“Ons gaan see toe" Oom Albert, 'n skuilnaam, is nie meer met ons nie, so die verleentheid is hom gespaar, maar die tante leef nog en weet nie die volle waarheid nie. Hierdie storie het hy my vir die reine waarheid vertel.
D it was vroeg Desember en daar is hard gewerskaf om alles reg te kry vir die Desember vakansie by die see. Die tannie was bedrywig in die kombuis, besig om kleinkoekies en beskuit te bak. Oom Albert was buite, om die draai by die afdak, besig om die karavaan reg te kry vir sy jaarlikse uittog na die see. Die karavaan is met groot moeite onder die afdak uit sy winterslaap uit gesleep en staan nou langs die afdak. Die wielbearings is geghries en bande nagegaan en gepomp. Nou nog net buite om was en polish, binne sal die tante self later kom skoonmaak en regpak. Die "stepleertjie", soos die oom hom noem, is net te kort om lekker bo by die karavaan se dak by te kom, so die langer trapleer word ingespan. Bo van dié leer af het mens natuurlik 'n uitsig wat jy nie normaalweg van grondvlak af het nie. Nou kan jy selfs bo-oor die heining tot binne-in die bure se erf sien waar daar ook aan die reggemaak is vir húl seevakansie, maar op 'n heel ander wyse. Buurvrou wil darem verseker haar fietse lyfie is nie té wit tussen al die ander bruingebrande lywe op die strand nie. Om nie wit "bandjies'" oor haar skouers te hê nie, lê sy daar in die privaatheid van haar eie tuin, buite sig, so het sy gedink, "top less" en "tan" met 'n groot sonhoed oor haar oë. Omdat oom Albert, met sy laphoed diep oor sy oë getrek, vir die son, se oë is ook nie meer van die skerpste nie, sukkel bietjie met die fokus, en met dié dat son se weerkaatsing van die karavaan se nat lyf af hom ook gedeeltelik verblind, laat rus hy sy oë elke nou en dan deur bietjie die omgewing te bespied daar van sy uitkykpos af. Dit is met dié dat hy iets in die bure se tuin gewaar, en omdat hy nie doodseker is oor wat hy sien nie, besluit hy om dubbel seker te maak. Hy skuif die staanleer nader aan die heining, om beter te kan sien my kind. Hy klim so hoog as wat hy kan op die leer. Om nog beter te kan sien leun hy effe vorentoe om 'n lastige tak bietjie weg te druk. Dié swaartepunt verskuiwing saam met die los grond van die blombedding maak toe dat die leer omtuimel. Met leer en al beland hy in die bure se erf. Die buurvrou ruk die hoed van haar kop af en sit vervaart regop. Voordat sy heeltemal tot verhaal kan kom, groet die oom met 'n baie beleefde "goeiemiddag" en met sy leer onder die arm is hy by die tuinhekkie uit oppad terug na sy eie erf. Die Oom sê, daar was sleg én goed dié Desembervakansie. Met sy regterskouer wat met die vallery beseer is, het hy besluit die visstokke kan maar net sowel by die huis bly. Hy sal tog nie kan gooi óf inkatrol nie. Met die ánder gooiery het dit ook nie veel beter gegaan nie, hy sê my hy kon skaars die bottel optel, wat nog van die glas by sy mond kry.