21.10.2015 Views

KLK-September-2013

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

MAATSKAPPYNUUS AKTUEEL LEWENDEHAWE TEGNIES

Pitkos vir

die siel...

Gierigheid is armoede

Lees Lukas 12:13 - 21

Die probleem van die ryk dwaas in Lukas

12 was nie dat hy ryk was nie.

Dit is tog geen sonde nie. Trouens, wie

van ons sal nie graag minder finansiële

sorge wou hê nie! Wie van ons probeer

nie ons bes om ‘n neseiertjie bymekaar

te maak nie?

Hoe lyk die vooruitsigte

vir die somerseisoen

wat voorlê?

Ná ‘n redelike matige tot warmer as normale winter, is alle oë nou gefokus

op die lente en somer. Weiding is, met die uitsondering van kleiner

gebiede, in ‘n swak toestand as gevolg van die gebrek aan reën in die

laatsomer en herfs.

Die ryk dwaas van die gelykenis tree tog

eintlik baie wys op, nie waar nie! Hy maak

‘n veel groter graanoes as wat hy verwag

het, en hy doen wat ons seker ook in

dieselfde omstandighede sou doen: Hy

vergroot sy bergingskapasiteit. Sodoende

het hy plek vir die groter oes sowel

as vir al sy ander goed. Slim voorsiening

gemaak.

Nou kan hy aftree! Hoe beny ons hom

nie! Hou op met werk: Eet, drink en leef

lekker. Die lang jare van swoeg en sweet

kan nou op ‘n rustiger uitspantydjie uitloop.

Maar nee, God sê hy is 'n dwaas...Al het

hy sulke “slim” planne gemaak. Wanneer

hy dan tot sterwe kom daardie selfde

nag, is sy lewe verby en al sy opgegaarde

goed gaan na iemand anders toe.

Waarin was hy dan dwaas? Lees ons fyn,

sien ons in die gelykenis ‘n klein woordjie

wat orals opduik: "My oes, my skure, my

graan, my ander goed." In die 1953 Afrikaanse

vertaling sien ons hy praat selfs

van “my siel”. En ons hoor aanmekaar

dat hy vir homself sê: "Ek sal..."

Daar was nie ander mense in sy storie

nie. Hy het net vir homself gelewe, in

die waan dat hy in alles absolute beheer

gehad het. Hy wou ryk wees, nie ander

mense help nie.

Jy sien, hy was gierig. Hy het niks oorgehad

vir sy medemens nie. En toe, ten

spyte van al sy rykdom, het hy toe ook

niks oorgehad nie.

Gierigheid, sê Paulus elders, is immers

afgodsdiens.

Deon van Niekerk

Vir die 2013/2014-somerseisoen lyk dit

asof ENSO-neutrale toestande behoort

te heers. Dit beteken dat daar geen El

Niño- of La Niña-gebeure behoort voor

te kom nie. Die Indiese Oseaan toon

steeds dat die oppervlakwater van die

oostelike Indiese Oseaan (nader aan

Australië) vanjaar warmer gaan wees as

die westelike Indiese Oseaan (nader aan

die Afrika-kuslyn). Dit kan positief wees

vir reënval oor Suid-Afrika se somerreënvalstreek

asook Namibië, aangesien dit

minder tropiese siklone en laagdrukaktiwiteite

in die Indiese Oseaan rondom

Madagaskar kan beteken.

Die gekombineerde effek van ENSO en

die Indiese Oseaan toon tans dat min

reën tot ten minste die middel van Oktober

oor die somerreënvalstreek verwag

word, maar dat meer normale reënvalpatrone

behoort voor te kom vanaf ongeveer

die middel van Oktober. Wat die

winterreënvalstreek betref, lyk dit asof

die kanse vir verdere reën steeds goed

bly vir Augustus, maar dat September

moontlik droog kan wees.

Uit ‘n weidingsproduksie-oogpunt is dit

egter belangrik om te onthou dat werklike

veldproduksie eers moontlik is wanneer

nagtemperature konstant bokant

ten minste 10 o C bly. Met die gebrek

aan ondergrondse vog gedurende die

afgelope paar maande, is die toestand

van weidingsplante dus nie goed nie

omdat daar nie werklik wortelreserwes

opgebou kon word nie. Wanneer reën

dus wel gaan voorkom, sal dit heelwat

tyd asook opvolgreën verg vir weiding

om eers reserwes op te bou voordat

volle produksie weer moontlik is.

Wat die langer termyn betref, het die

sonvleksiklus ‘n maksimum bereik en is

nou besig om minder aktief te word. Dit

verhoog die risiko vir groot droogtes in

die volgende twee tot vyf jaar, want die

meeste groot droogtes in Suid-Afrika

het in die fase van afnemende aktiwiteit

plaasgevind. So het die droogtes

van 1932/1933, 1941/1942, 1965/1966,

1982/1983, 1994/1995 en 2006/2007

almal in die afplattende deel van die

11-jaar sonvleksiklus plaasgevind. ‘n

Ander onbekende faktor wat tans voorspel

word, is dat daar aanduidings is

dat die sonvlekaktiwiteit in die volgende

dekades baie gaan afplat indien ‘n

vergelyking getref word met die afgelope

ten minste 100 jaar. Wat die potensiële

effek daarvan op temperature en reënval

kan wees, is nog totaal onbekend.

Soortgelyke periodes van lae aktiwiteit

in die verlede was verantwoordelik vir

langer en kouer winters, byvoorbeeld

die tydperk vanaf ongeveer 1650 - 1720,

1790 - 1840 en 1880 - 1910. Die effek

op reënval is nie bekend nie omdat daar

nie betroubare reënvalstatistiek is wat

gebruik kan word om die effek van afnemende

sonvlekaktiwiteit op reënval te

kan bepaal nie.

Opsommend: Dit lyk asof toestande vir

reën oor die somerreënvalstreek kan

verbeter vanaf ongeveer die middel van

Oktober en dat reënval na normaal kan

neig vir die res van die somer. Alhoewel

die verwagte normale see-oppervlaktemperature

in die Stille Oseaan ongeveer

dieselfde is as die afgelope twee seisoene,

is die verandering in die Indiese

Oseaan van groot belang, want dit kan

die frekwensie en intensiteit van tropiese

siklone en tropiese laagdrukstelsels

nader aan die Afrika-kuslyn verlaag en

veroorsaak dat normale reënvalpatrone

nie versteur behoort te word nie. In die

langer termyn bly die risiko vir droër toestande

goed vir die volgende paar jaar.

Hierdie artikel is geskryf deur Johan van

den Berg (Bestuurder: Gespesialiseerde

Oesversekering, Santam Landbou).

6

September - 2013

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!