07.11.2019 Views

Lynx

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Howa M1500

Howa-gewere is tans baie gewild in

Suid-Afrika en hulle verkoop letterlik

soos soetkoek. Verder is dit uitstekende

waarde vir geld en oor die jare het Howa

met hul M1500-aksie ‘n reputasie van

akkuraatheid opgebou. Die eienaar

van Wildman in Ermelo, Frikkie du

Plooy, het ons gevra om die Howa

M1500 in .243 Win-kaliber met ‘n Lynx

5-20X50mm (LX2) teleskoop, te toets.

Op die skietbaan aangekom, het ek die

Howa uit alle hoeke beskou, want ek het

nog nooit vantevore met een geskiet nie

– altans nie waarvan ek kan onthou nie.

My eerste algemene indrukke daarvan

was besonder bevredigend en ek het

dadelik die Amerikaanse invloed op die

geweer opgemerk.

Daar word beweer dat die Howaaksie

op die Sako-ontwerp gebaseer is,

maar in werklikheid is dit baie nader

aan die Remington Model 700-aksie.

Selfs Remington-teleskoopbasisse kan

gebruik word.

Die aksie is van die stootvoertipe

met twee sluitnokke aan die voorpunt

van die grendelskag. Dit beskik oor

‘n ‘catnail’-uittrekker en ‘n ‘plunger’-

uitwerper, presies soos Remington.

Die aksie maak egalig oop en toe

en dit voer elke rondte seepglad in

sy keel af. As die skoot geklap het,

word die doppie ook positief uitgetrek

en weggewerp.

Dit beskik oor ‘n drie-posisionele

veiligheidsknip wat ek as ‘n groot

pluspunt beskou.

Die M1500 wat ons getoets het, was

met ‘n gewone sneller toegerus, maar dit

kan met die verstelbare HACT-sneller

vervang word, sodat die skut die sneller

presies na sy eie behoeftes kan verstel.

Die lope word op die beproefde

‘hammer-forged’-metode vervaardig

en dit dra by tot die akkuraatheid van

die Howa.

Vir die Howa M1500 word die nuwe

Boyds AT-One gelamineerde houtkolf

gebruik. Dit is ‘n baie interessante

ontwerp deurdat die terugskopkussing

in- of uitgetrek kan word om by die

postuur van die skut of jagter aan te pas.

Vir kort, maer outjies, soos Pierre van

der Walt, sal die kolf dus korter wees as

vir my. Die wangstuk kan ook op- en

afgestel word om verder by te dra tot die

gemaklikheid en algemene akkuraatheid

van die skut wat die sneller trek.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!