You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Sleep, of ry beter met nuwe tegnologie

Alle nuwe voertuie word deesdae gedryf deur

elektronika wat kommunikeer met verskillende parte

deur seine te stuur vanaf ‘n spesifieke sensor na ‘n

mikroskyfie, waarna ‘n blikbrein dit analiseer. Jou

voertuig se versneller is geensins anders, en deur

middel van ‘n “Sport” of “Eco” modus op jou fabriek

standaard voertuig te selekteer, kan die voertuig ‘n

geheel ander persoonlikheid ontwikkel.

Indien jou voertuig standaard een van hierdie wonder

knoppies het, weet jy dat wanneer jy hierdie opsie

selekteer, dit ‘n nuwe lewe in jou alledaagse enjin

blaas. Waarheid is, dat dieselfde hoeveel perde onder

die kap beskikbaar is, maar slegs baie vroeër inskop.

Hoe is dit moontlik, my voertuig voel dan soveel

anders, vra jy?

“Sport mode” vereenvoudig

Om dit eenvoudig te verduidelik, is dat deur middel

van elektroniese seine, die voertuig se versneller

pedaal ‘n sein stuur wat vertel dat die voertuig

vinniger moet reageer. Waar jy gewoonlik jou pedaal

60% moes intrap om ‘n goeie versnelling te kry, hoef

jy nou slegs 30% te trap om dieselfde werkverrigting

te bewerkstellig. Met turbo aangedrewe enjins, maak

dit die turbo vinniger omspoel, en dus vat dit baie van

die turbo flouheid weg waarmee meeste van hierdie

voertuie sukkel, en laat die toere vinniger klim. In

gewoon geaspireerde voertuie, het dit ook dieselfde

uitwerking om die toere vinniger te laat klim, en

versnelling vinniger te laat plaasvind. Hierdie

versterkte sein vanaf die elektroniese sensor, is dan

ook hoekom jy dan weer met behulp van hierdie

knoppie, jou voertuig na normaal kan laat terugkeer,

selfs in die ry.

“Eco mode”

Soortgelyk aan die ‘Sport mode’ wat die voertuig

vinniger laat versnel, vertraag die ‘Eco mode’ die

versnelling, en verleen hulp om brandstof te bespaar

deur die versneller te flous op dieselfde konsep as bo

genoem. Dit sal ook hulp verleen met 4x4 voertuie

wat dalk by tye stadiger versnelling verlang in

moeilike hindernisse.