05.07.2013 Views

Morphing Moonlight: Gender, masks and carnival mayhem- The ...

Morphing Moonlight: Gender, masks and carnival mayhem- The ...

Morphing Moonlight: Gender, masks and carnival mayhem- The ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Opsomming

OPSOMMING

In die fin de siècle-jare het Pierrot se sneeuwit gewaad met sy titseltjies swart en

die tragiese, beweginglose maskergesig bo die sakkerige, oorgrootte kledingstuk

een van die kunstenaars se belangrikste uitdrukkingsimbole geword. Die

swygsame figuur met sy wit masker het as vermomming gedien vir kunstenaars

wat die skynheiligheid, leuens, selfvoldaanheid en verheerliking wat as ‘n

maskerade van die samelewing beskou is, beveg en blootgelê het.

Onder die harlekynsmasker kon die kunstenaar op verbeeldingryke wyse al die

donker, verbode geheime uitspeel wat versteek lê onder die mensdom se

ingeskrewe gemeenskapskonvensies. Pierrot kon moord, selfmoord en

bloedskande pleeg; stormdronk word; verkrag; bigamie pleeg, intens

depressief, oormatig seksueel of asketies of vraatsig wees; woedebuie kry;

haat, steel; hermafrodieties, androgeen of selfs heeltemal geslagloos in sy

vergrype wees en elke taboe verontagsaam. Deur die harlekynsmasker as

distansiëringstegniek te gebruik, kon die kunstenaar asof deur iemand anders

se oë alles ervaar wat strydig was met daardie sedes en wette van die

gemeenskap waarteen hy in opstand was. Geslagsvermenging het uiters

belangrik geword. Soos Pierrot, was die androgeen en die hermafrodiet

leidende figure in fin de siècle-kuns. Hulle het die realiteit van

geslagsonderskeid laat vervaag en al die sogenaamde manlike of vroulike

eienskappe bevraagteken. Pierrot is beskou as ’n meedoener aan hierdie vae

v

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!