07.11.2019 Views

Lynx

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

wapens (waaronder jaggewere) is

ontwerp en vervaardig. Van hierdie

modelle is na ander lande soos Thailand

uitgevoer. Een so ‘n produk was die

Type 64 wat in 1964 bekendgestel en

deur die weermag as hulle amptelike

wapen aanvaar is. Jack Weller,

die bekende vuurwapenkenner,

rubriekskrywer asook adviseur vir die

Amerikaanse NRA (‘National Rifle

Association’) het by geleentheid die

Type 64-wapen soos volg beskryf: “This

is the most accurate rifle that I have seen

ever.” Hy voeg verder by: “Type 64 rifle is

the best service rifle.”

In 1967 het Howa die Golden Bearslotaksiegeweer

bekendgestel waarvan

meer as 3 000 in die VSA verkoop

is. In 1979 is die Howa Model 1500

bekendgestel wat ‘n verbetering op die

Golden Bear was.

Die jaar 2011 was vir Howa sekerlik

een van die mees suksesvolle jare in

hul bestaan, want toe is die Howa

M1500 wat ‘n verdere verbetering op

die 1500 was, met die HACT-sneller

bekendgestel (HACT is die afkorting

vir Howa Actuator Controlled Trigger).

Die HACT-sneller het ‘n nuwe dimensie

tot die Howa-geweer gevoeg en baie

bygedra tot die algemene akkuraatheid

van Howa-gewere. Howa vervaardig

ook sekere komponente vir ander

groot vuurwapenvervaardigers

soos Weatherby, Smith & Wesson

asook Mossberg.

Vandag is Howa amper ‘n

huishoudelike naam in alle jagtersen

sportskutskringe, want hierdie

‘goedkoop’ geweer uit Japan skiet

‘n barshou! Hierdie feit is keer op

keer bewys.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!