21.10.2015 Views

KLK-September-2013

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

IN GESPREK MET...MARCELLENE VAN ROOYEN

Dohne Merinos se vleis en wol,

hou hierdie produsent se beursie vol

Naby die dorre Karoodorpie van Calvinia, sal jy, ten spyte van die uitdagings wat dié omgewing vir produsente inhou,

‘n wenner Dohne Merino stoet vind en aan die stuur daarvan, ‘n besonderse vrou.

Marcellene van Rooyen, wat in beheer is van die Mullersvlei

Dohne Merino stoet, is van mening dat die Dohne Merino ras

aan haar die geleentheid bied tot goeie, ekonomiese vleis- en

wolproduksie omrede dit ‘n “easy care” dubbeldoelige skaap

is wat onder verskeie omstandighede kan produseer. “Daar is

egter geen sin daarin om enige skaap af te skeep en minder as

‘n oorlewingskans te gee en dan verwag om optimum tot maksimum

produksie van jou veld te kry nie,” merk sy op.

Marcellene het ‘n BSc-graad in Veekunde en Dierefisiologie

aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en het later ook

‘n M-graad in Volhoubare Landbou aan die Universiteit van

die Vrystaat voltooi. Haar verhandeling het gehandel oor “Die

noodsaaklikheid van seleksie vir volhoubare produksie van

wol met lae risiko vir geïsoleerde gepigmenteerde vesels in ‘n

Dohne Merino stoet.”

Die stoet, wat tans uit 480 ooie bestaan, is al sewe keer aangewys

as streekwenners van die Bobaasteler Streekkompetisie van die

Dohne Merino Genootskap van Suid-Afrika en dit is duidelik waarom

die stoet aan die leuse: Die beste ras vir die huidige ekonomiese

klimaat, geken word. Volgens Marcellene is die doel van

die stoet om uitstaande Dohne Merino ramme vir hulself en vir die

nasionale mark te teel. Die stoet het ook al geleentheid gehad om

embrio’s uit te voer na Australië, maar die protokol vir uitvoere is

toe en daarom kan daar nie meer van hierdie geleentheid gebruik

gemaak word om buitelandse geld te verdien nie.

“Mullersvlei Dohne’s beskik oor ‘n hoë groeitempo vir maksimum

vleisproduksie, uitstekende uithouvermoë gedurende droogtes,

vinnige herstelvermoë ná droogtes, hoë vrugbaarheid, en kwaliteit

wol,” sê Marcellene. Die stoet maak gebruik van laparoskopie op

ongeveer 200 ooie per jaar. “Die rede hiervoor is dat dit ‘n geleentheid

is om van ‘n goeie ram uit ‘n ander stoet gebruik te maak in

die ram se afwesigheid. Dr Nolte Troskie van RAMSEM hanteer

die proses vir ons.”

Die stoet word in ‘n opekernstelsel met die kudde bedryf om

daardeur die top rammateriaal in die omgewing deeglik te toets en

daarna word die ramme aan die kommersiële Dohne-produsent

beskikbaar gestel op ‘n jaarlikse produksieveiling asook op die

nasionale veiling te Bloemfontein.

Marcellene se man, Andries, is verantwoordelik vir die kommersiële

kudde op Mullersvlei.

Blitsfeite

• Gemiddelde skoonwolproduksie per ooi op

12 maande ouderdom: 3,5 kg.

• Gemiddelde mikron van ooie op 12 maande

ouderdom: 18,4.

• Gemiddelde gemaksfaktor van die Dohne’s

van Mullersvlei: 99,6.

• Gemiddelde liggaamsmassa van ‘n 12 maande oue

ooi is 58 kg tot 62 kg.

• Die lampersentasie wissel tussen 140% en 155%.

• Die fekunditeit van die stoetooie is gemiddeld 178%.

• Ramlammers op 100 dae oud weeg gemiddeld: 36 kg.

• Ooilammers op 100 dae oud weeg gemiddeld: 33,5 kg.

In Februarie vanjaar het ‘n Mullersvlei ram R100 000 op die jaarlikse

Nasionale Dohne Merino verkoping in Bloemfontein behaal, waar

die gemiddelde prys R28 433 was.

Voor van links, is Louw (Marcellene en Andries se jongste seun), Ockie

Rabenheimer (jr), ‘n predikant wat in ‘n ou kleihuisie op ‘n deel van

die plaas gebore is, Marcellene van Rooyen en Ockie Rabenheimer (sr).

Agter van links, is Dirk van Rooyen (Marcellene en Andries se oudste

seun, wat saam met hulle boer) en Andries van Rooyen.

8 September - 2013

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!