21.10.2015 Views

KLK-September-2013

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Vulstasie hou die blink

kant bo – bl. 2

Voorbereiding van ooie vir

die lamseisoen – bl. 4

Agterskotte word weer

betaal – bl. 5

K L K

Gesprek

Nuusblad van KLK Landbou Bpk

Vol 7/September 2013

KLK vaardigheidsentrum

sal ‘n groot verskil maak

KLK Landbou het die afgelope tyd op ‘n verbeeldingryke manier betrokke geraak by die Palms GF4GF-sentrum om ‘n

wesenlike verskil in die landelike en boerderygemeenskap in die Noord-Kaap te help maak.

Die GF4GF-sentrum fokus op “Good Foundations for Good Fruit”

en word gesamentlik bedryf deur Amos Agrimin Noord-Kaap en

KYCDP (Kheis Youth and Community Development Project).

Met ‘n bydrae van R250 000 het KLK dit vir Amos Agrimin moontlik

gemaak om nou ook ‘n vaardigheidsentrum op Palms te vestig

en so die dienste wat reeds by die GF4GF-sentrum gelewer

word, verder uit te brei.

Die gebied langs die Oranjerivier word gekenmerk deur grootskaalse

armoede, werkloosheid en talle ander sosiaal-maatskaplike

probleme. Wanneer werksgeleenthede wel beskikbaar

raak, is die plaaslike gemeenskap dikwels nie in staat daartoe

om dié geleenthede tot hul voordeel te benut nie, aangesien hulle

nie oor die nodige kennis, vaardighede of werksetiek beskik nie.

In hierdie omgewing bestaan daar ‘n groot behoefte aan mense

met ‘n goeie werksetiek wat oor ‘n verskeidenheid van handvaardighede

beskik, onder meer sweis asook elektrisiteit- en

loodgieterswerk. Hierdie vaardighede word nie net op plase

benodig nie, maar ook deur maatskappye wat in die omgewing

betrokke is by die bou van ‘n sonenergie-aanleg. Die betrokkenheid

van KLK by die GF4GF-sentrum op Palms, bied nou aan

jongmense die geleentheid om opgelei en toegerus te word om

hierdie nuwe werksgeleenthede te kan benut.

Daar word beoog om jaarliks tussen 60 en 90 mense op te

lei volgens die spesifieke behoeftes wat daar in die plaaslike

werksomgewing bestaan. Amos Agrimin het ook ‘n samewerkingsooreenkoms

met MAASA (Master Artisan Academy South

Africa) gesluit ten einde te verseker dat alle opleiding aan

die hoogste standaarde voldoen. Een van die jongmense uit

die plaaslike gemeenskap wat gedurende 2012 deel van die

Goodyear-span op Palms was, is tans in Oos-Londen waar hy

deur MAASA opgelei word (18 maande teoreties en 18 maande

prakties). Die moontlikheid bestaan dat hy ná sy studies sal

terugkeer na Palms om met opleiding by die KLK Vaardigheidsentrum

te help.

Werk aan die gebou is amper voltooi en die nodige toerusting

word tans aangekoop. Die amptelike opening van die KLK Vaardigheidsentrum

op Palms word vir 9 Oktober 2013 beplan.

KLK ontmoeting met premier kan samewerking bevorder

KLK se Bestuur het op 23 Augustus ‘n ontmoeting

gehad met Sylvia Lucas om haar

geluk te wens met haar aanstelling as Premier

van die Noord-Kaap.

So ook het die Bestuur haar bekend gestel

aan die sosiale projekte waarby KLK tans betrokke

is en ‘n interessante gesprek is gevoer

oor die samewerkingsgeleenthede om projekte

uit te brei in die bedieningsgebied van KLK.

Op die foto is: Arnold Human (Finansiële Direkteur),

Stephen van Huyssteen (Besturende

Direkteur), Sylvia Lucas (Noord-Kaap Premier),

Phillip Swart (Bestuurder: Petroleum)

en Willie Visagie (Bestuurder: Handel).

MAATSKAPPYNUUS AKTUEEL LEWENDEHAWE TEGNIES

Aan die

Woord...

Gedurende die onlangse Algemene Jaarvergadering

van KLK-aandeelhouers is

mnre JS Marais en FJ van der Merwe as

Direkteure herkies.

Die Direksie is soos volg saamgestel:

• BP Botha

• JM Bredenkamp

• WSB du Toit

• JAA Engelbrecht

• A Human (Finansiële Direkteur)

• JS Marais (Voorsitter)

• JJA Smith

• JPN Stander (Visevoorsitter)

• FJ van der Merwe

• SD van Huyssteen (Besturende Direkteur)

Die volgende direksiekomitees is saamgestel,

naamlik:

• Uitvoerende komitee

• Oudit- en Risikokomitee

• Menslikehulpbronkomitee

• Sosiale- en Etiekkomitee

Fokus op Askham-tak

KLK Askham – vir daardie

hartlike Kalahari-gevoel

Tussen die rooi Kalahari-duine, 180 kilometer noord van Upington, is die

dorpie Askham. Met die eerste oogopslag lyk dit na net nog ‘n klein dorpie,

maar met nadere kennismaking kom jy agter dat dié dorp vol verrassings is.

Aan die punt van die oprit na die dorp,

wag die plaaslike KLK-handelstak jou

in, met koel kareebome wat dit soos ‘n

oase laat lyk.

Daar is nou ‘n nuwe brandstofafdeling

wat van sesuur soggens tot agtuur

saans, elke dag van die week, petrol en

diesel vir moeë reisigers se voertuie verskaf.

‘n Skoon, netjiese badkamer bied

welkome verfrissing en maak die pad

sommer korter. Die nuwe afdeling het

sy buiging gemaak in Mei 2013 en spog

met nuwe, skoner 50 ppm-diesel, wat

deur KLK Petroleum gelewer word. Die

brandstofpunt bied die enigste brandstof

na-ure op Askham.

By dié KLK-handelstak is daar altyd tyd

vir ‘n koppie koffie of tee wat Elizabeth

Vosloo met trots vir die afgelope twintig

jaar bedien. By KLK Askham is daar

ietsie van alles. Boerderybenodighede,

soos veevoer, veemedisyne en omheiningsmateriaal,

maak die grootste

deel uit, maar daar is ook alledaagse

items, soos kruideniers, hardeware en

buitelewe-toerusting.

KLK Askham se personeel is elke

weeksdag, van agtuur in die oggend

tot vyfuur in die middag, op hul

pos; en Saterdae van agtuur tot

eenuur, om kliënte met ywer en ‘n

glimlag te bedien.

Die Sosiale- en Etiekkomitee sal die Direksie

bystaan om KLK se rol as verantwoordelike

korporatiewe burger te evalueer en kontroleer

ten opsigte van sy prestasie in maatskaplike en

ekonomiese ontwikkeling, openbare veiligheid

en die hoogste standaarde van integriteit in alle

handelinge en transaksies met belangegroepe

en die gemeenskap in geheel.

‘n Nuwe Akte van Oprigting vir KLK is ook

gedurende die Algemene Jaarvergadering

goedgekeur en is vanaf 1 Augustus 2013

van krag.

2

Die implementering van KLK se gediversifiseerde

SEB-strategie is in proses en die volgende

SEB-sertifikate is reeds uitgereik:

• Oranje Nissan – vlak 7

• KLK Petroleumverspreiders – vlak 6

• Kathu Build it – vlak 4

• Upington Build it – vlak 2

• Postmasburg Build it – vlak 2

• Kuruman Build it – vlak 2

Die SEB-status van bogenoemde besigheidseenhede

skep nuwe geleenthede vir KLK.

KLK se aandeleprys verhandel tans teen R6,51

per aandeel, wat ‘n groei van 38% oor die afgelope

jaar verteenwoordig. Hierdie styging word

ondersteun deur KLK se finansiële resultate en

die dividend van 30 sent per aandeel. Onderliggend

en fundamenteel hieraan, is die gesonde

stand van KLK se balansstaat en die vooruitsigte

vir groeigeleenthede, wat alles moontlik verder

kan bydra tot die stygende tendens van KLK se

aandeleprys.

Stephen van Huyssteen

Besturende Direkteur: KLK

Ons vulstasie

hou die blink kant bo

Gordonia Delta is onlangs as die

skoonste vulstasie in die Khara

Hais Munisipaliteit-distrik vir die evalueringsperiode

van Junie 2012 tot Junie

2013 aangewys, met ‘n uitmuntende

persentasie van 99,68% behaal.

Dit is die tweede agtereenvolgende jaar

wat dié vulstasie met hierdie unieke

toekenning wegstap. Agt vulstasies is

geëvalueer en die gemiddelde persentasie

vir 2013 behaal, is 90% teenoor

verlede jaar se 87,7%.

Die evalueringskriteria sluit onder meer

in breekskade, onnodige items, waterlekkasies,

die teenwoordigheid van

vlieë, insekte of ander vektore, reuke, algemene

voorkoms en die vriendelikheid

van personeel asook die netheid van

toerusting, mure, vloere en vullisdrommetjies.

Daar word ook gelet op die

beskikbaarheid van seep, afdroogmiddels,

beligting, voorsiening vir gestremdes,

geslagsaanwysings, privaatheid en

vullisverwydering.

Riaan Laubscher, Aggie Kambule, Marietjie

Jacobs en Hestie van der Merwe.

September - 2013

MAATSKAPPYNUUS AKTUEEL LEWENDEHAWE TEGNIES

Is jy 'n KLK-aandeelhouer, kliënt of albei

– lees bietjie hier

Die verhandeling van KLK-aandele kan privaat (tussen die koper en verkoper) of deur die verhandelingskamer (aandele-tenderproses)

gedoen word. Privaatverhandeling kan enige tyd tussen twee partye plaasvind, waarna KLK die oordrag behartig.

Diegene wat aandele deur die verhandelingskamer wil koop/

verkoop, kan die aandele-tendervorm op KLK se webblad verkry.

Indien ‘n persoon vir die eerste keer KLK aandele koop, word ‘n

registernommer daaraan toegeken, wat dien as verwysing vir aandele-navrae

en transaksies.

Besoek KLK se webtuiste by www.klk.co.za en kliek op aandele

om meer te sien van aandele-, verhandeling en vanjaar se verhandelingsprys.

Wat behels die aandele koop- en verhandelingsproses?

Aandeleverhandeling in die verhandelingskamer vind een keer per

maand op die laaste Vrydag van die maand om 14:00 plaas. Tenders

kan deur die loop van die maand ingedien word; die laaste

geleentheid om ‘n aandele-tender in te dien, is om 12:00 op die

dag van aandeleverhandeling.

Tendervorms vir die koop en verkoop van aandele en ‘n grafiek

van die verhandelingsprys en verhandelingsvolumes is beskikbaar

by bogenoemde kantore sowel as by al die KLK-handelstakke

en op die webtuiste www.klk.co.za. Tendervorms kan ook na

086 691 5890 gefaks word of per e-pos na aandele@klk.co.za

gestuur word. ‘n X-nommer word uitgereik vir klante wat ‘n rekening

oopmaak en ‘n aandeleregisternommer word uitgereik

wanneer ‘n persoon aandele besit/koop.

Tenders kan ingedien word by:

a) DU TOIT VAN DEN HEEVER b) KLK LANDBOU BPK

FAKS: 054 332 4585 FAKS: 086 691 5890

maritah@dutoitvdheever.co.za aandele@klk.co.za

Schröderstraat 18, Karakoelstraat 14,

Upington, 8800

Upington, 8800 (Hoofkantoor)

Vir aandag: Marita Hanekom Vir aandag: Grandville

Marquard

Wat maak van jou ‘n KLK Landbou kliënt?

• U hoef nie ‘n aandeelhouer te wees om ‘n handelsrekening te

open nie.

Petroleum sien uit na beter

verhoudings ná transaksie

Oryx Oil South Africa (Pty) het onlangs die LPG-besighede van

BPSA gekoop. Wanneer jy dus voortaan hierdie embleem

sien, let daarop dat KLK van nou af silinders vul met gas wat van

Oryx Energies afkomstig is.

• Enige persoon, besigheid of ondernemingsvorm kan aansoek

doen vir ‘n kredietfasiliteit.

• Hierdie vorm van krediet is nie mikro-leningsgedrewe nie, met

ander woorde, KLK Landbou verskaf nie lenings, en/of leen

geld soos banke nie.

• KLK Landbou finansier insetkoste en produkte (artikels) aan

klante op krediet.

Aansoek vir kredietfasiliteite is onderworpe aan die NCR-wetgewing

(Nasionale Krediet Wet Reguleerder). Met ander woorde, die

aansoeker moet voldoen aan die wetlike aspekte van kredietwaardigheid

(die vermoë om terug te betaal).

Wat is die prosedure en hoe kan ek aansoek doen?

• Besoek jou naaste KLK-handelstak.

• Vra die Takbestuurder om jou van hulp te wees met jou versoek

om aansoek te doen vir ‘n kredietfasiliteit.

1. Voltooi die vorm volledig.

2. Voorsien afskrifte van dokumente van jouself of die besigheid.

3. Handig die oorspronklike vorm by jou naaste KLK-handelstak

in.

KLK Landbou streef deurlopend daarna om alle aansoeke vir

kredietfasiliteite binne ‘n tydperk van sewe tot tien dae te voltooi,

afhangend van die omvang van die kredietlimiet en dokumente

wat benodig word.

Kontakbesonderhede by KLK Landbou Hoofkantoor:

Tel: 054 337 6200

Fax-to-email: 086 650 5091

Groep Kredietbestuurder: Corné Loubser

Assistent Kredietbestuurder: Elizma du Preez

Kredietkontroleur: Heilien Pace (Kredietaansoeke)

Kredietkontroleur: Christine Booysen (Direkte inbetalings)

Kredietkontroleur: Ellis September (Rekeningnavrae)

Ontmoet die nuwe gesigte by KLK

“Omdat Oryx Energies ‘n kleiner maatskappy is, is hulle produken

kliënt-gefokus en kan KLK en die produsent net voordeel uit die

transaksie kry,” sê Philip Swart (Bestuurder: KLK Petroleum).

Jaco van Pletzen

(Bestuurder: KLK

Auto)

Tjaart Venter

(Bestuurder: Build it,

Upington)

Loëla Myburgh

(Makelaarsassistent:

KLK

Versekering)

Jaco Moller (Bestuurder: KLK Handel, Vanzylsrus)

KLK Gesprek

3

Voorbereiding van ooie

vir die lamseisoen

Die belangrikste stadium in die ooi se produksiesiklus is die laaste twee

maande voordat sy gaan lam.

MAATSKAPPYNUUS AKTUEEL LEWENDEHAWE TEGNIES

Die ongebore fetus se massatoename as ‘n persentasie van die geboortemassa,

is onderskeidelik, 85% in die eerste trimester, 50% in

die tweede trimester en 25% in die derde trimester.

Voeding- en voedingsbestuur moet die belangrikste bestuursmaatreëls

wees waarop gefokus word ten einde die voordeel van

noodsaaklike entstowwe te kan verkry.

Voeding vir lamgeboortemassa

Indien die voeding gedurende hierdie periode nie op standaard is

nie, word die risiko vir laer geboortemassas verhoog en daarmee

saam die oorlewingsvermoë van die lam. Voeding is so belangrik

dat die fetale groeitempo binne drie dae met 30% - 40% sal verlaag

indien daar ‘n betekenisvolle beperking in voeding vir 16 dae

en langer tydens die laaste maand van dragtigheid voorkom. Dit

sal ook lei tot laer geboortemassas – al word die voeding reggestel

ná 16 dae van ondervoeding. Die aanbevole voedingstofinname

behoort onderskeidelik 1,5 en 2,0 keer hoër te wees as die onderhoudsbehoefte

vir eenling- en tweelingdraende ooie.

Voeding vir kolostrumkwaliteit

Voldoende, tydige inname van kwaliteit kolostrum is ‘n belegging

vir lewenslange gesondheid in die skaap. Kolostrum bevat nie net

energie en teenliggame nie, maar ook faktore wat die ontwikkeling

van die timusklier bevorder en nageboortelike atrofie beperk.

Kolostrumvorming versnel betekenisvol gedurende die laaste drie

weke van dragtigheid. Die proteïenbehoefte is dan dubbel as wat

afkomstig is uit mikrobiale proteïen vanaf die gesonde rumen. ‘n

Bron van verbyvloeiproteïen in die dieët is essensieel. Jong ooitjies

het spesiale proteïenbehoeftes tydens hulle eerste dragtigheid omdat

hulle boonop nog groei ook. Dit verklaar deels waarom die risiko

van lammerverliese by jong ooimoeders dikwels hoër is – veral as

hulle in dieselfde trop as die ouer ooie aangehou word.

Vreetspasie

Wanneer aanvulling vir ooie nodig word, is dit

essensieel sieel dat

voldoende vreetspasie beskikbaar is om dominansiegedrag tydens

inname (kompetisie) tot die minimum te beperk. Dit is meestal die

jonger ooie wat hier aan die kortste ent trek en daarom is dit nie

vergesog om hulle in ‘n aparte trop te laat lam nie.

Spesiale aanvullings voor lamtyd

Vitamiene A, koper, selenium, jodium en kobalt behoort, waar nodig,

saam met ander voedingstowwe aangevul word. Raadpleeg ‘n

voedingskundige in hierdie verband.

Skeer voor lamtyd

Indien nodig, skeer ooie twee maande voor die aanvang van die lamseisoen.

Verhoogde voedingstofmobilisasie in geskeerde ooie help

om aanvaarbare lammergeboortemassas te behaal. Geskeerde

ooie toon ook beter skuilsoekende gedrag tydens die uitsoek van

‘n lamarea, met gevolglike verbeterde lamoorlewing tydens ongure

weersomstandighede. Tydens die skeerproses van swaar dragtige

ooie moet voorkom word dat die ooie te lank sonder kos staan. Dit

kan uitbrekings van hipokalsemie of selfs domsiekte tot gevolg hê.

Verwysings

1. Anon. 2011. Skaapgesondheid Platform – Toepassing van kennis

skep ‘n meetbare verskil. MSD Animal Health.

2. Anon. 1985. Nutrient Requirements of Sheep. National Academy

Press.

3. Schultheiss, W.A. 1992. VET300 studiehandleiding. Universiteit

van Pretoria.

4. Farquharson, B. 2004. Prime Lamb Production.

Vir meer inligting, kontak jou MSD-areaverteenwoordiger,

Wimpie Spangenberg by 082 929 0934.

Juke-reeks verwelkom sy dieselboetie

Nissan se gewilde Juke spog nou ook met ‘n dieselweergawe.

Dié model span die bekende 1,5 liter dCi-oliebrander in, wat

in menige Nissans te kry is.

Die nuweling het die Acenta+-afwerkingsvlak, wat beteken daar

is luukshede by die prys ingesluit, soos ‘n stop/ry-stelsel, 17 dmallooivellings,

outomatiese ruitveërs, kantspieëls wat elektries

wegvou, Bluetooth en getinte ruite. Vir groter veiligheid is daar ses

lugsakke en stabiliteitsbeheer, wat in Nissan-taal VDC heet.

Hierdie enjin, wat 81 kW lewer, se sterk punte sluit onder andere

in sy lae brandstofverbruiksyfer van net 4,2 liter per 100 km en

sy stewige skoot wringkrag van 260 Nm, wat reeds kort ná die

luierspoed van 1 500 r/min beskikbaar is en die feit dat daar net

109 g koolstofdioksied per kilometer vrygestel word. Die enjin, wat

aan die Euro6-regulasies vir uitlaatgasbeheer voldoen, kan slegs

50 ppm-diesel gebruik.

Maak seker jy besoek Oranje Nissan op Upington of vir meer inligting

kan jy vir Bertie Lubbe (Handelaarshoof: Oranje Nissan)

skakel, by 054 338 8000.

‘n Diamant-tipe koolstofbedekking, word op die kleppe aangebring

om die wrywing te verminder en die werkverrigting te verbeter. Die

diesel Juke het soos die ander modelle in die reeks, drie rymodusse:

Normaal, eko en sport. In laasgenoemde is die petrolpedaal

sensitiewer en in die eko-modus word die wringkrag beperk.

4

September - 2013

MAATSKAPPYNUUS AKTUEEL LEWENDEHAWE TEGNIES

Die produsent en die beroepsgesondheids-

en veiligheidswetgewing

en regulasies (Wet 85 van 1993)

Deel 1

Cobus Booysen

A. Inleiding

Die wet vereis van die werkgewer om

‘n omgewing te skep en in stand te

hou, soos wat dit prakties en redelik

moontlik is, wat veilig is en sonder

risiko vir die gesondheid van werkers.

Dit beteken dat die werksomgewing

moet vry wees van skadelike stowwe,

soos bensien, chloor, mikroörganismes,

voorwerpe, toerusting, prosesse

ensovoorts wat beserings, skade of

siektes kan veroorsaak. Waar dit nie

moontlik is om so ‘n veilige omgewing

te skep nie, moet die werkgewer die

werknemer/s inlig omtrent die gevare,

hoe dit voorkom kan word, hoe om

veilig te werk en of beskermende aksies

geneem moet word om ‘n veiliger

werksplek te skep.

Dit word egter nie van die werkgewer

verwag om alleen verantwoordelikheid

te neem vir ‘n veilige en gesonde

werksomgewing nie. Die wet is gegrond

op die beginsel dat gevare in

die werksplek aangespreek moet word

deur kommunikasie en samewerking

tussen werkgewer en werknemer. ‘n

Veilige werksomgewing is dus ‘n gedeelde

verantwoordelikheid. Beide

partye moet gevare pro-aktief identifiseer

en beheermaatreëls in plek stel

om ‘n veiliger omgewing te skep.

B. Departement van Arbeid

Die departement is oorhoofs verantwoordelik

vir die administrasie

van die wet. Gesondheids- en veiligheidsinspekteurs

is verantwoordelik vir

geskeduleerde inspeksies en vir ondersoeke

wat verband hou met spesifieke

voorvalle. Hierdie inspeksies word

gewoonlik beplan op die basis van

ongelukstatistieke, die teenwoordigheid

van skadelike stowwe, soos bensien

in droogskoonmaakbesighede, of

die gebruik van gevaarlike masjinerie

en toerusting in werksplekke. Onbeplande

inspeksies word gewoonlik

gedoen wanneer klagtes vanaf werknemers,

werkge-wers of die publiek

ontvang word.

Inspekteurs van die Departement het

magte om onder meer die volgende kennisgewings

uit te reik wanneer gevaarlike

toestande waargeneem word:

(1) Stakingskennisgewing – die onmiddellike

staking van ‘n aksie, proses

of die gebruik van ‘n spesifieke

masjien of toerusting.

(2) Oortredingskennisgewing – wanneer

‘n regulasie oortree is, vereis

die kennisgewing gewoonlik ‘n

regstelling binne 60 dae.

(3) Verbeteringskennisgewing – verbetering

word vereis op spesifieke

maatreëls om veiligheid en/of

gesondheid te verseker.

Die artikel is geskryf deur Cobus Booysen

(Bestuurder: Menslike Hulpbronne).

Agterskotte op skaapslagtings

word weer betaal

In die vorige uitgawe is berig oor die

agterskotskema wat vanaf November

2012 in plek is, wat aan produsente

wat skape lewer by die Upington

Abattoir, ‘n agterskot uitbetaal indien

oor ‘n deurlopende jaarbasis, meer

as 800 diere by KLK Landbou bemark

het. Die tweede siklus van uitbetaling

het aan die einde van Augustus geëindig.

Produsente wat aan die vereistes

voldoen het, kan uitsien na die tweede

agterskot wat in September 2013 uitbetaal

word.

As u meer inligting benodig oor die

skema, is u welkom om met Deon

Heyns by 084 513 3522 of Charl Joubert

by 072 116 3564 te gesels.

Skaappryse van nader bekyk

In die vorige uitgawe het ons berig dat skaappryse

in Julie en Augustus hoër sal wees en weer

in September en Oktober gaan begin daal. Die

prys het egter sywaarts beweeg.

Daar was ‘n effe hoër aanbod as wat gewoonlik

die geval is, van diere uit die somerreënvalstreek

asook Namibië. Die aanbod uit die winterreënvalstreek

was egter laat en het nog nie die gewone

impak op die mark gehad nie, dus is ‘n algemene

hoër aanbod nie die oorsaak nie. Die enigste werklike

rede is dat die vraag voor in die mark ontbreek

omdat die verbruiker geld kortkom in ‘n ekonomie

wat lusteloos is.

Dieselfde argument geld ook vir die beesprys. Dit

is ontstellend om te sien dat daar sedert die einde

van April nie maandeinde-weke was nie en dus

ook nie stygende maandeinde-pryse nie.

As ons aan die skaapkant vorentoe kyk, begin die

winterreënvalstreek se bemarkingseisoen inskop

en is daar volgens alle aanduidings volop lammers

beskikbaar. Die lewering in die somerreënvalstreek

is hoër as wat dit gewoonlik gedurende hierdie tyd

van die jaar is. Dit beteken hoër getalle en met ‘n

mark sonder koopkrag, beteken dit twee na drie

moeilike maande wat vir die bedryf voorlê. Ek is redelik

seker dat skaappryse onder druk gaan wees

tot aan die einde van Oktober.

Die Namibiese Kleinveeskema wat vanaf 15 Augustus

2013 tot 15 November 2013 van een op

ses, na een op een verander, gaan na my mening

nie ‘n groot invloed op ons pryse in Suid-Afrika hê

nie. Die diere sou in elk geval in ons mark beland

het as dit in Namibië geslag was. ‘n Deel word nou

in Suid-Afrika geslag en bemark en die voordeel

daarvan is dat daardie diere nie onder die normale

markprys verkoop gaan word nie. Markverwringing

kan moontlik dus kleiner wees.

Speenkalwers is steeds ‘n probleem. Die aanbod

bly groot en dit word erger omdat veldreserwes

min is. Staangetalle in die voerkrale is hoog en die

slagprys van beeste is op 2011-vlakke. Die probleem

is dat 2011 ‘n goeie styging in die laaste

paar maande van die jaar getoon het, wat nou met

die inligting tot ons beskikking, onwaarskynlik lyk.

Indien die slagprys laag bly, voorsien ek ook nie ‘n

groot verandering in die speenkalfprys nie.

Wat wel waar is, is dat indien goeie reën vroeg oor

‘n groot gebied gaan val, die hele situasie dramaties

kan omdraai. As daar genoeg weiding is, sal

speenkalwers en koeie skaars word en pryse moet

styg. Kom ons hoop laasgenoemde word waar.

Deon Heyns

Bestuurder: KLK Vleis

Marksake...

KLK Gesprek

5

MAATSKAPPYNUUS AKTUEEL LEWENDEHAWE TEGNIES

Pitkos vir

die siel...

Gierigheid is armoede

Lees Lukas 12:13 - 21

Die probleem van die ryk dwaas in Lukas

12 was nie dat hy ryk was nie.

Dit is tog geen sonde nie. Trouens, wie

van ons sal nie graag minder finansiële

sorge wou hê nie! Wie van ons probeer

nie ons bes om ‘n neseiertjie bymekaar

te maak nie?

Hoe lyk die vooruitsigte

vir die somerseisoen

wat voorlê?

Ná ‘n redelike matige tot warmer as normale winter, is alle oë nou gefokus

op die lente en somer. Weiding is, met die uitsondering van kleiner

gebiede, in ‘n swak toestand as gevolg van die gebrek aan reën in die

laatsomer en herfs.

Die ryk dwaas van die gelykenis tree tog

eintlik baie wys op, nie waar nie! Hy maak

‘n veel groter graanoes as wat hy verwag

het, en hy doen wat ons seker ook in

dieselfde omstandighede sou doen: Hy

vergroot sy bergingskapasiteit. Sodoende

het hy plek vir die groter oes sowel

as vir al sy ander goed. Slim voorsiening

gemaak.

Nou kan hy aftree! Hoe beny ons hom

nie! Hou op met werk: Eet, drink en leef

lekker. Die lang jare van swoeg en sweet

kan nou op ‘n rustiger uitspantydjie uitloop.

Maar nee, God sê hy is 'n dwaas...Al het

hy sulke “slim” planne gemaak. Wanneer

hy dan tot sterwe kom daardie selfde

nag, is sy lewe verby en al sy opgegaarde

goed gaan na iemand anders toe.

Waarin was hy dan dwaas? Lees ons fyn,

sien ons in die gelykenis ‘n klein woordjie

wat orals opduik: "My oes, my skure, my

graan, my ander goed." In die 1953 Afrikaanse

vertaling sien ons hy praat selfs

van “my siel”. En ons hoor aanmekaar

dat hy vir homself sê: "Ek sal..."

Daar was nie ander mense in sy storie

nie. Hy het net vir homself gelewe, in

die waan dat hy in alles absolute beheer

gehad het. Hy wou ryk wees, nie ander

mense help nie.

Jy sien, hy was gierig. Hy het niks oorgehad

vir sy medemens nie. En toe, ten

spyte van al sy rykdom, het hy toe ook

niks oorgehad nie.

Gierigheid, sê Paulus elders, is immers

afgodsdiens.

Deon van Niekerk

Vir die 2013/2014-somerseisoen lyk dit

asof ENSO-neutrale toestande behoort

te heers. Dit beteken dat daar geen El

Niño- of La Niña-gebeure behoort voor

te kom nie. Die Indiese Oseaan toon

steeds dat die oppervlakwater van die

oostelike Indiese Oseaan (nader aan

Australië) vanjaar warmer gaan wees as

die westelike Indiese Oseaan (nader aan

die Afrika-kuslyn). Dit kan positief wees

vir reënval oor Suid-Afrika se somerreënvalstreek

asook Namibië, aangesien dit

minder tropiese siklone en laagdrukaktiwiteite

in die Indiese Oseaan rondom

Madagaskar kan beteken.

Die gekombineerde effek van ENSO en

die Indiese Oseaan toon tans dat min

reën tot ten minste die middel van Oktober

oor die somerreënvalstreek verwag

word, maar dat meer normale reënvalpatrone

behoort voor te kom vanaf ongeveer

die middel van Oktober. Wat die

winterreënvalstreek betref, lyk dit asof

die kanse vir verdere reën steeds goed

bly vir Augustus, maar dat September

moontlik droog kan wees.

Uit ‘n weidingsproduksie-oogpunt is dit

egter belangrik om te onthou dat werklike

veldproduksie eers moontlik is wanneer

nagtemperature konstant bokant

ten minste 10 o C bly. Met die gebrek

aan ondergrondse vog gedurende die

afgelope paar maande, is die toestand

van weidingsplante dus nie goed nie

omdat daar nie werklik wortelreserwes

opgebou kon word nie. Wanneer reën

dus wel gaan voorkom, sal dit heelwat

tyd asook opvolgreën verg vir weiding

om eers reserwes op te bou voordat

volle produksie weer moontlik is.

Wat die langer termyn betref, het die

sonvleksiklus ‘n maksimum bereik en is

nou besig om minder aktief te word. Dit

verhoog die risiko vir groot droogtes in

die volgende twee tot vyf jaar, want die

meeste groot droogtes in Suid-Afrika

het in die fase van afnemende aktiwiteit

plaasgevind. So het die droogtes

van 1932/1933, 1941/1942, 1965/1966,

1982/1983, 1994/1995 en 2006/2007

almal in die afplattende deel van die

11-jaar sonvleksiklus plaasgevind. ‘n

Ander onbekende faktor wat tans voorspel

word, is dat daar aanduidings is

dat die sonvlekaktiwiteit in die volgende

dekades baie gaan afplat indien ‘n

vergelyking getref word met die afgelope

ten minste 100 jaar. Wat die potensiële

effek daarvan op temperature en reënval

kan wees, is nog totaal onbekend.

Soortgelyke periodes van lae aktiwiteit

in die verlede was verantwoordelik vir

langer en kouer winters, byvoorbeeld

die tydperk vanaf ongeveer 1650 - 1720,

1790 - 1840 en 1880 - 1910. Die effek

op reënval is nie bekend nie omdat daar

nie betroubare reënvalstatistiek is wat

gebruik kan word om die effek van afnemende

sonvlekaktiwiteit op reënval te

kan bepaal nie.

Opsommend: Dit lyk asof toestande vir

reën oor die somerreënvalstreek kan

verbeter vanaf ongeveer die middel van

Oktober en dat reënval na normaal kan

neig vir die res van die somer. Alhoewel

die verwagte normale see-oppervlaktemperature

in die Stille Oseaan ongeveer

dieselfde is as die afgelope twee seisoene,

is die verandering in die Indiese

Oseaan van groot belang, want dit kan

die frekwensie en intensiteit van tropiese

siklone en tropiese laagdrukstelsels

nader aan die Afrika-kuslyn verlaag en

veroorsaak dat normale reënvalpatrone

nie versteur behoort te word nie. In die

langer termyn bly die risiko vir droër toestande

goed vir die volgende paar jaar.

Hierdie artikel is geskryf deur Johan van

den Berg (Bestuurder: Gespesialiseerde

Oesversekering, Santam Landbou).

6

September - 2013

MAATSKAPPYNUUS AKTUEEL LEWENDEHAWE TEGNIES

Multivax P Plus ® – deurbraaktegnologie

in die geveg teen pasteurellose

Pasteurellose is ‘n asemhalingsiekte by skape en word hoofsaaklik deur die

bakterieë Mannheimia haemolytica en Pasteurella trehalosi veroorsaak, maar

Pasteurella multocida kan ook ‘n rol speel.

Omstandighede waaronder die

siekte voorkom

Hierdie bakterieë is normale inwoners

in die dier se lugwegstelsel en kom dus

voor in die lugweë (mangels, neusholtes)

van gesonde skape wat ook moontlik as

draers kan dien.

Die hoogste voorkoms van pasteurellose

is gedurende die herfs en lente en volg op

skielike veranderinge in die weersomstandighede.

Onder abnormale strestoestande,

soos droogtetye, wanvoeding, vervoer oor

lang afstande, blootstelling aan baie stof,

en oorbevolking, vermeerder hierdie bakterieë

en veroorsaak dan longontsteking.

M. haemolytica kan ook breinvliesontsteking,

gewrigsontsteking en mastitis (blouuier)

by skape veroorsaak.

Voorkoming

“YRP”-tegnologie is die nuutste deurbraak

in entstofproduksietegnologie wat deur

MSD Animal Health gepatenteer is en

gebruik word om Pasteurella Mannheimia

asook Pasteurella trehalosi in skape te

probeer voorkom.

Wen, wen, wen...

Een van twee Ivotan 500 ml produkte

of een van drie knipmesse kan

gewen word:

Om in aanmerking te kom vir een van hierdie

handige pryse, beantwoord dié maklike

vraag: Hoeveel milliliter Multivax P Plus ®

moet per skaap gespuit word?

Stuur jou inskrywingsvorm agter op

‘n toegeplakte koevert aan: Ilse van

Zyl, KLK Landbou Bpk, Posbus 86,

Upington, 8800 of stuur ‘n faks na

086 550 0224 of e-pos na ilse@klk.co.za.

Inskrywings moet haar voor of op Dinsdag,

15 Oktober, bereik.

Baie geluk aan Elpie Louw van Brandvlei

wat ‘n mes, verkyker en biltongkerwer asook

‘n pak patrone gewen het.

Reëls

Alle KLK Gesprek-lesers mag aan die kompetisie deelneem

• Slegs een inskrywing per persoon • Die wenner sal telefonies

in kennis gestel word en sy/haar naam sal in die

volgende uitgawe van KLK Gesprek verskyn • Die prys sal

na die naaste KLK-handelstak gestuur word en kan daar

afgehaal word • Die prys kan nie vir kontant verruil word nie

• Die prystrekking word deur Infoworks Media Publishing in

Klerksdorp behartig.

• Die voordeel vir die produsent in die gebruik

van hierdie innoverende entstof,

is die versekering dat die nuutste en

gevorderdste tegnologie in die beheer

van pasteurellose gebruik word.

• Multivax P Plus ® verskaf verder addisionele

beskerming vir skape teen

bloedpens (C. perfringens tipe B),

bloedderm (C. perfringens tipe C) en

infeksies veroorsaak deur Clostridium

novyi tipe B (bloedpens), bloednier

(C. perfringens D), klostridiale baarmoederontsteking

(C. septicum),

sponssiekte (C. chauvoei) en klem-indie-kaak

(C. tetani).

• Ent ooie jaarliks, 4 - 6 weke voor lamtyd.

• Ent lammers twee keer, 4 - 6 weke ná

lam en weer een maand later.

• Die dosis vir skape is 2 ml per dier onderhuids.

Saamgestel deur Jacques van Rensburg.

Produkbesonderhede: Multivax P Plus®

Multigene entstof Reg. No. G3694, Wet

36/1947 Namibië registrasie: N-SR 1288.

Vir enige verdere navrae, kontak

gerus jou MSD Verteenwoordiger of

MSD Hoofkantoor by 011 923 9300.

Inskrywingsvorm

Naam en van: ..........................................

Adres: .......................................................

Tel: ............................................................

Antwoord: .................................................

Jou jagfoto staan

dalk ‘n kans

Jong jagters van die 2013-seisoen

– nou is jou kans om in KLK Gesprek

te pronk. Stuur ‘n foto van jou en jou

buit wat jy tydens die 2013-jagseisoen

geskiet het, saam met ‘n storie van

ongeveer 100 woorde wat oor jou

jagervaring handel. Inskrywings sluit

15 Oktober 2013 en slegs kinders onder

die ouderdom van 15 jaar mag inskryf.

Die beste foto sal ‘n R500 geskenkbewys

van KLK se jag- en buiteleweafdeling

wen.

Stuur jou inskrywings aan: Ilse van Zyl,

KLK Landbou Bpk, Posbus 86, Upington,

8800 of stuur ‘n faks na 086 550 0224

of e-pos na ilse@klk.co.za.

KLK Gesprek is ‘n nuusblad wat vier keer per

jaar namens KLK deur Infoworks saamgestel

en uitgegee word.

NAMENS KLK LANDBOU BPK

Ilse van Zyl *

054 337 6202 • ilse@klk.co.za

* Vir navrae oor die verspreiding van KLK Gesprek,

of adreswysigings, kontak vir Ilse van Zyl.

REDAKSIE

Elmarie Helberg

018 468 2716

elmarie@infoworks.biz

Johan Smit

018 468 2716

johan@infoworks.biz

BLADUITLEG EN DRUK

Infoworks

018 468 2716

www.infoworks.biz

your ideas can fly

KLK Gesprek

7

IN GESPREK MET...MARCELLENE VAN ROOYEN

Dohne Merinos se vleis en wol,

hou hierdie produsent se beursie vol

Naby die dorre Karoodorpie van Calvinia, sal jy, ten spyte van die uitdagings wat dié omgewing vir produsente inhou,

‘n wenner Dohne Merino stoet vind en aan die stuur daarvan, ‘n besonderse vrou.

Marcellene van Rooyen, wat in beheer is van die Mullersvlei

Dohne Merino stoet, is van mening dat die Dohne Merino ras

aan haar die geleentheid bied tot goeie, ekonomiese vleis- en

wolproduksie omrede dit ‘n “easy care” dubbeldoelige skaap

is wat onder verskeie omstandighede kan produseer. “Daar is

egter geen sin daarin om enige skaap af te skeep en minder as

‘n oorlewingskans te gee en dan verwag om optimum tot maksimum

produksie van jou veld te kry nie,” merk sy op.

Marcellene het ‘n BSc-graad in Veekunde en Dierefisiologie

aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en het later ook

‘n M-graad in Volhoubare Landbou aan die Universiteit van

die Vrystaat voltooi. Haar verhandeling het gehandel oor “Die

noodsaaklikheid van seleksie vir volhoubare produksie van

wol met lae risiko vir geïsoleerde gepigmenteerde vesels in ‘n

Dohne Merino stoet.”

Die stoet, wat tans uit 480 ooie bestaan, is al sewe keer aangewys

as streekwenners van die Bobaasteler Streekkompetisie van die

Dohne Merino Genootskap van Suid-Afrika en dit is duidelik waarom

die stoet aan die leuse: Die beste ras vir die huidige ekonomiese

klimaat, geken word. Volgens Marcellene is die doel van

die stoet om uitstaande Dohne Merino ramme vir hulself en vir die

nasionale mark te teel. Die stoet het ook al geleentheid gehad om

embrio’s uit te voer na Australië, maar die protokol vir uitvoere is

toe en daarom kan daar nie meer van hierdie geleentheid gebruik

gemaak word om buitelandse geld te verdien nie.

“Mullersvlei Dohne’s beskik oor ‘n hoë groeitempo vir maksimum

vleisproduksie, uitstekende uithouvermoë gedurende droogtes,

vinnige herstelvermoë ná droogtes, hoë vrugbaarheid, en kwaliteit

wol,” sê Marcellene. Die stoet maak gebruik van laparoskopie op

ongeveer 200 ooie per jaar. “Die rede hiervoor is dat dit ‘n geleentheid

is om van ‘n goeie ram uit ‘n ander stoet gebruik te maak in

die ram se afwesigheid. Dr Nolte Troskie van RAMSEM hanteer

die proses vir ons.”

Die stoet word in ‘n opekernstelsel met die kudde bedryf om

daardeur die top rammateriaal in die omgewing deeglik te toets en

daarna word die ramme aan die kommersiële Dohne-produsent

beskikbaar gestel op ‘n jaarlikse produksieveiling asook op die

nasionale veiling te Bloemfontein.

Marcellene se man, Andries, is verantwoordelik vir die kommersiële

kudde op Mullersvlei.

Blitsfeite

• Gemiddelde skoonwolproduksie per ooi op

12 maande ouderdom: 3,5 kg.

• Gemiddelde mikron van ooie op 12 maande

ouderdom: 18,4.

• Gemiddelde gemaksfaktor van die Dohne’s

van Mullersvlei: 99,6.

• Gemiddelde liggaamsmassa van ‘n 12 maande oue

ooi is 58 kg tot 62 kg.

• Die lampersentasie wissel tussen 140% en 155%.

• Die fekunditeit van die stoetooie is gemiddeld 178%.

• Ramlammers op 100 dae oud weeg gemiddeld: 36 kg.

• Ooilammers op 100 dae oud weeg gemiddeld: 33,5 kg.

In Februarie vanjaar het ‘n Mullersvlei ram R100 000 op die jaarlikse

Nasionale Dohne Merino verkoping in Bloemfontein behaal, waar

die gemiddelde prys R28 433 was.

Voor van links, is Louw (Marcellene en Andries se jongste seun), Ockie

Rabenheimer (jr), ‘n predikant wat in ‘n ou kleihuisie op ‘n deel van

die plaas gebore is, Marcellene van Rooyen en Ockie Rabenheimer (sr).

Agter van links, is Dirk van Rooyen (Marcellene en Andries se oudste

seun, wat saam met hulle boer) en Andries van Rooyen.

8 September - 2013

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!