodsertifikaat

aanteken dat hy aan Natuurlike Oorsake beswyk het.

Polisieman:(Aan Dokter) Ons sal nog steeds ‘n dossier moet open. Dit is roetine,

dokter.

Dokter: (Aan Polisieman) Goed so, Sersant Wilson.. Stel maar die lyk vry aan die familie

vir die begrafnis.

Polisieman: In-die-hak, dokter.

Dokter: (Dokter pak sy apparaat bymekaar). Dan groet ek maar Daar is nog ‘n paar

ander sterfgevalle wat ek ook noeg aan aandag moet gaan skenk. (Skud om die

beurt hand met teenwoordigers). Sterkte mense. Totsiens. (Exit Dokter)

Jakob: (Aan Polisieman) Kan ek maar voortgaan met die lyk laai?

Polisieman: Ek wil nog net ‘n paar laaste notas maak. (Polisieman na lyk).

Koekie: Jakob, gee asseblief net vir Sexie die beste, ordentelikste funeral, ek sal betaal.

Anna: Sexie was g’n ordentelik. Omdat hy my en sy Valkind nooit support het nie,

deserve hy ‘n paupers funeral!

Koekie: Waar val jy nou uit die bus uit, jou Nantes gemors? ‘n Paupers funeral? Over

my dead body...

Jakob: Ek specialize in deadbodies....

Anna: Nantes gemors? Onthou Christus was in ‘n stal gebore en van Eersterust se Leiers

kom uit Nantes, en jou Kleinkind is daar gebore, Highbuck Koekie!

Koekie: Los die Here uit die argument uit!

Anna: Jy, Koekie Snyders wil altyd jou sin kry. Dit is waar wat die mense sê: jy het vir

Sexie vir millions ge-insure!

Jakob: Die insurance geld sal dit makliker maak om vir Sexie te begrawe...

Koekie: (Skreeu) Moenie julle kak praat van insurance geld nie (Aan Sexie se lyk) Sorry

Malcolm dat ek so moet vloek voor jou, maar die twee praat nou die grootste

stront. Watse millions, watse insurance? Malcolm was ‘n Boemelaar. Watter

insurance company sal nou ‘n Boemelaar insure?

Anna: Beryl Khataar het my inform van die insurance...Daar is baie fly-by-night

insurance companies wat dit doen...

Koekie: Luister jy na Liegbek-Afspringers? Ek moes haar en Malcolm se twins

grootmaak. Wat weet daai Papsakwyn-suiper? Moenie dat ek my oorboos nie. Dit

is nie goed vir my high blood, spatare en vergrote hart nie!(Dreigend) Laat ek

net weer van een van julle hoor dat ek vir Malcolm insure het, dan gaan ek my

Agint sien!

Anna: Jy bedoel, jou Prokureur? Wel, van Prokureurs gepraat, julle Snyderse sal ‘n brief

van myne kry vir maintenance en my share van Sexie se insurance geld!

Koekie: Loop skyt! Jy is net soos daai Beryl Khataar-fortune hunters! Ek vra niemand

niks. Ek soek vir jou en Beryl ook nie by Malcolm se Funeral nie...I’ll bury my

own dead, soos James Hadley Chase gesê het. Sonder julle support!

Jakob: Vrede, mense, vrede. Eer asseblief Sexie se dood. Dit is nie nodig om julle vuil

wasgoed op straat te was nie. (Wys om hom rond) Kyk net hoe kyk die mense

na die spektakel. Hou asseblief op skande maak!

Koekie: Sê jy ek dra vuil bloemers en dat ek dit hier in die dorp op show sit, Jakob

Dood?

Jakob: Nee Koekie...

Anna: Symbolically speaking...Jy kan my nie van my man se funeral ban nie, Koekie

Snyders. My kind sal sy Pa se funeral bywoon, met of sonder jou blessings. Ek

waai nou, maar onthou: daar is ‘n lewendige God wat weet van jou skelm dinge!

Vreet maar lekker aan Sexie se insurance geld. Dit terwyl sy kind honger ly,

Koekie Snyders. (Exit Anna)

Koekie:(Skreeu agter Anna) Jou bek is lank heel! Hardloop nou weg. Ek sal jou later kry.

Ek gaan Eersterust vir jou klein maak. Ek sal die Mafias op jou sit! (Aan Jakob):

Moet haar nie glo oor die insurance storie nie, Jakob. Ek sal nie vir jou lieg nie.

Ek het nie vir Sexie insure nie. Ek sal cash betaal uit my hard-earned Shebeen

geld.

Jakob: Ek beskuldig jou nie Koekie. Ek gee ook regtig nie om uit watter oor die geld kom

nie, solank ek net betaal word. Of dit nou spook-geld, insurance-geld of

shebeen-geld is, geld is geld.

Koekie: Dankie dat jy verstaan, Jakob. Gee asseblief net vir Malcolm die beste funeral

wat jy kan.

Jakob: Your wish is my command. (Polisieman is klaar met notas maak by die lyk. Hy

sluit by Jakob en Koekie aan).

Polisieman: Klaar met my Sakboek inskrywings. (Aan Jakob) Kom ek help U met die

oplaai van die lyk.

Jakob: Dankie Sersant Wilson. (Jakob en Sersant laai Sexie se lyk op die Draagbaar. Aan

Koekie) Jy sal met die kantoor in verbinding tree vir verdere rëelings, nè. Sandra

is op kantoor.

Koekie: (Snikkend) Sal so maak. Onthou, net die beste vir my kind....

Jakob: Ek lewer altyd my beste. Onthou, jy kan die lyk enige tyd kom besigtig daar by

die begrafnisonderneming.

Koekie: Dankie, Jakob. Jy is ‘n regte Staatmaker.Ek onthou nog hoe mooi jy Malcolm se

Ma begrawe het...Jy is trustable...My kind is in goeie hande...(Exit Polisieman en

Jakob met Sexie se lyk op die Draagbaar, gevolg deur Koekie).

Beryl: (Waar sy steeds eenkant van die Verhoog staan en huil. Lig haar hand op en wuif)

Koebaai, Sexie my Man, koebaai (Vee trane af). (Sing) God be with you, till

we meet again... (Exit Beryl singend en snikkend).

TWEEDE BEDRYF

Toneel Een

Einde van Toneel Drie, Eerste Bedryf.

Toneel: Die Ontvangsarea/Werkskamer van Jakob Dood se onderneming

genaamd “Doodstil” in Eersterust. Agter ‘n gordyn is daar is ‘n tafel waarop lyke

gewas word, ‘n paar plastiek kranse teen die muur, ‘n lessenaar met

Persoonlike Rekenaar en Drukker, telefoon, faksmasjien , papiere en penhouer

op. Daar is ook ‘n fotostaatmasjien om begrafnisprogramme af te druk. ‘n Paar

leuenstoele is ook in die vertrek. Kiste, klein en groot staan orals rond.

Agtergrond Musiek: Begrafnis Liedere: Nearer my God to thee/Last mile of the

way/In a land of fadeless day/The Lord’s my Shepherd...Liedjies soos gesing

deur die Kings Messengers.

Aand in die Ontvangsarea/Werkskamer van Doodstil Begrafnisondernemers.

Jakob Dood, uitgevat in sy Swartpak, Withemp, Swartdas en Swartskoene-alles

‘n rapsie te klein, is besig om te werk aan die uitlê van Sexie se Lyk. Die lyk lê

op ‘n tafel. Hy werskaf ook aan ‘n kis deur dit uit te voer met witlap. Hy gebruik

‘n groot Krambinder. Hy werk singend.

Jakob: (Sing “Nightshift” van die Commodores) Sexie, hey what you doing now, it seems

like yesterday when we were working out on the Nightshift... Nightshift?

Nightshift? Lyke is altyd doodstil. Jy kan met hulle praat, vir hulle jokes vertel,

vir hulle sing voor hulle vry en spyker. Hulle tjip nooit in of sal jou nooit verklik

nie! (Sing verder liedjies oor die dood deur John Lennon en andere): Last night

the wife said, oh boy when your dead, you take nothing but your soul with...(Sê

hardop): John Lennon, Ballad of John & Yoko; (Sing): I said to my brother,

I’m afraid to die....(Sê hardop:) Sam Cooke, A change is gonna come, kom

ook uit die film Malcolm X; (Sing): And it seemed to me you lived your life like a

candle in the wind.....(Sê hardop) : Candle in the Wind Elton John se tribute

eers aan Marilyn Monroe en later, Lady Di; (Sing): Good Friends we had, good

friends we’ve lost along the way (Sê hardop): Bob Marley, No Woman, No Cry;

(Sing): It’s the heart afraid of breaking that never learns to dance. It’s the

dream afraid of waking that never takes the chance. It’s the one who won’t be

taking who cannot seem to give, and the soul afraid of dying that never learns to

live... (Sê hardop):Bette Midler: The Rose. Ja-nee, daar is ‘n paar famous en

notorius lyke wat elke Begrafnisondernemer wêrelwyd graag sou wou voorberei

het vir begrafnisse: John Lennon, Assassination; Lady Di, Motor ongeluk;

Malcolm X, Assasination; Martin Luther King Assassination; Andries Treurnicht,

Slegte hart; Marilyn Monroe, Drugs en Moord; Bob Marley Kanker en Dagga;

Hansie Cronje Vliegtuigongeluk; Peter “Kill the Boer, Kill the Farmer” Mokaba,

Vigs; Mense wat oor Kersfees en Easter sterf op Suid Afrika se paaie sterf-

onverskillige bestuurders, drankmisbruik en slegte paaie.(Verander onderwerp)

Haai hier sing ek nou so lekker en werk op die selle tyd. Ek, Jakob Dood, Eienaar

van, en Sole Shareholder van Doodstil Begrafnisonderneming, doen my werk

met flair en maak nooit ‘n flop van ‘n lyk nie. Naas Prostitusie, is Lykuitlê die

oudste beroep. Wanneer die pôpô die fan strike en hulle aftjop, word Jakob Dood

ingeroep!. Al kom hulle met gesmashde gesigte, of al het hulle ‘n paar dae in die

veld gelê en rigor ortis het ingetree fix ek hulle nog op! ‘n Lykbesorger mag nooit

opslip nie. Lykewas en voorberei is ‘n meticulous proses:dra Witjas, masker,

handskoene en lapskoene, was hande met alkohol, steriliseer alle instrumente,

liggaam word gewas en uitgespuit oral waar daar gate is, liggaam word gebreek

sodat die klere aangetrek kan word, make-up word aangesit, lyke word in ‘n

deepfreezers gebêre. Ek panel beat my lyke nca. (Oorgang) Ek job ‘n bietjie,

soos altyd, oortyd vanaand. My Secretary, ou Sandra Webb wou nie vanaand

saam met my oortyd werk nie, het glo ander planne. Nou wat vir ‘n Naam en

Van is “Jakob Dood” sal enige lewendige of uniformed mens jou vra? Ja-nee,

sien die saak staan nou so: Ek is properly gebore in die Holy Cross Hospitaal in

Lady Selborne en gedoop as Jacob Vernon February, daar in die Roman Catholic

Kerk in Marabastad deur Father Petersen, ‘n Lanie-priest nogal. Ja, dit was nog

voordat die Apartheids Government Selborne en Marabastad demolish het-maar

daai is ‘n ander storie. Dié van julle wat inquisitive is en meer wil weet oor die

uitsmytery uit Marabastad, Selborne, Highlands en Eastwood moet maar oor die

gehuilery gaan lees in die writings van Speedo, Robba, Meneer Manna, Jay

Naidoo, die Seckles en die Magardies. Hulle het klaar genoeg namens ons almal

getjank in hulle autobiographical writings. Dié is die Computer en Satellite Age

met Mark Shutleworth in Outer Space en die Americans wat soek na lewe op

Mars. Die Boere-kak-vertel-en-aanhou sanik oor Apartheid en lost property

issues is something of the past. Get a life and move on! Wake-up and smell the

roses! Vanaf 1994 is ons mos nou die multiracial government, of hoe? Die nuwe

Darkie-Xhosa Government het al die uitgesmyte families wat kon proof dat hulle

property ge-own het uitbetaal! Vra vir Mister Ash, Troepa, die Campbells en die

Abramjees. Verstaan my mooi, die Marabastad outburst van vaneffe is maar net

“an aside”, soos oorle Shakespeare sou gesê het-net background, nie main issue

nie. Marabastad serve net die purpose om te explain dat ek daar ge-manufacture

en ge-baptise is. Dié storie is oor die “Dood”, maar verskoon die pun, maar dit is

nie ‘n “dooie storie” nie. Hoe het ek Jacob met ‘n “c”, Vernon February dan

Jakob, met ‘n “k”, “Dood” geword? Maklik en simpel: by een meeting van die

Dooiemans Club Society jare gelede, toe Eersterust nog jonk was, Oom Hansie

nog die Petrol Garage gehad het en hy die Coloureds van Selborne en Claremont

oor die Stinkspruit van die Silverton Tannery gelei het, toe Oom Jeff net kort

gelede met die Circus hier aangekom het, toe Oom Job nog lekker pens en ander

afval verkoop het, toe Onnie nog vetvleis by Mister King gekoop het, en oorle

Oom Bobbela nog blikbier na die shebeens aangery het, toe Sundowns nog ‘n

Marabastad Bushie sokker team was, en Toentoes nog Claremont United ge-own

het, toe Bushies, Darkies, Chinas, Lanies en Indians nog saam in Riverside en Ou

Eersterust in harmony gebly het, toe Mamma Oi en Boss nog hulle equivalent

van ‘n Makuloo Hopaan winkel in Highlandspark gehad het, voordat hulle in 1978

weggespoel het, met Boss kaal-en-klouend aan die safe vol geld, het die lede

van die Burial Society besluit dat ons as Begrafnisondernemers meer gepaste

name moes kry wat met die eerste hoor-of leesslag ‘n impak sou maak. Ek kies

toe Jakob Dood. Ek verafrikaans my naam en laat val die “c” vir ‘n “k”; Osman

Namso van Devil City Funerals kies die bynaam “Dooieman”; Isaac Arends van

Isaacs Funerals word “Ou Lyk”; Bagga Beckett wat by die Government

Mortuary werk verkies om bekend te staan as “Ou Spook, of Spokie”; en

Iqbal Labqi van Slamse Funeral Parlour word toe “Ou Wudu”-dit is verwys glo

na die Lykwas-proses wat die Slamse gebruik.Van Marabstad, Highlands en Lady

Selborne gepraat, daar het die mense mos fahfee by die Chinaman ou Pong

gespeel. Ek het altyd, soos ‘n regte Funeral Undertaker dit moet doen,

Dooieman of Dooievrou gespeel. Selfs nounog by Mr Chan se Bank speel ek

dieselfde. Nooit Dooiekind, want dit bestaan nie! (Oorgang) Soos ek vaneffe

gesê, ons is in ‘n noble traditional profession. Begrafnisondernemers is ook

mense en word ook geraak deur die dood van ander. Dit is soms moeilik om

met die lyke te werk. Ons kry wat ons noem: Deadblues. Daar by ons eie

Dooiemans Club het ons ‘n Spiritual Guru, Bagga Becket, Ou Spook, wat by die

Government Mortuary werk. Hy is mentally en emotionally die sterkste van ons

almal. Hy sien meer groteque lyke as ons. Hy praat ons altyd moed in as ons die

Deadblues kry, of besig is om van ons koppe af te raak. By ons Monthly Club

meetings is daar altyd drank en ons gebruik dit vir stress relief. Daar praat al ons

lede, reg geraai, oor die “Dood” en ons ander realted problems soos probleme

met Doodsertifikate en die bribery by Department of Home Affairs om jou

certificates gouer te kry, die Council se hoë pryse vir gate, die mense wat ons

nie betaal die, die duur pryse van kiste en blomme, demanding customers,

problem corpses, die gebruik van organe uit liggame vir “spare parts”, soos wat

Ou Chris Barnard gedoen het toe hy nog harte oorgeplant het, die gebruik van

huilebakens en professional mourners, soos die karakter in Zakes Mda se “Ways

of Dying”, en die latest technology in die field of death.Ons boost ook mekaar

ook, want ons immune en ook emotionally blunt teen ons customers en hul

families se pyn en lyding. As Chairperson, of Comrade Chair, of National

Gatekeeper van die Dooiemans Club Society is ek verplig om in die Computer of

Information Age koerante en tydskrifte te lees, net die gedeeltes wat handel oor

die dood, begrafnisse en die obituaries en om ons Lede op hoogte te hou. Ek en

my Sekretaresse Sandra Webb “surf” ook die Internet vir berigte oor die dood

en ons gebruik related terms soos: graveyard/ mortuary /dead/

coffin/wreaths/etcetera, om information te retrieve. Ek moet die Dead and

Dying Industry protect. Ek moet ook reageer op negative statements en articles

oor my professie. Ek stel not-‘n-niks belang in die Hoofnuus oor Mandela/ Bin

Laden/ Bush/ September 11 ensomeer nie. Nuus oor die Dood, Graveyards,

Begrafnisse en Obituaries in die koerante se Classifieds is my kos. Dit is regtig

interessant watter bizarre berigte daar in die koerante en op die Internet oor ons

Professie te vinde is.(Hy gaan na agter, kom terug met koerant uitknipsels) Ek

het dié aan ons lede versprei (Hy lees berigte hardop):

-Corpse rises from Coffin: chaos as Nomsa fall from ‘bhokisi’ on way to

the grave;

-Die Begrafnisritueel in Eersterust-J L C Du Preez, M.A. Verhandeling,

Unisa 2000

-Eersterust is soos ‘n groot familie. Ons Begrafnisritueel het die pyn van

verskuiwing en skeiding vir ons draaglik gemaak-Vader David Marupen van Die

Anglikaanse Kerk, Eersterust 1999.

-Raak betrokke by mense en hulle smart: gee iets van jouself;

-Undertakers killed 12 to boost profit;

-New Life in death business: the world’s population is growing and to the

funeral industry, everyone is a customer;

-Om ‘decent’ te sterwe: die belangrikste mens by die funeral is nie die lyk nie;

-Goeie begeleiding: As jy ordentlik op die pad gesit wil word, is Mitch

Jantjies van Valley Funeral Parlours jou man;

-Opgrawing van die oorskot van die voormalige Suid Afrikaanse Krieket Speler,

Tertius Bosch-Marietjie Van Der Walt het die spoor gevat;

-Tombstones for as little as R1 699, VAT inclusive.

-Focus on Funeral Guidelines: Beware of funeral vultures;

-Advertisement: Used Tombstone, perfect for someone named Homer

Hendel Bergen Heinzel;

-Ons doen dit nice, want elke lyk vertel ‘n storie;

-Duitsers geskok oor ‘plastieklyke’: Professor Gunther von Hagens van

Berlyn speel met dooies asof hulle poppe is, sê Kerkleier;

-South African Company to make cardboard coffins;

-We lift the lid on Cop’s coffin trade;

-A voice from beyond: story of Pastor Manie who was declared dead by doctors

at H F Verwoerd Hospital. He later woke up in the mortuary;

-Burial now booming business;

-Reprieved: Soweto Undertakers who spent a weekend in jail after the family of

a 67 year old man accused them of removing his private parts. The two were

released after a state pathologist found that the corpse was intact;

-Competition booms in the business of death: We lift the lid on the Great

Funeral Scam;

-Durban runs out of graves: Large number of Aids deaths worsens the problem;

-Warning from SA National Consumer Union: Funeral costs not covered.

People holding burial booklet funeral policies should be aware the

settlement value will very seldom if ever cover costs of a funeral

nowadays;

-Death to Dust: what happens to Dead Bodies-book by Kenneth V Iserson;

-Eersterust: Wie het gesê troosdienste is net virrie dronkies?-Virginia

Keppler in Beeld;

-Vrou kook man en sit as ete saam met groente voor vir sy kinders;

-Encyclopaedia of Afterlife beliefs and phenomena;

-The Grim Reaper: Death takes out a chunk out of SA consumer spending;

-Costly funerals bite deep into family budgets;

-Thieves steal Van and Body;

-Bodies due for burial found on scrapyard;

-Vrou se kop uit Pretoria se begraafplaas gesteel;

-Notices: 002 Deaths: Obituary: Dearly beloved mother, Marlene Arends

passed away after a long illness on 30/08/02. Missed by children,

grandchildren and great-grandchildren. May her soul rest in peace;

-Cops who live with the dead: the mortuary men who are shunned by the

community for the work they do at Soweto’s Diepkloof mortuary;

-Oom se ‘lyk’ kom toe ook pensioen haal: Drie mense het ‘n lyk na ‘n

poskantoor in Oos Londen gedra en probeer om sy pensioen geld te trek;

-A dying business: with the death rate dropping dramatically in Britain,

undertakers have less and less work to do;

-A Grave Offence: An undertaker was arrested for allegedly driving two

stolen hearses in the Durban area.

-Grave shortage at cemeteries: Rise in HIV/Aids deaths sees burial land running

out;

-DotComs buried as fast as they are born: R.I.P. Bad Service. DotCom. 5

months old;

-The cost of dying: dying ain’t what it used to be;

-Never say die: Death is one area of human activity that remains fraught

with social pitfalls for the unwary;

-Life is cheap, death costs;

-Local Lazarus: A Kazakhstan man who was electrocuted and buried,

shocked his friends and family by turning up for his own funeral feast.

The man was wrapped in a cloth shroud according to Muslim tradition

and buried in a shallow grave. But two days later he regained

consciousness and rose naked from the ground;

-Cemetery Apartheid: Black Families accuse Alberton council of discrimination;

-12 -year vigil beside dead wife: Farmer outside New Castle in KwaZulu

Natal embalms his beloved wife after her early death and spends his

time communing with her corpse in a R120 000 crypt he built for her;

-Kul die Ondernemer, bou solank jou eie kis;

-Life and Death: Keeping coffers and coffins brimful;

-Ways of Dying, book by Zakes Mda;

-Lykbesorgers wat seks met lyke het, ly aan ‘n sielkundige afwyking

Necrophilia

-Hope for life in funeral parlour: In years to come when Tshepo (meaning Hope)

is asked where he was born he will have to admit it was in a funeral parlour in

Pretoria North that was not yet officially opened. His mother was in labour as

she passed the funeral parlour. She entered, then a few pushes later, Tshepo

was delivered by Unity Funeral Parlour co-owner Fanie Botha. The funeral

parlour will open officially on Monday next week, Botha said. Ironically we

opened our business with a birth and not a death;

-Angel of Death guards graves: Eden Park’s Angel of Death, Charles

Fortein lives in the cemetery where he runs in front of funeral

processions to show them where the graves are. Fortein lives in an open

grave in the cemetery “where I watch over the coffins thugs would

steal”;

-Dead Couple tie knot at mortuary: A man who died after having a tooth

pulled and his girlfriend who committed suicide from grief have been married

in a “ghost wedding”;

-Woede oor eksamen na begrafnisplek verskuif word: Die blote gedagte

aan ‘n eksamen is genoeg om enigiemand koue rillings te gee. Wanneer

die eksamen egter in ‘n begrafnisondernemer se kantoor afgelê word

terwyl familielede op die agtergrond huil en kiste uit lykswaens gedra

word grens dit aan die absurde. Maar vir ‘n groep eksamen kandidate

van die Technikon Suid Afrika op Wolmaransstad was diè sameloop van

gister allesbehalwe snaaks;

Funeral Undertaker arrested for theft of Farmers Sheep: A Funeral Undertaker

who promised his customers a free sheep with every funeral package was

arrested by Police after it was discovered that he stole the promised sheep from

a nearby Farmer.

Nel, E.P. 2000. Stories of Life and Death: Undertakers perspectives.

Dissertation: M.A. Clinical Psychology. Pretoria: University of South

Africa. (Incomplete) Supervisor: Professor D.P. Fourie.

USA puts the final Nail in Saddam’s Coffin.

Jakob: (Sit Koerantuitknipsels weg) Haai, hier sit ek en bek verkoop en ek moet nou

vinger trek om vir Sexie klaar te prepare om sy Heiland te ontmoet. (Praat met

Sexie se lyk): Jy is op ys gesit, Sexie, ge-fuse, binnekort vat jy jou gat; Jy het

die tydelike vir die ewige verwissel; Nou sê Eersterust se mense: nog ‘n

Papvreter of suurstof dief minder! Jy het die emmer geskop; Jy gaan witbene

wees, Ou Sexie; Jy gaan molle oppas, jy het die Rubicon oorsteek; Jy gaan lang

bome toe; Jy het afgetjop! Jy lê toontjies in die lug; Jy het lepel in die dak

steek; Jou gasket het geblaas; Ou Sexie Wat is jou toekoms, heaven, hell or

purgatory? Time will tell, time will tell... (Giggel): Dan is daar nog die duisende

grappe en sêgoed oor die dood: Man skel sy vrou: As jy vrêk sal ek op jou

grafsteen laat skryf: Hier lê my vrou, koud soos altyd! Die vrou retaliate en

skreeu: en op jou grafsteen sal ek laat skryf: Hier lê my man, uiteindelik styf!

(Lag) Fanus Rautenbach sê ons almal sterwe, maar elkeen sterf volgens sy

beroep:

-Reisigers gaan heen;

-Parlementslede op die groen kussings gaan sag heen;

-Die Melkman en Posman kom om;

-Jagters gaan Bokveld toe;

-Kokke steek die lepel in die dak;

-Die Horlosiemaker se tyd het aangebreek;

-Die Valskermspringer ontval ons;

-Die Tuinier is van die gras af gemaak;

-Die Melkboer het die emmer geskop;

-Die Begrafnisondermer sien sy gat

-Die Dominee het die tydelike met die ewige verwissel;

-Die Ouderling is ontslape;

-Die Skeidsregter het sy laaste asem uitgeblaas;

-Die Elektrisiën se liggie is gedoof;

-Die Koster het die doodsklok hoor lui;

-Die Draadtrekker se draad is geknip;

-Die Springbokrugby-afrigter het tot rus gekom;

-Die Librarian het in stilte gegaan;

-Skoonmoeders: Die Duiwel het hulle kom haal.

Jakob: (Oorgang) Soms word ons Begrafnisondermers ingespan om ook ‘n Kerklike plig

te doen, al is ons nie Ordained Priests, Rabbi’s of Imam’s nie. Die saak staan so:

die gestorwenes wat afvallig van hul Kerke geword het, plainweg- die

Backsliders, hulle wat verstoot word deur hulle kerke en die predikante wil hulle

nie begrawe nie. Ons begrawe hulle. Dan ek speel a variety rolle: Die een dag is

ek NG Predikant uitgevat in swart pak met wit hemp en wit das: (Doen ‘n

Dominee Wagenaar demonstrasie-Bybel & costume?), die ander dag is ek weer

Anglican of Catholic (Doen ‘n Father Petersen impersonation-Bybel & costume?)

ander dag weer Moslem (Doen ‘n Imam Essak impersonation-Koran & costume?)

ander dag weer ‘n Pinkster Predikant (Doen ‘n Roscoe/Jimmy Swaggart/ Robert

Duvall-the Apostle impersonation-Bybel & costume?)

Jakob: (Kyk na Sexie se lyk) Toe ons ou Sexie hier inbring was hy stinkend vuil en moes

ek hom skrop met ‘n staalborsel en blouseep en die hosepipe indruk by al wat

gate is om hom te purify. Moet nog net sy klere aantrek, make-up aansit, dan is

hy reg om sy Heiland te ontmoet. ‘n Decent funeral, nee, ons kan nie vir Sexie ‘n

paupers funeral gee, soos Anna-van-Nantes suggest het nie. Ek sal hom ‘n

decent burial gee. Ek stel nooit belang in paupers funerals nie, alhoewel die

Government ons goed daarvoor betaal. (Sit lig af. Exit)

Einde van Toneel Een, Tweede Bedryf

Toneel Twee

Dieselfde as Toneel Een. Jakob Dood se Begrafnisondernemers se Voorportaal.

Die Volgende oggend. Agtergrond musiek soos in vorige Toneel speel

deurentyd.

Donkerte (Sandra se stem): Ek hoop Meneer Dood kry dit nou eenmal in sy kop om die

Lykshuis en die Kantooruimte te skei. G’n mens kan so werk met papiere en lyke

en... (Ligte op. Telefoon lui. Lig op Koekie Snyders. Sandra antwoord): Sandra

Webb, Jakob Dood Begrafnisondernemers, goeie middag. Indien ons nie

beskikbaar is nie, kan U in die toekoms ‘n e-pos stuur deur ons Website:

www.dood.gaan. (Spreek uit: dot/dood/dot gaan). Waarmee kan ons U help?

Koekie: Koekie Snyders, wyle Sexie se Ma hier.

Sandra: O, hallo Mevrou Snyders.

Koekie: Juffrou, ek het ‘n probleem met julle webadres. Ek kan nie verstaan hoekom dit

dot/dood/dot/gaan is en nie dot/dood/kom/ nie?

Sandra: Ons is oorspronklik, Mevrou, want niemand kom dood, nie. Almal gaan dood.

Verstaan U? Wil U met Meneer Dood praat? (Luister) O, ek sien. (Luister) Oor

die mooimaak van Sexie se lyk? Ek roep hom Mevrou Snyders, hy is nou reeds

besig om weer vir Sexie te versorg. Hy het glo die heelnag gisteraand aan Sexie

gewerk.

Koekie: (Oorbluf) Wat bedoel jy met versorg?

Sandra: Mevrou, hier by Jakob Dood se Begrafnisondernemers neem ons voorsorg en

ons versorg ons Kliënte. Ons is uiters bedagsaam oor hoe ons met ons Kliënte

werk.

Koekie: Ek begryp nie wat julle bedoel met Kliënte nie?

Sandra: Mevrou, U sal na hulle verwys as “dooies”, maar ons is meer sensitief en praat

van ons “ontslape Kliënte”.Mevrou, ek roep vir Meneer Dood. Hou maar aan,

Mevrou. (Druk die telefoon se mondstuk toe en roep na agter): Meneer, ek het

vir Mevrou Snyders, wyle Sexie se Ma op die lyn...(Geen reaksie van agter die

gordyn.) Die ding is seker weer doof of gesuip. Ja moenie so verbaas wees nie,

Begrafnisondernemers word toegelaat om te drink aan diens. ( Roep

harder):Oom Jakob...(Jakob Dood kom te voorskyn van agter die gordyn)

Jakob: (Kom singend op):...On the Nightshift! Nightshift? ( Aan Sandra) Moenie so

skreeu nie, ek het jou die eerste keer gehoor. Ek sal maar die uitlatings oor

“doof- en gesuip” wees vir eers ignoreer. Jy het gesê dit is Mevrou Snyders op

die lyn. (Neem die telefoon by haar) O’ hallo Mevrou Snyders...(Aan Sandra):

Skryf terwyl ek praat...(In telefoon): Praat maar Mevrou...

Koekie: Is my Seun al reg is om sy Heiland te ontmoet?

Jakob: Amper Mevrou Snyders, Sexie sal gekis-en mooigemaak wees voordat julle na

hom kom kyk. (Hy wys na agter na die lykstafel) Hy lê rustig en wag dat ek met

hom moet klaarmaak. U sal hom nie herken as ek klaar is met hom nie. U sal

self sê, ekskuus vir die pun, dat hy nog nooit so “sexie” in lewende lywe was nie.

(Verander gesprek. Meer saaklik). U sal nie vergeet om die geld saam te bring

nie né? R3 000, dit is wat dit sal kos vir die kis, gat, programme, tent en stoele

y die huis, die kisruiker en die tent by die begraafplaas. Watter kleur blomme

wil U vir die kisruiker hê?

Koekie: Pers en wit...

Jakob: Dit sal ‘n bietjie moeilik wees.

Koekie: Pers en wit was sy gunsteling kleure. Dit moet vars blomme van Marabastad se

Koeliemark wees, nie Pearl Plastics se artificial plastiekblomme nie.

Jakob: Ek verstaan. Goed so Mevrou Snyders. As u enigiets verder wil praat oor die

reëlings, hier is Sandra.(Hy druk die gehoorbuis toe en terwyl hy die telefoon vir

Sandra aangee. Aan Sandra): Sy wil nog praat oor die Sexie se

begrafnisprogramme. Ek moet weer aan Sexie gaan aandag gee. Hanteer jy

maar die situasie diplomaties, die Auntie smaak na vuur.. (Hy beweeg na agter).

Sandra: O’ hallo weer Mevrou Snyders, Meneer Dood sê U wil nog reëlings tref vir die

programme.

Koekie: Ek soek ‘n foto van Sexie op die programme.

Sandra: (Maak notas terwyl sy praat) Dit sal ‘n ekstra drie-honderdrand vir vyfhonderd

programme kos. Goed so? Dankie. Nog iets?

Koekie: Ek wil hê dat julle sy favourite suite vir hom aantrek. Ja-nee, en met sy trou tie

asseblief. En skoene ook, spesifiek sy Florsheims, nie die Bostonians nie.

Sandra: Mevrou Snyders, eintlik is skoene oorbodig, want sien U, die begrafnisgangers

gaan net sy gesig, skouers, bors en hande sien. U verstaan né? (Maak ‘n teken

van mismoedig-en ongeduldigheid. Luister) Wat was u laaste versoek, ek kon nie

so mooi hoor nie-iets van Medals het U gesê?

Koekie: Jy moet jou ore reg was, Juffrou. Ek hou nie daarvan om my aartappel twee

keer te skil nie. Ek het gesê julle moet sy Drama Medals om sy nek hang (

Sandra maak nog steeds notas) en sy Trophies, Drama Certificates en CD’s

moet ook in die kis kom. Dit is nie sommer cheap certificates nie: Best Actor vir

Outcast, King Lear, Shrink vir Azania en Best Play vir Die Afspringers en Laaste

Supper In Marabastad!

Sandra: (Druk telefoon se mondstuk toe. Praat met haarself) Ek wonder sal die kis nog

kan toegaan en nie te swaar wees met al die simple Medals en Certificates in.

Koekie: (Skud telefoon) Hallo, hallo, is jy nog daar? Is die lyn dan gesny?

Sandra: (Praat weer in telefoon se mondstuk) Nee Mevrou, die lyn is nie gesny nie. Ek

het net vir ‘n oomblik ge-nies. Ek is nog steeds met U. (Verander gesprek)

Mevrou Snyders, as ek U raad kan gee, moenie te veel aandenkinge in Sexie se

kis plaas nie. Dit sal die kis te swaar maak en die Slippedraers gaan sukkel...

Koekie: Slippedraers? Watse goeters is dit?

Sandra: Dit is die Pallbearers, die Kisdraers.

Koekie: O, ek sien. Ek soek nie daai naam Slippedraers op die Program nie. Ek

verkies Pallbearers. Verstaan ons mekaar nou mooi?

Sandra: Ja, Mevrou. Goed so.(Gaan aan met gesprek) Wat ek wou gesê het, te veel

dinge in ‘n kis kan moontlik maak dat die bodem uitval.

Koekie: Is julle kiste dan nie ge-reinforce nie?

Sandra: Maar natuurlik is ons kiste se bodems ge-reinforce. ‘n Gewone kis kan ‘n massa

van eenhondred-en-vyftig kilogram dra, en ons Caskets tot tweehonderd

kilogram.

Koekie: Wat kos ‘n Casket?

Sandra: Tienduisend, excluding VAT.

Koekie: Dit val buite my budget en ek het ook nie vir Sexie insure nie, soos ek vir Jakob

Dood en Anna-van-Nantes daar in Silvertom gesê het toe ons Sexie se lyk gaan

haal het. Ek weet van baie ander mense wat hulle kinders en family members

insure-nie ek nie. Ek is ‘n arm, maar eerlike Wedevrou.

Sandra: O.K., dan hou ons dit maar by die eenvoudige Dennehout kis van drieduisend

rand.

Koekie: Goue handvatsels? Het daai kis goue handvatsels?

Sandra: Natuurlik is die handvatsels in oorgeblaaste goud.

Koekie: Wat van die inligting op die Naamplaat op Sexie se kis?

Sandra: Daar sal alles op Sexie se Naamplaat wees wat U en U familie opgeskryf wil hê.

Koekie: Dit moet nie opgeskryf word nie, dit moet engrave word.

Sandra: (Mismoedig) O.K. , ons sal dit engrave. Ek skryf terwyl U dikteer wat U wil

opgeskryf, sorry, engrave wil hê.

Koekie:(Dikteer) Malcolm “Sexie” Snyders

Gebore 17 Mei 1972

Oorlede 30 Augustus 2002

30 jaar oud

Sandra: Alles in-die-hak. Is U klaar Mevrou Snyders? (Luister) Die Pallbearers se name?

U het dit gister vir ons gegee. (Krap in die lessenaar se laai rond. Vind dit). Hier

is dit: Uit die huis-U en Sexie se Tweeling seuns en sy broers en susters; In

die kerk-Die Eersterust Teaterkombuis, Jakaranda Drama en ERUK se Akteurs;

Uit die kerk- Die Kerkbroers van die Katolieke Kerk; By die begraafplaas-

Weer U en Sexie se broers en susters. Goed so?

Koekie: Dink jy nie dat dit sal snaaks lyk as sy Ex-vrou, Beryl die Afspringer van

Upington of Anna-van-Nantes, sy Floosie nie dra nie? Weet jy hy was geskei van

Beryl en dat hy ‘n Valkind by Anna het? Sal die mense daaroor skinder nie?

Sandra: Mevrou, ek weet niks van Sexie se egskeidingof sy buiteegtelike kind nie.

Koekie: Weet jy dat Sexie en sy Ex Vrou, Beryl albei hulle kinders,die tweeling-twins

Ronnie en Roger abandon het en dat ek hulle moes groot maak met bruinbrood

en sopbene?

Sandra: Nee Mevrou, ek het dit nie geweet nie

Koekie: Weet jy of die Beryl- die-Teef en Anna-die-Hoer die funeral sal bywoon?

Sandra: Nee Mevrou ek weet ook niks van Tewe en Hoere en kinders wat op sopbene en

bruinbrood groot geword het nie.. Ons is maar net die Begrafnisondernemers,

nie die Welfare nie.(Moedeloos) Mevrou Snyders, ons moet nou klaarmaak, daar

is baie ander mense wat ook wil deurbel na ons. U weet van die baie

funerals wat ons deesdae het met al die Aids sterfgevalle en die Gangsters wat

mekaar uitmoor en die Hobo’s wat moet paupers funerals kry.

Koekie: (Skreeu) Sê jy Sexie was ‘n Gangster wat ‘n Hobo geword het en aan Aids

gesterf het?

Sandra: Nee, U haal my buite konteks aan. Ek het U maar net ingelig hoe baie werk

ons het en watter sterfgevalle ons deesdae mee te doen het.

Koekie: Onthou net Juffrou, die “een se dood is die ander een se brood”, en julle maak

profit uit die dood en ander se smart.

Sandra:(Obstinaat) Ja, Mevrou, U is reg. Ons maak profit uit die dood, en daar is niks

om oor skaam te wees nie. Ons is in ‘n edele professie. (Ongeduldig) Mevrou,

nou moet u aflei..(Luister) U wil net nog ‘n laaste verandering maak.

Koekie: Ek het my mind ge-change oor die draers. Ek wil nie weer hê dat sy broers en

susters hom moet dra nie want hulle het niks bygedra tot die funeral of die kos

vir na die funeral nie, die moerskonners. Ek wil hulle ban van die funeral. Wat

dink jy daarvan? Wat dink jy van die slegtegoed?

Sandra: Mevrou, ek moet altyd neutraal bly in so ‘n situasie.

Koekie: Jy het ook ‘n opinie oor niks. Skaam jy jou nie? Jy het nie ‘n opinie oor Sexie

se Teef, nog minder oor sy useless stingy broers en susters nie! Omdat jy nie ‘n

opinie oor fokkol het nie, Juffrou Webb, wil ek jou net inform dat ek Sexie se lyk

self sal kom verwyder en vra dat Osman van Devil City Funerals of Isaac

Arends van Isaac Funerals hom begrawe. Hulle sal my beter service gee

sonder ‘n klomp slimmighede soos julle.

Sandra: Nee Mevrou, U kan dit nie doen nie. Wag net so bietjie, ek roep vir Meneer

Jakob Dood. Ek dink hy moet die situasie hanteer. (Druk telefoon mondstuk toe.

Roep na agter): Oom Jakob, Mevrou Snyders is al weer difficult. Kom praat

asseblief met haar. Sy dreig om haar besigheid na ons rivals te vat. (Jakob op.

Vee sy hande aan sy klere af. Neem telefoon by Sandra. Exit Sandra).

Jakob: Waarmee kan ek nou weer help Mevrou Snyders?

Koekie: Ek kook nou behoorlik hier waar ek sit, Jakob Dood. Ek wil hê jy moet jou

Secretary uitsort! Fire haar omdat sy ‘n opinie oor niks het nie!

Jakob: Ek sal met haar daaroor praat. Mevrou, U sal nie ‘n beter prys en beter diens by

Devil City Funerals of Isaac Arends Funerals kry nie. Hier by Doodstil

Begrafnisondernemers gee ons net die beste en goedkoopste diens vir ons

Kliënte en hul Naasbestaandes.

Koekie: Ek het my maar net nou-nou oorboos. Ek wil nog steeds hê julle moet vir

Sexie begrawe.

Jakob: Ek verstaan dit so (Luister) Ons is U eerste keuse om Sexie te begrawe...

Koekie: In future wil ek nie weer met jou onnosele Secretary praat nie. Van nou af wil u

direk met jou praat. Onthou, the customer is queen: nie queen soos in moffie, Freddy

Mercury nie maar soos in Elizabeth the eleventh.

Jakob: Jammer om U te korrigeer Mevrou, maar dit is Elizabeth the second, nie eleventh

nie. Hulle gebruik maar net die Romeinse syfers twee (II) (Maak die teken twee

met sy vingers) wat lyk soos ‘n elf.

Koekie:Raak jy nou so slim soos daai scaberesh van ‘n Secretary van jou, Jakob Dood?

Moet my nooit weer korrigeer nie. Ek het skool gegaan. Ferguson in Cape

Location, by Meneer Visagie-‘n witman! Ek is nie illegitimate nie.

Jakob: (Vinnig, sonder om te dink) U bedoel illiterate?

Koekie: Nou het ek genoeg gehad! Ek is nie hardup vir jou, jou Jolbok van ‘n Secretary

en Doodstil Begrafnisondernemers nie. Devil City Funerals en Isaac Arends

Funerals wag vir my besigheid! Jinne so kan dit nie aangaan nie, jou Secretary

wil aan my voorgeskryf het wie moet Sexie se kis dra. Sy wil my Teef-van-‘n

Ex-skoondogter en my slegte-useless-kinders laat dra, terwyl ek ander draers

het. O? en sy het ook gesê “Sexie was ‘n Gangster wat ‘n Hobo geword het en

aan Aids gesterf het”.

Jakob: Mevrou, dit klink ernstig. Lê maar geduld aan die dag. Ek vra om verskoning en

sal haar dadelik aanspreek. Dit is ongehoord dat ons aan ons Kliënte wil

voorskryf wie moet hulle Pallbearers wees. Kan ons voortgaan met die

Begrafnisreëlings.

Koekie: Julle laat my myself oorboos. Al wat ek soek is ‘n decent funeral vir Sexie. Ek wil

net hê dat dinge moet reg verloop. Julle weet hoe kan Eersterust se mense

skinder as ‘n funeral ‘n flop is. Ek, Koekie Snyders is nie ‘n flop nie! (Oorgang)

Is jy besig om te skryf, Jakob?

Jakob: (Gryp ‘n pen) Ja ek skryf.

Koekie: Sexie se broers en susters sal maar moet dra.

Jakob: Ja, ek het dit so.

Koekie: Wie dink jy is die beste vir die bedankings-Meneer Manna, Speedo of Robba,

aangesien hulle al drie Drama-mense is, of Broer Linton van die Catholic Kerk?

Jakob: Ek dink gaan vir een van die Drama- mense, Mevrou...

Koekie: (Vinnig) Bedoel jy dat die Drama-mense ‘n beter job sal doen as Broer Linton?

Jakob: (Oorbluf) Nee Mevrou, dit was nooit my bedoeling nie.

Koekie: O? Daai Drama-mense het al die jare vir Sexie ge-rob met geld. Hom nooit

betaal nie. Hy het hulle gatte ryk ge-act. Kyk die huise wat hulle in bly, en die

karre wat hulle ry. Die een ry even ‘n Audie, die vuillis! (Oorgang) Jakob Dood,

jy is ‘n dooieman as jy my ooit quote.

Jakob: Ek sal U nie quote nie. So, die Drama-mense is uit vir die bedankings en ons hou

maar by Broer Linton. Ons bring dit so op die program aan. Is dit al?

Koekie: Ja, ek is bly ons kon ons differences uit-sort, al het julle so baie van my tyd

gevat. As enige een van my slegte kinders of daai heks van ‘n Ex-vrou

van Sexie Beryl, of Anna, sy Floosie bel of julle visit, moet julle vir hulle sê, dat

ek, Koekie Snyders in charge van die funeral is! Ek is al die jare independent en

soek niks van hulle nie. Hulle is officially ge-ban van Sexie se funeral!

Jakob: (Vinnig) Ek verstaan. Koebaai Auntie Koekie en dankie.

Koekie: Die Here seën jou....(Sy plaas die telefoon se gehoorbuis terug. Lig uit op

Koekie).

Jakob: Die Here seën U ook Auntie Koekie (Sit telefoon neer). Sjoe! Wat ‘n tawwe

koekie. (Roep na agter). Sandra! (Sandra op)

Sandra: Ja Oom Jakob? Jinne, ek het gedink daai Auntie praat nooit klaar vandag. Mens

kon sweer sy het ‘n verbal diarrhea.

Jakob: Ons moet maar grin-and-bear. The customer is alway right. Skink vir my ‘n koue

Castle. Daar is nog drank gestoor in die yskaste tussen die ander lyke. (Sandra

gaan na agter). (Aan homself) As ek nie kon drink aan diens, sou ek lankal mal

geword het. (Skreeu na agter) Neem sommer een vir jou ook!

Sandra: (Kom terug met ‘n glas bier) Oom weet ek is net op Ciders. Bier is nie vir ‘n

dame nie. Ons is uit Ciders uit. Wanneer gaan Oom ‘n ordentelike Kombuis Yskas

koop? Ek gril elke keer as ek die drank en Tupperware bakke met kos tussen die

lyke in die yskaste moet uithaal.

Jakob: Sodra die besigheid optel. Moenie jou te veel worry dat ons ons yskaste vir

domestic purposes gebruik nie. Dit is common practice dat Funeral Undertakers

hulle drank en kos daar stoor. Ek hoor hoe praat die ouens by die monthly Burial

Society meetings. (Verander onderwerp) Mevrou Snyders sê, jy was snotty met

haar, en ek moet jou fire! (Lag). Waar gaan ek weer so ‘n jong dingetjie kry wat

my rug vryf as ek met die lyke werk? Waar? Julle 16 valves is skaars! Ek het

Mevrou Snyders maar net ‘n sopstorie verkoop en belowe ek sal jou discipline,

net sodat sy nie haar besigheid na Devil City Funerals of Isaac Arends

Funerals toe neem nie. (Telefoon lui weer. Lig op Koekie. Jakob vryf Sandra se

skouers terwyl sy oor die telefoon praat. Sandra antwoord die

gebruiklike):Sandra Webb, Jakob Dood Begrafnisondernemers, goeie middag,

waarmee kan ons U help? (Aan Jakob). Dit is weer Mevrou Snyders.

Koekie: Het Jakob Dood jou nog nie uitgesort soos ek gevra het nie?

Sandra: Ja, hy was nou reeds besig toe die telefoon lui...

Koekie: Ek het die belangrikste ding vergeet. Ek wil julle vandag nog kom visit om te

kom praat oor die Menu vir die ete na die begrafnis-die troosdiensete.

Sandra: Maar, Mevrou Snyders, ons Cater nie.

Koekie:(Luister nie na Sandra) Ek soek: Breyani en Suurmelk slaai en Atchaar met

wortels en chillies in en pienk dahl en Mutton Curry, en cabbage met suurpap en

pampoen en...aanmaak koeldrank in plastic glase en gemmerkoekies...en....

Skryf jy Juffrou?

Sandra: Ek kan nie diè goed neerskryf want ons Cater nie. Ons is nie die Golden Girls

Society of Shaballa Stokvels nie. In hoofletters: ONS CATER NIE!

Koekie: Jou stubborn Teef, kry dadelik vir Jakob Dood op die lyn!

Sandra: Hy gaan vir Mevrou dieselfde sê, ons is nie Caterers nie.(Gee die telefoon

vir Jakob. Nou vryf Sandra Jakob se skouers).

Jakob: Hallo weer Mevrou Snyders.

Koekie: Hoekom het jy nog nie daai stuk onbeskofte ding ge-fire nie? Hoekom Cater

julle nie?

Jakob: Mevrou, Solly Matthews doen Catering en Neville Signs doen blomme vir tafels.

Ons core business is ter-aarde-bestellings.

Koekie: Nou wanneer begrawe julle dan die mense as julle nog ter-aarde-bestellings

ook nog doen?

Jakob: Een en dieselfde ding, Koekie.

Koekie: Ek het jou netnou ge-warn, moenie my intelligence onderskat nie, Jakob Dood.

Ek is ouer ek slimmer as my valse tande.

Jakob: Mevrou Koekie Snyders, ek onderskat nie U intellegensie nie. Ek is nou mooi

gatvol vir al jou stront. Kom haal nou jou donnerse dooie kind en laat die duiwel

hom self begrawe! Enough is Enough! Jy kan die lyk môre kry, want ek gaan nou

sluit! (Hy slaan die telefoon neer).

Sandra: Bravo, Oom Jakob! She had it coming!

Jakob: Jinne, die Auntie wil ons drieduisendrand betaal en eenhonderduisend se service

kry en ons ‘n miljoen rand se aa gee. Haar koekie! As ek nie na tien jaar in die

besigheid geweet het hoe om Customers te handle nie, was ek lankal ‘n lyk!

Sandra: Nog ‘n Castle?

Jakob: Skink maar Sandy. Ek praat nie gewoonlik so met my Customers nie, maar die

Auntie Koekie Snyders is gewoond om mense rond- te- fok. Laat sy nou gaan na

Osman van Devil City Funerals of Isaac van Isaac Arends Funerals. Laat sy

hulle maar mal maak. Jy sou sweer dat Sexie my enigste lyk is. Daar lê ten

minste nog vier ander lyke wat wag.(Raak vatterig aan Sandra) Hoe lyk dit met

‘n stukkie Sandy? Na al die stress wat Koekie Snyders my gegee het, is Castle

nie genoeg om my bloedruk af te bring nie. Net ‘n lekker stuk koek kan die trick

doen...

Sandra: Nee, Oom Jakob, nie aan diens nie. Jy kan drink aan diens, maar nie steek aan

diens. Sê maar nou net Oom se vrou stap hier in?

Jakob: Ag, my vrou ou Juliana weet my motto is: As jy nie ‘n skeleton in die cupboard

het nie, is jy een!

Sandra: Oom Jakes is ook baie slim.

Jakob: Hoekom hou jy aan met die Oom storie? Ek sê jou altyd noem my Jakob of Jakes

as ons alleen is, maar as Auntie Juliana en die Customers hier is, dan address jy

my properly as Mister Dood.

Sandra: Wat is daar vir my in die deal?

Jakob: Is die free backrooms daar by my huis, die selfoon en Edgars rekening nie

genoeg nie?

Sandra: ‘n Vrou nodig altyd baie dinge en bereik nooit ‘n versadigingspunt nie!

Jakob: So jy wil meer as een keer skiet? Ek is satisfied met een round.

Sandra: Jy het net girr op die brain, Jakesy. Ek bedoel nie sexual satisfaction nie, ek

nodig ‘n kar, wiele, ‘n Mazda Midge of ‘n Tazz.

Jakob: You drive a hard bargain my Poppie

Sandra: En ek laat toe dat jy my hard drive Jakesy. Die wiele is ook nie al nie, ek nodig

‘n state-of-the-art Computer met CD-writer, DVD drive, Scanner en Colour

Printer.

Jakob: Huh?

Sandra: Wanneer kan ons ‘n kar en PC gaan uitsoek?

Jakob: (Wil hom nie laat bind nie) Sodra die besigheid optel. Jy weet dit is nou doodstil.

Ek is nie Openheimer, Kerzner of Mandela wat rol in die pond nie. Ek is ‘n

funeral undertaker!

Sandra: Die next keer as jy na my kamer sluip daar in jou agter jaart, om te kom hyg,

Jakesy, moet dit met my kar se sleutels en ‘n Invoice van ‘n state-of-the-art PC

in die hand wees, anderste hou ons die relationship net tot by ‘n soentjie en

knyp-op-die-boud hier in die office. (Sy skuif tot teenaan hom) Deal?

Jakob: (Uitasem) Deal. (Hy omhels en soen haar. Ligte uit)

Einde van Toneel Twee, Tweede Bedryf

Toneel Drie

Middag. Jakob Dood se Bergrafnisondernemers. Voorportaal. Ligte op.Sandra

en Jakob is aan die werk deur Lêers . ‘n Vrou in haar vroeë dertigs, in ‘n

gehawende toestand, Beryl Snyders wyle Sexie se vrou kom na binne).

Jakob:(Hygend) Ja? Kan ons help?

Beryl: Sorry om te interrupt. Ek sien julle is busy.

Jakob: Nooit te besig vir ons Customers nie, (Aan Sandra), Nie so nie Juffrou Webb?

Sandra (Baie professioneel): Ja Meneer Dood. The Customer is queen. Kan ons help?

Beryl: Ek is Sexie se Vrou, Beryl. Ek wil hier na hom kom kyk, want sy Ma, Auntie

Koekie het my die Funeral belet.

Jakob: Ek het U daar in die agtergrond in Silverton gewaar Mevrou, toe ek Sexie se lyk

gaan haal het. Ek het gedink U is maar een van die toeskouers, want Anna-van-

Nantes het gepraat asof sy Sexie se vrou is. Sy het gevra vir ‘n paupers se

funeral, maar ek en Auntie Koekie het anders besluit: Sexie sal ‘n decent funeral

kry.

Beryl: Sexie het ‘n Valkind by Anna-van-Nantes, en dit het ons marriage gespoil. Dit was

die cause dat ons opgebreek het.

Sandra: Sit maar gerus Mevrou, ek sal gaan kyk of dit in orde is. (Sandra na agter)

Jakob: Ek is nog besig om met hom te werk. Hy is nog nie aangetrek nie, en hy het ook

nog nie make-up aan nie. Maar dit is ook nie meer nodig nie. Jy beter gou kyk,

want Koekie Snyders het gedreig om hom hier te kom wegvat.

Beryl: Meneer weet, ek was saam met Sexie tot op sy laaste. (Sandra op)

Sandra: U kan maar binne kom, Mevrou Snyders. Sexie wag vir U.

Beryl: Dankie. Ek is nie Mevrou nie, ek is maar net Beryl van Upington of Beryl die

Afspringer. Die Snyderse wou nooit hê ek moet hulle ”Van” use nie.(Jakob loop

voor met Beryl agterna. Sandra bly in die voorportaal. Beryl Skreeu en huil

hartverskeurend toe sy na Sexie se lyk kyk)

Beryl (van verhoog af): Jirre Sexie...Hoekom het jy my alleen gelos? Ek kan dit nie meer

vat op die strate nie. Al wat man is wil my rape en jy is nie meer daar om my te

protect nie. Sexie, jy het gesê ons gaan saam oud word...toe los jy my soos ‘n

coward. Ek is jammer vir die curse wat ek op jou gesit het. Ek het gelieg, ek is

nie regtig met die helmut gebore nie...Hoekom Sexie? Wat gaan nou van my en

die Twins word? Hoekom Here? Hoekom Meneer Dood? Hoekom is Sexie dood?

Jakob:(Kom na voor met sy hand om haar skouer. Lei haar na een van die Rusbanke. Sit

langs haar met sy arm vertroostend om haar). Dit is ons almal se pad Beryl.

Sexie rus, ons rus nog nie.(Aan Sandra) Skink vir Beryl ‘n dop teen die skok. Is

Castle O.K.?

Beryl: Het julle iets harder soos Blueflame of Brandy nie?

Jakob: Ek drink net Castle en Sandra net Ciders. Ons is uit Ciders.

Beryl: Gee maar die Castle. Beggars can’t be choosers. (Sandra gee haar ‘n bottel Castle

ier en ‘n glas. Beryl wys die glas van die hand). Ek drink sommer uit die bottel.

Op straat het ons nie glase nie.(Drink snikkend) Ek blame myself vir Sexie se

dood. Ek het hom ge-curse. Ek wou hom spite en het hom gesê dat ek met die

helmut gebore is en dat ek visions kan sien, net soos ons Blourokkies en die

Branhams dit kan doen. Ek het in my vision gesien dat Sexie dood gaan, maar

dit was alles net om hom bang te maak. Verstaan julle, ek wou nie regtig hê dat

hy moes dood gaan nie...

Jakob: Die Here het in sy grootboek geskrywe wanneer ons gebore sal word, en

wanneer ons sal sterwe, en toe Sexie se nommer getrek word, toe moes hy

gaan, met of sonder jou vision...

Sandra: Dit is soos Meneer Dood daar sê, ons tyd om te gaan is bepaal nog voordat ons

gebore word, Beryl. Weet jy hoeveel families ons al hier moes getroos het waar

hul Babas gesterf het en hulle die Here question? Weet jy hoeveel jongmense

wat in ongelukke omgekom het, of vermoor is se mense moes ons al moed in

praat?

Beryl: Dit maak sense wat julle sê, maar dit bly nog questionable. Hoekom sal die Here

self sê: eer jou vader en jou moeder dat jou dae verleng mag word. Sexie het vir

Auntie Koekie geëer soos sy eie Ma, al was sy sy Ouma-Ma.

Jakob: Nou hoekom het sy hom uit die huis gesit en toegelaat dat hy ‘n Boemelaar

word?

Beryl: Niemand kan met Auntie Koekie se temper saam lewe nie. Sy skel alles reg-ofweg.

Sandra: Ja-nee, dit het ek eerstehands ondervind. Drink vinnig Beryl, want sy het

gedreig om Sexie se lyk te kom haal en sy het jou en Anna-van-Nantes die

begrafnis belet...

Jakob: Drink rustig, Beryl. Diè is my property en Koekie Snyders is die laaste een wat

my customers sal kom verwilder. Hier slaan ek kitaar!

[Terwyl hulle drink en gesêls, storm Osman Namso van Devil City Funerals, Koekie

Snyders en Isaac Arends van Isaacs Funeral Service by Doodstil

Begrafnisondernemers se deur in.. Osman en Isaac dra ‘n Draagbaar (Stretcher). Sit

dit neer]:

Koekie: (Sien dat Jakob en Beryl bier drink. Ontstoke): Uitgevang Jakob Dood, jy sit en

suip hier met Sexie se Ex, Beryl-die-Afspringer. Dit terwyl ek alleen moet worry

oor julle Twins en Sexie se funeral.(Kyk rond) Is Anna-van-Nantes nie ook hier

rond nie? Nou glo ek alles: dat jy suip aan diens en dat jy met jou Secretary jol!

Jou vuillis! Julle hoer en rumoer lekker hier tussen die dooies! Hulle sal julle mos

nie spy nie né! Ek het vir Osman en Isaac gebring om my Sexie te kom haal, en

niemand gaan ons keer!

(Jakob/Beryl/Sandra protesteer tegelyk)

Jakob: Wie dink jy is jy Koekie om hier in te barge sonder ‘n appointment en dit nogal

met my rivals? Diè is ‘n respectable business, nie ‘n shebeen soos die een wat

jy run nie. Osman “Dooieman” en Isaac “Lyk” kan buite wag. Netnou steel hulle

my business secrets.

Osman: Diè confrontation is lank overdue, Jakob Dood. Die ding het ‘n lang history, nie

so nie (Kyk na Isaac) Lyk?

Isaac: Is soos jy sê Dooieman....Long overdue. Sexie se case het dit net enhance!

Koekie: Nou praat julle te hoog vir my, explain dit in plain coloured Afrikaans.

Jakob: Dit is nie jou besigheid nie Koekie, die twee rivals van my soek al lankal ‘n angle

om my te attack. Selfs by die meetings van ons Burial Society soek hulle altyd

kak met my, En dit net omdat my business flourish en hulle elkeen een lyk per

jaar begrawe!

Sandra: Vertel hulle oom Jakob....

Beryl: Tell them Mister Dood.....

Koekie: (Aan Beryl) Hou jou bek Afspringer! Jy kom konkel agter my rug om Sexie se

lyk te steel sodat jy hom in Upington kan gaan begrawe en dan gee dit jou die

reg om sy Policies te claim, jou fortune hunter!

Beryl: Malcolm was my lawfully wedded husband!

Koekie: Wat praat jy van awfully bedded dustbin? Hy het jou divorce! Jy is sy Ex.

Beryl: I bore him children and that gives me and them a legitimate right to all his

assets!

Koekie:(Aan Osman en Isaac): Sê die Afspringer-meid moet proper coloured Afrikaans

praat. Ek verstaan haar nie, en by-de-way, die mense van Upington kan ook nie

Ingels praat nie!

Isaac: Ek verstaan ook nie so mooi wat sy sê nie.

Osman: Jy’t gehoor wat Auntie Koekie sê, Beryl: praat propper, egte, standaard,

Coloured Afrikaans.

Sandra: Los julle vir Beryl uit. Die vrou het al genoeg swaar gekry. Gee haar ‘n kans om

te help om vir Sexie ordentelik te begrawe

Koekie: (Aan Sandra) Waar val jy uit die boom uit Jagse Klimmeid? Oor my dooie

liggaam sal ‘n Damduiker my Kind begrawe!

Isaac: Het jy intentions om dood te gaan, Koekie? Ek sal jou cheap, decent funeral gee.

Transfer net jou doodsboekie na my office.

Koekie: Jy mis die point Isaac, ek het nog lank nie intentions om die emmer te skop nie!

Maar that is besides the point. Ek is hier, uit op ‘n mission en ek is right in

position!

Jakob: Almal dwaal van die punt af. Hoekom het julle eintlik gekom? Om vir Sexie te

kom haal nè? Julle sal hom nie kry sonder dat ek my geld gekry het en sonder ‘n

fight. Ek gaan julle almal sue...!

Koekie:... en dit nogal vir wat?

Jakob: Vir die storage van die lyk, vir die blomme wat bestel is...

Sandra: ... Vir die design van die begrafnisboekies, vir al my phone calls en...

Jakob: ... Vir al die stront wat ek en Sandra moes opvreet van jou Koekie!

Isaac: Sue? Ek excuse myself van die case.(Aan Osman): Ossie, jy kan maar die lyk

vat.Check julle (Hy wil uitgaan).

Osman: (Gryp vir Isaac aan die arm) Lyk, jou banggat! Wie gaan my help om die

stretcher te dra?

Isaac: Daai is jou problem. Beter bangjan as dooiejan (Exit Isaac).

Beryl: Ek sal help dra. Niks was nog te moeilik om te doen vir my Sexie nie.

Koekie: Jy slaap laat jumper, ek sal my kind self dra...(Exit Koekie om lyk te gaan haal.

Sy word gevolg deur Sandra en Beryl. Jakob en Osman bly

agter)(Woordewisseling word van tyd tot tyd gehoor tussen Sandra en Beryl aan

die eenkant en Koekie aan die anderkant).

Jakob: Hulle moet net nie Sexie se lyk skend nie met hulle bakleiery daar agter nie. Ek

gaan kyk wat aangaan (Jakob wil na agter. Osman keer hom)

Osman: Los hulle, laat hulle hulself uitsort. Daai is vrouens se besigheid. Ek is bly vir dié

chance om ‘n bietjie alleen met jou te kan praat, sonder dat jou Secretary in

chip.

Jakob: Jy het vuil guts om my te kom challenge hier in my eie besigheid, Ou Dooieman,

jy het vuil guts.

Osman: Die is dinge wat ek jou lankal al mee wou confront het, maar nooit die tyd of

opportunity gehad om dit te doen nie.

Jakob: Remember, jy rêk jou bek hier at your own risk.. Ek luister....

Osman: Ek wou jou lankal sê: jy het ‘n illegal Funeral business hier Jakob. Ek is ‘n

geregistreerde Begrafnisondernemer. Devil City Funerals is legitimate. Ek het ‘n

certificate van die Department of Health om dit te proof. Ek het ‘n mortuary. Jy

het nie.

Jakob: Hold it net daar. (Hy wys na sy werkskamer): Wat noem jy dit? Ek het fridges en

wasbakke.

Osman: Dit is nie genoeg nie. Diè is ‘n backdoor business. Ek het ‘n special drainage

system laat install, volgens die Council se regulations om al die bloed, weefsels

en afval direct in die Council se sewerage system te spoel. Jy en daai Isaacs

Funerals se mense dump sommer julle afval in die gewone dreine. Vandag,

nadat ek Sexie se lyk verwyder het, maak ek jou toe! Jy vra cheaper vir ‘n

funeral as ek, maar my service is vêr beter as joune. Ek gee, as ‘n funeral

package ‘n hamper bestaande uit: Rys, Tee, Koffie, Melk Suiker en 100 stoele

en 40 tafels. Wat gee jy?

Jakob: Daai is cheap tricks wat jy by die Koelie-undertakers geleer het. Almal weet daai

Hamper is Baker’s se Special wat jy koop vir next-to-nothing. Jy charge die

mense daarvoor, sonder dat hulle weet. Jy threaten om my toe te maak? Jy en

watse sterk Army, Dooieman? Ek was voor jou hier in Eersterust. Lank voor jy

Isaac Arends of Iqbal-Slamse Funeral Parlours was ek hier. Julle slaap laat ou

Ossie. Gaan soek vir jou ‘n ander market. Hier in Eersterust gaan te min mense

dood om vyf Funeral Services profitable te maak.

Osman: Los die Slamse uit die ding. Hulle vat nie business van Christians nie. Ek worry

ook nie oor die ander funeral services nie, Jakob Dood, ek het ‘n appeltjie met

jou te skil!

Jakob: Wat is jou case? Hoekom gaan soek jy nie business onder die Darkies in

Mamelodi, Atteridgeville of Shoshanguve nie? Of onder die Indians in Laudium en

Lotus Gardens of onder East Lynne en Waterkloof se Boere nie?

Osman: Jy het lankal die Darkie market ge-capture. Daar is ook nog Funeral Parlour

Apartheid: die Tjarre en Lanies laat hulle nie deur Bushies begrawe nie, en jy run

‘n monopoly onder die Coloureds.

Jakob: Maar die Tjarre, Lanies en Darkies begrawe Coloureds nè, how ironical. Jy sien

hulle week-end after week-end hier in Eersterust: Gauteng, Kaffas, Makkas en

Spartins. Die Bushies word altyd vir ‘n ride gevat, self as dit kom by doodsake!

Osman: Jy is nou off the point. Om die ander te safeguard, moet ek jou fuse. Vandag

petrol bomb ek jou out of business.

Jakob: Wat gaan jy daardeur gain?

Osman: Ek sal business gain en die community sal rid wees van ‘n parasite soos jy.

Doodgaan sal dan lekker wees, want ek sal die dooies nca begrawe.

Jakob: Jy het ‘n fine cheak, om my kak te kom tune op my eie premisses? Weet jy ek

kan jou sat skiet, net hier, en ek sal die saak tol as self-defence?

Osman: Jy intimidate mense lank genoeg, Jakob Dood. Skiet my dood, dan steek ek jou

dood!

Jakob: Daai is the most stupid statement wat ek al ooit gehoor het. Wat is jou beef met

my?Daar is legitimate channels om jou grievances te air. Hoekom het jy nie jou

bek gerêk by die laaste Burial Society meeting nie? Al die funeral parlours het

representatives daar gehad en jy het ‘n chance gehad om aan almal te sê dat jy

het ‘n tiff met my. Maar nee, toe hou jy jou bek soos ‘n stywe lyk wat rigor

mortis het en bêre my ‘n bumper totdat Koekie vir Sexie kom opeis? Nou

threaten jy om my te petrol bomb? As my building brand, moet jy net weet dat

jy ten minste vier lyke sal uitbrand wat daar agter gestoor is, en hulle families

soek decent funerals, nie cremations nie. Jy sal dan aan die families moet

explain wat van hul dooies geword het.

Osman: Ek wil jou nie net toemaak oor jou improper premisses en skelm business

conduct nie. Rumour het dit dat jy Caskets uit die grafte steel. Jy en daai laaitie

van die Graveyard is glo partners. Dit is daarom dat daai laaitie vir die Darkies

sê die Caskets en kiste mag nie “encase” word in concrete nie;-‘n ou tradition

onder die Swartmense want hulle glo dat ons as Begrafnisondernemers die lyke

uit die duur Caskets uithaal en dit weer recycle? Verder hoor ek daai laaitie sê

dat families mag nie klippe op kiste pak nie. “Ons werk nie met klippe hier nie!”

volgens hom word die concrete en klippe so hoog gegooi en gepak dat dit

moeilik is vir hom en sy werkers, die grafgrawers, om grafte oop te maak om

nog ‘n familielid bo-op die oorledene te begrawe.

Jakob: Jou bastard, daai is serious accussations. Ek sal jou sue, jy het niks evidence nie.

Terwyl jy van rumours praat, ek hoor jy het ‘n deal by die Crematorium in

Rebeccastraat. Jy charge die mense wat cremate moet word se families vir ‘n

nuwe kis, maar daai kis word nooit gebrand nie. Jy gebruik dieselfde kis oor en

oor!

Osman: Dit is nuus vir my. Die mense claim ook jy is ‘n racist. Jy glo aan Graveyard

Apartheid. Jy wil nie hê die Darkies moet tussen die Bushies begrawe word nie,

want hulle het glo Aids!

Jakob: Hoor wie praat! Is jy nie die een wat by die laaste Burial Society meeting gesê

het dat jy wil aan Buthelezi, Minister of Home Affairs skryf, want Eersterust se

graveyard raak vol van al die Darkies wat hier begrawe word nie? Nou blame jy

my daarvoor? Jy moet jou kop laat lees!

Osman: Van Home Affairs gepraat, ek hoor jy bribe die Counter Assistants daar om vir

jou death certificates te forge vir insurance purposes!

Jakob: Nou praat jy die grootse klomp kak. Ek is nie ‘n Nigerian Grigamba nie, net hulle

het sulke connections daar...

Osman: Verder hoor ek jy is so lousy dat jy, jou Secretary, helpers, vrou en kinders by

al die Troosdienste gaan eet en drink. Dit bespaar julle glo baie om self te kook

oor week-ends.

Jakob: En wie suip al die drank uit by die After-tears Party? Jy, Osman “Dooieman”

Namso. Dan pis jy in jou broek en daarna moet mense jou met die Hearse

huistoe ry en jy sweer hulle moet die sirens aansit. Skande op ons noble

profession!

Osman: My Hearse en Familie karre kom custom-made uit die factory, joune is

aanmekaar ge-weld deur Oom Gallabies!

Jakob: Jy is altyd laat by die funerals, want een van jou Hearses moet vier funerals op

dieselfde tyd doen. Ek use een Hearse per funeral.

Osman: Jy spoel nou lekker jou bek uit. Jy is die grootste dief wat daar is. Jy het Makka-

Funerals se Burial Masjiene gesteel, dit oor laat spray en jou Business se naam

daarop laat sign-write deur Neville Signs.

Jakob: Ossie, los nou maar die politieks in die Begrafnisbedryf. Almal is corrupt. Julle

adverteer pryse van kiste en gate wat baie duur is met Limousine Lykswaens

met sirens en Mercedes 4x4's as Familie karre “below cost”, soos die Darkies,

maar julle kan nie deliver nie.

Osman: Ag, jy praat kak! Jy het arrange dat Brother Mcduff van Mamelodi jou Hearse

highjack met lyk en al en toe claim jy van die insurance! Die Pearce-family soek

nou-nog hulle lyk.

Jakob: Moenie praat van highjackings nie, elke keer as die Garage een van jou karre

repossess, dan moet ons hoor: Ossie is al weer ge-highjack, hy is het baie

badluck!

Osman: Jy het nie eens jou eie Grawe nie. Jy het die Graveyard s’n gesteel! Nou sukkel

ons almal. As jy mense begrawe, moet die Oorledene se Families hulle eie Grawe

saambring, sies jou cheapskate, Grawedief!

(Beryl, Koekie en Sandra op)

Koekie: Kom Osman, kom help my om vir Sexie op die Stretcher kry, die twee bitche

probeer my keer daar agter. Geen respek vir die dood!

Sandra: (Aan Koekie) Jy is die skandelikste vloekbek Grootvrou wat ek al ooit ontmoet

het.

Beryl: Sy haal haar Marabastad-Kakjaart maniere ooral uit!

Jakob: Jy kan die jaart uit die kak uit haal, maar nooit andersom nie!

Koekie: Osman, defend my! Hoor jy nie hoe word ek insult deur hierdie klomp stronte

nie?

Osman: Julle kan nie vir Koekie so lelik inklim nie! Julle is cowards om ‘n arme

Wedevrou wat in mourning vir haar seun is so te attack. Shame, Koekie, arme

defenseless poor woman!

Jakob: Fagazza jy vir haar omdat jy haar besigheid soek, of is dit omdat jy met haar

jol? Is dit jou honorable duty om jou Jolbok te defend?

Koekie: Hoor wie gooi klippe, Eersterust se Number One Joller!

Osman: Jakob Dood, kyk na die balke in jou en Sandra se oë, voordat jy hoop om

splinters in my en Koekie se oë te kry!

Sandra: Julle het geen proof!

Beryl: Diè raak nou soos my favouirite Soap Opera, The Bold-wie-steek-vir-wie! So,

Auntie Koekie, oorle Sexie was reg. Hy het altyd genoem dat jy en Oom Ossie

iets aan het. Hy het ook gesê dit is hoekom Oom Robert, Auntie Koekie se Man,

so vroeg dood is, deur die jollery en dat Oom Ossie hom gratis begrawe het!

Koekie: Jy moet kom staan en jou beste Afspringer-kak hier praat....

Osman: Dit lieg jy, ek het ou Robert soos ‘n Bra begrawe en by-the-way, hoe kon Sexie

jou vertel het because: Dead-man tells no tales....

Jakob: The plot thickens...

Koekie: Ossie, sal jy ophou om vissies te spoeg, en diè dinge in proper Coloured-

Afrikaans sê?

Osman: Die gevrektes kan nie weetie nie...

Jakob: Daai is ‘n trite, obvious statement. Na al julle confessions, wat intend julle om

nog verder te doen?

Koekie: Ons loop nie sonder Sexie se Lyk nie!

Jakob: Over my dead body....

Sandra:... en nie sonder dat ons ons geld gekry het nie...

Beryl: Mister Dood, moenie dat hulle vir Sexie vat nie. As hulle hom vat, sal ek nie sy

funeral kan bywoon nie.

Sandra: Ons nodig ‘n truce hier...

Koekie: Ek het trousseau gehad toe ek getrou het, ek nodig dit nie meer nie...(Jakob,

Sandra en Beryl lag)

Osman: Koekie, sy bedoel, “truce” soos in “wapenstilstand”, ‘n “tydelike opskorting van

ons vyandigheid teenoor mekaar.”

Koekie: Sit jy my nou terug in die skool, Ossie? Ek is nie ‘n Standerd Twee meid

nie...Meneer Visagie, ‘n Blanke, was my Hoof by Ferguson High....

Beryl: Diè domvrou het haarself nou genoeg expose. Sharpest tongue, least greymatter..

Koekie: Afspringer, van wanneer af jol jy met Shakespeare? Ek hoor dit is net hy wat

daai soort Engels praat wat jy traai! (Jakob, Sandra en Beryl lag weer).

Sandra: Die Auntie moes net Blond gewees het. Niemand het so ‘n steen vir ‘n brein nie!

Koekie: Ossie, defend my, almal pak my aan!

Osman: Enough insults for one day! (Aan Jakob): Dood, ek skryf vir jou nou ‘n I-O-U vir

al jou damages en ek sal jou later jou cheque laat kry.

Koekie: Daai is nog ‘n lang storie van “I and You” en watter Ou, watter Ou skuld. Ek sal

cash betaal. Ek het vuilsjeld!

Beryl: Daai is Sexie se insurance geld, my inheritance and and it also belongs to our

Twins!

Koekie: Jy nodig gemoer word, Afspringer!

Sandra: (Sit haar hand beskermend om Beryl se skouer) Voordat Auntie by Beryl kom,

sal jy my uit die pad moet slaan. (Aan Jakob): Oom, ek dink ons moet settle vir

die cash!

Jakob: Dit sal moet hand-to-hand gebeur. Julle gee my die cash-ek gee Sexie se Lyk vir

julle. Jou I-O-U’s en cheques bounce altyd Dooieman!

Koekie: In daai case, sal ek vir Sexie nou by force vat. Laat iemand try om my te stop!

(Sy storm na agter om die lyk te gaan haal. Beryl, Sandra, Jakob en Osman

agterna).

Sandra: Keer haar..!

Jakob: Jou vermetele koek!

Beryl: Leave Malcolm in peace!

Osman: Nee, Koekie...nee...moenie skande maak nie...!

Koekie: (By Sexie se Lyk) Sharrup julle! (Aan Osman): Ossie, vat jy die skouers, ek sal

die bene vat. (Almal raak in ‘n struweling gewissel. Die lyk val van die tafel af).

Jakob: Lykskending, dit is wat dit is!

Beryl: (Kniel huilend by Sexie se Lyk) Sexie are you hurt?

Osman: Superfluous question!

Koekie: Hou op so vloek Ossie!

Sandra: Dit is die eerste keer dat so iets hier gebeur...

Jakob: Dit gaan ‘n nadraai in die Hof het. Julle gaan van my Lawyer hoor!

Osman: Sue as jy wil Jakob Dood, ons defence is: julle wou nie “ons” Lyk gee nie, en ek

en Koekie het dit by force kom vat!

Jakob: (Woedend) Enough, Sandra, kry my Gun. Dit is daar in die lessenaar se boonste

laai.

(Sandra na voorportaal).

Koekie: Skiet as jy wil, julle Boesmans is mos gewoond om alles reg te skiet!

Beryl: Please do not hurt Malcolm anymore, he’s endured enough!

Osman: (Bang) Ek waai (Aan Koekie) Diè is jou fight en jou kind se Lyk, Koekie. Ek moet

njouwga, want Jakob Dood threaten al van vanoggend af om my dood te skiet!

(Hy wil uitgaan. Koekie keer hom).

Koekie: (Aan Osman) Papvoël, skrik jy so gou? Ek het altyd gedink jy is tough, maar

nou sien ek jy is net so pap soos jou voël!

Osman: Koekie! Moenie my erectile problems in public reveal nie. Jy weet ek aard na

Barnard, Tutu, Mandela en Pele en dit is nie ‘n skande nie!

Koekie: Jy is so pap, nie eers Salusa 90 kan jou ding opwek nie!

Osman: Jy bedoel Viagra...

Koekie: Salusa, Viagra, Renoster horing, alles dieselfde. Niks kan jou voël laat vlieg nie!

Sandra: (Sandra terug met Pistool. Gee dit vir Jakob). Hier. Ek het nie gekyk of daar

bullets in die magazine is nie.

Jakob: (Neem die Pistool en swaai dit dreigend rond) Dankie. Soos my magazine is hy

altyd gelaai.

Beryl: Please don’t harm Sexie...

Jakob: (Aan Sandra) Die een met die ammunition het die meeste power! (Aan Osman en

Koekie) O.K., Koekie en Waterballs, kry julle ry...Bashin!

Sandra: Tsamaya...!

Koekie: Nou sit julle ons uit in Bantoetaal? Nja Mau, julle almal! (Sy tel Sexie se Lyk op

en gooi dit oor haar skouer. Beryl protesteer. Aan Beryl) Voertsêk Afspringer!

(Aan Jakob, Sandra en Osman) Ek sal my kind self begrawe. Skiet maar as jy

wil. (Aan Osman) En jy, Waterbal, kom hang weer jou baadjie agter my deur,

dan sal jy te doene kry met die volle wrath van Koekie Snyders! (Sy loop.

Staan.) Net ‘n laaste woord: Julle is almal ge-ban van Sexie se Funeral en as ek

een van julle daar sien of as julle kom gatecrash by die After -Tears Party, sal

ek my honde, die Mafias op julle sit!

Osman: Ek is genoeg insult vir eendag! (Osman oppad uit. Hy stamp vir Koekie uit die

pad. Sexie se Lyk val).

Beryl: (Storm op die Lyk af. Sandra ondersteun) Sexie!

Koekie: (Sy klap na Osman) Jou Moerskont, kyk wat doen jy! (Osman vlug koetsend

uit).

Jakob: Jinne, nee. Wat te erg is is te erg. Koekie skaam jy jou nie laat jy vir Sexie twee

keer laat val nie? Jy kan nie die Lyk vat nie...

Koekie: (Stamp vir Beryl en Sandra uit die pad. Hulle protesteer. Koekie tel die Lyk op).

Try om my te keer en sien hoe vêr sal jy kom. Skiet maar! (Jakob wil haar keer).

Sandra: Laat haar maar begaan Oom Jakob! Let’s admit defeat!

Jakob: Maar wat van my geld?

Koekie: Te moer met dit! (Exit Koekie met Sexie se Lyk oor die skouer).

Beryl: (Skreeu agter Koekie) Ek curse jou Koekie Snyders! Ek is met die helmut gebore.

Jysal eers langs jou slippers loop, daarna sa jy vrêk soos ‘n hond! (Aan Jakob)

Mister Dood, U moet haar keer. Ek is ge-ban van die funeral. Ek sal sal nie kan

survive as ek nie weet Sexie het ‘n ordentelike funeral gekry nie...

Jakob: Ons sal gatecrash by die funeral...Graveyards is public property...(Oorgang)

Sjoe, wat ‘n dag.Sandra, kry vir my ‘n koue Castle en een vir Beryl ook. (Sandra

gaan haal die bier. Bied vir Beryl een aan).

Beryl: (Wys bier van die hand) No thank you, I have to mend my ways...

Sandra: (Gee bier aan Jakob) Wat van die geld wat Auntie Koekie ons skuld?

Jakob: Ek moet dit maar op my boepens skryf en met my Nike T-shirt afvee!

Beryl: Sexie would have wanted it another way.

Jakob: Sexie het nie ‘n choice nie. Hy is nou in Koekie Snyders se hande en sy kan met

daai lyk maak wat sy wil.

Sandra: Oom moet haar gaan aankla by die Department of Health...

Jakob: Asof hulle ooit sal react? Hulle is meer interested in hulle Yengeni-Mercedes-se

Beryl: So, that’s it folks. As ek nie evenste vir Sexie my Man self kan begrawe nie, is dit

beter dat ek hom join! (Sy gryp die Pistool uit Jakob se hand. Jakob en Sandra

stoei met haar. ‘n Skoot gaan af).

Sandra: (Gil) Nee....!

Jakob: Jirre Sandra, sy’t haarself geskiet! Voel of is daar ‘n pols..(Sandra voel snikkend)

Sandra: Niks, sy’s dood....

Jakob: Dit was ‘n accident....

Sandra: Ek sal die Polisie moet phone...(Snik) Ek kan nie glo dat sy haarself geskiet het

nie. Ek moet gou gaan phone...(Beweeg na lessenaar).

Jakob:(Keer haar) Wag eers daarmee. Ons moet ons storie mooi agtermekaar kry vir die

Polisie. Netnou word ons aangekla vir moord.

Sandra: Ons moet net die waarheid praat....

Jakob: Natuurlik. Beryl het haarself geskiet (Hy plaas die pistool in Beryl se regterhand).

Haar fingerprints is volop op die Pistool (Praat streng met Sandra) Kalmeer

jouself, en ruk jouself reg, Sandra. Moenie te veel worry, sien die positive side in

Beryl se dood: ekstra besigheid vir ons. Die een se dood is die ander se

ood...(Jakob omhels vir Sandra. Sandra huil ontroosbaar. Jakob staar na Beryl

se Lyk. Ligte doof stadig uit. Liedjie “Another Day In Paradise” van Phil

Collins begin te speel. Ligte af. Musiek hou aan)

Kopiereg: Geregistreer by Dramatiese Artistiese Literêre Regte Organisasie

(Dalro)

Posbus 31609 Braamfontein, 2017

Kontak: Robert J Pearce

Posbus 41117

Eersterust

Pretoria

0022

Tel: 012-4293100 (w)

Fax: 012-4292925 (w)

Tel: 012-8068463 (h)

e-pos: pearcrj@unisa.ac.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!