07.11.2019 Views

Lynx

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

pistool of haelgeweer skiet. Daar

is ook skietbrille waarvan die

vergrotingsgedeelte, net soos by ‘n

gewone leesbril, aan die onderkant van

die lens aangebring is. Op dié wyse word

daar gepoog om vir alle omstandighede

voorsiening te maak.

Elke bril is met verskillende lense

toegerus wat maklik omgeruil kan

word. Die kleur van die lense wissel

tussen helder, geel of donker. Om die

lense om te ruil, is eenvoudig – jy trek

doodeenvoudig die lens na die buitekant

toe om dit te verwyder. Die ander lens

word dan op dieselfde manier ingesit.

Die skietbril is beskikbaar in

vergrotings van onderskeidelik

1.00; 1.25; 1.50; 2.00; 2.50 en 3.00,

ooreenstemmend met die vergrotings

wat vir ‘n gewone leesbril gebruik word.

Om doodseker te maak dat jy die regte

vergroting aanskaf, is dit raadsaam om

eers ‘n apteek of ‘n oogkundige te besoek

en te toets watter vergroting vir jou oë

geskik is. Hou byvoorbeeld ‘n voorwerp

soos ‘n pen ‘n armlengte van jou af en

kies dan die vergroting wat die pen se

punt die duidelikste vertoon.

‘Anti-fog coating’ is op al die lense

aangebring wat wasem op die lense

teëwerk. Die stewige raam is van

duursame plastiek vervaardig. Die

gaatjies in die raam laat ventilasie toe

om sodoende ook wasem op die lense te

verminder.

SSP Eyewear is deur die

‘Washington State Criminal Justice

Center’ gekontrakteer met die

opdrag om ‘n spesiale skietbril vir

hul skietinstrukteurs te ontwikkel.

Die skietbril is egter so goed deur

die owerhede ontvang dat hulle

toestemming aan die maatskappy

verleen het om dit ook aan die algemene

publiek beskikbaar te stel.

Dit is egter nie al nie. SSP Eyewear

het die skietbril ook so vervaardig om

maksimum beskerming aan skuts te

verleen sodat hul oë nie maklik deur

vlieënde voorwerpe beskadig kan word

sou die koeël moontlik ‘n harde basis

tref nie. Om dit op die proef te stel,

het ons die SSP Eyewear-skietbril op

‘n spanspek geplaas en vanaf twintig

meter met nommer 7-hael uit ‘n

12-boor haelgeweer geskiet. Slegs ‘n paar

klein merkies was op die lense sigbaar.

Ons het toe die proses op ‘n afstand

van tien meter herhaal en, alhoewel die

bril aan flarde was, was die lense nog

heel. Nie een van die lense is deur die

haelballetjies gebreek nie.

Lynx Optics is die invoerders van SSP

Eyewear-produkte. Vir verdere inligting

kontak hulle gerus by 011 792 6644 of

stuur ‘n e-pos aan info@lynx.co.za.

klik of skandeer die meegaande

QR-kode met jou selfoon om na ‘n

videosnit oor SSP Eyewear te kyk. WL

Vriesraampie van die oomblik toe die haelkorrels

die spanspek en die bril op ‘n afstand van

20 m tref.

Vriesraampie van die oomblik toe die haelkorrels

die spanspek en die bril op ‘n afstand van

10 m tref.

Daar was net ‘n paar klein merkies op die bril na

die skoot wat op 20 m afgevuur is.

Die lense van die bril was nog heel, selfs nadat

die skoot op 10 m afgevuur is.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!